
“Laat ons dan nie slaap soos die ander nie.” — 1 Thessalonicense 5:6
Die Skrifte waarsku Yahuwah se volk herhaaldelik omtrent geestelike sluimering. Terwyl die wêreld waaksaam, rusteloos, en voortdurend soek na aardse sukses, word die siel dikwels oor die hoof gesien, ewigheid word ligtelik opgeneem, en goddelike realiteite word tegemoet gegaan met apatie. Mense staan vroeg op en werk laat vir verganklike wins, maar hulle bly ongewoon ongeaffekteer deur kwessies wat hul ewige lot impakteer. In die era van ambisie en kompetisie, kan min beskuldig word van luiheid in die soeke na wêreldse sukses, maar baie is gevaarlik nalatig oor hul siele.

Hierdie advies is tydloos. Nuus van verafgeleë rampe of ekonomiese insinkings wek kommer, maar die vure van oordeel en die heerlikheid van die ewige stad wek min emosie op. Selfs diegene wie lewend gemaak is deur die Heilige Gees en opgewek is deur Yahuwah weeklaag dikwels hul afgekoelde passies. Daarom eggo die apostoliese wekroep met sterk, ernstige dringendheid: “Laat ons dan nie slaap soos die ander nie.”
Die Gevaar van Slaap in die Teenwoordigheid van Christus
Een van die ernstigste waarskuwings in die Skrifte kom uit die tuin van Getsémané. Terwyl die Here Yahushua Christus gebid en groot druppels bloed gesweet het, was Sy dissipels aan die slaap. Selfs alhoewel hulle Hom opreg liefgehad het, het droefheid en uitputting hul waaksaamheid oorweldig. Christus se sagte maar strenge teregwysing spreek vandag steeds met die kerk: “So, kon julle nie net vir een uur saammet My wakker bly nie?” (Matthéüs 26:40) HCSB.
Die verskil tussen Christus en Sy volgelinge, is diepgaande nederig. Onse Heiland het in konstante toewyding aan die Vader se wil gelewe. Sy hele bediening was gekenmerk deur self-verloëning, medelye, en voortdurende pogings om siele te red. Hy het geen offer te groot gesien nie, nie eens Sy eie lewe nie. Tog was diegene naaste aan Hom, tydens Sy diepste lyding, oorweldig deur slaap.
Hoe dikwels weerspieël hierdie toneel nie ons eie geestelike toestand nie? Christus tree voortdurend in voor die genadetroon terwyl ons sorgeloos in gebed en traag in diens word. Geleenthede vir getuienis, gaan verby, die las vir siele word lig beskou, en ewige realiteite faal om ons harte te betrek. As ons werklik die gewig vir onsterflike siele en die sekerheid van oordeel besef, sou ons worstel met Yahuwah in gebed en werk met hernude ywer. Laat ons dus op die waarskuwing van Getsémané agslaan en, deur die genade, strewe om soos ons Heer te waak, deur die swakheid van die vlees te weerstaan deur te steun op die Gees.
Die Verlies wat Kom Deur Geestelike Sluimering

