World's Last Chance

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

“VOORDAT ABRAHAM WAS” Wat Het YAHUSHUA Bedoel?

VOORDAT ABRAHAM WAS WAT HET YAHUSHUA BEDOEL

Een van die mees aangehaalde en gedebateerde stellings van Yahushua verskyn in Johannes 8:58, waar hy sê, “Voordat Abraham was, is Ek.” Vir baie lesers, wys hierdie teks duidelik dat Yahushua voor Abraham bestaan het en dat hy op`n goddelike identiteit aanspraak gemaak het. Hierom, het die vers `n groot rol gespeel in die vorming van die Christen belydenisse omtrent wie Yahushua is. Maar, nes baie gedeeltes in die Bybel, word sy betekenis duidelik wanneer dit gelees word in sy oorspronklike Joodse konteks.

Yahushua het gepraat met `n Joodse gehoor, deur Joodse wyses van denke, argumentering, en spraak te gebruik. Sy woorde was nie gespreek in `n filosofiese debat nie maar in `n intense gesprek omtrent identiteit, gesag, en Yahuwah se belofte aan Abraham. Hierdie artikel verken wat Yahushua bedoel het met hierdie stelling, hoe eerste-eeuse Jode dit sou verstaan het, en waarom hierdie vers nie die idee vereis dat Yahushua letterlik voor Abraham geleef het nie.

DIE KONTEKS VAN JOHANNES 8

Abraham

Tree op soos Abraham

Johannes 8 doen verslag van `n hewige gesprek tussen Yahushua en die Joodse leiers. Die gesprek wentel om Abraham, afstamming en gehoorsaamheid aan Yahuwah. Yahushua het sy luisteraars uitgedaag deur te sê dat ware kinders van Abraham sou optree soos Abraham gedoen het—deur op Yahuwah te vertrou en Hom gehoorsaam het. Die argument eskaleer wanneer Yahushua daarop aanspraak maak dat Abraham “het hom verheug dat hy my dag sou sien” (Johannes 8:56). Sy teenstaanders het met ongeloof geantwoord, deur te sê: “U is nie eers vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien?” (Johannes 8:57). Hul teenkanting wys dat hulle Yahushua se woorde verstaan het in terme van belangrikheid en merkwaardigheid, nie letterlike ouderdom nie. Yahushua sê vir hulle: “Voordat Araham was, is Ek” (Johannes 8:58). Kom as die hoogtepunt van hierdie bespreking. Dit moet verstaan word as deel van hierdie argument omtrent Abraham, belofte, en vervulling—nie as `n losstaande verklaring omtrent persoonlike bestaan nie.

“EK IS” IN JOODSE SPRAAK

Die frase “Ek is” was nie ongewoon in Joodse spraak nie. Dit was `n algemene wyse van praat omtrent identiteit, rol, en merkwaardigheid. Regdeur die Evangelie van Johannes, het Yahushua “Ek is” stellings metafories gebruik: “Ek is die brood van die lewe,” “Ek is die lig van die wêreld,” “Ek is die goeie herder.” Niemand neem hierdie stellings op as letterlike identiteit met brood, lig, of skaap nie. In Johannes 8:58, stel Yahushua nie `n nuwe goddelike naam-aanspraak bekend nie, maar beklemtoon wie hy is in verhouding met Yahuwah se plan. Hy sê dat sy rol in Yahuwah se doel het bestaan voor Abraham op die toneel verskyn het. Die Bybel praat dikwels op hierdie manier omtrent Yahuwah se doel. Jeremia was bekend voor sy geboorte (Jeremia 1:5). Die Messias was geken voor die grondlegging van die wêreld. (1 Petrus 1:20). Hierdie taal praat van goddelike voorneme, nie persoonlike voorafbestaan nie.

ABRAHAM, BELOFTE, EN VERVULLING

Om Yahushua se woorde te verstaan, moet ons fokus op Abraham se rol in Yahuwah se beloftes. Yahuwah het Abraham beloof deur sy geslag, sal alle nasies geseën word (Genesis 12:3). Hierdie belofte het Israel se hoop en verwagtinge gevorm. Toe Yahushua gesê het dat hy “voor” Abraham bestaan het, het hy bedoel dat die doelstellings wat hy vervul alreeds deel van Yahuwah se plan was selfs voordat Abraham gebore was. Paulus verklaar dit deur te sê dat die belofte het gekom voor die Wet en is in Christus vervul (Galasiërs 3:16-18). Op hierdie wyse is Yahushua “voor” Abraham, nie in ouderdom, maar in belangrikheid. Yahuwah se verlossingsplan, deur Yahushua verteenwoordig, is voor Abraham geroep was, bevestig. Abraham het uitgesien na daardie vervulling, alhoewel hy dit nie ten volle besef het nie.

Christus loop op water

HOE EERSTE-EEUSE JODE DIT MOES VERSTAAN HET

Eerste-eeuse Jode het besprekings van mense en gebeure verstaan ​​in terme van Yahuwah se plan eerder as in letterlike tydlyne. Hulle het dikwels dinge beskryf as bestaande omdat dit deel was van Yahuwah se doel. Toe Yahushua gesê het: “Voor Abraham was, is Ek,” het sy gehoor dit gesien as `n aanspraak omtrent gesag en missie. Hy het aangedui dat Yahuwah se verlossingsplan gewentel het om hom en dat hierdie plan voor Abraham bestaan het. Hul reaksie—om klippe op te tel—gee nie bewys dat hulle gedink het Yahushua maak daarop aanspraak dat hy Yahuwah is nie. Maar, dat dit wys hy `n gewaagde stelling maak omtrent gesag en status binne-in Yahuwah se plan. Deur aanspraak te maak om Abraham te oortref was skokkend genoeg om vyandigheid uit te lok.

GEVOLGTREKKING

Johannes 8:58 is `n magtige stelling, maar dit moet versigtig gelees word. Yahushua was nie besig om `n filosofiese kleim te maak omtrent sy lewe voor Abraham nie. Hy het verklaar dat Yahuwah se reddende doel, nou in hom geopenbaar, bestaan het voor die roeping van Abraham. Wanneer gelees in sy Joodse konteks, pas die vers volmaak met die Bybelse konsekwente boodskap: Yahuwah beplan die einde van die begin. Yahushua staan in die senter van daardie plan, nie omdat hy voor Abraham in tyd bestaan het nie, maar omdat Yahuwah se doel in hom voor Abraham se belofte gekom het. Hierdie insig laat die lesers die Bybel versigtiger en getrouer lees.

natuur

Kommentaar

Leave a Reply

Your avatar is powered by Gravatar