So lank as wat daar geheime organisasies was, was daar geheime kodes. Of
die metode nou gebruik, geheime handseine, woorde met verborge betekenisse of
numerologie was, was die intensie om inligting aan die ingelyfde minderheid te
kommunikeer terwyl dieselfde kennis van die menigtes weerhou word. Geheime
organisasies het doelwitte en agendas wat die menigtes afskuwelik vind en sou
dit wou stop, indien hulle kon.
Die meeste geheime organisasies vind hul oorspronge honderde jare, in `n paar gevalle, duisende jare terug. Lede, wie gewerk het om hulle organisasies se doelstellings te bevorder, het die regerings, kerke, industrieë en selfs die finansiële sektore geïnfiltreer. Konings, president en die hoog-aangeskrewe amptelikes was in sluipmoord aanvalle vermoor; oorloë was geveg – alles om die planne van die handjievol magtige, bose elite, te bevorder.
Diegene wie die kennis van hierdie ware bedreiging het, vrees dit. Die Verenigde State President, Woodrow Wilson, was bewus van hierdie sluipende euwel. In 1933, verklaar hy:
![]() |
VS President Woodrow Wilson |
`n Magtige industrieële volk word deur die krediet stelsel beheer. Ons kredietstelsel is privaat gesentreerd. Dus is die nasie groei, en al ons aktiwiteite in die hande van `n paar manne . . . [O]ns het ontwikkel tot een van die swakste regeerde en, een van die volledigste beheerde en gedomineerde, regerings in die ontwikkelde wêreld geword – nie meer langer `n regering deur vrye opinie nie, nie meer `n regering deur oortuiging en die stem van die meerderheid nie, maar `n regering deur die opinie van die dwang van minderheidsgroepe met dominerende mans. ... Sedert my toetrede tot die politiek, het ek hoofsaaklik manne se sieninge wie privaat met my beraadslaag het, bekom. Sommige van die beste manne in die Verenigde State, in die kommersiële en vervaardigings sektore, is bevrees vir iemand, is bang vir iets. Hulle weet dat daar `n mag iewers, so georganiseerd, so subtiel so ontwykend is, dat dit beter is dat hulle nie bo `n fluistering spreek van die veroordeling daarvan nie.1
Satan het deur hierdie mag elite gewerk, wat sedert antieke tye al elke land op aarde indring, werkend, volhoudend en in die duister, soos elke millennium verbygegaan het, om `n wêreldwye netwerk te skep wat hy in sy finale stryd teen die Koninkryk van die Hemel kan gebruik. Maar,
Want die woord van [Yahuwah] is lewend en kragtig en skerper as enige twee snydende swaard, en dring deur tot die skeiding van die siel en gees en van gewrigte en murg, en is `n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het. (Hebreërs 4:12, 13, OV2)
Yahuwah ken en sien alles. “Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie.” (Lukas 8:17) In Sy liefderyke sorgsaamheid vir diegene wie sal lewe tydens die laaste dae van die aardse geskiedenis, het Hy `n bose, magtige entiteit geïdentifiseer, wat terugreik na die antieke tye toe: “Hier kom die wysheid te pas. Wie verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van `n mens; en sy getal is 666.” (Openbaring 13:18, OV)
Hoewel die Skrifte gelaai is met simboliek ryk in betekenis, is “666” nie `n getal wat in die Hemelse geheime kode sy oorsprog vind nie. Dit is wel `n baie antieke getal wat betekenis het aan diegene wie in die paganistiese mistieke godsdienste ingelyf was. Dit verteenwoordig `n mag wat lank reeds met Satan in sy rebellie teen die Hemel saamgewerk het. Yahuwah het bekend gemaak dat dieselfde mag waardeur Satan vir millennia gewerk het weereens sal opkom tot wêreld prominentheid heel aan die einde van tyd.
![]() |
Amulette in Berlynse Museum. |
Moderne okkulte, nes die antieke paganiste, gebruik numerologie vir beide “geheime” informasie sowel as vir die verkryging van okkultiese magte. Dit is in antieke numerologie waarin die getal 666 in die eerste plek sy oorsprong het. Paganistiese priesters het amulette bekend as Sigilla Solis, of “sonskilde” gedra.
