World's Last Chance

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

Het Yahushua “Terug Gekeer” na die Vader?

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

did-yahushua-return-to-the-father

Daar is sekere verse in die evangelie van Johannes, Johannes 1:1-3 en Johannes 17:5, as voorbeelde, wat as bewys beskou word dat Yahushua vooraf in die hemel bestaan het. Afhangende van die vertaling wat jy lees, is daar nog `n vers, wat blyk om ook die idee te ondersteun:

Johannes 13:3 het Yahushua, omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van Yahuwah uitgegaan het na Yahuwah heengaan.

Het Yahushua “Terug gekeer” na die Vader?

Die frase “heengegaan na Yahuwah” of “teruggaan na Yahuwah”, impliseer dat Yahushua vooraf met die Vader voor sy aardse bediening in die hemel bestaan het. Met ander woorde, hy was voorheen daar, en dat hy weer teruggaan. Maar is dit wat die Griekse teks sê? Laat ons beide die teks en die konteks ondersoek om uit te vind.

In hoofstuk dertien van Johannes se evangelie vind ons Yahushua en sy dissipels by wat sy finale Pasga maal sou wees:

Die konteks van Johannes 13 is omtrent die onmiddelike toekoms, nie omtrent `n veronderstelde ewige verlede nie.

Did Yahushua “Return” to the Father? image

Johannes 13:1 En voor die fees van die Pasga het Yahushua, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad het tot die einde toe.

Die konteks van Johannes 13 is omtrent die onmiddelike toekoms, nie omtrent `n veronderstelde ewige verlede nie. Yahushua vertel sy dissipels dat hul Meester en Heer verraai sou word en dat hy hulle gaan verlaat. Natuurlik, verstaan ons hom dat hy verwys na sy onafwendbare dood, opstanding, en hemelvaart na die Vader. Met hierdie dinge in gedagte, vertel Johannes ons dat Yahushua sy laaste ure deurbring om sy dissipels te bedien:

Johannes 13:3-4 het Yahushua, omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van Yahuwah uitgegaan het en na Yahuwah heengaan, 4 van die maaltyd opgestaan en sy boklere uitgetrek en `n doek geneem en dit om Hom vasgemaak.

Daar is ander vertalings wat woorde by die teks voeg. Byvoorbeeld:

  • English Standard Version: Yahushua, wetend dat die Vader alle dinge in sy hande gegee het, en dat hy gekom het en terug gaan na Yahuwah.
  • Holman Christian Standard: Yahushua het geweet dat die Vader alles in Sy hande gegee het, dat Hy van Yahuwah gekom het, en dat Hy terug gegaan het na Yahuwah.

Die Griekse teks lees, “… na [Yahuwah] gaan, nie dat hy teruggaan nie.

Did Yahushua “Return” to the Father? image

Aan die Drie-enige leser, wie `n anachronistiese siening van voorafbestaan in die teks, gekoppel met die vertalers se byvoegings, is hierdie gedeelte `n “duidelike” aanduiding van Yahushua se hemelse voorafbestaan. Hy het van Yahuwah gekom en het terug gegaan na Yahuwah. Maar daar is `n probleem. Dit is nie wat die oorspronklike teks sê nie. Die Griekse teks lees, “… na [Yahuwah] gaan hy,” nie dat hy terug gaan nie.1 Die NKJV ondersteun die oorspronklike teks in sy vertalings:

Johannes 13:3 (NKJV) Yahushua, wetend dat die Vader alles in Sy hande gegee het, en dat Hy van Yahuwah gekom het en na Yahuwah gaan.

