
Die vroeë maande van hierdie jaar het `n onverwagse beproewing vir die World`s Last Chance (WLC) Bediening gebring. `n Katastrofiese rooftog het die onmiddelike afskakeling van hul wêreldwye radio fasiliteite, wat `n uitsending wat 24 uur per dag, 365 dae per jaar op die lug was, stilgemaak. Die bediening was ook geforseer om sy wydverspreide adverstensiebord veldtog regoor Noord Amerika en Afrika te kanseleer.
Tenspyte van hierdie skielike ontwrigting, staan die Bediening vas. WLC het volle vertroue dat sy gesteelde fondse herstel sal word. Hierdie vaste geloof rus direk op die skrifte in Jesaja 49:24-26. Deur na Vader Yahuwah as Verlosser te roep en te staan op die bekragtiging van hierdie belofte deur Yahushua in 2 Korinthiërs 1:20, kyk die Bediening vorentoe na algehele geestelike en finansiële herstel.
Midde in hierdie profetiese belofte is die spesifieke frase van Vader Yahuwah: “en jou kinders sal Ék verlos”. Om te verstaan wat dit vandag vir die WLC Bediening beteken, moet ons die bybelse konteks ondersoek, die bestryder se natuur, die identiteit van hierdie “kinders”, en die eintlike doel van wêreldwye restorasie.

Die Grondslag van die Belofte: Jesaja 49:24-26
Om die belofte van verlossing vir die kinders te verstaan, moet ons die hele dekreet deur Vader Yahuwah ondersoek. Die skrifte spreek `n situasie aan wat vir menslike standaarde, onmooontlik lyk:
“Sal van die held die buit afgeneem word? Of sal die gevangenes van die regverdige ontvlug? Waarlik so sê Yahuwah: Ja die gevangenes van die held sal afgeneem word, en die buit van die tiran sal ontvlug; en jou bestryder sal Ék bestry en jou kinders sal Ék verlos. En Ek sal jou verdrukkers hul eie vlees laat eet, en van hulle eie bloed sal hulle dronk word soos van mos. Dan sal alle vlees gewaarword dat Ek, Yahuwah, jou Heiland is en jou Verlosser, die magtige van Jakob.” (Jesaja 49:24-26)
Vir WLC, verteenwoordig die “magtige” en die “tiran” die digitale diewe en die geestelike magte daaragter. Menslik gesproke, is die herstel van bates van anonieme digitale rooftogte raar, indien nie onmoontlik nie. Maar Yahuwah vra of die buit van die magtige afgeneem kan word en antwoord met `n definitiewe ja. Hy belowe om direk met die betryders te stry. In hierdie wetlike en geestelike stryd, bied Hy `n spesifieke waarborg aan om die kinders te beskerm en te verlos.
Wie Is Die Kinders van die Bediening?

