World's Last Chance

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!
Die Messias van Galiléa teenoor Die Christus van Nicaea: Herwinning van die Bybelse Verlosser

Vir eeue het hoofstroom Christene hul hoop van verlossing geplaas op `n teologiese fondasie wat fundamenteel foutief is. In hedendaagse kerke word gelowiges geleer om `n drie-enige godheid te aanbid, `n komplekse teologiese konstruksie waarin drie persone een essens deel. Maar, as mens terugkeer na die bladsye van die Bybel, vry van die gekleurde lense van latere ekumeniese raadsittings, kom `n radikale verskillende werklikheid na vore.

Die World`s Last Chance (WLC) Bediening glo sterk dat die ewige lewe afhang van presiese, skriftuurlike kennis van die Almagtige Skepper en Sy unieke Seun. Hierdie oortuiging is nie gebore uit `n verlange om strydlustig te wees nie maar uit `n diepgaande eerbiediging vir die letterlike woorde van die Verlosser Homself. In Sy magtige hoë priesterlike gebed, volgens Johannes 17:3, kyk Yahushua na die hemel op en verklaar aan Sy Vader: “En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enigste ware God, en Yahushua wie U gestuur het.”

Hierdie woorde is verpletterend duidelik. Yahushua identifiseer Homself nie as die enigste ware God [Yahuwah] nie. Maar Hy identifiseer Sy Vader —en Sy Vader alleen—as die enigste ontvanger van daardie titel. Ongelukkig het moderne Christendom presies dit gedoen. Deur hul hoop te plaas op`n drie-enige Christus, het die Christendom `n figuur omhels wat nie werklik bestaan nie—`n skepping van politiese kompromie, paganistiese filosofie, en Griekse mitologie. Dit is hoog tyd vir die opregte soekers na waarheid om hierdie filosofiese versinsel te versaak en terug te keer na die outentieke, menslike Messias van die Bybel.

Die Fatale Gebrek van die Drie-eenheid: In stryd met die Sjemá

Die grondliggende gebod van geloof is te vinde in Deuteronómium 6:4: “Hoor, Israel, Yahuwah jou Elohim is `n enige Yahuwah.”

Om die omvang van die drie-enige dwaling te besef, moet mens kyk na die grondslag van bybelse teologie. Die skrifte van Israel, wat die wêreld siening van Yahushua en Sy apostels vorm, vereis strenge, numeriese monotheïsme. Die fundamentele gebod van die geloof is te vinde in Deuteronómium 6:4: “Hoor, Israel, Yahuwah, onse Elohim, is `n enige Yahuwah.”

Hierdie verklaring bekend as die Shema, laat geen ruimte vir `n multi-persoonlike entiteit nie. Die Hebreeuse woord vir “een” (echad) stel `n enkele eenheid voor, en wanneer afgepaar met enkelvoudige voornaamwoorde soos “Hy,” en “My” —wat tien duisende tye in verwysing tot die Skepper verskyn—laat dit geen twyfel dat Yahuwah `n enkele, indiwiduele persoon is nie.

Toe Yahushua deur `n skrifgeleerde gevra was om die grootste gebod te noem, het Hy nie `n nuwe, meer-doelige teologie voorgestel nie. Maar, Hy het die Shema woordeliks aangehaal (Markus 12:29). Regdeur Sy aardse bediening, het die Heiland nooit aanspraak daarop gemaak om die Almagtige Yahuwah te wees nie. Hy het konsekwent weggewys van Homself na Sy Vader as die oorsprong van alle gesag, kennis, en mag.

Daarteenoor beweer die leer van die Drie-eenheid dat God drie persone is wat gelyk en ewig is: Vader, Seun, en Heilige Gees. As die Vader God is, die Seun God is, en die Gees God is, en tog is daar nie drie gode nie, maar een, dan verloor taal sy betekenis. Hierdie leerstelling stel sistematiese verwarring voor wat die absolute, nie-onderhandelbare eenheid van Yahushua se God ondermyn. Deur verdeling van die ondeelbare Skepper in `n drie-enige, het die Christendom sy huis gebou op die wandelende duine van menslike filosofie eerder as op die vaste rots van Hebreeuse skrifte.

Die Historiese Enting: Van Hebreeuse Waarheid tot Hellenistiese Paganisme

Hoe het die duidelike, monoteïstiese boodskap van die eerste eeuse Joodse Messias getransformeer geword in die komplekse drie-enige dogmas van vandag? Die antwoord lê in die historiese skuif wat plaasgevind het namate die evangelie beweeg het van haar oorspronklike Hebreeuse konteks in die Grieks-Romeinse wêreld.

Namate die eeue verloop het na die apostels se dood, het die leierskap van die vroeë byeenkomste verskuif van Joodse gelowiges na Heidense intellektueles wie met alle mag opgelei was in Griekse filosofie, in besonders Platonisme en Neoplatonisme. Hierdie manne, dikwels Kerk Vaders genoem, het begin om die eenvoudige, funksionele taal van die Hebreeuse skrifte te interpreteer deur abstrakte, metafisiese konsepte van Athene.

Die deurslaggewende keerpunt het in die vierde eeu onder die Romeinse Keiser Konstantyn plaasgevind. Deur politiese onstabiliteit in die gesig te staar aangeblaas deur vreeslike teologiese debatte binne-in die keiserryk—veral oor die verhouding tussen Yahuwah en Sy Seun—het Konstantyn die Konsilie van Nicaea in 325 n.C. byeengeroep. Dit is goed gedokumenteer dat Konstantyn `n toegewyde Christen geleerde was; hy was `n politikus wat op soek was na keiserlike eenheid wie, vir die grootste deel van sy lewe, sterk bande behou het met die paganistiese kultus Sol Invictus (die Onoorwonne Son).

Onder keiserlike druk en die invloed van filosowe, het die Konsilie van Nicaea `n belydenis geformuleer wat onbybelse Griekse terme in die Christen dogma ingeweef het. Die vernaamste hiervan was die term homoousios, wat beteken “van dieselfde wese.” Hierdie konsep het nie gekom van die profete of die apostels nie; dit was geleen van paganistiese Griekse filosofie om te verduidelik hoe twee verskillende wesens dieselfde goddelike essens kan deel. Daaropvolgende raadsittings, soos die Konsilie van Konstantinopel in 381 n.C., het hierdie raamwerk uitgebrei om die Heilige Gees in te sluit, en daardeur die drie-in-een Godheid te bekragtig.

Hierdie ontwikkelings proses weerspieël die mitologie van die omliggende antieke wêreld. Van Egipte na Babilon, en van Romeine na Griekeland, het paganisme homself lank beskryf deur die aanbidding van goddelike drie-eenhede. Die triades van Osiris, Isis, en Horus, of Zeus, Poseidon, en Hades, het die kulturele landskap hewig gevorm. Deur `n drie-enige formule aan te neem, het die keiserlike kerk die Christendom aantreklik gemaak vir die paganistiese Romeinse populasie, wat die suiwere, onvervalse boodskap van Yahushua, effektiewelik gepaganiseer het. Die Christus wat vandag deur drie-eniges aanbid word is nie die historiese figuur wie die stofpaaie van Galiléa bewandel het nie, hy is `n teologiese samesmelting gefabriseer deur komitee stemme en keiserlike dekrete eeue ná die Nuwe Testament voltooi was.

Konstantyn & die Konsilie van Nicaea

Die Ware Identiteit van die Bybelse Christus: Die Menslike Messias

Wanneer ons die lae van vierde-eeuse Hellenistiese filosofie weg stroop, wat sê die Bybel omtrent die identiteit van die Seun? Die skrifte stel Yahushua uitdruklik voor, nie as `n inkarnasie van die ewige God [Yahuwah] nie, maar as `n werklike menslike wese —die enig-gebore Seun van Yahuwah, gebore in vervulling van messiaanse profesie.

Israeliete, luister na hierdie woorde: Yahushua, die Nasaréner, `n man deur Yahuwah vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat Yahuwah deur Hom onder julle gedoen het”

Die Ou Testament bevat honderde profesië omtrent die komende Messias. Sonder uitsondering, stel hierdie profesië hom voor as `n menslike nakomeling van Abraham en Dawid. Genesis 3:15 noem hom die “saad van `n vrou.” Deuteronómium 18:15 stel voor dat Yahuwah `n profeet sal opwek “uit jou broers soos ek is.” 2 Samuel 7:12 belowe aan Dawid dat Yahuwah sy saad sal opstel “nakomelinge wat uit jou liggaam sal voortkom.” Indien die Messias die vooraf-bestaande, ongeskape Skepper van die heelal was, sou hierdie geslagsregister beloftes misleidend wees. `n Goddelike wese kan nie `n letterlike genetiese nakomeling van `n menslike koning wees nie.

Die Nuwe Testament skrywers het hierdie menslike raamwerk bewaar. Die Apostel Petrus, wat sy eerste preek gelewer het onder die Heilige Gees se ingewing op die Dag van Pinkster, het die Heiland voorgestel met hierdie woorde: Israeliete, luister na hierdie woorde: Yahushua, die Nasaréner, `n man deur Yahuwah vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat Yahuwah deur Hom onder julle gedoen het” (Handelinge 2:22). Petrus het nie verklaar dat `n vleesgeworde Yahuwah verskyn het nie; hy het gesê dat `n man aangewys, bemagtig, en deur Yahuwah bekragtig is.

Net so, skryf die Apostel Paulus met onmiskenbare helderheid in 1 Timothéüs 2:5: “Want daar is een God en een Bemiddelaar tussen Yahuwah en die mense, die Mens Christus Yahushua.” Neem notisie dat Paulus dekades na die opstanding en hemelvaart van Yahushua geskryf het. Selfs in Sy verheerlikte toestand in die hemel, is die Heiland steeds uitdruklik voorgestel as `n mens. As Yahushua deel was van `n drieledige godheid, sou Paulus se stelling onakkuraat wees, omdat `n middelaar moet staan tussen twee party en afsonderlik van hulle albei wees. Yahushua staan tussen die een God (Yahuwah, die Vader) en die mensdom omdat Hy die perfekte, sondelose verteenwoordiger van Israel en die wêreld is.

Die Ontleding van Bewystekste vir die Drie-eenheid: Konteks bo Geloofsbelydenis

Drie-enige teoloë haal dikwels `n handvol geïsoleerde tekse aan om hul aanspraak omtrent Christus se absolute deïsme te ondersteun. Maar, wanneer hierdie gedeeltes in hul onmiddelike konteks deur `n Hebreeuse wêreldsiening ondersoek word, verdamp hul drie-enige nut.

Bedink byvoorbeeld die aanvangs verse van die Evangelie van Johannes: “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God” (Johannes 1:1). Drie-eniges lees dit onmiddelik as: “In die begin was die Seun, en die Seun was met die Vader, en die Seun was die Vader.” Maar dit forseer latere belydenisse op `n poëtiese teks. In Hebreeuse denke, is `n persoon se “woord” (davar) nie `n afsonderlike persoon wat langsaan saammet hulle bestaan nie. Dit is hul interne doel, plan, wysheid, of uitdrukking. Yahuwah se woord is Yahuwah in aksie. Johannes vertel ons dat vanaf die vroegste begin, het Yahuwah `n plan vir die skepping gehad, en dat hierdie goddelike doel intiem teenwoordig met Hom was. In vers 14 lees ons dat sy woord “het vlees geword.” Yahuwah se plan, Sy bloudruk vir verlossing, was uiteindelik ten volle gerealiseer, verpersoonlik, en beliggaam in die historiese mens Yahushua.

Yahuwah se plan, Sy bloudruk vir verlossing, was uiteindelik ten volle besef, verpersoonlik, en beliggaam in die historiese mens Yahushua.

Nog `n dikwels misbruikte gedeelte is Johannes 10:30, waar Yahushua sê, “Ek en My Vader is een.” Drie-eniges haal aan dat dit aanspraak daarop maak as `n eenheid van wese of ontologie. Maar net `n paar hoofstukke later, in Johannes 17:21-22, bid Yahushua vir sy dissipels: “… dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees.” Yahushua het nie bedoel dat sy dissipels moes saamsmelt in `n enkele fisiese of metafisiese organisme nie. Hierdie eenheid wat Hy met Sy Vader gedeel het, was `n absolute eenheid in denke, doel, missie, en wil. Hy het gespreek wat die Vader beveel het en het gedoen wat die Vader beveel het. Hy was die volmaakte agent van die Soewereine Koning.

