Die Dier uit die See: Die Roomse Katolieke Kerk in Profesieë
Die Boek van Openbaring voorsien inligting oor komende gebeure wat elkeen op aarde sal raak. Die inligting word verskaf in die vorm van profetiese simbole. Deur die gebruik van hierdie simbole, waarsku die Hemel ons dat een van die grootse vervolgings magte wat in die geskiedenis bekend is weer sal herrys, en op die voorgrond tree in ʼn aktiewe rol in die vervolging van die uitverkorenes van Yah.
Vir meer as 1,000 jaar, het die Roomse Katolieke Kerk die hoof instelling gewees in die uitvoering van vervolging teenoor die getroues wat Yah, wat wou aanbid volgens die voorskrif van hulle gewetens.
Openbaring 13 bevat ʼn profesie wat die geskiedenis van die verlede oorspan en dek, sowel as ʼn blik op die toekoms wanneer hierdie eens grote mag weer sal soek om die regte van Yahuwah se volgelinge te vertrap:
En ek het op die sand van die see gaan staan. (13:1) En ek het ʼn dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ʼn naam van godslastering. En die dier wat ek gesien het, was soos ʼn luiperd, en sy pote soos dié van ʼn beer, en sy bek soos die bek van ʼn leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? En ʼn mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen. En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster. Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie. (Openbaring 13 verse 1 tot 8)
In profetiese taal is “diere” die simbool van wêreldse magte wat Yahuwah se volgelinge vervolg. Johannes sien hierdie dier wat uit die “see” verrys. Volgens die Bybel, is die see die simbool van ʼn digbewoonde gebied:
“Die waters ..... is volke en menigtes en nasies en tale.” (Openbaring 17 vers 15)
Dit is die eerste identifiserings karakter eienskappe wat die dier van Openbaring 13 verbind met die Roomse Katolieke Kerk: dit verrys in die “Ou Wêreld”- ʼn plek wat dig bewoon is, en dit is daar waar hy sy mag sal uitoefen.
Die dier uit die see wat Johannes gesien het die liggaam van ʼn luiperd, die pote van ʼn beer en die bek van ʼn leeu. Dit is betekenisvol omdat dit dieselfde diere gebruik was in die Boek van Daniel om die drie wêreldmagte te verteenwoordig wat Yah se volgelinge vervolg voor die herrysenis van Rome. Die diere van Johannes is ʼn samevoeging, en die vereniging van die karakter eienskappe van die voorafgaande drie wêreldmagte.
Die Dier uit die See – se samestelling
Die Roomse Katolieke Kerk, wat oor geneem het van Heidense Rome as ʼn vervolgingsmag, en bevat die humanisme van die Grieke (die luiperd), die verheffing van Sondag vanaf die Mede- Persiese Ryk (die beer) en die aanbidding wat bereken is volgens die aaneenlopende weeklikse siklus van Babilon (die leeu)
Die skrif verklaar dat die dier sy mag ontvang van die draak, wat die simbool is van beide heidenisme en Satan self:
“En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei.... “ (Openbaring 12 vers 9)
Tot ʼn groot mate, het die Roomse Katolisisme sy mag verkry deur heidenisme. Deur die aanneming en aanvaarding van heidense gebruike deur die Kerk, het Katolisisme mag en gewildheid verkry, en haar uitreiking uitgebrei, letterlik rondom die aardbol.
![]() |
Pous Gregory XIII, meer bekend vir die ingebruikstelling en naamgenoot van die Gregoriaanse kalender, wat tot op datum die blywende, burgerlike en internasionale aanvaarde kalender is. |
In geen ander gebied word dit meer duidelik gesien as in die hedendaagse kalender, wat ontwerp is en vernoem is na Pous Gregory XIII. Die algehele wêreld is verenig in die gebruik van hierde valse kalender met sy valse dae van aanbidding.
