![]() |
Solomon Asch, sielkundige en navorser. |
Solomon Asch was nuuskierig. Die meeste mense dink van hulleself as vrydenkend en waagmoedig. Maar, hoeveel mense het werklik die waagmoed om te staan vir hul oortuigings, wanneer dinge moeilik raak? Asch was vasbeslote om uit te vind.
Hy het `n reeks eksperimente uitgewerk waardeur hy die mag van toegewing kon toets. Hy het die persoon wie hy getoets het in `n groter “kontrole” groep gesit en dan `n reeks vrae gevra. Eers het almal regte antwoorde verskaf. Na verloop van tyd het die kontrole groep (wie deur Asch aanngesê is hoe om te antwoord) begin om sommige van die antwoorde verkeerd te verskaf. Die persoon wie getoets was het nie geweet dat die ander mense gesê was om verkeerd te antwoord nie. Byna 75% van die persone wie so getoets was het ten minste een keer met die meerderheidsgroep saamgegaan.
Hulle het die korrekte antwoord geken. Dit was `n eenvoudig “visie toets” hulle kon dit met hul eie oë sien! Maar hulle het verkeerd geantwoord toe hulle gekonfronteer was met die ongemaklike posisie om die enigste een te wees wat aandring op daardie antwoord.
Niemand hou daarvan om alleen te staan nie – veral nie as almal daarop aandring dat jy verkeerd is nie. Dit voel nie gemaklik nie. Self-vertwyfeling sluip in en die persoon wie alleen staan begin om te twyfel en om sy eie oortuigings te bevraagteken. Elkeen hou daarvan om `n “ondersteunings-groep” te hê van eenders denkenkende indiwidue met sy eie oortuigings.
Asch het ontdek dat selfs as een ander persoon in die kontrolegroep verskillend antwoord van die meerdeerheid, sal die proefkonyn sterk staan op sy oortuigings en nie wyfel nie. Dit het gewerk selfs as die ander persoon nie ooreenstem met die meerderheid `n antwoord verskillend gee van die persoon wie getoets word nie! Daar is aanmoediging in die feit dat ons omring word met mense wat glo nes ons dink – of ten minste, mense wat gewillig is om ook anders te wees.
Skrifte sonder `n spesiale groep mense uit wie groot eer in die hemel ontvang: “Dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan.” (Openbaring 14:4) Die vangpunt is, alhoewel hulle `n hoogs vereerde groep is in die aangesig van die hemel, moet hulle alleen staan op aarde. Die Heiland het gewaarsku omtrent die koste van waar Hy ookal mag lei:
Wie vader of moeder bo My liefhet is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. En wie sy kruis nie neem en My nie volg nie, is My nie waardig nie. (Mattheus 10:37, 38, OV)
Dit is die toets wat die laaste generasie in die gesig staar.
Het jy jou Heiland liewer as jou werk? Het jy jou Heiland liewer as woning of jou
sosiale stand? Het jy jou Heiland liewer as jou eggenoot . . .
het jy Hom liewer as jou kinders? Almal
wie gehoorsaam is aan die oproep om Babilon te verlaat sal ja antwoord op al
hierdie vrae.
Wanneer `n persoon eers die waarskuwing aanvaar het om uit Babilon te vlug, sal sy of haar reaksies dikwels wees: By watter kerk moet ek nou aansluit? Is daar enigiemand naby my wat soos ek glo? Kan ons bymekaar kom vir aanbidding?” `n Persoon wat vir jare lank aanbid het met eendersdenkende gelowiges kan afgesny voel met die gedagte daarvan dat hy heeltemal alleen moet aanbid. Dit voel eenvoudig maar net nie reg nie. Somtyds sal hy of sy steeds voortgaan om kerk by te woon, selfs as dit `n verkeerde dag is, net vir die onthalwe van gemeenskap.
