|
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |

Hebreërs was geskryf om gelowiges te bemoedig om volwasse te word. (Heb. 5:12 -14; 10:24) en om lesers omtrent die gevare van verloëning van Christus en daarby terug te keer na hul ou weë (Heb 3:12-14; 6:8-9; 13:13). Die waarskuwings gedeelte blyk te dui dat Hebreërs vir belydende Christene geskryf was, maar nie almal mag uitverkore wees of gefaal het om te groei nie (Heb 5: 11-12). Die lesers was in gevaar om hul geloof op te gee en terug te val in Judaïsme. Hebreërs lyk of dit `n boek is wat gevul is met kwessies en vraagstukke, en Hebreërs 6:4-6 mag een van die moeilikste gedeeltes wees om te interpreteer in die hele Hebreërs en moontlik die hele Bybel. Twee vrae omring hierdie gedeelte: wie is die mense en wat beteken “afvallig geword het”? Hierdie twee vrae sal ondersoek word, sowel as die verskeie interpretasies, om vas te stel watter begrip hierdie gedeelte in sy konteks die beste pas. Dit sal gewys word dat Hebreërs 6:4-6 `n waarskuwing aan opregte Christene is, wie in gevaar is om terug te keer na Judaïsme, wat Christus weer sal kruisig en openlik tot skande maak, en daarby die onvergeeflike sonde pleeg deur die evangelie te verwerp.
Wie Is die Mense?
Dit sal gewys word dat Hebreërs 6:4-6 `n waarskuwing is aan opregte Christene, wie in gevaar is om terug te val in Judaïsme, wat Christus opnuut kruisig, en daarby `n onvergeeflike sonde pleeg deur die evangelie te verwerp.
|
Die eerste groot vraag wat aangespreek moet word omtrent hierdie gedeelte is wie hierdie mense is met wie die skrywer van Hebreërs praat? Die tema van hierdie seksie van Hebreërs wat begin in 5:11 is die noodsaaklikheid van gelowiges wat deurdring na volwassenheid. Die lesers was gekenmerk deur stagnasie, traagheid, en doodsheid in hul geestelike toestand sodat die skrywer van Hebreërs geglo het dit `n voorganger tot agteruitgang en afvalligheid sou wees. Indien die lesers nie voortgaan in volwassenheid nie, sal hulle afvallig word, en as enigiemand sou terugval, sal hul situasie somber wees. Verse 1-3 van Hebreërs 6 wys dat gelowiges heeltemal afhanklik is van die genade van Yahuwah om hul rebellie en ongeloof te oorwin; en verse 4-8 beskryf waar bekering en volharding na volwassenheid onmoontlik is sonder afhanklikheid aan Yahuwah. Hierdie gedeelte kyk na iemand wie baie seëninge en godsdienstige ondervinding ontvang het (Heb 6:4-6). Dan, word die persoon afvallig en, deur so te maak, Christus opnuut kruisig en Hom openlik tot skande maak. Eindelik, is dit onmoontlik om daardie selfde persoon tot bekering te hernu. So, is hierdie ware gelowiges of diegene wie voorgee om in Christus te glo maar `n oppervlakkige geloof het? Verse 4-5 lê vier gebeure bloot wat wys dat hulle ware gelowiges is.
Eerstens, hierdie mense het “verlig geword” (v. 4). `n Persoon kan verlig wees, maar nie gered nie (Heb 10:26; 2 Petrus 2:20-22; 2 Johannes 16:8-11). Die skrywer waarsku dat `n persoon mag weet dat Christus die O.T. vervul en steeds nie `n regte verhouding met Yahuwah het nie. Hierdie frase is `n natuurlike wyse om te verwys na die bekerings ondervinding (2 Korinthiërs 4:4-6). Dieselfde werkwoord wat in Hebreërs 10:32 gebruik is, dui op `n ervaring van ware verlossing.
Twee, hulle “het die hemelse gawe gesmaak” (v. 4), wat konsepte gebruik verwant aan eintlike bekering (Johannes 4:10; Rom 6:23, Jak 1:17-18). Die leser maak daarop aanspraak om `n verhouding met Christus te ondervind (cf. 1 Pet 2:3; Ps 34:8), om geloof in Christus te hê, en gedring was om hul geloof deur hul werke te demonstreer (Heb 6:12). Sommige mag hier argumenteer dat die werkwoord hier net `n klein smakie kan beteken (Matt 27:34; Johannes 2:9). Maar die aanspraak dat hierdie mense geproe het maar nie geëet het nie baseer die interpretasie op een betekenis van die Engelse woord. Yahuwah het Sy Seun toegelaat om die dood te smaak vir elke mens” (Heb 2:9), nie net die voorbeeld van die dood aan die kruis nie. “Smaak” dra die idee van ondervinding; die Hebreeuse gelowiges het die gawe van verlossing gesmaak, die Woord van Yahuwah, en die mag van Yahuwah (v. 5). `n Persoon onder die invloed van die Heilige Gees, mag die werk van die Heilige Gees direk smaak, dit is waarom die onvergeeflike sonde onvergeeflik is.
