WLC. se hoofdoel met hierdie boodskap oor die Basuine, is om nie die bepaalde tyd vir die gebeurtenisse aan te dui, maar ons wens is om dit te benadruk dat die blaas van die Basuine nog ʼn gebeurtenis van die toekoms is, en dat dit sal plaasvind net voor die sluiting van die genadedeur. Dit is in teenstelling met die gewilde verkondiging dat die Basuine alreeds plaasgevind het, wat nie alleenlik verkeerd is, maar ook baie gevaarlik, omdat dit Yahuwah se volgelinge heeltemal onvoorbereid sal laat vir die rampspoedige gebeure wat sal ontvou. |
Die volgende is nie ʼn weergawe van gebeurtenisse en ʼn storie oor die profesieë wat op enige dag kan gebeur. Dit is ʼn weergawe wat uitsluitlik geneem is, uit die boek van Openbaring. Soos die profesieë in vervulling gaan van die gebeure wat naby is, en dat dit die Vader se wil is dat Sy kinders die boek van Openbaring ten volle moet verstaan, wat dit onthul, en om bewus te wees van die finale gebeure. Regdeur die boek is daar van die mees kosbare beloftes, maar ook die verskriklikste en die droewigste waarskuwings.
Ons liefdevolle Vader het dit bekend gemaak dat die wêreld binnekort ʼn reeks van 14 plae sal beleef: Die eerste sewe is “basuine” wat sal dien om die mensdom wakker te skud net voor die genadedeur sluit, en deur die een laaste kans te gee net voor die lotsbeslissinge van elke persoon verseël sal word. Die oorblywende is die sewe laaste plae wat opgelê sal word met die sluiting van die genadedeur, net voor die Wederkoms. Die ramspoedige gebeure van al hierdie plae sal nie gesien word as frats of natuurrampe wat deur die natuur veroorsaak is, maar as goddelike waarskuwings. Hulle trefkrag sal wêreldwyd gevoel word.
Basuin 1
Basuin 1 sal spoedig oor die aarde aangehef word as ʼn oorweldiginge verrassing, en ongekende vrees by alle mense veroorsaak. Volgens Openbaring 17 is ons baie naby om die Basuine se aanheffing te aanskou oor die Aarde, en sal hulle vinnig mekaar opvolg. Met die regering van Benedict XVI, die 7de koning wat verby is, word daar verwag dat daar begin sal word met die blaas, en kan hulle die Aarde enige oomblik tref.
Wat vertel die Bybel ons wat sal gebeur as Basuin 1 aanhef word oor die aarde?
“En die eerste engel het geblaas, en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. En ‘n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.” ( Openbaring 8 vers 7)
Basuin 1 sal veroorsaak dat daar ʼn wêreldwye vernietiging sal wees van 1/3 van die bome, en die vernietiging van alle groen gras. Om die omvang van hierdie rampspoedige gebeure van hierdie basiun te verstaan, moet ons eers die hedendaagse haglike voedsel krisis evalueer, wat die wêreld in die gesig staar:
- Elke dag sterf daar 25,000 mense as gevolg van honger verwante oorsake.
- Elke 7 sekondes sterf daar ʼn kind van honger.
- Wanneer voedsel meer as die helfte van ʼn arm familie se uitgawes verteenwoordig, en met skerp prysstygings kan dit baie ramspoedig wees vir miljoene wat op die broodlyn lewe.
- As gevolg van die oorstomings gedurende 2011, was die winter koringoes van Australië algeheel rampspoedig.
- Gedurende afgeloopte winter van 2010/11, was Brasilië geteister met die ergste vloed in die nasie se geskiedenis. Dit het grootliks daartoe bygedra vir die verswakte vermoë van voedsel produsering.
- Rusland, die wêreld se derde grootste koring produsent ondervind steeds die gevolge van ongekende hoë temperature van die somer van 2010. Dit het daartoe bygedra dat koring vir die winter van 2010/2011 ingevoer moes word vir die onderhouding van sy beeskuddes.
- Gedurende 2010, het Pakistan die ergste vloed ondervind wat tot nog toe opgeteken is in die nasie se geskiedenis, en wat daartoe bygedra het vir die vernietiging van oeste. Op ʼn gegewe tydstip was 1/5 van die nasie van Pakistan onderwater. Die uitwerking van hierdie rampspoedige gebeure op die landbou sektor van Pakistan was ondenkbaar.
- Sjina maak gereed vir ʼn “uiterste langdurige droogte” wat gekenmerk word as die ergste droogte in ses dekades, wat ʼn direkte uitwerking het op die wêreld se grootse graan verbouende streek.
Selfs sonder enige kennis van die profetiese ramspoedige gevolge van Basuin 1, glo baie VVO. voedsel deskundiges dat die wêreld nie vêr is van ‘n verskriklike wêreldse hongersnood. Dit word bereken deur sommiges dat daar dat ongeveer 1 biljoen mense dwarsoor die wêreld elke aand honger gaan slaap.
Honderd miljoene regoor die wêreld wat beswaarlik dit kan bekostig om hulle self te voed, en gaan dit vir hulle selfs moeiliker word om aan hulle daaglikse brood te voorsien. Regoor die wêreld het skerp prysstygings vir verbruikersware die uitwerking om mense na die strate te dwing. Hoë kostes vir die vernaamste voedselsoorte was die oorsaak en ook die vonk vir die massa betogings in Tunisië, wat oorgespoel het in rewolusie. Protes aksies het versprei na Algerië, Marokko, Jemen en let wel na Egipte (die wêreld se grootste invoerder van graan), en wat daartoe bygedra het tot die onverwerping van die Mubarak regering.
Die dag wanneer die eerste Basuin oor die aarde aangehef sal word, sal daar onbeskryflike paniek heers in al die lande van die wêreld wanneer die mense skielik sal besef dat 1/3 van die bome (ingeslote vrugte bome) en al die oeste vernietig is. Ons durf dit nie waag om ʼn voorstelling te maak wat die omvang sal wees van die opstande wat in die stede van die wêreld sal heers. Alhoewel, die volgende gebeurtenisse verseker sal plaasvind nadat Basuin 1 oor die Aarde aangehef sal word.
- Die skielike dramatiese ineenstorting van die VSA Doller, die reserwe valuta eenheid van wêreld, en wat daar toe sal lei dat alle valuta in duie sal stort. Beleggers sal onmiddelik dit besef dat die tydperk vir hiperinflasie aangebreek het, en regerings sal geforseer word om hulle krane oopdraai vir die druk van geld, om aan die sosiale en ekonomiese kostes te voldoen van hierdie rampspoedige plaag. Hierdie oorweldigende skok sal kom op ʼn tyd wanneer die wêreld se ekonomiee nog nie herstel het van die slegste finansiële krises sedert die jare van 1930.
- Die skielike afkoeling sal al die finansiële markte tref, en sal dit die sneller wees van ʼn stortvloed van verkoop opdragte vir die verkoop van aandele en wissels op alle aandelebeurse regoor die wêreld, en ʼn onbeskryflike finansiële chaos veroorsaak, in al die hoof markte. Daar sal geen kopers wees teen enige prys, en die hoofde noop om al die aandelebeurse te sluit, soos wat onlangs in Egipte gebeur het. ʼn Woeste gespartel sal onmiddelik ontstaan onder gebrekkige voedsel produserende lande vir die aankoop van voedsel voorrade waarop hulle hande kan lê, en wat daartoe sal lei, vir die ongekende prys stygings vir alle voedsel voorade.
