Die Dier van Openbaring 13, Sy Merkteken & Sy Trojaanse Perd.
Die bedenksel van ʼn ononderbroke aaneenlopende weeklikse siklus is die grondslag waarop die “merkteken van die dier ” sal rus. Dink daaraan dat Saterdag die Sabbat is wat onderhou was deur Adam, Noag, die Voorvaders en Moses, die Profete, Yahushua en die Apostels? Dink weer! Die tyd is kort geliefde van Yahuwah. Studeer om aan jouself te bewys dat jy goed genoeg is. |
Wie is die
ongewilde “dier” van Openbaring?
In Openbaring 13, vind ons twee diere: (1) ʼn dier uit die see; (2) ʼn dier uit die aarde. Dit is hoofsaaklik die eerste dier wat ons oor bekommerd is, ofskoon dit sy merkteken is wat ons verder wil ontgin. Vir meer oor die dier uit die aarde, verwys asseblief na: Die VSA in Bybelse Profesie.
![]() |
Wie is die Dier van die Boek van Openbaring? |
Die eerste dier van Openbaring 13 is onweerlegbaar Rome, en deur die verlenging van die Katolieke Kerk (RKK). Wanneer die eienskappe en geskiedenis van die Katolieke Kerk naas mekaar gestel word met die karaktereienskappe van die dier uit die see deur Johannes van Openbaring, vind ons ʼn onverstaanbare volkome gelyke. Wanneer ons dit byvoeg tot Johannes se beskrywing van die “hoer” van Openbaring 17, en Daniel se voorstelling van die Antichris van mag in Daniel 7, word ons met geen ruimte gelaat om te twyfel oor wat die rol van die RKK is, in Bybelse profesieë.
Die Roomse Katolieke Kerk volkome pas tot in elke besonderheid van die profetiese beskrywing. Die RKK is die “dier.”
- Die RKK is beide ʼn Kerk en ʼn Stad.
- Die RKK sit op Sewe Berge.
- Die RKK is uitgedos in pers en skarlaken (rooi), en versier met goud en kosbare stene.
- Die RKK handhaaf mag oor AL die inwoners van die Aarde.
- Die RKK se opkoms is binne ʼn dig bewoonde gebied met kulturele verskeidenheid.
- Die RKK het geheel en al drie ander koninkryke uitgeroei met die opkoms na mag.
- Die RKK voer oorlog teen die Heiliges.
- Die RKK het ʼn enkele man wat handel en praat as sy geheel.
- Die pous verhoog homself so hoog as Yahuwah.
- The pope is identified with the number "666."
- Die pous word geidentifiseer met die die getal “666.”
- Die RKK spreek woorde van verwaandheid en godslastering.
- Die RKK het gepoog om Yahuwah se Kalender en Wet te verander.
- Die RKK het vir 1,260 jaar regeer as opperste gesag.
- Die RKK was gestroop van sy gesag deur ʼn burgerlike mag, en in “gevangenskap” geplaas.
Vir ʼn volledige bespreking van die Katolieke Kerk se volkome vervulling van die bogenoemde punte, verwys asseblief na: Wie is die Dier in die Boek van Openbaring?
Wat is die dier se “merkteken”?
Ons weet verseker dat Rome die “dier” is. Eerder as om te veralgemeen oor wat “die merkteken van die dier” is, laat ons uitdruklik wees en vra wat “Rome se merkteken” is. Om die antwoord te vind, hoef ons nie vêr te gaan soek. Die RKK, in haar growwe verwaandheid en Sataniese se trots, onbeskaamd spog dat die “merkteken” van haar gesag is die verheffing van Sondag. Dit, sê sy, is die bewys dat “bo die Bybel” is.
Sondag is ons merkteken van gesag ... die kerk is bo die Bybel, en die verplasing van die Sabbat onderhouding ʼn bewys is van daardie feit. (Catholic Record of London, Ontario Sept 1, 1923).