Hierdie amulette was deur die paganistiese priesters gedra, wat al die getalle van 1 tot 36 bevat het. Deur middel van hierdie getalle het hulle daarop aanspraak gemaak dat hulle by magte was om gebeure in die toekoms te voorspel. Hierdie amulette was gewoonlik uit goud gemaak, geel volgens die kleur van die son. Terwyl dit gedra was, was hierdie amulette toegebind in geel satyn, omdat gedink was dat die draer daarvan geglo het dat die voordelige magte wat uit die juweel vloei, op die manier sou ontvang.3
![]() |
`n Solar rooster wat moderne numerologie gebruik. |
Op die Sigilla Solis, verskyn
`n rooster met al die getalle van een tot 36. Elke kolom sowel as elke volle diagonaal,
wanneer bymekaar gereken, is gelyk aan 111. Ses kolomme van 111 is gelyk aan
666, of 6 X 11 = 666. Hierdie nommer, het sy oorsprong in die antieke mistieke
godsdienste van Sumer en Babilon gehad, wat met die tye afgekom het en bevat
steeds die waarde vir hulle wie die uitnemendheid daarvan verstaan. Dit was oor
hierdie rede dat Yahuwah die getal in Openbaring as `n identifisering van `n antiekevervolgende godsdienstige mag ontmasker, wat weereens sou herrys en
despotiese heerskappy heel aan die einde sal uitoefen.
In baie antieke tale, was numeriese waarde aan letters toegedig. Die Romeine is die beste bekend vir hierdie gebruik, alhoewel slegs ses van hulle letters numeriese waarde het. Johannes is baie duidelik: “Die getal van die dier . . . is die getal van `n man: Sy getal is 666.” (Openbaring 13:18) Hierdie getal is te vinde in `n titel waarop uitsluitlik deur die pous aanspaak gemaak word en op die pouslike kroon gedra: Vicarius Filii Dei. Dit beteken, “Priester van die Seun van God.” Wanneer die letters wat numeriese waarde bevat bymekaar bereken word, is die som totaal 666:
Hoewel die getal uit die antieke tye dateer, dateer die gebruik van die titel terug na die agste eeu toe `n vervalsde dokument getitel as die Donasie van Konstantyn die frase gebruik het, wat dit op die pouse van toepassing gemaak het om apostoliese opeenvolging van “Petrus” bewys het. Hierdie papier was deur kerkraadsbesluit bevestig, geïnkorporeer in die Rooms Katolieke kanonieke wet deur Gratiaan, later onderskryf deur Pous Gregorius XIII; en aangehaal deur die Katolieke geleerde en historikus Lucius Ferraris, wie bevestig het dat dit `n vervalste dokument was.
Ut sicut Beatus Petrus in terris Vicarius Filii Dei fuit constitutus, ita et Pontifices eius successores in terris principatus potestatem amplius, quam terrenae imperialis nostrae serenitatis mansuetudo haber videtur" Lucius Ferraris, Prompta Biblietheca, (edition of 1890), art, "Papa," II, Vol. VI, p. 43.
Lees dan nou die Engelse weergawe van hierdie Latynse vertaling van die Kanonieke wet van Gratiaan, wat u sal onthou volgens bewering deur Konstantyn die Grote, neergeskryf is.
Nes die geseënde Petrus gesien is om ingestel te wees as die Priester van die Seun van God op aarde, so die biskoppe wie die verteenwoordigers van dieselfde hoof van die apostels is, moes van ons en ons ryk die mag van `n groter soewereiniteit as die genadigheid van ons aardse keiserlike helderheid. Christopher B. Coleman, The Treatise of Lorenzo Valla on the Donation of Constantine, bl. 13
In die vroeë jare van die eerste millennium na Yahushua, het die Rooms Katolieke Kerk in mag
en invloed uitgebrei. Dit is verkry deur paganistiese met “Christen” name te
herdoop. Dit is `n belangrike punt. Christenheid het nie paganisme geabsorbeer nie. Maar, paganisme, rein
en onvervals, was herbenoem en afgemaak as Christelikheid. Dit het mag aan die
biskop van Rome oor beide die Christene en die paganisme gegee.
Binne in die Rooms Katolisisme, hou die pous twee “sleutels.” Die word op elke pouslike wapenskild gesien en staan vir die “sleutels van Petrus.”