- Wêreldleiers sal haastig soek na planne om die rampspoedige gebeurtenis die hoof te bied, terwyl hulle spartel om dit te beheer sal daar opstande kom oor kos in al hulle stede.
Burgelike onrus en opstande sal in die strate woed, terwyl burgerlike onrus voortduur in al die groot stede van die wêreld, soos die mense begin om te besef dat hulle sal sterf van die honger, selfs op plekke waar daar nog nooit tevore enige tekorte aan voedsel ervaar was.
- ʼn Algehele verval van wet en orde sal heers soos die mense spartel om hulle voedsel te beveilig deur enige manier moontlik.
“en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom.” (Lukas 21 verse 25 en 26)
Vroeg in 2011, het die “The U.K. Telegraph” verslag gedoen oor verskeie lande van Asië, die Midde Ooste, en Noord Afrika, wat rys, graan en ander graan soorte van honderde duisende tonne aankoop. In sommige gevalle het hulle aankope van voorraad gemaak wat vir ʼn jaar sal hou. By wie sal hierdie lande graan kan aankoop as hulle dit self vir hulle mense benodig wanneer Basuin 1 oor die aarde aangehef gaan word? Watter lande sal dan bereid wees om hulle beperkte opgebergte voorraad uit te voer. Hoeveel regerings sal onvergewerp word wanneer hulle leiers erken dat hulle nie in staat is om selfs die basiese voedsel voorraad vir hulle mense te verseker na Basuin 1?
Basuin 1 sal spoedig opgevolg word deur 2, 3, en 4. Die 5de tot die 7de word beskryf as wee. Dit beteken dat hulle baie meer vreesaanjaend en verwoestend sal wees as wat ondervind is met eerte vier Basuine.
“En ek het gesien en gehoor ‘n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ‘n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!” ( Openbaring 8 vers 13)
“Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie. (Hebreërs 3 vers 15)
Vandag is jou geleentheid, en om op te hou om weg te hardloop van Yahuwah, en Sy laaste oproep vir genade te aanvaar, wat Hy vir jou onthalwe gekoop het met die onbekostigbare bloed van Sy enige gebore Seun. Vandag is jou geleentheid, en om ‘n wyse besuit te maak oor die aangeleentheid van jou ewige verlossing. Waarom verbeur jy jou ewige kroon, en die ewige lewe, vir wêreldse gewin wat op hulle beste in as sal verander?
“Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel? (Mattheus 16 vers 26)
Vandag is jou geleentheid om jou te pantser met Sy beloftes van beskerming teen die onvermydelike aanhef van die Basuine, en om dit te kan verduur, en wat ramspoed sal veroorsaak oor die hele wêreld. Wil jy dit waag om die 4 Basuine en die 3 Wees aan te durf sonder Sy beskerming? Hierdie belofte is vir hulle wat Yahuwah hulle toevlug en rotsvesting maak.
“Want U,Yahuwah,is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie; want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.” (Psalm 91 verse 9 tot 11)
Kyk na die video: Die Dag wanneer Basuin 1 oor die aarde aangehef sal word
Basuin 2
Selfs voor Basuin 1 oor die aarde aangehef word, is die wêreld alreeds op die rant van voedsel sekuriteit. Vandag ly daar 1 biljoen mense onder hongersnood. Dit is nie moeilik om dit in jou verbeelding voor te stel wat die uitwerking sal wees van ʼn nypende voedsel tekort wanneer Basuin 1 die aarde tref.
Wanneer Basuin 2 die Aarde tref, sal die wêreldse voedsel tekort nog meer versleg:
“En die tweede engel het geblaas, en iets soos ‘n groot berg wat brand met vuur, is in die see gegooi. En ‘n derde van die see het bloed geword, en ‘n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en ‘n derde van die skepe het vergaan.” (Openbaring 8 verse 8 tot 9)
Basuin 2 beskryf ʼn groot berg wat brand soos vuur (of meteoriet) sal in die see val en ʼn ondenkbare ekologiese rampspoed veroorsaak.
Met die gevolge van dat:
- 1/3 van die wêreld se oseane sal in bloed verander.
- 1/3 van alle lewe in die oseane sal uitgewis word.
- 1/3 van alle skepe sal vernietig word
Die dood van 1/3 van die alle lewe in die see sal veroorsaak word deur die hoë voorkoms van giftige stowwe van die brandende vuurbol, en /of die geweldige impak. Basuin 2 sal die moeder van alle tsunami’s veroorsaak, wat 1/3 van al die skepe sal vernietig, d.w.s. ongeveer 18,000 handelskepe, sal binne een dag verdwyn in die diepte van die see. Dit sal daartoe bydrae dat die wêreldse honersnood verder vergroot word, en die verspreiding van siektes sal versnel.
Wetenskaplikes beweer dat meteoriete met die Aarde verskeie kere gebots het in die planeet se geskiedenis, en dat dit sal aanhou om te gebeur van tyd tot tyd. Die grootste vrees van wetenskaplikes vandag, is dat ʼn massiewe rots omring deur brandbare gasse in dollevaart op die aarde sal afpeil. Soos dit die atmosfeer binnedring sal dit onsteek in ʼn brandene vuurbal, en veroorsaak dat duisende visse vrek in die see, wat dan op die strande sal uitspoel. NASA is besig om ʼn planne te beraam om die bedreiging van meteoriete met onbemande “kern onderskeppers” tuie die hoof te bied alvorens dit die Aarde tref. Alhoewel, geen menslike ingryping daarin sal slaag om die brandene meteoriet van Basuin 2 te stuit.
Gedurende 7 Januarie 2002, was daar noue ontkoming van ʼn astronomiese ondervinding met ʼn asteroïed van 300 meter in deursnee [ 984.25 vt.] wat baie naby die aarde verby beweeg het. Die asteroïede wat vernoem is as [YB5] was groot genoeg om ʼn nasie soos Frankryk uit te wis. Om te begryp wat die omvang van die skade sal wees, wat aangebring word van asteroïdes van verskillende groottes, het wetenskaplikes tydens ʼn konferensie gedurende 1981 oor totale uitwissings,die volgende scenarios voorsien:
- ʼn Botsing met ʼn asteroïede met ʼn deursnee van 200 meter [656.17 vt.] sal dit dieselfde uitwerking hê, as ʼn 100 megaton kernontploffing, en die sterfte van tussen 200,000 en 100 miljoen sterftes veroorsaak.
- ʼn Botsing met ʼn astroiede van 400 meter in deursnee [1/4 myl] sal dieselfde uitwerking hê as 10,000 megaton kernontploffing, en die sterftes van een biljoen mense veroorsaak. Dit maar net deur ʼn asteroïede van kleiner as ʼn halwe kilomer in deursnee.
- ʼn Botsing met ʼn 10 kilometer in deursnee asteroïede [6.21 myl] wat in die oseaan val sal ʼn golf van 5 kilometers hoog veroorsaak [3.11 myl] vanaf die punt van indrining, en 1,500 kilometer [932.06 myl] verder, sal daar nog ʼn tsunami wees van 500 meter hoog [ongeveer 1/3 van ʼn myl].
