|
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |

“As, dooie boeke aan die brand gesteek kan word, hoeveel te meer lewende boeke, dit wil sê, mense?”1
Dit is die verhaal van Edward Wightman, `n naam onbekend aan moderne Bybel studente, nogtans bekend in die geskiedenis as die laaste persoon in Engeland wat weens kettery op die brandstapel gesterf het.2 Nes die
meeste gevalle van die soort, is dit `n storie gedomineer deur godsdienstige en politiese klimaat van die tyd, `n omgewing ferm beheer deur manne wie oor almal geheers het in sake aangaande die Christen geloof. Meeste bronne is bevooroordeeld in hul siening van “kettery” as een of ander soort demonies, verwarde verstand. Maar Wightman was `n wel-gerespekteerde besigheidsman en gemeenskapsleier, wie se ywer vir sy geloof en vryheid van spraak hom eintlik tot die aandag van die Koning van Engeland, James I gebring het. James se godsdienstige ywer as die “Verdediger van die Geloof” het hom gelei na die laaste bekende uitvoering van die brandstapel dood in 1612.
Wightman se ouers is afkomstig van Burton-on-Trent, in Staffordshire. Hy was daar gebore in 1566 en nes die meeste inwoners gedoop in die tradisionele ortodokse manier. Hy het die Burton taalskool bygewoon en het by die kleremakers besigheid aangesluit van sy moedersfamilie. In 1593 het hy met Frances Darbye in die huwelik getree.
Hy het met die Puriteine betrokke geraak in 1596 en was as een van die leiers gekies aangestel in die ondersoek van die demonies besete 13 jarige Thomas Darling. Dit vertel ons dat Wightman `n goed-gerespekteerde publieke figuur was teen die mid-1590s, deur deel te neem in die nuut gevormde beweging wat beheer uitgeoefen het oor die gemeenskap en politiek van Burton. Sy betrokkenheid in die Darling saak bewys `n keerpunt in sy lewe, wat hom heeltemal vatbaar maak vir die moontlikheid van ongemediteerde spirituele ingryping. Darling het daarop aanspraak gemaak dat hy nie net deur die duiwel besete is nie, maar betrokke was in `n reeks “spirituele oorloë” waarin beide demoniese en engelagtige stemme van hom gekom het. Dit was iets wat, soos ons sal sien, die wyse geaffekteer het hoe Wightman later tradisionele ortodoksie gesien het.
Sy eintlike afdaling na “kettery” het te doen gehad met sy insig in die sterflikheid van die siel, `n siening wat progressief meer geradikaliseerd en onortodoks geword het.3 Tussen 1603/4 en 1610/11, het sy gedrag dapperder en luider geraak. Volgens die hof verslae, was hy `n produktiewe skrywer, alhoewel sy geskrifte nog nie gevind is nie. Hy het onder die aandag van die plaaslike kerk owerhede gekom en `n lasbrief vir sy arrestasie is uitgereik. Die bevel het die konstabels van Burton beveel om hom onmiddelik voor die Biskop Richard Neil vir ondervraging te daag.
Hy het beplan om `n kompendium van sy teologie op te stel vir sy afwagtende verhoor en verdediging. Gedink dat hy ten minste toegelaat sou word om sy saak te stel, het hy afdrukke afgelewer by die lede van die hof in `n poging om steun te werf. Maar toe, dalk as `n laaste uitweg, het hy `n kopie aan Koning James I gegee, `n stap wat sy lot onmiddelik verseël het.
