A New World Order  
  Bible Prophecies
 
ARTICLES
RESOURCES
FOR YOU
SHORT STUDIES
SUBSCRIBE TO OUR UPDATES
Nature Power
Back  
A New World Order Send to a Friend Image of The Beast Print
Read it in the following languages 
FONT SIZE
If you are unable to read this file, then Click Here to download fonts.
 
 
To better understand this article, we highly advise that you read World's Last Chance article.

’n Nuwe Węreldorde Begin Binnekort: Is U Gereed Daarvoor?

 


  • Die VSA en die pousdom wil dit hę
  • Die verskyning daarvan sal die węreld gevange neem
  • Reeds 2000 jaar gelede voorspel
  • Hoe om te verhoed dat u ’n slagoffer van die orde word
  • “Pous Johannes Paulus II het op Donderdag die nuwe jaar ingelui met ’n hernude wekroep vir … die skepping van ’n nuwe węreldorde.” 2 Jan. 2004, The Christian Post.

    “Dit is ’n grootse idee: ’n nuwe węreldorde … slegs die Verenigde State het beide die morele posisie en die middele om dit te ondersteun.” Voormalige President George Bush, Stand van die Unie toespraak, 29 Jan. 1991
    In this article:

    Introduction

    Ons węreld sal gou (binne enkele jare eerder as binne dekades) ’n globale krisis die hoof bied wat sy einde sal inlui. Omdat mense węreldwyd daarop voorbereid moet wees, neem ons, met groot koste en opoffering, hierdie boodskap dwarsdeur baie lande.

    Vir almal wat durf verder lees, mag Węreld se Laaste Kans belaglik klink, indien nie onbesonne nie, want u hoop is natuurlik op globale vrede en voorspoed gevestig, en beslis nie op ’n universele krisis wat die ganse węreld verswelg en beëindig nie

    Ons het probeer om u reaksie en vrae voor oë te stel en sal hierdie reis in die toekoms in begin deur sommige van u vrae te beantwoord terwyl ons u meedeel waarom hierdie węreld sy laaste kans in die gesig staar!

     

    Die Bybel as Gids

     

    1.  Wie is die mense verantwoordelik vir hierdie artikel?

     

    Ons is deel van ’n klein groepie mense oor die węreld heen versprei wat die Bybel as ons enigste maatstaf neem. Nadat ons dit oor n aansienlike tyd bestudeer het, en veral hoofstukke wat na ons toekoms verwys bepeins het, het ons besef dat ons dit wat ons geleer het met u moet deel. Hierdie kennis is van sulke belang dat ons gewillig is om swaarkry en opoffering te verduur, en ja, die lewe self op te offer, om dit aan u beskikbaar te stel. Sterk magte werk hard om hierdie inligting te vernietig.

     

    2.   Waarom beskou u die Bybel met soveel erns?

     

    Aanvanklik het ons nie die Bybel so ernstig opgeneem nie – totdat ons met verbasing ontdek het hoe akkuraat dit is. So akkuraat, dat selfs voorspellings wat duisende jare voorheen gemaak is, op die presiese dag wat voorspel is, na die presiese letter plaasgevind het. Dit het ons gedwing om tot die gevolgtrekking te kom dat daar n alwetende God agter die Bybel is, n God wat nie deur tyd gebind is  nie, en wat die einde van die begin af al ken.

     

    Ons het ook geleer dat ons Skepper  ons so liefhet, dat Hy vir ons n plek in die hemel voorberei het. Aangesien ons egter besmet is met die sondesiekte en tans ongeskik is om met God in die hemel te woon, het God n geneesmiddel vir die sondesiekte voorberei.

     

    Ons sou nie die Bybel so ernstig opgeneem het as God nie sulke absolute beheer oor, en kennis van, die toekoms aan ons openbaar het nie. Hierdie meesterskap word op sy duidelikste in twee boeke onthul: Daniël in die Ou Testament en Openbaring in die Nuwe Testament.

     

    Vervulde Bybelse Profesieë.