As so ʼn so asteroïede moet val in die Golf van Meksiko, sal die golwe selfs tot in die stad Kansas oorstromings veroorsaak. Sulke golwe sal ongelooflike verwoesting veroorsaak aan kusdorpe, en aan die skeepsvaart. ( Bron: Gerrit l. Verschuur, “The End of Civiliation?” Astronomy 19, no. 9 (September 1991): 50 – 54.)
Wat is die doel van die blaas van die Basuine? Ons liefdevolle hemelse Vader, Yahuwah, het dit so beskik dat die aanhef van die Basuine sal dien as Sy laaste poging, om die aandag van elke persoon op aarde daarvan bewus te maak, dat die sluiting van die genadedeur verewig ophande is. Voor die wederkoms van ons Verlosser, Yahushua,”En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot getuienis vir al die nasie; en dan sal die einde kom.” (Mattheus 24 vers 14) Dit is tragies dat die mense vandag te besig is om tyd te maak, en om te luister na Yahuwah se laaste oproep vir genade. Daar is rampe wat rondom ons gebeur wat sal dien as ʼn onmiskenbare teken van die naderende sluiting van die genadedeur, en tog verwerp die meeste mense dit as frats natuurverskynsels. Die mense se gedagtes is gedompel in ʼn wêreldgesindheid, en in menslike tradisies wat hulle verhoed om na die evangelie te luister, en dit te aanvaar. Binnekort sal Yahuwah op dramatiese wyse die lewe van mense op aarde ontwrig, en hulle denke sal uitdaag in die manier hoe hulle dink, met betrekking tot die aanhoor van die Basuine. Wanneer die werklikheid in die gesig gestaar word van die dood wat veroorsaak is deur die Basuine; sal elke lewende persoon ʼn besluit moet maak of om Yahuwah of Satan te gehoorsaam. Alleenlik nadat die laaste persone hulle finale besluit gemaak het sal die genadedeur vir ewig sluit, en die lot van elke lewene persoon sal verseël wees. Die Verlosser sal dan kortliks kom vir die tweede keer om die regverdiges gestorwenes , en hulle wat in die lewe is, saam met Hom in die hemel op te neem. |
Kyk na die video: Die Dag wanneer Basuin 2 oor die aarde aangehef sal word
Basuin 3
“En die derde engel het geblaas, en ‘n groot ster wat soos ‘n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ‘n derde van die riviere en op die waterfonteine. En die naam van die ster word genoem Alsem; en ‘n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.” (Openbaring 8 verse 10 tot 11)
Wanneer Basuin 3 aangehef word sal daar ʼn reuse meteoriet van die hemel val soos ʼn brandende fakkel. Dit sal val op ʼn 1/3 van die riviere en op ʼn 1/3 van die varswaterfonteine en dit het veroorsaak dat ʼn 1/3 van die varswater van die aarde bitter geword het. Menige mense sal sterwe deur die drink van die bitter en uiterste giftige water.
Hierdie “groot ster” of brandende meteoriet word genoem “Alsem.” Hierdie naam verteenwoordig ʼn giftige houtsoortige plant, met ʼn sterk geur en reuk en wat bitter smaak. In die Bybel verteenwoordig hierdie plant groot hartseer en ellende.
Die plaag van basuuin 3 word vir ons beskryf deur die profeet Jeremiah in ʼn somberse waarskuwing:
“En Yahuwah het gesê: Omdat hulle my wet wat Ek hulle voorgehou het, verlaat het en na my stem nie geluister en daarin nie gewandel het nie, maar gewandel het agter die verhardheid van hulle hart en agter die Baäls aan, waaraan hulle vaders hulle gewend gemaak het, daarom, so sê die Elohim van die leërskare, die Elohim van Israel: Kyk, Ek gee aan hulle, aan hierdie volk, wilde-als om te eet, en Ek laat hulle gifwater drink.” (Jeremiah 9 verse 13 tot 15)
Dus sien ons dat gedurende Basuine 2 en 3, dat beide die die varswater en die soutwater besoedel sal wees. Die gevolge van hierdie twee plae is, dat ‘n 1/3 van die hele wêreld se waterbronne onbruibaar sal wees. Die seewater wat in bloed sal verander met die aanhef van Basuin 2, en die varswater wat bitter word met basuin 3. Dit is heelwaarskynlik, dat hierdie twee Basuine atmosferiese besoedeling sal veroorsaak. Dit is bekend dat meteoriete baie giftig is. Verslae van redelike klein meteoriete wat reeds in die verlede die aarde getref het, die teenwoordigheid van bestraling en giftige gasse bevestig is.
Die hoofopskrif van ʼn berig, in Living in Peru op 18 September, 2007 was “Polisie Beamptes Gehospitaliseer Nadat Meteoriet Monsters Veramel is.” Volgens die Nuus Agentskap van Peru, was daar ten miste sewe polisie beamptes wat aangetas is nadat hulle monsters versamel het van die terrein waar die meteorriet geval het, en wat hulle geglo het dat dit ʼn meteoriet was. (http:// archive. Peruthisweek.com/news – 4724 environmentnature – police officers – hospitalized – after – collecting – meteorite – samples – peru)
Dit word nie betwyfel dat met die val van die groot meteoriet van Basuin 3, dat dit sal bydrae tot die vernietiging van varswaterbronne: riviere, strome en mere. Vandag nog voor enige rampspoedige gevolge van Basuin 3, word daar alreeds ʼn wêreldwye varswater krises ondervind. Hier volg ʼn paar feite:
- Rofweg het 1/6 (1.2 bijoen) van die wêreld se bevolking nie toegang tot veilige drinkwater.
- Water verwante siektes is hoofsaaklikdie oorsaak van menslike siektes en sterftes.
- Dit is bereken dat 2,2 miljoen mense jaarliks sterwe in ontwikkelende lande as gevolg onvoeldoende sanitasie, en ook dat hulle nie die toegang het tot veilige drinkwater.
- Helfte van die wêreld se 500 belangrikste riviere is erg besoedel en uitgeput.
- Sekere dele van Amerika het reeds 80% van hulle beskibare varswaterbronne reeds opgebruik. (Dit beteken dat ʼn geringe droogte tot ʼn WATER SKAARSTE sal ly.)
- Twee derdes van die stede van Sjina ly gebrek as gevolg water tekorte. Skoon water is selfs moeilik bekombaar.
- Volgens die Wêreldbank se verslag ondervind 80 lande reeds water tekorte, en bedreig dit die gesondheid van mense en hulle algemene ekonomieë. Die verslag bereken dat 40 persent van die wêreld – meer as 2 biljoen mense geen toegang en sanitasie het.
Riviere en mere regoor die wêreld nou besoedeld is van:
- Besoedeling (dikwels deur dodelike gifstowwe.)
- Bestraling.
- Erosie (veroorsaak deur die afkap van bome.)
- Goud ontginning (waar kwik dikwels gebruik word.)
- Suurreën (wolk besoedeling van industriële vrystellings.)
- Gifstowwe (wat wêreldwyd gebruik word op landbougrond en in tropiese gebiede vir beheer van muskiete.)
Wanneer Basuin 3 oor die Aarde weergalm in die opvolg van Basuine 1 en 2, sal die huidige varswater krisis groottendeels in die wêreld vererger, en die Bybel bevestig dit dat menige sal sterwe as gevolg van die voorkoms van hierdie plaag.