Derde, die skrywer beskryf iemand wie “deelagtig aan die Heilige Gees geword het” (v.4). Dit is moontlik dat dit net diegene beskryf wat die Heilige Gees in hul midde sien werk het (cf. 1 Pet 5;1; 2 Pet 1:16-17). Dit is baie waarskynlik dat hulle in die Heilige Gees deelagtig geword het toe Hy hulle oortuig het. Dieselfde persone was nie net “deelagtig in die Heilige Gees” nie maar ook “deelgenote van die hemelse roeping” (Heb 3:14). “Deelgenote” dui primêr op “deelname in” en dui op `n noue assosiasie met die Heilige Gees, wat ontvangs van die Heilige Gees in mens se eie lewe aandui.
Uiteindelik, het hulle “die goeie woord van Yahuwah gesmaak en die magte van die era wat sou kom” (v 5). Die gedagte is op bekeerdes van toepassing wie se instruksies in “die Woord van Yahuwah” hulle `n opregte ondervinding van sy “goedheid” gegee het, en wie net so die realiteit van wonderwerke geken het. As hierdie mense die evangelie gehoor het en wonderwerke aanskou het sou hulle soos Judas wees
Hierdie vier frases pas ware Christene met merkwaardige gemak die beste—die pogings om hulle as nietige belydenishouers te sien instede van ware bekeerlinge is ietwat geforseerd. Die algehele konteks van Hebeërs 6:4-6, insluitende verse 6, wys na `n betekenis van ware geloof. Die vier frases beskryf iemand in die vroeë kerk in wie die Heilige Gees inwonend was. Hoe kan ongeredde persone boonop ooit Yahushua onteer en Hom tot openlike skande bring? Dan noem die skrywer nie van vergifnis van sonde, reiniging van sonde, heiligmaking, die verlossing van die siel, nuwe lewe, of die inwoning van die Heiige Gees nie. Bedoelend dat dit nie `n toevallige waarnemer, maar iemand wat, as hulle afvallig geword het, sou die gevolge van daardie besluit moes dra.
Die Aanstoot van “Afvallig Geword”
Sommige belydende gelowiges het daaraan gedink om na Judaïsme terug te keer. As hulle van Christus weggedraai het na hul bekering, sou hul verlating wys dat hulle nie ware Christene was nie.
|
Die tweede sentrale vraag aangaande hierdie seksie is wat hul aanstoot was? Sommige belydende gelowiges het daaraan gedink om na Judaïsme terug te keer. As hulle van Christus weggedraai het na hul bekering, sou hul verlating wys dat hulle nie ware Christene was nie. Die skrywer wou gehad het die gehoor moet die erns verstaan waaraan hulle gedink het. Die grootste probleem met hierdie gedeelte is die deelwoord parapesontas in vers 6, vertaal as “afvallig geword het.” Daar is verskeie interpretasies van hierdie vers, en elk van die vyf merkwaardige sieninge sal kortliks ondersoek word om vas te stel watter van die interpretasies die waarskynlikste is.
Die eerste standpunt sê dat hierdie gedeelte `n verlosde persoon beskryf wie verlossing verloor het. Hierdie gedeelte leer dit nie omdat iemand gered en verlore kan wees nie, hulle nooit weer gered kan word nie (v.6). Die Griekse woord apostasia, wat gebruik word vir afvalligheid, word nie in hierdie gedeelte gebruik nie. Die werkwoord “afval” (Heb 6:6), parapipto, word gebruik, wat beteken, “om langsaan te val” Verderaan leer die Skrifte die sekerheid van die uitverkorenes (Rom 8:29-30), en ewige lewe is die onvervreembare besitting van diegene wie Christus daaroor vertrou (Johannes 5:24; 10:26-30). Daarbenewens is een van die kragtigste argumente vir ewige sekuriteit die laaste gedeelte van hierdie hoofstuk (Heb 6:13-20). Dit verwys na afvalligheid, wanneer `n geredde persoon eens sy rug op Christus gedraai het, kan hulle nie tot verlossing herstel word nie. Hulle is vir ewig verlore.
