World's Last Chance

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

Die Valse Veronderstellings Van Dispensasionalisme

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

Dispensasionalisme is `n gekompliseerde geloofstelsel omtrent die “laaste dae,” die Joodse nasies, die millennium, en verwante onderwerpe. Dit is uiters gewild en goed bevorder in Noord Amerika. Ek sal hieronder wys dat die stelsel gebou is op valse aannames aangaande die Skrifte. Indien ENIGE van hierdie veronderstellings verkeerd is, tuimel sy hele stelsel soos `n kaartehuis ineen.

Die Ou Testament heiliges het vooruitgesien in geloof na wat Christus aan die Kruis sou doen, en ons, in die Nuwe Testament era, kyk terug in geloof na wat Hy gedoen het.

The False Assumptions of Dispensationalism image

Veronderstelling Een

Dispensasionalisme veronderstel dat Yahuwah verskillend handel met mense in verskillende periodes wat dispensasionalisme genoem word [vandaar die naam]. Alhoewel daar `n mate van verskil onder dispensasionalisme is, stem die meeste ooreen dat daar sewe onderskeie dispensasies is. Yahuwah se optredes met die mensdom word as afsonderlik gesien, met dalk een of ander oorvleueling.

Is Yahuwah se plan in verskillende wyses opgedeel met mense in verskillende tye? Dit is `n gevaarlike veronderstelling omdat dit beteken dat Yahuwah onvoorspelbaar is. Hy het verskillende onverwante planne in die verlede gehad en mag dan verskillende planne in die toekoms hê. Dit beteken ook dat verlossing in sommige van hierdie dispensasies sonder die kruis moontlik was. In hierdie siening, word sommige mense gered eenvoudig net oor hul nasionale erfenis.

“En Yahushua antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is, Hoor, Israel, Yahuwah jou Elohim, is `n enige Yahuwah” Markus 12:29

Een God beteken een plan vir alle tye en ewigheid.

“Yahushua antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” Johannes 14:6

Daar is net een weg na Yahuwah: Yahushua Christus. Die Ou Testamentiese heiliges het in geloof vooruitgesien na wat Christus aan die Kruis sou doen, en ons, in die Nuwe Testament era, kyk in geloof terug na wat Hy gedoen het.

Namate ons in detail in die Verbonde instudeer, het Yahuwah nie verskillende metodes van optredes met mense in verskillende dispensasies gehad nie. Maar, Hy het een ontvouende plan geopenbaar in verskillende tye. Elke tyd het op die andereen gebou wat voor dit was en daarop uitgebrei.

Veronderstelling Twee

Dispensasionalisme veronderstel dat daar meer as een manier na Yahuwah is. In veral, die natuurlike Jode is as Yahuwah se spesiale volk gesien en word gered omdat hulle is, nie oor Christus se werk aan die kruis nie. Sommige gaan so ver as om te sê dat as die Jode Yahushua aanvaar het, sou die kruis nie enigsins nodig gewees het nie.

Die versoenende dood van Christus was Yahuwah se plan van die begin van die wêreld.

The False Assumptions of Dispensationalism image

“En byna alles word met bloed gereining volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.” Heb. 9:22

Sonder Christus se gestorte bloed sou niemand gered kon word nie: Jood of Heiden.

“En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.” Open. 13:8

Die versoenende dood van Christus was Yahuwah se plan van die begin van die wêreld.

Veronderstelling Drie

Dispensasionalisme veronderstel dat Yahuwah nog nie Sy belofte van Land aan Abraham vervul het nie.

“Daarop verskyn Yahuwah aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar `n altaar vir Yahuwah wat aan hom verskyn het.” Gen. 12:7

“Maar Yahuwah het vir my gesê: Staan op, gaan heen om voor die volk uit verder te trek, dat hulle kan inkom en die land in besit neem wat Ek aan hul vaders met `n eed beloof het om aan hulle te gee.” Deut.10:11

Yahuwah het aan Moses vertel dat Hy op die punt was om die land aan die kinders van Israel te gee soos Hy belowe het.

“So het Yahuwah dan die hele land aan Israel gegee wat Hy met `n eed aan hul vaders beloof het om hulle te gee; en hulle het dit in besit geneem en daarin gaan woon.” Josua 21:43

Om te sê dat Yahuwah steeds sy belofte aan Abraham moet vervul is om die eenvoudige lering van die Skrifte te ontken.

The False Assumptions of Dispensationalism image

Skrifte doen verslag dat Yahuwah Sy belofte aan Abraham onder Josua vervul het.

