
Die apostel Paulus stel verlossing in `n diepgaande eenvoudige tog magtige term voor: wat deur een mens verloor was is herstel deur een mens. Hierdie parallel is sentraal tot die evangelie boodskap. In Romeine 5:12, skryf Paulus:
“Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld gekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het.”
Hy gaan voort in Romeine 5:19:
“Want soos deur die ongehoorsaamheid van een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.”
Die simmetrie is onmiskenbaar: een mens het verderf gebring; een mens bring herstel.
Uit `n Unitariese perspektief, kanseleer goddelike logika die idee uit dat Yahushua as `n goddelike wese vooraf-bestaan en later menslike vlees aangeneem het. As verlossing `n ware teëbeeld van Adam vereis het, moes die verlosser tenvolle en net menslik wees—nie `n goddelike-menslike hybried nie. Die Tweede Adam moet werklik net wees wat die eerste Adam was: `n mens.
Impliseer Vooraf-Bestaan Noodwendig Vleeswording?
Vele Unitariërs argumenteer dat geloof in Christus se persoonlike vooraf-bestaan lei na die leerstelling van vleeswording — die idee dat `n goddelike wese menslik geword het. En vleeswording, daarenteen, stel `n tweeledig-natuurlike Christus voor: tenvolle goddelik en tenvolle mens.
Tog beklemtoon Skrifte Christus se menslikheid herhaaldelik sonder verduideliking van `n tweeledige natuur. Paulus verklaar duidelik:
“Want daar is een God, en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Yahushua.” (1 Timóthéüs 2:5)
Nie “God die Seun,” nie “God-mens nie,” maar die mens Christus Yahushua.
Indien Yahushua `n vooraf-bestaande goddelike wese was, tuimel die parallel met Adam ineen. Adam was nie `n goddelike persoon wie vlees aangeneem het nie. Hy was gevorm uit die stof van die grond (Genesis 2:7). Die verlossings simmetrie vereis dat Christus net so oorspronklik menslik moet wees — nie God vermom as `n mens nie, óf Yahuwah tydelik inwonend in menslike natuur nie.
Die Tweede en Laaste Adam
Paulus maak die vergelyking eksplisiet in 1 Korinthíërs 15:21-22:
“Want aangesien die dood deur `n mens is, is die opstanding van die dode ook deur `n mens. Want soos almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word.”
Weereens is die klem onmiskenbaar: deur `n mens kom die opstanding.
Later skryf Paulus in dieselfde hoofstuk:
“Die eerste mens, Adam, het `n lewende siel geword; die laaste Adam `n lewendmakende Gees.” (1 Korinthíërs 15:45)
Weereens:
“Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.” (1 Korinthíërs 15:47)
“Uit die hemel” vereis nie persoonlike vooraf-bestaan nie. Dit kan goddelike oorsprong, missie, en outoriteit beskryf. Jakobus sê, “Elke goeie gif … daal van bo af neer.” (Jakobus 1:17). Dit beteken nie dat sulke gawes persoonlik in die hemel vooraf-bestaan het nie. Eerder dat hul oorsprong van Yahuwah is.
Net so met Christus: hy is “uit die hemel” omdat hy Yahuwah se aangewese Messias is, verwek deur die mag van Yahuwah en gestuur met goddelike gesag — nie omdat hy `n bewustelike wese in die hemel was voor sy geboorte nie.
Wonderbaarlik Verwek, Nogtans Volledig Mens
Yahushua se oorsprong word beskryf in Lukas se Evangelie:
“Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom sal die Heilige wat gebore word, Seun van Yahuwah genoem word.” (Lukas 1:35)
Neem notisie van die logika: Daarom, sal hy die Seun van Yahuwah genoem word. Sy seunskap begin met sy wonderbaarlike verwekking.

Daar is geen sprake van `n hemelse wese wat in Maria se baarmoeder afgedaal het nie. Eerder dat Yahushua in bestaan gebring was deur die skeppende mag van Yahuwah nes Adam in bestaan gebring was deur Yahuwah se direkte handeling.
Adam het geen menslike vader gehad nie. Yahushua het geen menslike vader gehad nie. Albei het die wêreld betree deur goddelike inisiatief.
Nogtans het Yahushua in een merkwaardige aspek van Adam verskil: Adam het in `n sondelose omgewing gelewe. Yahushua was gebore in `n afvallige wêreld, omring deur korrupsie, versoeking, en sataniese teenstand.
Versoek Nes Ons — Nogtans Sonder Sonde
Hebreërs beklemtoon Christus se ware menslikheid:
“Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword.” (Hebreërs 2:14)
Hy het van dieselfde vlees en bloed deelagtig geword — nie goddelike vlees nie, nie `n mengsel van nature nie.
Weereens:
“Want ons het nie `n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.” (Hebreërs 4:15)
Versoeking het slegs betekenis wanneer dit werklikheid is. Indien Yahushua `n intrinsieke goddelike natuur besit het wat nie kon sondig nie, dan sou sy versoekings fundamenteel anders as ons s`n wees. Maar Skrifte stel hom voor as `n werklike menslike wese wie deur geloof, gehoorsaamheid, en steun op Yahuwah oorwin het.
Anders as Adam wie versoeking in die paradys teëgekom het, het Yahushua versoeking in die woestyn deurgemaak (Matthéüs 4:1-11). Adam het in die tuin van oorvloed geval. Yahushua het weerstaan in `n droë woestyn na veertig dae van vas.
Waar Adam na die Slang geluister het, het Yahushua geantwoord, “Daar staan geskrywe.”
Die Gehoorsaamheid van Een Mens
Fillipense 2:8 beskryf Christus as:
“En in gedaante gevind as `n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood aan die kruis.”

