
In die Bybel, is name en titels nes vensters binne-in die hart van Yahuwah. Onder die vele name gebruik vir Yahuwah, is min so vertroostend soos “Die Magtige van Jakob” (Abir Ya’akov). Hierdie titel is ietwat van `n verrassing. Dit verbind die oneindige mag van die Skepper met die naam van `n man, Jakob, wie beroemd was vir sy foute, sy vrese, en sy morele mislukkings.
Ons mag verwag dat Yahuwah Homself die “Magtige van Israel” noem — deur die edele naam te gebruik wat Jakob ontvang het nadat hy sy weë verander het. Maar, Yahuwah het spesiaal verkies om verbind te word met die naam “Jakob.” Dit is `n opsetlike keuse van radikale genade. Dit is `n uitnodiging aan elke persoon wie voel soos `n mislukking of `n bedrieër om veiligheid te vind in `n Yahuwah wiese lojaliteit steun op Sy eie karakter, nie ons volmaaktheid nie.
Waar die Titel Begin Het
Hierdie naam vir Yahuwah verskyn eerste in Genesis 49 tydens `n baie emosionele toneel. Jakob is `n ou man, op sy sterfbed. Hy het sy twaalf seuns bymekaar gemaak om sy seëninge oor hulle uit te spreek. Toe hy praat van sy seun Josef, het sy taal poëties en magtig geraak. Josef was die seun wie deur sy broers in slawerny verkoop was en jare in `n kerker deurgebring het voor hy `n leier in Egipte geword het.
Jakob verduidelik dat Josef sterk gebly het weens die “hande van die Magtige van Jakob” (Genesis 49:24). Dit is die heel eerste keer dat die titel gebruik is. Dit is `n nederige oomblik omdat Jakob nie spog omtrent sy deugde nie. Aan die einde van `n lang, verwoeste lewe, besef Jakob dat hy nie die held in sy eie verhaal is nie —Yahuwah se mag was. Hy het Yahuwah geïdentifiseer as die spesifieke Mag wat hom beskerm het selfs toe hy oneerlik was of van sy probleme weggehardloop het. Dit wys dat Goddelike Mag iemand kan beskerm wat moreel “bankkrot” is.
Waarom Jakob? Die God van die Fouteerders

Om te verstaan waarom dit so vertroostend is, moet ons kyk na die mens, Jakob. In Hebreeus, is sy naam verbind tot die woord “hakskeen.” In sy lewe, het dit “die bedrieër” begin beteken. Heel van die begin, het Jakob probeer vorentoe gaan deur andere te kul. Hy het sy broer uit sy geboortereg gekul vir `n bord sop en het `n vermomming gedra om vir sy sterwende vader te lieg om `n seëning te steel.
Jakob het die meeste van sy lewe as `n “stryder” deurgebring — iemand wat altyd probeer om iets te gryp wat hy begeer deur sy eie planne eerder as om te vertrou op Yahuwah. Selfs nadat hy Yahuwah tegemoet gegaan het, was hy dikwels in die greep van vrees en het probeer om sy familielede te uitoorlê.
Yahuwah kon Homself die “Magtige van Abraham” genoem het, die groot pionier van geloof. Hy kon die “Magtige Een van Josef” gewees het, wie bekend was vir sy reinheid. Instede daarvan, verbind Hy Sy reputasie met Jakob.
Dit is `n groot verligting vir die menslike ras. As Yahuwah net die “volmaakte” mense soos Josef of “getroue” mense soos Abraham gehelp het, sou die meeste van ons gediskwalifiseer word. Maar deur Homself die Magtige van Jakob te noem, verklaar Yahuwah dat Hy die God van die sondiges is. Hy is die God van die persone wie “baan steel” en die skuldige gewete van `n morsige verlede dra. Hy het nie vir Jakob gewag om `n beter persoon te word voor Hy hom gehelp het nie; Hy het Sy mag aan die bedrieër belowe.