![]() |
|
Sulke voorstellende verklarings is nouliks ongewoon deur die RRK. Die “dier” nogal trots oor sy pogings vir die verheffing van die heidense Sondag, terwyl die woord van Yahuwah onder hulle voete vertrap word:
- “Die Sondag ... is ʼn suiwere
skepping van die Katolieke Kerk.” (Amerikaanse Kwartaallikse Katolieke Oorsig,
Januarie, 1883.)
- “ Sondag .... is die alleenlik wet
van die Katolieke Kerk...”( American Sentinel (Catholic), June 1893.)
- “Sondag is ʼn Katolieke instelling
en die aanspraak vir die onderhouding daarvan kan net alleenlik verdedig word
volgens Katolieke beginsels.” (Catholic
Press, Sydney, Australia, August 1900.)
- “Hulle [die Protestante] ag dit
hulle plig om Sondag heilig te hou. Waarom? Omdat die Katolieke hulle vertel om
so te maak. Hulle het geen ander rede...... Die onderhouding van Sondag
sodoende die ekklesiastiese word wat geheel en al onderskeidend is van die
goddelike wet van Sabbat onderhouding... Die outeur van Sondagwetgewing.... is
die Katolieke Kerk.” ( Ekklesiastiese
Oorsig, Februarie 1914.)
- “Is nie elke Christen verplig om
Sondag te heilig en om hulle te weerhou van onnodige slaafse werk? Is dit nie
die onderhouding van hierdie wet onder ons as die mees belangrikste van ons
heilige pligte? Jy mag die Bybel lees vanaf Genesis tot Openbaring, en sal jy
nie ʼn enkele sinsnede vind wat die heiliging van Sondag magtig.” (James Cardinal Gibbons, The Faith of Our
Fathers (1917 edition), p. 72-73 (16th Edition, p. 111; 88th Edition, p. 89).)
- “Dit is goed om die Presbiteriane,
Baptiste, Metodiste, en alle ander
Christene, te herinner dat die Bybel hulle op geen plek ondersteun in
die onderhouding van Sondag. Sondag is ʼn
instelling van die Roomse Katolieke Kerk, en diegene wat daardie dag onderhou,
onderhou ʼn gebod van die Katolieke Kerk.” (Priest Brady, in an address reported
in The News, Elizabeth, New Jersey, March 18, 1903.)
- “Aan Wie Bewys Ons Eerbied en
Bewys ons Eerbetoon deur Sondag Heilig te Hou? Hierdeur kan ons verstaan hoe
groot die gesag is van die kerk in die vertolking en verduideliking van die
gebooie van God aan ons – en is dit ʼn
gesag wat erken word as ʼn
algehele gebruik deur die ganse Christen wêreld, self deur daardie sektes wat
bely om die heilige Skrif te neem as hulle enigste gesag van geloof, sedert
hulle dit as ʼn dag van rus onderhou, en nie volgens die sewende – dag van die
week wat deur die Bybel vereis word, maar op die eerste – dag. Wat ons weet om
heilig hou volgens die tradisies en leerstellings van die Katolieke kerk.” (Henry
Gibson, Catechism Made Easy, #2, 9th edition, vol. 1, pp. 341-342.)
- “Dit was die Katolieke Kerk wat
hierdie rus na Sondag verander het, ter herinnering van die opstanding van ons
Heer. Sodoende deur die onderhouding van Sondag, deur die Protestante word daar
eerbetoon gewys ten spyte van hulself, aan die gesag van die [Roomse Katolieke
] kerk.” (Monsignor Louis Segur, Plain Talk About the Protestantism of Today,
1868, p. 213.)
- “Protestante..... aanvaar eerder
Sondag as Saterdag as die dag van openbare aanbidding nadat die Katolieke Kerk
die verandering gemaak het.... Die verstand van die Protestante nie blyk om te
besef dat .... deur die onderhouding van Sondag, hulle die gesag aanvaar van
die woordvoerder van die kerk, die Pous.” (Our Sunday Visitor, February 15,
1950.)
