ʼn Paar dae voor Yahushua se dood, het sekere van Sy dissipels aan Hom gevra om hulle van die einde van die wêreld te vertel. Hierdie gesprek is opgeteken in Mattheus 24 en Markus 13, bevat ʼn duidelike waarskuwing. Hierdie merkwaardige bewoorde vermaning is woord vir woord opgeteken in beide die evangeliese boeke van Mattheus en Markus. Dit het baie mense laat kopkrap vir ʼn lang tydperk en dit verwys na iets wat genoem word “die Gruwel van verwoesting.”
“Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet— dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie; en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie. Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.” (Mattheus 24 verse 15 tot 19)
Die
dringendheid van hierdie uiterste waarskuwing is. Wanneer
Yahuwah se volgelinge sien wat ook
al aan die gebeur is, dan moet hulle
onmiddellik vlug. Daar moet nie gewag word. As jy op die dak van die huis,
moenie terug gaan om iets bymekaar te maak. Gaan! As jy besig is om te ploeg in
die middel van die land, moenie terug gaan om jou baadjie te gaan haal.
Hardloop! Die uiterste moeilike tye van
daardie dae word baie goed opgesom deur die verskriklike voorspelling:
“Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae...... En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word. “ (Mattheus 24 verse 19 tot 22 )
Wat ook al die “Gruwel van Verwoesting” is, dit verteenwoordig ʼn sombere gevaar vir Yahuwah se mense. Die verlosser wil dat almal moet waaksaam wees teen hierdie bedreiging en moet vlug sodra dit opgemerk word. Om dit te verstaan wat hierdie Gruwel is, is dit nodig dat ons na die boek van Daniel gaan. Beide Mattheus en Markus verwys na Daniel se profesieë , as die sleutel om hierdie waarskuwing van Yahushua te verstaan. Makus skrywe:
“En wanneer julle die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan waar dit nie behoort nie—(laat hom wat lees, oplet)—dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;”..... (Markus 13 vers 14)
Om nog meer klem te lê op die betekenis van die opdrag van die verse van Daniel en van beide Markus en Mattheus wat sê, laat hom wat lees, verstaan. Die spesifieke frase van “ die gruwel van verwoesting” word twee keer aangehaal in die boek van Daniel.
“en hy sal moedeloos word; dan sal hy teruggaan en sy toorn openbaar teen die heilige verbond en optree; en hy sal teruggaan en ag gee op die wat die heilige verbond versaak het. En deur hom sal leërs op die been gebring word en die heiligdom, die vesting, ontheilig, en hulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel opstel.” (Daniel 30 verse 30 en 31)
“En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend twee honderd en negentig dae verloop.” (Daniel 12 vers 11)
Die vertalers van die Engelse King James Weergawe het die woord “sacrifice” na die woord “daily” geplaas, maar dit bestaan nie in die oorpronklike Hebreeus. Die woord “daily” beteken voordurend sonder onderbreking. Die Engelse woord “abomination” wat van die Hebreeuse woord Shiqqûts afgelei is. Die betekenis daarvan is:
Walging, vuil; besonder afgodies of rakende ʼn afgod: afskuwelik vuilgoed, verfoeilike iets. (Gaan na die The New Strong`s Exhaustive Cncordanace # 8251.)
“Verwoesting” in die antieke Hebreeus is Shâmêm. Die betekenis daarvan is:
Om verbysterend te wees of om te verstyf, dit wil sê verwoes of mishandel : om dronk geslaan te wees, en verbaas te word en verwonderd te wees, en behoeftig te wees, en te vernietig, of tot rommel te maak. (Gaan na die The New Strong`s Exhaustive Cncordanace # 8074.)
Dit is betekenisvol dat die woord gruwel verwys ook na afgodediens. Sodoende gaan die gruwel van verwoesting oor die aangeleentheid hoofsaaklik valse aanbidding van ʼn namaaksel van ʼn god. ʼn oorheersende beginsel van Satan se koninkryk is geweld. Diegene wat Satan nie kan mislei probeer hy hulle dwing. Die finale konfrontasie tussen die Koninkryk van die Hemele, en die magte van die duisternis sal ʼn gebiedende mag gebring word, oor almal wat staan in lojaliteit teenoor die Hemel. Die konfrontasie word beskryf in die Boek van Openbaring, ʼn insiggewende boek wat ʼn uiteensetting gee van die “verseëlde” profesieë van Daniel.