James I het die Engelse troon in 1603 bestyg, “wat homself as `n bevoegde rigter van godsdienstige kwessies gesien het en aangestel is om sy titel ernstig as ´Verdediger van die Geloof’” te wees.4 Sedert 1607 was hy betrokke in `n stryd van boeke met die Rooms Katolieke apologete oor die Oath of Allegiance, beide persoonlik en deur ondersteuning van andere om in sy verdediging te skryf. Een van die sentrale punte van die koning se saak was die behoud van die katolieke ortodoksie deur sy aanhang aan die drie belangrike geloofsbelydenisse van die kerk, die Apostels, die Niceense en Athanasiese.”5
Wightman was ten volle bewus van die koning se stand, maar hy het willens en wetens slagorde opgestel om beide sy Staat en Kerk aan te val. Van die handjievol fragmente van sy verdedigings verslag wat oorgebly het, het hy verwys na die leerstelling “meeste van alles gehaat en verag deur Yahuwah homself…die algemene geloof bevat in hierdie drie uitvindsels van die mens, algemeen genoem die Drie Belydenisse…die [Apostels s`n], Niceense en Athanasiese Belydenis, wie se geloof binne-in hierdie 1600 jaar uit die verlede in die wêreld gebly het.”6
Wightman het teen die tyd hom totaal en al geïsoleer van alle ander groepe, wat alle aspekte van die Christen waarheid bevraagteken, deur te argumenteer “dat die baba doop `n afskuwelike gebruik is … [en bevestiging daarvan] die sakrement van doop [moet] in water plaasvind met bekeerdes van behoorlike ouderdom van insig bekeer van ontrouheid aan die geloof.”7
Maar wat sy finale einde uitgespel het, was die gruwelike verlating van die Drie-eenheid en die natuur van Yahuwah. Dit was feitlik op hierdie punte dat hy so venynig die formule van die Niceense Belydenis van 325 en die daaropvolgende Belydenis van Konstantinopel van 381 verwerp het. Hy het aangevoer dat die leerstelling `n versinsel was en het aangevoer dat Christus `n “gewone Skepsel was en nie beide Yahuwah en mens in een persoon nie…[Alhoewel dit nie beteken het dat Christus `n man nes ander was nie] net `volmaakte man sonder sonde.”8 Teen hierdie tyd was Koning James nou meer daarop uit om Wightman se doodstraf uit te voer, sedert hy in die jare tussenin `n tweeledige veldslag teen kettery uit en tuis uitgevoer het.
Na maande daarvan om onderwerp te wees aan `n reeks konferensies met “geleerde geestelikes,” was Wightman uiteindelik voor Biskop Neil vir die laaste keer gedaag. Volgens Wightman, het die Biskop hom meegedeel “dat tensy ek my opinie opgee hy my aan die brandstapel sal laat sterf in Burton voor die volgende dag.” Die finale uitspraak en lys van klagtes sluit in “die bose kettery van Ebion, Cerinthus, Valentinian, Arius, Macedonius, Simon Magus, Manichees, Photinus, en van die Anabaptiste en ander aards ketterye, en boonop, van ander vervloekte opinies uitgebring deur die instinkte van Satan.”

Hy was veroordeel om `in een of ander openbare plek geplaas te word in `n oop plek onder die stad voorafgenoem [en] om voor die mense verbrand te word in die afkeer van die genoemde oortreding en as gemanifesteerde voorbeeld vir ander Christene dat hulle nie in dieselfde oortreding mag val nie.”10
Toe hy eintlik na die brandstapel gebring was het sy moed hom so te sê verlaat. Soos die vure aangesteek was word van gesê dat hy vinnig opgegee het, alhoewel hy toe alreeds “goed geskroei het.” Maar dit sou nie lank duur nie, omdat twee of drie weke later was hy weer voor die hof gedaag en, nie meer langer bevrees vir die skoeiende vlamme nie, geweier en “meer duideliker gelaster as voorheen.” Die Koning het sy finale veroordeling vinnig beveel, en April 11, 1612, was hy weereens na die brandstapel gelei.
“[Wightman] was weereens na die brandstapel gedra waar hy die hitte van die vuur gevoel en herroep het, maar vir al die geskreeu het die balju hom vertel dat dit hom nie meer sou kos nie en beveel dat meer hout gebring word wanneer dit knetter, en was hy tot as verbrand.”11
In die maande wat na sy veroordeling gevolg het, het `n getal gelowige radikales byna dieselfde lot gekry, selfs met die val van die biskoppe en die afskaffing van die Hoë Kommisie in 1640-2 was nie enige veranderinge gebring na die konstitusie nie. Op Mei 2, 1648, was `n nuwe “Ordonansie vir die Straf van Lastering en Kettery” opgestel.12 Maar teenstand van onafhanklikes en sektes, het beteken dat die ordonansie nooit uitgevoer was nie. En net met die boodskap van `n ander wet in 1677 (wat die verbranding van ketters”13 verbied) was Wightman se posisie in die geskiedenis die laaste persoon wat in Engeland op die brandstapel gesterf het vir kettery, verseker. Sprake van sy saak het byna 100 jaar later opgekom deur `n handjievol skrywers in die opwelling van die 1689 Toleransiewet. Die enigste onmiddelike gevolg was dit van `n minderheid opposisie teen sy uitspraak, `n skuif in openbare opinie wat kon gelei het na `n relatiewe afname in die gebruik.
