Die laaste geslag is uniek. Dit die slegste van almal. Elkeen wat berouvol is sal ʼn beloning ontvang baie groter wat aangebied word aan enige tevore. Om hierdie beloning te ontvang, is dit nodig vir die berouvolle Laodisense om aan te sluit by die gemeente van Broederlike Liefde. |
My moeder was ontstel. Dit is nie die manier hoe sy haar kinders groot gemaak het om met ander so te praat!
Ek was 15 jaar oud en met vakansie vanaf die kosskool. My kamermaat het saam met my huis toe gekom, en my moeder het opgemerk dat haar kind ʼn nuwe taalvaardigheid geleer het naamlik: sarkasme.
Deesdae, word in sommige kulture – soos groot Brittanje – sarkasme gesien as ʼn vorm van humor. Dit was ʼn manier om jou verstandelike vernuftigheid op te skerp ten koste van ander. Ha! Ha! Ha! Groot plesier ou maat, en dit alles.
In die Verenigde State, alhoewel, sarkasme gesien word as eenvoudig net onbeskof, en as reguit en gemeen. Sarkasme, is na alles, is dit “ ʼn skep en dikwels satiriese of ironiese uitlating beplan om seer te maak of om pyn te veroorsaak.”1 Dit is sekerlik nie iets wat enige Amerikaanse moeder wens om dit uit die mond van ʼn welopgevoede kind te hoor.
Deur my eenkant toe te trek waar sy met my in privaatheid beswaar kon maak, het Moeder my so vriendelik as moontlik tereggewys, deur te sê: “Somtyds verval ons almal in gewoontes van gedrag, en sonder om dit eers te besef totdat iemand dit aan ons wys. Ek is seker dat jy nie bedoel het om onbeskof te wees, maar jy bevind jou in ʼn gewoonte om met jou kamermaat met sarkasme te praat. Dit is iets wat jy nie wil hê dat dit moet aanhou, want dit sal julle uitmekaar drywe as gevolg van seergemaakte gevoelings.”
Nou was dit my beurt om ontsteld te wees. Totdat my moeder aan my uit wys, het ek nie besef hoe my “vernuftigheid” (tenkoste van my kamermaat) pyn veroorsaak. Ek het onsindelik dit gelos om op daardie manier te praat, omdat dit nie die soort van persoon wil wees wat ek wil wees.
Niemand geniet dit om gekritiseer te word. Dit “voel nie goed” om gekritiseer te word, self al is dit “opbouend,” of geheel en al geregverdig. Alhoewel, die boodskap somtyds eenvoudig te belangrik is om dit te weerhou uit vrees vir die seer maak van iemand se gevoelens. Dit somtyds nodig is om die woorde te uiter omdat die resultaat eenvoudig so rampspoedig sal wees as dit nie gesê word.
Dit is die omstandighede met Yahushua se boodskappe aan die sewe gemeentes van Openbaring 2 en 3.
Wees gedissiplineerd..... omdat Ek jou lief het.
![]() |
Die boodskappe aan die sewe gemeentes voorsien aan aanmoediging, onderrig en waarskuwing vir Christene met die sluiting van tyd.
http://www.bible-history.com/maps/Map-7-Churches-of-Revelation-Asia.jpg |
Die boek van Openbaring open met boodskappe aan die sewe werklike gemeentes wat bekend is, en wat in Klein Asië bestaan het. Hierdie boodskappe was bedoel om te bemoedig, en vir seëninge, en waarskuwings aan die vroeë Christene. Bykomend, het Bybelse geleerdes die boodskappe verbind tot verskeie tydperke van die Christen tydperk. Meeste van die boodskappe bevat aanprysings vir getrouheid, en sowel as waarskuwings vir onderrig op die gebied waar hulle nodig het om meer versigtig te wees.
Die boodskappe aan Filadelfia (die sesde gemeente) en Laodisea (die sewende gemeente), is die mees belangrikste vir die Christene van vandag, omdat dit boodskappe bevat wat bedoel is vir die laaste geslag. Hulle is ook ongewoon omdat Filadelfia geen berispings of vermaninge ontvang het. Hulle skitterende getrouheid het alleenlik lof ontvang. In teenstelling, dat Laodisea geensins enige lof ontvang het. Hulle geestelike toestand was so betreurenswaardig, dat daar alleenlik ʼn prontuit veroordeling gegee is, in ʼn desperate poging om hulle wakker te maak van hulle verskriklike omstandighede, en die gevaar wat daar op hulle wag as hulle, hul nie bekeer.
