Die duisend jaar openbaar Yahuwah se liefde vir die verlorenes!
Die Skrif openbaar wat gebeur met verlorenes gedurende die duisend jaerige ryk wat volg op die wederkoms van die Verlosser.... en openbaar dit die diepte van die Vader se liefde.
|
Satan is bewus daarvan dat liefde, liefde wek. Daarom, deur sy mees effektiewe manier om sondaars van hulle Skepper te verwyder, is dat hulle Hom moet vrees.

Die waarheid wat met sondaars gebeur, dit ʼn diep, en pragtige waarheid is, en wat openbaar word soos nog nooit as tevore, dit die diepte van Yahuwah se oneindige liefde is.
Wat gebeur volgende?
Wanneer Yahushua se wederkoms plaasvind, sal almal wat gesterf het, en die wat vertrou het op die verdienste van die Verlosser opgewek word, terwyl die lewendes in ʼn oogwink verander word: “ In 'n oomblik, in 'n oogwink, by die laaste basuin.” (1 Korinthiërs 15 vers 52).
Dus is die vraag: Wat wat gebeur met die verlorenes? Was hulle genieting met die wederkoms van Christus?
Die waarheid is net so mooi as die verrassing: Terwyl die heiliges saam met Christus lewe, en vir ʼn duisend jaar regeer, daar die laaste geleentheid is om hulle te bekeer.
As dit klink soos kettery, gaan voort om te lees dit word bewys in die Skrif.
Aanskou watter soort van liefde ....
Die profete van die Ou Testament was uniek in die verstaan van Yahuwah se karakter. Terwyl hulle profesieë dikwels gehandel het oor die straf wat wag op die wat rebelleer, het hulle duidelik begrip gehad oor die goddelike liefde vir sondaars. Jeremia verklaar:
Want Yahuwah sal nie vir ewig verstoot nie.
Maar as Hy bedroef het,
ontferm Hy Hom
na die grootheid van sy goedertierenhede;
want nie van harte verdruk of bedroef
Hy die mensekinders nie. ( Lees Klaagliedere 3 verse 31 tot 33).
Yahushua verduidelik die Vader se houding teenoor sondaars deur die gelykenis van die verlore skaap, deur die gevolgtrekking: “Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor nege-en-negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.” (Lukas 15 vers 7).
Deur Jesaja, verklaar Yahuwah:
EK het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie;
Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie;
aan 'n nasie wat na my Naam nie genoem is nie,
het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!
Ek het my hande die hele dag uitgebrei
na 'n opstandige volk wat wandel
op 'n weg wat nie goed is nie,
agter hulle eie gedagtes aan. (Jesaja 65 verse 1 en 2)
Yahuwah begeer dat soveel as moontlik gered moet word. Voor die laaste uitvoering van oordeel, aan die einde van die duisend jaar, sal Hy voorsien aan ʼn laaste geleentheid vir sondaars om gered te word.
Satan gebind vir 1,000 jaar
Deur moedswillig te sondig, is slegter as om te sondig deur misleiding. Dit is waarom, alhoewel Eva eerste gesondig het, was Adam se sonde groter. Eva was mislei. Adam het wetende gesondig.
Yahuwah verstaan die omvang van Satan se misleidings en Hy is bewus dat daar sommiges is wat hulle sal bekeer as hulle in hul verstand die waarheid besef. Aan die begin van die duisend jaar, word Satan gebind:
EN ek het 'n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en 'n groot ketting in sy hand. En hy het die draak gegryp — die ou slang wat die duiwel en die Satan is — en hy het hom gebind duisend jaar lank, en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan 'n kort tydjie ontbind word. (Openbaring 20 verse 1 tot
Die veranderde heiliges is verewig bevry van Satan se misleidings. Hulle het toegelaat dat Yahuwah Sy wette in hulle harte te skrywe, en weerspieël hulle in volkomenheid die goddelike beeld. Die enigste mense wat mislei kan word is diegene wat tot nou toe verhinder het om die waarheid te aanvaar en te ken. Die duisend jaar bied aan hierdie kosbare siele die laaste geleentheid vir die aanvaarding van verlossing.
Jesaja verduidelik die vernietiging wat plaasvind gedurende die sewende plaag, en voeg by:
Daarom verteer die vloek die aarde
en moet sy bewoners boet;
daarom word die bewoners van die aarde deur 'n gloed verteer
en bly daar min mense oor. (Jesaja 24 vers 6)
Min is nie dieselfde as geen. Johannes beskrywe die regverdiges as: “en kyk, daar was 'n groot menigte wat niemand kon tel nie.” (Openbaring 7 vers 9). Dit duidelik is dat die “min” wat in Jesaja vermeld word, dit alleenlik kan heenwys na die mense wat tot nog toe nie die finale besluit geneem het.
Een laaste geleentheid
Sagaria 14 bevat ʼn verstommende profesie wat wys op die pogings van Yahuwah, en selfs gedurende die duisend jaar, om aan hierdie siele een laaste geleentheid te bied.
En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die Here van die leërskare, en om die huttefees te vier.
En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die Here van die leërskare, te aanbid nie — hulle sal geen reën kry nie. En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die Here die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie. Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie. (Sagaria 14 verse 16 tot 19).
Met Satan se mag wat gebind is, sal sommige van hierdie siele hulle bekeer, en verlossing aanvaar, en in dankbaarheid, na gaan om Yah te aanbid, elke jaar op die Hutte fees. Diegene wat in hardnekkigheid weier om te gaan, sal ondervind dat Yahuwah seëninge sal weerhou wat alleenlik beskikbaar is aan die gehoorsames.
Die duisend jaar van vrede, is Yah se laaste poging om die verlorenes te bereik. Hy begeer dat elke siel wat ooit gebore is gered moet word. Terwyl baie in hardnekkigheid en rebellies sal bly, sal daar ʼn kosbare klein hoeveelheid, bevry wees van die invloed van Satan, en sal hulle die liefde van Yah aanskou, en verlossing aanvaar. Wanneer iemand tot hierdie uiterste lief gekry word, wie kan dit help om wederkerige liefde te betoon?
“KYK wat 'n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van Yah genoem kan word! (Lees 1 Johannes 3 vers 1).
Vir meer inligting oor die eerste duisend jaar wat volg op die wederkoms van Christus, luister na die duisend jaar op WLC Radio!
|