Ons glo dat die Basuine spoedig aangehoor sal word, sedert die regering van Benedict XVI, die 7de koning tot ʼn einde gekom het. Die skielike bedanking van Benedict XVI is ʼn volmaakte vervulling van wat Yahushua aan Johannes voorspel het, met betrekking tot die regering van die 7de koning. Dat hy bestem was om net vir ʼn kort tydjie te regeer. ( Openbaring 17 vers 10)
![]() |
Yahuwah se Woord stel nooit terleur: Benedict XVI het net vir 8 jaar regeer. Ons leef nou onder die regering van die 8ste “koning” die laaste pous volgens Openbaring 17. |
Yahuwah se Woord stel nooit teleur; Benedict XVI het net vir 8 jaar regeer. Ons leef nou onder die regering van die 8ste “koning” ( Francis, I) hy is die laaste pous volgens Openbaring 17. Volgens Openbaring 17 vers 8, sal die agste uit die “afgrond” verrys. Dit beteken dat Satan Francis I sal beheer, ongekend as die van die vorige 7 konings, want hy is die laaste pous.
Volgens die Bybel, is dit wanneer die Basuin geblaas word, verteenwoordig dit ʼn waarskuwing. Die Basuine in die boek van Openbaring verteenwoordig dit dat dit ʼn sombere waarskuwing van Yahuwah is, dat die genadedeur vir die mens gaan sluit. Dit is deur die aanhef van die Basuine dat Yahuwah die aandag van die mensdom wil vestig en om ons gedagtes bewus te maak van die naderende einde, en die belangrikheid om Sy finale oproep vir genade te aanvaar.
Vandag..... sal jy Sy oproep in liefde aanvaar vir genade? Al wat nodig is om jou huidige sondige toestand te erken, en jou groot behoefte aan Yahushua in jou lewe. Aanvaar hom as die Meester van jou lewe, en as die Verlosser van die wêreld! Die keuse is joune. Yahuwah bied steeds op hierdie oomblik aan jou Sy offer van liefde en genade!
“Verkondig in Juda en laat dit hoor in Jerusalem en sê: Blaas die basuin in die land! Roep hardop en sê: Kom bymekaar, en laat ons in die versterkte stede ingaan! Steek óp die banier na Sion toe! Vlug, bly nie staan nie! Want Ek bring ‘n onheil uit die Noorde en ‘n groot verwoesting.” (Jeremiah 4 verse 5 en 6)
“Hy het die geluid van die basuin gehoor, maar het hom nie laat waarsku nie: sy bloed is op hom. Maar as hy hom laat waarsku, dan red hy sy siel.” (Esegiël 33 vers 5)
Kyk na die video: Die Dag wanneer Basuin 3 oor die Aarde Aangehef sal word
Basuin 4
Desondanks selfs nadat die inwoners van die Aarde die ramspoedeige gevolge aanskou het van Basuine 1 -3, sal daar baie wees wat weier om te erken dat hierdie rampe ʼn goddelike waarskuwing is, let wel dat dit interessant is om te weet dat terwyl die meeste godsdienstige mense vandag in ʼn persoonlike Elohim glo, en erken dat Hy in volle beheer is oor alles wat in die wêreld gebeur, en dit verbind en glo, dat Yahuwah die natuur gebruik as ʼn oordeel en as boodskappe van waarskuwing tot almal.
![]() |
Die nadraai van die tsunami in Japan (Maart, 2011) |
As daar ter enige tyd verwys word na rampspoedige gebeurtenisse as 'n Goddelike oordeel of waarskuwing menige persoon aanstoot neem. Die Goewerneur van Tokio, Shintaro Ishihara was verplig om verskoning te vra oor hy na die onlangse aardskudding van 9 op die Rigterskaal, en daarna verwys het as 'n “goddelike straf,” terwille van die Japannese se selfsug. Met die opvolg ondersoek van die onlangse aardskudding en tsunami in Japan, het die “Public Religion Institute” ʼn opname gemaak, en is dit bevind dat net enkeles glo dat Yahuwah straf oor nasies bring vir hulle sondes en dat aardskuddings, tornados, oorstromings en ander natuurrampe, wat bedoel is om as tekens te dien, dit nie aanvaar word as waarskuwings, van ons liefdevolle hemelse Vader. Dat die meeste mense vandag daarvan hou om dit te sien as natuurlike rampe en gebeure, en om dit eerder te sien as bonatuurlike waarskuwings. Dus aanskou hulle die hewigheid van die onlangse rampe as ʼn bewys van klimaats verandering, en nie as ʼn bewys van Bybelse “eindtyd” gebeure.
Ons glo met die blaas van Basuin 4 oor die Aarde die denke dat, die meeste rampe as 'n natuurlike verskynsel beskou word, vir altyd sal verander, en dat dit gesien sal word as bonatuurlike waarskuwings. Die mensdom dit sal sien dat al hierdie rampspoedige gebeurtenisse eindelik 'n Goddelike ingryping is, en bedoel om is om as oordele en waarskuwings te dien, deur ons liefdevolle hemelse Vader. Dit sal duidelik gesien word deur almal dat Basuin 4, en dus ook die vroeëre Basuine 1 tot 3 inderdaad, sombere waarskuwings en oordele is, en van groot belang.
Laat ons lees wat sal gebeur wanneer Basuin 4 oor die aangehef sal word:
“En die vierde engel het geblaas, en ‘n derde van die son is getref en ‘n derde van die maan en ‘n derde van die sterre, sodat ‘n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so.” (Openbaring 8 vers 12)
Met die blaas van Basuin 4, sal Yahuwah sy oordele stuur regoor oor die uitspansel en die einste ligte wat skyn van die hemel; en sal Hy drie van die natuurlike ligbronne tref met een derde. Dit sal die mees vreesaanjaende en `ʼn verskriklike gebeurtenis wees, die son sal heeltemal verduister vir 'n 1/3 van die dag, en die maan en sterre sal donker wees vir 'n 1/3 van die nag. Op hierdie stadium van al die gebeurtenisse sal niemand dit meer glo, dat hierdie rampspoedige verskynsels net die eenvoudige gevolge is van klimaat veranderinge. Almal sal verskrik en sprakeloos wees.
Die volgende profetiese woorde sal letterlik vervul wees met die blaas van Basuin 4:
“Daarom word alle hande slap, en elke mensehart versmelt; en hulle is verskrik, kry krampe en weë; hulle krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verbaas aan; hulle gesigte is vlammende gesigte.” ( Jesaja 13 verse 7 tot 8 )
Daar is groot simboliese betekenis in die blaas van Basuine 1 tot 4, en die dat dit konsekwent altyd net op `n 1/3 aandui, wat onder hulle oordele kom. Die voorstelling en die die doel met hierdie oordele is, dat die mense gewaarsku word, en dat daar tyd gegun word om hulle te bekeer, voor die toorn van Yahuwah oor hulle uitgegiet sal word, soos die 7 laaste plae wat sal kom voor die sluiting van die genadedeur.