- “Die [Roomse Katolieke] Kerk het die onderhouding van die Sabbat verander na Sondag, deur die reg van die goddelike, en onfeilbare gesag wat aan haar gegee is deur haar stigter , Jesus Christus. Die Protestante daarop aanspraak maak dat die Bybel die enigste rigsnoer is van geloof, dit geen versekering is vir die onderhouding van Sondag.” (The Catholic Universe Bulletin, August 14, 1942, p. 4.)
Wat hier so dikwels oorgesien word, is dit dat dit nie alleenlik ʼn verandering van dae is waaroor die RKK so verwaand oor spog, maar is dit ʼn verandering in kalenders. Terwyl baie geleerdes, selfs binne die RKK, oënskynlik onkundig is oor hierdie feit, wat die geskiedenis sonder enige twyfel bewys. Ons sal later hieroor meer uitbrei. |
Die Katolieke Kerk spog dat sy die mag het om die Hemel se Heilige Dae te verander, en is dit die vrugte van Satan se lang gekoesterde doelwit om aanbidding te ontvang – deur die vastelling van wanneer om te aanbid.
![]() |
|
Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad!
En jy het in jou hart gesê;: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van El en sit op die berg van samekoms [H4150 – mo’ed],in die uithoeke van die Noorde.
Ek wilklim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! (Jesaja 14 verse 12 tot 14.)
“Samekoms” in die boonste gedeelte is vertaal vanaf die Hebreeuse woord, mo’ed, “wat gebruik word in die wyere sin vir alle godsdienstige byeenkomste. Dit was in die nabyheid van die tabernakel geassosieer .1Satan se doelwit vanaf die begin was om vas te stel wanneer om te aanbid, en deur doeltreffendheid van die uitoefening van daardie mag, en om onwettig die reg toe te eien wanneer om aanbid te word. Die Roomse Katolieke Kerk, as die aardse agent het hom bygestaan, en hom gehelp in elke stap op die weg
...... en die draak [Satan] het hom [Rome] sy krag gegee en sy troon en groot mag. (Openbaring 13 vers 2.)
Hoe tragies is dit om te sien dat so baie belydende Christene van vandag verskillend is tot die getuienis van die Skrif, en deur die klimaks van die eeue wat voor hulle oë ontvou. Dit is uiters hartverskeurend om te sien dat so baie van Yahuwah se belydende volgelinge inskiklik en gesetel is in die tradisies van kerke terwyl Sy lewende woord, gehul is in die stof van nalatigheid, en dit uitroep aan haar kinders.
Wat is die antitese van die merkteken van die dier?
In die Skrif vind ons nie alleenlik dat Rome ʼn “merkteken” het, maar dat die Hemel ook een het. Somtyds word na dit verwys as die “seël,” en is die Hemel se merkteken die antitesis, of die direkte teenoorgestelde van die merkteken van Rome.
- Rome se Merkteken = Die Verheffing van Sondag en die vestiging van aanbiddingstye deur die hedendaagse namaaksel van ʼn kalender (teenstrydig tot die goddelike wet)
- Die Hemel se Seël/ Merkteken = Liefdevolle gehoorsaamheid tot die goddelike wet, insluitende die onderhouding van die sewende – dag Sabbat, die Dag van die Nuwemaan en die jaarliksefeeste (almal wat vasgestel is deur die Hemelse kalender.)
Dit is uiters hartverskeurend om te sien dat so baie van Yahuwah se belydende volgelinge inskiklik en gesetel is in die tradisies van kerke terwyl Sy lewende woord, gehul is in die stof van nalatigheid, en dit uitroep aan haar kinders. |
Let Wel: wanneer daar gepraat word oor die Hemel se seël/merkteken, sê ons “in liefdevolle gehoorsaamheid,” omdat ons nie die Hemel se guns verdien deur werke of uiterlike seremonies. Ons almal is sonder uitsondering, onwaardig aan die Vader se guns van liefde.. “Ons regverdigheid is soos vuil lappe”3in die aangesig van die Hemel, en ons enigste hoop is Yahushua, en Sy geregtigheid. Deur die onderhouding van die Vader se gebooie, is dit die vrugte van ons verlossing, en nie die wortels daarvan. Almal wat waarlik in ʼn bewarende verhouding is met die Vader, en in ʼn lewende verintenis met Hom is, sal met vreugde Sy gebooie onderhou, en sal hulle lewe volgens al die lig wat beskikbaar is.4Dit is hier, wanneer die seë/merkteken ontvang word, omdat dit ons liefdevolle gehoorsaamheid Sy Gees openbaar wat in ons werksaam is.
Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van Yahuwah, en hy oordink sy wet dag en nag. (Psalm 1 verse 1 en 2.)
Meer as 2,500 jare gelede, het die profeet Esegiël ʼn merkwaardige profetiese beskrywing neergeskrywe oor die kalender verdeling wat ons vandag aanskou. Sy beskrywing kon nie meer akkuraat gewees het oor vandag, dat miljoene belydende Christene met hul rug gekeer staan tot die wet van Yahuwah, terwyl die verheffing van Rome se namaaksel van ʼn son kalender plaasvind.
![]() |
Kersfees: |
En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Jy sal nog ander gruwels, groter as hierdie sien. Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van Yahuwah, en kyk, by die ingang van die tempel van Yahuwah, tussen die voorportaal en die altaar,, was omtrent vyf – en – twintig man, met hulle rug na die tempel van Yahuwah en hulle gesig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste. (Esegiël 8 verse 15 en 16, nadruk voorsien.)
Dit natuurlik is wanneer ons die geweldige belangrikheid van die Hemelse feesdae verstaan (wat bereken is volgens die Hemelse kalender), word ons toenemend verbysterd oor diegene wat bewus en onbewus hulle verontagsaam ten gunste van die dier se dae, as voorbeeld Saterdag/ Sondag, Kersfees en Paasfees.
Hierdie opregte berou is bekend aan Vader Yahuwah, soos elke gedagte, emosie, motief en bedoeling van die hart. Deur liefdevolle samevatting, plaas Hy sy merkteken (of seël) op almal wat sug en uitroep oor die baie onwettigheid en die verhewe gruwelikhede.
En Yahuwah sê vir hom: trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak ʼn teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word. (Esegiël 9 vers 4, nadruk voorsien.)
Yahuwah beveel toe Sy boodskappers om almal neer te vel wat nie Sy merkteken dra. ( Daar moet ingedagte gehou word dat die seël/merkteken van Yahuwah teenoorgesteld is van die merkteken van die dier. Aan die einde, sal almal wat aan die lewe bly, sal hulle een of ander merkteken besit, daar sal nie ʼn middeweg wees.)
Maar aan die ander sê Hy voor my ore: Trek agter hom aan deur die stad, en slaan: laat julle oog nie verskoon nie, en moet nie spaar nie:..... maar raak aan niemand op wie die teken is nie, en begin by my heiligdom. En hulle het begin by die manne, die oudstes,wat voor die huis was. (Esegiël 9 verse 5 en 6 . nadruk voorsien.)
Die Merkteken: Letterlik of Figuurlik?
Baie het geargumenteer dat die “merkteken van die dier” dit ʼn letterlike merkteken moet wees ( as voorbeeld ʼn rekenaarskyf. ʼn tatoeëermerk, ens.) wat gesien en waargeneem word deur die mens. Volgens Esegiël 9 (bo), aldus, dat ons ʼn duidelike voorbeeld het van ʼn “merkteken” het wat oënskynlik net deur die Vader en Sy engele gesien kan word. Verder en meer die gedeeltes wat in Openbaring 13 die “merkteken van die dier voorstel omring is deur simbole. Die dier uit die see, as voorbeeld, is nie bedoel om ʼn werklike dier te verteenwoordig wat uit die water te voorskyn kom. Terwyl die taalgebruik werklike uitdrukkings gebruik, moet die betekenis en inhoud simbolies vertolk word. Hierdie punt word verder geïllustreer deur waar die dier se merkteken geplaas moet word:
En ʼn derde engel het hulle gevolg en met ʼn groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ʼn merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van Yahuwah wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn...... (Openbaring 14 verse 9 en 10, nadruk voorsien.)