“En dit is hom gegee om ʼn gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ʼn merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. (Openbaring 1 verse 15 tot 17)
Om te “praat” is om wetgewing goed te keur. Asook die “rede” om die mag te besit om wetgewing af te dwing. Hierdie wetgewing sal vereis dat daar inskiklikheid sal wees tot Satan se koninkryk. Almal wat weier om te aanbid sal beskou word as waardig vir die dood. Die gruwel van verwoesting is ʼn wetgewende handeling wat die gewete, van pyn tot die dood en in onderwerping, en die erkenning of andersom en ook trou te wees aan ʼn valse sisteem van aanbidding, en sodoende Satan toe te laat om oor die siel te heers. Die gevaar vir Yahuwah se volgelinge word verder onderstreep deur die Verlosser se vermaning direk na Sy verwysing na die gruwel van verwoesting:
“En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie. Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. (Mattheus 24 verse 20 en 21)
Met die herstelde kennis oor die ware sewende dag Sabbat, soos bereken word deur die oorspronklike maan – son kalender wat in gebruik was by die Skepping, het die Hemele daarop gewys dat die moderne Gregoriaanse kalender, in rebellie is, en ook in verraad is, teenoor Yahuwah. Ondanks hierdie gruwel, en moontlik ook in die vorm van ʼn toekomstige hervormde veranderde kalender, wat letterlik die aaneenlopende weeklikse siklus sal “verwyder” van die kalender wat nou in gebruik is, of deur die afdwing van die pouslike kalender wat tans in gebruik is. Die saak is egter wie ook al Satan gehoorsaam in die miskenning van die Hemel se tyd hou metode, sal sy of haar siel “vernietig”.
Die Gruwel van Verwoesting
Menige Christene neem vandag aan dat, op grond daarvan dat deur ʼn” Christen” te wees dat hulle nie afgode aanbid. Alhoewel, nie alle afgode is gemaak van hout, klip of kosbare metale. Daar is vele vorme van afgode. Die woordeboek beskryf “afgode” as:
Iemand wat iets buitensporig bemin en aangehang word; en waaraan ons in ʼn oormaat ons veroorloof en sondige gehegtheid. ( HAT , Verklarende Woordeboek van die Afrikaanse Taal.)
“ ʼn Afgod is enige
iets wat die onregmatig plek van Yahuwah in ons harte opneem van Sy rasionele
skepsels.” (S. Miller) Sommige se afgod,
is die voorkeur van die gekose veld van hulle werk, en vir ander weer die
aansien van hulle wêreldse besittings. Menige vind hulle afgod in die keuses
van hulle ONTSNAPPING in sy vele vorme, of dit nou dwelms, seks, fliek, lees
van verhale, oefening, sport of enige ander iets is, van die duisende maniere wat Satan vind om die
verstand aangetrokke te maak aan die
verafgoding van gevoellings van die hart. Self die dinge wat nie verkeerd is,
kan ʼn afgod word as dit die alleenlik versugtinge van die hart is, en die plek
van Yahuwah neem. Werk vriendskap, en familie verhoudinge is almal goeie dinge.
Alhoewel, as hulle meer belangrik is om te handhaaf as om die wil van Yahuwah te doen, dan word hulle ook ʼn
afgod van die siel, en sal die siel eindelik in verlatenheid verkeer.