Soos die verskrikkings van Basuine 1 tot 4, is hulle nie vergelykbaar met die van Basuine 5 tot 7. Die laaste 3 Basuine staan bekend as “WEE’ omdat hulle rampspoed so oorweldigend en onbeskryflik is
Ons liefdevolle Vader Yahuwah verlang om aan ons almal een finale geleentheid te gee voor die genadedeur sluit. Die meeste mense is in hulle denke en planne is wêreldsgesind. Hulle is heeltemal gelukkig om te leef en te sterwe op die planeet, en relegeer ewigheidswaarhede as 'n toekomstige prioriteit. Dit gebeur terwyl Yahuwah op die punt is om die mensdom se genadedeur te sluit, en dus, is die Basuine Sy laaste geleentheid aan die mensdom, om hulle wakker te skrik, van hulle geestelike slapheid en gevoelloosheid.
Wil jy vandag jou hart oorgee aan Yahuwah en jou sonde bely? Wil jy Hom Meester maak oor jou hart en verstand? Ons liefdevolle Vader het oor alles beskik, om vir ons die voorreg te gee om die ewigelewe te beërwe. Alhoewel, dat dit nodig is moet ons Sy aanbod aanvaar, en begin om ons voor te berei vir die toekomstige lewe. Die voorbereiding van hart en verstand sal tyd neem. Hoe gouer Hy kan begin, om ons harte en lewens van sonde en ons aardse verknogtheid te reinig, hoe meer verseker sal ons wees om die struikelblokke te oorwin,in ons bedevaart na die hemel.
“En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het. Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord. Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie.Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.” (Romeine 13 verse 11 tot 14)
Kyk na die video: Die dag wanneer Basuin 4 oor die Aarde aangehef sal word
Basuin 5 (Die 1ste Wee)
Die Demoniese Vreemdelinge se inval…..
“En ek het sewe engele gesien wat voor Yahuwah staan, en sewe basuine is aan hulle gegee.....En die sewe engele met die die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas.En die die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing. En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas.” (Openbaring 8 verse 2, 5 en 6.)
Die engel wat die wierookbak oor die aade uitgooi is `n handeling van “die gebede van die heiliges uit die hand van die engel wat opgegaan voor Yahuwah” en gesê “Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek nie ons bloed op die aardbewoners van die aarde van die aarde nie?” (Openbaring 8 vers 4; 6 vers 9 en 10.) Hierdie vroegtydige uitgooi van die wierookbak is `n aanduiding dat dit die begin is, van Yahuwah se wraak in belang van Sy kinders. Met hierdie handeling, is dit die begin van die finale gebeure wat daartoe sal lei, dat die genadedeur gaan sluit en wanneer Yahushua ons Hoë Priester die wierookbak van bemiddelings finaal uitgiet en Yahuwah se stem duidelik gehoor sal word, “dit is volbring.” (Openbaring 16 vers 17.)
Basuine 1 tot 4 sal ʼn verskerpte oproep wees om wakker te skrik. Alhoewel, Basuine 5 tot 7 sal grootliks die felheid van die eerste 4 Basuine sal oorskry , en daarom na hulle verwys word as “Wee.”
“En ek het gesien en gehoor ‘n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ‘n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!” (Openbaring 8 vers 13)
Ons was vooraf gewaarsku dat in hierdie laaste dae Satan sal werk ”met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid.” (2 Tessalonisense 2 verse 9 tot 10) In die gegewe lig laat ons die beskrywing van Basuin 5 die 1ste Wee hersien:
“En toe die vyfde engel blaas, sien ek ‘n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee. En hy het die put van die afgrond oopgemaak,.....” (Openbaring 9 verse 1 tot 2)
Basuin 5 sal volg in kronologiese volgorde wanneer die eerste 4 basuine afgehandel is. Ons verwag dat dit tydens die vroeë regering van pous Francis 1 sal gebeur, Openbaring Sewentien se 8ste “koning” Die Bybel beskryf “afgrond” as die gevangenis vir die gevalle engele:
“En hulle [die legioen van duiwels wat besetene van Gadara besit het,] het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in die onderwêreld af te vaar nie.” (Lukas 8 vers 31)
Die woord “onderwêreld” in Lukas 8 vers 31 en die woord “die put van die afgrond” soos in Openbaring 9 vers 1 en 17 vers 8 het dieselfde betekenis as die Griekse woord “Abussos.” Toe “Satan die sleutel gegee is van die afgrond,” was hy deur Yahuwah net toegelaat om die gevalle engelle vry te laat. Ons moet onthou dat Satan uit hemel gewerp is saam met 1/3 van alle engele omdat hulle sy leuens geglo het. (Openbaring 12 vers 4.)
“En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van ‘n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister. En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde,” (Openbaring 9 verse 2 en 3)
Dit is ʼn aanduiding dat die inval van hierdie demone so geweldig en dig sal wees dat die son en die atmosfeer wêreldwyd sal verduister.....”soos rook van ʼn groot oond.” Wanneer ons hierdie gedeelte lees oor die beskrywing van hierdie “Sprinkane,” is dit nodig om te onthou, dat net soos goeie engele, het demone (gevalle engele) die vermoë om enige fisiese voorkoms aan te neem in hulle begeerte om hulle doel te bereik:
“En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.” (2 Korinthiërs 11 verse 14 en 15)
“En die voorkoms van die sprinkane was soos dié van perde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense. En hulle het hare gehad soos vrouehare, en hulle tande was soos dié van leeus.En hulle het borsharnasse gehad soos van yster, en die gedruis van hulle vlerke was soos die gedruis van baie strydwaens met perde wat opruk na die oorlog.” (Openbaring 9 verse 7 tot 9)
Die voorkoms van hierdie demone uit die afgrond sal lyk soos:
- die gesigte van mense
- hare soos vrouens
- tande soos leeus
- sterte soos skerpioene
- borsharnasse van yster
- Wanneer hulle vlieg sal dit ʼn groot geraas maak
Die beskrywing van hierdie sprinkane is merkwaardig in ooreenkoms met die vreemde wesens wat die niks vemoedende publiek daagliks aan blootgestel word. Dus gebruik Satan Hollywood om die massas te breinspoel en self baie meer skerper as die hoofstroom nuus media. Ons moet tot die gevolgtrekking kom dat die moeder van AL SATAN se misleidings, sal begin by die demone van die put van die afgrond, en in die verpersoonliking van vreemde lewende wesens wat die Aarde binneval met die doel om die mensdom te pynig.
Vir duisende jare, het Satan hom voorberei vir hierdie misleidende inval, en in die kondisonering van die inwoners van die Aarde, en om dit te aanvaar, as die onjuiste denkbeeld dat daar ander gevalle buiten ruimtelike wesens is, en in die heelal bestaan. Dit is juis vir die rede dat Satan in ʼn groot mate daarin sal slaag, om die godsdienstige geloof van diegene te skok, wat in hierdie valse leerstellings opgeneem is. Byna die hele wêreld sal glo dat ons binnegeval word deur vreemde buite ruimtelike wesens, eerder as om te glo dat ons aangeval word deur Satan se demoniese engele.
“en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het........ En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek.” (Openbaring 9 verse 3 en 5)
Hierdie demoniese vreemde lewende wesens sal die mense teister deur hulle steek met hulle sterte, en die simptome wat ondervind sal word sal dieselfde wees, as wat die steek van ʼn skerpioen se giftige angel. Die steek van ʼn skerpioen het die volgende simptome en kan die volgende insluit: brandende pyn, gevoel van versmoring, vinnige asemhaling, dooie gevoel, moelik om te praat en om sinne te maak, spierkrampe, stuiptrekings, en/of swakheid.