Die voorhoofis figuurlik gebruik regdeur die Ou Testament om die verstand te verteenwoordig, van denke en geloof: En die reënbuie is ingehou, en daar was geen laat reëns nie. Maar jy het ʼn hoerevoorhoof gehad, jy het geweier om jou te skaam. (Jeremiah 3 vers 3.)
Kyk, Ek maak jou aangesig hard net soos hulle aangesig en jou voorhoof hard net soos hulle voorhoof. Jou voorhoof maak Ek hard soos ʼn diamant, harder as ʼn rots; jy mag nie vir hulle bevrees of vir hulle verskrik wees nie, omdat hulle ʼn wederstrewige huis is. ( Esegiël 3 vferse 8 en 9 , nadruk voorsien.)
Die hand word regdeur die Ou Testament gebruik om iemand se handelinge en gebruike te beskryf.
![]() |
666: Getal van die Dier | Identifisering van Satan se Mag Elite! |
Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie. (Prediker 9 vers 10, nadruk voorsien.)
Onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel; bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart. (Spreuke 7 verse 2 en 3, nadruk voorsien)
En dit moet vir jou as ʼn teken wees op jou hand en ʼn gedenkteken tussen jou oë, sodat die wet van Yahuwah in jou mond mag wees; want deur ʼn sterke hand het Yahuwah jou uit Egipte uitgelei. ( Exodus 13 ver 9, nadruk voorsien.)
En hierdie woorde wat wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreewk as jy in jou huis sit en as jy nop pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook moet jy dit as ʼn teken bind op jou hand, en dit moet as ʼn voorhoofsband tusse jou oë wees. ( Deuteronomium 6 verse 6 tot 8, nadruk voorsien.)
Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as ʼn teken op julle hand en laat dit as ʼn voorhoofsband tussen julle oë wees. (Deuteronomium 11 vers 18)
Let Wel: Die voorhoof tussen die oë wys na die voorhoofsband. Volgens die Teologiese Woordeboek van die Ou Testament, is die merkteken van die voorhoof en hand, “is dit die hoofsaaklik in die sin van die figuurlike gelykstelling van God se gebooie die “voorhoofband” ... die geheel en al is, volgens die bepalings van Mosaïese verbond (Deuteronomium 6 vers 8 en 11 vers 18.) [wat insluit die waarneming van die Sabbatte en feesdae]. Hierdie “voorhoofsband” moet gedenktekens wees op die voorhoof ... wat die Israeliete herinner om die gebooie van die Here te oordink, en hulle te onderhou. Later het die Jodedom hierdie “voorhoofsband” geneem in ʼn werklike vertonerige handeling en was dit bestraf deur Jesus. (Mattheus 23 vers 5).5
Om iets te dra as ʼn merkteken/simbool op die voorhoof is om te glo of saam te stem met die verstandelike bevoegdheid. Om iets te dra as ʼn merkteken/ simbool op die hand is om saam te stem deur die verstandelike vermoë of gebruik.
Om ingedagte te hou dat Johannes ʼn student van die Skrif was. Hy was deeglik bekend met die skrywes van Moses en die profete. Die denkleede wat hy gesien het in sy visioene, en die tale wat hy gebruik het om met hulle te kommunikeer was nie vreemd aan hom. Hy sou alles verstaan in die konteks van die Ou testamentiese se Geskrifte, en dit is hoe hy verwag het dat sy lesers dit alles sal vertolk wat hy neergeskryf het.
Watter rol speel die hedendaagse weeklikse siklus in dit alles?
Soos vroeër genoem, dat die hededaagse kalender bedrog is. Die Gregoriaanse kalender wat vandag onderhou word regoor die wêreld is die hoogtepunt van honderde jare van bedrog en toegewings. Dit is nie die kalender wat gevestig is by die Skepping, en is dit nie die kalender wat onderhou was deur die voorvaders, profete, en apostels.
ʼn Kort oorsig van die gekiedenis oor die hedendaagse kalender:
- Voor die vestiging van die Juliaanse kalender, was die kalender van die Romeinse Republiek ʼn maankalender wat waargeneem was, en het dit ʼn 8 – dae week gebruik het.