Nog `n ontnugterende voorbeeld is te siene in die verhaal van Simson. Met die gawe van uitermate krag deur goddelike toewyding, het hy aan die slaap geraak in die skoot van Delila. In sy slaap was sy haarvlegsels afgesny, sy krag ontneem, het hy sy vryheid verloor, en later was sy oë uitgesny (Rigters 16:19-21). Sy val het nie met uiterste rebellie begin nie, maar met sorgelose rus en langsame geestelike nalatigheid.
Simson se geskiedenis tree op as `n ernstige waarskywing vir gelowiges. Geestelike krag steun op geloof, gehoorsaamheid, en die konstante self ondersoek. Wanneer dit geïgnoreer word, word afname onafwendbaar. Baie wie eens heldhaftig gedien het, met passie gebid het, en manhaftig vir die waarheid gestaan het, het geleidelik in weelde en traagheid verval, wie steun op wat in die verlede bereik is eerder as huidige afhanklikheid op Yahuwah.
Geestelike slaap maak die deur oop vir die vyand. Satan slaap nooit, en die versoekinge is ongenaakbaar. Klein toegewings gaan dikwels ongesiens verby totdat geestelikheid stilweg verminder het. Terwyl herstel moontlik is deur bekering en goddelike genade, kan die skade aangerig pynlik en langdurig wees. Daarom moet gelowiges hul geloof aktief beskerm, en in gedagte hou dat wanneer mens se krag eens verloor is, word dit nie maklik herwin nie, en wanneer geestelike getuienis eers beskadig is, is herstel moeilik.
Sluimerende Wagte en die Gevaar vir die Kerk
Onse Heer se gelykenis van die koring en die onkruid leer nog `n belangrike les. “Maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan” (Matthéüs 13:25). Herhaaldelik wys geskiedenis dat wanneer die kerk sorgeloos en onoplettend word, volg valse leerstellings, morele kompromie, en geestelike verval vinnig.

`n Onwaaksame kerk bly nie vir lank heilig nie. Wanneer waarhede geignoreer word en gebed afkoel, word die Heilige Gees bedroef, en geestelike krag verminder. Die beste beskerming teen dwaalleer is nie net doktrinale regstelling nie maar `n ywerige inwendige geestelike lewe gevul met ootmoed, bekering, en toewyding aan Christus.
Nes `n gesonde liggaam siektes teenstaan, verwerp `n geestelike gesonde kerk dwaalleer en korrupsie. Waaksaamheid bewaar reinheid, eenheid, en effektiwiteit. Maar, luiheid nooi verval, verdeling, en oneer uit. Daarom, moet Yahuwah se volk biddend bly, doktrinaal getrou, en waaksaam in hul optredes, of die seëninge eens ontvang mag verloor word en Christus se getuienis voor die wêreld verswak word.
Die Wekroep om te Ontwaak Voordat Dit Te Laat Is
Die ernstigste waarskuwing is gerig na diegene wie onbekeerd bly. Die Bybel is gevul met waarskuwings teen uitstel en sorgelose vertraging. Jona het geslaap terwyl die storm woed, Salomo se luiaard het gehuiwer om op te staan totdat die armoede hom oorval het. Euthychus het aan die slaap geraak tydens die preek en na sy dood geval het. (Handelinge 20:9). Elke voorbeeld beklemtoon die gevaar van geestelike onverskilligheid en vertraagde gehoorsaamheid.
Vele hoor die evangelie baie tye maar stel bekering uit, wat hulle `n meer belowende tyd beloof. Sulke uitstelling is riskant. Skrifte sê: “Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil” (2 Korinthiërs 6:2). Deur te sterf onder die klank van die evangelie beteken om te sterf met volle kennis dat die waarheid en genade verwerp was.
Die sondaar wie rus in valse hoop is in onmiddelike gevaar. Oordeel is aan`t kom, die lewe bly onseker, en genade is nou beskikbaar. Christus nooi elkeen uit om na Hom te kyk en te lewe, want “Die een wie in die Seun glo het die ewige lewe” (Johannes 3:36) HCSB. Om die uitnodiging te weier is om willens en wetens verderf te kies, en die enigste geneesmiddel te versmaai wat Yahuwah voorsien het.
Slotsom
Of dit nou geaddresseer was aan `n gelowige of ongelowige, is die boodskap onmiskenbaar duidelik: geestelike slaap is gevaarlik. Waaksaamheid vereer Christus, bewaar geestelike krag, beskerm die kerk, en berei die siel voor vir die ewigheid. Laat ons ons self eerlik ondersoek, bekeer van traagheid en onverskilligheid, en soek hernude ywer in gebed en gehoorsaamheid. Mag Yahuwah ons genade skenk om ons almal te ontwaak, dat ons getrou moet lewe, ernstig bedien, standvastig volhard, en gereed gevind word en verheug wees met Sy verskyning. “Laat ons dan nie slaap soos die ander nie.” — (1 Thessalonicense 5:6)

Kommentaar