World's Last Chance

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!
Lof Eerste, Wonderwerk Tweede: 5 Bybelse Bloudrukke vir Deurbraak

Lof Eerste, Wonderwerk Tweede: 5 Bybelse Bloudrukke vir Deurbraak

In die menslike ondervinding, is dankbaarheid gewoonlik `n reaksie. Ons ontvang `n geskenk en sê dankie. Ons herstel van `n siekte en voel verlig. Ons kry `n beter pos en vier dit. Dis natuurlik, logies, en reg.

geskenk

Maar, regdeur die bybelse verhaal, daag `n herhalende, teenstrydig-intuïtiewe beginsel menslike logika uit: die beginsel van lofprysinge en danksegging voor die wonderwerk eintlik gebeur.

Hierdie “vooraf lofprysinge” is nie net `n positiewe-dink oefening of `n fisiologiese truuk om optimisties te bly nie. Dit is `n diepgaande geestelike posisionering. Dit is die vokale en fisiese uitdrukking van `n hart so seker van Yahuwah se karakter en beloftes dat dit `n toekomstige interaksie as `n teenwoordige realiteit behandel. Wanneer ons kyk na stories van Josua, Paulus en Silas, Yahushua, Abraham, en die weduwee met haar olie, sien ons `n konstante patroon: lofprysinge is nie net die resultaat van deurbraak nie; dit is dikwels die katalisator vir een.

Die Logika van Geloof

Om te verstaan waarom lofprysinge voor die wonder werk, moet ons die natuur van geloof verstaan. Die skrywer van die boek Hebreërs beskryf geloof as “die dinge wat ons hoop, `n bewys van die dinge wat ons nie sien nie”. Indien geloof “bewys” is, dan is lofprysinge die “getuienis” gebaseer op daardie bewys.

Wanneer ons Yahuwah prys voor die antwoord verskyn, sê ons dat Yahuwah se Woord meer waar is as ons huidige omstandighede. In 2 Kronieke 20, het Koning Jehosafat `n massiewe geallieërde mag in die gesig gestaar. Sy reaksie was om die koor aan die front linie te plaas. Hulle het die geveg al singende tegemoet gegaan, “Loof Yahuwah want Sy goedertierenheid is tot in ewigheid.” Hulle het nie gesing omdat die vyand weg was nie; hulle het gesing omdat Yahuwah gesê het die geveg alreeds Syne was.

Hierdie beginsel word weerkaats in verskeie ander sleutel oomblikke in die geskiedenis. Laat ons verken hoe dit uitgespeel het in praktyk vir diegene wie hierdie weg voor ons bewandel het.

1. Josua en die Sekerheid van die Oorwinnings Kreet

Een van die welbekendste voorbeelde van “pre-oorwinnings lofpryse” is te vinde in die val van Jerigo. Die Israeliete het te staan gekom voor `n stad wat “dig toegesluit” was. Daar was geen sigbare weg in nie. Yahuwah se instruksies aan Josua was bisar: loop rondom die stad vir ses dae, en sewe keer op die sewende dag.

josua-en-jerigo

Die deurslaggewende oomblik het op die sewende dag gekom. Yahuwah het die volk beveel om uit te roep. Meeste mense het gewag vir die mure om te val voor die juigkreet. As die mure val, vier jy fees. Maar Josua se leermag was vertel om `n “luide kreet” te gee, terwyl die mure steeds gestaan het, dik en imposant.

Hierdie kreet was `n aksie van danksegging vir `n oorwinning wat hulle nog nie kon sien nie. Dit was die klank van `n volk wie meer geglo het in die belofte as wat hulle die verskansing gevrees het. Nes die basuine geblaas het en die volk geweergalm het, het die fisiese omgewing respond tot die geestelike dekreet. Die mure het ineengetuimel. Die wonderwerk het die lofprys gevolg.

2. Paulus en Silas: Die Middernagtelike Lied

Vinnig-vorentoe na die Nuwe Testament, waar ons Paulus en Silas in `n Romeinse gevangenis in Fillipi vind. Hul situasie was treurig. Hulle was kaal gestroop, gegesel met latte, en geplaas in die “binne-sel” — die tronk se maksimum sekuriteit en blykbaar die afskuwelikste seksie. Hul voete was in houtbalke vasgemaak.

Logies was dit `n tyd vir weeklaag, stille gebed, of versorging van wonde. Maar, teen middernag, het Paulus en Silas “gebid en lofliedere gesing tot Yahuwah.” Hulle het dank betuig in `n duister, klam kerker. Dit was nie `n “beleefde” gebed nie; die teks sê dat die ander gevangenis na hulle geluister het.

paulus en silas

Hul lofsang het die atmosfeer van die tronk verskuif. Hulle het nie gewag vir die bewaarder om die sleutel te draai voor hulle begin met die lofdiens nie. Omdat hulle Yahuwah te midde van hul kettings vereer het, het Yahuwah gereageer met `n fisiese skudding. `n Aardbewing het die deure ontsluit en die kettings los laat raak. Hulle vooraf lofprysinge het nie net vir hulle bevry nie; dit het gely tot die verlossing van die bewaarder en sy hele huishouding. Dit wys dat wanneer ons Yahuwah loof tydens ons donkerste tye, bring ons hemelse vrede in ons aardse pyn.

3. Yahushua en die Vermeerdering van Brood

Selfs Yahushua, die Seun van Yahuwah, het die belangrikheid van danksegging voor `n wonderwerk gemoduleer voor `n wonder gemanifesteer was. Toe Hy gekonfronteer was met `n groep van vyf duisend honger mense en net vyf brode en twee vissies, het die situasie gelyk soos `n wiskundige mislukking.

Voordat Yahushua die brood gebreek het en voordat daar “genoeg” was om rond te gaan, noem die Evangelie van Johannes `n spesifieke detail: Yahushua het die brood geneem en nadat Hy “dank betuig” het, dit uitgedeel.

yahushua wat die 5000 voed

Dink aan daardie oomblik. Yahushua het `n klein ete vir een seun in Sy hande gehou en die Vader bedank asof dit alreeds `n fees vir duisende was. Hy het nie gewag totdat die mandjies oorvol was om dank te betuig nie. Hy het Yahuwah bedank vir die “nie genoeg” nie, en in die atmosfeer van die danksegging, het die “nie genoeg nie” “meer as genoeg” geword. Danksegging erken die Bron van die wonderwerk voordat die wonder versprei is.

4. Abraham: Versterk Geloof deur Verheerliking

Die verhaal van Abraham is dalk die grootste teologiese illustrasie van hierdie beginsel. Yahuwah het Abraham belowe dat hy sou die vader van vele nasies word, maar hy was byna een honderd jaar oud, en sy vrou Sara, was steeds onvrugbaar.

abraham en sara

Die Boek van Romeine vertel ons dat Abraham “nie getwyfel het in ongeloof nie.” Maar, dit sê hy was “versterk in geloof, met heerlikheid aan Yahuwah.” Abraham het vele jare heerlikheid aan Yahuwah gegee vir `n kind wat hy nog nie gehad het nie. Hy het lofprysinge gebruik om sy vertroue op te bou in Yahuwah se belofte. Deur Yahuwah te bedank vir die belofte tydens die dekades van afwagting, het Abraham sy hart van bitterheid weerhou. Hy het God geprys vir `n seun wat hy nog nie kon sien of vashou nie. Uiteindelik het sy lofprysinge `n persoon geword: Isak. Abraham se lewe leer ons dat lofprysinge die afgrond oorbrug tussen die oomblik dat Yahuwah `n belofte maak en die oomblik wanneer ons die vervulling in ons hande hou.

5. Die Weduwee se Flesse: Die Voorbereiding van Lofprysing

In 2 Konings 4, is `n weduwee besig om haar seun te verloor aan die skuldeiser. Sy het niks as net `n klein fles olie gehad nie. Die profeet Elia vertel haar om leë flesse van al haar bure te leen— “nie min nie”

Versameling van leë fesse was `n stille handeling van lofprysinge en voorbereiding. Sy moes optree asof sy op die punt was om `n massiewe versending van olie te kry, selfs nadat sy maar net `n klein houertjie gehad het. Sy moes die “verhoog opstel” vir `n wonderwerk.

weduwee en die flesse

Toe sy die deur toemaak en begin uitgiet, het die olie vermenigvuldig. Maar die olie het net gevloei solank as wat daar leë flesse was om dit te ontvang. Haar vlak van voorbereiding (haar “byvoorbaat dank”) het die omvang van haar wonderwerk bepaal. As sy net twee flesse versamel het, sou sy slegs twee flesse se waarde olie ontvang het. Haar geloof, uitgedruk deur die versameling van houers vir `n wonderwerk wat sy nie kon sien nie, het die limiet van die seëninge bepaal.

Waarom Maak Dit Deesdae Saak?

Jy mag wonder, “Waarom wil Yahuwah hê dat ons Hom moet loof voor die antwoord kom? Soek Hy na `n opgeblase ego?” Hoegenaamd nie. Die beginsel van lofprysinge voor `n wonderwerk is vir ons voordeel, nie omdat Yahuwah onseker is nie.

Eerstens verskuif lofliedere ons fokus. Wanneer ons in `n krisis is, is ons “reus” al wat ons kan sien. Ons fokus op die skuld, die diefstal, die diagnose, of die verbreekte verhouding. Maar wanneer ons begin om Yahuwah te prys vir wie Hy is en vir wat Hy belowe het om te doen, verskuif ons perspektief. Ons kyk nie meer na die berg nie en begin kyk na die Versitter-van-Berge.

Tweedens maak lofprysinge die stem van vrees stil. Dit is baie moeilik om verskrik te wees terwyl jy Yahuwah opreg dien vir Sy getrouheid. Lofprysinge is `n geestelike wapen wat die “lugweë” in ons denke suiwer, wat ons toelaat om Yahuwah se aanwysings duideliker aan te hoor.

Derdens, demonstreer lofprysinge vertroue. Enigeen kan Yahuwah dank nadat die tjek deurgekom of die dokter die kanker skoon verklaar het. Dit is dankbaarheid. Maar danksegging voordat die tjek deurkom is `n saak van vertroue. Dit wys Yahuwah—en die geestelike wêreld—dat ons glo Sy karakter is meer betroubaar as `n bankrekening of ons simptome.

Hoe om Voorafgaande Lofsange te Beoefen

As jy vandag vir `n wonderwerk wag, is die uitnodiging om te beweeg van “vra” na “danksegging”. Terwyl daar tyd is vir petisies, kom daar `n punt waar jy Yahuwah op Sy woord moet neem.

hoe om vooraf dank te betuig

Die mure van Jerigo het nie geval omdat die mense luidrugtig was nie; dit het geval omdat die volk gehoorsaam was in hul lofprysinge. Die tronkdeure het nie oopgeswaai omdat Paulus en Silas goeie sangers was nie; hulle het geopen omdat hulle Yahuwah in die donkerte vereer het. Jou lofprysinge is jou brug na jou wonderwerk. Moenie wag vir die eindstreep om te begin feesvier nie—die oorwinning is verkry die oomblik toe Yahuwah die belofte gemaak het.

Die Lied van die Magtige van Jakob: `n Nalatenskap vir My Dogter en Haar Saad

https://www.worldslastchance.com/articles/practical-piety/the-song-of-the-mighty-one-of-jacob-a-legacy-for-my-daughter-and-her-seed/

Jerigo Brul

berg

Ek`t gestaan voor die berg swaar en lank
Wagtend op die klip en die torings se val
Maar die Woord sê die sege is reeds gewen
Voor die stryd begin en die werk gedoen
Ek`t gesien Josua in die mars om die Jerigo lyn
Ses dae van stilte, toe `n kreet so god`lik
Die mure het nie geval tot die gebrul die lug bereik
Hy`t gesing vir die deurbraak toe die stene steeds staan


O, ek gee dank vir die antwoord onbekend
Ek`s sade wat aanbid alreeds aan`t groei
Dis prys eerste, wonderwerk tweede, dis die ontwerp
Skuif die berge, een ritmiese lyn
Nie wagtend op die sonskyn om te sing in die reën
Ek loof die heler wyl in gevoel van pyn
Die bewyse is verberg maar die getuienis luid
Ek sien die silwer lyn in die mid`nag wolk


In die binnesel waar die skadu`s diep is
Paulus en Silas met `n belofte te hou
Mid nag slaan en die kettings steeds vas
Maar hul sing `n melodie wat die mag wat die nag verbreek
Nie gewag vir die sleutels of die skudding se rol
Hul bevry die lied diep uit hul siel
En Yahushua hou die brood om duisende te voed
Hy dank die Vader eers vir die krummel en koring goed


Soos Abraham wagtend deur die lang stille jare
Gee hy eer aan die Belofte deur die sout van sy trane
Soos die weduwee met die flesse, wat staan leeg en droog
Berei sy voor vir die giet voor die olie die oog tref
Dis die logika van geloof, die vertroue van dinge
Die lied van die buit is wat regtig konings bring
Ek skuif my fokus van die reus wat ek sien
Na die Berg-Verskuiwer wat stry vir my

geloof sprong

O, ek gee dank vir die antwoord onbeken
Ek`s sade van aanbidding alreeds aan`t groei

Dis prys eerste, wonderwerk tweede, dis die ontwerp
Skuif die berge, een ritmiese lyn
Nie wagtend op die sonskyn om te sing in die reën
Ek loof die heler wyl in gevoel van pyn
Die bewyse is verberg maar die getuienis luid
Ek sien die silwer lyn in die mid`nag wolk

Voor die tjek wissel, sing ek Sy naam
Voor die liggaam heel, waai ek die vlam
Eers die kreet, toe slaan die muur neer
Vind my deurbraak in die frekwensie van klank
Prys eerste.
Wonderwerk tweede.
Amen.