Die woord “gaan” in die Grieks in Johannes 13:3 is hypagei, en dit beteken: om te lei of onder te bring, om stadig voort te lei, om te vertrek. Die gebruik daarvan sluit die volgende in: om weg te gaan, vertrek, weg wees, sterf.2

Hypagei verskyn elf keer in die Nuwe Testament, en dit word nooit vertaal as heen gaan of teruggaan na, behalwe vir Johannes 13:3 in sommige vertalings.3 Verder, is die stamwoord van hypagei, hupagó.4 In die NASB, verskyn hupagó tagtig keer in sy verskeie vorme (insluitend hypagei), en dit is nooit vertaal as heen gaan of terug gaan na, behalwe as reeds genoem, in Johannes 13:3.5 Wat die vraag vra, Waarom voeg sommige vertalers woorde by hypagei om die gaan na Yahuwah `n heengaan reis te maak? Kan dit wees dat die byvoeging die vertalers se vooroordeel weerkaats? Is dit moontlik dat in `n poging om die saak vir hul leerstelling van Yahushua se voorafbestaan te versterk, dat hulle woorde bygevoeg het? Hulle mag redeneer, “Dit is nie wat die teks sê nie, maar dit is sekerlik wat dit beteken.” Die probleem met byvoeging van woorde is dat hul vooroordeel nou die niksvermoedende leser wie die vertalers as neutraal vertrou, mislei. Instede om die teks oor te dra van Grieks na Engels, het die vertalers interpreteerders geraak wie die heilige teks verdraai het met hul byvoegings.`n Ernstige saak, inderdaad.

Yahushua Het Van Yahuwah Gekom

Sommige mag sê, maar wat van die feit omtrent dat Johannes 13:3 sê dat Yahushua gekom het van Yahuwah? Is dit nie bewys van Yahushua se voorafbestaan nie? Nie as ons die teks met `n konvensionele Hebreeuse insig lees nie. Tradisionele Jode het nie geglo in `n letterlike voorafbestaan nie. Vir hulle, het alle dinge van belang voorafbestaan, maar net in die plan en voorkennis van Yahuwah. Om te kom van Yahuwah, of te sê dat iets uit die hemel afkom beteken dat iemand of iets was van Yahuwah, dit is, dit was gestuur of goedgekeur deur Yahuwah. Byvoorbeeld aangaande die profeet Johannes die Doper:

Johannes 1:6 Daar was `n man van Yahuwah gestuur, wie se naam Johannes was.

Tradisionele Jode het nie in `n letterlike voorafbestaan geglo nie. Vir hulle het alle noemenswaardige dinge voorafbestaan, maar slegs in die plan of voorkennis van Yahuwah.

Did Yahushua “Return” to the Father? image

Niemand sou waag om te sê dat hierdie gedeelte beteken dat Johannes vooraf in die hemel bestaan het nie. Maar, ons verstaan dit beteken dat Yahuwah Johannes se bediening verordineer het. Hier is nog `n voorbeeld:

Johannes 3:1-2 En daar was `n man uit die Fariseërs, met die naam van Nikodémus, `n owerste uit die Jode. 2 Hy het in die nag na Yahushua gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U `n leraar is wat van Yahuwah gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as Yahuwah nie met Hom is nie.

Nikodémus het nie geglo dat Yahushua voorafbestaan het nie, hy erken dat die tekens wat Yahushua gedoen het aandui dat hy van Yahuwah gekom het, bv., dat Yahuwah met hom was. Daarby het `n man wat van blindheid genees was dit omtrent Christus gesê:

Johannes 9:32-33 “Van ouds af was dit nie gehoor dat iemand die oë van `n blindgebore mens geopen het nie. 33 As Hy nie van Yahuwah was nie, sou Hy niks kan doen nie.

Die nou-siende man het nie gedink dat Yahushua Yahuwah was nie. Daarenteen, vertel die konteks ons dat die man verstaan het dat Yahushua `n profeet was deur Yahuwah gestuur en bemagtig om die Seun van die Mens te wees, Christus of Messias. Hieroor, het die dankbare man in aanbidding voor hom gekniel 6

Gelowiges is van Yahuwah

Nie net is van Yahushua gesê dat Hy van Yahuwah gekom het nie, maar van sy volgelinge word van gesê dat hulle net so wel van Yahuwah is:

1 Johannes 4:4 Julle is uit Yahuwah, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter as hy is wat in die wêreld is.

Soos ons kan sien, om van Yahuwah te wees is nie gelykgestel daarmee om vooraf in die hemel te bestaan nie.

Om heen te gaan na die Vader

Ongelukkig is Johannes 13:3 nie die enigste plek waar vertalers die teks verander het nie.

