Die Skrifte is vol waarskuwings oor die einde van die wêreld. Hierdie tekse voorsien `n baie grafiese voorstelling van die peste, slagting en algehele vernietiging wat sal plaasvind net voor Yahushua se wederkoms. Skrifte bevat ook waardevolle beloftes vir diegene wat beskerm wil wees gedurende daardie tyd van benoudheid – “en dit sal `n tyd van benoudhed wees soos daar nie gewees het vandat `n volk bestaan het tot op dié tyd nie: maar in die tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.” (Daniël 12:1, OV)
Openbaring verskaf besonderhede van beide die uitwissing en die verlossing wat sal plaasvind aan die einde van die wêreld.
“En ek het `n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende Elohim; en hy het met `n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig, en gesê: Moenie die aarde en die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse Elohim op hul voorhoofde verseël het nie.”(Openbaring 7:2, 3)

Diegene wat die seël van Yahuwah op hul voorhoofde het word tydens die onafwendbare vernietiging beskerm. Die “voorwaardes van oorlogsvoering” in die stryd tussen Yahuwah en Satan verseker die beskerming van diegene wie die goddelike seël het en die uitwissing van hulle wie nie.
Seëls is `n belangrike deel van wetgewing. Elke monarg of regering het een wat die mag en die outoriteit van die wetgewer simboliseer. Elke seël het drie elemente, waarsonder die seël onvolledig is. Seëls bevat :
- Die naam van die wet–gewer;
- Die titel van die wet–gewer
- Die gesag van die wet–gewer: die gebied waaroor hulle heers.
Sonder hierdie drie elemente, kan die seël nie funksioneer nie. Dit sal die monarg wiese gesag daardeur gesimboliseer word, nie ten volle verteenwoordig nie. Daarsonder, is niks, nie eens `n handtekening, amptelik nie. Maar met die seël aangeheg, word `n eenvoudige stukkie papier `n wetlik bindende dokument, waarvan die vereistes deur die mag van die staat afgedwing kan word.
Die seël van die Koning van die konings, nes die seël van aardse heersers, gee ook Sy naam, titel en outoriteit. Die goddelike Wet wat alle geskape wesens regeer, beide in die hemel en op aarde, is die Tien Gebooie Wet. Die eerste vier gebooie omvat die verwantskap van die mensdom met hul Skepper. Die laaste ses gaan oor die mens se handelinge met sy medemens. Soos met alle wetlik bindende wetgewing, bevat die Wet van Yahuwah, Sy seël. Inderwaarheid is dit deel van die Tien Gebooie! Uit die tien, is dit slegs die vierde gebod wat die drie noodsaaklike elemente bevat vir die vereistes van `n seël. Dit bevat die Naam van Yahuwah, Sy titel, en `n beskrywing van die gebied waaroor Hy heers.
Gedenk die Sabbat dag dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die Sabbat van Yahuwah jou Elohim; dan mag jy geen werk doen nie – jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg, of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het Yahuwah die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het Yahuwah die Sabbat dag geseën en dit geheilig. (Genesis 20:8-11)
Die vierde gbod is op
sigself die koninklike seël van Yahuwah, die Koning van die konings. Dit bevat:
- Sy naam: Yahuwah
- Sy titel: Elohim
- Sy gebied: Hemel en aarde, die see, en alles daarin
Almal wat die seël van Yahuwah op hulle wil hê, en onder die goddelike beskerming wil wees, sal Hom aanbid op die sewende-dag Sabbat, bereken volgens Sy luni-solar kalender. Satan weet van die beskerming wat aan almal geskenk sal word wie die seël van Yahuwah sal ontvang deur Hom op Sy heilige Sabbat dag te aanbid. Dit is oor hierdie rede dat hy so hard probeer het om alle kennis omtrent die antieke lunar Sabbat te vernietig en mense gelei het om op `n ander dag te aanbid.
As die seël van YAH het die Sabbat drie funksies:
- Dit beskerm;
- Dit versterk;
- Dit is `n teken van lojaliteit
Diegene wie met Yahuwah se seël verseël is, ontvang goddelike beskerming:
“Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
“Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil;
“Want U, Yahuwah, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie.” (Psalm 91: 1, 4)
Diegene wie Yahuwah se seël ontvang het, isverskans. Nes warm was die indruk van die metaal gietstuk ontvang, namate dit afkoel. Die verharde was seël is `n refleksie van die metaal seël wat dit gevorm het. Diegene wie toegestem het om Yahuwah te gehoorsaam en Hom te aanbid op Sy heilige Sabbat, ongeag die koste, ontvang die goddelike indruk in hul verstande. Hulle karakters is versterk deur gehoorsaamheid aan die goddelike wet. Die mense ontvang die indruk van die goddelike karakter en `n nuwe skepsel word gevorm. Die verstand word versterk soos dit een word met die goddelike denke. Nuwe gedagtes, nuwe gewoontes, en verlangens lei nou na `n lewe in harmonie met die goddelike Wet.
“Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Yahushua en ons gesalf het, is Yahuwah, wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het. (2 Korinthiërs 1: 21-22.)
Dit is weens hierdie verseëling dat die gehoorsame kinders van YAH versterk en beskerm word te midde van die vernietiging teen die einde van die wêreld.
“Die seël is `n belofte van . . . [Yahuwah] van die volmaakte versekering aan Sy uitverkorenes. Verseëling dui aan dat jy . . .[Yahuwah] se uitverkorene is. Hy het jou vir Homself toegeëien. As die verseëldes van . . . [Yahuwah is ons . . . [Yahuwah ] se vrygekoopte besitting, en niemand sal ons uit Sy hande kan pluk nie.’’ (Ellen G. White, Christ Triumphant, p. 102.)
Die Sabbat is ook `n
teken van lojaliteit. Dit merk die verskil tussen diegene wat Yahuwah
aanbid en diegene wat nie. Die merk van Satan se
koningkryk was altyd rebelie en ongehoorsaam. Dus, lojaliteit en
gehoorsaamheid aan die geestelike wet is die teken wat die lojale hemelse
onderdane onderskei. Die geestelike wet is van dag net so bindend as wat dit
was tydens die Skepping en later soos gespreek by Sinai. Yahushua klaar die
vergissing op van die denke dat die wet “aan die kruis vasgenaeel was” toe Hy verduidelik het dat die waaragtige
bewys van liefde vir ons Maker te vinde is in die gehoorsaamheid aan Sy wet.
“As julle My liefhet, bewaar my gebooie.’’ (Johannes 14:15)
Gehoorsaamheid aan die goddelike wet , insluitende die vierde gebod, is die “versekering van getrouheid” wat die volk van Yahuwah aan hul Maker bied. Deur te aanbid op die sewende–dag Sabbat, bereken volgens die Skepper se ingestelde tydhouding-sisteem, onderskei die getroues en die opregtes van al die ander op aarde.
Yahuwah Homself het die sewende-dag Sabbat gegee om `n teken te wees tussen Homself en Sy volk.
“Julle moet sekerlik My sabbatte onderhou ,want dit is `n teken tussen My en julle in julle geslagte , sodat die mense kan weet dat Ek Yahuwah is wat julle heilig.’’ (Exodus 31:13)
Satan het deur verskeie leuens en kettery probeer om die volk te mislei en te bedrieg om die vierde gebod te oortree. Nie net het hy geleer dat dit nie meer bindend is nie, maar hy het selfs die kalender verander wat mens moet gebruik om na die sewende dag van die week tel! Die Skrifte waarsku dat Satan sal probeer om “die Aller Hoogste te beledig, hy sal die heiliges van die Aller Hoogste martel/vernietig en hy sal probeer om die kalender en die insettinge te verander. (Daniël 7: 25, Knox vertaling)
Satan het die kalender verander deur die luni- Solar kalender op sy te sit en `n solar kalender met aaneenlopende weke wêreldwyd in te stel. Satan het die insettingeverander deur mense te leer dat die goddelike wet “aan die kruis vasgenael is.” Dit was vir net een doel gedoen: om te verseker dat menigtes sonder die goddelike beskerming gelaat word tydens die laaste dae wanneer die sewe laaste plae op die aarde uitgestort word.
Dit is om mense met die geleentheid vir verlossing en beskerming te voorsien dat dié oproep uitgestuur word.
“Vrees Elohim en gee Hom heerlikheid want die uur van Sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.” (Openbaring 14: 7)
Almal wie aan die waarskuwing gehoor gee en die uitnodiging van genade aanvaar sal tydens hierdie donker dae wanneer die wraak van Yahuwah op die onbekeerde sondaars uitgestort word, beskutting geniet. Dit is die verlange van die Vader se hart. Dit is die rede waarom Yahuwah die ryk bronne van die Hemel toegelaat het om die boodskap van die ware Sabbat na elke persoon op aarde te bring. Yahuwah verlang dat elkeen gered moet word. Hy wil Sy aardsgebonde kinders beskerm. Almal wat op die ware sewende-dag Sabbat aanbid, en sodoende die Skepper met hul gehoorsaamheid vereer, sal die goddelike beskerming ontvang en sal einde ten laaste huis toe gaan na die Hemel met die Een wie hulle met hul hele hart liefhet.
“Omdat hy My liefhet, sê Yahuwah, daarom sal Ek hom red; Ek sal Hom beskerm, omdat hy my Naam ken. Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee. Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom My heil laat sien.” Psalm 91: 14-16)