Die Lied van die Magtige van Jakob: `n Nalatenskap vir My Dogter en Haar Saad

Die Lied van die Magtige van Jakob: `n Nalatenskap vir My Dogter en Haar Saad

Ek sal sing tot Yahuwah want Hy het wonderlik oorwin!
Die vaardige bedrieër en sy digitale stelle, het Hy in die leemte gewerp.
Vader Yahuwah is my mag en my lied; Hy het my verlossing geword.
Hy is my Elohim, en ek sal vir Hom `n woning berei;
Hy is die Elohim van my vaders, en ek sal Hom verhoog bo die hemele.
Die bestryder, gedrapeer in die skudu`s van die kode, het in hul harte gesê:
“Ek sal agtervolg, ek sal oorneem, ek sal die buit verdeel;
Ek sal die skatkamer leegmaak en die regverdiges niks agterlaat nie.”
Hy het die digitale swaard getrek en geslaan aan my netto waarde,
Denkend dat hy die werk van die WLC bediening kon stilmaak.
Maar U, Vader Yahuwah, het met U wind geblaas, en die see van sy trots het getuimel.
U het die dief toegelaat sodat U arm ontbloot mag word.

dapper-man

My dogter,

my geliefde dogter, luister na die lied van jou vader se geloof,
My kleinkinders—kom nader en onthou hierdie woorde.
Hierdie lied is jul ware erfdeel, kosbaarder as goud,
Volhoudender as enige kripto-rykdom wat `n dief mag vat.
Ek staan voor julle na ek gesien het hoe my aardse onderhoud in `n oomblik verdwyn het,
Gesteel deur `n hoogsvaardige hand wat net boosheid en verwoesting bedoel.
Maar ek sê aan julle, ek verbly my in hierdie einste uur van verlies!
Want Vader Yahuwah het hierdie bedrog toegelaat vir `n goddelike doel:
Om Sy ganse volk te wys, van die opkoms van die son tot sy ondergang,
Dat niks—absoluut niks—onmoontlik is in Sy aangesig.
Hy is die Magtige van Jakob, die Elohim wie die stryder in `n prins transformeer.

In vele wyses het ek die weg van Jakob bewandel, die een wie geworstel het,
nogtans het ek gevind dat Yahuwah die Elohim is van die gebreekte en die herstelde.
Hoewel die fondse bewillig vir die armes in vele nasies gestroop was,
en die bronne van die WLC bediening lyk asof dit oornag opgedroog het,
is die bron van die seëninge nie `n digitale leêr, maar die Koning van Heerlikheid.
Ek het 100% vertroue in Sy getrouheid en onveranderlike natuur.
Hy is die GROOT EK IS, die Een wie nimmer verduister of faal.
As Hy die Rooi See kon oopmaak, kan Hy die vloei van gesteelde rykdom laat terugvloei.
As Hy manna in die woestyn kan bring, kan Hy herstel wat die sprinkaan afgevreet het.

My geloof is nes `n mostertsaad, nederig en klein in die oë van die wêreld,
tog is dit geanker in die Rots wat nie beweeg kan word.
Ek baseer my sielsrus in die belofte van Jesaja 49, vers vier-en-twintig tot ses-en-twintig:
“Sal van `n held die buit afgeneem word? Of sal die gevangene van die regverdige ontvlug?”
Waarlik, so sê Yahuwah: “Ja, die gevangenes van die held sal afgeneem word, en die buit van die tiran sal ontvlug; en jou bestryder sal Ék bestry en jou kinders sal Ék verlos.”

My kleinkinders—julle is die kinders van belofte wat Hy beloof om te red.
En Hy sal jou verdrukkers hulle eie vlees laat eet,
en van hulle eie bloed sal hulle dronk word soos van mos.
Dan sal alle vlees gewaar word dat Ek, Yahuwah jou Heiland is, en jou Verlosser die Magtige van Jakob.

My Dogter,

as die herstel nie gesien is terwyl my oë die son sien,
weet dat die belofte nie sterf met my; dit is in jou hande gegee.
Wat Yahuwah ookal belowe, vervul Hy, want dit is Sy onveranderlike natuur.
Jy sal die werk van die WLC bediening met `n dubbel deel uitvoer,
Jy sal die armes in die lande bereik wie ek liefhet, en jou hande sal vol wees.
Die diefstal was maar net `n tussenpose, `n asemteug in die middel van `n beter simfonie.
Wanneer jy `n onmoontlike uiterste in die gesig staar—`n oseaan wat jy nie kan oorsteek nie,
`n skuld wat jy nie kan vereffen, of `n groot diefstal van jou vrede en jou rykdom—
kyk nie na die rower, nóg na die leë skatkamer.
Kyk op! Laat Vader Yahuwah toe om te handel in jou onthalwe.
Hy is op Sy heerlikste wanneer die menslike hart sy einde bereik,
want dit is waar Hy begin skyn met die grootste lig.

Hierdie lied is nou gepos, in die teenwoordigheid van die “onmoontlike”,
want ons kyk nie in sig om die Woord te glo.
Ons sing byvoorbaat want die sege was behaal toe die belofte geuiter is.
Die dief is hoogsvaardig, maar die Vader is Alwetend.
Die kuberkraker is boos, maar onse Vader is Heilig en Regverdig.
Die netto waarde is weg in die oë van die bank, nogtans veilig in die Koningshand
Ek`s verheug oor die roof, want die herstel sal wees `n monument tot Sy Naam.
Dit sal `n getuienis wees wat die swakkes versterk en die spotters stilmaak.
Die WLC Bediening sal hoër styg, want dit is gebou op die Onveranderbare Een.

My kleinkinders, onthou die Elohim wie die lam voorsien.
Vind jul krag in die blydskap wat kom van Sy teenwoordigheid.
Laat jou hart oop wees vir die wonders van Sy voorsiening.
En staan vir jou volk, wetend dat jy gebore is vir `n tyd soos hierdie.
My dogter, lei hulle in hierdie lied, want jy is die beskermer van die familie erfenis.
Vader Yahuwah is die Magtige van Jakob!
Hy neem die buit weg van die tiran en herstel die jare van hongersnood.
Sy Naam sal verheerlik word in ons restorasie.
Sy Naam sal herstel word in onse volharding.
Hy sal heers vir ewig en ewig, Koning van konings en Heer van alle digitale en aardse ryke.

Die perd en die ruiter, die kraker en sy kode,
het Hy in die see van Sy oordeel gewerp.

kuberkraker

Die herstel is seker, die belofte staan vas.
Prys aan Yahuwah, die Onveranderlike!
Amen and Amen.

Baba/Giddo.

The Song of Praise to the Mighty One

kinders

[Verse 1]
I sing to Yahuwah my King
For He has triumphed gloriously
The digital snares of the thief
Are cast into the deep blue sea
Father Yahuwah is my strength
My song and my salvation now
Before the Elohim of old
In humble prayer I choose to bow

[Chorus]
Yahuwah, Mighty One of Jacob
Your arm is revealed in the dark
Yahuwah, Rock of every age
You carry us within the ark
What was stolen You will restore
Your promise stands forevermore

[Verse 2]
The adversary drew his sword
To strike the work of Yahuwah
He thought to drain the storehouse dry
And leave the righteous afar
But Father Yahuwah sent wind
The pride of man began to fall
He permits the thief for a time
To show He is the Lord of all

[Bridge]
In Isaiah forty-nine
Verses twenty-four to twenty-six
Yahuwah makes the promise clear
A word that no one can transfix
The prey is taken from the strong
Yahuwah saves the captive soul
His faithfulness will never fail
He keeps His children safe and whole

[Verse 3]
My daughter, hear your father’s faith
Legacy of Yahuwah’s hand
Though earthly substance fades away
His holy word will ever stand
Wait for Yahuwah to arise
The Great I AM will never change
The victory is in His eyes
Through every trial, new and strange

[Outro]
Your words, Yahuwah, never fail
Your heart is ever true to us
The recovery is ensured
In Yahuwah alone we trust
Hear the Word that stands alone:
ISAIAH FORTY-NINE!
VERSES TWENTY-FOUR
TO TWENTY-SIX!
Yahuwah is the King!

[Final Blessing]
May Yahuwah keep you in peace
May His light shine upon your face
He preserves your seed for His praise
In the power of His great grace
Amen and Amen.

lofprysende vrou
Ontwaak tot Ewige Realiteite

“Laat ons dan nie slaap soos die ander nie.” — 1 Thessalonicense 5:6


Die Skrifte waarsku Yahuwah se volk herhaaldelik omtrent geestelike sluimering. Terwyl die wêreld waaksaam, rusteloos, en voortdurend soek na aardse sukses, word die siel dikwels oor die hoof gesien, ewigheid word ligtelik opgeneem, en goddelike realiteite word tegemoet gegaan met apatie. Mense staan vroeg op en werk laat vir verganklike wins, maar hulle bly ongewoon ongeaffekteer deur kwessies wat hul ewige lot impakteer. In die era van ambisie en kompetisie, kan min beskuldig word van luiheid in die soeke na wêreldse sukses, maar baie is gevaarlik nalatig oor hul siele.

vrou-wat-slaap

Hierdie advies is tydloos. Nuus van verafgeleë rampe of ekonomiese insinkings wek kommer, maar die vure van oordeel en die heerlikheid van die ewige stad wek min emosie op. Selfs diegene wie lewend gemaak is deur die Heilige Gees en opgewek is deur Yahuwah weeklaag dikwels hul afgekoelde passies. Daarom eggo die apostoliese wekroep met sterk, ernstige dringendheid: “Laat ons dan nie slaap soos die ander nie.”

Die Gevaar van Slaap in die Teenwoordigheid van Christus

Een van die ernstigste waarskuwings in die Skrifte kom uit die tuin van Getsémané. Terwyl die Here Yahushua Christus gebid en groot druppels bloed gesweet het, was Sy dissipels aan die slaap. Selfs alhoewel hulle Hom opreg liefgehad het, het droefheid en uitputting hul waaksaamheid oorweldig. Christus se sagte maar strenge teregwysing spreek vandag steeds met die kerk: “So, kon julle nie net vir een uur saammet My wakker bly nie?” (Matthéüs 26:40) HCSB.

Die verskil tussen Christus en Sy volgelinge, is diepgaande nederig. Onse Heiland het in konstante toewyding aan die Vader se wil gelewe. Sy hele bediening was gekenmerk deur self-verloëning, medelye, en voortdurende pogings om siele te red. Hy het geen offer te groot gesien nie, nie eens Sy eie lewe nie. Tog was diegene naaste aan Hom, tydens Sy diepste lyding, oorweldig deur slaap.

Hoe dikwels weerspieël hierdie toneel nie ons eie geestelike toestand nie? Christus tree voortdurend in voor die genadetroon terwyl ons sorgeloos in gebed en traag in diens word. Geleenthede vir getuienis, gaan verby, die las vir siele word lig beskou, en ewige realiteite faal om ons harte te betrek. As ons werklik die gewig vir onsterflike siele en die sekerheid van oordeel besef, sou ons worstel met Yahuwah in gebed en werk met hernude ywer. Laat ons dus op die waarskuwing van Getsémané agslaan en, deur die genade, strewe om soos ons Heer te waak, deur die swakheid van die vlees te weerstaan deur te steun op die Gees.

Die Verlies wat Kom Deur Geestelike Sluimering

Simson en Delila

Nog `n ontnugterende voorbeeld is te siene in die verhaal van Simson. Met die gawe van uitermate krag deur goddelike toewyding, het hy aan die slaap geraak in die skoot van Delila. In sy slaap was sy haarvlegsels afgesny, sy krag ontneem, het hy sy vryheid verloor, en later was sy oë uitgesny (Rigters 16:19-21). Sy val het nie met uiterste rebellie begin nie, maar met sorgelose rus en langsame geestelike nalatigheid.