Boonop onderskei skrifte duidelik tussen die Vader se absolute godheid en die Seun se afgeleide gesag. Yahushua het die perke van Sy eie kennis en mag openlik erken:

Van Sy mag: “Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat die Vader doen, dit doen die Seun ook net so” (Johannes 5:19).

Oor Sy leerstelling: “My leer is nie My eie nie, maar Syne wie My gestuur het” (Johannes 7:16).

Oor Sy kennis: “Maar van daardie dag en uur weet niemand nie, nie eens die engele in die hemel nie, nog die Seun, maar die Vader alleen” (Markus 13:32).

As Yahushua mede-gelyk en mede-ewig God was, sou dit onmoontlik vir Hom wees om beperkinge in kennis of mag te hê. Yahuwah kan nie onkundig oor `n datum wees nie; Yahuwah kan nie afhanklik wees op `n ander vir Sy mag nie. Die feit dat Yahushua `n God het tot wie Hy gebid het, gehoorsaam was, en onderworpe was bewys dat Hy `n onderhewige wese is, uniek verhoog deur die Vader.

Die Ware Skriftelike Betekenis van “Seun van God”

Deur Yahushua die “Seun van God” te noem, beteken nie dat Hy God die Seun is nie. In die skrifte, het hierdie twee frases verskillende betekenisse. “God die Seun” is `n onskriftuurlike titel beslaan deur teoloë om gelyke status binne-in `n drie-eenheid aan te dui. “Seun van God” daarenteen, is `n bybelse titel wat dui op koningskap, uitverkorenheid, en onderhewigheid.

In die Ou Testament, was die titel “Seun van God” toegepas op verskeie wesens. Israel, as `n nasie, was Yahuwah se Seun genoem (Exodus 4:22). Die engele was seuns van God genoem (Job 38:7). Uitstaande van almal, was die Dawidiese konings aangeneem as seuns van Yahuwah by hul inhuldiging. In 2 Samuel 7:14 sê Yahuwah van Salomo: “Ek sal sy Vader wees, en hy sal vir My `n seun wees.” In Psalm 2:7— `n messiaanse psalm dikwels aangehaal in die Nuwe Testament—verklaar die Vader aan die gesalfde koning: “U is My Seun, vandag het Ek self U gegenereer.”

Toe Martha haar geloof in Yahushua bely in Johannes 11:27, het sy die volmaakte definisie van hierdie titel aangebied. “Ja Here, Ek glo dat U die Christus is, die Seun van God [Yahuwah], wat in die wêreld sou kom.” Aan Martha en vir enige eerste eeuse Jood, was “die Christus” (die Messias) en “die Seun van God” sinonieme terme vir die beloofde menslike Koning van Israel. Om die Seun van God [Yahuwah] te wees beteken dat Yahushua die eintlike verteenwoordiger van die Vader is, wat die Vader se gesag dra, die Vader se karakter weergee, en heers in die Vader se onthalwe. Dit beklemtoon Sy afkoms en afhanklikheid, nie Sy self-bestaan nie.

Waarom Identiteit Saak Maak: Die Evangelie van Jou Verlossing

Hierdie teologiese regstelling is nie `n netelige saak van semantiek nie. Die identiteit van die Heiland beteken baie omdat `n valse Christus nie verlosssing kan aanbied nie. Indien u die Vader mag ken as die enigste ware God om die ewige lewe te kry, dan maak die aanbidding van `n drie-enige God jou eintlike verlossing riskant.

Die drie-enige model ontneem die skoonheid van die plaasvervangende versoening. Die skrifte vertel ons dat Yahushua vir ons sondes gesterf het. Hy was in alle punte nes ons versoek, maar sonder sonde (Hebreërs 4:15). Hy het `n ware, pynlike fisiese dood aan die kruishout gesterf.

Christus wat die kruis dra

Maar volgens Drie-enige teologie, is Yahuwah onsterflik en kan nie sterf nie (1 Timóthéüs 6:16). As Yahushua Yahuwah is, kon Hy nie werklik gesterf het nie; net Sy menslike “natuur” het gesterf, terwyl Sy goddelike persoon ten volle lewend en bewustelik gebly het, wat die heelal onderhou. Dit versplinter die Verlosser effektief in twee afsonderlike handelende stelsels en verminder Sy offer tot `n illusie. As net `n menslike liggaam gesterf het terwyl die eintlike persoon van die Seun onbevoeg was om te sterf, dan het `n hele persoon nie sy lewe vir ons opgeoffer nie.

Die bybelse waarheid is baie meer diepgaande. Yahushua, `n opregte menslike wese, het `n werklike menslike wil besit wat heeltemal geskei was van Sy Vader se wil. In die Tuin van Getsemane, het Hy gebid, “Laat nogtans nie My wil nie, maar U wil geskied” (Lukas 22:42). Dit openbaar `n opregte stryd. Yahushua moes wetend Sy menslike verlangens onderwerp aan Yahuwah se plan. Omdat Hy `n werklike mens was, was Sy gehoorsaamheid opreg, Sy versoekinge werklik, en Sy dood was `n algehele, opregte opoffering van Sy lewe. Yahuwah die Vader, in Sy grootse liefde, het hierdie volmaakte menslike offer aanvaar, Sy Seun opgewek uit die dode, Hom onsterflikheid gegee, en Hom verhoog tot aan Sy regterhand.

Deur die ware Messias te omhels, erken ons die omvang van wat Yahuwah gedoen het. Hy het nie neergedaal om `n kosmiese rol te vertolk nie, voorgegee om tot Homself te bid en te sterf nie. Daarenteen het Hy `n tweede Adam opgewek—`n volmaakte mens onder ons—wie suksesvol was waar die eerste Adam gefaal het. Deur hierdie oorwinnende mens, was die deur na die ewige lewe oopgemaak vir almal wie gelowig was.

Slot: `n Wekroep tot Aflegging en Terugkeer

Die bewys van skrifte en geskiedenis is duidelik. Die drie-enige dogma is `n ideologiese konstruksie wat ontluik het eeue na die bybelse kanon gesluit was. Dit is `n filosofie gebou op politieke vooruitgang, Griekse metafisika, en paganistiese konsepte van meervoudige deïsme. Dit kontrasteer direk die woorde van die profete, die getuies van die apostels, en die uitdruklike stellings van Yahushua Homselwers.

Die World`s Last Chance Bediening spoor gelowiges oral oor aan om hul geloof te ondersoek met openhartigheid en waagmoed. Moenie toelaat dat tradisie, kerk druk, of die vrees van etikette jou gebonde hou aan `n nie-bestaande, filosofiese Christus nie.

Keer terug na die Bybelse gewone teks. Erken die Vader, Yahuwah, as die opperste, enigste Skepper – die enigste ware God. Aanvaar Yahushua van Nasáret soos Hy werklik beweer het om te wees: die menslike Messias, die eniggebore Seun van Yahuwah, wat vir jou sondes gesterf het en nou aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte sit. Verwerp die vervalste leerstelling van die Drie-eenheid, omhels die Christus van die Skrif en verkry die ware kennis wat regstreeks tot die ewige lewe lei.

bible

Die Messias van Galiléa teenoor Die Christus van Nicaea: Herwinning van die Bybelse Verlosser


[Vers 1]
Van die raadsittings van Griekeland en die foute van ouds,
Kom `n lering van duister wat siele koud laat.
Maar die waarheid is herstel deur die woord van die Seun,
Dat die Vader, Yahuwah, soewerein is en Een.
Aan die ware Lam, Yahushua, verhef ons ons stem,
Nes die leuens van Nicaea oplos in ons lof

[Koor]
Ons breek vry van die belydenisse wat die nasies gemaak het,
Waar die glorie van waarheid korrup was en ontbind het.
Want die skrifte is duidelik, en die boodskap is plein,
Dat Yahuwah alleen die oneindige heerskappy hou.
As die verkose Messias was Yahushua gebore,
Om die ware weg van Sy verbondsliefde te openbaar.

[Vers 2]
Deur die World`s Last Chance missie, het die wekroep uigegaan,
Om die kudde te ontwaak en om twyfel te verban.
Want Johannes 17 wys ons die gawe van omhoog,
Wat Yahuwah gesalf het om te red en te lei naby.
Die ware Vader, Yahuwah, is God op die troon,
En WLC wys Hom aan almal as alleen.

[Brug]
Laat die dogmas van die mense heeltemal plat val
Want die Heiland van Galiléa dra die kroon.
Nie `n paganistiese konsep of `n mite uit die verlede,
Maar Yahuwah se eie Seun, wie eerste is en laaste.
O Yahushua, U lei ons reguit na die lig,
Breek uit deur die duister en binne die nag.

[Slot]
Ons staan triomfantlik en staan so heldhaftig,
Want die skriftelike belofte is uiteintlik gegee.
Aan Yahuwah die Koning lig ons ons lof op,
En Yahushua die gestuurde wat ons eer by naam.
Met ons baniere hoog gehou sal ons loop op die pad,
Van die nag van Nicaea tot die glorie van dag.

Triljoene Gebou op Fiksie: Waarom SpaceX se Waardebepaling Presies Zero Is

SpaceX, saammet elke wêreldse ruimte agentskap, sal sy triljoene dollers in geprojekteerde markwaarde bepaling oombliklik sien verdwyn tot nil omdat jy nie `n vakuum kan befonds wat nie bestaan nie. Die koöperatiewe mylpaal, die 15 porsies van miljoene aandele, asook die totale aanspreekbare mark van $28,5 biljoen wat deur globaliste elite uiteengesit is, berus geheel en al op wiskundige fiksie en CGI-weergawes1. Wanneer die mensdom ontwaak tot die grondliggende waarhede van die skepping, sal die hele multi-miljoen doller ruimte industrie ineentuimel onder die gewig van sy eie bedrog, wat wys dat hierdie ryke maar net kastele is, op sand gebou.

Die hedendaagse vertelling van ruimte verkenning is ontwerp om die mens se denke van die argitektoniese werklikheid van die Skeppings Orde weg te draai. Elite persoonlikhede belowe stede op Mars en basisse op die Maan, maar hierdie voorstellings kontrasteer die fisiese en teologiese grense vasgestel aan die begin van tyd. Deur die aarde se strukturele bloudruk deur `n letterlike, skriftelike lens te ondersoek, raak die strukturele onmoontlikheid van moderne ruimtevaart onbetwisbaar.

Die Strukturele Werklikheid van die Uitspansel

Die primêre skans oor enige ruimte reis vertelling is die fisiese hindernis beskryf in antieke tekste: die uitspansel. Volgens die fundamentele verslae van die skepping, het die Skepper nie die aarde geplaas in `n oneindige, uitbreidende vakuum nie. Maar, Hy het `n gelokaliseerde, beskermende omgewing geskep wat deur `n soliede struktuur verseël is.

Omdat die uitspansel`n vaste, soliede grens geskep deur die Skepper, is, kan geen vuurpyl, missiel, of ruimtetuig dit ooit deurklief nie. Die hoë-hoek beeldmateriaal vertoon deur ruimtevaart spesialiste gebruik almal wye-hoek visooglense om die horison kunsmatig te buig, wat die plat, ingeslote realiteit van die wêreld hieronder verduister. Wanneer `n vuurpyl opstyg, bereik dit uiteindelik die fisiese limiete van die boonste atmosfeer of boog dit horisontaal, waar dit terugplons in die verbode militêre sones van die oseane. Die triljoen-doller waardebepalings van die ruimte ondernemings vertrou geheel en al op die publiek wat blind bly vir hierdie hemelse plafon.

