World's Last Chance

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

Waarom Dit Belangrik Is Om die Bybel te Studeer

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

Waarom Dit Belangrik Is Om die Bybel te Studeer

Het jy al ooit jou ouers gevra waarom hulle iets doen net dat hulle antwoord, “Dit is net tradisie”? Vat hierdie verhaal as voorbeeld: `n Klein meisie het haar moeder dopgehou waar sy braaivleis voorberei vir aandete, en sy let op hoe haar moeder die kante afsny. Dit het die meisie verbaas. Die pan was groot genoeg om dit te hou, waarom moes die kante afgesny word? Sy het haar ma gevra, “Waarom sny mammie die kante van die vleis af?” Die antwoord wat sy gekry het het nie haar nuuskierigheid bevredig nie; haar ma het gesê; “Ek weet nie, dit is net hoe my ma dit gekook het, en ek het dit van haar geleer. So het die klein meisie na haar ouma gegaan om haar dieselfde vraag te vra, net om dieselfde antwoord te kry. Met `n bietjie teleurstelling het sy afgesit na haar ouma-grootjie en haar gevra: “Waarom sny u die kante van die braaivleis af?” Het haar oumagrootjie geantwoord, Wel liefde, ek het maar net nie `n pan groot genoeg om dit in te braai nie, daarom het ek die kante afgesny.”

gelukkige-drie-geslagte-in-die-kombuis

Hoe is dit verwant aan die Bybel? Eenvoudig. Deesdae doen Christene dieselfde ding, nie net met die braaivleis nie. Christene het geval vir wat ons “tradisionele Christenskap” noem, steun op die groot name, `n situasie waarin mense aanvaar wat mense sê sonder om dit met die Skrifte te vergelyk. Dit is gevaarlik. Hoe dink jy waarom het Plato, Luther, en Augustine so `n impak op godsdiens gemaak? Mense het nie ondersoek wat hulle gehoor het teenoor die Bybel nie. Hulle het passief en liggelowig geraak, en mag ek sê, lui!

vrou met bybel

Indien ons nie die Bybel studeer nie sal ons val vir die bedrog wat Satan voor ons geplaas het. Satan, die god van die era, het sy werkwyse van bedrog en sy grootste gereedskapstuk in verband met Christene is tradisie. In die gelykenis van die saaier (Matt. 13 en Lukas 8) word ons meegedeel dat Satan sal kom en diegene aanval wat aan die kant uitgesak het en die kosbare saad van hulle afneem, sodat hulle nie die goeie nuus van die Evangelie kan glo en verstaan soos Yahushua geleer het nie (sien Lukas 8:12). Waarlik Satan se prioriteit is om Yahushua te skei van sy leerstelling. Ons het behoefte daaraan om te alle tye versigtig te wees, en wat geleer word, met die Skrifte te vergelyk!

In Handelinge 17:11, word ons `n verslag gegee van `n groep mense, die Bereane, wie die Bybel daagliks ondersoek het om te sien of wat Paulus aan hulle geleer het waar was. Selfs as die Bereane mag studeer het met die intensie om Paulus verkeerd te bewys, het hul eerlike harde werk en Paulus se waarheid tot die uiteinde gelei dat hulle ware gelowiges geword het.

Wat is sommige van die misleidings so ver gemaak wat hul weg in die Kerk gebaan het? Hemel as `n plek vir siellose liggamme. Nêrens in die Bybel sê dit dat ons, wanneer ons sterf, na die hemel gaan. Abraham, Isak, Jakob, en Dawid was nie `n sitplek of `n wolk, of `n reënboog in die hemel belowe nie, maar land en koninkryke en nageslagte en heerskappy hier op aarde. (Open. 5:10; Matt. 5:5). Yahuwah het `n verbond met hulle gemaak dat hul koninkryk vir ewig gevestig sal word en dat hulle die land sal besit die land in `n hernude aarde. Maar die tipiese “goeie gevoel” boodskap heg nie hierdie onderwerp meer aan nie, want dit is makliker om iemand te vertel dat wanneer ons sterf hulle na die hemel gaan in plaas daarvan om in die graf (sheol) te slaap totdat Christus terug kom. Dit is maklik om ons oë styf toe te knyp vir die eenvoudige stelling “dat die dode niks weet nie” (Pred. 9:5) as om te verkies om die teenoorgestelde te glo, dat die dode ten volle bewustheid in die hemel of hel het. Dit is makliker, omdat dit tradisioneel is.

deel-skrifte

Om ook te sê dat Yahuwah drie of drie-enig is, is absurd! Waar in die Bybel lees ons dat Yahuwah drie persone is? Nêrens, maar daar is baie verse wat sê dat Yahushua die Seun van God is. In Johannes 3:16 word ons vertel dat Yahuwah die wêreld so liefgehad het dat Hy Sy eniggebore Seun gestuur het. Die groot belydenis van Yahushua en die Bybel, die Shema (Deut. 6:4, sê dat Yahuwah een Here is. Dus kan Yahuwah nie twee of drie wees nie. Yahuwah is een en Hy werk deur Christus wie deur ons werk.

