Die Wederkoms │ Deel 1 - Die Triomfantlike Hereniging
“Onse Elohim kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig.” (Lees Psalm 50 vers 3.)
Die oorlogvoering tussen goed en kwaad sal sy triomfantlike einde bereik met die Wederkoms vanYahushua. Sedert die sondeval van die mensdom, is Yahushua se koms in heerlikheid om Sy getroue volgelinge huis toe te neem, die fokus van elkeen wat wag op die Wederkoms van Yahushua, met ʼn verlangende hart, en met hoop, en van geïnspireerde lewensmoed, en wat ook dapperheid verskaf op die pad. In die diepe donkerheid van Job se vuurdoop, het hy ingeloof vasgekleef aan die belofte van ʼn Verlosser wat sal kom. Job het geweet dat dit nie in sy leeftyd sal plaasvind, maar desondanks was hy versterk deur die versekering dat die dag sal kom, wanneer hy met sy eie vlees weer sal lewe en sy Verlosser sal sien.
“Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan. En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou; Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë—en geen vreemde nie—sal sien. (Job 19 verse 25 tot 27)
Die hoop van die Messias se koms in heerlikheid was lewendig gehou deur die aardsvaders en profete regdeur die lange eeue heen. Die Israeliete gedurende die dae van Yahushua het Hom verwerp as hulle Messias, omdat hulle gefokus het op die heerlikheid van Sy Wederkoms, inplaas daarvan op die van die nederigheid van Sy eerste koms. Noudat hierdie gebeurtenis waaroor daar so lank gedroom is, en waarvoor so lank gehoop oor is, om te gebeur. Die Wederkoms, wat evangeliste geïnspireer het, en martelare versterk het asook menigte bemoedig het, sal spoedig oor die wêreld losbars.... as ʼn oorweldigende verrassing.
Die meerderheid van die wêreld vandag kyk nie meer verlangend uit vir die Verlosser se koms. Die Skrif voorspel:
“Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.” (2 Petrus 3 verse 3 en 4)
Hierdie profesie gaan in vervulling in hierdie huidige geslag. Die meeste mense glo nie meer langer dat Yahushua se koms onvermydelik is. Inplaas daarvan, sê baie, “ Dit is wat my voorouers gewoond was om te sê. Nou , is hulle almal dood en ons is steeds hier!” Hierdie wydverspreide ongeloof in die Yahushua se koms is een van die aanduidings dat die Wederkoms werklik baie naby is
“Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel, en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? (2 Petrus 3 verse 3 en 4)
![]() |
Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? (2 Petrus 3 verse 3 en 4) |
Yahushua verlang dat Sy volgelinge gereed moet wees en nie deur verrassing oorval word met Sy koms. Hy het gewaarsku:
“Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.” (Lukas 12 vers 40.)
Daar sal geen “geheime wegraping” wees wat die heiliges vinnig van die wêreld opraap sonder dat iemand daarvan weet. Die Wederkoms sal die mees glorieryke gebeurtenis wees wat die mens tot nog toe sal aanskou. Dit sal die hemele omhul met onbeskryflike glorie, lig en skoonheid.
Die Skrif verklaar duidelik:
“Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.” (Mattheus 24 vers 27)
Yahushua Self het voorspel dat die einste openbare natuur met die tyd van Sy koms na die aarde sal wees. Met Sy verhoor, het Hy die priester gewaarsku wat in sittende oordeel was teen Hom:
“Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel.” (Mattheus 26 vers 64)
Die Wederkoms sal aanskou word deur elke persoon wat op die aarde leef.
“Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!” (Openbaring 1 vers 7)
As die Wederkoms maar net ʼn “geheime wegraping” sal wees, dan sou die verlorenes nie “weeklaag oor Hom.” Diegene wat vasgekleef het aan sonde, en die Hemele se gratis aanbod vir genade en vergiffenis verwerp het sal die dood soek eerder as Hom in die aangesig te staar wat vir hulle gesterf het, Johannes van Openbaring het die reaksie gesien van die verlorenes toe hulle die Wederkoms van Yahushua aanskou het.