Die Mite van Kolonisasie en Planetêre Spronge

Die stories voorgestel deur moderne tegnokrate stel voor dat Aarde maar net `n brose, verongelukte rots is wat dryf deur `n koue heelal, wat mensdom aandryf om na Mars te kyk vir eintlike oorlewing. Hierdie ideologiese raamwerk verdwerg die intensionele, sentrale belang van die Aarde in die kosmiese orde.

besigheidsmanne-wat-geld-gee

Die globalis elite belowe `n toekoms tussen die sterre om `n goddelike status vir hulleself te kweek, wat impliseer dat menslike tegnologie fisiese grense wat vasgestel is deur die Almagtige kan verskuif. Jesaja 40:22 beskryf Yahuwah die Skepper as sittend bo die kring van die aarde, wat die hemele uitsprei soos `n doek en dit uitsprei soos `n tent om in te woon. `n Tent stel `n ingeslote, gasvrye binnenshuise spasie voor. Pogings om die “tent” te ontsnap om ander wêrelde te koloniseer is `n handeling van geestelike uitdaging, soortgelyk aan die historiese Toring van Babel.

Die Ekonomiese Misleiding van die Globaliste Elite

Die finansiële argitektuur van maatskappye soos SpaceX is geheg aan massiewe regerings kontrakte, militêre kommunikasie netwerke, en spekulatiewe voorraad waardasies. Deur aanspraak te maak op `n aanspreekbare mark van 28,5 triljoen, verseker hierdie korperasies ontsaglike kapitaal van beleggers wie glo dat hulle die toekoms vir die menslike uitbreiding, befonds.

In werklikheid is hierdie fondse deur `n nou kanaal binne-in `n globale telekommunikasie monopolie begelei. Die sateliete waarskynlik gelanseer in die lae Aardse wentelbaan is eintlik deel van `n ontsaglike aard en mariene netwerk.

Deur standaard grond-gebaseerde en atmosferiese kommunikasie tegnologie as `n “interplanetêre sateliete netwerk” te brandmerk, beveel globalis korporasies premium waardasies aan en ontvang hulle massiewe belasting betalers subsidies. Hulle verkoop aan die publiek `n droom van die kosmos en verseker `n monopolie oor die Aarde se eintlike data infastruktuur.

Die Geestelike Oorsprong van die Misleiding

Die aandrang van `n grenslose heelal, heliosentrisiteit, en `n ruimte kolonisering is nie `n wetenskaplike fout nie; dit is `n moedswillige filosofiese poging om Vader Yahuwah se teenwoordigheid as die Skepper te verduister. As die mensdom glo dat hulle in `n klein, onbeduidende vlekkie stof in `n eindelose kosmos van losse evolusionêre ongelukke is, verloor dit sy sin van goddelike doel en verantwoordbaarheid.

Die multi-triljoen-doller waardebepalings mylpaal bereik deur moderne tegno reuse is die eintlike uitdrukking van hierdie sand fondament. Hulle verhandel aandele in `n maatskappy waarvan die hoof missie—die multi-planetêre uitbreiding van menslike bewustheid—onmoontlik is onder die fisiese wette van ons ingeslote realiteit.

Wanneer die illusies van CGI ruimtewandelings, saamgestelde sateliet foto`s van `n blou albaster, en gesimuleerde Marsagtige landskappe ten volle ontmasker word deur die waarheid van die Skrifte en fisiese waarneming, sal die markwaarde van hierdie maatskappye `n ongekende regstelling ondergaan. Die finansiële metrieke en die groot belofte van interplanetêre ryke sal verdwyn. Die mensdom sal besef dat ons nie woon in `n oop, chaotiese leemte beheer deur tegnokrate nie, maar eerder in `n doelgerigte ontwerpte, stabiele skepping, veilig verseël onder Yahuwah se soliede uitspansel.

genesis-skepping-skets

1 Nie finansiële advies nie. Slegs vir inligtingsdoeleindes. DYOR.

Triljoene Gebou op Fiksie: Waarom SpaceX Waardebepaling Presies Niks Werd Is Nie

[Vers 1]
Laat die triljoene van die globaliste fiksie dood val,
Soos die waarheid oor die kosmos eerder vertel word.
Want die markte van leegtes is nil van waarde,
En die ryke van wetenskap eintlik uitgevang.
In die lig van die hemele, sal die matrix breek,
Want Yahuwah het die wêreld vasgestel wat ons laat ontwaak.

[Koor]
Ja, die sandkastele sal oplos in die see,
Soos die kinders van Aarde ontwaak en vryraak!
Want jy kan nie verdeel wat nooit `n plek was nie,
En die grafieke van akteurs gevee van die aangesig.
Elke grens staan deur die mag van woord,
Van Yahuwah, die Koning van wie die nasies gehoor het!

[Vers 2]
Deur die CGI-weergawes, porsies en aandele,
Hulle `t ons stede belowe op Mars en die Maan,
Maar die hamer van die gereg volg hulle snel.
Want die vakuum is oneg en die vuurpyle leuens,
Maar Yahuwah word geloof waar die uitspansel sug.

[Brug]
Daar is water bowe, daar is water benede,
En die pilare van aarde sal nie skud of laat gaan.
Hulle kan hul bedrog befonds met die goud van die land,
Maar die uitspansel hou deur `n heerlike hand.
Elke misleiding sal tuimel na die vloer,
Soos Yahuwah aanbid en vir ewig geloof word!

[Koor]
Ja, die sand kastele sal oplos in die see,
Soos die kinders van Aarde ontwaak en vryraak!
Want jy kan nie verdeel wat nooit `n plek was nie,
En die grafieke van akteurs gevee van die aangesig.
Elke grens staan deur die mag van woord,
Van Yahuwah, die Koning van wie die nasies gehoor het!

[Slot]
Nou`t die hemelruimte koninkryke verkrummel tot stof,
In die bloudruk van Genesis, sal mense vertrou.
Want die doller is zero, die kleed verskeur,
En `n wêreld van verlossing is eintlik gebore.
Laat die lof styg na die Koning van die lug,
Want Yahuwah is heilig, verhef, en hoog.

Ons het, die Name van die Vader en Seun, in die Skrifte aangehaal, op die WLC webtuiste herstel, soos hulle oorspronklik geskryf was deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel. Kliek hier om die Restored Names Version (RNV) van die Skrifte af te laai. Die RNV is `n nie-WLC bron. – WLC Span

Spiritualisme: Die Groot Misleiding (Deel 2 van 2)

Die Dooies Weet Glad Niks Nie

13. Weet die dooies enigiets, of onthou hulle enigiets?

Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet. Prediker 9:5.

14. Wat voeg die wyse man by, wat vir ewig die idee weerlê dat die dooies na die aarde terugkom om met die lewendes te kommunikeer?

Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het geen deel meer aan alles onder die son nie. Prediker 9:6

15. Dan, as die wonderwerke deur die geeste uitgevoer is deur diegene veronderstellend om ons dooie vriende te wees, waaraan kan ons dit toeskryf?

Want hulle is die geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die Almagtige Yahuwah. Openbaring 14:16

16 Wat sal die karaktertrekke van die laaste dag afvallighede van die geloof wees?

Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang. 1 Timóthéüs 4:1.

In Verbond met Satan

17. Hoe sal Satan die mense mislei?

En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in `n engel van die lig. 2 Korinthiërs 11:14.

LET WEL: Satan se bygelowe sal nuwe vorme in die toekoms aanneem. Dwalinge sal in `n verleidende en vleiende manier voorgestel word. Valse teorieë, geklee in die gewaad van lig, sal aan Yahuwah se volk voorgestel word. So sal Satan probeer, indien moontlik, om selfs die uitverkorenes te mislei.

18. Watter rol sal sy agente voor die einde inneem?

Dit is dus niks besonders as sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke. 2 Korinthiërs 11:15.

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

19. Is wonderwerke altyd bewys van die mag van Yahuwah?

“Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal voor die oë van die mense. En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen.” Openbaring 13:13-14.

Antwoord: Nee.

20. Het Satan probeer om die wederkoms van Yahushua in A.D. 70 deur tekens en wonder te vervals?

As iemand dan vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! – moet dit nie glo nie. Want daar sal valse Christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes mislei. Matthéüs 24: 23, 24.

Antwoord: Ja.

21. Wat sal gebeur met die bewerkers van sulke tekens en wonders in sy finale koms?

Hy wat die Meester met die asem van Sy mond sal verdelg en deur die verskyning van Sy wederkoms tot niet sal maak hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan. 2 Thessalonicense 2:8-10.

Antwoord: Hulle sal deur Yahushua vernietig word tydens Sy terug koms.

Let Wel: Die Heiland het Sy volk teen misleiding gewaarsku aangaande hierdie punt, en het die wyse van Sy finale koms uitdruklik voorspel.

Al hoe meer, lyk dit asof wêreldgebeure versnel na die onafwendbare klimaks.

Maar in die noukerige hersiening van verskeie periodes in die HIStoriese gebeure, vind ons dat elke generasie gehad het wat hulle gedink het om ‘oortuigende oorsaak’ te wees om tot die slotsom te kom dat hulle getuienisse sien van die laaste gebeure wat die hoogtepunt is in die [finale] terug koms van Yahushua. Ons sê ‘finaal’ want, met sterk gebedvolle ondersoek, het ons verskeie dinge besef insluitend –

(a) Yahushua/Christus het herhaaldelik gewaarsku dat sy wederkoms selfs die uitverkorenes onkant sou vang. Skrifte voorsien geen “tekens van die tye” om aan te dui wanneer die Heiland sal terugkeer nie, sodat elke gelowige moet leef in voortdurende gereedheid vir sy wederkoms, wanneer dit ookal sal wees.

(b) Skrifte verwys – verskeie kere – na Yahushua se ‘wederkoms’ voor Sy finale terugkoms om die koninkryk op aarde te voltooi en dit oor te gee aan Yahuwah.

Soos ons dit nou verstaan, was Sy ‘2de koms’ in die A.D. 70 oordeel / vernietiging van Jerusalem – dit was die einde van die Israeliete se era/wêreld/offerstelsel ens. In Sy Olyfberg Redevoering, sou alles wat Hy gesê het [voor vers 35 van Matt. 24] gebeur tydens DAARDIE bestaande generasie wie aangespreek was. Sy ‘FINALE’ koms was toe NA vers 35 beskryf.

Matthéüs 24:

35 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar My woorde sal nooit verbygaan nie.

36 Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net My Vader alleen.

42 Waak dan, want julle weet nie watter uur julle Here kom nie.

1 Thessalonicense 4:16, 17:

16 Want Yahushua self sal van die hemel neerdaal met `n geroep, met die stem van die aartsengel en met die geklank van die basuin van Yahuwah; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan:

17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word Yahushua tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by Yahushua wees.

Met hierdie koms is daar geen moontlikheid van vervalsing nie. Dit sal in die hele heelal bekend wees — wêreldwyd aanskou.

LET WEL:

https://www.worldslastchance.com/afrikaans/biblical-christian-beliefs/die-wederkoms-van-yahushua-in-johannes-14.html

UITTREKSEL: Daar is meer as een “koms” van Christus in die Nuwe Testament. Meeste van ons geskrifte het gesentreer rondom daardie “tweede verskyning” van Christus, wat plaasgevind het in A.D 70. Dit was “tweede” genoem na Sy “eerste” persoonlike verskyning.

22. Wat sal hulle dan sê wat hul liefde vir die waarheid behou het?

En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse Eloah op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is Yahuwah op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor Sy hulp. Jesaja 25:9

Voorkennis is voorafbewapening; sal jy Yahuwah se woord die vaandel van jou lewe maak?

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Ons het, die Name van die Vader en Seun, in die Skrifte aangehaal, op die WLC webtuiste, herstel soos hulle oorspronklik geskryf was deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel. Kliek hier om die Restored Names Version (RNV) van die Skrifte af te laai. Die RNV is `n nie-WLC bron. – WLC Span

Spiritualisme: Die Groot Misleiding (Deel 1 van 2)

Toe Lucifer teen Yahuwah rebelleer, was hy deur `n menigte engele van die hemel gevolg. Die verslag sê dat beide hy en sy engele uit die hemel gegooi is. Hulle is nou op die aarde gebonde. “Want as Yahuwah die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word.” 2 Petrus 2:4. Hierdie gevalle engele is steeds in bondgenootskap met Satan, en hul hoof werk bestaan uit `n poging om die menslike familie te mislei en mense weg van Yahuwah te keer.

