Die Misgekykte
Werklikheid
Antichris. Die einste woord wek idees van absolute euwel op: een of ander toekomstige persoon of entiteit, wat die mensdom hipnotiseer met `n meesterlike en oorweldigende misleiding. Omdat niemand gebreinspoel en verlei wil wees nie, was `n magdom teorieë voorgestel, wat verskillende moontlikhede vir die identiteit van die Antichris kan wees.
![]() |
`n Verskeidenheid van teorieë was geopper, wat verskillende moontlikhede voorstel van wat die identiteit van die Antichris kan wees. Tog, het niemand nodig om mislei te word nie. Die Bybel is baie duidelik aangaande die identiteit van die antichris. |
Die duisende denominasies waaruit Protestantisme bestaan het die meeste voorstelle geopper. Idees wat wissel van die baie breë (Antichris wat `n bose beginsel moet wees, `n Muslim, of `n demoon) tot die baie spesifieke (Antichris wat die duiwel in menslikegedaante is of die Amerikaanse President, Barak Obama. Ander voorstelle is dat die Antichris die pous is of iemand van die verre verlede, soos `n Romeinse Keiser bekend vir sy vervolging van Christene (Nero, Deocletian, Julian, Caligula, ens.)
Rooms Katolieke, wie die grootste Christen denominasie uitmaak, maak daarop aanspraak dat die Antichris `n werklike lewende wese is. Hulle sê:
Antichris is `n indiwiduele persoon, `n definitiewe vyand van Christus. Dit sluit die bewering uit van diegene wie verduidelik dat die Antichris óf die volle versameling van diegene is wat Jesus Christus teengestaan het, of as die Pousdom. . . .Die indiwiduele persoon van Antichris sal nie `n demoon wees, soos sommige van die antieke skrywers geglo het nie; nóg sal hy die persoon van die duiwel wees in menslike gedaante van Christus, dalk van Joodse agtergrond . . . .1
Daar is eintlik bietjie waarheid in elkeen van hierdie voorstelle. Die woord “antichrist” kom van die Griekse woord {. . . . } (#500: antichristos).
Antichristo skan enigiets óf “teen Christus”2 of “plaasvervanger van Christus,” of dalk, `n kombinasie van die twee [basis woorde] wees, een wie voorgee om Christus te wees, wie vir Christus teenstaan en Sy plek inneem . . . . Die antichristos ontken dat Jesus in lewende lywe Christus is. (2 Joh. 1:7); die pseudochristos (5580) maak self daarop aanspraak dat hy die Christus is.3
Die probleem met elkeen van hierdie voorgestelde interpretasies is dat hulle te eng in hul omvang is. `n Deeglike studie van profesie verklaar net wat/wie die Antichris is, en dit is enorm.
Wêreld se Laaste Kans glo
dat die versamelde bewyse wat in die Skrifte VOORGESTEL onthul dat die
Rooms Katolieke Kerk haarself die Bybelse
voorspelde antichris sisteem is. Haar
tentakels reik uit na elke land op die planeet. Haar opvoedkundige sisteem het
verstande beïnvloed en wette vir eeue gevorm. Haar bieg stelsel maak die grootste inligtings-versamelings
infrastruktuur op aarde uit. Antichris is verpersoonlik in die persoon van die
Pous Francis, van wie ons vas glo dat hy die agste
en laaste pous is waarna in Openbaring 17 verwys
word.