     

    3.   Gee ’n voorbeeld van ’n vervulde profesie in die Bybel.

     

    In die boek Daniël, hoofstuk 2, beskryf God in ’n droom aan die Babiloniese koning hoe daar van sy tyd tot aan die einde van alle tyd, die węreld getuie sou wees van slegs vier węreldryke. Die geskiedenis het bewys dat dit wat God vooraf beskik het, wel gebeur het.  Die vier ryke was Babilon (605 vC-538 vC), Mede-Persië (538 vC-331 vC), Griekeland (331 vC-168 vC) en Rome (168 vC-476 nC). Verder het hy onthul dat Rome in tien gebiede verdeel sou word en dat in die tydvak van die bestaan van hierdie gebiede, die einde sou aanbreek. Die geskiedenis het die akkuraatheid van God se woord gestaaf. Teen 476 nC was Rome  in tien nasies verdeel waaruit die huidige Europa gegroei het.

     

    Tesame hiermee het God die unieke kenmerke van elke ryk openbaar, soos die manier waarop hulle magtig sou word en tot ’n val sou kom, en die hoofeienskap van elkeen se regering.  Sien Daniël 7 en 8.  Daar is genoeg besonderhede om ’n opregte geskiedenis- en Bybelstudent te oortuig dat daar ’n God in die hemel is wat oor die węreld heerskappy voer.

     

    4.  Wat is die doel van die Bybelse profesieë?

     

    Die doel van profesie is om ons teen toekomstige krisisse te waarsku. So het God byvoorbeeld vir Noag oor die komende vloed gewaarsku, asook vir Abraham en Lot oor die verwoesting van die stede van Sodom en Gemorra, en het Hy Moses  van die plae van Egipte vertel.  Hulle almal moes die waarskuwing gelowig eerbiedig. Hierdie gebeurtenisse is opgeteken om ons te leer dat wat ookal God voorspel het, presies sal gebeur soos Hy dit gesę het.  Daarom kan ons dit nie bekostig om enige van sy huidige onvervulde profesieë te ignoreer nie omdat hulle  as waarskuwings dien wat, as ons gehoorsaam is, ons teen krisisse sal beskerm.

     

    Bybelse profesieë dien dus ’n dubbele doel – om die bestaan van God wat in beheer is oor alle gebeurtenisse op ons bewussyn af te druk, en om ons teen ’n uiters ernstige situasie te waarsku.

     

    ’n Aller-Verskriklike en Ernstige Waarskuwing

    5.  Bevat die Bybel ’n profetiese waarskuwing wat nog vervul moet word?

     

    Ja, beslis: die ernstigste profetiese waarskuwing moet nog vervul word.  Vandag is daar niks belangriker vir ons om te verstaan as hierdie profesie nie, want gebeurtenisse wat kort op mekaar volg, dui op die vervulling daarvan.

     

    6.   Deel met my die ernstigste profetiese waarskuwing wat binnekort vervul sal word.

     

    “'n Derde engel het agter die eerste twee aan gevlieg en hard uitgeroep: ‘Wie die dier en sy beeld aanbid en 'n merk op sy voorkop of op sy hand aanvaar, sal van die wyn van God se toorn moet drink. Dit word onverdun in die beker van sy oordeel ingeskink. In die teenwoordigheid van die heilige engele en die Lam sal hy met vuur en swael gepynig word. Die rook van hierdie pyniging styg tot in alle ewigheid op, en hierdie mense het dag en nag geen rus nie, hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en die wat die merk van sy naam aanvaar.’ Hier het die gelowiges volharding nodig, hulle wat die gebooie van God nakom en in Jesus bly glo.”   Openbaring 14:  9 – 12.

     

    Hierdie skrikwekkende waarskuwing beskryf twee groepe mense. Die eerste groep word  teen die aanbidding van die dier en sy beeld gewaarsku, wat veroorsaak dat hulle die brandmerk van die dier ontvang; terwyl die tweede groep, wat die gebooie van God handhaaf, positief beskou word. Die beskrywing van die tweede koms van Christus volg verder direk op hierdie waarskuwing. Daarom weet ons dat dit die laaste waarskuwing  voor die tweede koms van Christus is.