12 Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! 13 En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van Yahuwah en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. 14 Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! 15 Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil! (Jesaja 14:12-14)

Bekend as “geeste van duiwels,” het hierdie bose engele, regdeur die eeue, hulle misleidende en onderduimse werk uitgevoer. Maar volgens die geskrifte van profete van ouds, sal hierdie werk intensiewer raak soos die wêreld in die laaste dae kom. Die Apostel Paulus waarsku: “Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sou word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang.” 1 Timótheüs 4:1.

Die duiwel en sy engele kan ook wonderwerke doen. Hulle kan aan die mens verskyn in `n gematerialiseerde vorm. Hulle kan menslike wesens beïnvloed, en misleidings op hulle uitoefen. Feitlik, so magtig, sal die misleidings van Satan wees dat die volk van Yahuwah ernstig gewaarsku word, tensy hulle ook daarvoor sal val.

Bybel profesie was al en word nou voor ons oë vervul. Tydens die laaste paar eeue het `n nuwe godsdiens vorm oor verskeie lande soos `n veldbrand versprei. Dis bekend as spiritualisme. In die eerste plek was dit in alle Christen kerke verban. Haar geestes verskynings was geheimsinnig en misterieus, sodat die Christene dit gevrees en vermy het. Maar deesdae is die eksponente van spiritualisme oral te vinde, selfs in Christen kerke; en die kulte tel hulle volgelinge by die miljoene! Ten aanskoue hiervan, is dit sekerlik mees passend dat ons vra, Wat is spiritualisme? Is dit waar of vals? Is dit van Yahuwah of Satan?

Spiritualisme

1. Hoe word Spiritualisme omskryf?

`n Geloofsoortuiging in die frekwentatiewe kommunikasie van intelligensie in die geesteswêreld, deur middel van fisiese fenomena, algemeen gemanifesteer deur `n persoon met spesiale gewaarwordinge, bekend as `n medium. Webster Dictionary.

2. Het hierdie leerstelling in antieke tye bestaan?

Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is Yahuwah julle Eloah. Levítikus 19:31.

3. Hoe beskou Yahuwah towenaars?

En Ek sal na julle nader om strafgerig te hou, en Ek sal `n haastige getuie wees teenoor die towenaars. Maleági 3:5

4. Wat noem Hy die towenaars?
Julle moet dan nie luister na julle …goëlaars en na julle towenaars nie. . . Want hulle profeteer leuens om julle ver te laat wees uit julle land. Jeremia 27:9, 10.

Antwoord: Leuenaars.

5. Wat was die antieke wet aangaande hekse, en diegene met geeste wat waarsê?

En as daar in `n man of vrou `n gees van `n afgestorwene is, of `n gees wat waarsê, moet hulle sekerlik gedood word. Levítikus 20:27

Daar mag niemand by julle gevind word wat sy seun of die dogter deur die vuur laat deurgaan – wat met waarsêery, goëlary of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat `n gees van `n afgestorwene vra of `n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie. Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir Yahuwah `n gruwel. Deuteronómium 18:10-12. (Sien ook Exodus 22:18).

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Antwoord: Yahuwah het Sy volk vertel om nie enigiets te doene te hê met enige mense wie daarop aanpraak maak om bonatuurlike magte te hê en towery bewerk nie. Yahuwah verander nie, Hy keer hierdie tipe dinge deesdae nie minder goed, as wat Hy toe gedoen het nie. Waarom, omdat Hy iets goeds van ons wou weghou? Nee, dis omdat Hy weet dat dit alles `n spul leuens is wat Satan sal gebruik om ons te verslaaf en te vernietig, Hy wil hê ons moet `n goeie tyd hê, alles wat goed is en nie die wrede booshede nie.

Verwerp Christen Grondbeginsels

6. Waarmee word towery deur Paulus geklassifiseer?

Afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap … waarvan ek julle vooraf sê, soos ek julle al vroeër gesê het, dat hulle wie sulke dinge doen, die koninkryk van Yahuwah nie sal beërwe nie. Galásiërs 5:20, 21.

7. Wat moet mens doen as jy gevra word om inligting te kry by `n gees wat waarsê?

En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel – moet `n volk nie sy Eloah raadpleeg nie. Jesaja 8:19

Antwoord: Hier sê Yahuwah dat wanneer mense jou vertel om te soek agter geeste wat waarsê en wat piep en mompel, wat sê dat hulle met afgestorwenes praat, dat jy hulle moet verwerp en eerder soek na Yahuwah. Waarom moet die lewendes in elk geval hulp soek van die dooies, wanneer die Bybel ons vertel, Die dooies weet glad niks nie?

Beproef Elke Gees

8. Is dit moontlik om elke gees te toets?

Beproef Elke Gees

Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle van Yahuwah is. 1 Johannes 4:1.

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle van Yahuwah is. 1 Johannes 4:1

9. Waardeur moet ons hulle op die proef stel?

Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle `n volk wat geen dageraad het nie. Jesaja 8:20

Antwoord: Deur die Tien Gebooie en die res van die skrifte.

10. Moet ons enige vertroue hê in tekens en wonders voorgestel deur diegene wie probeer om ons weg te lei van Yahuwah?

En die teken en wonder kom uit wat hy beloof het met die woorde: Laat ons agter ander elohim aanloop – wat jy nie geken het nie – en hulle dien, dan moet jy nie luister na die woorde van die profeet of na die man wat as dromer optree nie; want Yahuwah julle Eloah beproef julle om te weet of julle werklik Yahuwah julle Eloah liefhet met julle hele hart en met julle hele siel. Deuteronómium 13:2, 3.

11. Watter weg moet ons inslaan onder hierdie omstandighede?

Julle moet Yahuwah julle Eloah navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang. Deuteronómium 13:4.

12. Ons word verwys na die wet en die getuienis, waarvolgens ons hierdie geeste moet toets wat aanvoer dat hulle stemme van die dooies is. Na iemand gesterf het, hoeveel kennis het hy van wat onder die mense plaasvind?

U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en stuur hom weg. Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie. Job 14: 20, 21.

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

Paulus se Teologie in Thessalonika

Die boek van Handelinge voorsien belangrike insig in wat eerste-eeuse Christene geglo en geleer het. In hierdie pos, sal ons gedeeltes van Hoofstuk 17 ondersoek om te sien wat Paulus die burgers van Thessalonika omtrent Yahuwah geleer het. Meer spesifiek sal ons sien of die apostel die leerstelling van die Drie-eenheid of die godheid van Christus, wat beskou word as grondliggend van die Christen geloof, geleer het.

In wat nou Griekeland is, was Thessalonika die hoofstad van een van vier distrikte in Macedonië. Paulus het hierdie hawe besoek met sy tweede sendingsreis.1 Soos Paulus se gewoonte was, het hy na die sinagoge gegaan om die boodskap te deel wat aan hom gegee was:

Handelinge 17:2-3 En volgens sy gewoonte het Paulus na hulle gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreek uit die Skrifte en dit uitgelê en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan en gesê: “Hierdie Yahushua wat ek aan julle verkondig, is die Christus.”

Paulus het die woord van Yahuwah as bewys gebruik dat Yahushua die Christus is en dat dit Yahuwah se plan vir Christus was om te ly en op die derde dag weer op te staan uit die dood.

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Let wel dat die bron van Paulus se gesaghebbende leerstelling die Skrifte was. Later, in dieselfde hoofstuk, het Lukas Paulus se boodskap aan die Thessalonicente gekategoriseer as die woord van Yahuwah.2 Wat was die boodskap wat Paulus uit die Skrifte geleer het? Dat Yahushua `n god-mens was? Of was Christus die tweede persoon van die Drie-eenheid? Of miskien dat Yahushua vooraf in die hemel as die Woord bestaan het? Al hierdie stellings is sleutel elemente in hedendaagse ortodoksie. Maar, Paulus word nie aangehaal dat hy die Thessalonicente hierdie kritiese punte geleer het nie. Maar instede daarvan sê die teks dat Paulus die woord van Yahuwah gebruik het as bewys dat Yahushua die Christus is en dat dit Yahuwah se plan vir Christus was om te ly en op die derde dag weer op te staan uit die dood.

Sommige Jode, saammet `n groot aantal Yahuwah-vresende Grieke en verskeie leidende vroue, was oorgehaal deur die voormalige Fariseër dat Yahushua die Christus was.3 Daarteenoor was daar ander Jode wie jaloers geraak het en Paulus, sy metgeselle, en hul boodskap, verwerp het:

Handelinge 17:5-9 Maar die ongelowige Jode was afgunstig en het slegte manne van die leeglopers saamgeneem en die stad in opskudding gebring deur `n volksoploop te bewerk. En hulle het die huis van Jason aangeval en probeer om hulle voor die volk te bring. 6 Maar toe hulle hul nie kry nie, het hulle Jason en `n paar broeders na die stadsowerhede gesleep en geskreeu: Die mense wat die wêreld in opstand bring, hulle het hier ook gekom, 7 en Jason het hulle ontvang. En hulle almal handel teen die bevele van die keiser en sê dat daar `n ander koning is, naamlik Yahushua.” 8 En hulle het die skare in opskudding gebring en ook die stadsowerhede wat dit gehoor het. 9 Maar toe hulle van Jason en die ander genoegsame waarborg ontvang het, het hulle hul losgelaat.

Wat was die boodskap wat die Jode so aanstootlik gevind het om geweld op te stook teen die gelowiges? Dat die man van Nasáret Yahuwah was? Nee. Maar, die gekruisigde Yahushua was die beloofde koning.

Die Nodigheid van Christus se Lyding

Die nodigheid van Christus se lyding was deurslaggewend aan Yahushua se leerstelling. Byvoorbeeld, toe Petrus die openbaring van Vader Yahuwah ontvang het dat Yahushua inderdaad die Christus van Yahuwah is, het Yahushua sy dissipels gewaarsku dat sy lyding, dood, en opstanding onafwendbaar was:

En Hy sê vir hulle: “Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê: “Die Christus van Yahuwah!” (Lukas 18:20)

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Lukas 9:18-22 En toe Hy besig was om alleen te bid, was die dissipels by Hom, en Hy vra hulle en sê: Wie sê die skare is Ek? 19 En hulle antwoord en sê; Johannes die Doper, en ander: Elia, en ander dat een van die ou profete opgestaan het.” 20 En Hy sê vir hulle: “Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê: “Die Christus van Yahuwah!” 21 Toe gee Hy hulle `n streng bevel om dit aan niemand te vertel nie. 22 En Hy sê: “Die Seun van die mens moet baie ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en op die derde dag opstaan.”

Toe Yahushua uit die dood opgewek was, het hy verskyn aan die twee manne op pad na Emmüas. Die teks sê dat Yahushua “hul verstande geopen het om die Skrifte te verstaan.” Wat was dit waaraan hulle behoefte gehad het om te verstaan? Dat die Christus eintlik Almagtige Yahuwah is? Nee. Maar dat Yahuwah vasbeslote was dat die man wat Hy as koning aangestel het sou ly:

Lukas 24:25-27 Hy sê vir hulle: O Onverstandiges met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! 26 Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in Sy heerlikheid ingaan nie?” 27 En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.

Yahushua se lyding was `n struikelbok vir die Jode. Alhoewel daarvan in die Skrifte gepraat was,4 kon hulle dit nie maklik glo nie. Daarom, is dit nie verrassend nie dat wat veroorsaak het dat hulle struikel-dat Christus se lyding `n integrale deel van Yahuwah se plan was – genoem moes word deur Yahushua en andere. Petrus het byvoorbeeld geleer:

Handelinge 3:17-21 “En nou broeders, ek weet dat julle dit in onwetendheid gedoen het, net soos julle owerstes; 18 maar Yahuwah het op dié manier vervul wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al Sy profete, dat die Christus sou ly. 19 Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van Yahuwah mag kom, 20 En Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Yahushua Christus. 21 Hom wat die Hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan Yahuwah van ouds af gespreek het deur die mond van al Sy heilige profete.

Skrifte doen nooit verslag van enige reaksie deur die Jode van wat die mees skokkende openbaring denkbaar moes wees, dat die een God van die Skrifte eintlik drie persone is wie mede-gelyk `n God essens gedeel het nie.