Die idee dat die pous die Antichris is het vir die eerste keer opgeduik in die 11de eeu, alhoewel die idee nie prominentheid verkry het totdat dit geleer was deur die Protestantse Hervormers van die 16de eeu nie. Martin Luther het geskryf dat die Pousdom “niks anders was as net die koninkryk van Babilon en van die einste Antichris. Want wie is die mens van sonde en die seun van die verderf, maar hy wie deur sy leerstellinge en sy verordeninge die sonde en die verderf van siele in die kerk vermeerder; terwyl hy wel sit in die kerk asof hy God is? Al hierdie toestande was nou vir baie eeue vervul deur die pouslike tiranie.”4
Die Antichris sisteem is eerstens die Rooms Katolieke
Moeder- kerk en, tweedens, al haar “dogters”
– die Protestantse kerke wie ere bewys aan die pous deur te kleef aan
aanbiddingsdae soos bereken deur die pouslike
kalender. Dit is aan beide die Moeder en haar dogters wat die woord van
Yahuwah die ernstige bevel gee: “Gaan uit haar uit,
My volk!”
Die definisie van die “antichrist” pas perfek by Katolisisme omdat sy leerstelling (wat tot die verslawing van hele nasies en die slagting van ontelbare miljoene) “teen Christus is.” Hierdie leerstellings is die einste teenoorgestelde van die leerstellinge van die Sagmoedige en Nederige Een wie gestuur was “Om die wat verbryseld van hart is, te genees.” (Lukas 4:18)
Pous Francis, is die dan die voorspelde Antichris want hy is in werklikheid “in die plek van Christus” Katolieke leer dat die pous heilig is, die “vicar van Christus” of “Christus hier op aarde” Vicar is die Engelse vorm van die Latynse woord “vicarius”, “of plaasvervanger van.” Die Catholic Encyclopedia verklaar:
Plaasvervanger van Christus (Lat. Vicarius Christi) `n title van die pous wat dui op sy allerhoogste en algemene opperkerkvoogdyskap, beide van verering en van regsbevoegdheid, oor die kerk van Christus. . . . Die titel Plaasvervanger van Christus is die beste uitdrukking van sy opperste hoofskap van die Kerk op aarde, wat hy dra in deugsaamheid van die kommissie van Christus en met plaasvervangende mag van Hom verkry. . . . Die titel Plaasvervanger van God wat gebruik was deur pous Nicholas III . . . word gebruik as `n ekwivalent vir Plaasvervanger van Christus.5
Die Almagtige het nooit iemand bemagtig om Hom of Sy Seun op aarde te vervang nie. Diegene wat daarop aanspraak maak, laster teen die Hemelse Koninkryk.
Die Protestantse Hervorming het hemelse lig laat skyn op baie waarhede wat lank gelê het onder die opgegaarde onsin en dwaalleer. Die mag van die waarheid het verduisterde verstande verlig en het baie gewin om die Katolieke dwaalleer op te gee. Die Teen-Hervorming was `n poging deur die pousdom om die vooruitgang van Protestantisme te stop deur alternatiewe verduidelikings te gee om die beskuldigings van die Hervormers te weerlê. Dan het hulle ook nog alternatiewe interpretasie van profesië voorsien om die snydende openbaringe van die Hervormers dat die pous self die Antichris is, te deflekteer.

Die Jesuïete Orde het snel in mag uitgebrei en so ook met agter-die-skerm-invloed, maar hulle het nooit een uit hul geledere as pous gehad nie. . . . tot in Maart 13, 2013, toe Jorge Mario Begoglio van Argentinië ingesweer was as Sy Heiligheid Francis, Biskop van Rome, Plaasvervanger van Jesus Christus, die 266ste pous. Francis, die agste en finale pous voorspel in Openbaring 17, is uniek in `n hele aantal maniere. Hy is die eerste pous van die Amerikas, die eerste pous van die Suidelike Halfrond, die eerste Jesuïete pous, en die eerste nie-Europese pous in 1,272 jaar!
