Die Aftelling Het Begin! Die Tyd van Benoudheid is nou!
Die profesië van Daniël wys 1922 presies aan as die finale aftelling van die einde. |
My eersgebore kind was baie skaam. Soveel so dat as jy die woord “skaam” in die woordeboek opsoek, sal dit net langs sy naam wees! Gelukkig vir hom, het my vrou `n artikel gelees wat `n ondersoek verduidelik wat wys dat “skaam” mense tipies `n moeiliker tyd het om liggaams taal van diegene rondom hulle, korrek te lees. Ekstroverte, aan die ander kant, was by magte om die liggaams taal van andere beginselgetrou en akkuraat te interpreteer.
![]() |
Navorsing het bewys dat “skaam” kinders `n moeiliker tyd het om liggaams taal te lees as hulle meer ekstroverse portuurgroep. |
Dit het regtig baie verduidelik. As jy nie iemand se liggaams taal kan lees nie, as jy veronderstel dat hulle vir jou kwaad is (selfs as hulle nie is nie), sou dit natuuurlik vir jou wees om te onttrek. Aldus, mense wie “skaam” is.
Na die lees van die artikel, het my vrou aan ons seun begin verduidelik wat hy kan verwag in enige gegewe sosiale situasie. Terwyl ons steeds in die kar was, oppad na waar ookal, het sy hom meegedeel wie daar sal wees, wat hulle waarskynlik sal sê as hulle hom groet, en wat hy in respons daarop kan antwoord. Sy het hom nooit toegelaat om sy kop te laat sak en nie te reageer nie. Sy het daarop aangedring dat hy beleefd moet wees en `n hoflike respons toon, maar sy het dit vir hom makliker gemaak deur hom te vertel wat sal gebeur en wat hy te wagte kan wees. Selfs toe hy 10 en 11 jaar oud was, het hy haar steeds gevra om hom te vertel wat om te verwag voordat hy nuwe ondervindinge gehad het.
In hierdie selfde tyd, was ons vriende met `n ander jong gesin wie se dogter, nes ons seun, baie skaam was. Dit was pynlik om dit te aanskou. Anders as my vrou, het die ander moeder nooit van haar kind vereis om beleefd op te tree wanneer met haar gepraat is nie. Sy het haar kleine dogtertjie toegelaat om haar kop te laat sak, en haar gesig in haar ma se rok weg te steek, en dan andersyds die persoon te ignoreer wie haar aanspreek. Selfs jare later, het hierdie meisie `n sosiale snaaksigheid gehad wat ons seun ontgroei het. Die enigste verskil was, my vrou het ons seun met wysheid voorberei deur hom voor die tyd te laat weet wat hy kan verwag, en hoe hy daarop moet reageer.
![]() |
“Laat jou planne duister en ondeurdringbaar soos die nag wees, en wanneer jy optree, slaan soos `n weerligstraal.” Generaal Sun Tzu |
`n Latynse spreekwoord, “Præmonitus, præmunitus,” verskaf `n universele waarheid: “Voorkennis maak voorsorg.” Yahuwah weet dit ook. Die profeet Amos het gesê: “Want Adonaï Yahuwah doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.” (Amos 3:7) Daar is `n rede voor. Wanneer `n persoon verras word, word hy of sy gewoonlik onkant gevang. Inderwaarheid is hierdie beginsel van oorlogvoering so belangrik, dat die Chinese generaal en filosoof van ouds, Sun Tzu, die element van verrasing as een van sy vyf noodsaaklikhede vir oorwinning ingesluit het. In sy gewilde verhandeling oor militêre strategie, The Art of War, het Sun Tzu gesê: "Hy sal seëvier, wie homself voorberei, en wag om die vyand onverhoeds te betrap.” Deur verder by te voeg: “Betrek mense met wat hulle verwag; dit is wat hulle by magte is om te onderskei en hulle projeksies bevestig. Dit maak hulle standvastig in voorspelbare patrone van response, wat hulle verstande inneem terwyl hulle wag vir die buitengewone oomblik – dit wat hulle nie kan verhaas nie.
