Die Merkteken van die Dier: Wat dit is en hoe om dit te vermy!
Yahuwah se groot hart van liefde wat smag oor Sy aardse kinders. In Sy oneindige wysheid en voorkennis, het Hy voorsien aan simbole wat ons moet gebruik, om ons interessante kykies te gee van die nabye toekoms. Hulle is gegee om Sy volgelinge voor te berei sodat menige nie mislei sal word gedurende die sluitings dae van die wêreld se geskiedenis. Die een wat die minste verstaan word, is die een met die interessantste simbole, en wat gebruik word in profesie is die, “merkteken van die dier.”
“En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ʼn merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ʼn mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig (666).” (Openbaring 13 verse 16 tot 18)
Hierdie sombere waarskuwing oor hierdie gevreesde merkteken, en aan almal wat dit ontvang, het sowel vrees as spekulasie aangevuur in menige se harte.
“As iemand die dier en sy beeld aanbid en ʼn merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van Yahuwah wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.” (Openbaring 14 verse 9 tot 11)

Daar word allerweë geleer dat die merkteken van die Dier ʼn rekenaarskyfie sal wees wat chirurgies onder die vel ingeplant sal word, deur ʼn totalitêre regering, en wat begeer om volle beheer uit te oefen oor al sy burgers. Sommige het gespekuleer dat dit verbind word met die strepieskodes of selfs met die sosialesekerheid nommers soos wat gebruik word deur die Verenigde State van Amerika. Die werklikheid is dit, dat die merkteken van die dier, dit ʼn veel groter en baie wyer bedreiging inhou as die strepieskodes, en sosialesekerheid nommers, of die ingeplante RFID skyfies.
Dit is noodsaaklik dat almal ʼn duidelike begrip moet hê oor wat die merkteken van die dier behels, en ook daarmee bekend moet, wees om dit te vermy, en om dit te ontvang, want almal wat dit ontvang sal die goddelike oordeel ontvang van die ewige dood. Om die merkteken van die dier te verstaan, is dit eerstens noodsaaklik om te verstaan wie of wat is die dier. Skrifgeleerdes stem oor die algemeen saam dat die diere verwys na profetiese simbole van die wêreldwye politieke magte:
“Hierdie groot diere wat vier is—vier konings sal uit die aarde opstaan;” (Daniel 7 vers `17)
Nie sommer enige geopolitiekemag is gesimboliseer in die Bybel as ʼn dier, alhoewel die Profesieë konsentreer op daardie magte wat oorlog voer teen Yahuwah in die persoon van Sy heiliges. Dus, is die dier wat die merkteken” instel is ook wêreldwye mag wat oorlog sal voer teen die Koninkryk van die Hemel net voor die wederkoms van Yahushua.
Soos wat dit aangebied word in die video reeks oor die Die Dier van Openbaring 13, simboliseer die eerste dier van Openbaring 13, die Pousdom wat met ʼn ysterhand oor die Christendom regeer het vir 1260 jaar.
Die tweede dier van Openbaring 13, is die Verenigde State van Amerika wat, volgens die ware woord van die profesie in die nabye toekoms die “merkteken” van die voorbeeld volgens die eerste dier sal afdwing.
Die “merkteken” van Pouslike oppergesag, en ook deur hulle eie erkenning, is Sondagaanbidding:
“Sondag is die merkteken van ons gesag ........” (The Catholic Record, London, Ontario, September1, 1923)
Alle oorloë wat gevoer word teenoor die Koninkryk van die Hemel het altyd gesentreer rondom aanbidding. Vanaf die vroegste begin, was Lucifer se lank bestaande doelwit om die aanbidding wat aan die Skepper verskuldig is wederregtelik toe te eien. Die Bybel vermeld van sy grootpratery daaroor:
“Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van die [Elohim] en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde.
Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!” (Jesaja 14 verse 12 tot 14)
Die merkteken van die dier sentreer rondom die saak van aanbidding, omdat die volslae groot stryd tussen Yahuwah en Satan gaan oor aanbidding. Dit word benadruk deur die feit dat hulle wie die laaste sewe plae sal ontvang is diegene wat die merkteken van die dier ontvang het en wat sy beeld aanbid:
“En ek het ʼn groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit. Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.” (Openbaring 16 verse 1 en 2)
Satan se poging om
die aanbidding te steel wat alleenlik aan die Skepper verskuldig is, het hy die
ganse wêreld verenig in die gebruik van die Pouslike son kalender wat gegrond
is op die heidense manier van tydhouding. Sonder om gebruik te maak van die
korrekte kalender, is dit ontmoontlik om die korrekte dag van aanbidding te
bepaal. Dus almal wat daarna streef om Yahuwah te aanbid, maar hulle dag van
aanbidding bereken volgens ʼn valse kalender, is in onkunde gehul en bewys
eerbetoon aan Yahuwah se vyand.
Die merkteken van die dier word ontvang wanneer ʼn persoon oor volledige kennis van die waarheid beskik en vaskleef aan die valse dag van aanbidding wat meer gerieflik is vir die hedendaagse gemeenskap om te aanbid as om die Skepper te aanbid op Sy heilige Sabbat, wat bereken is volgens Sy oorspronklike metode van tydhouding, die son – maan kalender. Sommige Saterdag - Sabbatariërs het die saak uitgemaak dat Sondag die merkteken van die dier is. Dit is waar. Maar so is ook die aanbidding op Saterdag, of om te gaan na ʼn Moskee op Vrydag. Enige poging om te aanbid op ʼn dag wat deur Satan bepaal is, verskaf eerbetoon aan Satan.
Dit is wanneer die merk van die dier ontvang word. Yahuwah se heiligedae kan nie gevind word deur ʼn namaaksel metode van tydhouding.
Die Gregoriaanse Kalender in vergelyking met die Maan – Son kalender; is die Merkteken van die Dier, en is dit Rome se Namaaksel van kalandering.
Of dit die hedendaagse Gregoriaanse kalender wat algemeen aanvaar word en afgedwing word, of miskien ʼn toekomstige verandering daarvan, word die merkteken van die Pousdom (dier) ontvang, wanneer diegene bekend is met die ware Sabbat, en steeds vaskleef om te aanbid volgens die dae wat bereken is volgens die namaaksel van Satan se metode van tydsberekeninge.
Gedurende die 1920 tot 1950 was daar beroering gewees om die Gregoriaanse kalender te hervorm. Ook gedurende die onlangse jare was daar voorstelle om die kalender te wysig geopper. Of Satan nou die merkteken deur die hedendaagse kalender of deur ʼn gewysigde een sal instel is van geen belang. Die merkteken is wanneer Yahuwah se heiligedae bereken word deur enige ander metode as die volgens die maan – son kalender wat vasgestel is by die Skepping. In elke kultuur en elke land, mag die merkteken effens verskil. Dit sal egter iets wees wat die gewete noop om in opstand te kom teen die wette van Yahuwah. Dit is maklik om te dink dat die oorheersende wêreldse mag net een manier sal aanwend om beheer uit te oefen oor al die wye verskeidenheid van kulture van die aarde.
In teëstelling met die verskriklike merkteken van die dier, staan die seël van Yahuwah.