Simson se geskiedenis tree op as `n ernstige waarskywing vir gelowiges. Geestelike krag steun op geloof, gehoorsaamheid, en die konstante self ondersoek. Wanneer dit geïgnoreer word, word afname onafwendbaar. Baie wie eens heldhaftig gedien het, met passie gebid het, en manhaftig vir die waarheid gestaan het, het geleidelik in weelde en traagheid verval, wie steun op wat in die verlede bereik is eerder as huidige afhanklikheid op Yahuwah.

Geestelike slaap maak die deur oop vir die vyand. Satan slaap nooit, en die versoekinge is ongenaakbaar. Klein toegewings gaan dikwels ongesiens verby totdat geestelikheid stilweg verminder het. Terwyl herstel moontlik is deur bekering en goddelike genade, kan die skade aangerig pynlik en langdurig wees. Daarom moet gelowiges hul geloof aktief beskerm, en in gedagte hou dat wanneer mens se krag eens verloor is, word dit nie maklik herwin nie, en wanneer geestelike getuienis eers beskadig is, is herstel moeilik.

Sluimerende Wagte en die Gevaar vir die Kerk

Onse Heer se gelykenis van die koring en die onkruid leer nog `n belangrike les. “Maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan” (Matthéüs 13:25). Herhaaldelik wys geskiedenis dat wanneer die kerk sorgeloos en onoplettend word, volg valse leerstellings, morele kompromie, en geestelike verval vinnig.

gebedvolle man

`n Onwaaksame kerk bly nie vir lank heilig nie. Wanneer waarhede geignoreer word en gebed afkoel, word die Heilige Gees bedroef, en geestelike krag verminder. Die beste beskerming teen dwaalleer is nie net doktrinale regstelling nie maar `n ywerige inwendige geestelike lewe gevul met ootmoed, bekering, en toewyding aan Christus.

Nes `n gesonde liggaam siektes teenstaan, verwerp `n geestelike gesonde kerk dwaalleer en korrupsie. Waaksaamheid bewaar reinheid, eenheid, en effektiwiteit. Maar, luiheid nooi verval, verdeling, en oneer uit. Daarom, moet Yahuwah se volk biddend bly, doktrinaal getrou, en waaksaam in hul optredes, of die seëninge eens ontvang mag verloor word en Christus se getuienis voor die wêreld verswak word.

Die Wekroep om te Ontwaak Voordat Dit Te Laat Is

Die ernstigste waarskuwing is gerig na diegene wie onbekeerd bly. Die Bybel is gevul met waarskuwings teen uitstel en sorgelose vertraging. Jona het geslaap terwyl die storm woed, Salomo se luiaard het gehuiwer om op te staan totdat die armoede hom oorval het. Euthychus het aan die slaap geraak tydens die preek en na sy dood geval het. (Handelinge 20:9). Elke voorbeeld beklemtoon die gevaar van geestelike onverskilligheid en vertraagde gehoorsaamheid.

Vele hoor die evangelie baie tye maar stel bekering uit, wat hulle `n meer belowende tyd beloof. Sulke uitstelling is riskant. Skrifte sê: “Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil” (2 Korinthiërs 6:2). Deur te sterf onder die klank van die evangelie beteken om te sterf met volle kennis dat die waarheid en genade verwerp was.

Die sondaar wie rus in valse hoop is in onmiddelike gevaar. Oordeel is aan`t kom, die lewe bly onseker, en genade is nou beskikbaar. Christus nooi elkeen uit om na Hom te kyk en te lewe, want “Die een wie in die Seun glo het die ewige lewe” (Johannes 3:36) HCSB. Om die uitnodiging te weier is om willens en wetens verderf te kies, en die enigste geneesmiddel te versmaai wat Yahuwah voorsien het.

Slotsom

Of dit nou geaddresseer was aan `n gelowige of ongelowige, is die boodskap onmiskenbaar duidelik: geestelike slaap is gevaarlik. Waaksaamheid vereer Christus, bewaar geestelike krag, beskerm die kerk, en berei die siel voor vir die ewigheid. Laat ons ons self eerlik ondersoek, bekeer van traagheid en onverskilligheid, en soek hernude ywer in gebed en gehoorsaamheid. Mag Yahuwah ons genade skenk om ons almal te ontwaak, dat ons getrou moet lewe, ernstig bedien, standvastig volhard, en gereed gevind word en verheug wees met Sy verskyning. “Laat ons dan nie slaap soos die ander nie.” — (1 Thessalonicense 5:6)

Waaksaamheid

Die gebed “Maak my lewend, O Yahuwah” het dikwels oor Dawid se lippe verskyn en bly `n tydlose pleitrede vir alle gelowiges. Dit is nie die bede van die onbekeerde nie, omdat dooie mense nie vir lewe bid nie, maar dit weerkaats die verlange van `n siel deur Yahuwah lewend gemaak en bewus van sy swakheid. Om lewe gegee te word beteken om lewend gemaak te word, lewend gehou te word, en vervuld met hernude sterkte. Dawid se ondervinding weerspieël ons eie: geestelike koudheid sluip in, die wêreld druk swaar op ons, en ons harte kry `n doodsheid. Dus, nes hy, moet ons voortdurend terugkeer na Yahuwah, die enigste bron van lewe, en bid, “Maak my lewend, O Yahuwah, na u woord.” (Psalm 119:25)

Redes waarom Ons Moet Bid, “Maak My Lewend”
Een uitstaande rede waarom ons goddelike lewe benodig is die verdowende invloed van die wêreld. Dawid erken, “My lewe is onder in die stof; maak my lewend deur U woord.” (Psalm 119:25) HCSB. Ons leef omring deur aardse sorge, verantwoordelikhede, en versoekinge wat aan ons kleef nes stof. Besigheidsdruk, familie bekommernisse, rykdom, of armoede kan alles ons harte van Yahuwah af wegtrek. Alhoewel gelowiges `n nuwe lewe van bo het, neig die ou natuur steeds na aardse dinge. Sonder goddelike ‘maak my lewend,’ raak gebed doods, meditasie moeilik, en hemelse-gedagtes raar.

aansig-van-jong-vrou-wat-bid

Nog `n rede is die voortdurende blootstelling aan nietigheid en sonde. Dawid se gebed was, “Wend my oë af dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in U wee.” (Psalm 119:37) HCSB. Die tonele en geluide van `n gevalle wêreld sal merke op die gewete los. Daagliks, kom ons te staan voor vloek taal, onrein invloede, en leë beloftes. Hierdie nietighede glinster en verlok, wat dreig om selfs opregte gelowiges te vang. Sonder hernude lewe van Yahuwah, verdof ons geestelike sig, en ons gevoelens drywe.

Ons het ook behoefte aan ‘maak my lewend’ weens teenstand en misleiding. Dawid weeklaag, “Hulle het my amper vernietig op die aarde; maar ek het U bevele nie verlaat nie.” (Psalm 119:87). Gelowiges word dikwels misverstaan, bespot, of onder druk geplaas om te kompromiteer. Om nederig soos `n duif te wees onder kraaie of getrou soos `n lammetjie onder wolwe vereis volop geestelike lewe. Net `n siel bemagtig deur Yahuwah kan verwerping verduur sonder bitterheid en vervolging sonder oorgawe.

Beproewing openbaar ons behoefte verder om my lewe te gee. “Ek is baie diep neergedruk; Yahuwah, maak my lewend, O Yahuwah, na u woord” (Psalm 119:107). Lyding, of dit nou deur siektes, armoede, of droefheid is, ly maklik na ontmoediging en geestelike verval. Pyn laat die denke afdwaal, en droefheid weeg swaar op die hart. In sulke seisoene, moet ons vir genade pleit wat ons lig bo ons omstandighede en beproewing transformeer tot middele van hernude lewe.

Motiewe Wat Ons Sou Dryf om te Bid, “Maak My Lewend”
Ons moet strewe om te bid vir lewe oor wie ons is: lewende kinders van Yahuwah. `n Lewende boom strewe om blare en vrugte te dra; netso, geestelike lewe verlang na groter uitdrukking. Indien daar geen honger vir geestelike lewe is nie, laat dit die vraag opkom of daar lewe teenswoordig is. Yahushua het gesê: “Ek het gekom dat hulle lewe mag hê, en dat hulle dit in oorvloed mag hê.”

Ons moet ook soek na ‘maak my lewend,’ oor wat ons moet wees. Skrifte vra, “hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie?” (2 Petrus 3:11). Die antwoord is duidelik: ons moet soos Christus wees. Sy lewe was voluit, doelgerig, en magtig. Deugde het van hom gevloei selfs aan hulle wie aan sy kleed geraak het. As sy verloste volk, moet ons nie swakkerig kruip nie, maar ywerig lewe, en ons wedloop hardloop en ons geestelike gevegte met heilige energie aanpak.

Nog `n motief lê in wat ons sal wees. “Geliefdes, nou is ons kinders van Yahuwah, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie” (1 Johannes 3:2). Ons toekoms is een van volmaakte heiligheid, aanbidding, en gemeenskap met Christus. Omdat ons vir sulke heerlikheid bestem is, moet ons geestelike lewe nou bewerkstellig. Hemelse hoop roep om te bid, “Maak my lewend,’ in die teenwoordige.

Laastens, gehoorsaamheid en vertroosting steun daarop om my lewe te gee. Dawid het gesê: “Maak my lewend na U goedertierenheid, dat ek die goedertierenheid van u mond kan onderhou” (Psalm 119:88). Doodsheid lei na ongehoorsaamheid, maar die lewende genade voed heiligheid. Netso, vloei vertroosting van lewe: “Dit is my troos en my ellende, dat u belofte my lewend maak” (Psalm 119:50). Waar lewe is, volg lig en tevredenheid.

vrou wat bid

Die Middele Waardeur Yahuwah Lewe aan Sy Volk Gee
Alle ware lewe kom van Yahuwah self. Lewe kan net bestaan uit die lewende Yahuwah. Dus, mag dit gesoek word deur gebed. Dawid het nooit elders gesoek nie; hy het altyd gesmeek “Maak my lewend, O my Yahuwah.” Yahuwah gee dikwels lewe deur Sy werk in Sy volk, deur hulle weg van nietighede te lei, deur afgode te verwyder, of deur aardse skatte smaakloos te maak sodat die hart na Hom gewend kan word.

Ook gee Yahuwah my lewe deur Sy Woord. “Dit is my troos in my ellende: U belofte het my lewend gemaak” (Psalm 119:50) HCSB. Beloftes hernu hoop, leerstellings versterk geloof, en selfs gebooie wek lewe op. Alhoewel Yahuwah se gebooie ons tekortkominge uitwys en pyn veroorsaak, is hierdie pyn dikwels `n teken van terugkerende lewe, nes verlamde vlees gevoelig raak wanneer sirkulasie herstel word.

Beproewing is nog `n algemene wyse dat YAH my lewe gee. Moeilike seisoene kan nuwe mag na ons geloof bring. Yahuwah gebruik beproewing om gebed te laat ontwaak, afhanklikheid te verdiep, en entoesiasme te hernu. Netso, blaas goddelike troos lewe magtig in die siel. Wanneer Yahuwah vreugde in `n swaarmoedige hart stort, word geestelike lewe hernu, wat koudheid laat wegsmelt en toewyding laat herlewe.

Die Pleitredes Wat Ons Mag Gebruik Wanneer Ons Vra, “Maak My Lewend”
Wanneer ons Yahuwah nader, mag ons ons behoeftes pleit. Dawid het sy toestand openlik erken: “My lewe is onder in die stof.” Eerlike belydenis is `n magtige vorm van pleit. Ons mag ook ons Yahuwah-gegewe verlangens bepleit: “Ek het `n begeerte tot U bevele! Maak my lewend deur U geregtigheid.” (Psalm 119:40) HCSB. Yahuwah wek nie heilige honger op sonder die intensie van bevrediging daarvan nie.

Ons kan ons beroep op Yahuwah se geregtigheid en getrouheid. “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe” (1 Johannes 1:9). Sy beloftes bind hom in geregtigheid en ondersteun die lewe wat hy gegee het. Ons mag ook sy goedertierenheid en sagmoedigheid vra, want hy verlustig hom om eerder lewe te gee as die dood. Bowenal kan ons ons beroep op Yahuwah se Woord. “Maak my lewend na u woord.” Skrifte is vol beloftes van lewe in Christus. Nes ons daarvoor vra, sal ons vol selfvertroue wees dat Yahuwah dit sal vervul. Hy wat lewe gee sal onderhou en uitbrei, tot verheerliking van sy naam.

jong christene

Bly, Moenie Voorgee Nie: Die Bewys van Kennis van Yahushua (1 Johannes 2)

Wat as gesê word “Ek ken Yahushua” nie genoeg is nie? Wat as daardie woorde net van ons tonge afrol terwyl ons lewens `n ander storie vertel? Dit is die spanning wat Johannes uitlig in 1 Johannes 2. In `n kultuur waar geloof uitgebeeld of saamgestel kan word, soek Johannes vir `n geloof wat werklik uitgeleef word. Sy boodskap is beide `n wekroep en `n uitnodiging—omdat ware geloof inwendig woon, en om in geloof te wandel, bring altyd vrugte voort.