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Paulus het ook gevind dat dit nodig was om aan die Jode in Thessalonika te verduidelik dat Christus moes ly. Indien Paulus die Drie-eenheid of die deïsme van Christus aan heftig monotheïstiese Jode geleer het, sou dit selfs `n groter reaksie uitgelok het as Christus se lyding. Maar ons word vertel dat die struikel punt van die Thessalonicente was dat Christus gely het en opgewek was. Skrifte doen nooit verslag van enige reaksie deur die Jode van wat die mees skokkende openbaring denkbaar moes gewees het nie, dat die een God van die Skrifte eintlik drie persone is wie mede-gelyk `n God essens gedeel het nie.

In sy boek Divine Truth or Human Tradition, beklemtoon Patrick Navas hierdie waarheid met hierdie kritiese opmerking:

Die denkende student moet homself afvra: As dit moeilik vir die Jode in die vroeë kerk was om die Wet te laat gaan, sou dit nie eens meer uitdagend wees om hul siening van Yahuwah te verander nie? Vyftien Nuwe Testament hoofstukke is toegewy om die Jode se siening van die Wet te verander. En as dit soveel neem om met die Wet te handel, sou ons tenminste nie net een of twee hoofstukke vind wat die verandering in hoe Yahuwah van nou af beskou sou word nie? Maar nie `n enkele vers dui daarop dat die Jode sy siening van Yahuwah verander het nie…Geen vers beskryf dit [die Drie-eenheid], verduidelik dit, of beskryf dit nie. En geen vers vertel ons om dit te glo nie.5

Indien Paulus geleer het dat Yahuwah `n misterieuse drie-enige wese was, of dat Yahushua Yahuwah was, sou dit `n enorme hindernis geskep het vir hulle om die evangelie te verstaan, baie soos dit deesdae doen. Maar soos Navas skryf, Skrifte teken nêrens sulke teenstrydigheid aan nie.

Paulus se briewe aan die Thessalonicente

Sommige mag wonder, omdat die boek van Handelinge nie verslag doen van enig Drie-enigheidsleerstelling deur Paulus, terwyl hy in Thessalonika was nie, dalk kan dit in sy daaropvolgende briewe aan hulle wees. Maar `n ondersoek van beide hierdie briewe openbaar `n skreiende afwesigheid van hierdie leerstellings. Instede van die Drie-eenheid of deïsme van Christus, vind ons dat Paulus onderskei tussen Yahuwah, wie die Vader is, en Yahushua, wie Here en Christus is. Dit verskyn ten minste 8 keer in sy eerste brief.6 Byvoorbeeld:

1 Thessalonicense 1:9-10 Want hulle vertel self aangaande ons watter ingang ons by julle gehad het en hoe julle jul van die afgode bekeer het tot Yahuwah, om die lewende en waaragtige God te dien 10 en Sy Seun uit die hemel te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Yahushua wat ons van die toekomstige toorn verlos.

Hier beskryf Paulus Yahuwah as die lewende en ware God. Yahushua is nie die ware God nie maar die Seun van God uit die dood opgewek.

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Hier beskryf Paulus Yahuwah as die lewende en ware God. Yahushua is nie die ware God nie maar die Seun van God uit die dood opgewek. Verder aan op meer as een geleentheid, skryf Paulus dat Yahuwah die Vader is, terwyl Yahushua die Here is. Hier is twee van hierdie gevalle:

1 Thessalonicense 1:1: Paulus en Silvanus en Timothéüs aan die gemeente van die Thessalonicente wat in Yahuwah die Vader en die Here Yahushua Christus is: Genade vir julle en vrede.

1 Thessalonicense 3:11 Maar mag onse Yahuwah en Vader self en onse Here Yahushua Christus ons weg na julle toe rig.

Ons vind meer hiervan in Paulus se tweede brief aan gelowiges in Thessalonika. Sewe keer, het die apostel `n onderskeid beklemtoon tussen Yahuwah, die Vader, terwyl Yahushua as die Here of Christus beskryf is,7 posisies waarvan ons in Handelinge 2:36 vertel word waarna Yahuwah hom verhoog het.

2 Thessalonicense 1:1 Paulus en Silvanus en Timothéüs, aan die gemeente van die Thessalonicense in Yahuwah onse Vader en die Here Yahushua Christus:

2 Thessalonicense 2:16-17 En mag onse Here Yahushua Christus en Yahuwah onse Vader, wat ons liefgehad het en `n ewige troos en goeie hoop in genade gegee het, 17 julle harte vertroos en julle versterk in alle goeie woorde en werke.

Nie in die boek van Handelinge of in Paulus se briewe aan die kerk in Thessalonika word Yahushua uitgebeeld as Yahuwah of `n drie-persoon wese nie.

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Nie in die boek van Handelinge of in Paulus se briewe aan die kerke in Thessalonika word Yahushua uitgebeeld as Yahuwah of `n drie-persoon wese nie. Indien die leerstelling van die Drie-eenheid en die deïsme van Christus grondliggende leerstelling is – tot die mate dat mens gered kan word sonder om hulle te glo – waarom het Paulus dit nie in Thessalonika of die ander stede wat hy op sy sendingreise besoek het, verkondig nie? Die antwoord is baie eenvoudig omdat die leerstelling nog nie sou ontwikkel het nie. Die historiese verslag van die mid-tweede eeu verklaar dat Platoniese denke (van die soort van John Martyr en andere) begin het om `n impak in die Kerk teologie te hê.

Die openbaring wat veroorsaak het dat die Jode in Thessalonika gestruikel het was dat hulle lang-verwagte koning moes ly voor sy verheffing deur Yahuwah, nie dat Yahushua homself Yahuwah was nie. Die eerste-eeuse Kerk het geleer dat Yahushua `n man van Nasáret was wie homself verneder het en gehoorsaam was aan die wil van sy God, selfs tot die punt van lyding en dood. Maar Yahuwah het Sy dienskneg uit die dood opgewek, en diegene wie hierdie waarheid glo en Yahushua as Christus en Here volg, sal net so tot die nuwe lewe opgewek word.


1 Paulus en geselskap het vermoedelik terug gegaan na Thessalonika in hul derde sending reis toe hulle deur die distrikte van Macedonië gereis het. Handelinge 20:1-5.

2 Handelinge 17:13.

3 Handelinge 17:4.

4 Jesaja 53.

5 Patrick Navas, Divine Truth or Human Tradition, (Indiana: AuthorHouse, 2011), p. 72. Let wel: Navas haal `n ander skrywer in hierdie gedeelte aan.

6 1 Thessalonicense 1:1; 1:3; 1:9-10; 3:11; 3:13; 4:14; 5:9; 5:23.

7 2 Thessalonicense 1:1; 1:2; 1:8; 1:12; 2:13-14; 2:16; 3:5.


Hierdie is `n nie-WLC artikel: https://oneGodworship.com/pauls-theology-in-thessalonica/

Ons het die Engelse titels en name van die Vader en die Seun vervang met dít gebruik deur die apostels. In die skriftuurlike aanhalings voorsien, het ons hul oorspronklike name herstel soos deur die geïnspireerde skrywers gebruik. Nietemin, erken ons die historiese ontwikkeling waardeur die naam Yahushua bekend geword het as “Jesus.” Boonop erken ons dat die Engelse term “God” algemeen gebruik was as `n ekwivalent vir die Hebreeuse Eloah of Elohim. – WLC Span

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

Het Yahuwah Homself of Sy enigste seun gegee

As Yahushua NIE Yahuwah is NIE en Christene gaan voort om te sê dat hy is, dan is iets baie diepgaande verlore in teologie. Om te sê dat Yahuwah aan die kruis gesterf het is om die lydende liefde te mis wat die Vader vir sy gemartelde Seun gehad het wat aan die kruis gely het. Dit sou makliker vir Yahuwah gewees het om Homself te offer as sy enigste Seun, Yahushua.

Ek glo dat die storie van Abraham en Isak vir `n rede in die Bybel is. Yahuwah wou Abraham toets om te sien of sy geloof in Hom groot genoeg is om Hom te gehoorsaam, selfs as dit beteken om sy seun, Isak op te gee, as `n offer op die Berg Moria in Jerusalem. Die storie openbaar die sieleangs van `n toegewyde vader wie kies tussen sy seun en Yahuwah. Dis `n moeilike keuse. Abraham was nie gevra om homself op te offer nie! Sy keuse sou meer problematies wees as self-opoffering! Yahuwah se intensies was nooit dat Abraham dit moet volbring nie. Dit was `n liefdes sowel as `n geloofs toets. Op die laaste oomblik het Yahuwah `n ram voorsien as offer in die plek van Abraham se seun. Abraham moes daardie plek op Berg Moriah noem “YAHUWAH SAL VOORSIEN.”

En Abraham het die naam van die plek genoem: “Yahuwah sal voorsien!” Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van Yahuwah sal dit voorsien word.” (Gen. 22:14)

Wat Yahuwah nie van Abraham verwag het nie, sou Hy op `n latere stadium in die geskiedenis op dieselfde plek vervul, om sy liefde te vertoon aan die wêreld deur sy geliefde Seun, Yahushua, op te gee om aan die kruis te sterf vir die verlossing van `n sondige wêreld: “Hierin is die liefde van Yahuwah vir ons geopenbaar, dat Yahuwah sy eniggebore seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur hom kan lewe.” (1 Joh. 4:9). Eerder dat Yahuwah Homself oorgee aan die dood, het die hemelse Vader sy Seun afgestaan om aan die kruis te sterf. Yahuwah het meer van Homself vereis as wat Hy van Abraham verwag het.


Hierdie is `n nie-WLC artikel. Bron: http://thegodofjesus.com/blog/did-god-give-himself-or-his-only-son

Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verderaan, het ons uit die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun, vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is- WLC Span

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

Beteken om Koning van Konings te wees Yahushua is Yahuwah?

Die boek Openbaring noem Yahushua twee keer die koning van konings en here van die here. In hierdie gedeeltes, is hy uitgebeeld as die Lam wie in stryd is teen die dier en die konings van die aarde, maar wie, aan die einde triomfeer oor sy vyande.1

Openbaring 17:4 “Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin – want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings – en die wat saammet Hom is, geroepe en getrou.”

Openbaring 19:16 En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die “KONING VAN DIE KONINGS en die HERE VAN DIE HERE.”

En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: “Die KONING VAN DIE KONINGS, EN DIE HERE VAN DIE HERE.” (Openbaring 19:16)

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Baie interpreteer hierdie koninklike hoedanigheid as bewys dat Yahushua godheid is. Hulle redeneer dat net Yahuwah alleen hierdie titel kan hê; daarom, moet Yahushua God wees. Dikwels word Paulus se kommentaar aan Timóthéüs as tekstuele ondersteuning gebruik.

1 Timóthéüs 6:13-16 Ek gebied jou voor die aangesig van Yahuwah wat aan alle dinge die lewe gee, en van Christus Yahushua wat voor Pontius Pilatus die goeie belydenis betuig het, 14 dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Yahushua Christus 15 wat op Sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van konings en Here van die here, 16 wat alleen onsterflikheid besit en die ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.

Sommige sê dat die voornaamwoord “Sy” in vers 15 na Yahushua verwys, wat hom dus die enigste soewerein, die Koning van konings en Here van here maak.” Hulle kom tot die gevolgtrekking dat Yahushua is, dus, Yahuwah. Maar, Paulus verwys hier na Yahuwah die Vader, nie na Yahushua nie. Ons weet dit omdat Paulus beskryf “Sy” as iemand “wat geen mens gesien het of kan sien nie.” Skrifte vertel ons dat Yahuwah kan nie gesien word nie.2 Aan die ander kant, was Yahushua gesien deur die menigtes tydens sy aardse bediening. In stede daarvan om die onsterflike God te wees, is Yahushua die beeltenis van die onsigbare God [Yahuwah].

Beteken Om Koning van Konings Te Wees Dat Jy Yahuwah Is?