Weereens is die klem op gehoorsaamheid. Adam se ongehoorsaamheid het verderf te weeg gebring. Yahushua se gehoorsaamheid het regverdiging gebring.
Indien Christus `n goddelike wese was met twee nature, sou die vergelyking sy mag verloor. Die triomf van verlossing lê presies hierin: `n werklike mens, onder werklike druk, in `n afvallige wêreld, het Yahuwah volmaak gehoorsaam.
Dit is waarom Petrus sê:
“Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wiese mond geen bedrog gevind was nie.” (1 Petrus 2:22)
Sy sege was moreel, nie metafisies nie.
Gepla vanaf Geboorte, Nogtans Oorwinnend
Anders as Adam, het Yahushua `n wêreld betree onder Satan se regering. Kort na sy geboorte, was hy bedreig deur Herodus se geweld (Matthéüs 2:13-16). Deur sy bediening, het hy demoniese magte gekonfronteer (Markus 1:23-27). Hy het sy opdrag beskryf waar hy “die sterk man boei” (Markus 3:27).
Johannes som sy doel so op:
“Vir hierdie doel het die Seun van Yahuwah verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.” (1 Johannes 3:8)
En tog het hy dit nie reggekry as `n God wat `n mindere wese oorwin nie, maar as `n getroue menslike wese bemagtig deur Yahuwah se Gees. (Handelinge 10:38)
Sy finale oorwinning was aan die kruis, waar, deur gehoorsaamheid tot die dood, hy die mag van sonde oorwin het. Soos Paulus skryf:
“Het Hy Homself verneder … daarom het Yahuwah Hom uitermate verhoog.” (Fillipense 2:8-9)
Yahuwah het hom verhoog— wat uitsondering en hierargie aandui. Yahushua is die gehoorsame Seun; Yahuwah is die Een wie hom opgehef en verheerlik het.

Yahuwah se Oorspronklike Plan Vervul
Vanaf die begin het Yahuwah se plan die mensdom ingesluit wat die skepping regeer onder goddelike gesag (Genesis 1:26-28). Adam het misluk in hierdie hoedanigheid. Maar Yahushua was suksesvol.
Paulus beskryf hom as:
“die eersgeborene kan wees onder baie broeders.” (Romeine 8:29)
Hierdie taal maak net sin indien hy werklik ons natuur gedeel het. Hy is nie `n ander wesenlike vorm nie; hy is die eerste van `n hernude menslikheid
Die evangelie se skooneid lê hierin: wat een mens verloor het, het `n ander een herstel. Nie deur goddelike gesag alleen nie, maar deur getroue menslike gehoorsaamheid bemagtig deur Yahuwah.
Soos Paulus dit opsom:
“Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle almal ook in Christus lewend gemaak word.” (1 Korinthiërs 15:22)
Slotsom: Die Heerlikheid van die Menslike Messias
Die Unitariese insig bewaar die duidelikheid van bybelse monoteïsme — “vir ons is daar net een God, die Vader” (1 Korinthiërs 8:6) — terwyl die opregte menslikheid van Yahushua bevestig word as die Tweede Adam.
Hy het nie uit die hemel neergedaal as `n vooraf-bestaande goddelike wese nie. Yahushua was in die lewe gebring deur Yahuwah se wonderwerkende mag in die baarmoeder van Maria. Hy het as `n werklike mens geleef, het ware versoekinge weerstaan, het opregte beproewinge deurgemaak, en het getrou gebly waar Adam misluk het.
Hierin lê die mag van verlossing: regverdigheid herstel deur `n mens.
En omdat hy werklik een van ons was, word sy oorwinning ons s`n.
“Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Yahushua Christus.” (1 Korinthiërs 15:57)

Ons het die Engelse titels en name van die Vader en die Seun met dít vervang soos deur die apostels gebruik. In die skiftuurlike aanhalings voorsien, het ons hul oorspronklike name gebruik soos deur die geïnspireerde skrywers. Nogtans erken ons die historiese ontwikkeling waardeur die naam Yahushua as “Jesus” in gebruik geneem was. Boonop erken ons dat die Engelse term “God” algemeen gebruik was as `n ekwivalent vir die Hebreeuse Eloah of Elohim. – WLC Span
Kommentaar