Dit is nie moeilik om te sien hoe die Paganiste geredelikerwys rondom die pous vergader toe hulle hoor dat hy sy mag gevind het in die besit van “Petrus se sleutels” nie. Die sleutels wat die pous dra was die sleutels van `n “Petrus” welbekend aan die Paganiste wat in die Chaldese Mistisisme ingelyf was . . . . Daar was `n Petrus in Rome wie die hoogste plek in die Paganistiese priesterskap beset het. Die priester wie die Verborgenhede aan die ingelyfdes verduidelik het, was soms op `n Griekse term genoem as, die Hierophant; maar in primitiewe Chaldees, die ware taal van die Verborgenhede, was sy titel, soos sonder die punte uitgespreek, “Petrus” – bv. , “die vertolker.”4
Hierdie verbintenis van die pous aan paganisme bestaan steeds en is dié einste paganisme-vermom-as Christenheid wat Yahuwah in Openbaring bekendstel wie as `n hoof vervolgingsmag teen die regverdiges sal optree in die dae wat voorlê. Deur te waarsku dat “die getal van `n mens” 666 is, was Yahuwah spesifiek in die identifisering van hierdie vreeslike mag.
[Daar bestaan] die sterkste bewyse dat in lande ver verwyderd van mekaar, en ver weg van Rome, was hierdie sleutels bekend aan ingelyfde Paganiste nie net as die “sleutels van Petrus” nie, maar as die sleutels van Petrus geïdentifiseer met Rome. . . . Die bestaan van so `n titel was te kosbaar om deur die Pousdom oorgesien te word . . . Wanneer die Pous gekom het, nes hy gedoen het, in intieme bondgenootskap met die Paganistiese priesterskap; toe hulle einde ten laaste . . . onder sy beheer gekom het, wat meer uit nature as om nie net Paganisme en Christendom te versoen nie, maar dit laat voorkom asof die Paganistiese “Petrus-Roma,” met sy sleutels, beteken “Petrus van Rome,” en dat daardie “Petrus van Rome” die einste apostel was aan wie die Heer Jesus Christus die “sleutels van die koninkryk van die hemel gegee het”?
Daarom word gevind dat uit `n eenvoudige skommeling van woorde, persone en dinge wat uit essens verskil met mekaar verwar; en Paganisme en Christenheid met mekaar vermeng, sodat die oorheersende ambisie van `n priester bevredig mag word; en sodoende die Christene verblind vir die afvalligheid, [sic] dat die Pous die verteenwoordiger van Petrus die apostel was, terwyl aan die ingelyfde Paganiste, hy maar net die verteenwoordiger van Petrus, die vertolker van hulle wel-bekende Verborgenhede is.5
As die besitter “van die sleutels van Petrus”, is die pous die enigste wettige hoof van die Babiloniese verborgenhede. Openbaring 17:5 verwys inderdaad na hierdie paganistiese godsdiens stelsel wat haarself uitgee as Christelikheid as “Verborgenheid die groot Babilon”
Dit is alom bekend dat die Rooms Katolieke Kerk se aanspraak tot opperheerskappy in haar eie erkenning is dat sy die aanbiddingsdag van Sabbat na Sondag verander het. Een Katolieke publikasie roem daarin:
Hulle [die Protestante] beskou dit as hul plig om Sondag heilig te hou. Waarom? Omdat die Katolieke hulle vertel om so te doen. Hulle het geen ander rede nie . . . Die onderhouding van Sondag loop dus uit tot `n ekklesiastiese wet heeltemal anders as die goddelike wet van Sabbat onderhouding . . . Die gesag van die Sondag wet . . . is die Katolieke Kerk. 6
Openbaring deel ons mee dat die finale stryd tussen die magte van die bose en die Koninkryk van die Hemel oor aanbidding sal wees. Die dier wie die getal 666 dra,
Het die mag om lewe aan die beeld van die dier, te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood sal word wat die dier se beeld nie aanbid nie. En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe `n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.
Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van `n mens; en sy getal is ses-honderd-ses-en-sestig. (Openbaring 13: 15-18)
Hierdie gedeelte openbaar dat die Rooms Katolieke Kerk, met die pous aan
haar hoof as erfgenaam van die verborge godsdiens van Babilon, die septer oor
wêreldwye basis sal swaai. Diegene wie nie sal toegee nie, sal die reg om te
koop en te verkoop, ontsê word, en uiteindelik, waardig verklaar word om die
doodstraf te kry.
In die laaste 200 jaar, was die Katolieke Kerk nie die prominente wêreld leier wat sy in die vorige eeue was nie. Baie mense het begin wonder of dit `n fout was om hierdie Skrifgedeelte aan die pous toe te skryf. Maar `n antieke spreekwoord sê: “Hy wat die kalender beheer, beheer die wêreld.”
Deesdae reguleer die ganse wêreld haar werk, skool, vakansiedae en tye van aanbidding volgens die kalender soos uitgedink deur die Rooms Katolieke Kerk. Dit word selfs die “Gregoriaanse” kalender genoem na Pous Gregorius XIII. Paganisme is lewend en gesond binne-in Katolisisme, die misleiding is selfs erger.
