Die Dier uit die Aarde: Die Verenigde State Volgens Bybelse Profesieë
Die boek van Openbaring is ʼn goddelike geskenk. Die inhoud bevat belangrike inligting wat Yahuwah voorsien het aan Sy volgelinge om te weet oor die dae wat voor ons is..
Deur die gebruik van simbole, het die Hemel openbaar van die magte wat hoofsaaklik sal oorlog maak teen Yahuwah in die persoonlikheid van Sy heiliges net voor die Wederkoms van Yahushua.
Die profesieë voorspel dat een van die magte wat oor groot mag beskik oor die ganse aarde is dit die Verenigde State van Amerika. Dit word beskyf in Openbaring 13:
“En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak. En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.” (Openbaring 13 verse 11 en 12)
Om die simbole te verstaan in hierdie profesie, en hoe dit van toepassing is op die Verenigde State, is dit nodig om die Skrif toe te laat om hulle te verduidelik. Volgens die Bybel is, ʼn “dier” die simbool van geo-politieke magte. Aan Daniel was daar gewys van vier diere wat uit die see verrys:
“Daniël het gespreek en gesê: Ek het in die nag in my gesig gesien, en kyk, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring; en vier groot diere het uit die see opgeklim, die een verskillend van die ander.” (Daniel 7 verse 2 en 3)
Daniel het kopgekrap oor die visioen. Want hy het nie verstaan wat die betekenis is van die simbole wat gebruik word
“Die gees van my, Daniël, is in sy omhulsel verontrus, en die gesigte van my hoof het my verskrik.Ek het nader gekom na een van die wat daar gestaan het, en van hom sekerheid gevra oor dit alles; en hy het dit vir my gesê en die uitlegging van die dinge aan my bekend gemaak: Hierdie groot diere wat vier is—vier konings sal uit die aarde opstaan.” (Daniel 7 verse 15 tot 17)
Dus, word die dier verteenwoordig deur geo-politieke magte. Terwyl daar baie koninkryke was wat naby was aan wêreld oorheersing regdeur die geskiedenis, fokus die Skrif, uitdruklik op diegene wat oorlog voer teen die Hemel.
“En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom.....” (Openbaring 13 vers 11)
Die eerste dier wat Johannes in Openbaring 13 sien simboliseer die Pousdom. Die profesie voorspel dat die dier die Pousdom, sal ʼn dodelike wond ontvang:
“En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was....” (Openbaring 13 vers 3).
Die verwonding van die Pousdom is veroorsaak deur ʼn reeks van gebeure gedurende 1798, en juis op die tydstip toe die uit die aarde, die Verenigde State verrys het tot mag.
Die tweede dier wat Johannes sien in Openbaring 13, is uniek van al die ander, omdat dit uit grond verrys.
Later, vertel Johannes: “Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.” (Openbaring 17 vers 15) Daarom, moet die dier wat uit die aarde verrys, ʼn wêreldlike mag wees wat uit ʼn uitgestrekte bewoonde gebied van die aarde verrys.
Die dier wat Daniel gesien het, asook die eerste dier wat Johannes in Openbaring 13 gesien het, verrys uit ʼn onstuimige see. Nuwe nasies verrys gewoonlik deur die omverwerping van ander nasies, en dan om hulle plek in te neem. Alhoewel, daar geen nasie was om omvêr te werp om plek te maak vir die Verenigde State. Sodoende is dit die gepaste simbool vir die dier wat uit die aarde verrys.
Die woord “kom” wat gevind word in hierdie spesifieke frase van die Skrif volgens die oorspronklike Griekse teks is ἀναβαίνω (anabainō), wat gesamentlik saam met die Griekse afgeleides geneem moet word, se betekenis is – om stadig te onstaan.... en vinnig en voordurend te groei (soos ʼn plant). Dit is baie gepas vir die VSA.