Geen een hou daarvan om gekritiseer te word. Maar selfs die mees vriendelike, en saggeaarde ouer sal ʼn waarskuwing skreeu wanneer hulle kind in naderende gevaar is. Dit is die boodskap aan Laodisea. Dit is ʼn desperate ingewande verwringingende uitroep van die Verlosser om WAKKER TE WORD! die Gevaar is naby.
Waardevolle lesse en bemoediging kan geleer word deur ʼn studie van al die boodskappe aan die sewe gemeentes. Alhoewel, hierdie artikel uitsluitlik fokus op die boodskappe aan Filadelfia en Laodisense. Hulle is die Hemel se waarskuwing – en uitnodiging – aan die gelowiges van vandag.
Die Kerk van Broederlike Liefde
EN skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, “WAT DIE SLEUTEL VAN DAWID HETWAT OOPMAAK EN NIEMAND SLUIT NIE, EN HY SLUIT EN NIEMAND MAAK OOP NIE:”
Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ’n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.
Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg —Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.
Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.
Wie oorwin, Ek sal hom ’n pilaar in die tempel van my God/Theos2 maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God/Theos, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God/Theos neerdaal, en my nuwe Naam.
Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. (Openbaring 3 verse 7 tot 13.)
Die boodskappe aan die kerk van Filadelfia word lewendig wanneer feite van die stad se geskiedenis bekend word. Filadelfia was gebou by belangrike kruispaaie. Die hoofroete na Rome het regdeur die stad gegaan. Aldus, soos die nasie van Israel voor haar, was die stad in ʼn geskikte plek vir die verspreiding van die evangelie, soos karavane daar deur beweeg het en sovêr suid as Afrika en sovêr as Europa.
Die gebied van Klein Asië is baie geneig tot aardbewegings, en vir die feit dat ʼn aardbewing gedurende 17 n.C. Filadelfia verwoes het. As gevolg daarvan, unieke en snel gevorderde bou tegnieke gebruik is, om te verseker dat die tempels wat opgerig word op so ʼn manier gebou word om die mees geweldige aardbewing te weerstaan.
ʼn Pilaar in die Tempel van Yah
Die [Tempel] fondasies was gelê op lae van houtskool wat bedek is met skeersels van wol, wat veroorsaak het dat die strukture kan “beweeg,” op ʼn soliede vlot. Elke blok was geheg aan die ander deur metaal kramme, sodat die platforms ʼn eenheid was.
Die tempel was die veiligste struktuur in die stad, gevolglik oor die belofte om as ʼn pilaar in die tempel van [Yahuwah] te wees, as een van sekerheid en veiligheid. Gegraveerde pilare word gevind regoor in die Egeïese Turkye. ʼn Dramatiese voorbeeld is die tempel van Zeus by Euromos met sy opdrag inskrywings op tien van die elf staande pilare. [Yahushua het ook belowe] om ook die goddelike name as ʼn nuwe naam te skrywe op die menslike “pilare,” van die wat oorwin.3
Pilare wat nog steeds staan van die ou Filadelfia
Image credit: https://www.etbu.edu/php/theintersection/livingintheshadow/
Die laaste geslag word opgeroep om getrou te bly deur die aarde se verpletterende gebeure. Hulle lojaliteit sal getoets word, en hulle geloof sal beproef word tot so ʼn mate soos geen vorige groep van mense ooit opgeroep is om deur te gaan. Diegene wat standvastig bly sal vereer word as “pilare” in die tempel van Yahuwah. Tot in alle ewigheid, sal die gewig van die bewys dat Yah goed is, rus op hulle getuienise.