“En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug...... En [die springkane] hulle het sterte gehad soos dié van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen.” (Openbaring 9 verse 6 en 10)
![]() |
Satan gebuik Hollywood om die massas te breinspoel om die mislieding te omhels. |
Hierdie pyniging sal vir 5 maande (150 dae) duur. Menige sal dit soek om hulle lewens te beindig eerder as om hierdie pyniging te verdra, maar hulle sal dit nie regkry. Maar daar is beskerming vir hulle wat hulle redding in Yahuwah vind:
“En aan hulle [die springkane] is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.” (Openbaring 9 vers 4)
Yahuwah sal hierdie demoniese wesens weerhou om diegene te pynig wat Sy seël op hulle voorhoofde het as beskerming. Hierdie seël is gegee aan almal wat volkome en dienooreenkomstig volgens Sy wil lewe. Die demoniese wesens sal ook geen oeste of plante beskadig.
“En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion.” (Openbaring 9 vers 11)
“Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie,.....En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf.” (Openbaring 17 verse 8 tot 11)
Openbaring 17 openbaar aan ons wanneer die kort tydperk van die 7de koning eindig, sal dit opgevolg word deur die agste. Hy sal die laaste koning/dier wees wat regeer. In die teenwoordigheid van ons oë sien ons dat hierdie gebeure vervul word met die skielike aankondiging van die bedanking van BenedictXVI, die einde van die 7de koning se regering. Pous Francis is Openbaring se 8ste “koning,” en die laaste pous en gaan na die verderf.
Hierdie 8ste koning sal ten volle beheer word deur Satan, en sal so geplaas word as die enigste mens wat daartoe in staat sal wees om te onderhandel om ʼn einde te maak aan die demoniese inval van die Aarde. Gevolgik sal hy Satan se bedekte posisie as die “verlosser van die wêreld” verkry, wat hom volle beheer oor al die wêreld se leiers sal gee, om sodoende ‘n algehele Sondag Wet in te stel, en om die valse Sabbat te verhef wat gegrond is volgens ʼn valse kalender.
Ons kan dit nie oorbeklemtoon die verskriklike lyding van Basuine 1 tot 4, en die grusame pyniging wat ondervind sal word gedurende die 5de Basuin (1ste Wee) Tot nog toe is “Die een wee het verbygegaan; hierna kom daar nog twee weë.” (Openbaring 9 vers 12)
Vandag is daar die geleentheid om die belofte van Yahuwah te ontvang en Sy seël van beskerming te ontvang wanneer ons die keuse maak om Hom in ons harte te laat regeer. Aan Sy ware volgelinge bevestig Yahuwah keer op keer die volgende kosbare belofte:
“Maar nou, so sê Yahuwah, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. Want Ek is Yahuwah , jou Elohim, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe. Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.” (Jesaja 43 verse 1 tot 5)
Wil jy vandag kies om verseëld te word deur Yahuwah? Wil jy Sy finale oproep vir genade aanvaar terwyl dit nog moontlik is?
“Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie......” (Hebreers 3 verse 7 tot 8)
Kyk na die video: Die demoniese Inval van die 1ste Wee (Basuin 5)
Basuin 6 (2de Wee)
Die 60 – Minute Slating en die uitwissing van ʼn Derde van die Mensdom....
Laat ons net weer Basuin 5 hersien alvorens ons studie verdiep na Basuin 6:
Met Basuin 5 (die eerste wee), word die wêreld aangeval vir 5 maande deur ʼn demoniese inval in die gedaante van vreemde wesens. Teen die sluiting van die 5 maande, sal die wêreld gebreinspoel wees, om te glo dat vir die beëindiging van hierdie verskriklike inval, dit net moontlik sal wees deur die direkte ingryping van die 8ste “koning” pous Francis 1. Francis sal “onderhandel met die vreemde wesens in ʼn poging om hulle inval te “beëindig.” Hulle sal “ooreenkom” om op ʼn gegewe dag dit te beëindig, (presies 5 maande, na hulle inval, net soos die Bybel voorspel het volgens Openbaring 9 vers 5.) Nadat die vreemde wesens hulle inval gestaak het, sal die wêreldleiers eerbetoon aan pous Francis as die verlosser van die wêreld, en dan sal die wêreldleiers met vreugde hulle “krag en mag oorgee aan die dier.” (Openbaring 17 vers 13)
Die 8ste koning, Pous Francis, sal onmiddelik begin en sonder enige weerstand om die “gruwel van verwoesting” op te rig. (Daniel 12 vers 11), wat ʼn wet sal wees, wat wêreldwyd Sondag verheerliking sal afdwing, en dus die begin van die 3½ jaar periode sal wees soos voorspel in Openbaring 11 vers 3)
“En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en sestig dae [ 3½ jaar] lank sal profeteer.” (Openbaring 11 vers 3)
Die 3½ jaar sal begin wanneer Sondag verheerliking deur wetgewing afgedwing sal word kort na Basuin 5, en dit sal eindig met sluiting van die genadedeur kort na die aanhef van Basuin 6. Dit sal tydperk van uiterste swaarkry wees vir beide Yahuwah se volgelinge en die wêreld.
“en dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het.” (Daniel 12 vers 1)
Yahuwah se getroues, sal gedurende hierdie tyd “profeteer,”en ( die mense waarsku oor die aanhef van die Basuine, en die plae en ʼn oproep maak vir, om berou te toon) in “sakke bekleed.” ( Met sakke bekleed verwys na uiterste moeilike tye en vervolging van Yahuwah se getroues wat hulle in die aangesig sal staar gedurende daardie tyd.) As gevolg dat hulle van die Basuine profeteer, sal hulle ook geblameer word vir die ellende wat die Basuine veroorsaak.
Die straf vir om jou nie te onderwerp aan die Sondag wet sal toeneem, en dit moeilik maak vir Yahuwah se volgelinge om die ware sewende dag Sabbat te onderhou volgens Sy maan – son kalender. Gevolglik sal baie gemartel word in die verdediging van Yahuwah se ware Sabbat. Daar sal ʼn verloop etlike jare wees tussen die einde van Basuin 5, en die begin van Basuin 6 as gevolg van die volgende redes: Die 3½ jaar priode sal begin nadat Basuin 5 aangehef is, wanneer die 8ste koning, Pous Francis, slaag in die afdwing van ʼn algehele Sondag verheerliking, en dit sal eindig met die sluiting van die genadedeur, net voor Basuin 7 aangehef sal word.
Die gebeure van Basuin 6 sal in een uur gebeur, Basuin 7 “kom gou” daarna. ( Openbaring 11 vers 14) Dit beteken dat daar ʼn verloop van 3½ jaar sal wees tussen die einde van Basuin 5 en die begin van Basuin 6. Wanneer Basuin 6 oor ons planeet aangehef word, sal Francis1 aankondig dat die algehele wêreldse Sondag Wet, steeds nie die hemel se goedkeuring verkry, as gevolg van ʼn klomp waansinniges wat die Maan Sabbat onderhou, en afkeurend is teenoor die Gregoriaanse Sondag onderhouing.