Om die Paganisme met die naam Christene te versoen, het Rome haar gewone beleid gevolg, deur maatreëls te neem om die Christen en die Paganistiese feestye met mekaar te vermeng, en deur middel van `n gekompliseerde verstelling aan die kalender, was dit as geen moeilike saak beskou, om in die algemeen, Paganisme en Christelikheid – nou so ver in afgodery versink . . . te kry om hande te skud nie.7
Hoewel Jode en baie Protestante besef dat die pous in werklikheid nie die gesag het om Yahuwah se Sabbat te verander, en sy eie aanbiddingsdag op Sondag te skep nie, is hierdie selfde mense so mislei deur te dink dat Saterdag op die Gregoriaanse kalender die ware sewende-dag Sabbat van die Skrifte is. Almal wie hulle aanbiddingsdae bereken volgens die paganistiese/pouslike kalender, lewe in onkunde, wie op paganistiese aanbiddingsdae aanbid en hulde bring aan paganistiese gode!
Saterdag is vernoem na “Saturnus,” die mees bloeddorstige van alle paganistiese gode. Dit is die verborgenheid weggesteek aan die diepste hart van die paganistiese verborge godsdiens. Aanbidding op Saterdag/Saturnus dag vereer Satan, die bron van alle paganistiese godsdienste.
Saturnus en Misterie is beide Chaldese woorde, en is wederkerige terme. Nes Misterie die Verborge stelsel voorstel, so stel Saturnus die Verborge god voor. Aan die ingelyfdes, was die god openbaar gemaak; aan al die ander was hy verberg. Dan, die naam Saturnus in Chaldees word uitgespreek as Sat?r; maar, soos elke Chaldese geleerde weet, bestaan dit net uit vier letters, dus – St?r . . .
Die pous is . . . die wettige verteenwoordiger van Saturnus, die getal van die Pous, as hoof van die Verborge Mistisisme, is maar net 666. Maar dit strek steeds verder, . . . dat die oorspronklike naam van Rome self Saturnia was, “die stad van Saturnus.” Sodoende, is die Pous . . . dan die enigste wettige verteenwoordiger van die oorspronklike Saturnus van hierdie tyd wie oorleef het, en hy regeer in die einste stad van die sewe heuwels waar die Roomse Saturnus voorheen regeer het; en, uit sy woning waarvan die ganse Italië “lank daarna op sy naam genoem was,” algemeen bekend as “die Saturnalië land.”8
ALLE aanbidding op `n paganistiese kalender gee eer aan Satan, of die dag nou Sondag, Saterdag of gebede by die Moskee op Vrydag is. Om die Skepper werklik te vereer, moet mens Hom op die sewende-dag Sabbat van Sy aangewese metode van tydsberekening: die luni-solar kalender aanbid.
Die goddelike waarskuwing word nou verkondig:
Vrees Yahuwah en gee Hom heerlikheid, want die uur van Sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het. En `n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery. (Sien Openbaring 14:7, 8.)
Mistieke Babilon met haar eienaarskap van die moderne kalender en haar aanbiddingsdae, het geval. Dit het geval met die herstel van die kennis van die ware kalender en die Sabbat van Yahuwah
Skrifte verklaar dat die finale generasie die Skepper sal verheerlik deur AL Sy gebooie heilig te hou, insluitende aanbidding op die sewende-dag Sabbat van die Bybelse kalender. Die verlorenes sal saamwerk met die geïdentifiseerde 666 dier mag van die Rooms Katolieke Kerk en die ewige lewe verbeur.
Kies jy vandag wie jy wil dien sodat die heerlike seënwense ook oor jou uitgespreek kan word: “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wie die gebooie van Yahuwah en die geloof in Yahushua bewaar. (Openbaring 14:12.)
1 Woodrow Wilson, The New Freedom: A Call for the Emancipation of the Generous Energies of a People, (New York: Doubleday, Page & Co.), 1913.
2 Alle Skriftuurlike verwysings is uit die Ou Vertaling geneem indien anders vermeld.
3 Roy Allen Anderson, Unfolding the Revelation. Sien bladsye 125-127.
4 Alexander Hislop, The Two Babylons, bl. 208.
5 Hislop, ibid., pp. 208-210, klem oorspronklik.
6 Ecclesiastical Review, Februarie, 1914.
7 Hislop, op. cit., p. 105, klem voorsien.
8 Hislop, ibid., bl. 269-270, klem oorspronklik.