Die tweede standpunt leer die onmoontlikheid om oor en oor verlos te word. As iemand probeer om herhaaldelik geregverdig te word, kruisig hulle Christus opnuut elke keer wanneer hulle op Christus staatmaak vir verlossing. Die merkwaardigste probleem met hierdie standpunt is dat die lesers nie voordurend probeer om oor en oor gered te word nie, maar die teenoorgestelde. Hulle is in gevaar van finale afvalligheid van Christus (Heb 2:3; 3:12; 4:10; 7:11; 10:26-31).
Laastens, deur die skrywer se taal in hierdie gedeelte te hersien dat dit “onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het, gesmaak het…deelagtig geword het…en afvallig geword het – om die weer tot bekering te vernuwe,” dit lyk of die skrywer se taal praat asof hulle van sulke gevalle weet.
|
`n Derde standpunt sien die gedeelte as `n suiwere hipotetiese geval. Die skrywer gebruik hierdie hipotetiese geval as waarskuwing aan die geestelike onvolwassenes (v. 1-3) om nie Yahushua se verlossings offer te verwerp nie (Heb 3:12). Maar, hierdie siening maak min sin. Eerstens, om `n waarskuwing rondom `n strooi man argument te hê, maak nie sin nie. Tweedens, die deelwoord “afvallig geword het” (parapesontas) is nie voorwaardelik nie. Dit word verbind met die voorafgaande beskrywing van “en” nes dit is. Derdens, die dringende toon maak dit onwaarskynlik dat die skrywer slegs met hipotetiese maar onrealiseerbare situasies gehandel het. Die herhaling van `n soortgelyke waarskuwing in Hebreërs 10:26-31 lyk om enige poging teen te staan om die gedeelte as hipoteties te interpreteer. [31]
Laastens, deur die skrywer se taal in hierdie gedeelte te hersien dat dit “onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het, gesmaak het…deelagtig geword het…en afvallig geword het- om die weer tot bekering te vernuwe,” dit lyk of die skrywer se taal praat asof hulle van sulke gevalle weet.
Die vierde interpretasie sê dit verwys na die gelowiges se werk en belonings. Gevolglik, verwys verse vier en vyf na `n gelowige. Die produkte van plante wys na beloonbare goeie dade (v.7). Daarom word dorings verbrand by die regterstoel van Christus (v.8). Die mense se oordeel is vasgestelde “dissipline,” wat beide `n tydelike en eskatologiese aspek behels. Hierdie opregte gelowiges is in gevaar om sommige nuwe verbond seëninge in hierdie lewe en belonings by die Regters Stoel van Christus. Twee probleme maak hierdie interpretasie moeilik. Eerste, dit misluk om die ander waarskuwings gedeeltes regverdig te behandel. Die waarskuwing in 6:7-8 en 10:27 belowe goddelike oordeel wat lyk om meer as net `n verlies van belonings te betrek. Tweede, die klem van hierdie paragraaf is nie op werke of belonings nie maar op bekering en geloof. Deur te sê dat verse 7-8 werke beskryf is `n onregverdige veronderstelling; hulle beskryf slegs die response van gelowiges en ongelowiges met betrekking tot die woord van Yahuwah.
Laastens, die vyfde standpunt sê dat hierdie gedeelte `n waarskuwing is aan diegene wie geloof in Christus bely het maar in gevaar was om Christenskap te los en in Judaïsme verval het. Verskeie faktore ondersteun hierdie standpunt. Eerstens, dit gee opregte betekenis aan die twee teenswoordige deelwoorde van vers 6. Deur na Judaïsme terug te keer, sou hierdie mense, op `n manier, Christus weereens kruisig en Hom openlik tot skande bring. Die teenwoordige tyd dui daarop dat dit `n voortdurende ding is. Die skrywer het nie gesê dat hierdie mense nooit weer tot bekering gebring kan word nie terwyl hulle Yahushua op so `n skandelike wyse behandel het nie. As hulle eers opgehou het om Christus in die skande te steek op hierdie wyse, kan hulle tot bekering gebring word en hul gemeenskap met Yahuwah hernu.
Twee, hierdie standpunt verduidelik vers nege, voorgestel as `n kontras. ’Die sinsnede ‘dinge wat saamhang met die saligheid’ is meer letterlik ‘dinge wat verlossing het.’” Verlossing in Hebreërs kyk na die ingang binne die millenniese koninkryk.