Verrasing is `n element van oorlogvoering dikwels gebruik deur Satan. Die duiwel se oogmerk is altyd om te mislei. Deur die mense te mislei aangaande waarheid kan hy hulle bedrieg om te dink dat hulle meer tyd op hande het om gereed te maak voordat die Heiland terugkeer. Dan, wanneer die finale gebeure oor hulle losbars, sal hulle onverhoeds betrap word om die grootste krisis te aanskou wat die wêreld ooit geken het.
Voorkennis tref Voorsorg
Die profesies van die Skrifte is Yahuwah se gawe aan die finale oorblyfsel. Deur profesie, word ons uitermate akkurate inligting gegee aangaande die finale krisis en wat die toekoms inhou. Niemand hoef onverhoeds betrap word nie. Nogtans is die waarheid baie skokkend. Volgens die profetiese woord wat baie vas staan, is die wêreld sedert 1798 in die “tyd van die einde”, en in die “tyd van benoudheid” gehul, sedert 1922!
Tyd van die Einde
Die boek van Daniël word in die boek van Openbaring verduidelik. Die profesië wat deur dieselfde gees van inspirasie gegee is, kan nie van mekaar geskei word nie. Openbaring 13 stel `n profesie voor wat in 1798 geëindig het:
En ek het op die sand van die see gaan staan. En ek het `n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe `n naam van godslastering.
En die dier wat ek gesien het, was soos `n luiperd, en sy pote was soos dié van `n beer, en sy bek soos die bek van `n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.
En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die wêreld het verwonderd agter die dier aangegaan. (Openbaring 13:1-3, OV)
Vir een-duisend-twee-honderd-en-sestig jaar wat begin het in 538 C.E., het die Rooms Katolieke Kerk despotiese heerskappy oor die hele Christen wêreld gehad en mettertyd sy Jesuïte priesters gestuur om inheemse mense die wêreld heen te onderwerp. Hierdie1260-jaar tydperk verskyn herhaaldelik in Daniël en Openbaring. Die eind punt het in 1798 plaasgevind toe twee dinge gebeur het: 1) Franse general, Louis-Alexander Berthier het die pous gevange geneem; en, 2) die atheïstiese, Revolusionêre Franse regering het `n nuwe kalender vir die uitsluitlike doel vir de-Kerstening van Frankryk deur Sondag van die week te verwyder. (Die gebruik van Sondag as `n aanbiddingsdag, eerder as die Bybelse Sabbat, wat lankal die Rooms Katolieke Kerk se trotse “merk van gesag is.)
Hierdie twee-voudige handeling was die “dodelike wond”, van die pousdom, wat die einde was van die 1260 jare van pouslike opperheerskappy. Vanaf hierdie jaar, dan, was die wêreld in die “tyd van die einde.” Die profesie het die verlangde effek: dit was `n wekroep vir opregte Christene in die 19de eeu wat gely het tot die herlewing van diepe Bybel studie en die soeke na waarheid. Maar nog was dit die einde niet.