ʼn Nuwe Naam
Filadelfia het in werklikheid ʼn nuwe naam ontvang by twee verskillende tye gedurende die eerste eeu. Dit was eers verander na Neocaesarea, of die “Nuwe Ceasersdorp,” wat gevolg het na ʼn verwoestende aardbewing gedurende 17 n.C. Tiberius Caesar het mildelik die restourasie pogings befonds wat gevolg het op die aardbeweging, en die naam verandering was in dankbaarheid vir sy ondersteuning. Die tweede naam verandering het plaasgevind toe die keiser, Vespasianus, finansiële hulp gestuur het na nog ʼn ander katastrofe.
Elke naam verandering het plaasgevind tot eer en om dankbaarheid te bewys aan die een wat hulp verleen het. Een van die belonings wat aan die gemeente van Filadelfia gegee is, om graveer te word met ʼn nuwe naam. Diegene wat getrou bly aan Yah deur die sluitings tonele van die aarde se geskiedenis sal ʼn lewende getuienis wees tot in alle ewigheid tot die goedheid en geregtigheid van die goddelike regering. Hulle sal vereer deur die naam te besit van Yahuwah en die Heilige Jerusalem wat op hulle geskrywe is.
Die gemeente van Filadelfia is gepas genoem. Uit al die gemeentes, het hulle Yahuwah die meeste geëer, omdat in hulle eie lewe, het die gemeente van Filadelfia ʼn voorbeeld gewees van die lewe van die Verlosser. Toe ʼn wetgeleerde aan Yahushua gevra het: ” Meester, wat is die groot gebod in die wet?” (Mattheus 22 vers 36.) Het Yahushua reguit geantwoord: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” (Mattheus 22 verse 37 tot 40.)
Liefde is die grondslag van Yahuwah se regering. Liefde is Sy persoonlikheid sowel as Sy wet. Johannes skrywe: “GELIEFDES, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit Yah, en elkeen wat liefhet, is uit Yah gebore en ken Yah. Hy wat nie liefhet nie, het Yah nie geken nie, want Yah is liefde.” (1 Johannes 4 verse 7 en 8.), in hierdie skitter die gemeente van Filadelfia met ʼn hemelse lig, ongekend deur enige ander gemeente. Die feit is die besonderse woord “Filadelfia,” beteken “broederlike liefde.” Hulle is die Gemeente van Broederlike Liefde. Hulle het baie lief, omdat hulle baie vergifenis ontvang het. Dit veroorsaak om die beeld van Yahushua te weerspieël tot so ʼn mate as wat nie deur enige ander gemeente bereik is.
Amphitheater from ancient Philadelphia
Image credit: By Ken and Nyetta [CC BY 2.0 (http://creativecommons.org/licenses/by/2.0)], via Wikimedia Commons
Die Kerk van Laodisea
EN skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van Yahuwah:
Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!
Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.
Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.
Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.
Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.
Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.” (Openbaring 3 verse 14 tot 21.)
In kontras tot die gemeente van Filadelfia, is die gemeente van Laodisea. Terwyl die gemeente van Filadelfia net geprys word, is die gemeente van Laodisea geensins geprys. Die geestelike toestand van Laodisense is waarlik betreurenswaardig om net kritiek te ontvang!
Deur sy profesie oor die bedieninge van die Messias, verklaar Jesaja: Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring. (Jesaja 42 vers 3.) Yahushua was behaag in die bemoediging van ander. Sy woorde was soos ʼn verfrissende drankie in ʼn droë en dorstige land. Hy het gereeld uit Sy pad gegaan om te bemoedig, en om mondelings ander op te bou. Die feit dat Sy boodskap aan Laodisea niks anders bevat openbaar dit die gevaar waarin hulle verkeer. Soos die sagte sprekende woorde wat uitroep, “Stop!” om te voorkom dat haar kind voor ʼn trok inhardloop, Yahushua se harde veroordeling van Laodisense is beplan as die laaste poging van volharding om hulle wakker te maak, en hulle te red van naderende gevaar.
