
Elke leser nader die Bybel met veronderstellings gevorm deur sy kultuur, opvoeding, en oorgeërfde kerk tradisies. Lank voor ons selfs die Skrifte vir onsself oopgemaak het, het ons gewoonlik idees omtrent Yahushua (Jesus) geabsorbeer van ons familie, kerk, en gemeenskap. Wanneer ons die skynbare eenvoudige vraag vra, “Watter Yahushua vind ons in die Bybel?”, besef ons baie vinnig dat die antwoord nie so eenvoudig is as wat dit lyk nie. Ons insig van Yahushua word dikwels gefiltreer deur die lense waarby ons nooit stilgestaan het om dit te ondersoek nie.
Een van die belangrikste vrae in hierdie bespreking is oor voorafbestaan. Het Yahushua bewustelik en persoonlik met Yahuwah bestaan voor sy wonderbaarlike konsepsie in die baarmoeder van Maria? Of gebruik die Bybel die taal van voorafbestaan op `n wyse wat `n uitsonderlike Joodse wêreldsiening reflekteer eerder as latere filosofiese idees? Hierdie artikel ondersoek daardie vraag deur Skrifte te ondersoek in haar oorspronklike Joodse konteks, terwyl die maagdelike geboorte en die unieke seunskap van Yahushua, die Christus ten volle bevestig word.
TWEE VERSKILLENDE INSIGTE OOR VOORBESTAAN

Tradisionele Christen teologie leer oor die algemeen dat Yahushua beide letterlik en figuurlik as God die Seun voorafbestaan het, voor die skepping van die wêreld. Volgens hierdie siening, was daar nooit `n tyd toe die Seun nie bestaan het nie. Verse soos “in die begin was die Woord, en die Woord was met Yahuwah” (Johannes 1:1), “Ek het uit die hemel gekom” (Johannes 6:38), en “Voordat Abraham was, was Ek” (Johannes 8:58) word dikwels aangehaal as ondersteunend van hierdie posisie. Moderne teologie noem hierdie idee tipies die inkarnasie, bedoelend dat die ewige Seun uit die hemel neergedaal het en menslike vlees aangeneem het.
Naas hierdie siening erken Bybel studies egter wyd ‘n tweede model wat bekend staan as denkbeeldige of ideale voorafbestaan. In hierdie raamwerk, word van iets gesê dat dit “bestaan” omdat dit ferm gevestig is in Yahuwah se voorkennis en doel, selfs as dit nog nie in die geskiedenis verskyn het nie. Skrifte self ondersteun hierdie spreekwyse. …. (Romeine 4:17). Wat Yahuwah beplan het is so seker dat dit beskryf word as alreeds werklikheid, selfs voordat dit sigbaar word in tyd en ruimte.
JOODSE DENKWYSE EN YAHUWAH SE VOORBEKENDE DOEL
Tweede Tempel Joodse letterkunde voorsien sterk bewys dat hierdie insig van voorafbestaan algemeen was onder Yahushua en sy apostels. Joodse geskrifte verwys dikwels na mense en voorwerpe as voorafbestaand omdat dit alreeds deel van Yahuwah se plan was. Die Babiloniese Talmoed noem byvoorbeeld sewe dinge waarvan gesê word dit bestaan het voor die skepping van die wêreld, insluitende die Torah en die naam van die Messias. Hierdie taal stel nie voor dat hierdie dinge fisies in die hemel teenwoordig was nie, maar dat hulle vasgestel was in Yahuwah se intensies.
Genesis Rabbah verklaar hierdie onderskeid deur te verduidelik dat sommige dinge werklik geskep was, terwyl andere net in Yahuwah se gedagte voorgestel was. Hierdie oordenkinge sluit die patriarge, Israel, die tempel, en die naam van die Messias in. Die Messias se “voorafbestaan,” dus, verwys na Yahuwah se vasgestelde doel eerder as na`n letterlike hemelse lewe. Hierdie taal was bekend en natuurlik binne Joodse denke en het nie gedui op inkarnasie nie.
YAHUSHUA IN DIE LIG VAN VOORKENNIS
Hierdie Joodse siening van voorkennis voorsien insig binne-in die Nuwe Testament stellings omtrent Yahushua. Petrus staaf dat Christus “wat wel vooruit geken was voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil.” (1 Petrus 1:2). In dieselfde brief word gelowiges beskryf as uitverkore “volgens die voorkennis van Yahuwah die Vader” (1 Petrus 1:2). Christene bestaan nie persoonlik vooraf voor hul geboorte nie, dus vereis voorkennis nie letterlike persoonlike voorafbestaan nie.