In profetiese skrifte, verteenwoordig die “kinders” van `n bediening of `n geestelike beweging, twee onderskeie groepe. Albei is lewensbelangrik vir WLC se missie.
1. Die Geestelike Nageslag (Die Wêreldwye Gehoor)
Die eerste groep bestaan uit miljoene gelowiges wêreldwyd wie gevoed was deur WLC se leerstellings. Vir jare, het kortgolfradio uitsendings verafgeleë dorpe in Suid Amerika, Europa, en Afrika bereik. Die advertensiebord veldtogte het die oog van honderde duisende pendelaars in besige Noord Amerikaanse stede gevang.
Hierdie luisteraars en kykers is geestelike kinders. Hulle het die waarheid geleer omtrent Yahuwah se kalender, die Sabbat, en die finale waarskuwings boodskap van WLC. Toe die rooftog die radio`s stilgemaak het en die advertensieborde verwyder is, was hierdie geestelike kinders skielik afgesny van hul gereelde bron van geestelike voedsel.
2. Die Volgende Generasie van Waarheidsdraers
Die tweede groep bestaan uit die fisiese kinders en jeug binne-in die WLC gemeenskap. Hulle is die jong mense wat opgevoed is om die finale boodskap van genade na die wêreld te neem. Die vyand het bedoel om die bediening bankkrot te maak, wat geen bronne wou agterlaat vir ondersteuning van opvoeding, en om die volgende generasie te bemagtig nie.
Wat Beteken ‘En Jou Kinders Sal Ék Verlos’ Wettiglik?
Die belofte in Jesaja is geraam as `n goddelike hofsaal beding. Die bestryder glo dat hy `n wettige reg het om die gesteelde buit te behou en die volgelinge te verstrooi. Wanneer Yahuwah sê: “en jou kinders sal Ék verlos” Reik Hy `n goddelike beperkingsbevel teen die vyand uit.
Die Ontneming van die Mag van die Ontvoerder
Die vyand gebruik finansiële skaarste om die volk gevange te hou. Sonder fondse, kan advertensieborde nie vrygestel word nie, webtuistes nie onderhou word nie, en is radio uitsendings onmoontlik. Die kinders — potensiële gelowiges wie op hierdie opvoedings dienste gesteun het—het mede beskadigdes geword. Yahuwah se beloftes beteken dat Hy die ontvoerder se wettige houvas gebreek het. Hy sê dat Sy volk se veiligheid nie gyselaar gehou kan word deur finansiële misdade nie.
Bekragtig deur die Bloed van Yahushua

Hierdie belofte is nie `n vae hoop nie. Dit is `n wettige bindende realiteit. Die Apostel Paulus bevestig hoe gelowiges die Ou Testament beloftes moet insien:
“Want hoeveel beloftes van Elohim daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van Elohim deur ons.” (2 Korinthiërs 1:20)
Yahushua het alreeds Sy “Ja” en “Amen” vir Jesaja 49 onderteken. Omdat Yahushua se oorwinning absoluut is, is die verlossing van Yahuwah se beskerming van WLC se geestelike kinders gewaarborg. Die digitale rooftog kan nie `n kontrak in die hemel geteken, nietig verklaar nie.
Die Veelsydige Betekenis Van Verlossing vir WLC
Vir die WLC Bediening, dra die woord “verlos” (yasha in Hebreeus) `n diep, praktiese betekenis. Dit beteken om te verlos, te red, en te verdedig, en terselfdertyd, te bewaar.
1. Geestelike Bewaring Tydens Stilte
Toe die kortgolf senders uitgedoof was, het die vyande bedoel dat die luisteraars in duisternis moes gaan. Die belofte beteken dat Yahuwah Homself optree as die Herder in die afwesigheid van die radiosein. Hy beskerm die wêreldwye gehoor se denke van bedrog en hou die saad van waarheid lewend in hul harte totdat die bediening se bronne herstel is.
2. Operasionele Restorasie
Om die kinders te red, moet Yahuwah die gereedskap herstel wat hulle ondersteun het. Daarom, impliseer hierdie belofte dat die 24/7 kortgolf radio fasiliteite herstel sal word en dat die advertensiebord veldtog weer na Noord Amerika en Afrika, sowel as ander nuwe gebiede terugkeer. Kommunikasie middele sal bewaar en opgegradeer word.