     

    7.   Hoe kan ek keer dat ek die dier en sy beeld aanbid en sy merk ontvang?

     

    ’n Goeie vraag. Om dit te beantwoord moet ons die dier, die beeld van die dier en die merk van die dier identifiseer. Dit is net logies om te aanvaar dat God ons nie sou waarsku oor sulke gevaarlike wesens sonder om ons te help om hulle oortuigend uit te ken nie. Ons liefdevolle God sou ons nie alleen laat om te raai terwyl ons ewige lot op die spel is nie. Dit verbaas dus nie dat ons ’n beskrywing van die dier en sy beeld in die vorige hoofstuk vind nie en dat baie sleutels gegee word om hulle identiteit te ontsluit.


    Die Dier word geďdentifiseer

     

    8.  Hoe beskryf die Bybel hierdie dier?

     

    “En ek het 'n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe 'n naam van godslastering.  2   En die dier wat ek gesien het, was soos 'n luiperd, en sy pote soos die van 'n beer, en sy bek soos die bek van 'n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. 3  En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele węreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.  4  En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesę: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?   5  En 'n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.  6  En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.   7  Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. 8  En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die węreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie…  16   En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;  17  sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.  18  Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van 'n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig..”  Openbaring 13:  1 – 8, 16 – 18.

     

    9.  Die bogenoemde aanhaling is vol simbole.  Hoe kan ek hulle verstaan?

     

    Ons moet die Bybel toelaat om sy eie simbole te interpreteer. Ons sou verwag dat God die betekenis van hierdie Bybelse simbole tot ons voordeel openbaar. Ons moet dus pligsgetrou wees om deur ons studie die interpretasie van hierdie simbole in die Bybel te vind. So sal ons alle menslike gissing en bespiegeling vermy.

     

    Die Bybel veroordeel eintlik menslike gissing en bespiegeling omdat “geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie”  2 Petrus 1: 20.  Die Bybel definďeer sy eie simbole.  Die boek Openbaring bevat byvoorbeeld 404 verse.  Van hierdie 404 verse kan 278 byna woord vir woord in ander boeke van die Bybel gevind word, waar hulle betekenis dan ook uiteengesit word.

     

    Derhalwe moedig ons u aan om te maak soos die mense van Berea in die Bybel (sien Handelinge 17: 10, 11) gemaak het – deur elke leerstelling aan die toets van die Skrif te onderwerp. Dit is tog so dat die een wat die Bybel biddend bestudeer, en wat die waarheid begeer, die Skrif sal verstaan. “As iemand gewillig is om Sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.”  Johannes 7: 17.   

    10.  Watter simbole moet ons probeer ontsluit om die dier en sy merk uit te ken?

    Daar is baie simbole vir die dier; nietemin voldoen ons met dié wat nodig is om die dier te identifiseer. Hierdie simbole is “dier”, “draak”, “see”, “twee-en-veertig maande” en “godslastering”.

    Dier:  In Bybelse profesie is die dier ’n simbool van ’n koning of koninkryk. “Hierdie groot diere wat vier is – vier konings sal uit die aarde opstaan ...  Die vierde dier – die vierde koninkryk sal op die aarde wees...”  Daniël 7: 17, 23.  Met hierdie dier bestudeer ons ’n unieke koninkryk, want dit is nie net ’n politieke mag nie, maar ook ’n godsdienstige een, want mense het “die dier aanbid”.  Openbaring 13: 4

    Draak:  Volgens die Bybel is die draak ’n ander naam vir Satan, die vader van leuens en bedrog, “die groot draak ... wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele węreld verlei”.  Dit sou beteken dat toe Satan “sy krag ... en sy troon en groot mag” aan die dier gegee het, ons kan verwag dat die dier hom op dieselfde bedrieglike, bose manier as Satan sal gedra. Dus sal ’n groot mate van bedrog deel  van die dier se doen en late wees.  Openbaring 12: 9,  13: 2.

     

    See:  In Bybelse profesieë is die see ’n simbool van ’n menigte verskillende mense. “Die waters … is volke en menigtes en nasies en tale Openbaring 17: 15.  Hierdie unieke koninkryk of owerheid het uit die see verrys, wat aandui dat dit uit ’n węreldgebied gekom het wat dig met verskillende nasies bevolk was.