Maar sommige mag steeds dalk tot die gevolgtrekkings kom, dat omdat Yahuwah die Vader en Yahushua albei dieselfde titel het, dit mag beteken dat hulle albei God is. Dit is `n algemene veronderstelling maar `n foutiewe een wat nie die hele getuienis van die Skrifte oordink nie. Die Bybel doen verslag van ander manne wie ook hierdie titel gegee was. Ons kon inderdaad nie tot die slotsom kom dat hulle ook, Yahuwah is nie. As voorbeeld, het Koning Artasásta, `n heidense heerser, na homself verwys as die koning van die konings:

Esra 7:11-13 En dit is die afskrif van die brief wat koning Artasásta gegee het aan Esra, die priester-skrifgeleerde, wat skrifgeleerd was in die woorde van die gebooie en insettinge van die HERE oor Israel: 12 Artasásta, die koning van die konings, aan die priester Esra, skrifgeleerde in die wet van Yahuwah van die hemel, volkome vrede! En nou – 13 deur my is bevel gegee dat elkeen van die volk van Israel en van sy priesters en Leviete wat in my koninkryk gewillig is om na Jerusalem te trek, met jou mag saamtrek;

KONING VAN KONINGS” – Die Bybel gee verslag van ander manne wat ook hierdie titel gegee is. .

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Alhoewel die titel self aangesteld mag wees in die geval van Artasásta, is Yahuwah die een wie dit aan `n paganistiese koning genaamd Nebukadrésar, toegesê het.

Eségiël 26:7 Want so sê die Here YAHUWAH, “Kyk, Ek laat Nebukadrésar, die koning van Babel, die koning van die konings, van die noorde af van Tirus kom, met perde en strydwaens en ruiters en `n menigte en baie mense.

As die koning van konings ‘n benaming is wat vir gode gereserveer is, hoe kon Yahuwah tereg ‘n heidense koning by hierdie naam noem? Dit is omdat die titel nie uitsluitlik vir Yahuwah gebruik word nie.

Semitiese tale gebruik dikwels ‘n selfstandige naamwoord om ‘n ander selfstandige naamwoord te wysig in stede daarvan om iets of iemand in superlatiewe te beskryf soos ons maak. Hier is `n voorbeeld:

“KONING VAN KONINGS” is die Semitiese wyse om te sê dat iemand die grootste koning is.

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Alhoewel baie meer voorbeelde gegee kan word, help hierdie ons om te sien dat die frase koning van konings `n Semitiese wyse is om te sê dat iemand die grootste koning is. Indien die engel in Johannes se apokaliptiese visioen wou gehad het Johannes en ons moes weet dat Yahushua God is, sou hy gesê het dat Yahushua is die god van die gode en die Here van die here, want dit is hoe Yahuwah beskryf word:

Deuteronómium 10:17 “Want Yahuwah julle God is die God van gode en die HERE van die here, die grote, magtige en gedugte God, wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie.

Maar dit is nie wat die engel wou oordra nie. Daarenteen, het die engel die Lam as die hoogste van die konings, en die grootste van alle here, geïdentifiseer. Artasásta was die grootste koning in sy dag, nes Nebukadrésar in sy tyd. Die konteks van Openbaring verduidelik dat Yahushua die grootste koning en heer is, nie net in `n aangewese tyd nie, maar vir alle tye.

Waarom word Yahushua Koning van Konings Genoem?

Waarom dra Yahushua hierdie verhewe titel? Die Skrifte verduidelik of impliseer nooit dat hierdie eer aan hom hoort omdat hy God is nie. Of nooit is hy die God van gode nes Yahuwah genoem in bogenoemde vers nie. Daarenteen, word ons vertel dat hierdie verhewe posisie gegee was aan Yahushua deur Yahuwah:

Efésiërs 1:17,20-23 dat die God van onse Here Yahushua Christus, die Vader van die heerlikheid … wat Hy [Yahuwah] gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele, 21 bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige. 22 En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, 23 wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

Yahuwah het Yahushua uit die dode opgewek en hom verhef na die hoogste gesagsposisie in die komende ewige koninkryk, nie omdat hy Yahuwah is nie, maar weens sy gehoorsaamheid aan sy God [Yahuwah], nes Paulus verduidelik in sy brief aan die Fillipense.9

Yahuwah Stel Konings Aan Om te Heers Onder Sy Gesag

Die Skrifte lewer verslag dat Yahuwah mense aangestel het om te heers as konings onder Sy koninklike outoriteit. Soos byvoorbeeld, toe Israel verlang het na `n koning nes die ander nasies, het hulle die profeet Samuel, gegrief. Maar Yahuwah het hom vertel om te maak soos die volk vra, en dat hulle nie vir Samuel verwerp het nie, maar Yahuwah as hul koning.

Yahuwah was Israel se hoof heerser, en diegene wie om Sy onthalwe regeer het was dieselfde koninklike titel gegee.

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

1 Samuel 8:6-7 Maar die woord was verkeerd in die oë van Samuel toe hulle gesê het: Gee vir ons `n koning om ons te rig, en Samuel het tot Yahuwah gebid.7Toe sê Yahuwah vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want dit is nie vir jou wat hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om die koning oor hulle te wees.

Toe het Yahuwah aan Samuel gesê om Saul te salf as Israel se eerste koning (menslike) koning. Yahuwah was Israel se hoof heerser,10 en diegene wie om Sy onthalwe regeer het was dieselfde koninklike titel gegee.

Later was dit geprofeteer dat Yahuwah `n man sal verhef tot koning, nie net vir Israel nie, maar vir die hele aarde. Die psalmdigter het gesê dat Yahuwah Sy koninkryk sal oprig in Sion en hom gesag oor alle nasies bied:

Psalm 2:6-12 “Ék tog het My koning gesalf oor Sion, my heilige berg.” 7 “Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan my gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. 8 Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting. 9 U sal hulle verpletter met `n ysterstaf, u sal hulle stukkend slaan soos `n erdepot. 10 Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! 11 Dien Yahuwah met vrees, en juig met bewing. 12 Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!

Daniël se profesie weergee dit in die psalmdigter s`n:

Daniël 7:13-14 “Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van die mens en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom, 14 “En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap: en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.

Indien Yahushua God is, sou die hele skepping en gesag inherent syne wees. Maar nadat Yahuwah Yahushua uit die dood opgewek het, het Hy hom verhef en hom heerskappy, heerlikheid, en `n ewige koninkryk gegee. Oor hierdie rede is Yahushua heerser van die konings van die aarde:

Openbaring 1:5 en van Yahushua Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed.

Yahushua is Onderworpe aan Yahuwah

Tenspyte van Yahushua se verhewe posisie, is hy nie gelyk met Yahuwah in wese of karakter nie. Maar, hy is gelyk in funksie en doel.

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Tenspyte van Yahushua se verhewe posisie, is hy nog steeds nie gelyk aan Yahuwah in karakter nie. Maar is hy, gelyk in funksie en doel. Josef se verheffing as Faroa se tweede in bevel het hierdie gelykheid beklemtoon, soos verduidelik deur die beginsel of wet van agentskap. Josef se voorbeeld voorsien ons met `n voorafskaduwing van die komende Messias:

Genesis 41:39-41 En Faroa sê vir Josef: “Aangesien Yahuwah dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie. 40 Jý moet oor my huis wees, en na jou bevel moet my hele volk hulle skik; alleen deur die troon sal ek groter wees as jy. 41 Verder het Faroa vir Josef gesê: “Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipteland.”

Dieselfde kan gesê word van Yahushua en sy verhouding met Yahuwah. Alhoewel Yahuwah aan Yahushua gesag gegee het en alle dinge aan hom onderwerp het, maar, as Yahuwah se agent, is Yahushua onderworpe aan Yahuwah.

1 Korinthiërs 15:24-28 Daarna kom die einde, wanneer Hy [Yahushua] die koninkryk aan Yahuwah die Vader oorgee, as Hy alle gesag en alle heerskappy vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want HY [Yahuwah] HET ALLES AAN SY [Yahushua se] VOETE ONDERWERP. Maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self ook Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat Yahuwah alles in almal kan wees.

Na regte word Yahuwah die God van die gode genoem, die koning van die konings, en die here van die here, want Hy is die hoogste gesag. Maar as Yahuwah se agent en Sy onderdaan, kan Yahushua ook regmatig genoem word die koning van die konings en die here van die here.

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Dit help ons verstaan waarom Yahuwah gesê het dat die Vader groter was:

Johannes 14:28 “Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan na my Vader, omdat my Vader groter is as Ek.

Na regte word Yahuwah die God van die gode genoem, die koning van die konings, en die here van die here, want Hy is die hoogste gesag. Maar as Yahuwah se agent en Sy onderdaan, kan Yahushua ook regmatig genoem word die koning van die konings en die here van die here. Want dit was Yahuwah wie Yahushua verhef het na die posisie van beide Heer en Christus. (bv., gesalfde koning)

Handelinge 2:36 “Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat Yahuwah Hom Here en die Christus gemaak het, hierdie Yahushua wat julle gekruisig het.”

Vir Yahushua om die koning van die konings en here van die here genoem te word is inderdaad `n eer, maar dit beteken nie dat hy Yahuwah is nie.


1 Revelation 19:19; 20:1ff.

2 Exodus 33:20; Colossians 1:15; 1 John 4:12.

3 Daniel 2:27-28, 46-47.

4 Genesis 9:25.

5 Exodus 26:33.

6 1 Konings 4:32; Hooglied van Salomo 1:1.

7 Prediker 1:2; 12:8.

8 Deuteronómium 10:17.

9 Filippense 2:5-11.

10 Na Yahuwah word verwys as Israel se koning. Isaiah 43:15; 44:6, ens.


Hierdie is `n nie-WLC artikel. Bron: https://oneGodworship.com/does-being-king-of-kings-mean-Jesus-is-God/

Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verderaan, het ons uit die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun, vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span

Die kerk geskiedenis wys `n herhaalde, blatante verwerping van goddelike lig tydens sy vroeë ontwikkeling, wat veroorsaak dat sy nie nuwe lig ontvang nie.

Verwerping van Goddelike lig deur die SDA Kerk: `n Herhalende verskynsel wat sy lot seël. (Deel 3 van 3)

Hoe die SDA Kerk met Dr. Desmond Ford gehandel het wys duidelik sy afsku vir enige leerstelling wat sy gekoesterde teorieë en mens-gemaakte idees ondermyn. Hulle liefde vir tradisie weeg swaar op teen hul liefde vir die waarheid.

Wie is Dr. Desmond Ford?

Verwerping van Goddelike lig deur die SDA Kerk: `n Herhalende verskynsel wat sy lot seël. (Deel 3 van 3) imageHy was `n invloedryke teoloog en voormalige prediker van die SDA Kerk wie `n sentrale figuur in een van die merkwaardigste teologiese vraagstukke in Adventiste geskiedenis geword het. Die wyse waarop die SDA Kerk hom behandel het, veral rondom die 1980 Glacier View byeenkoms en sy nadraai, was deur sommige geleerdes en sommige binne-in die Kerk self as totaal en al onregverdig en hard beskou.

Dr. Ford het die Adventiste leerstelling van die Ondersoekende Oordeel uitgedaag, die oortuiging dat Christus `n spesiale oordeels fase in die hemelse heiligdom in 1844 begin het. Hy het geargumenteer dat die bybelse grondslag vir hierdie leerstelling (primêr gebaseer op Daniël 8:14 en die “2300 dae”profesie) eksegeties swak en teologies ongegrond was. Saam met die verwerping van die Ondersoekende Oordeel, het hy regverdigheid deur geloof en die finaliteit van Christus se versoening aan die kruis, ondersteun, en dus die behoefte vir `n addisionele ondersoekende oordeels fase in 1844 bevraagteken.

Die ongewilde Glacier View Byeenkoms/Inkwisisie van 1980

Die SDA Kerk het 120 teoloë en administrateurs byeengeroep te Glacier View Landgoed in Colorado om Ford se 991 – bladsy dokument, “Daniel 8:14, die Versoen Dag, en die Ondersoekende Oordeel” te hersien. Baie bywonendes het saam gestem dat Ford wettige geleerde sake ophaal; sommige het selfs aangevoer dat die leerstelling behoefte aan hersiening het. Maar, die leierskap, veral Algemene Konferensie President Neal C. Wilson, was vasbeslote om die tradisionele leerstelling hoog te hou. Weereens het die kerk en sy leierskap tradisie verkies oor egte doktrinale leerstelling wat Vader Yahuwah oor hul pad geskyn het, deur die bediening van Dr. Ford.