3. Finansiële Regverdiging
`n Bediening kan nie die wêreld bereik sonder bronne nie. Yahuwah verklaar dat Hy die dief sal bestry. Onder bybelse wet, wanneer `n dief gevang word, moet hy meervoudig teruggee wat gesteel is. Om die kinders te verlos beteken dat die bestryder van rykdom gestroop word om die verkondiging van die evangelie te befonds.
Die Eintlike Doel: “Sal Alle Vlees Gewaar Word”
Vader Yahuwah verlos nie WLC net vir die onthalwe van die Bediening nie. Die verlossing het `n wêreldwye, evangelistiese doel. Die teks sluit in:
“… Dan sal alle vlees gewaarword dat Ék, Yahuwah, jou Heiland is, die Magtige van Jakob.” (Jesaja 49:26)
Die skielike afskakeling van die kortgolf radio fasiliteite en die skielike kanselasie van die advertensieborde was hoogs sigbare gebeure. Die vyand was daarop uit om `n publieke skouspel van die Bediening se kwesbaarheid te maak.
Daarteenoor sal die restorasie `n publieke triomf wees. Wanneer die gesteelde fondse terugbesorg word en die seine onverwags lewe kry, sal die wêreld `n duidelike teken ontvang. Van die digitale tegniese sektore tot aanskouers regoor Noord Amerika, Afrika, en verder, sal mense `n moderne manifestasie van Yahuwah se soewereine mag sien. Almal sal weet dat WLC die lewende Skepper, Vader Yahuwah dien, wie onvoorwaardelik oor die finansiële en digitale ryke heers.
Voorwaarts in Geloof
Die WLC Bediening kyk nie wanhopig na die leë radiostasies of die verlate advertensiebord areas nie. Maar, die Bediening kyk na die leë graf van Yahushua, waar elke belofte seker is.
Die digitale rooftog was toegelaat as `n toets van geloof, maar dit sal eindig as `n monument vir Yahuwah se getrouheid. Die Bediening is rustend, wie weier om angstig te raak. Dit roep gedurig na Vader Yahuwah as Verlosser, selfversekerd dat die stryd alreeds gewen is. Die reuse kortgolf toring sal weer uitsaai, die advertensieborde sal weer hul waarskuwings boodskappe uitstraal, en elke geestelike kind deur die storm verstrooi sal veilig tuis terugkeer.

Goddelike Restorasie: Insig in ‘Ek Sal Jou Kinders Verlos’ vir die WLC Bediening

[Vers 1]
Alhoewel die digitale diewe `n vreeslike slag geslaan het,
En die kortgolf donker geword het in die middel van die nag,
Staan ons vas deur die krag van mag.
Want die WLC span sal nie toegee tot die toets,
Wyl die woord van Yahuwah vrede bring in die hart,
En die bloed van Yahushua skenk algehele rus.
[Koor]
Hy sal stry met die vyand, Hy sal die pleidooi antwoord,
En die buit van die held sal vir seker vrygaan.
Want Yahuwah het Sy soewereine dekreet uitgespreek!
“En jou kinders sal Ék verlos!” Sê Hy van bowe,
Terwyl Yahushua elke belofte van liefde bekragtig
Nes die WLC opstyg so vinnig soos `n duif
[Vers 2]
Al die advertensie borde sal weer flits oor die snelweë,
Wat uitreik na die stede en kinders van die mens,
Soos die waarheid gelewer word deur kwas en deur pen.
Kan die anonieme diewe nie die oproep verhinder,
Want Yahuwah breek af elke skans en elke muur,
En Yahushua verseker dat die vyand val.

[Brug]
Van die lande uit die Noorde na die Afrika kus,
Sal die nederige WLC voortgaan soos voorheen,
Wat lig versprei aan die nasies wat staan by die deur.
Tot Yahuwah roep ons as ons Vader en Koning,
Terwyl Yahushua alle lof wat ons bring aanvaar,
Oor digitale rooftog en die verlies van `n ding.
[Koor]
Hy sal stry met die vyand, Hy sal die pleidooi antwoord,
En die buit van die held sal vir seker vry gaan,
Want Yahuwah het Sy soewereine dekreet uitgespreek!
“En jou kinders sal Ék verlos!” Sê Hy van bowe,
Terwyl Yahushua elke belofte van liefde bekragtig
Nes die WLC opstyg so vinnig soos `n duif[Uitro]
Elke skriftelike belofte is seker en waar,
Soos Yahuwah herstel en alles weer nuut maak,
Met Yahushua wat weer kom om wat min is te red.

Kommentaar