     

    Twee-en-veertig maande:  Hierdie tydperk is gelyk aan drie-en-’n-half jaar (42 gedeel deur 12 maande).  Die Bybel is geskryf op die basis van die Joodse kalender, waar elke Joodse jaar 360 dae is (30 dae vir elke maand). So, drie-en-’n-half jaar en twee-en-veertig maande is albei gelyk aan 1260 dae.  Die rede waarom ons die maande na hulle ekwivalent in dae verander is dat toe God tydsprofesieë gegee het, Hy dikwels ’n dag gelykgestel het aan ’n jaar: “Julle het die land veertig dae lank verken. Julle sal veertig jaar, een jaar vir elke dag, die gevolge van julle ongeregtigheid moet dra.”   “Ek lę jou 'n dag op vir elke jaar.”  Numeri 14: 34; Esegiël 4: 6.

     

    Dus veronderstel die twee-en-veertig profetiese maande ’n tydperk van 1260 jaar waarin die dier “'n mond ... wat groot woorde en godslasteringe uitspreek” gegee is om  “oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie”  Openbaring 13:  5, 7.  Dit beteken dat die dier in hierdie tydperk sou laster teen God, Christene sou vervolg, en groot gesag sou hę.

     

    Godslastering:  In die Bybel word godslastering op twee maniere gedefinieer.  Die eerste is wanneer ’n persoon aanspraak  daarop maak dat hy God of Sy verteenwoordiger is.  “Dis nie oor 'n goeie daad dat ons jou wil stenig nie ... maar oor godslastering, omdat jy, wat 'n gewone mens is, jou as God voordoen." Johannes 10: 33.  Dus het die dier, hierdie religieus-politiese mag en koninkryk, teen God gelaster deur voor te hou dat hy in die plek van God op aarde is. Die tweede manier waarop godslastering gepleeg word, is deur die skenking van kwytskelding (aanspraak maak op die vermoë om die sondes van ander te vergewe).  “Waarom sę hy so? Hy praat mos godslasterlik! Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?"  Markus  2: 7. 

     

    Die dier, hierdie religieus-politiese mag en koninkryk, het God gelaster nie net deur Sy plek op aarde oor te neem nie, maar ook deur aanspraak te maak op die reg op die toekenning van absolusie. Geen wonder dat die dier die “naam van godslastering” het nie, en dat hy “laster teen God, om sy Naam ... te laster”;  dit is omdat die dier aanspraak maak op magte wat net God toekom.  Openbaring 13:  1, 6.

     

    Nege Sleutelmerke

     

    Noudat ons die Bybel toegelaat het om die betekenis van sy eie simbole te ontsluit, kan ons die nege hoof-identifiserende merke van die dier in die kollig plaas om vas te stel watter mag in die geskiedenis hierdie kenmerke verwesenlik. Hulle is nie die enigste identifiseerders nie: daar is baie meer in die Bybel. Ons hoop dat hierdie samestelling van identifiserende sleutels u sal lei om deur die Bybel te soek om meer uit te vind.

     

    1.  Die dier kombineer godsdienstige en politieke mag gelyktydig, “... hulle het ... die dier aanbid...”  Openbaring  13: 4.

     

    2.   Die dier het sy mag verkry in ’n digbevolkte gebied van die węreld,  “... ek het 'n dier uit die see sien opkom”  Openbaring  13: 1.

     

    3.   Die dier het sy mag en gesag van Satan gekry; dus sou ons verwag dat sy geskiedenis grootskaalse bedrog inhou,  “... die draak het hom [die dier] sy krag gegee, en sy troon, en groot mag” Openbaring  13: 2.

     

    4.    Die dier het 1260 jaar lank met absolute gesag meedoënloos regeer. Hierdie tydperk moet ’n duidelike beginpunt hę en moet eindig met die “dodelike wond”.  “Aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen.”  “En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was.”  “En aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie”   Openbaring  13: 5, 3, 7.

     

    5.   Die dier het Christene gedurende die 1260 jaar vervolg.  “Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin”   Openbaring 13:7.

     

    6.    Die dier sal ten volle herstel van sy “dodelike wond” en die węreld sal daaroor verwonderd wees, “en sy dodelike wond is genees. En die hele węreld het verwonderd agter die dier aan gegaan”  Openbaring 13:3. 

     

    7.    Die dier het ’n geheimsinnige 666 wat sy stand en naam identifiseer. “Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van 'n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.”  Openbaring 13:18.