Die beskrywing van G.A. Townsend oor die herrysenis van die Verenigde State, vertel hy van die “raaisel van haar koms uit die leë ruimte,” en vertel hy, “ Soos ʼn stille saad wat ontkiem, het ons gegroei tot ʼn wêreldryk.” (The New World Compared with the Old, pp.462, 635, G.A. Townsend) ʼn Europese koerant die, Dublin Nation van 1850 praat van die Verenigde State as ʼn wonderlike wêreldryk wat “onstaan” het en “erken dat die swygende aarde daagliks bydrae tot haar mag en trots.”“en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak....” (Openbaring 13 vers 11)
Die dier uit die aarde word beskryf as ʼn dier met twee horings, soos ʼn lamagtige dier. Eerder, is dit dat die, horings misleidend is. Dit bly steeds die magtige roofdier, maar die horings is klein, skadeloos en self sageaard, soos ʼn lam.
Die Verenigde State het oor twee eeue as ʼn jong nasie verrys tot mag, en voldoen aan die beskrywing. Sy het nie belanggestel om ander nasies te koloniseer, en haar strande geopen vir almal wat vlug van vervolging in hulle lande van herkoms.
Soos die Agbare J.A. Bingham dit beskrywe het, dat die menigte van immigrante na Amerika, en wou hulle ʼn land vestig, en ʼn “Wêreld wat vir eeue nie gesien is, ʼn kerk sonder ʼn pous en ʼn staat sonder ʼn koning.”
“Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.” (Openbaring 13 vers 13)
Van al die nasies op aarde, het die Verenigde State vinnig verrys tot ʼn posisie van mag,invloed en rykdom.
Die tegnologie het floreer en die wetenskaplike en industriële vorderings wat ontwikkel is, en wat voortgevloei het deur hierdie nasie in een of ander manier, het die lewens van feitlik elkeen op hierdie planeet beïnvloed.
![]() |
Die paddastoel wolke oor Hiroshima (links) en Nagasaki (regs). |
Die vernietiging van Hiroshima en Nagasaki met die hedendaagse geskiedenis van die atoombom word toepaslik beskryf deur Johannes se beskrywing: “ sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.” (Openbaring 13 vers 13)
Die ware geheim van die Verenigde State se magtige karakter en die hemelse seëninge, was die feit dat sy wette die Kerk van die Staat geskei het, en dit die waarborg was vir burgerlike en godsdiens vryheid – en self ook aan daardie gelowe wat in die minderheid is.
Die dier met die twee horings kon nie die Roomse Katolieke nasie wees, omdat Katolisisme is ʼn unieke eenheid van Kerk en Staat. So ʼn verhouding van die Kerk wat sy geloof afdwing deur die mag van die staat is fundamenteel deur die beginsels waarop die Verenigde State gestig en teengestaan is.
Verskillend van ander simbole en diere, verrys die dier uit ʼn land wat opsigtelik die afwesigheid van ʼn kroon het, en simboliseer dit ʼn nasie met ʼn republikeinse manier van regering.
“ ʼn Kroon is die aangewese simbool van ʼn koningskap of diktatoriale vorm van regering, en die afwesigheid van ʼn kroon in hierdie geval, stel dit voor ʼn regering waarin daar nie sulke magte gesetel is as ʼn regerende lid, maar is dit gelaat in die hande van mense.” (U. Smith, Daniel and the Revelation, p. 581)
Die Verenigde State was die eerste nasie sedert Rome wat ʼn ware Republikeinse vorm van regering het, met persoonlike, burgerlike en godsdiensvryheid wat in hierdie tipe van regering saamgevat is.
Soos Johannes die visioen aanskou, het daar ʼn verandering van die saggeaarde voorkoms plaasgevind. Die dier met die twee horings het begin om soos ʼn draak te praat, die tweeledige simbool wat beide heidenisme en Satan verteenwoordig
“En hy oefen al die mag van die eerste dier uit.... en hy maak dat die aarde en die [magte] wat daarop woon, die eerste dier aanbid. (Openbaring 13 vers 12)
Eerder om die laaste bastion te wees van godsdiensvryheid wat nog in die wêreld oor is, neem die dier met die twee horings die wêreldwye gesag aan wat nie regmatig aan hom behoort. Hierdie gebruik van mag, is die beginsel van Satan se koninkryk, en dit word aangewend vir die afdwing van aanbidding van die ander dier, wat Katolisisme verteenwoordig.
“Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het. En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.” (Openbaring 13 verse 13 tot 17)
Die feit is hierdie nuwe aangenome mag wat uitgeoefen word deur die Verenigde State nie die Hemel se goedkeuring of seëninge geniet, en is dit opgeteken in die Skrif wat hierdie dier in staat is om te doen.
• Hy verlei almal wat op die aarde wandel.
Amerika – Polisie - Staat.
• Hy verplig die mense van die wêreld om ʼn beeld te maak van die eerste dier wat die dodelike wond ontvang het.
• Hy het die mag om die mense te dood wie nie die eerste dier aanbid.
• Hy oefen mag uit om aan elkeen ʼn merkteken op hulle regterhand en op hulle voorhoofde te ontvang.
• Hy stel ekonomiese sanksies in teen almal wat nie die merkteken van die dier het, die naam van die dier of die nommer van sy naam.
Sulke despotiese karakter eienskappe word teen gestaan deur die vryheid van liefdevolle beginsels van die koninkryk van die Hemel.
Die Skrif stel dit duidelik dat die finale stryd in die lange twispunt tussen Yahuwah en Satan sal sentreer rondom aanbidding, en spesifiek, wanneer om te aanbid. Yahuwah dwing nie mense om Hom te aanbid en Satan dwing nooit aanbidding af op die ware Sabbat van Yahuwah.
Gevolglik, sal die aanbidding wat afgedwing word deur die Verenigde State, sal dit die afdwing wees van die valse dag van aanbidding – Sondag, met die moontlike toegewing aan diegene wat op Saterdag of na die Moskee gaan vir gebed op Vrydag, alles volgens die Pouslike Gregoriaanse kalender wat deur die hele wêreld gebruik word, in hulle verwondering van die dier.
Wat nie toegelaat sal word is die vryheid om te aanbid volgens jou eie individuele voorskrifte en gewete.
Uiteindelik, sal almal wat weier om die valse leerstellings te gehoorsaam wat afgedwing sal word deur die Verenigde State (of enige ander regering) beskou sal word om die dood te verdien. Geen toegewing sal voorsien word aan diegene wat wens om te aanbid op die ware Bybelse Sabbat, wat bereken word volgens die oorspronklike maan – son kalender van die Skepping.
Die enigste hoop vir iemand is om in volle oorgawe aan die wil van Yahuwah Elohim oor te gee. In die aangesig van die draak se gebrul, sal Yahuwah se volgelinge bewaar word
Almal wat in gehoorsaamheid aan Yahuwah bo die voldoening tot die wette en tradisies van die mens sal bewaar word gedurende die komende tyd van benoudheid.
“En in
dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan,
optree;
en dit sal ‘n tyd van benoudheid wees
soos
daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het
tot op
dié tyd nie;
maar in
dié tyd sal jou volk gered word,
elkeen
wat in die boek opgeskrywe staan.
En baie
van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak,
sommige
tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid,
vir
ewig afgryslik.
En die
verstandiges sal glinster
soos
die glans van die uitspansel,
en die
wat baie tot regverdigheid lei,
soos
die sterre vir ewig en altoos.”
(Daniel
12 verse 1 tot 3)
Die beloftes van die Skrif open die bronne van die Almagtige aan almal wie hulle Skepper eer deur die onderhouding van Sy wet, en aanbid op Sy heilige Sabbat wat alleenlik geïdentifiseer deur die gebruik van Sy geordende metode van tydhouding: die maan – son kalender.
“Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.” (Openbaring 3 verse 10 tot 11)