“Geloofd sy Yahuwah wat aan sy volk rus gegee het net soos Hy gespreek het: geen enkele woord het onvervuld gebly van al die goeie woorde wat Hy deur die diens van sy kneg Moses gespreek het nie.” 1 Konings 8:56

Israel het die land vir die TWEEDE keer in besit geneem onder Dawid en Salomo.

Om te sê dat Yahuwah steeds Sy belofte aan Abraham moet vervul, is om die eenvoudige lering van die Skrifte te ontken. Yahuwah het dit twee keer aan hulle gegee soos bevestig deur die Skrifte en dalk weereens – nie deur Skrifte erken nie – onder die Makkabees. Yahuwah het Sy belofte nagekom!

Veronderstelling Vier

Dispensasionalisme neem aan dat daar `n gaping is in die beeld van Daniël 2. Vir een of ander verborge rede is die voete los van die bene. Daniël het dit nie gesien nie. Hy het `n volledige beeld gesien—nie `n opening tussen die bene en voete nie! Sien jy een in die Skrifte? Waarom sou die dispensasionaliste `n gaping hierin plaas? Die enigste rede is om die Skrifte in `n profetiese agenda te plaas.

“Wat die beeld betref, sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper, Sy bene van yster, sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei. U het gekyk totdat daar sonder die toedoen van mensehande `n klip losgeraak het wat die beeld getref het aan sy voete van yster en klei en dit fyngestamp het. Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword op die dorsvloere van die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het `n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.” Dan. 2:32-35

Hierdie beeldskone uitbeelding van die koninkryk van Yahuwah [klip] wat opgestel is in die dae van die Romeinse ryk [tydens die dood en opstanding van Christus] en groei totdat dit die aarde vul, is verdraai en verwring vir sensasionele opwinding.

Veronderstelling Vyf

Dispensasionalisme veronderstel dat daar `n gaping is in die Sewentig Weke.Kyk na hierdie vers. Kyk na die konteks. Is daar `n opening? Het Yahuwah gesê 70 weke IS vasgestel? Het Hy gesê dat 69 plus die gaping 70 sal maak? Natuurlik nie! Yahuwah weet hoe om te tel. 70 Volg op 69.

Die 70 ste week is die tyd van Christus se bediening.

The False Assumptions of Dispensationalism image

“Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf.” Dan. 9:24

Byna almal stem saam dat die 69 sewetalle ons na die tyd van Christus bring. Die sewentig sewetalle is dan die tyd van Christus se bediening. As jy noukerig na bogenoemde lys kyk, sal jy sien dat Yahushua dit alles gedoen het.

Veronderstelling Ses

Dispensasionalisme veronderstel dat die vors van Dan. 9:26-27 is `n toekomstige antichrist

“En na twee-en-sestig-sewetalle sal `n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van `n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met `n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings. En Hy sal een week lank met baie `n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar `n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.” Dan. 9:26-27

Dispensasionalisme neem die beeldskone, gewyde werk van Christus aan die kruis en skryf dit toe aan een of ander toekomstige antichrist!

The False Assumptions of Dispensationalism image

Hulle leer dat die antichrist, wie die vors is, `n verbond sluit met die Jode, ens. Hulle veronderstel dat “hy” na die vors verwys. `n Byvoeglike naamwoord verwys na die onderwerp van die sin. Die onderwerp van die vorige sin is die Messias wie die verbond sal bevestig, ens. Daar is geen manier taalkundig dat “hy” na `n vors kan verwys—wie in `n voorsetselfrase is nie.

Kyk na die bogenoemde verse. Yahushua het die verbond bekragtig—Hy het gesê dat Hy aan die verlore huis van Israel gedien het. Sy kruisdood het die behoefte aan alle ander offerandes afgesluit, ens. Dispensasionalisme neem die beeldskone, gewyde diens van Christus aan die kruis en skryf dit toe aan een of ander toekomstige antichrist! Waarom? Sodat hulle hul profetiese stelsel behoue kan laat bly. Terloops, die verdraaiing van hierdie Skrif is die enigste manier waarop hulle ‘n sewe jaar lange verdrukking kan kry, wat noodsaaklik is vir hulle oortuigings.