     

    8.    Die dier laster deur daarop aanspraak te maak  dat hy God is en ook deur kwytskeldings (die mag om die sondes van andere te vergewe) toe te ken.

     

    9.    Die dier het ander godslasterlike bewerings gemaak, en dinge gedoen wat net God se eksklusiewe prerogatief is.  “En 'n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek”   Openbaring  13:5.   

     

    Geagte leser, watter mag in die geskiedenis voldoen aan al die identifiserende merke? In alle eerlikheid ,  daar is net een antwoord: Die Rooms-Katolieke Kerk.  Die Rooms-Katolieke Kerk is die dier waarteen God, in sy liefde, ons waarsku.  Dit is nie die doel van hierdie artikel om Rooms-Katolieke aan te val nie, maar eerder om die waarheid bloot te lę omtrent die Katolieke stelsel. Niemand hoef hierdeur beledig te voel nie, maar behoort eerder aangemoedig te voel om  vir feite en bevestiging te soek.

     

    11.    Staaf asseblief hierdie gevolgtrekking met geskiedkundige bewyse en feite.

     

    Kom ons neem elke identifiseerder om te sien hoe die geskiedenis uitsluitlik op die Rooms-Katolieke Kerk betrekking het.

     

    1. Die Rooms-Katolieke Kerk kombineer gelyktydig godsdientige en politieke mag.

     

    Sint Johannes het hierdie kombinasie gesien in ’n profetiese visioen wat betrekking het op die vierde en finale koninkryk van die węreld, en beskryf dit as “’n vrou … wat op ’n helderrooi dier sit”  Openbaring 17:3.

     

    In die Bybel is ’n vrou ’n simbool van ’n kerk:  “… soos ’n vrou wat ontrou is aan haar man, so was julle, Israel, ontrou aan My, sę die HERE.  “... want ek het julle aan een man verbind, om julle as ’n reine maagd aan Christus voor te stel.”   Jeremia 3:20; 2 Korintiërs 11:2.

     

    Hierbenewens is dit ’n aanvaarde feit in profesieë dat ’n dier ’n nasie is. Selfs in ons huidige węreld word nasies as diere versimboliseer. Die VSA word gesien as ’n arend, Rusland word vergelyk met ’n beer, en Sjina dra die beeld van ’n draak.

     

    Baie jare gelede het God aan Daniël al die węreldryke tot aan die einde van alle tye onthul. In ’n gesig het Daniël gesien dat die laaste dier “anders was as al die ander”  Daniel 7:19.  Maar hoe sou dit “anders” wees?  Volgens Openbaring 17:3, soos hierbo aangedui, sal hierdie dier (nasie) ’n vrou (kerk) as heerser hę.

     

    Is daar vandag ’n kerk en staat wat as een globale, erkende mag saamwerk? Die enigste entiteit in die węreld wat dit verrig het, is die Rooms-Katolieke Kerk. 

     

    Die Rooms-Katolieke pous is absolute godsdienstige leier van oor die biljoen volgelinge węreldwyd.

     

    “Die Romeinse Pous, as die opvolger van Petrus, is die ewigdurende en sigbare bron en grondslag van die eenheid van beide die biskoppe en die hele gemeenskap van gelowiges.”   Vatikaanse Raad II  (1962 – 65)

     

    “Elke geestelike moet aan die Pous gehoorsaam wees, selfs al beveel hy die kwade; want niemand mag die Pous oordeel nie.”  Pous Innocentius III  (1198 – 1216)

     

    Terselfdertyd is die pous koning oor die onafhanklike nasie, die Vatikaanstad. Die Vatikaan is ’n afsonderlike soewereine nasie, alhoewel dit binne Italië geleë is. Derhalwe is die pousdom ’n unieke mag wat beide godsdienstige en burgerlike mag kombineer.

     

    2.  Die Roomse-Katolieke Kerk het sy mag bekom in ’n dig bevolkte węrelddeel:

     

    Dit is ’n perfekte illustrasie van die groei van die Roomse-Katolieke-Kerk onder die verskeie magte en nasies van Europa.