Die Abjekte Mishandeling van Dr. Ford te Glacier View

Verskeie deelnemers het later aangedui dat die Kerk leierskap alreeds besluit het om Ford te dissiplineer voor die byeenkoms begin het, en sodoende hom die geleentheid ontsê het om sy posisie te verdedig in die sleutel besprekings.

Slegter nog, net twee maande na Glacier View, was Dr. Ford se ministeriële geloofsbriewe herroep, en was hy onthef van onderrig by Pacific Union College, waar hy `n hoogs gerespekteerde teologie professor was. Die SDA Kerk het nie enige pogings aangewend om `n versoenings proses met Dr. Ford aan te gaan nie.

Verwerping van Goddelike lig deur die SDA Kerk: `n Herhalende verskynsel wat sy lot seël. (Deel 3 van 3) image

Die gevolge van hierdie uitval

Die kwessie rondom Dr. Ford het gelei na die verlating van duisende Adventiste, insluitende pastore en leerkragte. Sommige skattings stel voor dat rondom 180 pastore bedank het weens die verwerping van Dr. Ford se leerstellings en die kerk se on-Christelike mishandeling van die hele saak. Baie Adventiste historici en teoloë, selfs diegene wie nie met Ford se teologie saam gestem het nie, het erken dat die proses tekort skiet aan regverdigheid, akademiese integriteit, en pastorale sorg.

Dr. Ford se vrou, Gillian Ford, het `n boek gepubliseer getiteld “Desmond Ford: Hervormer Teoloog, Evangelie Herlewer” wat die emosionele en proffesionele tol wat hierdie behandeling op hul familie gehad het, bekend maak. Hoe is sulke behandeling in lyn met `n kerk wat aanspraak daarop maak dat hulle Yahuwah se oorblyfsel kerk is?

Die Kerk leiers het besluit om Dr. Ford as `n bedreiging te beskou teen sy bestaan eerder as om in geleerde dialoog te gaan, tensy hulle gevind word as verwerping van goddelike lig. Deur sulke handelinge, het hulle die ongewilde verklaring van Kajafas die Hoë Priester weerspieël, met sy woorde, ‘dit is beter vir julle dat een mens sal sterwe, as dat die hele nasie sou omkom.’ Johannes 11:50. Vir die leierskap om die maskerade van die kerk struktuur en sy substansiële instelling te behou, was ver meer belangriker as om slaags te raak in `n teologiese dialoog dat, as dit aanvaar word, dit die rede vir sy bestaan skud. Derhalwe, het die Kerk in bestaan gekom gebaseer op die foutiewe insig van Daniël 8:14. Aanvaarding van Ford se leerstelling sou dus alles waarvoor die Kerk staan tot nil en gener waarde maak en `n dodelike uitdaging opstel teen die onderwysinge en aansprake van Ellen White.

As gevolg hiervan, het die leierskap besluit om nie net Dr. Ford behoorlike proses te ontneem nie maar ook betrek by karakter sluipmoord deur hom te bestempel as `n “eksistensiële bedreiging” wat nodig het om verdruk te word. Verbeel jou `n geleerde wie sy lewe toegewy het aan die hoof evangelie boodskap van geregtigheid deur geloof bestempel as `n “bedreiging.” Die leierskap van die SDA Kerk het besluit om van Dr. Ford `n voorbeeld te maak en om hom te onderdruk, en eens en vir altyd, ander potensiële toekomstige andersdenkendes te waarsku.

Ongelukkig het niemand terwyl steeds werknemers van die SDA Kerk, geen leier tot Dr. Ford se verdediging gekom nie. Eers nadat Leraar William Johnson sy pensioen verseker het, voormalige redakteur van die Advent Review, die volgende erkenning neergepen: “Des Ford was reg omtrent baie dinge. Die kerk skuld hom `n verskoning.”

Verwerping van Goddelike lig deur die SDA Kerk: `n Herhalende verskynsel wat sy lot seël. (Deel 3 van 3) image

WLC en Dr. Desmond Ford

Ons is baie dank verskuldig aan Dr. Ford se onwankelbare toewyding aan sy ferm gehoude oortuiginge. Hy het die hoogste prys betaal vir daardie oortuigings; werkssekuriteit, karakter sluipmoord, en die groot druk wat sy tol geëis het oor sy familie soos hulle die swaar hand van die magtige leierskap van `n uitermate welgestelde organisasie alleen in die gesig gestaar het. Hy kon maklik gekompromiteer het met die leierskap om sy werkssekuriteit te beskerm as `n baie gesogte teologie professor en sy pensioen verseker het. Maar sy getrouheid aan die waarheid het swaar opgeweeg teen enige geldelike oorweginge.

Dr. Ford het geweier om te aanvaar dat die siening van Ellen White se interpretasie van die Skrifte goddelike gesag bevat. Terwyl hy Ellen White baie gerespekteer het, het hy haar rol beperk tot `n pastorale posisie.

Hy was `n onbeskaamde Trinitariër. Ons glo dat hy so verdiep was in die teologiese stryd waarin hy betrokke was dat tyd en ruimte nie vir hom beskikbaar was om vir homself die onderwerp van die Godheid te ondersoek nie. Weereens glo ons ferm, dat aan hierdie kant van die ewigheid, sal ons nooit `n platvorm vind wat 100% foutloos is nie [WLC ingesluit]. Die kritiese toets vir ons almal is nie om enige geleentheid te verwerp om ons oortuiginge te ondersoek wanneer nuwe strale van goddelike lig oor ons weg geskyn word nie.

Ons verwerp die “heilige” SDA leerstelling van die Ondersoekende Oordeel met venyn, alle dank veral aan Dr. Ford se werk verskuldig. Niemand het ons gehelp in die Evangelie Boodskap van Geregtigheid deur Geloof soveel soos Dr. Ford nie. Ons sal ewig aan hom dank verskuldig wees.

By WLC, sal ons voortgaan om baie van sy artikels te publiseer wat in lyn is met ons insig van waarheid, veral oor die beeldskone en allerbelangrike onderwerp van Regverdigheid deur Geloof. Kliek hier om na een van ons gunsteling preke te luister oor hierdie onderwerp deur Dr. Desmond Ford, laat in sy lewe gelewer. Hy was verbied om uit SDA preekstoele te preek, maar die magtige Loma Linda Universiteits Kerk het hom uitgenooi, en het hý hierdie klassieke preek gelewer.

Die kerk geskiedenis wys `n herhaalde, blatante verwerping van goddelike lig tydens sy vroeë ontwikkeling, wat veroorsaak dat sy nie nuwe lig ontvang nie.

verwerping-van-goddelike-lig-deur-die-sda-kerk-deel-2

Die neiging dat die Sewende-Dag Adventiste Kerk goddelike lig verwerp, het `n herhalende verskynsel geword wat haar “lot verseël het” is `n merkwaardige punt van teologiese en historiese refleksie. Hierdie konsep stel voor dat die Sewende-dag Adventiste Kerk, by verskeie kruispaaie in haar geskiedenis, of gefaal het om die goddelike openbaringe van waarhede wat aan haar voorgestel is, ten volle te besef of dit te aanvaar, wat `n volhoubare impak tot haar groei, doktrinale klarigheid, en sy breër invloed in die wêreld, kon hê.

Om hierdie historiese realiteit te verken, is dit belangrik om te delf in twee sleutel gebeure waarin die kerk Yahuwah se lig objektiewelik verwerp het in hul soeke na aanvaarding deur die Christendom en hoofstroom ‘wetenskap.’ Hierdie twee verwerpings het betrekking op die plat aarde lig en die Lunar Sabbat. Hierdie artikel sal fokus op die Lunar Sabbat lig wat vroeg in die twintigste eeu plaasgevind het.

Historiese agtergrond:

Die datum van 22 Oktober 1844, saam met die Groot Teleurstelling, het `n teologiese krisis vir die vroeë Adventiste geskep. Maar, dit het tot `n dieper ondersoek van bybel profesie en tydhouding gelei. Die lunar Sabbat dilemma het opgeduik namate sommige Adventiste gepoog het om die Sabbat te versoen met die maan siklus, deels weens vrae geopper deur die gebeure van 1844. Nogtans het die Sewende-dag Adventiste Kerk die lunar Sabbat teorie verwerp ten gunste van sy ‘tradisionele oortuiging’ in `n vasgestelde, aaneenlopende weeklikse Sabbat, gesetel in `n skeppings week en die vierde gebod.

Die Lunar Sabbat Dilemma

Die lunar Sabbat teorie het ontstaan as respons uit die Oktober 22, 1844 datum en die begrip van Sabbat onderhouding binne-in die Adventiste gemeenskap. Sommige lede van die beweging het begin bevraagteken of die Sabbat waarlik `n vasgestelde, aaneenlopende sewe-dae week was of moes dit gekoppel word aan die lunar siklus, waar die maan die begin van `n nuwe maand aandui. Voorstaanders van die lunar Sabbat teorie het geargumenteer dat die Sabbat bedoel was om te val op die sewende dag na die nuwe maan dag van elke maansomwenteling, wat aandui dat dit elke maand sal verander en dat die Sabbat eintlik geassosieer was met die maan fases eerder as die aaneenlopende weeklikse siklus.

Die kerk leierskap het die aanvaarding van die verskuiwing van die Sabbat dag elke maand in die Gregoriaanse kalender, as uitdaging beskou. Daar was bekommernisse om so `n verandering te aanvaar, selfs as dit deur die bybel verse ondersteun sou wees, die gemeente sou ontsetel en moontlik `n skeuring onder die lede bring: diegene wie die tradisionele vasgestelde Sabbat gebasseer op die aaneenlopende siklus wou behou en diegene wie se doel dit is om die Bybel Sabbat te onderhou ongeag van die oproer wat sulke aanvaarding mag behels.

Die Grace Amadon Lêers en Hul Bydrae aan die Lunar Sabbat Navorsing:

Die Grace Amadon lêers bevat haar navorsing, haar briewe, artikels, en ander materiaal in verband met die lunar kalender en sy verband met die bybelse Sabbat. Hierdie lêers dokumenteer bevindinge, slotsomme, en argumente aangaande die maan siklusse en sy verwantskap met die bybelse Sabbat. Sommige van die sleutel punte van die Grace Amadon lêers sluit in:

-Lunar Sabbat Argument: Amadon argumenteer dat die bybelse Sabbat gebaseer was nie op weeklikse siklus, soos tradisioneel onderhou deur die meeste Christene en Sewende-dag Adventiste nie, maar instede daarvan vasgestel was deur die fases van die maan. Volgens Amadon, het die Sabbat op die sewende dag van die maan siklus geval, wat beteken dat dit elke maand kon verander afhangende van die tyd van die nuwe maan.

Kalender Stelsels: Amadon se navorsing het ook die gebruik van lunar kalenders in antieke tye ondersoek en die historiese bewysse wat daarop dui dat die Sabbat aanvanklik onderhou was in konjunksie met die maansiklus. Sy het verskeie kalender stelsels verken, insluitende die lunar kalender in antieke Israel gebruik en die potensiële bybelse basis vir `n luni-solar kalender.

Kritiek op die Aaneenlopende Weeklikse Silkus: Een van die hoof kritieke in Amadon se lêers is die oortuiging dat die aaneenlopende weeklikse siklus—bepleit deur die SDA Kerk—`n onakkurate interpretasie is van hoe die Sabbat in die Bybel onderhou was. Volgens Amadon en ander lunar Sabbat voorstaanders, is die vasgestelde weeklikse siklus voorgestel deur die Gregoriaanse kalender, nie in lyn met die bybelse kalender sisteem en harmoniseer dit nie met hoe die Sabbat oorspronklik onderhou moes word nie.

Nuwe Maan Dag: Die ondersoek erken dat die Nuwe Maan as `n merkwaardige gebeurtenis in die Hebreeuse kalender, dit van die Sabbat onderskei het. Die Nuwe Maan word herken as die eerste dag van die maand wat die vier weeklikse Sabbatte instel binne-in elke maansomwenteling.