Die Katolieke spog selfs daarmee dat dit die teken is van hulle gesag, en dat dit ʼn feit is dat hulle die Sabbat verander het na Sondag.
“Aan Wie Word daar Eerbied en Hulde betoon om Sondag Heilig te Hou? Deur dit kan ons verstaan hoe groot die gesag van die kerk is, in sy vertolking en verduideliking aan ons oor die gebooie van God – ʼn gesag wat erken word deur die algemene gebruike van die ganse Christen wêreld, en self daardie sektes wat verkondig dat hulle heilige Skrif aanneem as hulle enigste reël van geloof, en sodoende hulle die dag van rus onderhou, wat nie die sewende dag van die week is, en wat die Bybel beveel, maar op die eerste dag. Wat ons weet wat geheilig gehou moet word, en deur tradisies en leerstellings volgens die Katolieke kerk.” (Henry Gibson, Catechism Made Easy, #2, 9th edition, vol. 1, pp. 341-342.)
Gedurende die Konsilie van Nicea, was daar weggedoen met die Bybelse kalender, en die heidense Juliaanse kalender was aangeneem vir daarstelling van tye vir aanbidding.
Hierdie feit wat gesimboliseer samevoeging van die dier met sewe koppe en wat tien horings het. Die Kerk van Rome het die antieke maan – son kalender verwerp ten gunste van die week volgens die planete en van sewedae, met die aaneenlopende weeklikse siklus.
“Om die Heidene te paai deur die Christene in naam, het Rome van sy gewone beleid gebruik gemaak vir die oorreding om die Christen en die Heidense feesvieringe saam te voeg, en deur ʼn gekompliseerde maar kundige verskuiwing van die kalender, was dit gevind om nie ʼn moeilike taak te wees, en in die algemeen om die Heidene en die Christene te laat handevat – wat nou reeds vêr afgedaal het in afgode aanbidding.” (Alexander Hislop, The Two Babylons, p. 105.)
Die samevoeging van die Christendom met heidenisme word verder geïdentifiseer in Openbaring 17 ver 5 as die: “VERBORGENHEID, DIE GROOT BABILON, DIE MOEDER VAN DIE HOERE EN VAN DIE GRUWELS VAN DIE AARDE.”
Volgens die Skrif,
is die simbool wat geruik vir die kerk, is dit ʼn vrou.
ʼn “Hoer” dui daarop dit op ʼn korrupte kerk is.
Die Roomse Katolieke Kerk is die “moeder” omdat al die ander godsdienste, en nie alleenlik Christen gemeentes, bereken hulle aanbiddingdae volgens die kalender wat geskep is deur die Katolieke Kerk.
“Sondag is ʼn Katolieke instelling en die eis vir onderhouding daarvan kan alleenlik verdedig word volgens Katolieke beginsels.... Vanaf die begin tot die einde in die Skrif is daar nie een enkele gedeelte wat dit regverdig om die weeklikse openbare aanbidding te verplaas vanaf die laaste dag na die eerste dag van die week.” (Catholic Press, Sydney, Australia, August, 1900.)
Maar die dier wat Johannes sien, ontvang ʼn “dodelike wond.” Dit gebeur gedurende 1798 toe die heersende mag van die Katolieke Kerk weggeneem is deur ʼn vinnige reeks van gebeure. Gedurende Februarie 1798, het die mag wat veroorsaak het dat konings bewe, en van sy geregtelike verbod, was verneder tot die grond, toe die Franse Generaal Louis Alexandre Berthier, ʼn Hugenoot, Pous Pius VI in opdrag van Napoleon Boneparte gevangene geneem het.
Twee maande later, op die 3de April, het die Franse regering die gebruik van sy eie kalender wat bestaan het uit ʼn 10 dae week afgedwing.