     

    3.  Die geskiedenis van die Roomse-Katolieke Kerk is vol bedrog:

     

    Ingeligte Katolieke bevestig geredelik dat vervalsings ’n lewenswyse van die pouse was en is.  Hans Kung, ’n Katolieke priester en teoloog wat konsultant was vir die Tweede Vatikaanse Raad (1962 – 1965) het vermeld dat die pouse reeds so vroeg as die vyfde eeu “hulle mag verbreed het met uitdruklike vervalsings.  The Catholic Church: A Short History (vertaal deur John Bowden), bl. 61

     

    Een van die beste voorbeelde is die dokument Donation of Constantine, gedateer 30 Maart 315 nC, wat deur die Katolieke Kerk vervals is om sy mag en gesag uit te brei. Deur middel van hierdie vervalste dokument het Pous Stefanus III vir Pepyn, koning van die Franke, oortuig dat die gebiede van die Lombarde deur Konstantyn aan die Rooms-Katolieke Kerk gegee is.  Dit het daartoe gelei dat Pepyn teen die Lombarde geveg het en die stede vir die pous verower het.  In 1440 het Lorenzo Valla, ’n pouslike adjudant, bewys dat hierdie dokument vervals is; nietemin het pous op pous nooit hierdie vervalsing erken nie. Tot vandag toe is daar ’n inskripsie in die baptiserie van St Johannes (Lateraan) in Rome wat hierdie vervalste dokument verewig.

     

    Die Pous se wekroep om ’n nuwe węreldorde:

     

    “VATIKAANSTAD (AP) – Pous Johannes Paulus II het Donderdag die Nuwejaar ingelui met ’n hernude wekroep vir die skepping van ’n nuwe węreldorde gebaseer op respek vir die waardigheid van die mens en gelykheid onder nasies.”   Donderdag 1 Januarie 2004, gepos 9.21 v.m. OST (1421 GGT)

     

    “Die groot oorkoepelende eienskap van die hele stelsel van die Antichris – die Nuwe Węreldorde – is blatante bedrog.  Nuwe Węreldorde skrywers spog as ’t ware openlik oor hulle beplande bedrieërye, omdat hulle op arrogante wyse glo  dat die meerderheid van die węreld se bevolking te dom en te lui is om te weet wat die beste vir hulle is.  Net die beplanners van die Nuwe Węreldorde weet wat die beste vir die węreld is, en hulle het vasgestel dat hulle hul doelstellings slegs deur die opsetlike misleiding van die arm massas sal bereik.”   Bill Cooper,  “Behold a Pale Horse”   bl. 49

     

    4.  Die Rooms-Katolieke Kerk het 1260 jaar lank meedoënloos die heerskappy gevoer oor ander nasies.  Hierdie tydperk het ’n duidelike beginpunt, en ’n ‘dodelike wond’ aan sy einde:

     

    Die Rooms-Katolieke Kerk het sy dodelike wond in 1798 ontvang toe Pous Pius VI op las van Napoleon in Frankryk in hegtenis geneem is.

     

    “In 1798 het Generaal Berthier Rome oorgeneem, die pouslike regering afgeskaf, en ’n sekulęre regering gevestig.”    Encyclopedia Britannica, 1941 uitgawe

     

    Met die vasstel van die vervullingsjaar van die profesie as 1798 kan ons 1260 jaar terugwerk, wat ons by 538 nC uitbring.  As die pousdom hierdie identifiserende datum gaan staaf, moes daar dus ’n belangrike gebeurtenis in 538 nC plaasgevind het om die 1260 jaar tydperk in te lui.

     

    Geskiedkundige getuienis dui daarop dat die Romeinse Keiser Justinianus in 533 nC die pous se kerklike oppermag as ‘hoof’ van alle kerke in beide die ooste en die weste van die Romeinse Ryk erken het.  Dit was egter eers teen 538 nC, toe die pousdom effektief bevry is van sy laaste Ariese opponente, die Ostrogote (wat op daardie stadium oor Italië geheers het), dat die pous na vore gekom het as die leidende figuur in die Weste. Derhalwe was dit in 538 nC dat alles in posisie was vir die geleidelike, maar sekere opkoms van die pousdom.