Rewolusionêre Frankryk het die pouslike “Gregoriaanse” kalender verwerp in `n duidelike verwerping van die pouslike outoriteit. “Die kalender van die Franse Republiek . . . moet nie in enige hoedanigheid die amptelike jaarboeke van die apostoliese en Roomse Kerk weerspieël nie.” Pierre-Sylvain Maréchal
Beeld material: Deur Debucourt,
Philibert Louis - Bibliothèque nationale de France,
Public Domain, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=276075
Tyd van Benoudheid
Die gedetailleerde profesies van Daniël en Openbaring is die gawes van Yah aan Sy volk. Veral die intrige belaaide gedetailleerde profesieë van Daniël is `n geskenk aan die finale generasie. Dit is hierdie profesieë wat Frankryk as die “Eie Wys Koning” van Daniël 11 identifiseer; Egipte as die “Koning van die Suide,” en die Ottomaanse Ryk as die “Koning van die Noorde.” (Vir `n meer gedetailleerde studie van hierdie drie konings, lees asseblief “Napoleon, Atatürk & Pous Franciskus voorsien aan die aanduiding van die Sluiting van die Genadedeur)
Dit is buite die bestek van die artikel om in alles wat die profesies omsluit, in te gaan. Maar om net kortliks op te som: Die Ottomaanse Ryk was lank reeds deur die res van die Weste as die “siek man van Europa, beskou.” Daniël het geprofeteer: “Maar in die tyd van die einde sal die Koning van die Suide [Egipte] met hom in botsing kom, en die Koning van die Noorde [die Ottomaanse Ryk] sal op hom afstorm . . .maar hy [die Koning van die Noorde] sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie.(Daniël 11:40 en 45, OV)
Mustafa Kemal, bekend as Atatürk, of die “Vader van die Turke” het `n omwenteling in die voormalige Ottomaanse Ryk teweeggebring. Hy het die sultanaat in 1922 afgeskaf en `n nuwe burgerlike kode gevestig, gebaseer op Europese voorbeelde. En hy het `n konstitusie opgestel wat uitdruklik alle bande met Islamitiese [Sharia] wet verbreek het. Hierdie wet het Islam `n dodelike wond toegedien waarvan dit nooit herstel het nie. (http://www.bbc.com/news/magazine-23810527, klem verskaf.) |
Dit is presies wat gebeur het. Die Ottomaanse Ryk – daardie eens magtige regime wat Europa byna tot sy knieë gebring het, wat die dood of verslawing van miljoene Christene veroorsaak het – het tot sy einde gekom, nie met `n slag nie, maar met `n byna stille fluistering. En niemand het dit gehelp nie. Nes, meer as `n eeu te vore, toe Generaal Berthier die pousdom `n dodelike wond toegedien het, het Mustafa Kemal, wie later die titel as Atatürk gekry het, die Islam `n dodelike wond toegedien.
Atatürk het die Ottomaanse sultaanskap sowel as die Islamitiese kalifaat afgeskaf en die moderne Republiek van Turkye gestig. Hy het Turkye gemoderniseer deur dit wêreldgesind te maak en willekeurig sy wette van die Islam wette gedistansieër. Die Ottomaanse Ryk het amptelik op 1 November 1922 tot sy einde gekom. Dit is hierdie gebeurtenis wat van soveel waarde van die volk van Yah is want dit merk die begin van die “tyd van benoudheid aan.”
Die profesie, wat die presiese jaar aandui, het groot waarde vir die volk van Yah. Die Ottomaanse Ryk, wat in 1922 tot sy einde gekom het, was die Koning van die Noorde wat aan sy einde gekom het met niemand om te help nie. Dit bevestig sonder `n sweem van twyfel dat ons nou in die tyd van benoudheid is. Dit maak so in die volgende wyses.
1. Die vervulling van hierdie profesie, wat 1922 presies aanwys as die beginpunt van die tyd van benoudheid, bevestig aan alle eerlike denke die akkuraatheid van alle profesieë van Yahuwah se woord en dit doen so in `n baie dramatiese, bewysbare manier. Die feite van die val van die Ottomaanse Ryk word maklik bewys en goed gedokumenteer. Yah laat niks van soveel belang om verberg te wees en moeilik vir bevestiging nie.
2. Die vervulling van hierdie profesie bevestig dat die Koning van die Noorde, bespreek in Daniel 11, beslis die Ottomaaanse Ryk is. Hierdie profesie bevestig sonder weerga die beginpunt van Daniël se voorspelde “Tyd van benoudheid.” Daniël 11 sluit af deur te verduidelik dat die Koning van die Noorde “sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie.” (Daniël 11:45)
Net die volgende vers sê: “En in díe tyd sal Migael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal `n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat `n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in díe tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.” (Daniël 12:1, OV) Daar is geen rus tyd nie. Net so gou as die Koning van die Noorde tot sy einde gekom het, in díe tyd is daar “`n tyd van benoudheid soos daar nie gewees het vandat `n volk bestaan het tot op die tyd nie.”