![]() |
Die Geskiedenis van die Juliaanse Kalender |
- 45 v.C. – Was die Juliaanse kalender gevestig. Die Juliaanse kalender het weggedoenmet die voorafgaande berekeninge van die kalender6 volgens die maan, en tog is daar voortgegaan vir die gebruik van ʼn 8 – dae week.
- Die 1ste eeu n.C. Het die Juliaanse kalender oorgegaan na ʼn 7 – daagse planetêre week, wat begin het met Saterdag en geëindig het met Vrydag.
- 321 tot 325 n.C. (Konsilie van Nicea) – het Konstantyn formeel die 7 – daagse planetêre gevestig, wat begin het met Sondag en geëindig het op Saterdag.
- 1582 – Het Pous Gregorius XIII die Gregoriaanse kalender ingestel. Toe daar oorgegaan is na die Gregoriaanse kalender, was 10 dae verwyder (vanaf die 5de Oktober tot die 14de Oktober) om die kalender in lyn te bring met die seisoene. Die 7 – daagse week wat Konstantyn ingestel het gedurende die Konsilie van Nicea was nie geraak deur hierdie verandering.
- 1927 – Die wêreld verenig in die gebruik van die gregoriaanse kalender. (Turkye was die laaste land om amptelik die verandering te maak.7)
Verwante Inhoud: Die dwaalbegrip van ʼn aaneenlopende weeklikse siklus. Die geskiedenis maak dit duidelik dat die 7 – daagse planetêre week, (en wat begin op Sondag en eindig op Saterdag), en wat die wêreld vandag onderhou,selgs 1,700 oud is. Hierin lê die kern van die saak. Die Skepper se aangewese tye kan nie gevind word deur die gebruik van ʼn 1,700 jaar oue Romeinse [dier] kalender! Diegene wat daarop aandring om vas te kleef aan die voorbeeld van ʼn aaneenlopende weeklikse siklus, wat begin op Sondag en eindig op Saterdag, doen so deur die uitsluiting van beide die Bybelse getuienis, asook die historiese bewyse. As enigiemand tog versoek word om blindelings die leerstelling te omhels van ʼn aaneenlopende weeklikse siklus, laat hy in ag neem van die Internasionale Datumlyn wat die hedendaagse weeklikse siklus regeer, en wat bedink is deur ʼn komitee van manne in Washington, D.C. minder as 200 jaar gelede, gedurende 1884. Datum Lyn Bedrog: Wat dit is & Waarom dit saak maak! [Moet Lees: SDAs]
Die Skepper se Kalender:
Die Skepper se Kalender is ʼn maan – son kalender, en nie ʼn Romeinse son kalender.En Elhohim
En Elohim het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, [aanbiddings tye8], asook vir dae sowel as jare. (Genesis 1 vers 14., nadruk voorsien.)
Volgens die Skrif, begin elke maansomloop met die viering van ʼn spesiale dag van aanbidding: Dag van die Nuwemaan. Omdat dit ʼn aanbiddingsdag is, word dit nie getel as deel van die 6 werksdae, gedurende die eerste week van elke maand. Die Dag van die Nuwemaan begin met eerste sonsopkoms na die astronomiese Nuwemaan en ook bekend as die verbinding. Ses werksdae volg en dan die sewende – dag Sabbat op die agste van die maand. Die weke volg, en eindig op die 29ste. Deur meting en berekening gedurende die wat lei na die dag van die 29ste word die dag van die verbinding bekend, sodat daar bepaal kan word of die maand bestaan uit 29 of 30 dae. Geen maand bestaan uit meer as 30 dae. Die ware maan – son kalender is baie gebruikliks vriendeli. Dae van die week kom altyd voor op dieselfde datums van die maand. Elke keer wanneer ʼn sewende – dag Sabbat aangewys word as ʼn Sabbat, dit altyd voorkom op die 8ste, 15de, 22ste, en die 29ste dae van die maand. (Die Skepper se Kalender) |
Onthou weer dat daar ʼn duidelike onderskeiding is tussen die merkteken van die dier en die merkteken van die Hemel:
- Rome se Merkteken = Sondag verheffing en die vestiging van aanbiddings dae volgens die hedendaagse namaaksel van ʼn kalender ( wat teenstrydig is tot die goddelike wet.)