“en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit; en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; 17want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?” (Openbaring 6 verse 14 tot 17)
Oor die verlorenes, met die Wederkoms, sal hulle deur ʼn nimmereindigende nag oorval word, maar vir die regverdiges sal daar ʼn nimmereindigende dag aanbreek. Almal wie lief was vir hulle Verlosser en Hom gevolg het in gehoorsaamheid en vertroue sal met blydskap Hom aanskou met Sy koms.
“En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse Elohim op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is Yahuwah op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp.” (Lees Jesaja 25 vers 9)
![]() |
Die Wederkoms sal ʼn hereniging wees: ʼn hereniging met die Skepper en Sy getroues, en afwagtendes, en ʼn hereniging met vriende en familie, wat lank geskei was deur die dood. |
Die Wederkoms sal ʼn hereniging wees: ʼn hereniging met die Skepper en Sy getroues, en afwagtendes, en ʼn hereniging met vriende en familie, wat lank geskei was deur die dood. Menigte wat geliefdes afgestaan het aan die dood was hartseer met die gedagte dat hulle nooit weer hulle geliefdes sal sien. Selfs diegene wat glo dat hulle in die Hemel is wonder of hulle mekaar daar sal herken. Die Skrif voorsien aan, en in liefdevolle versekering dat geeneen wat gesterf het deur die liefdevolle Yahuwah vergeet sal word en agtergelaat word. Nie alleen sal ons in staat om ons geliefdes te herken, maar die dooies wat opgewek is sal eerste in die wolke opgeneem word, en daarna sal die lewende regverdiges wat oorbly saam met hulle opgeneem word in die wolke.
“Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.” (1 Tessalonisense 4 verse 13 tot 18)
Moeders sal hulle babas ontvang, wat van hulle weggeskeur is in hulle arms deur die dood. Vriende, wat lank geskei sal mekaar herken en mekaar in vreugde omhels. Dit sal ʼn hereniging wees ongekend en gesien tevore. Dit sal ‘n hereniging wees van die verlostes met hulle Verlosser. Dit sal ook baie meer wees as net dit.
Yahuwah, die groot bron van lig en lewe en liefde, is die Een wat hierdie hereniging moontlik gemaak het.
“Want so lief het Yahuwah die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want Yahuwah het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.” (Lees Johannes 3 verse 16 en 17)
Sonder die self opofferende liefde van Yahuwah, wat gewillig was om Sy Enigste Seun te offer ter wille van sondaars, sou dit geensins moontlik gewees het. Dit is deur die Vader se liefde, dat hierdie hereniging moontlik is.
“Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak.” (Romeine 8 verse 32 en 33)
Die blydskap van die Vader met die terugkeer van Sy aardgebore kinders sal grensloos wees. Geen woorde kan die emosies beskryf wat die hart sal aangryp van die Oneindige Liefde wanneer Hy die vreugdevolle menigtes, wat vrygekoop is van die dood, en vergader is voor Sy troon, daar vir liefde en om geliefd te wees, regdeur die eindelose siklusse van die ewigheid. Self vir Yahuwah ontbreek dit aan woorde om uitdrukking te gee aan Sy vreugde. In daardie blye uur, as Hy die menigte verlostes aanskou, kan die hart van Ewige Liefde alleenlik uitdrukking vind vir Sy liefde in die vreugde van sang!
“In dié dag sal aan Jerusalem gesê word: Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap hang nie!
Die Yahuwah jou Elohim is by jou, ‘n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.” (Sefanja 3 verse 16 en 17)
Geen woorde kan hierdie toneel beskrywe. Geen pen kan die vreugde van daardie uur vaslê. Dit sal alleenlik ondervind word deur diegene wat alles opgeoffer het om hulle Verlosser te volg al die pad na die Vader se woning.
“Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? — julle wat die koms van die dag van Yahuwah verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.
“Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.
“Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.” (2 Petrus 3 verse 10 tot 14)