Die wisselwerkinge tussen Francis as die eerste Jesuïete pous en in dieselfde tyd ook die agste pous van profesie kan nie misgekyk word nie. NBC News World het gou die besondersheid van Begoglio se troonbestyging na die pousdom raakgesien en gesê: “Pous Francis is uniek nie net as die eerste Latyns Amerikaanse pous nie. Hy is ook die eerste Jesuïete pous, wat moontlik `n hernude klem sal plaas op tradisionele Katolieke teologie deur die kerk.”7
![]() |
“Ek belowe en
verklaar verder dat ek, wanneer die geleentheid hom voordoen, onversetlike
oorlog voer, openlik en geheimsinnig, teen alle ketters, Protestante en Vrydenkendes,
soos ek aangevoer word om te doen, om uit te roei en hulle te verdelg van die
gesig van die hele aarde af; en dat ek nóg ouderdom, geslag, of toestand sal
verskoon; en dat ek hierdie verfoeilike ketters sal ophang, verstrooi, kook,
afslag, verwurg, en lewend begrawe, hul mae en baarmoeders van die vroue
oopkloof en hul babas se skedels teen die mure verbrysel, om hierdie uitgeworpe
ras vir ewig te verdelg.” (Geneem uit
die Jesuíte Eed) |
Michael J. Sheeran, Jesuïete priester en President van die Assosiasie van Jesuïete Kolleges en Universiteite, was aangehaal in die NBC artikel met sy kommentaar op Francis se stil, eenvoudige lewe as `n kardinaal in Argentinië.
Maar daardie eenvoud verberg `n staalharde vasberadenheid om Jesuïete beginsels te bevorder, veral in belang van tradisionele Katolieke leerstellingsen die beskerming van die armes en onderdruktes, het Sheeran gesê.
Daardie vasberadenheid het opgeduik tydens Bergoglio se diens as die top Jesuïete leier van Argentinië met sy begin in 1973, het Sheeran opgemerk en gesê, “Hy was `n harde koejawel wat seker gemaak het dat sy manne hul doel bereik.”
“Ek dink julle sal `n man vind wie teologies konserwatief is maar baie sterk in sake van gemeenskaplike regverdigheid.” het Sheeran opgemerk.8
Dít is inderdaad gewigtige woorde. Die Jesuïete was op die voortou in die verspreiding van alternatiewe verduidelikings vir die Antichris wat die aandag aftrek van die pous en Katolisisme.`n Teologies konserwatiewe pous is vér meer geneig om die weg te baan in `n terugkeer na pouslike vervolging van die verlede “ter verdediging van die geloof” as een wie meer beteueld is in sy siening.
Die pousdom het `n dodelike wond in 1798 ontvang toe `n Franse
Hugenoot, Generaal Louis Alexandre Berthier, die pous gevange geneem het. Maar,
“die proses om die pousdom `n dodelike wond te gee het begin in 1793 met diebekendstelling van `n kalender wiese hoofdoel was om die verbintenis met
Christelikheid te vernietig.”9 Die pousdom se
primêre bewys van haar gesag is die feit dat sy die dag van
aanbidding verander het van die Bybelse
Sabbat na Sondag. `n Kalender wat Sondag daarvan sal verwyder, soos wat die
kalender van die Franse Republiek gedoen het, was `n hou direk gemik na die
gesag en outoriteit van die pousdom.
Met die aankoms van die 20steeeu, het dit polities verkeerd geword om die pousdom te etiketteer as hoof van die antichris sisteem, om Die Antichris te wees. Dus het baie Protestante met die alternatiewe veronderstelling opgekom van wie (of wat) die Antichris sal wees wanneer hy sal verskyn.
Dit pas so reg in die duiwel se kraal. Om leerstelinge en oortuiginge wathuidiglik en teenwoordig is in die wêreld in die toekoms plaas, mislei die menigtes. Hulle kyk vir dit en dat as aankondigers van die Heiland se wederkoms. Terwyl daardie heerlike gebeurtenis, wat só lank al na uitgesien word, met vaste tred nader. Die Christene sien na die toekoms uit vir die verskyning van Antichris, terwyl hy alreeds hier is.