- Die Hemel se Seël/Merkteken = Liefdevolle gehoorsaamheid tot die goddelike wet, insluitend die onderhouding van die sewende – dag Sabbat, die dag van die Nuwemaan, en jaarliksefeeste, ( almal waarvan diegene gevestig is deur die Hemelse kalender).
Diegene wat in uittartend volhard in die gebruik van die dier se kalender vir die vastelling van aanbiddingstye sal uiteindelik sy merkteken dra, ("die merkteken van die dier"), rewyk diegene wat in vreugde gehoorsaam is na die oproep “om uit haar uit te kom”, en eerder kies kies om te aanbid volgens die Hemel se kalender, sal uiteindelik die seël van Yahuwah ontvang.
Die Dodelike Voorwendsel: Die Dier ‘n Trojaanse Perd
Die verkeerdelike geloof in ʼn aaneenlopende weeklikse siklus is ʼn Trojaanse perd in die verstand van die menigtes. Dit is hierdie geloof wat die merkteken van die dier in staat sal stel om geredelik aanvaar te word sonder bespeuring of teenstand, en selfs deur menigte wat bely dat hulle ʼn toewyding vir Yah se Sabbatte en feesdae – omdat hulle hardnekkig vaskleef aan die eenvoudigheid van die paradigma van Saterdag teenoor Sondag .
Laat elke man en vrou dit studeer om dit vir hulself te bewys. In die lig van die Skrif se getuienis en die oorvloed van historiese bewyse, daar geen verskoning is enigiemand wat aandring dat die hedendaagse 7 – dae planetêre week deel is van ʼn aaneenlopende siklus wat sterk terug tot die Skeppingsweek. Dit is net nie so nie. Dit is alleenlik die veronderstelling en tradisie wat hierdie valse leerstelling ondersteun. Moet asseblief nie WLC se woord vir al hierdie. Doen biddend navorsing vir jouself. Die waarheid vrees nooit enige voledige ondersoek.
Laat elke man en vrou dit bestudeer om dit vir hulself te bewys. In die lig van die Skrif se getuienis en die oorvloed van historiese bewyse, daar geen verskoning is enigiemand wat aandring dat die hedendaagse 7 – dae planetêre week deel is van ʼn aaneenlopende siklus wat sterk terug tot die Skeppingsweek. |
Die tyd is besig om vinnig uit te loop!
Liewe vriende die tyd is kort. Die wêreld is besig soos dit blyk om te ontrafel by sy some. Ons is vinnig besig om die naderende klimaks van die eeue te nader en binnekort sal elke persoon op Aarde (Insluitende U) ʼn onheroeplike besluit moet neem om eerder die Vader se uitnodiging te aanvaar of om verewig te lewe of om dit te verwerp. Op die einde, sal elke persoon wat lewe of die een, die seël van Yahuwah dra of die merkteken van Rome (die “merkteken van die dier”). Dit is nie nou die tyd om terug te val na die leerstellings wat ons onderhou, insluitende die kalender wat ons aan vaskleef en aan die feesdae wat ons onderhou. Die keuses van vandag sal besluit oor môre, en uiteindelik oor ons ewigheid.
Die geskiedenis dit onweerlegbaar dit duidelik maak:
- Die hedendaagse 7 –daagse week is nie deel van ʼn onderbroke siklus wat terug strek tot die Skepping.
- Saterdag is nie die Bybelse sewende – dag Sabbat.
- Geeneen van die Hemel se feesdae kan gevind word deur die Roomse/dier kalender.
- Die hedendaagse kalender is ʼn Roomse geboortelike bedrog.
Die Skrif se gewig van bewyse deursalgewend is.
- Die Bybelse weeklikse siklus begin nuut met elke Nuwemaan.