Veronderselling Sewe

Dispensasionalisme veronderstel dat daar twee wederkomste is. Hulle maak `n merkwaardige verskil tussen Christus se koms MET die heiliges en Christus se koms VIR die heiliges. Hulle probeer soms om die probleem te vermy deur te praat van twee stadia van dieselfde koms. Maar, die twee stadia geskei deur sewe jaar is twee verskillende komste. Ondersoek die Skrifte oor die Wederkoms, en jy sal net een Wederkoms sien. Sommige Skrifgedeeltes handel net oor een aspek van die Wederkoms, maar as jy kyk na die breër prentjie, sien jy net een Wederkoms.

Veronderstelling Agt

Dispensasionalisme veronderstel dat “hierdie geslag” in Matt. 24:34 anders was as die geslagte met wie Yahuwah gespreek het. Interessantheidshalwe, erken Dispensasionalis Thomas Ice dat elke ander keer dat die woord “geslag” in die boek van Matthéüs gebruik word, beteken dit die geslag wat toe geleef het. Maar in Matt. 24, kan dit nie dit beteken nie; dit moet `n toekomstige geslag beteken wat die voorspellings begin sien gebeur. Waarom is dit? Indien Yahushua bedoel het wat Hy gesê het, dan sou al daardie profetiese tekens reeds al gebeur het en nie sou kon gebeur het in die sensasionalistiese toekoms nie. Die algehele dispensasionele visioen van vreeslike toekomstige verdrukking sal vernietig word as Yahushua ernstig bedoel wat Hy gesê het. Indien Yahushua `n toekomstige geslag bedoel het, kon Hy maklik gesê het, “Die geslag wie die tekens sien begin,” maar Hy het nie.

“Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie generasie sal nie verbygaan voordat al hierdie dinge vervul is nie.” Matt. 24:34

Veronderstelling Nege

Dispensasionalisme veronderstel dat die woorde in Openbaring, soos “gou” en “binnekort,” nie beteken iets sal in die onmiddelike toekoms gebeur nie.

The False Assumptions of Dispensationalism image

Dispensasionalisme veronderstel dat die woorde in Openbaring, soos “gou” en “binnekort,” beteken nie iets sal in die onmiddelike toekoms gebeur nie. Nes veronderstelling agt, glo die dispensasionalis dat hy weet wat die skrywer bedoel instede van kyk na wat hy sê. Hulle voer aan dat die verwysings in Openbaring na dinge wat gou moet gebeur beteken werklik dat wanneer die gebeure begin plaasvind, hulle binnekort sal gebeur. As dit is wat die skrywer wou sê, sou hy dit op die wyse gesê het. Hy het nie.

Veronderstelling Tien

Dispensasionalisme veronderstel dat natuurlike Jode en nasionale Israel die middelpunt is van Yahuwah se plan. Die Jode het Christus vervang. Ondersoek sommige van hul kaarte, en jy sal sien dit handel alles oor die Jode. Yahushua is `n sylig. Is Yahuwah lief vir die Jode? Natuurlik, Paulus maak dit baie duidelik in Romeine en elders, dat die natuurlike Jode nie langer enige besonderse plek in die plan van Yahuwah het nie. Wat was die doel van die Joodse nasie in die Ou Testament in elk geval? Dit moes die baarmoeder wees waardeur die Messias gebore wees om die nasies te seën! `n Wêreldwye kerk was altyd die doel. En as hulle as `n nasie getrou gebly het aan Yahuwah sou daar beloning gewees het instede van AD 70. Yahuwah is nie `n rassis nie; alle nasies is nou en vir ewig welkom binne in Sy teenwoordigheid deur Yahushua Christus.

Hierdie verslag is nie bedoel om die opregtheid van enigeen se geloof te bevraagteken nie. Meeste dispensasionaliste het Yahuwah lief. Hulle is Christen broeders en susters. Maar, hul geloof stelsel omtrent hierdie dinge is `n gevaarlike fout. Indien jy na die implikasies kyk, devalueer dispensasionalisme vir Christus en die kruis, onder ander dinge. Soos u hierdie dinge ondersoek, bestudeer die Skrifte met `n ope gemoed om te sien of hierdie dinge so is of nie. Ons moet nie alle dinge aanvaar nie – ongeag van hoe interessant of gewild – as dit ferm in konteks in die Skrifte gevestig is.

In my siening, trek dispensasionalisme die aandag van Christene af en motiveer hulle om tyd, energie, en geld te verkwis in `n valse rigting eerder as in die uitbreiding van die Koninkryk van Yahuwah.


Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Glenn Davis.

Ons het alle paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die artikel verwyder en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde Skrywers van die Bybel geskryf is. – WLC Span

Kommentaar

Leave a Reply

Your avatar is powered by Gravatar