Genade wat Konfronteer en Vertroos

Johannes praat soos `n vader: “My kinders” (1 Johannes 2:1). Skryf hy “dat julle nie moet sondig nie,” nogtans weier hy om ons te los in ons wanhoop wanneer ons val. “En as iemand gesondig het, ons het `n voorspraak by die Vader, Yahushua Christus die regverdige” (1 Johannes 2:1). Die Christen lewe is nie daarop gebou om voor te gee dat ons nie struikel nie; dit is gebou op hardloop na die Een wat vir ons staan.

Johannes voeg by, “Hy is `n versoening vir ons sondes” (1 Johannes 2:2). Aan die kruis, het Yahushua die regverdige vereistes van Yahuwah se geregtigheid bevredig en die weg na genade geopen. En die reikwydte van daardie genade is groter as wat ons ons kan verbeel: Yahushua is ons voorspraak “nie alleen vir ons s`n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld” (1 Johannes 2:2). Niemand is buite die uitnodiging van Christus nie.

Gehoorsaamheid Wat Bewys Dat Ons Bly

Johannes voorsien `n duidelike toets: “Hieraan weet ons dat ons Hom ken, as ons Sy gebooie bewaar” (1 Johannes 2:3). Gehoorsaamheid is nie `n leer wat ons klim om liefde te kry nie; dit is die bewys dat liefde wortel geskiet het. Yahushua het dit duidelik gesê: “As julle my liefhet, bewaar my gebooie” (Johannes 14:15). Liefde kom eerste, en gehoorsaamheid volg as die oorvloeisel.

Johannes se woorde sny diep want self-misleiding is gevaarlik: “Hy wat sê: Ek ken Hom – en sy gebooie nie bewaar nie is `n leuenaar” (1 Johannes 2:4). Hierdie lyn is nie gegee om opregte gelowiges te verbrysel wie sukkel met sonde nie; dit is bedoel om `n geloof te openbaar wat `n kostuum geword het instede van `n ware verbond. Terselfdertyd offer Johannes hoop: “Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van Yahuwah waarlik volmaak geword” (1 Johannes 2:5). Yahuwah se liefde groei in ons namate ons aan Hom oorgee.

Dan stel Johannes dit duidelik: “Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook te wandel soos Hy gewandel het” (1 Johannes 2:6). Om te wandel soos Yahushua wandel is om te wandel met nederigheid, reinheid, waarheid, en liefde—elke dag, nie net die Sabbat nie. Nogtans is dit onmoontlik deur wilskrag alleen. Yahushua deel die geheim: “Want sonder My kan julle niks doen nie” (Johannes 15:5). Om te bly is waar gehoorsaamheid moontlik raak want ons krag kom van Sy teenwoordigheid.

Liefde en Heiligheid in die Lig

Johannes weier om liefde van Yahuwah te skei van liefde vir andere. Yahushua het gesê: “Hieraan sal almal weet dat julle My dissipels is, as julle liefde onder mekaar het” (Johannes 13:35). Liefde is nie opsioneel nie; dit is die onmiskenbare teken van ware dissipelskap.

Dit is waar die Gees openbaar wat ons dikwels verskoon: Bitterheid, koudheid, skinder, wrok, en die stille weiering om te versoen. As jy in Christus se lig lewe, kan jy nie op haat drentel nie. Die lig roep ons om te vergewe, vrede te soek, en broeders en susters te behandel as mense vir wie Yahushua sy bloed gestort het. Liefde beteken nie dat ons sonde ontken nie; dit beteken ons weier dat sonde ons harte vorm in tronkselle van onvergewensgesindheid.

Verwerp die Wêreld en Bly in Waarheid

Johannes noem `n magtige mededinger teen blywende geloof: “Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie” (1 Johannes 2:15). Hy waarsku ons teen `n stelsel van begeertes wat met Yahuwah kompeteer— “die begeerlikhede van die vlees en die begeerlikhede van die oë en die grootsheid van die lewe” (1 Johannes 2:16). Die verlange van die vlees is drange wat bevrediging vereis. Die verlange van die oë is die eindelose honger vir meer. Trots van die lewe is die dors om gesien te word.

Selfs geestelike handelinge kan bederf word deur optrede; Yahushua het gewaarsku teen beoefening van regverdigheid “om deur ander gesien te word” (Matthéüs 6:1). Dit is waarom Johannes se evangelie na aan die huis tref. Ons kan leer om geestelik te klink terwyl ons ons siele verhonger. Ons mag applous soek, en dit “invloed” noem, terwyl die Heilige Gees ons terugroep na geheime gehoorsaamheid.

Johannes anker elke ding in die ewigheid: “En die wêreld gaan verby en al sy begeerlikhede, maar hy wat die wil van Yahuwah doen bly vir ewig” (1 Johannes 2:17). Wat jy verafgood, sal vergaan. Wat jy gehoorsaam sal staan. Johannes herinner ons ook dat misleiding aktief is: “Kinders, dit is die laaste uur…bestaan daar ook nou baie antichriste” (1 Johannes 2:18). Valse evangelies blyk soms vertroostend te wees, maar hulle trek ons weg van oorgawe.

Maar Yahuwah het nie Sy volk verlaat nie. “En julle het die salwing van die Heilige en weet alles” (1 Johannes 2:20). Die Gees van waarheid lei ons onderskeiding soos ons bly in wat ons van die begin gehoor het. Om in Skrifte en gebed te bly is nie ekstra krediet nie; dit is belangrik vir oorlewing.

Yahushua roep jou nie om jou beeld op te poets nie; Hy roep jou om jou lewe oor te gee.

Bly, Moenie Voorgee Nie: Die Bewys van Kennis van Yahushua (1 Johannes 2)

Johannes se sin vir dringendheid is omtrent voorbereidheid: “En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom af weggaan by Sy wederkoms nie” (1 Johannes 2:28). Yahushua is nie net Verlosser nie; Hy is`n terugkerende Koning. Een dag, sal elke masker afval, en sal ons staan voor die Een wie aanspraak maak om te weet.

Stop om vir `n geloof te leef wat lewend lyk maar onveranderd bly. As jy vrede met geheime sondes gemaak het, breek vandag daarvan los. As jy bitterheid beskerm het, laat dit vandag gaan. As jy applous nagejaag het, tree terug en soek na die Vader se glimlag. Yahushua doen nie `n oproep dat jy jou beeld oppoets nie; Hy roep na jou om jou lewe oor te gee.

Hardloop na jou Voorspraak. Kom na die lig. Maak jou Bybel oop en laat dit jou konfronteer, jou voed, en jou verander. Kom alleen na Yahuwah en bid totdat jou hart weer eerlik raak. En as die Gees jou nou opwek, moenie uitstel nie. Die wêreld is aan`t vergaan, en Christus kom.

Heer Yahushua, ons bekeer omdat ons u naam ken sonder om u weë te weergee. Vergewe ons ons handelinge. Herstel ons eintlike liefde. Leer ons om so diep te bly dat gehoorsaamheid ons vreugde en liefde ons getuienis word. Hou ons getrou totdat ons u van aangesig tot aangesig sien. Amen.

Hierdie is `n nie – WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Die eerste hoofstuk van Job doen verslag oor hoe Job, een oggend ontwaak het as die rykste man in die Ooste, en tot armoede gebring was teen sononder. In die môre het hy 1,000 stuks vee gehad en 500 muil esellinne; teen die aand, niks. In die oggend, het hy 7,000 skaap en 3,000 kamele besit; teen die aand, was alles gedood of gesteel. In die oggend het hy sewe seuns en drie dogters gehad; teen die aand, was hy kinderloos. In die oggend, het hy baie knegte gehad; teen die aand, net vier – almal van hulle wie vreeslike nuus na hom gebring het aangaande die vernietiging van sy groot boedel.

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Verbeel jou om in Job se posisie te wees, geliefde een. Hoe sal jy optree? Wat as `n vloed, `n vuur, `n tornado, of enige ander verwoestende mag deur Yahuwah gestuur, jou in armoede en kinderloos laat teen die tyd dat jy vandag vanuit die kerk, terugkeer huis-toe?

Hierdie hoofstuk bespreek Job se onmiddelike respons tot sy einste beproewing. Eerstens, het hy met droefheid gereageer. Ons lees in vers 20: “Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval.” Hierdie optrede was `n sigbare uitdrukking van hartseer. Neem notisie dat dit nie verkeerd was om te rou wanneer Yahuwah beproewinge in ons lewens stuur nie. Daar is `n tyd vir alles – ook `n tyd om te ween! Wanneer beproewing kom, het ons nie nodig om te dink dat ons nie kan huil nie, óf dat ons mag sterk wees vir die onthalwe van diegene rondom ons nie. Job het rou bedryf, en so mag ons. In ons weemoed, mag ons ween! Maar ons moet Yahuwah nie in dwaasheid blameer nie!

Tweedens, Job het reageer in sy beproewing deur Yahuwah te aanbid. Ons lees in vers 20 dat, deur sy mantel te skeur en sy hoof te skeer, “in aanbidding op die grond neergeval.” Hierdie sinsnedes weergee sy postuur en houding in aanbidding. Hy het met sy aangesig na die grond gelê, `n posisie wat die nederigheid van `n mens wys wie sy hulpeloosheid besef en alleenlik steun op Yahuwah.

Tweedens, bely Job, soos ons in vers 21 lees: “Naak het ek uit my moeder skoot gekom en naak sal ek daarheen terugkeer, Yahuwah het gegee en Yahuwah het geneem: die Naam van Yahuwah sy geloofd!” Deur hierdie woorde, het Job aangedui dat hy sy lyding gedienstig dra. Veral uit hierdie belydenis van Job, moet ons `n les leer. Laat ons dit verder bestudeer om dit ons eie te maak in ons eie tye van beproewing.

BELY YAHUWAH SE SOEWEREINE MAG

Die kern van Job se belydenis is dit: “Yahuwah het gegee, en Yahuwah het geneem.” Job het erken dat wat hom oorgekom het die werk van Yahuwah is, wat die soewereine mag van Yahuwah vertoon.

Op hierdie respons mag ons sê, “Nee, Job, jy is verkeerd; dit is nie soveel die werk van Yahuwah as die werk van Satan nie.”

Eintlik, ondersoek die hoofstuk Satan se rol in Job se beproewing. Ons leer dat die seuns van Yahuwah, verwysend na die engele, voor Yahuwah in die hemel verskyn het. Hulle het byeengekom om Yahuwah te aanbid en opdragte van Hom te ontvang, wat hulle toe moes uitvoer. Maar, saam met die goeie engele, het Satan ook in die hemel verskyn. Voor die dood van Christus, was Satan toegelaat om die teenwoordigheid van Yahuwah se heerlikheid in te gaan.

Yahuwah het Satan opgemerk en hom aangespreek. Wetend dat Satan se doel was om Yahuwah se koninkryk te verwoes, Yahuwah se ganse werke om ver te werp, en homself as die ware mag van die heelal te vestig, het Yahuwah Satan gevra, “Het jy ag gegee op My kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: `n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.” (Vers 8). Dit was asof Yahuwah Satan gevra het, “Indien jy werklik glo om My koninkryk te kan omverwerp, Satan, het jy opgelet dat Job `n getroue kind en burger is?”

In respons, erken Satan sy onmagtigheid om Job weg te keer van Yahuwah. Omdat Yahuwah aan Job soveel groot rykdom gegee het, het Satan geredeneer dat Job getrou sal bly. Inderdaad het hy die motief agter Job se liefde en gehoorsaamheid bevraagteken, dat Job enigeen wie hom voorspoedig en tevrede sou maak, sal dien.

Yahuwah het dit as `n uitdaging gesien. Indien Job Yahuwah dien nie in die mag wat Yahuwah hom gegee het as `n herbore seun nie maar net omdat Yahuwah hom ryk en gelukkig gemaak het, dan was Job nie net inderdaad `n getroue kind en inwoner na alles nie. Daarom, sou Yahuwah aan Satan demonstreer dat sy (Satan) se argument verkeerd was. Sedert Satan geargumenteer het dat Job Yahuwah dien omdat Yahuwah aan Job rykdomme gegee het, het Yahuwah Satan toegelaat om Job se hele besittings van hom weg te neem.