     

    “Vigilius ... het (in 538 nC) die pouslike troon onder die militęre beskerming van Belisarius  bestyg.”  History of the Christian Church,  Vol. 3, bl. 327

     

    Namate die pousdom magtiger geword het, het hy nie alleenlik sy volgelinge onderwerp nie, maar ook die heersers en konings van Europa.  As deel hiervan het die pouse verskeie pouslike bulle uitgereik om hulle gesag oor die konings van Europa te versterk:

     

    “Dit is die taak en plig van die pousdom om konings en keisers te vertrap.”  J. H. Ignaz Dollinger, The Pope and the Council, (Londen),  bl. 35

     

    “Vrees, dan, ons toorn en die donder van ons wraak; want Jesus Christus het ons [die pouse] uit sy eie mond aangestel as absolute regters oor alle mense; en konings self is aan ons gesag onderworpe.”  Pous Nikolaas I (858 – 867 nC)

     

    In die pouslike bul van Pous Gregorius XI, gedateer 1372 nC en getiteld In Coena Domini, het die pous  pouslike heerskappy oor die hele Christelke węreld, sekulęr sowel as godsdienstig, toegeëien, en het hy ook almal geëkskommunikeer wat nagelaat het om die pouse te gehoorsaam en aan hulle belastings te betaal. Hierdie pouslike bul is deur daaropvolgende pouse bevestig, en in 1568 nC het Pous Pius V beloof dat dit ’n ewige wet sou bly.

     

    ’n Praktise demonstrasie van bogenoemde is die manier waarop Pous Gregorius VII in 1077 nC die Duitse keiser Koning Hendrik IV behandel het. Toe dit lyk asof die koning die pous se gesag verontagsaam, het die pous hom in die ban gedoen en onttroon. Hendrik het besluit om vrede te maak, en het die Alpe in die diepte van die winter oorgesteek om homself voor die pous te verootmoedig. Toe hy die pouslike kasteel bereik, is Hendrik gedwing om kaalvoet, met ontblote hoof en armoedig geklee, in die buitehof te wag vir toestemming om die pous te sien. Eers na drie dae van vas en bieg is hy deur die pous kwytgeskeld.

     

    Vandag word hierdie aanspraak op oppermag oor leiers van die węreld steeds deur die pousdom volgehou:

     

    “Die Pousdom van Rome word deur niemand beoordeel nie. Die Romeinse Pous alleen het die reg om te oordeel oor ... diegene wat die hoogste burgerlike amp in ’n staat beklee...  Daar is nóg appčlreg nóg enige toevlug teen ’n beslissing of dekreet van die Romeinse Pous.”  The Code of Canon Law (Paulist Drukkers, 1985), bladsye 951, 271 

     

    Die Roomse-Katolieke Kerk het Christene gedurende die tydperk van 1260 jaar lank vervolg:

     

    Gedurende hierdie tydperk in die geskiedenis (ook bekend as die Middeleeue), het die Rooms-Katolieke Kerk die septer geswaai oor Europa, en elke burger is verplig om Rooms-Katoliek te wees. Enigiets minder as volslae onderdanigheid aan die pous kon met foltering of die dood gestraf word.  As gevolg hiervan het die Rooms-Katolieke stelsel een van die vervolglustigste godsdienste geword wat die węreld ooit geken het, volgens Vicars of Christ: the Dark Side of the Papacy, deur Peter de Rosa, bl. 180

     

    “Die geskiedenis vermeld die martelaarskap van meer as eenhonderd-miljoen mense omdat hul geloof teenstrydig met die Roomse Kerk was.”  Brief Bible Studies,  bl. 16

     

    “Ons moet die Inkwisisie ... as onder die donkerste vlekke op die geskiedenis van die mensdom reken.”   Will Durant,  The Story of Civilisation,  vol. 4,  bl. 78

     

    “Dat die Kerk van Rome meer onskuldige bloed verspil het as enige ander instelling wat ooit bestaan het, sal geen Protestant met ’n volledige kennis van die geskiedenis betwyfel nie. Dit is onmoontlik om ’n volle begrip van die enorme getalle van sy slagoffers te vorm, en daar is hoegenaamd geen verbeeldingskrag wat hulle lyding voldoende kan besef nie.”  W. E. H. Lecky, History of the Rise and Influence of the Spirit of Rationalism in Europe, vol. 2:32,  1910-uitgawe

     

    In die Katolieke Ensiklopedie, Vol. 12, bl. 266, sal die leser ’n lang artikel vind wat die gesag van die Rooms-Katolieke Kerk beskryf wat betref die straf van ‘ketters’, wie se enigste misdaad was dat hulle getroue Bybelgelowige Christene was.