Derde, in teenstelling met die verlies van belonings standpunt, vooorsien hierdie standpunt `n meer gevoegde mening tot die oorblywende gedeeltes in Hebreërs.
Vierde, hierdie standpunt pas met vers 7-8. Die land is vervloek tenspyte van die arbeid daarop gedoen. Die woord “naby” in vers 8 is dieselfde as die woord “verdwyning” in 8:13, wat beteken dat “die land naby die vervloeking is.”
Die skrywer van Hebreërs het `n afdwaling van geloof in gedagte, wat afvalligheid is. Die frase “as hulle afvallig raak” mag beter beskryf word “aan die kant val” en beskryf `n persoon vir wie dit onmoontlik is om te bekeer terwyl betrokke in aktiwiteite wat inwerk teen hul belydenis van Christus.
|
Vyf, dit help om die frase in vers 6 te verduidelik, “om dié weer tot bekering te vernuwe.” Dit is net waar van die onbekeerde sonde, en vir so `n persoon, is geen bekering moontlik nie. `n Teenkanting van hierdie standpunt is dat dit leer dat `n tyd mag kom wanneer `n persoon nie gered kan word nie. Maar, die onmoontlikheid is die mens s`n, nie Yahuwah s`n nie (Heb. 12:15-17; 2 Pet 2:19-21). Mense kan Yahuwah se genade weerstaan. Hulle arriveer by `n hartstoestand waarin bekering onmoontlik is. Dit is nie onmoontlik nie omdat Yahuwah nie gewillig is om hulle na bekering te bring nie, maar omdat die persoon so verhard is dat hulle nie wil bekeer nie. Dit lyk duidelik dat die skrywer praat nie van Christene wat in sonde voortgaan nie maar kan bekeer en hernuwe is maar van diegene wie opsetlik hul geloof versaak, wat beskryf was as “van die lewende Yahuwah afvallig word nie.” (Heb 3:12).
Die skrywer van Hebreërs het `n afdwaling van geloof in gedagte, wat afvalligheid is. Die frase “as hulle afvallig raak” mag beter beskryf word “aan die kant val” en beskryf `n persoon vir wie dit onmoontlik is om te bekeer terwyl betrokke in aktiwiteite wat strem teen hul belydenis van Christus. Deur weg te gaan van Christen groei, plaas afvalliges hulleself in die posisie van hulle wie Christus gekruisig het en aan openbare skande blootgestel het. Die verwerping van Christus na belydenis van Hom is `n handeling van meedoënlose vyandskap. Die skrywer van Hebreërs veroordeel dit as `n toestand waar `n deelgenoot nie kan terugkeer na gemeenskap met Yahuwah nie. Bekering het hul Christen ondervinding begin (Heb 6:1), maar daar is geen tweede begin vir diegene wie daardie ondervinding opgegee het nie. Soortgelyk, is die een offer vir sonde alreeds “opgebruik” (Heb 10:26). Dit was onmoontlik om diegene te hernuwe wie die ondervindinge van verse 4-5 geniet het indien hulle in afvalligheid beland; hulle mag iets ontvang het wat lyk na Christelikheid maar nie die ware ding is nie. Net hul volharding met Yahushua sal demonstreer dat hulle die ware ding het.
Gevolgtrekking
Dit lyk duidelik uit die kort ondersoek dat die mense beskryf in hierdie gedeelte opregte gelowiges is, wie misluk het om tot volwassenheid te groei, en onder vervolging, versoek was om terug te keer na Judaïsme. Die skrywer van Hebreërs het sy lesers gewaarsku dat diegene wie beswyk, of “afvallig geword het,” na al die groot geestelike voorregte wat hulle ondervind het, kon nie terug gebring word na bekering nie. Hebreërs 6:6 verteenwoordig `n soliede waarskuwing aan moedswillige sondaars wie afvallig van Christus raak na die ondervinding en begrip van die evangelie dat hulle nie herstel tot Yahuwah kan verwag na hulle onwrikbare verwerping van Sy genade nie. Die skrywer het hierdie gelowiges aangespoor om hul opregte geloof te wys deur opregte geloof en volharding in hul toewyding aan Christus. Ter opsomming, lyk Hebreërs 6:4-6 in konteks, om `n onvergeeflike sonde te beskryf, iemand wat `n ware gelowige is (v. 4-5) wat `n finale en onomkeerbare verwerping van die evangelie maak en afvalligheid pleeg, wat pas by die klousule in vers 6 oor die onmoontlikheid om hulle tot bekering te vernuwe.
Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Taylor Matthew
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verderaan, het ons uit die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun, vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is. – WLC Span
Kommentaar