Ons kan nou ons studie verdiep in Basuin 6 ( die tweede Wee);
“En die sesde engel het geblaas, en ek het ‘n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor Yahuwah is, en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.” (Openbaring 9 verse 13 tot 14)
Wie is hierdie engele wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat? Hulle is nie engele van die hemel omdat engele van die hemel nooit “gebind” is. Ons weet volgens die studie van Sy woord dat menigte van die gevalle engele is gebind in ʼn onsigbare “put van die afgrond.” Dus is die gevolgtrekking volgens die Bybel dat dit by die groot rivier, die Eufraat is, en die put van die afgrond die plek van die gevangenisskap waar die bevelvoerende gevalle engele gebind is.
“Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om ‘n derde van die mense dood te maak. En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend; en ek het hulle getal (200 miljoen) gehoor.” (Openbaring 9 verse 15 en 16)
Die geprofiteerde tyd van Basuin 6 is baie uitdruklik: Gedurende ‘n sekere uur, op ʼn bepaalde dag, van ʼn maand en jaar, sal een derde van die wêreld se bevolking in ʼn slagting deur tweehonderd miljoen demone, en gelei deur vier bevelvoerende enele gedood word. Die duiwel sal hierdie reuse leër van tweehonderd miljoen demone aanwend, om ʼn wêreldwye bloedbad te bewerkstellig in ʼn tydsduur, van net een uur.
Binne die bestek van een uur sal die getal wat gedood is, oor die tweebiljoen mense wees. Aangesien die einde van die 3½ jaar, dit die aanduiding is dat die genadedeur sluit, en is dit logies om tot die gevolgtrekking te kom dat Yahuwah nie sal toelaat dat die slagting van een derde van alle lewende siele plaasvind, alleenlik naby die sluitig van die genadedeur. Dit is waarom ons glo dat die tydsbepaling van die wêreldwye slagting sal gebeur naby die einde van die 3½ jaar periode.
“En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan. Deur hierdie drie plae is ‘n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het; want hulle mag is in hulle bek en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan.” ( Openbaring 9 verse 17 tot 19)
Die liggaamlike voorkoms van hierdie demoniese leër sal verskillend wees as die van Basuin 5. Hierdie demone sal ‘n voorkoms soos perderuiters hê, met leeukoppe, sterte soos slange, en vuur,rook ʼn swawel wat uit hulle bekke uitgaan. Dit is die vuur, rook en swawel wat sal veroorsaak dat ʼn derde van die mensdom uitgewis word.
“En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie. En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.” (Openbaring 9 verse 20 tot 21)
Dit is tog so jammerlik dat twee derdes van die mensdom sal voortgaan om in opstand teen Yahuwah te wees, en Sy laaste oproep vir genade te verag. Na die verduring van die ses Basuine, watter sterker metode om wakker te skrik kan ons genadige en liefdevolle Vader, nog voorsien voor die genadedeur sluit? Deur ons roekelose opstand sal ons, ons lot verseël, en om verdoem te word, en om getref te word deur die aanhef van basuin 7 (die 3de Wee), wat toegedien sal word sonder genade.

“Die tweede wee het verbygegaan; kyk, die derde kom gou.” (Openbaring 11 vers14)
Aan hulle wat getrou bly gedurende hierdie tyd, sal die beloftes van Psalm 46 in hulle leeftyd vervul word:
“Elohim is vir ons ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see. Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela.Die stroompies van ‘n rivier maak die stad van Yahuwah bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste. Yahuwah is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; Yahuwah sal dit help as die dag aanbreek.Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe.Die Elohim van die leërskare is met ons; die Elohim van Jakob is ‘n rotsvesting vir ons. Sela. Kom, aanskou die dade van die Elohim, wat verskriklike dinge oor die aarde bring, wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand. Laat staan en weet dat Ek Yahuwah is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde. Die Elohim van die leërskare is met ons; die Elohim van Jakob is ‘n rotsvesting vir ons. Sela."
Kyk na die video: Die Demoniese Slagting van die 2de Wee (Basuin 6)
Basuin 7 (die 3de Wee)
Die 7 Laaste Plae.....
Gedurende die eerste 6 Basuine het, Yahuwah aan elkeen wat lewe voorsien vir die laaste geleentheid om verlossing te aanvaar, voor die genadetyd vir die mens vir ewig sluit. Die eerste ses Basuine ( nie soortgelyk aan die sewe laaste plae) is gemeng met genade, ons weet dit omdat net een derde van die doelwitte geraak is.
“En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer.......” (Openbaring 9 verse 20 en 21)
Die poging om die wêreld wakker te skud, wat anders kon die Hemel nog meer doen, vir ʼn offer wat alreeds gedoen is, in die ewige offer van Yahuwah se enige gebore Seun, Yahushua?
“Yahuwah, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.” (Openbaring 16 ves 7)
Deur te volhard in opstandigheid en die weiering om ag te slaan op die eerste ses Basuine, sal die mensdom in werklikheid Yahuwah uitdaag om die genadedeur te sluit.
“Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.” (Openbaring 22 vers 11)
Die onbekeerde sal nou ryp wees om die onverdinde sewe laaste plae te smaak – die 3de en laaste Wee.
“Die tweede wee het verbygegaan; kyk, die derde kom gou.” (Openbaring 11 vers 14)
“En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.” (Openbaring 11 vers 15)
Wanneer Basuin 7 aangehef word, sal die koninkryke van die wêreld, die koninkryke van Yahushua word, wat sal aandui dat die groot stryd tussen Satan en Yahuwah verby is, en dat Yahushua kom om sy eiendom te vat. Tog , deur die Basuine te vegelyk met mekaar merk ons dat elke Basuin wat die ander opgevolg erger is as die vorige een is, en dit maak dat Basuin 7 die grootste in felheid is, en vind plaas net voor die Wederkoms, en die Sewe Laaste Plae is die felste in en die grootste en vind plaas net voor die Wederkoms, die gevolgtrekking is dat Basuin 7 sal die Sewe Laaste Plae wees.
Die volgende is wat ons kan leer oor die Bybel se sewe laaste plae:
- Hulle sal uitgegiet word nadat die genadetyd sluit, en hulle sal sonder genade wees. “... want daarmee is die grimmigheid van Yahuwah voleindig.” (Openbaring 15 vers 1).....”grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn.” (Openbaring 14 vers 10.
- Hulle vinnig begin en vinnig eindig. DeurDaniel en Openbaring leer ons dat vanaf die einde van Basuin 5 tot en met die aanhef van Basuin 7 sal daar ongeveer van 3½ jaar wees. Alhoewel, die tydsduur van die sewe laaste plae sal net dertig dae duur (Daniel 12 vers 11), en volgens die goddelike beskrywing van die sewe goue skale (Openbaring 15 vers 7).
- Hulle sal nie algeheel dieselfde wees, anders sal die oorblwende goddeloses dood wees voor die Wederkoms. Alhoewel die die eerste ses Basuine nie so erg sal wees in vergelyking met die felheid van hirdie plae.
- Die lewende regverdiges die (144,000 in getal) sal ook hierdie plae ervaar ” Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie.” (Openbaring 7 vers 16.) Alhoewel, terwyl die goddeloses sterwe van honger en pes, sal die engele die 144,000 beskerm en voorsien aan hulle behoeftes. Aan diegene wat in “opregtheid wandel” is die belofte, “sy brood word hom gegee, sy water is gewis.” (jesaja 33 verse 15 en 16)
Die aanskouende heelal sal getuig oor die regverdigheid van Yahuwah in die uigieting van die sewe laaste plae.