Die gemeente van Laodisense was bekend as ʼn louwarm gemeente. Soos met die historiese Filadelfia, openbaar die historiese stad van Laodisea sommige interessante dinge oor die gemeentes van die laaste geslag: Nege en ʼn halwe kilometer vanaf [Laodisea] was daar warmwaterbronne (nie drinkbaar) by Hiërapolis, wie se kalkagtige klowe sigbaar was op ʼn afstand. Om drinkwater te verkry, het die Romeine ʼn waterleiding gebou wat oor ʼn afstand van agt kilometer suid strek na ʼn oorvloedige waterfontein.... Die fonteinwater sou louwarm word soos dit deur die waterleiding vloei na die stad. Die stad was strategies geleë vir besigheid en handel, en het dit ook ʼn leier sentrum in die bankwese geword. Dit het hulp vanaf Rome ontvang op die volg van vroeëre aardbewings. Alhoewel, na die aardbewing gedurende 60 n.C. wat baie stede van Asië verwoes het, Laodisense die enigste was wat Romeinse finansiële bystand geweier het, omdat sy so ryk was. Hierdie houding van materiële self voldaanheid. “Ek is ryk,” het skynbaar ook die gemeente binnegedring. Die gemeente se geestelike blindheid was mee gespot as gevolg van ʼn gewilde salf wat gebruik was vir oog siektes en wat daar vervaardig is deur die mediese skool. Die vermaning om wit klere te koop om hulle naakte skaamte bedek, is ʼn ander voorbeeld van spot. Omdat vir die gelowiges wat gewoon het in ʼn stad waar die Romeine tekstiel fabrieke gevestig het vir die vervaardiging van klere van die gewilde swart wol van die streek.
|
Toenemende Lig = Toenemende Selfvoldaanheid
Die gemeente van Laodisense verteenwoordig alles van die laaste geslag van die Christendom. Sedert die protestantse Hervorming gedurende die sestiende eeu, is lig toenemend gegee aan diegene wat hulle Bybels bestudeer. Elke kerk binne die Protestantse geledere was geseën met waarhede vir vordering teenoor wat die Christene gehad het gedurende die donker eeue. Selfs die Roomse Katolieke Kerk ten spyte van hulle vasklewing aan tradisies, het nou meer lig as wat dit vantevore gehad het, Martin Luther.4
Met toenemende lig, het daar nie toenemende toegewydheid en getrouheid gekom. In plaas daarvan het toenemende lig selfvoldaanheid veroorsaak. Geestelike trots. ʼn Selfvoldane bevrediging van geestelike meerderwaardigheid. Die geestelike toestand wat noop om walging te veroorsaak in die Ware Getuie.
O, die gemeente van Laodisense “praat die praat "baie goed, maar hulle " loop nie die pad.” Hulle woorde is “vuurwarm,” maar hulle dade (vloei uit die hart) wat “koud” is. Hulle misluk wanneer dit by die ware voorbeeld en karakter van Yahushua kom en om Sy beeld te reflekteer.
Laodisense wys na hoeveel hulle meer vandag weet as wat verstaan word deur Christene in die verlede, en dit bevestig hulle meerderwaardigheid. Hulle mag self erken dat hulle soos Laodisense is. Preke word gereeld gepreek oor die toestand van Laodisense, en hoe die Christene van vandag louwarm is. Mense sit in die kerkbanke en knik met hulle koppe, en stem saam dat hulle louwarm is, en deur hierdie besonderse handeling van erkenning, hulself beskou as beter as ander wat nie erken dat hulle soos Laodisense is.
Dit is amper ʼn hopelose toestand. Nie alleenlik is die Laodisense “ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak,” maar deur die besonderse handeling van lippe diens te wys as van Laodisense, is hulle deur hulle eie verstand bevestig as, “ ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie.”
Die waarheid is, dat die gemeente van Laodisense verteenwoordig word in al die Christen kerke van vandag. Nie ʼn enkele kerk of denominasie is verskoon. Alle kerke, en individue is soos Laodisense omdat elke enkele denominasie van vandag sonder uitsondering is tevrede met die waarhede wat hulle het, en onwillig om vorentoe te beweeg om meer gevorderde waarhede te omhels.
- Roomse Katolieke het die leerstellings omhels4 van alleenlik die regverdiging deur geloof, maar hulle gaan voort om vas te kleef aan die diaboliese leerstelling van die drie eenheid, en verwerp die priesterdom van alle gelowiges, en in plaas daarvan verkies hulle ʼn menslike priesterdom.
- Die Jehowah Getuies beroem hulself deur hulle te regverdig vir die verwerping van die heidense vakansiedae en die name van Yahuwah, maar weier om die ware feesdae van Yahuwah te omhels of die gebruik van Sy ware naam.