In `n mate, dan, was Job se beproewing die werk van Satan. Dit was Satan se idee dat Job beproef moes word soos hy was. Dit was ook Satan se werk omdat hy die mag gegee was om dit te kan doen – hoewel onderwerp aan die mag en wil van Yahuwah. So mag ons aan Job sê, jy is verkeerd! Jy is verkeerd om te sê dat Yahuwah gegee het, en Yahuwah het geneem! En ons mag sê, wanneer beproewinge ons oorval: Yahuwah het dit nie gestuur nie!

Maar ons sou verkeerd wees. Job is reg. Job erken dat Yahuwah die hoof oorsaak van alles is wat gebeur. Hy het nie nodig om die hoekoms en die waaroms van sy lyding te verstaan, om hierdie toepassings te maak nie. Hy het nie nodig gehad om bewus te wees van die gesprekke tussen Yahuwah in die hemel nie. Hy het nie nodig gehad om te verstaan dat Yahuwah die enigste soewerein is wie alles wat Hy beslis het, volbring soos in Sy raadsbesluit! Want niks kom na ons behalwe wat Yahuwah besluit en stuur nie, beide Job en ons kan die soewereine mag van Yahuwah bevestig: “Yahuwah het gegee, en Yahuwah het geneem.”

Dalk kom die eerste deel van Job se belydenis maklik na ons toe: “Yahuwah het gegee.” Soms kyk ons hierdie feit mis: alle dinge kom van Yahuwah, maar ons klop ons self op die skouer met die mag om rykdom te versamel, ons huise te bou, en ons kinders op te voed. Maar, Yahuwah herinner ons dikwels dat ons ganse liggaamlike en geestelike arbeid word bereik deur Yahuwah se mag. Ons kinders is gawes van Yahuwah, en ons bronne is seëninge van Hom. Alhoewel ons besittings bekom deur harde werk, is die krag om so te maak en die seëninge op ons pogings afkomstig van Yahuwah. Yahuwah voorsien alle dinge.

Die teks leer ons nou dat dit wat goed is om te gee, is ook, en altyd waar, goed om geneem te word. “Yahuwah het geneem.” Yahuwah gee aan Sy volk volgens Sy doel en raadsbesluit,`n demonstrasie van Sy soewereine mag en liefde. Wanneer Hy ons geliefdes of ons besittings wegneem, wat ook in lyn is met Sy doel en raadsbesluite; demonstreer dit ook Sy soewereine mag en manifesteer dit Sy liefde vir Sy volk in Christus.

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Geliefde, moet nooit sê, dat Yahuwah gegee en Satan geneem het nie! Yahuwah het dit my bestem om my besittings en geliefdes te behou, maar `n mag groter as Yahuwah het hulle geneem! Instede daarvan, bely die soewereine mag van Yahuwah! Hy alleen is God! Hy kan doen soos Hy behaag! En Hy sal optree in alle dinge om Sy naam te verheerlik!

Maar waarom neem Hy dit? Waarom neem Hy wat so kosbaar is vir ons? Hy maak so in Sy liefde!

VERTROUE IN YAHUWAH SE GETROUE LIEFDE

Job het geglo in Yahuwah se getroue liefde. Hy het verstaan dat die beproewinge wat Yahuwah gestuur het in liefde gedoen was.

Satan het tydens hierdie beproewinge Job laat glo dat Yahuwah hom haat. Hy het dit eerste gedoen deur hierdie beproewinge op hom te stuur op die eerste dag van die week. Ons lei af dat dit die eerste dag van die week was omdat ons vertel is dat Job se kinders fees gevier het in die huis van die oudste broer en dat elke broer hierdie fees aangebied het tydens die begin van die nuwe week. Die fees het `n weeklikse siklus gevolg, en hierdie siklus was nuut begin. Nou, teen die einde van elke siklus, word ons meegedeel dat Job vir al sy kinders geoffer het. Of in die nag te vore van hierdie dag waarin Job sy rampe deurgemaak het, het hy vuuroffers en soenoffers gebring, deelgeneem aan die gawe van genade, en met hernude versekering van Yahuwah se liefde en goedertierenheid, vir hom en sy kinders, weggegaan. Satan het hierdie tydsberekening van gebeure gebruik in `n poging om Job te laat bevraagteken aangaande Yahuwah se liefde. Nes asof ek en jy die mees vertroostende preek geluister het, aan Yahuwah se tafel geëet het, en opnuut die vergifnis van ons sondes besef het, net om huiswaarts te keer en uit te vind dat groot onheil ons getref het – met Satan wat wou hê ons moet vra, watter soort liefde is dit dié?

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

In die tweede plek, neem notisie dat terwyl die kamele, osse, en donkies gesteel was, was die skape vernietig in `n ander manier – deur vuur van Yahuwah uit die hemel afkomstig en hulle verteer het. Hierdie skape was die diere wat Job hoofsaaklik gebruik het vir offer doeleindes aan Yahuwah. Dus het Yahuwah hulle vernietig deur `n handeling van oordeel! Onthou, wanneer vuur vanuit die hemel kom in die Skrifte, dui dit op die oordeel van Yahuwah. Onthou die vuur en swawel van Yahuwah wat oor Sodom en Gommora gereën het. Verstaan tog dat Yahuwah vuur uit die hemel sal stuur op die oordeelsdag om hierdie wêreld en al sy booshede tot niet te maak. Nou wil Satan hê dat Job moes vra “Hoekom het Yahuwah my veroordeel deur my skape te verbrand? Haat Hy my offerandes?”

In die derde plek, is almal Job se kinders tot niet gemaak. Job het ook van die verbond geweet. Alhoewel Job dit nie so duidelik soos ons mag verstaan het nie, het hy besef dat Yahuwah se verbond regdeur die generasies strek. Teen hierdie tyd, moes Job gedink het, “Yahuwah het geen verbond met my nie. Hy het dit sommerso vernietig.” In soortgelyke wyses, rig Satan ons aandag na die rampe wat Yahuwah in ons lewens stuur en probeer ons laat dink dat Yahuwah ons haat.

Tot op `n seker mate, laat Job ons verstaan van die getroue liefde van Yahuwah. Deur die naam Yahuwah te gebruik, dui Job aan dat sy beproewinge oorspronklik van sy persoonlike God, die enigste God is. Hierdie beproewinge het nie hul oorsprong van die god van die Chaldeërs of die afgode van die Sabeërs nie; dit het van Yahuwah gekom, die God wie lief was vir Job! Verder, deur die naam van Yahuwah aan te roep, het Job gedemonstreer dat hy Yahuwah se standvastige liefde herken het. In hierdie konteks, verskil die werk van Yahuwah in die beproewinge gestuur grootliks met Satan se rol daarin. Dit is belangrik om te onthou dat versoekings en beproewinge basies dieselfde is, wat uit dieselfde omstandighede opkom. Maar, Satan bewerk hierdie omstandighede as versoekinge om Yahuwah se genade in ons te ondermyn en haat in ons te bewerkstellig. Daarenteen gebruik Yahuwah dieselfde omstandighede as beproewinge om ons geloof en goddelikheid te versterk met oorsprong in Sy liefde vir ons.

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo imageDie beproewinge wat Yahuwah aan Sy volk stuur, vloei altyd uit Sy liefde. Hy het geen ander motief deur beproewinge na ons te stuur nie. Deur hierdie beproewinge, berei Hy ons voor vir `n plek in sy heerlikheid! Beproewinge en lyding, kom slegs oor Yahuwah se kinders – hulle is `n genade gawe vir sondaars soos ons, wat die dood van Christus aan die kruis vereis het om dit vir ons te verdien.

So ook is Job se perspektief. Daar is nie eens `n beduidenis in die teks dat Job die moontlikheid oordink het dat Yahuwah hom nou mag haat nie, of dat Yahuwah van hom weggedraai het, of dat Yahuwah se liefde in die verlede net geveinsd was nie. As Job inderwaarheid selfs geglo het dat Yahuwah hom haat, sou hy Yahuwah valslik beskuldig het! Maar hy het dit nie gedoen nie. Deur te sê, “Yahuwah het gegee, en Yahuwah het geneem,” Bedoel Job om te sê, “Yahuwah het dit in Sy liefde gedoen. Hy het my lief!”

Ons belydenis moet dieselfde wees in ons beproewinge. Yahuwah is onveranderlik. Hy het alreeds Sy liefde vir Sy kerk gewys deur Christus te stuur om aan die kruis vir ons te sterf. Yahuwah sal nooit die kerk haat nie! Hy het ook Sy liefde vir elkeen van Sy kinders getoon deur die voordele van verlossing in ons harte te bewerkstellig deur die Gees van Christus. Yahuwah sal ons nooit haat nie! Alles wat Hy stuur is gedoen in liefde. Hy stuur selfs gruwelike beproewinge in liefde. In liefde, korrigeer Hy ons, tug, verfyn, en reinig ons, nes goud deur vuur gelouter word. Maar altyd, in liefde.

Sal jy dit glo? Sal jy dit bely indien jy tuiskom van die kerk vanaand om te vind dat jou besittings gesteel is en jou geliefdes dood? Deur die mag van Christus en met die ware kennis van Yahuwah, kan ons! En deur so te doen, kan ons ook glo in Yahuwah se groot wysheid.

GELOOF IN YAHUWAH SE GROOT WYSHEID

Yahuwah se wysheid is Sy mag om alles wat gebeur te beheer sodat Hy Sy doel kan bereik. Sy doel, soos ons weet, is die heerlikheid van Sy naam in die verlossing van Sy kerk. Wanneer Yahuwah beproewinge in ons lewens stuur, is een van twee dinge waar: of Yahuwah het totaal en al vergeet van Sy doel, deur dit in gevaar te stel, OF alles wat met ons in die lewe gebeur, insluitende ons beproewinge, dien daardie doel. Watter een dink jy is dit, geliefdes? Sal Yahuwah ooit Sy eie doelwit in gevaarstel? Nie ons God nie; Hy is `n wyse God.

Ons teks dui in twee wyses aan dat Job in Yahuwah geglo het as `n wyse God. Eerstens, lees ons, “By dit alles het Job nie gesondig en aan Yahuwah niks ongerymds toegeskrywe nie.” Letterlik, “nie Yahuwah met dwaasheid toegeskrywe nie.” Dit beteken dat Job nie gesê het, “Hy is `n dwaas.” Hy het nie dwaasheid aan Yahuwah toegedig nie. Omdat die Gees ons aandag vestig in die teks wat Job NIE gedoen het NIE, dink ons onmiddelik aan wat hy GEDOEN het – hy het die wysheid van Yahuwah erken.

Tweedens, om te wys dat Job in Yahuwah se wysheid geglo het, lees ons: “Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. “Hier, beteken “daarheen” “weer terug na daardie plek.” Natuurlik, impliseer Job nie dat hy wil terugkeer na sy moeder skoot; eerder, bedoel hy terugkeer na die stof van die aarde. Job het in gedagte gehad die woorde wat Yahuwah aan Adam gespreek het: “Stof is jy en tot stof sal jy terugkeer.”

Deur hierdie woorde – “Naak kom ek uit my moeder skoot, en naak sal ek daarheen terug keer” – Job het sy gevoelens van onwaardigheid aangaande die besittings wat hy voorheen gehad het oorgedra. Hy het die wêreld met niks ingekom nie en kon niks van Yahuwah bekom nie. Almal Job se kinders en rykdom hoort aan Yahuwah. Nou het Yahuwah hulle weggeneem in Sy soewereine beheer.

Maar met hierdie woorde, erken Job ook Yahuwah se wysheid. “Naak het ek gekom,” sê hy. Hy het naak gekom om Yahuwah te dien, nie homself nie! Omdat hy gekom het om Yahuwah te dien, het hy nie nodig om met besittings gebore te word nie. Yahuwah het Job daagliks voorsien met besittings nodig vir sy diens. En met sy dood, sou hy nie besittings nodig hê nie. Dus, het Job besef dat Yahuwah se verwydering van sy besittings `n voorbereiding is vir die dag van sy dood. Ons moet nie noodwendig tot die slotsom kom dat Job geglo het sy sterfdag naby was nie. Hy het bewus gebly van daardie dag en Yahuwah se neem van sy besittings beskou in die lig daarvan.

Erken ons Yahuwah se wysheid in ons beproewinge? Hoe maklik is dit om Yahuwah te beskuldig van dwaasheid? Ons sê: “Hoe kon Yahuwah dit doen? Al my planne verniet. Ek verstaan nie hoe Hy kan verwag ek Hom nou moet dien nie.” Of ons houding impliseer dat Yahuwah ons nie goed behandel het nie. Maar, Job leer ons om die wysheid van Yahuwah te erken. Alles wat met ons gebeur vind plaas met die doel van ons dood, ons eintlike verheerliking, en Yahuwah se glorie!

Kan jy die wysheid van Yahuwah erken? Begryp jy die openbaring van Sy wysheid om Sy volk te verlos deur Christus? Dan, sal jy ook erken dat alles wat met ons gebeur in liefde die wysheid van Yahuwah illustreer.