Tenspyte van die onweerlegbare bevindinge voorgestel deur Grace Amadon se navorsing en hul implikasies vir die verbintenis tussen die bybelse Sabbat en die maansiklusse, het die Sewende-dag Adventiste verkies om die Lunar Sabbat te verwerp. Hierdie besluit het gelei tot `n mislukking om goddelike waarheid en Bybelse akkuraatheid te omhels om die status qou van `n tradisionele Sabbatviering te handhaaf. Die leierskap kon nie die idee aanvaar van beide die lede en Sabbat opponente dat hulle fundamenteel verkeerd was omtrent so `n deurslaggewende lering van die kerk nie. Hulle het besluit op `n maklike weg uit hierdie dilemma. Die kerk het konsekwent die status verkies bo die omhelsing van nuwe goddelike ligstrale.

Gevolglik het die Sewende-dag Adventiste Kerk die aaneenlopende weeklikse siklus opgehef om sy tradisionele Saterdag Sabbat te onderhou, grootliks oor Ellen White se geskrifte wat voorspraak doen vir hierdie ononderbreekte weeklikse siklus. Hulle het die bevindinge voorgestel in Grace Amadon se leers, verontagsaam om die kerk eenheid en tradisie te behou. Deur goddelike lig te verwerp op hierdie wyse, het die Sewende-dag Adventiste Kerk, weereens na sy eie fatale nadeel, besluit om die mens te behaag eerder as Vader Yahuwah; gemak oor beginsel geprioritiseer.

Slotsom:

Ons is oortuig dat Vader Yahuwah opgehou het om enige nuwe lig oor die Sewende-dag Adventiste Kerk laat skyn het. Nadat hulle prontuit Yahuwah se model van bybelse skepping in die laat neëntiende eeu verwerp het en dit vervang het met Satan se geïnspireerde bolvormige model, saammet die verwerping van die bybelse Sabbat en luni-solar kalender vir die identifisering van die Sabbat, het die kerk die Drie-enigheidsleerstelling in die vroeë 1980`s aanvaar om ten volle geïntegreer te word as `n hoofstroom denominasie. Deur sy rug te draai op die Een God, Vader Yahuwah, en Hom te vervang met `n paganistiese drie-in-een-god, het die Sewende-dag Adventiste haar eie ewige bestemming verdoem. Nog slegter, deur die Drie-enigheid leerstelling te aanvaar, het hulle, in effek, `n christus aanvaar wat onmagtig is om die ewige lewe aan enigeen te gee -`n Platoniese christus, wie die produk is van die Griekse mitologie en so leweloos is soos `n stuk rots. Hierdie bejammerenswaardige realiteite konfronteer die opregte gelowiges wat steeds vasgevang is binne-in hierdie gevalle kerk met `n keuse: bly jy om haar verdoemenis te deel, of vlug jy vir jou lewe?

Ons dring by jou aan om vir jou lewe te vlug!

Verwerping van Goddelike lig deur die SDA Kerk: `n Herhalende verskynsel wat sy lot seël. (Deel 2 van 3) image

Die kerk geskiedenis wys `n herhaalde, blatante verwerping van goddelike lig tydens sy vroeë ontwikkeling, wat veroorsaak dat sy nie nuwe lig ontvang nie.

Verwerping van Goddelike lig deur die SDA Kerk: `n Herhalende verskynsel wat sy lot verseël. (Deël 1 van 3)

Die neiging dat die Sewende-Dag Adventiste Kerk goddelike lig verwerp het `n herhalende fenomena geword wat haar “lotsbestemming verseël het” is `n merkwaardige punt van teologiese en historiese refleksie. Hierdie konsep stel voor dat die Sewende -dag Adventiste Kerk, by verskeie kruispaaie in haar geskiedenis, of gefaal het om die goddelike openbaringe van waarhede wat aan haar voorgestel is, ten volle te besef of dit te aanvaar, wat `n volhoubare impak tot haar groei, doktrinale klarigheid, en sy breër invloed in die wêreld, kon hê.

Om hierdie historiese realiteit te verken, is dit belangrik om te delf in twee sleutel gebeure waarin die kerk Yahuwah se lig objektiewelik verwerp het in hul soeke na aanvaarding deur die Christendom en hoofstroom ‘wetenskap.’ Hierdie twee verwerpings het betrekking op die plat aarde lig en die Lunar Sabbat. Hierdie artikel sal die verwerping van die plat aarde lig aanspreek wat in die laat neëntiende eeu plaasgevind het.

Ons kan nie hierdie verwerping aanspreek sonder die beklemtoning van die menslike agent wat Vader Yahuwah gebruik het om die waarheid bekend te maak oor die plat aarde aan die kerk en sy leierskap nie.

Ingenieur Alexander Gleason.

Verwerping van Goddelike lig deur die SDA Kerk: `n Herhalende verskynsel wat sy lot verseël. (Deël 1 van 3) image`n Lid van die Sewende-dag Adventiste Kerk, Alexander Gleason (1827-1909) was `n masjinis, landmeter, en siviele ingenieur van Buffalo, New York. Hy was daarop uit om sy geloof in lyn te bring met die plat Aarde. In sy 1890 boek, ‘Is the Bible from Heaven? Is the Earth a Globe?’ het hy geredeneer dat bybel gedeeltes `n plat aarde model ondersteun en het eksprerimente gedemonstreer oor die Aarde se platheid. Byvoorbeeld, het hy observasies oor die Erie Meer voorsien wat die verwagte kurwe van `n bolvormige Aarde kontrasteer.

Alexander Gleason het verskeie merkbare bydraes tot die plat Aarde beweging gemaak in die VSA, veral tydens die laat 19de eeu. Sy idees en geskrifte het die plat Aarde teorie aansienlik bevorder in daardie tyd. Sommige van sy sleutel bydraes sluit in:

– Die “Gleason Kaart”: Een van Gleason se merkwaardigste bydraes aan die plat Aarde beweging is die ontwerp van `n wêreld kaart wat die Aarde as plat voorstel. Hierdie kaart, algemeen bekend as die “Gleason Kaart,” was gebasseer op oortuiging dat die Aarde `n plat, skyf-agtige objek was. Hy het voorgestel dat die Noord Pool in die middel was, omring deur kontinente en oseane, met Antarktika wat `n groot ys muur vorm rondom die perimeter van die Aarde. Hierdie kaart het een van die volhoudende simbole van die plat Aarde beweging geword.

– Die Boek: Is the Bible from Heaven? Is the Earth a Globe? (1890): Gleason het sy werk gepubliseer, met die argument dat die Aarde plat is en die Bybel sy sienings ondersteun. Hy het sy bevindinge van `n plat Aarde voorgestel van beide godsdienstige en wetenskaplike perspektiewe. Gleason se argumente het sy oortuiginge ingesluit dat die Aarde se kurwe duidelik moes wees en dat die plat Aarde model meer geneig is om na die skrifte oor te leun.

– Openbare Lesings en Bevordering: Alexander Gleason was nie net `n skrywer nie, maar ook `n openbare spreker. Hy het lesings gegee wat die bolvormige Aarde model weerlê het. Sy aktiewe betrokkenheid in openbare gesprekke het die plat aarde idee na `n breër gehoor versprei.

– Uitdaging van Hoofstroom Wetenskap: Gleason het die wetenskaplike gemeenskap se konsensus geteiken met die vorm van die Aarde. Hy was oortuig dat die bewyse wat die bolvormige aarde teorie ondersteun, gebrekkig is. Hy het eksperimente uitgevoer wat die veronderstelling dat die Aarde `n bol was uitgedaag het. As voorbeeld, het hy gewys na die feit om ver afstande te sien oor groot areas water as bewys dat die Aarde plat is, met die argument dat `n gekurwe oppervlak sou objekte verduister ná `n sekere punt.

– Integrasie van Godsdienstige Oortuiginge: As lid van die Sewende-dag-Adventiste Kerk, het Gleason sy godsdienstige oortuiginge versmelt met sy plat Aarde sienings. Hy het aangevoer dat die plat aarde model meer in lyn is met spesifieke bybel gedeeltes. Sy godsdienstige raamwerk het sy plat Aarde idees voorsien van `n unieke appél vir godsdienstige gemeenskappe van daardie era.

– Invloed van Latere Plat Aarde Bewegings: Gleason se werk het die grondslag gelê vir die toekomstige plat aarders. Sy geskrifte en die Gleason Kaart het steeds die plat aarde beweging, in besonders onder diegene wie hoofstroom wetenskaplike sienings verwerp het, beïnvloed.

Hoe het Ellen White en die leiersskap reageer op Gleason se boek en werk?

Verwerping van Goddelike lig deur die SDA Kerk: `n Herhalende verskynsel wat sy lot verseël. (Deël 1 van 3) imageEllen White en die breër Kerk het Alexander Gleason se plat aarde veldtog hoofsaaklik teengestaan omdat sy sienings die kerk se klem op wetenskaplike bewyse gekontrasteer het. Terwyl bybel bewyse Gleason se veldtog ondersteun en onderskryf het, het Ellen White, en profeet van die Sewende-dag Adventiste Kerk, die plat aarde leerstelling as spekulerende leerstelling beskou. Sy het die kerk gewaarsku teen betrokkenhed in die plat aarde idees omdat dit mag afdwaal van die grondleggende leerstellings. Sy was bevrees dat betrokkenheid in debatte oor die vorm van die Aarde die kerk se primêre sending om die evangelie te verkondig en `n volk voor berei vir Christus se wederkoms, sou laat ontspoor.

In haar geskrifte, het White voorgestel dat die plat aarde dispuut irrelevant was aan die hoof opdrag van die kerk. Sy word aangehaal deur te sê: “Aangaande die onderwerpe van die plat-aarde teorie, sê God aan elke siel, ‘Wat is dit vir jou? Volg jy My.’”

Verder, nes alle ander groot Christen denominasies, het die Sewende-dag Adventiste Kerk die ‘wetenskaplike bewyse’ vir die Aarde se bolvormige vorm erken. Daarom was Gleason se plat-aarde verdediging in konflik met die kerk se verlange om in lyn te kom met hoofstroom wetenskap en die Christendom. Die SDA Kerk het gemik om `n status te behou as `n hoofstroom Christen denominasie deur leerstellings te verwerp van `n leerstelling wat, alhoewel bybels, beskou is as `n kult deur die Christendom. Die leierskap van die Sewende-dag Adventiste Kerk het aanvaarding deur ander gepreoritiseer bo die omhelsing van goddelike waarheid.

Ironies, terwyl Adventiste vaskleef aan `letterlike interpretasie van die Bybel, hulle beklemtoon ook die belangrikheid van rede en ‘wetenskaplike ondersoek’ vir die begrip van die wêreld. Gleason se leerstellings was beskou as problematies vir hulle omdat dit in konflik was met eeue se pseudo-wetenskaplike ‘bewyse.’

Ellen White was emfaties in die voorkoming van die Kerk se aanvaardig van die plat aarde leerstelling. Sy het gewaaarsku dat ‘Die teories in verband met die vorm van die wêreld, sowel as ander kwessies, moet nie prominent gemaak word of onnodige aandag gegee word nie. Hierdie onderwerpe sal ons nie wiser maak of verbeter nie. God vra ons nie om te verduidelik hoe Hy die hemele en die aarde gemaak het nie. Hy nooi ons om die skoonheid van die natuur te aanskou en Sy majesteit te erken.” (Ellen G.White, Counsels to Parents, Teachers, and Students)

Slotsom: White en die Sewende-dag Adentiste Kerk het Alexander Gleason se plat-aarde leerstellings verwerp, omdat hulle aandag afgetrek het van die kerk se hoof oortuiginge. Die kerk het die belangrikheid van ‘rasionale wetenskaplike bewyse’ beklemtoon wat geargumenteer was om afwesig te wees in Gleason se lesings en eksperimente. Gevolglik, was Gleason se idees beskou as verdelend, onwetenskaplik, en irrelevant, wat misluk om in lyn te wees met die kerk se missie om te integreer met hoofstroom wetenskap en Christendom.

Was dit die moeite werd vir die SDA Kerk om goddelike lig te verwerp so dat die Drie-eenheids kerke van die Christendom hulle nie as `n kult beskou nie?