- Die Mormone lewe ʼn gesondheid bewuste, en onthoudende lewenstyl, maar kleef aan ander verkeerde dinge, insluitend die aanbidding op Sondag.
- Sewende – dag Adventiste, en Sewende –dag Baptiste, en honderde van ander denominasies van Saterdag – Sabbat onderhouers is geseën met die kennis van die Skepper dat die Skepper steeds begeer om aanbid te word op die sewende – dag Sabbat, maar hulle het die enigste kalender verwerp waardeur die ware sewende – dag Sabbat bereken kan word!
Alle Christen denominasies van vandag is soos Laodisense omdat elke enkele een van hulle, in een of ander gebied, die waarheid verwerp het, en weier om voort te beweeg met die gevorderde lig wat vanaf die Hemel vandag op die wêreld skyn. Op die manier, word die uitnodiging van die Ware Getuie uitgebrei na elke Christen van vandag.
Die Goddelike Geneesmiddel
Laodisense is die slegste van al die kerke, maar die Verlosser is op dieselfde manier lief en jammer vir hulle. Sy groot hart van liefde verlang na hulle, en wil hê dat almal moet berou hê, om gered te word. Hy gee die gerustellende boodskap: “Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.” (Openbaring 3 vers 19.)
Die Verlosser is gereed en gewillig aan jou alles te skenk wat ʼn Laodisenser nodig het om te bely en om verander te word:
- Goud wat gelouter word in die vuur ( wat die Verlosser se eie geloof is)
- ʼn Wit kleed (wat die Verlosser se eie geregtigheid is)
- Oogsalf (wat broodnodig is vir geestelike onderskeiding om die versoekings te oorwin en die sataniese bedrog van die laaste dae.)
Enigiets wat jy benodig, sal Hy voorsien! Deur die gee van hierde gawes sal die besef kom van hoe desperaat en behoeftig ons op elke gebied is.
Die gemeente van Laodisea het geen verlossende kenmerke of karaktereienskappe. Diegene wat berou ondergaan ʼn wonderlike verandering wanneer hulle ag gee op die raad van die Ware getuie. Laodisensers wat brou oor hulle selfversekerheid, en geestelike trots, sal Laodisense verlaat en lidmate word van Filadelfia, die gemeente wat volkome die beeld van Yahushua reflekteer.
Die handeling om Laodisense te verlaat en aan te sluit by Filadelfia is wat die laaste geslag afsonderlik stel stel. Geen ander groep van mense was ooit opgeroep op so ʼn manier om vry te kom van hulle geestelike erfenis en die verbintenisse aan vriende en familie. Openbaring 18 gee hierdie bevel: “Gaan uit haar uit, my volk” (Openbaring 18 vers 4.), wat elke berouvolle Laodisenser sal gehoorsaam.
Die Beloning vir Getrouheid
Elke godsdienstige liggaam van vandag is ʼn Laodisenser. Elke laaste een van hulle het op een of ander geleentheid toenemende lig verwerp. Deur ag te slaan op die raad van die Ware Getuie, sal dit benodig word om te doen wat geen ander groep nog ooit gedoen het as tevore: om die Lam te volg waar ook al Hy gaan, self al is dit om uit die kerke te kom, en die benoemde organisasies waaraan jy lewenslank aan behoort het.
Nie ellke mens sal dit doen. Die meeste mense wil die bevestiging deur aan ʼn groep te behoort van dieselfde denkende gelowiges. Hulle is nie bereid om alleen te staan vir die waarheid. Alleenlik sal net ‘n klein oorblyfsel gewillig wees om werklik alles op te offer vir die waarheid.
Die belonings wat wag op diegene wat so maak dit onbegryplik sal wees!
Die apostel Paulus skrywe: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ’n mens nie opgekom het nie, wat Yahuwah berei het vir die wat Hom liefhet.” (1 Korinthiërs 2 vers 9.) Terwyl hierdie belofte vervul sal word vir al die verlostes, sal dit in sy besonderheid vervul word aan die oorblyfsel wat Laodisense verlaat het, en verander is in die beeld van Yahushua, en wat aansluit by die Gemeente van Broedelike Liefde.