Belofte Gebaseer op Karakter, Nie Prestasie nie
Die kern van die weelde te vinde in hierdie titels is die karakter van Yahuwah se verbond (Sy belofte). `n Verbond met die “Magtige van Jakob” is `n baie anderste een van `n gewone kontrak. In `n kontrak, is die verhandeling oor, as jy lieg of faal om te presteer. Maar Yahuwah se verbond is gebaseer op Sy eie natuur.
Die Bybel wys dat Yahuwah se getrouheid nie `n reaksie op ons eerlikheid is nie. Nes die Apostel Paulus skryf, selfs wanneer ons troueloos is, bly Yahuwah getrou omdat Hy nie ontrou van Homself kan wees nie (2 Timothéüs 2:13). Dit is “Jakob-beginsel.” Yahuwah het Sy grootste beloftes aan Jakob gemaak terwyl Jakob gevlug het vir die gevolge van sy eie leuens, wie op `n rots in die wildernis slaap.
Vir ons vandag, is dit die eintlike veiligheidsnet. Ons leef dikwels met die vrees dat ons geheime mislukkings ons sal afsny van Yahuwah se wil. Hierdie titel herinner ons dat die “Magtige Een” Sy naam op die spel gesit het. Hy het ons belowe om ons te bewaar gebaseer op Sy bekwaamheid nie ons volmaaktheid nie. Sy greep op ons is sterker as ons greep aan Hom.
Redding Van Wat Gesteel Was Jesaja 49
Hierdie titel verskyn weer in Jesaja 49, met die magtige belofte van herstel. In hierdie hoofstuk, voel Yahuwah se volk asof alles van hulle geneem word deur magtige vyande. Hulle voel soos “gesteelde eiendom” en het gedink dat Yahuwah hulle vergeet het.
In verse 24-25, vra die profeet: “Sal van `n held die buit afgeneem word? Of sal die gevangene van die regverdige ontvlug?” In werklikheid, is die antwoord gewoonlik “nee.” Maar Yahuwah gee `n anderste antwoord:
“Ja, die gevangene van die held sal afgeneem word, en die buit van die tiran sal ontvlug…Dan sal alle vlees gewaar word dat Ek, Yahuwah jou Heiland is, en jou Verlosser, die Magtige van Jakob.”
Hier is die titel `n wetlike waarborg. Yahuwah tree as `n “Losser” op—iemand met die mag en gesag om te herstel wat van Sy familie gesteel was. Hy sê omdat Hy die God van die bedrieër is, spesialiseer Hy daarin om reg te stel wat verbreek is.
Jakob se lewe is bewys hiervan. Hy het die jare van sy lewe “gesteel” gevind van sy oneerlike oom, en sy hart “gesteel” toe hy glo dat sy seun Josef dood is. Maar die Magtige van Jakob verseker dat alles aan die einde teruggegee was. In Jesaja is die belofte vir ons. Die Magtige Een tree op in die gemors in ons lewens om te herwin wat vrees, sonde, of die wêreld geneem het. Of dit nou ons vrede is, ons hoop, ons gesteelde besittings, ons tyd, is Hy gebonde deur Sy eie belofte om te herstel wat vir Sy volk verlore was.
Die Mankheid en die Heerlikheid

Aan die einde van sy lewe, het Jakob kreupel geloop omdat hy met Yahuwah geworstel het. Daardie kreupelheup was `n permanente herinnering dat hy swak was, maar ook die teken van sy grootste krag. Eindelik het hy opgehou om mense te bedrieg en het begin steun op Yahuwah.
Dis `n beeldskone ironie: Yahuwah se mag is te siene nie wanneer Hy ons volmaak maak nie, maar wanneer Hy ons deur ons onvolmaaktheid dra. Hy verkies die bedrieër, sodat wanneer dinge reggestel word, en die gesteelde besittings terugbesorg is, kan niemand sê, “Ek het dit myself gedoen nie.” Elkeen sal weet dat dit die werk van die Magtige van Jakob is.
Indien jy gebroke voel, of as jy nes `n bedrieër voel wiese foute uit die verlede jou volg soos `n skaduwee, moenie opgee nie. Die Skepper van die wêreld het Hom nie die “Die Magtige van die Foutloses” genoem nie. Hy het Homself verbind met `n mens nes jy. Sy beloftes is geanker in Sy eie karakter, wat nooit verander nie. Jou geskiedenis van mislukkings is nie `n muur wat jou weghou van Hom; dit is die stadium waar Hy die wêreld wys dat Hy inderdaad die Magtige is.

Kommentaar