Johanns 16:28 Ek het van die Vader uitgegaan en in die wêreld gekom. Weer verlaat Ek die wêreld en gaan na my Vader.”

Om “in die wêreld te kom” is `n figuurlike uitdrukking wat beteken om gebore te word, nie net in die Joodse kultuur van die eerste eeu nie, maar ook in ons kultuur.

Did Yahushua “Return” to the Father? image

Johannes 16:28 (NJKV) Ek het van die Vader uitgekom en het in die wêreld gekom. En Ek verlaat die wêreld en gaan na die Vader.

Sommige mag uitwys dat die vers mag sê dat Yahuwah in die wêreld gekom het en aandring dat dit bewys dat Yahushua voorafbestaan het. Maar, ondersoek van hierdie frase verklaar dat dit `n beeldspraak is wat beteken om gebore te word, nie net in die Joodse kultuur van die eerste eeu nie maar net so wel in ons kultuur.8 As voorbeeld, merk hoe die frase in dieselfde konteks gebruik word.

Johannes 16:21 “`n Vrou het droefheid wanneer sy baar, omdat haar uur gekom het; maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan haar benoudheid nie, om die blydskap dat `n mens in die wêreld gebore is.

Nog `n voorbeeld van die beeldspraak is te vinde in Paulus se brief aan Timótheüs:

1 Timótheüs 6:7 Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan dra nie.

Dit is duidelik, dat om in die wêreld te kom is `n verwysing na mens se geboorte en nie bewys dat iemand vooraf in die hemel bestaan het nie.

Slotsom

Skrifte praat nie van Yahushua se terug gaan na of om terug te keer na Yahuwah nie, net van sy gaan na die Vader, en van sy opstanding en hemelvaart.

Ons moet daarvan bewus wees dat selfs Bybel vertalers vooroordele het. Ongelukkig het hulle sommige woorde by die heilige teks gevoeg, en sodoende die oorspronklike betekenis verduister. Daarom is dit noodsaaklik dat ons moet optree soos die Bereane en die Skrifte ondersoek om te sien of wat ons geleer het die waarheid is.9

twee-meisies-wie-gesels-oor-oop-bybel


1 https://biblehub.com/interlinear/john/13-3.htm

2 Strong’s Greek Dictionary, https://biblehub.com/greek/5217.htm

3 https://biblehub.com/greek/hypagei_5217.htm

4 Strong’s Concordance, https://biblehub.com/greek/5217.htm

5 In Johannes 11:8, vra die dissipels Yahushua of hy weer na Judea gaan. “[Yahushua]… en gaan U weer daarnatoe?” Die woord gaan is hypagie, en is reg so vertaal. Die woord “weer” in die Grieks is palin. Palin, nie die woord hypagie nie, laat die leser weet dat Yahushua op pad was om na Judea terug te keer. As weer nie gebruik was nie, sou die teks gesê het dat Yahushua na Judea gegaan het. Daar is niks in Johannes 13:3 wat aandui dat Yahushua se gaan `n “heen reis” was nie.

6 In Johannes 9:17, met die vraag van die Fariseërs wie hy dink Yahushua was, het die voormalige blinde man gesê dat Yahushua `n profeet was. Vers 22 openbaar verder dat die konteks omtrent Yahushua is wat die Christus is. In verse 35-38, vertel Yahushua die man dat hy die Seun van die Mens is,`n Bybelse aanduiding vir die Christus/Messias. In reaksie op hierdie openbaring, in vers 38, het die man proskuneô voor Yahushua, wat beteken om hulde te bring. Dit is dieselfde woord vertaal in Openbaring 3:9 as neer kniel.

7 poreuomai, Strongs #4198, https://biblehub.com/greek/4198.htm

8 “om in die wêreld te kom,” Merriam Webster’s Dictionary, online accessed 3-18-20, https://www.merriam-webster.com/dictionary/come%20into%20the%20world


Hierdie is `n nie-WLC artikel. Bron: https://oneGodworship.com/did-Yahushua-return-to-the-father/
Ons het alle paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die artikel verwyder en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde Skrywers van die Bybel geskryf is. – WLC Span

Kommentaar

Leave a Reply

Your avatar is powered by Gravatar