Die gemeente van Laodisense is die sewende gemeente, en die sewe belonings wag op diegene wat gehoorsaam is aan die Ware Getuie en wat berou het.
Elke gemeente het sy eie besonderse beloning wat gegee sal word aan die oorwinnaar, maar die belonings wat aan die Laodisensers aangebied word oortref hulle almal. Wanneer die berouvolle Laodisenser aansluit by Filadelfia, die sesde kerk, sal die ses belonings wat wag op die oorwinnaars van Filadelfia aan hulle gegee word. Dit is:
- Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg — Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het. (Lees Openbaring 3 vers 9.)
- Bewoners van die aarde op die proef te stel. (lees Openbaring 3 vers 10.)
- ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; (Lees Openbaring 3 vers 12.)
- Ek sal op hom die Naam van my Elohim krywe. (Lees Openbaring 3 vers 12.)
- Die naam van die stad van my Elohim, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my Elohim neerdaal, en my nuwe Naam. van die nuwe Jerusalem. (Lees Openbaring 3 vers 12.)
- Deur die naam van Yahuashua te besit wat op hulle geskrywe staan, ways dit op dat hy nou deel is van die familie van Yahuahu. (Lees Openbaring 3 vers 12.)
Aan diegene wat self in ootmoed en deur geloof die veroordeling van Laodisea aanvaar, en hulle toestand as volkome beskrywe, selfs al kan hulle dit nie sien, is daar nog een beloning oor.
“Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.” (Openbaring 3 vers 21.)
“So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies.”
|
Wat ʼn beloning! Deur om die troon te deel met die Verlosser! Hoe kan dit moontlik wees?
Deur die gelykenis van die aarbeiders wat op verskillende ure gehuur is, en die huur van 11de uur werkers baie later as die wat tevore begin werk het, verduidelik Yahuashua: ““So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies.” (Mattheus 20 vers 16.) Die gewaarwording, dat die laaste geslag Yahuwah meer eer as wat voorheen gedoen is. Die rede is eenvoudig: hulle is die laaste geslag. Hulle is verste af van Adam. Hulle het sesduisend jaar se opgehoopte geneigdheid tot boosheid geërf, en deur geloof in die Verlosser, en oorgawe aan Hom het hulle oorwinnaars geword. Die goddelike veranderende mag, en die liefde van verlossing word in hulle lewe gewys, en deur hulle redding meer as enige vorige geslag.
Soos die laaste geslag, het die Laodisensers die waarheid versamel van die afgelope 6,000 jaar, maar dit het hulle laat oorgee in geestelike trots ongekend aan enige vorige geslagte. Hulle saak was amper hopeloos..... maar deur Yahushua is daar altyd hoop. Deur Sy krag, en mag, en deur Sy liefde, en aan diegene wat bely, word daar steeds meer lig voorsien, en vir die wys van verkeerdheid waaraan hulle in onkunde bly vaskleef het. Die oorwinnaars van Laodisense verootmoedig hulself, en deur te bely, en deur die beskuldigings wat Satan maak teenoor die wet van Yahuwah soos in geen een van die vorige geslagte.
Die belydende sewende gemeente is niks ander as maar net ʼn klein oorblyfsel wat te voorskyn kom uit die laaste geslag. Tog, ontvang hulle ʼn beloning ongekend wat aangebied word aan enige groep van vorige oorwinnars. Bykomend tot die ses belonings wat aangebied word aan die gemeente van Filadelfia, ontvang hulle die beloning om saam met Yahushua te regeer. Deur alles, en omdat hulle die laaste is, en die slegste van die slegstes, hulle deur Yahuwah die meeste vereer word, en tenspyte van hulle swakheid, blindheid, en oorgerfde verdorwenheid, hulle gekeer het na die Verlosser, en die geloof in Hom, en deur Sy wet onderhou, en is hulle gered en geheilig.
Die Laodisensers, is soos Maria, omdat sy baie lief gehad het is sy van baie vergewe. (Lees Lukas 7 verse 37 tot 50.) Hulle sal beter verstaan as enige vorige geslagte, die diepte van die verlossende liefde wat hulle nader getrek het, en die lied wat op hulle lippe tot in alle ewigheid sal wees tot die eer van die Vader, en tot dankbaarheid aan die Seun. Dit is ʼn ongekende vertoon van die goddelike liefde en mag, om diegene te vehoog wat wegesink het in die sonde, en om as die laaste geslag te sit op die troon van die heelal saam met die Verlosser.