     

    6.  Die Rooms-Katolieke Kerk wil ten volle herstel van sy ‘dodelike wond’, en die ganse węreld sal verwonderd wees:

     

    Toe Pous Pius VI in 1799 in gevangenis in Frankryk gesterf het, het die węreld verwag dat die Rooms-Katolieke Kerk tot ’n einde sou kom. God het egter vir ons sowat 2000 jaar gelede vertel dat die dier van sy dodelike wond sou herstel. Die New York Times het soos volg verslag gedoen van die herstel van die dier, die pousdom:

     

    “DODELIKE WOND GENEES: Rome, 7 Julie. – Vanaf elfuur vanoggend bestaan daar nog ’n soewereine onafhanklike Staat in die węreld. Op daardie oomblik het Premier Mussolini ... bekragtigings van die verdrae wat in die Lateraanse Paleis op 11 Februarie geteken is, met Kardinaal Gasparri, Pouslike Staatsekretaris, geruil. Deur hierdie eenvoudige daad het die soewereine onafhanklike Staat van die Vatikaanstad tot stand gekom.”   New York Times,  7 Julie 1929

     

    Die San Francisco Chronicle het die ‘herstel’ van die pousdom sooos volg berig:

     

    “Mussolini en Gasparri (Kardinaal) Teken Geskiedkundige Ooreenkoms ... Genees Wond van Baie Jare.”   San Francisco Chronicle,  7 Julie 1929

     

    Wonder’ die węreld vandag oor die pousdom, soos die Bybel voorspel het?

     

    “Die beste manier om Pous Johannes Paulus II, waarlik een van die grootste mense, te vereer, is om sy leer ernstig op te neem, om te luister na sy woorde, en om sy woorde en leer hier in Amerika in dade te omskep. Dit is ’n uitdaging wat ons moet aanvaar.”  President George W. Bush,  21 Maart 2001

     

    Pous Johannes Paulus II is een van die grootste morele en geestelike leiers van hierdie eeu.”    Billy Graham in die ‘Saturday Evening Post’, Jan.-Feb. 1980

     

    “Ek bewonder Pous Johannes XXIII geweldig.  Ek voel hy het ’n nuwe era vir die węreld gebring.”   Billy Graham,  Chicago Tribune,  8 Junie 1963

     

    “Pous Johannes Paulus II vier die mis in Spaans in die ope lug vir oor die miljoen mense in Meksikostad.”  New York Times, 25 Jan. 1999

     

    “Toe die Heilige Vader Woensdagaand met Vise-president Gore oor die aanloopbaan stap ... om aan boord ‘Shepherd I’ te klim en na Rome terug te keer, het mense gehuil, met sakdoeke gewuif en hom toegejuig met ‘Johannes Paulus II, ons het u lief!’ ... Dit was ’n kortstondige maar baie aandoenlike en kragtige besoek van die Pous aan St. Louis.”   28 Jan. 1999  (EWT Nuus)

     

    “Paulus VI, tesame met Johannes XXIII en Johannes Paulus II, sal ongetwyfeld onthou word as die drie groot Vredespouse, pioniers in ’n belangrike oomblik van die oorgang van die Katolieke Kerk na die Nuwe Era.”  Robert Muller, voormalige VN Assistent-Sekretarisgeneraal

     

    7.  Die Rooms-Katolieke Kerk het die geheimsinnige nommer 666:

     

    Die amptelike titel van die pous is “Vicarius Filii Dei”, dit wil sę “Verteenwoordiger van die Seun van God”. Ter bevestiging het die Katolieke koerant Our Sunday Visitor op 18 April 1915 geskryf: “Die gegraveerde letters op die pous se Biskopshoed lui: ‘Vicarius Filii Dei. Aangesien sekere letters in Latyn numeriese waardes het, hoef ons hulle net bymekaar te tel om 666 te kry.

     

    8.  Die Rooms-Katolieke Kerk pleeg godslastering deur aanspraak te maak daarop dat hy God is en kwytskeldings skenk:

     

    Ons beslaan op hierdie aarde die plek van Almagtige God.”