- Die dag van die Nuwemaan, is die eerste dag van die maan – maand en word opgevolg deur ses werksdae en dan die sewende – dag Sabbat, Ses meer weerksdae volg en dan ʼn ander sewende – dag Sabbat. Hierdie patroon herhaal vir die totaal van vier weke gedurende elke Bybelse maan – maand.
- Die sewende – dag Sabbat altyd voorkom op die 8ste, 15de,22ste, en 29ste van die maan – maand.
- Die Bybelse sewende – dag Sabbat en die jaarliksefeeste alleenlik gevind kan word volgens die Hemel se kalender.
![]() |
Filadelfia Of Laodisea? Watter kerk is jy? |
Wat sal jy nou doen?
Sal jy voortgaan om te buig in trou aan die kalender van die dier? Sal jy sy merkteken ontvang sonder teenstand en bekommernis? Of sal jy soos die getroue inwoner van Berea wees, ondersoek hierdie aansprake om te sien of dit so is?
Daarop het die broeders dadelik in die nag na Paulus en Silas na Berea wegestuur. En toe hulle daar kom , het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan. En hierdie mense was edelmoediger as in Thessalonika; hulle het die woord met welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. (Handelinge 17 verse 10 tot 110)
Die ewigheid is binne bereik. Kies hierdie dag Wie/wie jy wil dien, Moet nie verhard word deur die bedrog van veronderstelling en tradisie, maar soek na die waarheid met jou hele hart.
Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op mdie tafel van jou hart, dan sal jy genade vind en ʼn goeie insig in die oë van Elohim en die mense. Vertrou op Yahuwah met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak. (Spreuke 3 verse 3 tot 6).
Alle Skriftuurlike aanhalings was geneem van die 1933 vertaling tensy anders vermeld. Die oorspronklike Name van die Vader en Seun is herstel in die aangehaalde tekse.
1.”Uittreksels en Hulpmiddels tot die Ou testament, vanuit “Die Hebreeuse – Griekse Woord Studie Bybel, bladsy, 1626.
2.Die “draak” van Openbaring 13 vers 2 is ʼn verwysing na Satan. “En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.” (Openbaring 12 vers 9).
3.Jesaja 64 vers 6
4.Baie van die getroue volgelinge van Yahuwah wat voor ons daar was nie die lig gehad waaroor ons vandag beskik. Hulle was getrou aan alles wat hulle gehad het, en nou is dit ons verantwoordelikheid om alles te omhels wat Yahuwah aan ons geslag openbaar.
5. Harris, R. Laird., Archer, Gleason L., Waltke, Bruce K., Theological Wordbook of the Old Testament, Moody Publishers, 1980, Entry 804a, p. 348, emphasis supplied.
6.”Gedurende die middel van die 1ste eeu v.C., het Julius Caesar, Sosigenes ʼn astroloog van Alexandrië uitgenooi om hom te adviseer oor die hervorming van die kalender, en het Sosigenes besluit dat die enigste praktiese stap was om geheel en al afstand te doen van die maan kalender. Maande moet gerangskik word volgens die die basis van die seisoene, en ʼn tropiese (son ) jaar was gebruik, volgens die Egiptiese kalender ....” ("The Julian Calendar," Encyclopædia Britannica.)
7. https://www.timeanddate.com/calendar/julian-gregorian-switch.html
8.Die woord seisoene wat vertaal as “seisoene” in Genesis 1 vers 14, is mo’ed. “Mo’ed word gebruik in ʼn wye sin vir alle godsdienstige byeenkomste. Dit is in die nabyheid met die tabernakel geassosieer... [Yahuwah] het Israel daar op bepaalde tye ontmoet vir die doel om Sy wil aan hulle bekend te maak. Dit is ʼn algemene term vir die byeenkoms van aanbidding van ... [Yahuwah] se volgelinge.” (.”Uittreksels en Hulpmiddels tot die Ou testament, vanuit “Die Hebreeuse – Griekse Woord Studie Bybel, bladsy, 1626.) Vir meer oor hiedie belangrike onderwerp, verwys asseblief na die: Die Skepper se Kalender 9 Inhouds Opgawe).