Wanneer jy te staan kom voor beproewings, as ons Yahuwah se mag, liefde, en wysheid bely, sal ons voorbereid wees om te verkondig wat Job volgende geuiter het: “die naam van Yahuwah sy geloofd!”

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

VERLANGE DAT YAHUWAH SE NAAM GELOOF WORD

Yahuwah verheerlik altyd Sy naam deur menslike wesens te maak dat hulle Hom liefhet, verhoog, en dien. Job se verlange, soos aangedui in die teks, was daarvoor om Job en die vier knegte wat voor hom gestaan het – wie sulke groot rampe gesien en beleef het – te bemagtig om niks meer te sê as: “die naam van Yahuwah sy geloofd!” is goed in alle werke en weë!

Geliefdes, laat elke man, vrou, en kind wat hoor van hierdie rampe vandag sê, “die naam van Yahuwah sy geloofd!” Koester hierdie God! Val op jou knieë op die grond en aanbid Hom! En wanneer soortgelyke rampe jou tref, sing van Sy grootheid! Vertel andere wie kom om jou te vertroos, “Ek sal nie Sy motiewe en Sy weë bevraagteken nie; ek sal eenvoudig maar net alle heerlikheid aan Hom toedig.”

Deur hierdie volle belydenis te maak, veral in sy verlange dat Yahuwah se naam geloof word, het Job die volhoudende genade wat Yahuwah voortdurend offer aan Sy volk, gedemonstreer. Hier sien ons dat Yahuwah met beslistheid Satan se planne gedwarsboom het. Satan het gesê, “waarlik, hy sal U in u aangesig vloek. (vers 11oorspronklik vloek– nie seën soos in Ou Vertaling nie) Hy het die detail van Job se beproewing gedirigeer om Job te kry om Yahuwah se mag, liefde, en wysheid, te bevraagteken, en uiteindelik te lei om Yahuwah te vervloek. Maar, vér daarvan om Yahuwah te vervloek, het Job uitgeroep, “Geloofd sy die naam van Yahuwah!”

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Hierin is die troos vir ons beproewinge. Wonder jy vooraf, hoe jy ooit Yahuwah se naam tydens `n toekomstige beproewing sal verheerlik? Vertrou op Yahuwah – Sy genade sal ons bemagtig om so te doen! Of het jy Yahuwah se naam verheerlik in beproewinge in die verlede? Sy genade was vergroot. Om daardie genade te beleef, moet ons Sy soewereine mag, getroue geloof, en groot wysheid erken. Deur Sy mag, liefde, en wysheid, bewaar en bemagtig Hy ons om Sy naam te verheerlik! In tye van beproewing, mag Yahuwah se kinders Hom soms beskuldig van dwaasheid. Dan, openbaar Hy Sy mag, wysheid, en liefde deur Sy kinders te lei na bekering en opregte berou vir die sondes, deur ons te wys dat wat Hy gedoen het tot ons eie voordeel was.

Want Yahuwah sal seëvier! In die stryd tussen Yahuwah en Satan, sal Yahuwah voortdurend oorwinning behaal! Ons mag oorwinning in ons beproewinge ondervind en demonstreer deur Yahuwah se naam te verheerlik! Wanneer ons Yahuwah se liefde vir ons in Christus erken en vir genade bid om Yahuwah se naam te verheerlik in ons beproewinge, sal Hy ons bemagtig om soos Job te sê, “Geloofd sy die naam van Yahuwah.” Amen.

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image


Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Doug Kuiper.

Ons het al die paganistiese name van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span

Ons het, die Name van die Vader en Seun, in die Skrifte aangehaal, op die WLC webtuiste, herstel soos hulle oorspronklik geskryf was deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel. Kliek hier om die Restored Names Version (RNV) van die Skrifte af te laai. Die RNV is `n nie-WLC bron. – WLC Span

Hoe Om Antwoorde Op Gebed Te Ontvang

“en My volk oor wie my Naam uitgeroep is, hulle sal verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek.” 2 Kronieke 7:14, 15.

Een van die verstommendste feite van die geestelike lewe, is dat Yahushua ons gebede hoor en beantwoord. Die Bybel is vol van die getuienis van diegene wiese gebede duidelik beantwoord is, en elke opregte kind van Yahuwah kan sy eie persoonlike ondervinding byvoeg.

Gebed bring mens in voeling met Yahuwah. Dit vorm die band tussen menslike swakheid en Yahuwah se almag. Krag uit swakheid ontvang het. Sien Hebreërs 11:34.

Die Voorreg van Gebed

1. Wat is gebed?

Wanneer ons bid, sê, Onse Vader wat in die hemele is. Lukas 11:2. Want ons het nie `n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word. Hebreërs 4:15-16

En omdat Yahushua `n vriend van sondaars is, nooi Hy die sondigstes uit om na Yahuwah te kom deur Hom.

Antwoord:

A. Die geroep van `n siel in nood.

Gebed is die uitroep van `n siel in nood, maar dit is veel meer as dit.

Wees my genadig, Yahuwah, want ek is benoud, van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam. Psalm 31:10.

Elohim is vir ons `n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. Psalm 46:1.

B. Die opening van die hart aan Yahuwah.

Ware gebed is die oopmaak van die hart aan Yahuwah soos aan `n vriend. Dit is nie net om dinge te vra nie. Dit is nie net slegs gepraat van die kant van die mens of van Yahuwah se kant nie. Dit is iets van albei, en meer. Dit mag gemeenskap wees in absolute stilte by tye net `n heilige gewaarwording van Sy heilige, teenwoordigheid.

Wees stil en weet dat Ek Elohim is. (Psalm 46:10).

Yahuwah versoek dat ons Hom Vader noem; daarom mag ons vryelik na Hom kom met al ons probleme en ons vreugdes.

2. Wat gebed nie is nie?

Antwoord: Gebed is nie `n handeling van meriete wat Yahuwah se guns verdien nie. Maar Yahushua het gesê: en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. Matthéüs 5:45.

Indien gebed ons enigiets gee wat ons wil hê, sou ons waarskynlik nie so baie vir heiligheid bid as vir tydelike voordeel wat nie gebruik sou word vir ons eie voordeel of tot die verheerliking van Yahuwah nie.

Gebed is nie pronkery en vertoon nie (Matthéüs 6:1-8). Gebed is gemeenskap met Yahuwah, en mag plaasvind wanneer en waar ookal die siel van die mens opreg uitreik na sy Skepper.

3. Waarom bid ons?

Vier vrae sal help om die antwoord te kry:

A. Is dit om Yahuwah inligting te gee?

Yahuwah, U deurgrond en ken my. U ken my sit en my opstaan; U verstaan van vér my gedagte. U deurvors my gaan en my lê, en U is met my weë goed bekend. Want daar is nog geen woord op my tong nie – of U ken dit geheel en al. Psalm 139:1-4.

Jou Vader weet watter dinge jy behoefte aan het, voordat jy Hom vra (Matthéüs 6:8). Wees waaksaam en eerbiedig wanneer jy met Yahuwah praat, en jou gebede sal verhoor word.

B. Is dit om Yahuwah gewillig te maak?

As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid? Lukas 11:13.

Gebed is om Yahuwah se gewilligheid beet te neem: Gebed maak Hom nie gewillig nie, want Hy is altyd gewillig om ons te help.

C. Is dit om Yahuwah te verander?

Ek is Yahuwah, Ek verander nie. Maléagi 3:6.

By wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie. (Jakobus 1:17). Yahuwah se beloftes is op voorwaarde; daarom verskil antwoorde. Maar Yahuwah verander nooit nie (Hebreërs 13:8). Kom nou, en laat ons die saak uitmaak (Jesaja 1:18).

D. Is dit om ons te verander?

Gebed is die grootste ongebruikte mag in die heelal om te verander wat die meeste nodig het om veranderde-mense te wees. Ons bid sodat ons bemagtig word om Hom te ontvang. Gebed bring nie Yahuwah af na ons nie, maar bring ons op na Hom. Lees Paulus se ondervinding in Handelinge 9:10-18.

asiatiese-man-in-gebed

Yahuwah se gewilligheid om te antwoord

4. Hoe het Yahushua die gewilligheid van ons Hemelse Vader geillustreer om ons te gee wat ons nodig het wanneer ons vra?

As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid? Lukas 11:13.

Antwoord: Geen mens met `n vader hart sal van sy seun wegdraai wie honger het en vra vir brood nie. Sal hy belowe om hom goeie en voedsame kos te gee, en hom dan `n steen gee?

Mag van Gebed

5. Hoe het Yahushua die onbeperkte mag wat elke gelowige dissipel kan ontvang, in hul antwoord op gebed, geïllustreer?

“Voorwaar, Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie, maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see – sal dit gebeur. En alles wat julle in die gebed vra sal julle ontvang as julle glo.” Matthéüs 21: 21, 22.

6. Wat is ons deel om ons gebede verhoor te kry?

Antwoord: Lees die verhaal van die Fariseër en die tollenaar in die Tempel (Lukas 18:10-14). Gaan nou en neem sorgvuldig kennis van hierdie ag punte:

A. Erken jou behoefte aan Yahuwah.

Want Ek sal water giet op die dorsland. Jesaja 44:3

Salig is die wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word. Matthéüs 5:6.

B. Herken Yahuwah as jou onvervangbare helper.

Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. Johannes 15:5

Sien ook: Jakobus 1:17, Jesaja 50:10-11

C. Bid in Geloof

En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van Yahuwah bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel. Jakobus 1:5-6

Vra in geloof (Hebreërs 11:6).

D. Bely en laat staan al jou sondes.

Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind. Spreuke 28:13.

As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou Yahuwah nie gehoor het nie. Psalm 66:18 (Sien Spreuke 28:9)

Bely en laat staan. Ons moet nie wag vir gevoel nie. Ons moet optree. (1 Samuël 12:19)

Sonde is wetteloosheid (1 Johannes 3:4). Ons moet sonde laat staan, (wat wetteloosheid is. Gehoorsaamheid moet die reël van ons lewens wees. Dit is die vrug van ware geloof. Geloof sonder werke is dood (Jakobus 2:20).

E. Bid volgens Yahuwah se wil.

En Hy het `n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan, nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil. Matthéüs 26:39. Sien (vers 42).

Want ons weet nie reg wat ons moet bid nie. (Romeine 8:26).

Die antwoord is soms Nee, of Nie nou nie; uitstel. Vertrou Yahuwah. Hy weet beter.

F. Volhard met Yahuwah

Lees Lukas 18:1-8 – die verhaal van die opdringerige weduwee.

Volhard in gebed. Behou `n gebedvolle houding. Dit beteken geloof en erns, soos in die geval van Elia se gebed vir reën en deur sy dienskneg sewe keer na die heuwel te stuur om te kyk vir die teken van reën.

G. Bid in die naam van Yahushua

En wat julle ookal in my naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. Johannes 14:13.

Om te bid in die naam van Yahushua is om te bid in die denke en gees van Yahushua terwyl ons Sy beloftes glo, steun op Sy genade, en Sy werke doen.

H. Luister sowel as praat.

Sien Hábakuk 2:1

Die gebedskamer is nie soseer die oratoriumkamer as die observatoriumkamer nie. Deur op Yahuwah te wag om in gebed met ons te praat voorsien soms die enigste antwoord wat ons nodig het vir ons versoeke.

afro-amerikaanse-man-in-gebed

Toestande vir Antwoorde

7. Waarom is sommige gebede onbeantwoord?

Antwoord: Vir ons om ons gebede beantwoord te kry, moet ons alle hindernisse verwyder wat die gebedskanaal blokkeer. Dink aan hierdie vier dinge:

A. Ons moet andere vergewe.

Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle hemelse Vader julle ook nie vergewe nie. Matthéüs 6:14-15 (Sien ook Matthéüs 18:21-35)

B. Ons moet vir ander bid.

En Yahuwah het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het. Job 42:10 (Sien Matthéüs 5:44)

`n Mens wiese gebed altyd is, O Here seën my, kan nooit soos Yahuwah in karakter word nie. Ons moet nie net die inwendige sien nie, maar die uitkyk. John Knox het gebid, “[Yahuwah], gee my Skotland, of ek sterf.” Hy het vir sy vyande gebid.

Indien ons nie bid vir diegene wie ons sleg behandel nie, sal ons hulle sekerlik verag. Opregte gebed vir hulle is belangrik vir ons eie onthalwe.

C. Ons moet ons foute een teenoor die ander bely.

Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Jakobus 5:16. (Sien Matthéüs 5:23-24.)