Hierdie verandering van kalender, het die Pouslike dag van aanbidding vernietig. Deur die verwydering van Sondag van die week, het dit die Pousdom getref, reg op die plek waar die Pousdom aanspraak maak op sy gesag: die verandering in die aanbiddingdag tot Sondag as die Bybelse Sabbat. Dit was die “dodelike wond” wat die Pousdom ontvang het.
Die tydsberekening van hierdie reeks gebeure, het presies gebeur volgens die profesie wat vermeld dat “mag aan hom gegee sal word vir twee en veertig maande.”
Volgens profetiese tyd, is een dag gelyk aan een jaar, en ʼn maand gelyk aan dertig dae in die meerderheid van aangeleenthede. “vir elke jaar lê Ek jou een dag op.” (Esegiël 4 vers 6) Hierdie Bybelse beginsel word toegepas vir die profetiese tydperke volgens die 2300 jaar profesie, die langste tyd profesie in die Bybel. Die vervulling van hierdie profesie in 1844, kondig dit die begin van die “eindtyd” aan. Die beginsel van een dag wat gelyk is aan een jaar, kan nie toegepas word op profesieë wat in vervulling sal gaan gedurende die “tydperk aan die einde.” Omdat die “tydperke” te kort is aan die einde vir die toepassing van hierdie beginsel.
Dit het begin in die 538 n.C. toe Generaal Belasarius opgetree namens die Bisantynse keiser, Justinus, en Rome bevry het van die Ariese Oos-Gote van ʼn beleg wat vir die tydperk van ʼn jaar en nege dae geduur het.
Terwyl die mag van die Oos –Gote oor noordelike Italië nie onmiddellik verbreek is, en Belasarius deur Pous Silverius aanvaar is, en die latere bevryding van Rome van die Oos – Gote, het dit die weg gebaan vir die Roomse Katolieke om hulle heidense leerstelling van die drie-eenheid af te dwing –ʼn leerstelling wat die Christen Oos – Gote kragtig verwerp het.
Hierdie despotiese yster regering het gestrek oor ʼn tydperk van 1,260 jaar, en gedurende daardie tydperk waarin miljoene Christene getrou van hart gemartel is vir hulle geloof. Dit het reg op die tyd geëindig, gedurende 1798 met die gevangeneming van die Pous en die verwydering van Sondag, as ʼn heilige dag, die teken van die Pouslike mag.
Die visioen eindig nie daar, Yahuwah openbaar dat hierdie selfde vervolgingsmag weer sy mag oor die ganse aarde sal gebruik. Johannes verklaar:
“en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.” (Openbaring 13 vers 3)
Dit is gedoen, en die ganse wêreld word deur sy werkdae en heilige dae gereguleer deur ʼn skepping van die Roomse Katolieke Kerk. Sedert die Tweede Wêreldoorlog is die ganse wêreld verenig in die gebruik van Pous Gregory XIII se kalender.
Die Roomse Katolieke Kerk mag miskien grotendeels afwesig wees vanaf die wêreldgebeure sedert hy die dodelike wond ontvang, maar die versekerde profesie waarsku ons:
“Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.”
“En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.” (Openbaring 13 verse 7 en 8)
![]() |
Diegene wat verlang om die Skepper te eer en terug te keer in aanbidding op die sewende- dag Sabbat van die ou Bybelse kalender, sal die gramskap van die draak en die dier op die hals haal. Maar Yah se oë is gevestig op Sy volgelinge en Sy ore is geopen na hulle uitroep.
Hierdie gedeelte eindig met ʼn belofte aan die getroues:
“As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.” (Openbaring 13 vers 10)
Al die magte wat die regverdiges vervolg, sal op die einde die goddelike oordeel in die aangesig staar. Hier is die geduld en die geloof van die heiliges, en die belofte wat hulle staande sal hou in die felste vervolgings – wat nog moet kom!
“Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie.”
“want soos gras al hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.”
“Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat Yahuwa verwag, hulle sal die aarde besit. En die HERE help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.” (Lees Psalm 37)