Paulus het gesê: “Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teenstander wat hom verhef bo al wat Eloah [God] genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van Yahuwah as Eloah sal sit en voorgee dat hy Eloah is.” (2 Thessalonicense 2:3,4)
Die wêreld word mislei in die verwagting van die dreigende verskyning van die Antichris, terwyl die ware Antichris sy basis en gesag verstewig en gereed maak om die Satanies-opgestelde rol te vervul! Dit sal die oplewing van vervolging uit die verlede wees namate almal forseer sal word om die merk van die dier te ontvang of ter dood veroordeel word.
![]() |
Die wêreld word mislei in die verwagting van die dreigende verskyning van die Antichris, terwyl die ware Antichris sy basis en gesag verstewig en gereed maak om die Satanies-vertolkende rol te vervul! |
Aan Johannes van Openbaring was `n dier gewys, waarop `n hoer sit, Die identifiserende tekens van die profetiese beeldskrif wys na die pousdom. In die verduideliking van die simbole aan Johannes, was die engel se woorde: “Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit. Vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom , moet hy `n kort tydjie bly. En die dier wat was en nie is nie , is self ook die agste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf.” (Openbaring 17: 9-11)
WLC het haar stem vir jare verhef in waarskuwing om die aandag te vestig op hierdie merkwaardige deel. Die Lateraanse Verdrag van 1929 was `n merkwaardige gebeurtenis in die genesing van die pousdom se “dodelike wond.”
Op die bekragtiging van die Lateraanse Verdrag, het die pousdom die Italiaanse staat erken, met Rome as haar hoofstad, Italië het op sy beurt weer die pouslike soewereiniteit oor die Vatikaan Stad erken, `n klein gebied van 44 hektaar (109 akker), en het volle onafhanklikheid vir die pousdom verseker.10
Soos uitgelê in ander artikels, is WLC sterk oortuig dat die agt konings verwys na die agt laaste pouse wat sal regeer op aarde net voor die wederkoms van die Heiland.
1. Eerste Koning: Pius XI (1922-1939) |
5. Vyfde Koning: Johannes Paulus I (1978) |
Vandag is die pousdom populêrder as ooit te vore. Gevolglik is dit magtiger as ooit te vore. Protestante, wie eens die eerstes was wat die pous as die Antichris afgemaak het, word nou kwaad of afwysend wanneer die onderwerp aangehaal word. Sodoende win Satan se afgesant versekerd mag en invloed terwyl die menigtes se aandag afgetrek word met alternatiewe, verkeerdelike interpretasies, wie kyk vir `n toekomstige vervulling van wat tans reg onder hul oë plaasvind.
WLC is sterk oortuig dat Pous Francis in die nabye toekoms die VSA sal gebruik om die valse Sabbat op die wêreld af te dwing. Hy sal `n verbete oorlog voer teen Yah se ware volgelinge wie Yah se ware Sabbat en ware kalender eerbiedig.
Skrifte waarsku: “As `n skrandere die onheil sien, verberg hy hom; maar die eenvoudiges gaan verder, word gestraf.” (Spreuke 27:12)
Laat almal wat Yahuwah lief het, ag slaan op die woorde van die Skrifte: “Wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.” (Openbaring 12:12)
Kom uit! Kom uit Babilon en
al haar dogters uit. Stap weg van tradisie en dwaalleer. Omhels die waarheid
soos dit in Yahuwah is.
1 http://www.catholic.org/encyclopedia/view.php?id=863
2 “Christus” is afgelei van die woord “Christos” wat die Griekse ekwivalent is vir die Hebreeuse “Messias.”
3 The New Strong`s Expended Dictionary of Bible Words, #500, bl. 956.
4 Martin Luther, First Principles,bl. 196-197.
5 http://www.catholic.com/encyclopedia/vicar-of-christ
6 http://www.newadvent.org/cathen/1408a.htm
7 http://worldnews.nbcnews.com/_news/2013/03/13/17300861-pope-francis-breaks-another-barrier-as -first-jesuit-pontiff?lite,klem verskaf.
8 Ibidem
9 http://4angelspublications.com/articles/French_Calendar_Reform.pdf