1 Korinthiërs 15: 3-4 is belangrike verse om die Evangelie te definieer. Maar hulle moet nie geskei word van die menigte ander verse wat die Evangelie definieer nie. Paulus het drie dinge van “groot belang genoem.” Paulus het sekerlik nie die Koninkryk van die Evangelie uitgesluit nie. In Lukas 4: 43 vertel Yahushua ons dat hy gestuur was: om die Evangelie van die Koninkryk aan almal te verkondig (Matt. 28:19, 20). Dit was die betekenis van die hele sending onder Yahuwah. Hedendaagse Christelikheid het die oë gesluit vir wat Yahushua ons in Lukas 4:43 vertel het. Die onderwerp van die Koninkryk is op die “agtergrond” van die kerk geskuif. Instede daarvan om te fokus op die aankondiging van die goeie nuus van die Koninkryk van God, is Christene se fokus om mense net te vertel dat Yahushua gesterf en opgewek was.

Dit is duidelik dat Yahushua nie gestuur was net om aan die kruis te sterf, soos ons verkeerdelik van die kerk of Sondag skool moes verneem het nie. Maar instede daarvan was hy gestuur om ander te vertel van die goeie nuus van Yahuwah se wêreld plan oor die Koninkryk. (Markus 1:14, 15), sodat ons gereed kan wees deur bekering, insig en om te glo. Yahushua het vir `n lang tyd gepreek voordat hy later sy Koninkryks Evangelie bykomend ingesluit het omtrent sy dood en opstanding (Matt. 16:21).

Indien ons volgelinge van Christus moet wees, moet ons nie die boodskap leer waarmee hy gedurig besig was in die verkondiging van die Evangelie nie?


Hierdie is `n nie-WLC artikel geskryf deur Miranda Baldwin

Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die Skrifte herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span

Waarom Dit Belangrik Is om die Bybel te Studeer

[Vers 1]
Nes die kok met die braai wat net die punte afsny,
Moet ons tradisies bevraagteken waarop ons steun.
Want die stelle van ou tradisies sal ons verlei,
As ons die menigte volg en blindelings gehoorsaam.
Aan die wet van Yahuwah staan ons, en buig ons,
En Yahushua beveel ons om dit nou te studeer.

[Koor]
Ons sal die Bybel studeer om die leuen te verpletter,
Met ons skild hoog gelig aan die koning van die lig!
Want die waarheid van Yahuwah is magtig en rein,
En die woord van Yahushua is standvastig en seker.
Ons is vrymoedig en vasberade, wat staan as een,
Deur die lig van die Vader en waarheid van die Seun!

[Vers 2]
Deur die foute van Luther en Plato se donker doolhoof,
Is die ongeleerde verlore in `n liggelowige wassigheid.
As hulle faal om te ondersoek wat die slimman spreek,
Hulle raak passief en lui, mislei en so swak.
Maar Yahuwah gee mag om die nag te oorwin,
Terwyl Yahuwah waarheid met Sy lig verlig.

[Koor]
Ons sal die Bybel studeer om die leuen te verpletter,
Met ons skild hoog gelig aan die koning van die lig!
Want die waarheid van Yahuwah is magtig en rein,
En die woord van Yahushua is standvastig en seker.
Ons is vrymoedig en vasberade, wat staan as een,
Deur die lig van die Vader en waarheid van die Seun!

[Brug]
Satan smee planne om met sy meesterlike kuns te mislei,
Maar die Bybel beskerm elke ywerige hart.
Met die gees van die waaheid, sal ons die vyand oorwin,
En die diepte van die skrifte sal ons ten volle ken.
Want Yahuwah het gepraat om ons reg te lei,
En Yahushua lei ons om te triomf in die geveg!

[Slot]
Ons het die kettings gebreek van tradisionele slaap,
En die wette van Yahuwah hou ons trots!
Met die Bybel in die hand is ons vreesloos en vry,
En Yahushua lei ons duidelik na oorwinning.
Ons is sterk en vasberade, wat die ruimte vul,
Soos ons marsjeer na die troon van Sy heerlike genade!

Kommentaar

Leave a Reply

Your avatar is powered by Gravatar