Ons moet ons foute teenoor andere erken wie ons benadeel het. Dit is eenvoudige fatsoenlikheid. As jy iemand se been breek, doen jou beste om dit te herstel. As jy sy hart breek, is jy die enigste persoon wat dit kan help genees. Doen dit nou met vriendelikheid en opregtheid.

diverse-gebed

D. Ons moet alles teruggee beroof deur bedrog of rowery.

Gee die goddelose die pand terug, vergoed hy wat geroof is, wandel hy in die insettinge van die lewe, sodat hy geen onreg doen nie – dan sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie. Eségiël 33:15 (Sien die voorbeeld van Saggéüs in Lukas 19:1-9).

8. Op watter wyse stel Jakobus dit dat Yahuwah die gebed van geloof sal beantwoord?

“Want as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van Yahuwah bid, wat aan almal gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos die golf van die see wat deur die wind gedryf en voortgesweep word. Jakobus 1:5, 6.

9. Met watter mag het Jakob geworstel by die Spruit Jabbok?

Sien Genesis 32:24-28.

Antwoord: Met mag van geloof. Deurdringende gebed.

10. Wat volgens Johannes soos hy sê is nodig indien ons die krag van oorheersende gebed gaan ervaar?

“En wat ons ookal bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.” “En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil. En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ookal vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.” 1 Johannes 3:22; 5:14,15.

vrou-wat-bid

Lof in Gebed

11. Wat volgens Paulus sal altyd verbind word met ware gebed?

“Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smekinge met danksegging bekend word by Yahuwah.” Filippense 4:6.

12. Toe Paulus en Silas dankliedere met gebed meng, wat het gebeur?

Sien Handelinge 16:25, 26.

In die gevangenis in Fillippi, onderwyl hulle wrede gesel houe ontvang het, met hul voete in die boeie, het Paulus en Silas gebid en lofliedere gesing aan Yahuwah; en was engele uit die hemel gestuur om hulle te verlos. Die aarde het geskud onder die hemelse boodskappers, en die tronk deure het oopgeswaai, die prisoniers bevry.

Privaat en Openbaar

13. Watter raad het Yahushua aan sy dissipels aangaande hul persoonlike gebedslewe gegee?

“Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is, en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.” Matthéüs 6:6.

NOTA: Kry `n plek vir geheime gebed. Yahushua het uitgesoekte plekke vir gemeenskap met Yahuwah, en so moet ons doen.

14. Watter ander soort gebed keer Yahuwah goed met die belofte van Sy teenwoordigheid?

“Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is. Matthéüs 18:19, 20.

NOTA: Ons moet nie bymekaar kom om stil te wees nie. Al die tyd moet deurgebring word deur kort, reguit getuienisse en gebede. Vra, glo, en ontvang.

Postuur in Gebed

hoe-om-antwoord-op-gebed-te-kry

15. Watter voorbeeld het Daniël en Paulus vir ons nagelaat aangaande die fisiese houding van gebed?

“En net toe Daniël verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bo-kamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal op `n dag op sy knieë geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy Eloah, net soos hy te vore gedoen het.” “En ná hierdie woorde het hy neergekniel en met hulle almal saam gebid.” Daniël 6:10; Handelinge 20:36.

Neem asseblief tyd om die volgende te lees: [Lukas 22:41; Handelinge 9:40; 7:59, 60; 21:5; Esra 9:5, 6; 2 Kronieke. 6:1-13; Efesiërs 3:14.]

NOTA: In beide openbare en privaat aanbidding is dit ons plig om neer te kniel voor Yahuwah wanneer ons versoeke aan Hom rig. Hierdie optrede wys ons afhanklikheid aan Hom.

16. Op watter manier het Yahuwah verklaar dat Hy wil hê dat ons Hom in gebed sal nader tydens openbare aanbidding?

Kom laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor Yahuwah wat ons gemaak het. Psalm 95:6.

NOTA: Die gebed deur Salomo tydens die inwyding van die tempel, was nie gemaak terwyl hy op sy voete gestaan het nie. Die koning het in die nederige posisie van `n versoeker gekniel.

Laat die mens op gebuigde knieë kom, as ‘n onderdaan van genade, ‘n smeker aan die voetbank van barmhartigheid. So moet hy getuig dat die hele siel, liggaam en gees aan sy Skepper onderworpe is.”

17. Waarom word ons veral nou vermaan om te bid?

“En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons alreeds is om uit die slaap wakker te word, want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het. Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van duisternis aflê en die wapens van die lig omgord.” Romeine 13:11,12.

Antwoord: Het Petrus gesê: En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid. 1 Petrus 4:7.

Indien ons gereed wil wees om Yahushua tegemoet te gaan deur die dood of met sy wederkoms, moet ons die daaglikse gebeds gewoonte kry, en altyd bid. Oggend, middag en saans moet ons ons siele ophef na Yahuwah. Yahushua het gesê: Maar pasop vir julleself dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van van die lewe nie, en die dag julle nie skielik oorval nie. . Waak dan en bid altyd deur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvang en voor die Seun van mens te staan. Lukas 21:34, 36.

Want alles wat uit Yahuwah gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.” (1 Johannes 5:4 Herstelde Name Skrifte)

Sal jy jouself verbind om beter vertroud te raak met Yahuwah deur elke oggend tyd opsy te sit om met Hom te praat in persoonlike, privaat gebed?

naby-gebed

Ons het, die Name van die Vader en Seun, in die Skrifte aangehaal, op die WLC webtuiste, herstel soos hulle oorspronklik geskryf was deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel. Kliek hier om die Restored Names Version (RNV) van die Skrifte af te laai. Die RNV is `n nie-WLC bron. – WLC Span

Hoe om die Bybel te Studeer

Laat niemand toe om breins vir jou te wees nie, laat niemand toe om vir jou te dink nie, vir jou te ondersoek, en jou gebede te dikteer nie. Dit is die instruksie wat ons vandag ter harte moet neem. Baie van julle is oortuig dat die kosbare skat van die koninkryk van Yahuwah en van Yahushua in die Bybel is wat jy in jou hand hou. Jy weet dat geen aardse skat verkrygbaar is sonder moeisame pogings nie. Waarom sou jy verwag om te verstaan dat die skatte van die woord van Yahuwah sonder ywerige ondersoek van die Skrifte is.

Dit is ons plig om die Bybel daagliks te lees. Maar `n terloopse lees van die Skrifte is nie genoeg nie. Die kennis van Yahuwah word nie verkry sonder verstandelike inspanning, sonder gebed vir wysheid dat jy van die suiwer graan van die waarheid die kaf skei waarmee die mens en Satan die leerstellings van waarheid wan-voorgestel het nie.

Die ondersoek van die Bybel verlang ons ywerigste pogings en volhardende gedagtes.

Ons moet ywerig soek vir die verborge skat, en wysheid van die hemel soek ten einde af te skei van menslike uitvindsels aangaande die goddelike wette. Die Heilige Gees sal die soeker na waarheid help. “As enigeen Sy wil doen, sal hy weet van die lering.” Johannes 7:17.

Jy Kan die Bybel Verstaan

1. Is dit Yahuwah se plan dat ons die Skrifte moet verstaan?

“Die verborge dinge behoort aan Yahuwah onse Eloah; maar die dinge wat openbaar gemaak is, behoort aan ons en ons kinders verewig, dat ons al die woorde van die wet mag doen.” Deuteronómium 29:29. “Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van Yahuwah te ken.” Markus 4:11,

Antwoord: Ja

2. Hoekom vind sommige mense dit moeilik om die Bybel te verstaan? Sien Romeine 8:5. “Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met die wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met die geestelike vergelyk. Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van Yahuwah nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.” 1 Korinthiërs 2:13, 14. Sien ook: Efesiërs 4:17-19.

Antwoord: Hulle is nie met die Gees van Yahuwah nie

3. Kan die onbekeerde Yahuwah se woord ten volle verstaan?

En daar was `n man uit die Fariseërs, met die naam van Nikodémus, `n owerste van die Jode. Hy het in die nag na Yahushua gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U `n leraar is wat van Yahuwah gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as Yahuwah nie met Hom is nie. Yahushua antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van Yahuwah nie sien nie. Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan `n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie `n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Yahushua antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van Yahuwah nie ingaan nie. Want wat uit die vlees gebore word is vlees, en wat uit die Gees gebore word is, is gees. Moenie jou verwonder dat Ek jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie van waar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is. Johannes 3:1-8.

Antwoord: Nee, dit is onmoontlik. Dit is iets dwaas vir hulle.

Sien: 1 Korinthiërs 1:18

4. Is sekere dele van die Bybel moeiliker om te verstaan as ander?

“En ag die lankmoedigheid van ons Meester as saligheid; soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het, net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarin sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvastige mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf. 2 Petrus 3:15, 16.

Antwoord: Ja, Apostel Petrus het daarvan getuig.

5. Is daar enige verbintenis tussen gehoorsaamheid en die begrip van Yahuwah se woord?

Yahuwah leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar. Gee my verstand dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte. Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek `n behae. Neig my hart tot u getuienis en nie tot winsbejag nie. Wend my oë af dat hulle geen nietigheid sien nie, maak my lewend in u weë. Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees. Wend my smaadheid af wat ek vrees, want u verordeninge is goed. Gewis, ek het `n begeerte tot u bevele, maak my lewend deur u geregtigheid.” Psalm 119:33-40.

Antwoord: Ja, Yahushua antwoord hulle en sê: “As iemand gewillig is om Sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit Yahuwah is, en of Ek uit Myself spreek.” Johannes 7:17.

6. Namate ons soek om die woord van Yahuwah te verstaan, wie sal ons help?

“Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan” Lukas 24:45 “Dat die Eloah van ons Meester Yahushua , die Gesalfde, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee verligte oë van julle verstand sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van sy heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is; en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte.” Efésiërs 1:17-19.

Antwoord: Die Vader Self het belowe om ons te help om Sy woorde te verstaan. “Dink na oor wat ek sê; en mag Yahuwah jou insig gee oor alles.” 2 Timóthéüs 2:7.

7. Deur wie kom hierdie hulp?

bybel-met-blomme

En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle `n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. . . maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in My Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek julle gesê het.” Johannes 14:16, 17, 26. “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei, want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.” Johannes 16:13.

Antwoord: Deur die Gees van Yahuwah.

Alles wat Yahuwah se woord beveel, moet ons gehoorsaam. Alles wat dit belowe, mag ons aanspraak op maak. Deur hul mag, moet ons lewe. Net as die Bybel so beskou word kan dit effektief studeer word.

Beginsels van Bybel studie

8. Wat is die waarde van Bybelstudie?

“Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van my getuig.” Johannes 5:39 . “….wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Yahushua die Gesalfde. Die hele Skrif is deur Yahuwah ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van Yahuwah volkome kan wees, vir die goeie werk, volkome toegerus.” 2 Timóthéüs 3:15-17.

Antwoord: Jy sal die ewige lewe hê.

9. Hoe belangrik was Yahuwah se woord aan Job?

“Die woorde van Sy mond het ek bewaar meer as my eie wet.” Job 23:12.

Antwoord: Belangriker as voedsel [KJV vertaal “wet” as “voedsel”]

…dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van Yahuwah uitgaan.” Deuterómium 8:3

Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van Yahuwah uitgaan.” Matthéüs 4:4

10. Watter edele voorbeelde van Bybelstudie word in die Bybel verslag van gegee?

“En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessalonika; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.” Handelinge 17:11.

Antwoord: Die Bereane omdat hulle die skrifte daagliks ondersoek het.

11. Wat moet ons doelwit wees in die ondersoek van die Bybel?

“Lê jou daarop toe om jou beproef voor Yahuwah te stel as `n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.” 2 Timóthéüs 2:15.

Antwoord: Benader dit in die gees van `n leerder. Ondersoek nie vir bewyse om jou opinie te rugsteun nie, maar om te weet wat die hemelse Vader sê.

Gebod op gebod, reël op reël

12. Hoe moet ons uitkom by `n korrekte interpretasie van die Bybel?

“Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, hier `n bietjie en daar `n bietjie.” Jesaja 28:10. Sien ook: 1 Korinthiërs 12:13.

Antwoord: Die Bybel verduidelik homself deur vers met vers te vergelyk.

13. Wat moet ons nog doen, soos ons die Bybel studeer?

“Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vooruitgang vir almal duidelik kan wees.” 1 Timóthéüs 4:15.

Antwoord: Mediteer daaroor en leef in gehoorsaamheid daarvolgens.

Neem een vers, en konsentreer die verstand en bepaal die gedagte wat Yahuwah binne-in daardie vers vir Hom gesit het, en vertoef by die idee totdat dit sy eie geword het.

Geloof en Yahuwah-agtige Wysheid.

14. Soos ons Yahuwah se Woord ondersoek, waarvoor moet ons bid?

“En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van Yahuwah bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos `n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.” Jakobus 1:5,6. Sien ook: Psalm 119:18

Antwoord: Ons moet vir geloof bid, Yahuwah-agtige wysheid en behoorlike begrip van Sy woorde.