![]() |
In net 100 dae, het die Rwandese Volksmoord 800,000 lewens uitgewis (sommige skat dit tot op 1 miljoen lewens) Hele gesinne was vermoor. Die lyding was onbeskryflik. |
Dit is die tyd waarin ons nóú lewe. Die 20ste eeu het die meeste oorloë gesien, en die meeste mense is deur hulle regerings doodgemaak, as in enige vorige tyd in die geskiedenis. Milton Lietenberg, in sy Deaths in Wars and Conflicks in the 20th Century,” skat dat nagenoeg 231 miljoen mense in die laaste eeu alleen gesterf het. Ander navorsers voer aan dat `n addisionele 260 miljoen indiwidue deur hul eie regerings vermoor is.
In net 10 jaar, 1966 tot 1976, was tot op 2 miljoen Chinese deur hul eie regering tydens hulle Kulturele Rewolusie vermoor. In net vier jaar, 1975 tot 1979, het oor die 1 miljoen Kambodjiane hulle lewens verloor in die slagvelde onder die despotiese heerskappy van die Khmer Rouge. Maar hierdie getalle is min in vergelyking met die miljoene lewensverliese onder die Sowjet diktator, Josef Stalin. Sommige stel die getalle Sowjet lewensverliese so hoog as 60 miljoen. Werklik, die dekades sedert 1922 was `n tyd van benoudheid soos daar nie gewees het vandat `n volk bestaan het nie.
3. Met die aanvangsdatum van die tyd van benoudheid stewig vasgestel, word Yah se volk beskerm van Satan se bedrieëry. Sonder 1922 as `n anker datum, word die “tyd van benoudheid” herhaaldelik na die toekoms verskuif. Opregte mense studeer hul Bybels, wie soek vir iets om aan te dui waar ons is in die loop van die geskiedenis, maar sonder 1922 as `n anker punt, soek hulle vir valse bakens en is heeltemal onbewus dat die tyd van benoudheid alreeds begin het! Satan kry die oorwinning want, met die tyd van benoudheid in die verre toekoms geplaas, versuim die indiwidu om gereed te maak vir Yahushua se spoedige wederkoms.
Dit is aan sulke mense dat die hartseer woorde gespreek word:
Nie elkeen
wat vir my
sê Here,
Here, sal ingaan
in die koninkryk
van die hemele nie;
maar hy wat die wil van my Vader
doen wat in die hemele is.
Baie sal in daardie
dag vir my sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam
duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
En dan sal ek aan
hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My,
julle wat die
ongeregtigheid werk! (Matthéüs 7:21-23, OV)
4. Neëntien-twee-en-twintig maak `n duidelike onderskeid tussen die tyd van benoudheid, in Daniël 12:1 bespreek, en dit waarna verwys word in Matthéüs 24:21. Hulle is nie dieselfde nie. Yahushua se profesie is van `n korter tyd periode wat reg aan die einde kom:
Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.
En bid dat julle vlug nie in die winter of op die Sabbat mag plaasvind nie.
Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin
van die wêreld
af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.
En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie;
maar
terwille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.
As iemand dán vir julle sê: Kyk hier is die Christus of: Daar! – moet dit nie glo nie
Want
daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens
en wonders doen om,
as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
Kyk, ek het dit vir julle vooruit gesê. (Matthéüs 24:19-25. OV)
![]() |
Sonder 1922 as `n anker datum, word Bybelstudente ploeterend gelaat, wie die tyd van die einde gevaarlik uitstel na een of ander misterieuse toekomstige tyd. |
Tydens die tyd van benoudheid wanneer die luide geroep (die laaste genade waarskuwings boodskap) aan die wêreld gegee word, sal baie hul lewens, veral vir die onthalwe van die saak van die waarheid, verloor. Daniël se tyd van benoudheid, wat begin in 1922, sluit al die nasies op aarde in. Nie almal wie hul lewens tydens hierdie periode verloor het is noodwendig martelare vir die waarheid nie. Die tyd van benoudheid waarna Yahushua verwys is selfs erger as Daniël se tyd van benoudheid. Yahushua se tyd van benoudheid kom reg aan die einde voor en word kortgeknip of daar sal geen lewe meer oor wees nie.
Die profesie van die Koning van die Noorde wat in 1922 aan sy einde kom en die tyd van benoudheid beginpunt, verduidelik aan die ondersoekende denke waarom die wêreld in konstante krisis sedert 1922 is, en sal so aanhou totdat Yahushua kom.