“En ek het ‘n ander een uit die altaar hoor sê: Ja, Yahuwah die, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.” (Openbaring 16 vers 7)
Die oorblywende heelal sal dit kan aanskou selfs gedurende die uitgieting van die sewe laaste plae wat oor die goddeloses uigegiet word, hulle harte verhard het nog meer as voorheen.
“En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.” (Openbaring 16 vers 9)
Baie van die lewende regverdiges (144,000) sal in die gevangenes opgesluit wees, of wegkruip in verlate skuilings, en pleit vir goddelike beskerming, en in die aangesig van die wêreldwye bevel om hulle te dood. Die goddeloses sal daarvan oortuig word deur die Dier en die valse herders dat die weiering van die regverdiges om eer te betoon aan Rome se valse dag van aanbidding, dit die oorsaak is vir die aanhef van die Basuine en die plae. Deur die aandring van Rome en haar bondgenote dat die enigste uitweg sal wees vir die herwinning van die Hemel se guns is om ontslae te raak van die 144,000 in ʼn verrasingsaanval om almal te dood
Die regverdiges sal reg ontneem word van koop of verkoop voor die uitgieting van die 7 laaste plae.
“sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.” (Openbaring 13 vers 17)
Die weiering om eer te betoon aan Rome se valse dag van aanbidding, en hulle weiering om oneer aan Yahuwah se kalender en Sy heilige dae te betoon, sal die wêreld se vyandigheid op hulle laat neerkom, en sal ʼn bevel van “nie koop of verkoop” toegepas word. Dit is die prys wat die regverdiges sal moet betaal om nie die “merkteken van die dier” te ontvang. Alhoewel Yahuwah wraak sal neem vir hierdie handeling teen Sy volgelinge, en sal Hy die wêreldwye handel tot stilstand laat kom gedurende die laaste 7 plae:
“En die handelaars van die aarde sal ween en rou bedrywe oor haar, omdat niemand hulle koopware meer koop nie...” (Openbaring 18 vers11)
Gedurende die dertig dae van plae, sal die sondaars stadig wakkerskrik tot die ruwe werklikheid dat daar aan die regverdiges bonatuurlike versorging is. Dit sal skielik tot hulle deurskemer dat hulle inderdaad bedrieg en mislei is deur Rome en haar bondgenote, wat aan hulle die herstel van voorspoed en goddelike guns belowe het, as hulle ontslae sal raak van diegene wat weier om Rome se valse kalender en valse dag van aanbidding te onderhou. Die hoop vir wêreldse voordele en materiële voorspoed waarvoor hulle alles opgeoffer het vir sekuriteit word nou gesien in die ware lig en waarde.
Die wanhoop en die benoudheid wat die goddeloses ondervind sal hulle verswelg op daardie tyd en dit word intens beskryf as:
“Die swaard buite, en die pes en die hongersnood binne; hy wat in die veld is, sal deur die swaard sterwe; en hy wat in die stad is, hom sal die hongersnood en die pes verteer. En die wat uit hulle ontvlug, sal ontvlug; maar hulle sal op die berge wees soos duiwe van die klowe wat almal klaag, elkeen vanweë sy ongeregtigheid. Almal se hande sal slap word, en almal se knieë sal wegvloei soos water.Ook sal hulle rouklere aangord, en angs sal hulle oordek; en oor al die aangesigte sal skaamte wees en op al hulle hoofde ‘n kaalte. Hul silwer sal hulle op die strate gooi, en hulle goud sal ‘n voorwerp van afsku wees; hul silwer en hul goud sal hulle nie kan red in die dag van die grimmigheid van die HERE nie; hul siel sal hulle daarmee nie versadig of hul ingewande daarmee vul nie, want dit was die struikelblok tot hulle ongeregtigheid.” (Esegiel 7 verse 15 tot 19)
Die 3 ½ dae as die spertyd, wat die goddeloses aan die 144,000 sal gee om hulle te onderwerp, en hulle vebondskap tot Yahuwah se ware sewende dag Sabbat te verwerp, sal plaasvind tydens die einde van die 30 dae periode wat vasgestel is vir die uitgiet van die 7 plae. Op die 30ste dag sal die eerste 6 plae se uitgegieting op die wêreld voltooi wees, en die goddeloses sal nou gereed wees om die wêreldwye dekreet af te dwing om die 144,000 te dood. Op daardie gegewe oomblik wanneer die goddeloses so angstig op gewag het om hulle aanval op die 144,000 uit te voer, sal die stem van Yahuwah gehoor word soos baie water, en sal dit afdaal uit die hemel soos donder op die goddeloses, en sal Hy aankondig:
“Dit is verby.” (Openbaring 16 vers 17)
Yahuwah se stem sal nie alleenlik die hemele en aarde skud, maar sal dit ook die sneller wees vir die magtige aardbewing van die 7de plaag, “en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie.” (Openbaring 16 vers 18)
Na die 7de laaste plaag – en die magtige aardbewing wat deur Yahuwah se stem die sneller was, en wat 144,000 uitgered het van die hande van die goddeloses –sal daar ʼn 45 dae periode aanbreek wat sal eindig met die wederkoms van Yahushua. Gedurende hierdie finale periode van van die Aarde se geskiedenis, sal die heiliges verheerlik word wanneer Yahuwah die goddeloses dwing om....
“Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.” (Openbaring 3 vers 9)
Die wêreld se leiers wat (teenwoordig word deur die 10 konings) wat mislei was om “hulle mag en gesag” (Openbaring 17 vers 13) tot die dier se mag, sal nou hulle woede en mag rig tot die...
“En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.Want Yahuwah het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van Yahuwah volbring is.” (Openbaring 17 verse 16 en 17)
Ons glo dat op eninge oomblik dat Basuin 1 aangekondig sal word en opgevolg word deur die volgende vier Basuine met snelle opvolging van mekaar – omdat ons nou leef onder die laastee pous, Openbaring sewentien se 8ste “koning.”
Die alleenlike doel van die Basuine is om aan die mensdom ʼn finale wekroep te bied, om wakker te skud voor Yahuwah Sy Gees heeltemal ontrek,van die Aarde, en die verseëling van die lot van elke siel. Die wêreld is op die rant van ongekende rampspoedige gebeure, waardeur Yahuwah die aandag van alle mense sal gevangene neem.
“want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?” (Openbaring 6 vers 17)
Vandag, terwyl ons groot Hoë Priester wat met versoenings werk besig vir ons onthalwe, is dit ons geleentheid om ons kleed te was, en om dit wit te maak in die bloed van die Lam, en dat ons, ons sonde kan verwyder in geloof in die versoenings bloed van Yahushua. Die kosbare Verlosser nooi jou om by Hom aan te sluit, en jou swakheid te verenig in Sy sterkte, jou onkunde tot Sy wysheid, jou onvermoë tot Sy verdienste. Glorieryk sal die uitredding wees vir diegene wat geduldig gewag het vir Sy koms, en wie se name geskrywe is in die Boek van die lewe.
“Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op ‘n rots.” (Psalm 27 vers 5)
“Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Yahuwah ons Elohim sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want Yahuwah het dit gespreek. En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse Elohim op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die Elohim op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp.” (Jesaja 25 verse 8 en 9)
“Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.....Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.”( Openbaring 22 vers 7 en 14)
Kyk na die video: Die 7 laaste Plae van die 3de Wee (Basuin 7)