Dieselfde beginsels is van toepassing tot die taal van die offerandes. Openbaring praat van “van die grondlegging van die wêreld af … die Lam wat geslag is” (Openbaring 13:8). Geen leser dink dat Yahushua letterlik gekruisig was voor die skepping nie. Maar dat die kruisiging bestaan het in Yahuwah se vooraf vasgestelde plan. Petrus bevestig dit deur te sê dat Yahushua “wat deur die bepaalde raad en voorkennis van Yahuwah oorgelewer is” (Handelinge 2:23).
Yahushua se gebed in Johannes 17 pas ook natuurlik binne-in die raamwerk. Hy noem die heerlikheid geassosieër met Yahuwah voor die wêreld begin het (Johannes 17:5), en bid later dat gelowiges mag deelagtig word in dieselfde heerlikheid (Johannes 17:22). Hierdie heerlikheid is belowe en seker, maar nog nie ondervind nie, wat die idee van denkbeeldige voorafbestaan illustreer gewortel in goddelike doel.
WAT BETEKEN DIT VIR ONS GELOOF
Regdeur die Skifte, is Yahuwah se reddende doel beskryf as alreeds bestaande voordat dit in die geskiedenis ontvou. Van gelowiges word gesê dat hulle in Christus gekies is “voor die grondlegging van die wêreld” (Efesiërs 1:4). “en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook verheerlik” (Romeine 8:30). “berei…van die grondlegging van die wêreld af” (Matthéüs 25:34). Geen Bybel leser interpreteer hierdie stellings om te beteken dat gelowiges letterlik bestaan het voor die skepping nie.
Die boek van Openbaring illustreer dit beeldskoon in sy hemelse aanbiddings toneel: want U het alles geskape en deur U wil bestaan hulle en is hulle geskape” (Openbaring 4:11). Dinge “was” eerste in Yahuwah se wil en intensies, en toe was hulle “geskape” in werklikheid. Die patroon wys die konsekwentheid van Yahuwah se verlossings plan uit.

OPSOMMING
Beide Joodse letterkunde en die Skrifte self wys dat voorbestaan taal dikwels wys na Yahuwah se voorkennis eerder as letterlike hemelse lewe. Wanneer hierdie konteks gerespekteer word, sien ons `n konstante en diepgaande bybelse skets van Yahushua die Christus – een wat Yahuwah se soewereine doel aan die lig bring, die Joodse grondbeginsels van geloof vereer, en gelowiges uitnooi om Yahuwah ten volle te vertrou, wie die einde van die begin verklaar.
ADDISIONELE OORPEINSING
Insig in voorbestaan uit `n Joodse perspektief help ook gelowiges om die Skrifte te lees met groter ootmoed en sorg. Dit herinner ons dat die Bybel nie geskryf was in `n moderne Westerse konteks nie maar binne-in `n antieke Nabye Oosterse Joodse wêreld gevul met verbonds denkende, simboliek, en doel-gerigte taal. Wanneer ons dit miskyk, neig ons om eisegesis te pleeg – deur ons veronderstellings binne-in die teks te lees – eerder as exegesis, wat daarop uit is om betekenis uit die teks te neem soos sy oorspronklike gehoor dit sou verstaan het. Erkenning van denkbeeldige voorbestaan verkleineer nie Yahushua nie; daarteenoor, beklemtoon dit die diepte van Yahuwah se verlossingsplan, gevorm voor die skepping en getrou uitgevoer regdeur die geskiedenis. Dit vermeerder ook vertroue in Yahuwah se beloftes, wat wys dat wat Hy Sy doel maak is net so goed as gedoen, selfs voordat dit in ons uitgeleefde ondervinding verskyn.
Erkenning van denkbeeldige voorbestaan verkleineer nie Yahushua nie; daarteenoor, beklemtoon dit die diepte van Yahuwah se verlossingsplan, gevorm voor die skepping en getrou uitgevoer regdeur die geskiedenis. Dit vermeerder ook vertroue in Yahuwah se beloftes, wat wys dat wat Hy Sy doel maak is net so goed as gedoen, selfs voordat dit in ons uitgeleefde ondervinding verskyn.
Loof Sy Naam!
Kommentaar