Intussen het dit gelyk asof Koning James I geloof verloor het in hierdie metode van ontmoediging van kettery en siende dat kettery steeds oorleef het, “openlik verkies, dat ketters hierna, hoewel veroordeel, stil en privaat vanself wegkwyn in gevangenisse eerder as om hulle te begenadig, en ander te vermaak, met die plegtigheid van publieke teregstelling.”14
1 ‘Matthieu Ory, Inkwisiteur van Ketterse Praviteit vir die Koninkryk van Frankryk, Parys, 1544’. Lawrence Goldstone, Nancy Goldstone, Uit die Vlamme, Broadway, 2003.
2 Nog ‘n beskuldigde anti-Trinitarianer en ketter, Bartholomew Legate, wat drie weke tevore in Londen verbrand is, is nouliks uitgeskakel.
3 In een van sy vroeë boodskappe het hy aanspraak gemaak dat “die siel van die mens sterf met die liggaam en nie deelneem in óf die vreugdes van die Hemel of die pyne van die Hel nie, tot die algemene Oordeelsdag, maar met die liggaam rus tot dan toe.” M.W. Greenslade, ‘Die 1607 Terugkeer van Staffordshire Katolieke,’ Staffordshire Katolieke Geskiedenis, 4, 1963-4, bl. 6-32; Clarke, Lewens van Twee-en-Twintig Engelse Godgeleerdes, bl.147.
4 Earl Morse Wilbur, ‘n Geskiedenis van Unitarisme, Harvard, 1945, bl. 177.
5 F. Shriver, ‘Ortodoksie Diplomasie: James I en die Vorstius Saak,’ ante, lxxxv, 1970, p 453-4; James VI en I, Die Werke van die Allerhoogste en Magtige Prins, James deur die Genade van Yahuwah, Koning van Groot Brittanje, London, 1616, p 302.
6 Bodleian Biblioteek, ms Ashmole, `n Ware Verslag van die Kommissies en Lasbriewe vir die Veroordeling en Verbranding van Bartholomew Legate en Thomas Withman, 1521 B, 7, 1a–1b, London, 1651, p 8.
7 Ibidem, p 8-9, 23.
8 Ibidem, p 5. 9 Lincolnshire Argiewe Kantoor, D&C, Ciij/13/1/2/2, fo. 1r.
10 Robert Wallace, Antitrinitariaanse Biografie, E. T. Whitfield, 1850, pp. 567-568.
11 George Birkhead, Michael C. Questier, Nuusbrief van die Aardspresbeteriaat van George Birkhead, Cambridge Universiteits Drukkery, 1998, p. 153.
12 “Hoofsaaklik dié van die drie-enige Yahuwah, die opstanding, die laaste oordeel, en dat die Bybel die Woord van Yahuwah is…terugval moet gestraf word as ‘n misdaad met die dood sonder die voordeel van die geestelikes” (Felix Makower, Die Konstitusionele Geskiedenis en Grondwet van die Kerk van Engeland, Ayer, 1972, bl. 193).
13 Verbranding aan die brandstapel het in die wetboeke van Engeland gebly tot in 1790, as die straf vir `n vrou wie haar man vermoor het.
14 A. J. Loomie, Spanje en die Vroeë Stuarts 1585–1655, Aldershot, 1996, hfstk. 10.
Hierdie is `n nie-WLC artikel geskryf deur Carloz Jimenez
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verderaan, het ons uit die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun, vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is. -WLC Span
Kommentaar