Dit is die toekoms wat nou aan jou aangebied word. Jy sal nie in staat wees om ware toestand te aanskou, omdat jy as ʼn Laodisenser daarvoor blind is. Maar aanvaar die woord van Hom wat nie kan lieg. Aavaar dit in geloof. Dan deur geloof, en steek jou hand uit om Syne te gryp.
Hy staan met Sy arms wyd ope om jou te ontvang. Hy sal jou oorvloei met die geloof van goud; Hy sal jou bedek met Sy eie geregtigheid, en Hy sal helende oogsalf aansmeer op jou oë. Wil jy nie vertrou dat Yahushua jou beter ken as wat jy ooit jouself sal ken, wees berouvol, en stap vry van die verstikking van Laodisea? Wil jy nie vandag aansluit by Filadelfia?
ʼn Ewigheid van vreugde, en geluk en onvertelde eer wat wag aan almal wat nederig aanvaar die uitspraak oor hulle geestelike toestand, bely en gaan Filadelfia binne, die Gemmente van Broederlike Liefde.
Die Groot Monarg van die Skepping, die Skepper en die Onderhouer van alles, en is dit deur geloof dat ons die beskrywing oor die Laodisense toepas op ons as individu, en op maniere waarvan ons self nie verstaan. Vra ons nederig dat ons geloof moet vermeerder. Gee ons asseblief, die goud wat in die vuur gelouter is, die witlkeed van die Verlosser se eie geregtigheid om ons naaktheid te bedek, en die goddelike oogsalf dat ons die gewaar word aan die dinge van U wet. Verander ons volgens U beeld, dat ons verewig ʼn getuie mag wees tot U goedheid, U genade, U mag, en U liefdevolle deernis aan die kinders van die mensdom. In die naam van ons Verlosser, Yahushua, vra ons dit, en wy ons sielle aan U vir bewaring. Amen. |

Let Wel: Die woord “kerk” nie akkuraat die betekenis oordra vanaf die oorspronklike Grieks, “Ekklesia.” Regdeur die Nuwe Testament, verwys die woord Ekklesia na die Uitgeroepenes. Die ware volgelinge van Yahushua, en is dit inderdaad die Uitgeroepenes, vanuit die georganiseerde denominasies en godsdienste van die gevalle Babilon. Wanneer die oproep gehoor word om uit Babilon te vlug, niemand na Babiloniese voorbeelde van godsdienste en kerke moet terugkeer.
1 Merriam-Webster Woordeboek.
2.Die naam van “God” is natuurlik, Yahuwah. Die herhaling van die frase “My God,” hier doelbewus aangehaal word. Dit benadruk dat net een is wat waardig is vir aanbidding: die Skepper van alles. Soos Paulus dit veelseggend verklaar: “Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is — soos daar baie gode en baie here is — tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.” (1 Korrinthiërs 8 verse 5 en 6.)
4 Martin Luther het uit Katolisisme gegaan oor die verskil hoe ʼn persoon gered word. Martin Luther het geglo dat dit deur genade, en deur geloof alleen geskied. Die Katolieke Kerk het geleer dat verlossing gegrond is op goeie werke. Gedurende 1999, het die Roomse Katolieke Kerk en die Lutherse Wêreld Federasie ʼn dokument van 47 bladsye onderteken het, en wat die naam bevat, Gesamentlike Verklaring oor Leerstellings van Geregtigheid.” Daarin, het hulle ooreenstemming bereik oor hulle verskille oor redding, en deur die samevoeging van ʼn verklaring: “Saam bely ons: Deur genade alleenlik, en in die geloof van Christus se verlossende werke, en nie as gevolg van enige meriete as ons deel, word ons deur God aanvaar, en ontvang ons die Heilige Gees, wat ons harte vernuwe terwyl ons toegerus word en opgeroep word tot goeie werke.” http://www.vatican.va/roman_curia/pontifical_councils/chrstuni/documents/rc_pc_chrstuni_doc_31101999_cath-luth-annex_en.html