Volgens die Science Daily, het die getal orkane in die Atlantiese Oseaan oor die laaste eeu verdubbel.1 En dit is net orkane. Die aantal, veelvuldigheid, en erns van aardbewings het eksponenteel toegeneem. In werklikheid, van die 10 hewigste aardbewings in aangetekende geskiedenis, het nege daarvan ná 1922 plaasgevind. Professor Mike Sandford, `n geoloog aan die Universiteit van Melbourne, sê: Seismoloë het in die laaste dekade `n toename van eerste graadse, groot impak aardbewings, opgelet
Die suiwere getal sterftes, van oorloë, regeringsmoorde (regerings wat hul eie burgers vermoor), volksmoorde en natuur rampe sedert 1922 is ongeëwenaar in die geskiedenis.
“Die misdade waarna ons uit is om te veroordeel en te straf was so koelbloedig, so boosaardig en so verwoestend, dat `n beskawing dit nie durf waag om te ignoreer nie, omdat dit nie die herhaling daarvan kan oorleef nie.” Robert Jackson, Verenigde State Hoof Aanklaer, in sy openingsrede aan die Internasionale Militêre Regbank in Nuremberg, Duitsland, 21 November, 1945. |
6. Die profesië van Daniël verskaf `n waarskuwing dat die sluiting van genadetyd nie een of ander gebeurtenis van die verre toekoms is, buite die gesigskring van diegene wie huidiglik lewe nie. Maar dat ons in “oomblikke van middernag” is. Genadetyd sal binnekort sluit en ons het nie `n oomblik om te verspil om ons harte reg te kry nie.
7. Die uitermate akkuraatheid van die vervulling van die Koning van die Noorde se koms tot sy einde met niemand om hom te help nie, bevestig dat die min profesies wat nog vervul moet word, in dieselfde wyse, letterlik en akkuraat vervul sal word. Dit is `n belangrike punt soos sommige van hulle, teen díe tyd, net deur die oog van geloof gesien kan word. Maar, nes met almal van Yahuwah se dekrete, sal hulle vervul word op tyd, en in die wyse, geprofeteer.
Oomblikke tot Middernag
Ons is oomblikke weg voor klokslag middernag.
As kind, het my ouers `n ou staanhorlosie gehad wat vir verskeie geslagte in die familie was. Dit sou bong op kwart oor, half en kwart voor. Maar op elke uur sal dit `n kort liedjie speel, voordat dit die uur uit dong in sy diep, luide eggo`s. Daar was nie `n sekonde wyser om sekondes te wys nie, net `n minute en uur wyser.
Maar as jy fyn geluister het, net voor die liedjie speel, was daar `n sagte kliek namate die binneste meganisme begin wir het. Wanneer ons `n uur van huiswerk afgehandel het, was daardie kliek die sein waarvoor ek en my broer gewag het, om ons te laat weet dat die uur van marteling verstreke was en ons lang-verwagte tyd vir speel aangebreek het.
Dit is waar ons in die aardsgeskiedenis is. Die tyd van benoudheid is nie een of ander toekomstige gebeurtenis nie. Die meeste mense wie hierdie artikel lees was gebore na die tyd van benoudheid begin het! Ons wag nou net op daardie byna stille kliek wat sal sein dat alles oor is. Moenie onkant gevang word nie. Neem nou die tyd om die profesies te ken. Dit is die wil van Yahuwah dat jy weet wat binnekort op die aarde sal losbreek met oorweldigende mag, want as die basuine eers begin blaas, sal daar geen verposing tot die einde wees nie.
Toe Yahushua net voor Sy dood gevra was om die einde van die wêreld te beskrywe, het Hy die bemoedigende woorde gegee, “En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.” (Lukas 21:28)
Ons is net oomblikke voor die slag om middernag. Die einde is veel nader as wat jy ooit kan dink.
Vir meer insig in die nabye toekoms, nooi WLC jou om te lees:
Die Laaste Skelmstreek: Satan in die Gewaad van Lig