Daar is ʼn verskeidenheid van duidelike maniere wat Satan gebruik om die siele van mense te verwoes. Hulle wat demone aanbid word sielverslaaf tot die aardsrebel. Een New Age konsep wat in gewildheid toeneem, word genoem “Walk – in.” Dit word geglo met “Walk-in” dat ʼn persoon se siel vervang word met ʼn ander een, of tydelik of permanent. Wat niks anders meer is as ʼn demoniese besetting, en waarlik die siel vernietig en in verlatenheid laat. Alhoewel, dit baie belangrik is om te verstaan dat daar baie maniere is om die siel in verlatenheid te laat, en ook deur die waarskuwing van die gruwel wat aan ons gegee is. Die persoon wat duidelik die goddelike wet verstaan maar weier om daaraan in gehoorsaamheid uitvoering te gee, is net so skuldig as die skaamtelose sondaar. Almal wat vir tydelike sekuriteit of, om hulle lewe te red, voldoen aan Satan se voorskrifte van aanbidding, sal vind dat hulle siele vernietig, en in verlatenheid gelaat word. Yahushua is bewus dat so ʼn konfrontasie wag vir Sy volgelinge in die aarde se laaste dae. Hy vemaan Sy volelinge:
“En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.” (Mattheus 10 vers 28)
Met ander woorde, die Verlosser het gesê: Moenie vrees om jou lewe vir My onthalwe te verloor. As die Gewer van Lewe, sal ek ook die, Hersteller van Lewe wees. Die lewe wat geoffer word vir die waarheid sal onomwonde toegang verkry tot die koninkryk van die Hemel, terwyl hulle wat die waarheid verlaat om hulle lewens te red dit sal verloor.
“Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou.” ( Lukas 17 vers 33)
Terwyl Mattheus verwys na die gruwel van verwoesting wat in die “heilige plek” is, wys Markus daarop dat dit sal staan waar dit nie moet wees. Volgens die skrif is “voete” die simbool van om in besit wees. Die gruwel, ʼn afgod staan waar dit nie moet wees, en dit is niks anders as Satan wat beheer uitoefen oor die verstand wat nie in toegewydheid tot die Skepper is. ’n Persoon wat lief is vir Yahuwah maar ook lief is vir die wêreld is in werklikheid nie lief vir Yahuwah. Satan, deur sy gedaante van die plesier van die lewe, beheer dus die verdeelde hart.
“Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag.” (Mattheus 6 vers 24)
Daar is baie redes wat gegee word om te weier om te aanbid op die ware Sabbat:
- Dit is nie gerieflik.
- Niemand anders wat ek ken doen dit.
- Ek sal my werk verloor.
- My eggenoot stem nie saam
- My leraar sê dit is verkeerd.
- Dit is te moeilik om te verstaan.
Hierdie redes is alombekend so lank as wat verkeerdheid met die waarheid betwis word. Hulle is meer en deels net verskonings wat gegee word deur ʼn persoon om dit te regverdig wat in verkeerdheid voortgaan. Die persoon wat verkies om te doen wat sy of hy weet dit is verkeerd, skep ʼn afgod, ʼn gruwel, van daardie ding, daardie persoon en daardie werk. Dit open die deur vir Satan om die verstand binne te dring, en beheer uit te oefen, en die siel te verwoes. Almal wat voortgaan in rebellie teen die Koninkryk van die Hemel, en weier om terug te keer om die Skepper te aanbid op Sy heilige Sabbat, wat bereken word volgens Sy kalender soos by die Skepping, sal hulle siele verwoes, wanneer Satan kom om besit te neem van die verstand. Hulle sal een word met Satan.. Die hele plan van verlossing was bedink om die menslike verstand in eenheid met die goddelike verstand te bring. Almal wat gered is sal in EENHEID wees met Yahuwah, en net soos Yahushua EENHEID is met Hom. Dit is hierdie eenheid wat in die sluiting van die dae van die aarde se geskiedenis, wat Satan strewe om dit te ontwrig, as troonrower van Yahuwah se regmatige plek in die menslike siel.
Die besluit is eenvoudig. Die resultaat verreikend. Will jy aanbid volgens die kalandering van die Hemel en toelaat dat Yahuwah jou hart en verstand beheer? Of wil jy vir gerieflikheid onthalwe, voldoen aan Satan se wil en reëls? Nooi vandag Yahuwah in jou hart. Verlaat enige iets, en enige iemand wat tussen jou en die Skepper kom. Laat die gebed van jou verlosser beantwoord word:
Kliek hier om na die video te kyk.