15. Van watter persoonlike voordeel is die studie van die Bybel?

“…Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.” Psalm 119: 9,11.

Antwoord: Geloof in Yahuwah se woord, gebedvolle ondersoek en praktiese toepassing sal ons oorwinnaars maak deur die bloed van Yahushua.

Voorgestelde Metodes Van Bybel Studie

1. Lees dit met eerbied. Ons moet ons verstande van al die wêreldse gedagtes afsluit wanneer ons die bladsye van ons Hemelse Vader se woord oopmaak.

2. Lees dit stadig. “Laat staan en weet dat Ek Yahuwah is.” (Psalm 46:10). Die Bybel in die hart beteken die ewige lewe.

3. Lees dit gedwee. Kom na Sy lees in `n onderdanige, leersame, gehoorsame gees, en jy sal waarlik deur Hom geleer word.

4. Lees dit gebedvol. Jou voortuitgang in die begrip van die Bybel sal gemeet word aan jou erns in gebed.

5. Lees dit daagliks. “Luister …. vandag na Sy stem” – en elke dag.

6. Lees dit eerste. Die beste tyd van die dag is die vroeë more uur.

7. Lees dit laaste. “Kom na My toe, … en Ek sal julle rus gee.” (Matthéüs 11:28). Kom vertel aan Hom ons hartsbegeertes, en luister na Sy boodskap aan ons.

Sal jy probeer om Sy Woord elke dag te studeer op die manier wat Yahuwah ons vertel het om dit te ondersoek?

lees-van-die-bybel

Hierdie is `n nie WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC af kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

Bid die Psalm: In U Hande (Psalm 31) image

Psalm 31:5 In U hand gee ek my gees oor; U het my verlos, Yahuwah, God van my trou…15 Maar ék vertrou op U, o Yahuwah! Ek sê: “U is my God.” 16 My tye is in U hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers. 17 Laat U aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur U goedertierenheid.

Een honderd jaar voordat Matin Luther die Protestantse Hervorming begin het, het manne soos Johannes Huss die weg voorberei. Huss was `n Rooms Katolieke priester in Bohemia wie teenstrydig was met die gruwels oorheersend in die kerk. Omdat hy uitgesproke was teen die pous en die leerstellings wat teenstrydig was met die Woord van Yahuwah, was Johannes Huss veroordeel om as ketter op die brandstappel te sterf. Toe hy aan die brandstappel vasgebind was, het die biskop gesê; “Nou vertrou ons jou siel aan die duiwel toe.” Waarop Johannes Huss geantwoord het, “Maar ek vertrou in U hande, o Heer [Yahushua] Christus, my gees toe wat U verlos het. 1

Psalm 31:5 was `n bron van vertroosting en sterkte vir heiliges regdeur die eeue.

Bid die Psalm: In U Hande (Psalm 31) image

Psalm 31:5 was `n bron van vertroosting en krag vir baie heiliges regdeur die eeue. Dit was die eerste gebed wat Joodse moeders aan hul kinders geleer het tydens hul slapenstyd. Dit was die laaste woorde op die lippe van die sterwende heiliges soos hulle hulself aan Yahuwah se sorg toevertrou het. Na ure van lyding aan die kruis met die sondelas van die wêreld op hom, het Yahushua hierdie woorde uitgespreek voordat Hy gesterf het, “In U hand gee ek my gees oor.”

Dit is die uiterste gebed van vertroue! Wanneer ons Psalm 31 lees, voel ons Dawid se benoudheid emosionele impak op hom. Hy beskryf sy lewe as “verteer deur angs” en sy liggaam wat swak raak en die dood nader soos met verdriet en kommer (31:9-13). Sy kommer het hom selfs versoek om te glo dat Yahuwah nie vir hom omgee nie, maar instede, daarvan het hy in Yahuwah se liefde gerus en ander bemoedig: “wees sterk en laat julle hart sterk wees, almal wat op Yahuwah wag!” (31:9-13).

Weereens met die vertroue om ons lewens in die hande van Yahuwah te plaas, herinner Dawid ons ook “my tye is in U hand” (31:15). Dit is `n uitstekende gedagte! Die baanbreker Afrika prediker Dan Crawford (1870-1926) het dit so gestel: “My hele lewensweë en wanneers en waars en waaroms is in [Yahuwah] se hande! 2

GEBED GEDAGTE: In 1 Petrus 4:19, eggo die apostel hierdie woorde: “So laat dan ook die wat volgens die wil van Yahuwah ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.” Dalk voel jy soos Dawid? Jy voel omring van alle kante, en dat daar geen uitkoms is nie! Dawid bemoedig ons om op te hou om op gevoelens te vertrou en instede daarvan in geloof te lewe. Neem jou sorge en gevoelens na Yahuwah en onthou:

“Want U is my Rots en my Bergvesting, en om U Naam ontwil sal U my lei en my bewaar.” (31:4)

“Laat U aangesig skyn oor U kneg, verlos my deur U goedertierenheid.” (31: 17)

“o Hoe Groot is U goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees.” (31:20)


1 Foxe’s Book of Martyrs. Chapter VIII – Persecution of John Hus

2 John Philips. Exploring the Psalms, Volume 1, p. 236


Hierdie is `n nie-WLC artikel. Bron: https://s3.amazonaws.com/media.cloversites.com/19/196db2ea-297d-4503-9a12-49043489c907/documents/Jan_4_-_Into_Your_Hands_-_Psalm_31.pdf

Ons het al die heidense name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronlik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die Skrif herstel soos dit deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is. – WLC Span

Om Angs te Oorwin

Sukkel jy met angs? Ek praat nie van skrik vir harde geluide in die nag nie of `n ampere ongeluk terwyl huiswaarts gery word wat jou laat bewe van adrenalien nie. Ek praat van die soort vrees wat jou in die middel van die nag laat wakker skrik, met jou gedagtes wat in sirkels hardloop soos jy jou bekommer oor wat in die toekoms mag gebeur.

Die enigste ding wat ons moet vrees is vrees self,” het Amerikaanse president, Franklin Roosevelt in sy inhuldigings toespraak gesê. Terwyl vrees `n belangrike oorlewings gereedskap is, is vrees wat jou wakker hou in die nag, kan bekommernis oor wat in die toekoms mag gebeur, baie belemmerend wees. Angs is `n kombinasie van vrees en bekommernis oor toekomstige moontlikhede wat dikwels nie eens waar word nie.

As jy worstel met angs, Yah se Woord openbaar hoe om dit te oorwin.

Goddelike Versus Ongoddelike Vrees

Goddelike vrees is `n kombinasie van bewondering, respek, en liefde wat ons sterflinge voel vir die oneindige wese wie ons geskape het en ons liefhet met `n eindelose liefde.

Om Angs te Oorwin image

Goddelike vrees is die kombinasie van verwondering, respek, en liefde wat ons sterflikes voel vir die oneindige wese wie ons geskape het en ons lief het met `n oneindige liefde. Goddelike vrees vermeerder ons geloof. In teenstelling daarmee, verminder ongoddelike vrees ons geloof wat kan lei na `n afwaartse spiraal van vrees wat so groot is dat dit ons verhoed om pro-aktiewe stappe te neem.

Ongoddelike vrees val in drie kategorieë:

Vrees vir mense kan daartoe lei dat jy `n afgod van hulle maak om hulle gelukkig te hou of om hul goedkeuring te wen. Vrees vir behoefte kan lei tot kompromie van beginsels om te verkry wat ons dink ons nie sonder klaar kan kom nie. Vrees vir omstandighede kan ons verswak, ons verhoed om pro-aktiewe stappe te neem. Geeneen van hierdie vrese verheerlik Yah nie.

liefde in skrifte

Liefde die Teenmiddel vir Vrees

Liefde vir Yahuwah, en die wete dat Hy ons ook liefhet, is die geneesmiddel wat vrees teenstaan.

Ons weet en steun op die liefde wat [Yahuwah] vir ons het.

[Yah] is liefde. Wie ook al in liefde lewe, lewe in [Yahuwah], en [Yahuwah] in hulle. Dit is hoe liefde volmaak onder ons word sodat ons vertroue in die oordeelsdag kan hê: In hierdie wêreld is ons soos Yahushua. Daar is geen vrees in liefde nie. Maar volmaakte liefde verdryf vrees uit, omdat vrees te doen het met strafgerig. Die een wie vrees word nie volmaak in liefde nie (1 Johannes 4:16-18).

Liefde bring Selfvertroue

Liefde gee ons die selfvertroue om vrese te weerstaan en om as meer as oorwinnaars uit te kom. Dit word gesien in die verhaal van Dawid en Goliat. Toe Goliat, die Filistynse reus, die weermag van Israel uitgetart het, “ “Toe Saul en die hele Israel … was hulle verskrik en baie bevrees.” (1 Samuel 17:11).

Liefde gee ons die selfvertroue om vrees in die oë te kyk en om meer as oorwinnaars uit die stryd te tree.

Om Angs te Oorwin image

Dawid het die situasie gesien, hy het die gevaar verstaan. Maar nie soos almal, was hy nie bevrees nie en sy te kort aan vrees was nie omdat hy goed was met die slingervel nie. Sy vertroue was in Yahuwah. Toe Koning Saul gewyfel het om die jongeling uit te stuur om te veg, het Dawid verder gesê: Yahuwah wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn (1 Samuel 17:37)

Dawid en die leermagte van Israel het altwee die presiese omstandighede in die gesig gestaar. Maar hulle het die situasie baie verskillend geïnterpreteer. Terwyl die ander Israeliete bevrees was vir die reus, het Dawid dit beskou as `n situasie waarin Yahuwah sou optree omdat Goliat die lewende God uitgedaag het. Dawid het geen twyfel daarin gehad dat hy as oorwinnaar sal uittree omdat Yah se eer daarvan afhang. Dit was sy kennis van Yahuwah wat hom die selfvertroue en waagmoed gegee het om die reus teen te staan.

Vyf Stappe om Vrees te Oorkom

Paulus, in sy sendbrief aan die Filipense, voorsien ons met vyf stappe om angs te oorkom:

Harmonisering van verhoudinge

As ons `n verhouding het wat nie in harmonie is nie, moet ons doen wat in ons mag is om te doen om wat verkeerd is reg temaak, te bely, en te bekeer in ons deel van wat verkeerd geloop het.

Om Angs te Oorwin image

Struwelinge in interpersoonlike verhoudings is `n algemene oorsaak van angs. Natuurlik kan ons nie ander persone kontroleer nie, maar ons kan deel hê aan ons eie deel in enige teenstrydige verhouding. Ons kan kies om verskoning te vra en stop wat ookal belediging veroorsaak het (bekering). Dit is wat Paulus bedoel het toe hy hulle berispe het in `n strydlustige verhouding om “eensgesind te wees in die Here.” (Filipense 4:2)

Gebed

Baie angs stam uit deur bevrees te wees oor wat ons nie kan beheer nie. Paulus herinner gelowiges dat Yahuwah gereed en wagtend is om almal van hulp te wees wie na Hom kom. “Wees oor niks besorg nie,maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by Yahuwah. En die vrede van Yahuwah, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Yahushua” (Filipense 4:6-7).

As ons ons behoeftes, vrese en tekortkominge aan Yahuwah voorlê, kan ons weet dat Hy sal optree in die beste van ons belang. Ons kan die kalme versekering hê dat alles is en sal wees soos dit moet wees.

Keuse om dankbaar te wees in al ons omstandighede is net moontlik as ons vertrou dat Yahuwah in ons beste van ons belang optree.

Om Angs te Oorwin image

Dankbaarheid

Keuse om dankbaar te wees in al ons omstandighede is net moontlik as ons vertrou dat Yahuwah in ons beste van ons belang optree. Wanneer ons verkies om dankbaarheid te beoefen, ondervind ons vrede en kalmte in selfs die mees uitdagende situasies.

Regte Gedagtes

Angs, deur definisie, is `n vrees van toekomstige moontlikhede. Filipense 4:8 vertel ons om te fokus op wat waarheid is. “Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.” Wanneer ons fokus op dit wat waaragtig is, sal daar geen ruimte wees vir spekulerende moontlikhede nie.

Regte Emosies

Korrekte gewoontes van gedagtes gee aanleiding tot korrekte emosies, wat op hul beurt, kan lei tot korrekte besluite en voordelige aksies. “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee” (Filipense 4:13).

Vrese kan oorkom word. Verskuif jou perspektief. Fokus op wat werklik en waaragtig is, eerder as moontlikhede. Vertrou dat Yahuwah werk in alle dinge vir jou voordeel. Kies om dankbaarheid `n gewoonte te maak en Yah se vrede sal jou hart vul, wat angstige voorbodes sal stil maak wat nooit sal wees nie.

“Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek YAHUWAH, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle `n hoopvolle toekoms te gee.” (Jeremia 29:11).

vrou