“En ek het ʼn ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende Elohim; en hy het met ʼn groot stem geroep na die vier engele .... en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse [Eloah} op hulle voorhoofde verseël het nie.” (Openbaring 7 verse 2 en 3 )
Die seël van Yahuwah word ontvang wanneer ʼn persoon ʼn volledige oorgawe maak aan Sy Skepper. Hierdie verandering van persoonlikheid word gesien as die gewilligheid om Al die vereistes van Yahuwah te gehoorsaam. Alleenlik diegene wat hierdie handeling van oorgawe gemaak het sal die seël van Yahuwah ontvang wat hom sal beskerm om nie die merkteken van die dier te ontvang. Die Bybel spoor almal aan om: “ Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in die gesalfde Yahushua was.” (Filippense vers 5) Die gesindheid van Yahushua was een van volle oorgawe tot die wil van Sy Vader. In Getsemane het Hy gebid: “Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!” (Lukas 22 vers 42)
Die merkteken van die dier en die seël van Yahuwah staan in ʼn skerp teëstelling met mekaar. Die een is ʼn simbool van volslae lojaliteit aan Satan en kan of op die voorkop of die hand ontvang word, wat ʼn gebaar is waaraan sommige sal voldoen vir eie voordeel. Alhoewel die seël van Yahuwah net ontvang sal word op die voorhoof, en wat volle oorgawe sal verteenwoordig, van lojaliteit en gehoorsaamheid aan die Skepper. Hulle wat die seël van Yahuwah ontvang sal met die gees van Yahushua volledig gevul wees. Die seël van Yahuwah word geopenbaar deur gehoorsaamheid aan Al Sy vereistes, insluitend aanbidding op die sewende dag van die week wat bereken is volgens Sy oorspronklike maan - son kalender.
Die kalender is veel meer as net ʼn metode vir die berekening van tyd. Die maan – son kalender van soos by die Skepping is volledig ʼn deel van die goddelike wet, want sonder dit is dit ontmoontlik om Yahuwah se heilige dae te bereken. Almal wat hulle lewe in gehoorsaamheid lewe tot die goddelike wet sal die seël van Yahuwah ontvang en sal hulle lewens dienooreenkomstig reël volgens die oorspronklike kalender, en hulle Skepper aanbid op Sy aangewese tye. Geen metode van ʼn namaaksel van tydsberekening kan gebruik word om die Hemel se heilige dae te bepaal. Dus sal almal wat aanbid op die dae wat bereken is volgens die namaaksel sisteem van tydhouding, sal die merkteken van die dier ontvang. Die merkteken word ontvang deur enige iemand wat in ongehoorsaamheid die volle oorgawe tot Yahuwah verwerp. Dit is die gees van Satan wat ten volle diegene oorgeneem het wat in opstand is.
Almal wat die seël van Yahuwah ontvang sal bewaar word van vernietiging wat oor diegene kom wat die merkteken van die dier ontvang het.

“en Hy het na die man geroep wat met linne bekleed was, wat die skrywer se inkpot aan sy heupe gehad het.... Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak ʼn teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word.”
“Maar aan die ander sê Hy voor my ore: Trek agter hom aan deur die stad, en slaan; laat julle oog nie verskoon nie, en moet nie spaar nie; slaan dood grysaards, jongmanne en jongedogters en kinders en vroue tot vernietiging toe; maar raak aan niemand op wie die teken is nie, en begin by my heiligdom. En hulle het begin by die manne, die oudstes, wat voor die huis was.” ( Esegiël 9 verse 3 tot 6)
Dit moet die studie veld wees om Yahuwah se vereistes te ken en van almal wat die ewige lewe begeer. As die hart hardkoppig is en wil vaskleef aan sonde, is daar ʼn Verlosser wat gewillig is en bekwaam is om self die harste hart te verander.
Nou dat die genadetyd nog daar is, kies om jou wil oor te gee aan Yahuwah en gehoorsaam Hom te wees, al kos dit wat ook al. Hy sal wonderbaarlik die verstand verander van diegene wat na Hom toe kom in geloof.
ʼn Ewige lewe, en vreugdes ver bo ons verstand om te begryp wat wag op diegene wat die seël van Yahuwah ontvang, en die oorwinning oor die dier sy beeld en sy merkteken:
“En ek het gesien
iets soos ‘n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en
oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van
glas sien staan, met siters van God. En hulle het die lied gesing van Moses,
die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is
u werke, Yahuwah Elohim, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning
van die heiliges!” (Openbaring 15 verse 2 en 3)
Kliek hier om na die video te kyk.