World's Last Chance

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

Spiritualiteit in die Wette van Reinheid

Afr: Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

My spirituele en intellektuele reis as `n onderwyser van die Torah het begin met die reinheid stelsel in Levítikus. Dalk was dit `n vreemde plek om my lewens passie te begin — om genitale afskeidings, lyksbesoedeling, en melaatsheid te verken. Die studie van Bybelse reinheidswette het my egter `n diepgaande waardering vir die skoonheid en wysheid van ons tradisie gegee.

As `n jong feminis kollege student, het ek ontdek dat die antieke Joodse wet van menstruele onreinheid nie `n voorbeeld van geslags diskriminasie was of `n bloed taboe nie. Maar, die Torah leer dat alle genitale afskeidings, vroulik en manlik, bronne van tumah, (rituele onreinheid) is. Hierdie wette is deel van `n breër simboliese stelsel, wat die mag van konfrontering van moraliteit en die daaropvolgende behoefte beklemtoon om die herbevestiging van lewe te ritualiseer.

female-cycle

Baie geleerdes bevestig dat die lewe/dood simboliek die onderliggende beginsel agter die bybelse reiniging stelsel is. Volgens die teorie, word mens onrein deur die kontak met die dood van potensiële lewe. Inderwerklikheid is die merkwaardigste bron van onreinheid die menslike lyk (Num. 19). Melaatsheid, `n skubagtige wit vel siekte wat mens soos `n lyk laat lyk (sien Num. 12:12), is `n ander erge vorm van onreinheid. Genitale vloeistowwe, wat die verlies van voortplantings materiaal uit die lewensfontein verteenwoordig, veroorsaak ook onreinheid. (Lev. 15).

Volgens die bybelse teologie, is Yahuwah die oorsprong van Lewe. Die God van Israel beliggaam lewe; slegs die lewendes kan Yahuwah dien (Ps. 115). Daarom, ons omgang met die dood of simboliese herinneringe aan die dood verwyder ons tydelik van die lewe-bevestiging van rites van Yahuwah se woning in die Tempel. Net na `n simboliese hergeboorte deur onderdompeling in die “lewende waters” van die mikveh (rituele bad) kan mens na `n toestand van reinheid terugkeer.

Vir vele jare het ek enige geleentheid verlang om te leer omtrent die bybelse reinheid stelsel en die magtige reinigings ritueel van die mikveh. Maar, jaar na jaar, was ek deur Levítikus se mees paradoksale geval van onreinheid uitgedaag. Parashat Tazri-a is dit eens dat `n moeder onrein raak deur kindergeboorte: “Wanneer `n vrou tydens geboorte `n seun baar, sal sy vir sewe dae onrein wees… sy sal in `n toestand van bloed reinheid vir drie-en-dertig dae bly … as sy `n meisiekind baar, sal sy vir twee weke onrein wees … en sal sy vir ses-en-en-sestig dae in `n bloed reinigings toestand wees” (Lev. 12:2–5).

baby-girl

Waarom sou `n moeder onrein word deur nuwe lewe in die wêreld te bring as die onreinheid gevolge is van die simboliese magte van die dood? En, waarom sou `n moeder se periode van onreinheid verdubbel tydens die geboorte van `n meisiekind?

Elke keer waneer ek Levítikus Hoofstuk 12, lees, oordink ek die beskikbaarheid van response tot hierdie knaende vrae. Daar is verskeie oortuigende voorstelle. Eerstens, was geboorte in die antieke Nabye Ooste gekenmerk met gevaar vir die moeder en hoë kindersterftes. Daarom was elke kindergeboorte `n ontmoeting met `n potensiële sterfte. Tweedens, die verwagtende moeder is `n voorwerp van oorvloed lewe. Na geboorte, ondervind die moeder `n verlies van hierdie magtige teenwoordigheid van lewe inwendig. Haar uitskeiding van lewe laat `n leemte agter en skep die ritueel nodig vir reininging. Hoewel nie een van hierdie antwoorde die onreinheid van kindergeboorte volmaak binne-in die simboliese stelsel vereenselwig nie, addresseer hulle beide die ondervinding van kindergeboorte as `n nexus punt tussen lewe en dood.

pregnant-mom

In die lig van onlangse gebeure, het ek nog `n ander moontlike verduideliking bepeins vir die onreinheid van kindergeboorte. In `n ywerige bespreking omtrent die onstabiliteit in die Midde Ooste en die plofbare toestand van wêreld gebeure, het `n kollega die vreesaanjaende ondervinding beskryf om `n kind in hierdie lewe te bring: “Hoewel ek groot vreugde ervaar om nuwe lewe te skep,” het hy gesê, “het ek ook besef dat ek`n potensiaal vir dood geskep het.” Elke menslike wese sal sterf. Elke geboorte bring nog `n brose, sterflike wese die heelal binne. In ons onsekere wêreld, word hierdie realiteit gou in skerp fokus gebring.

Hierin lê een verduideliking vir die dubbele periode van onreinheid wat volg op die geboorte van `n meisiekind. Die baba meisie beliggaam die potensiaal om eendag `n nuwe lewe te baar. Elke lewe wat in die wêreld gebring word sal ook `n ander dood bring. Daarom merk die Torah die geboorte van `n meisie,`n toekomstige heilige voorwerp vir die skepping van lewe, as belaai met dubbel die hoeveelheid “doodsimboliek.”

Dalk reageer die wet van Levítikus Hoofstuk 12 met die teenstrydige emosies van enige nuwe ouer.`n Nuwe geboorte bring vreugde en bewing, bewondering, en vrees. `n Nuwe ouer het geloof in die potensiaal vir lewe maar vrees nogtans die moontlikheid van die dood. Die Bybelse reinheid stelsel verkonding dat ons konfrontasies met die tydelike natuur van lewe `n diepe spirituele voetspoor laat – van bevrugting tot geboorte tot siekte tot dood. In elke stadium in die lewe, erken en ritualiseer ons stryd met die dood. Dan omhels ons en verdiep ons ons opnuut in die lewe.

hands-over-heart


Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Rabbi Lauren Berkun Eichler.

Ons het alle paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die artikel verwyder en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde Skrywers van die Bybel geskryf is. – WLC Span

Kommentaar

Leave a Reply

Your avatar is powered by Gravatar