So `n reaksie teenoor om alleen te aanbid, is normaal. Elkeen voel so aan die begin. Tog is dit nie Bybels nie. Daar is 80 keer dat die woord “kerk” in die Bybel gebruik word, en 35 keer die gebruik van die woord “kerke.” Die hele 115 keer is in die Nuwe Testament. Ongelukkig is die woord “kerk” `n misleidende vertaling van die oorspronklike woord. Die woordeboek definisie van “kerk” stel dit so:
`n Gebou wat gewy is vir openbare aanbidding . . . die versamelde Christelike gemeente, wat bestaan uit drie hoof takke, die Rooms Katolieke, Protestante, en Ortodokse Oosterse. . . . spesifieke Christelike gemeente wat verenig is onder een . . . geloofsbeleidenis, en wat dieselfde rituele en seremonies gebruik . . . enige aanbiddings groep; enige georganiseerde Christelike liggaam wat dieselfde gebou beset vir godsdienstig aanbidding.1
Neem notisie van die klem op groepe. Volgens definisie, is `n “kerk” `n groep mense wat met mekaar verbind is deur gemeenskaplike oortuiging. Dit is die presiese teenoorgestelde van die woord soos dit gebruik word in die Nuwe Testament. Die eintlike woord is êklessia en dit beteken “`n kom uit van . . . Ekklesia, van ek, ‘kom uit van’ en klesis, ‘`n geroep’. . . .”2
Ekklesia is die woord wat regdeur die Nuwe Testament gebruik word en dit verwys na die Uitverkorenes. Die woord kerk, wat klem plaas op `n groep, is `n verkeerde vertaling en moes nooit gebruik gewees het nie. Christene, is letterlik, die Uitverkorenes. Wanneer die oproep om uit Babilon te vlug aangehoor word, moet niemand weer na Babiloniese gemeenskap en Babiloniese vorme van aanbidding terugkeer nie, net omdat dit ongemaklik is om alleen te staan nie.
Jy red nie mense uit Babilon deur na Babilon terug te keer nie. Liewers, as voorbeeld wys jy hulle `n beter manier en roep hulle uit om by jou, buite Babilon aan te sluit! Daar is vele opregte mense steeds in Babilon, wie verlang na meer lig. Nogtans, verskoon dit nie enigeen wie daardie lig het om steun te verleen aan Babilon deur met andere saam in Babilon te aanbid nie!
Toe die Israeliete by Baäl-Peor afvallig geraak het, was dit ten eerste nie `n openlike rebellie nie. Die Moabitiese vroue het eers vriende geraak met die vroue van Israel. Deur resepte uit te deel en te gesels oor kinders en manne, was nie `n sonde nie. Maar hierdie vrienskapsbande het die fondasie gelê wat sou lei na sonde. Toe die Moabiete Israel tot sonde verlei, het hulle hulle eenvoudig maar net uitgenooi na `n partytjie! “Welkom, bure! Kom ons vier fees.” Wat as `n onskuldige aanvaarding van vriendskap begin het, het die Israeliete reguit in die sonde gelei.
Hierdie vermenging van waarheid met die leuen, gelowiges wat met ongelowiges aanbid (of selfs met onkundiges) was streng in die Skrifte verbied.
As jou broer, die seun van jou moeder, of jou seun of dogter of die vrou wat jy liefhet, of jou vriend wat soos jou eie siel is, jou in die geheim verlok en sê: “Laat ons gaan en ander eloah dien” – wat jy en jou vaders nie geken het nie, uit die eloah van die volke wat rondom julle is, naby jou of ver van jou af . . . dan moet jy nie inwillig en na hom luister nie; ook mag jou oog hom nie verskoon nie, en jy mag jou nie ontferm en niks om sy ontwil wegsteek nie, en jy moet hom stenig, dat hy sterwe; want hy het probeer om jou weg te drywe van . . . . [Yahuwah jou Eloah] . . . . (Deuteronómium 13:6-10, OV)
Die meeste van die afgodsaanbidders wat rondom die Israeliete gewoon het, het valse eloah uit onkunde aanbid. Nogtans het dit nie aan die Israeliete die toestemming gegee om by hulle in aanbidding aan te sluit, “vir die onthalwe van gemeenskap nie.”
“Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle . . . .díe wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel. . . . Want as hulle nadat hulle deur die kennis van . . . . [onse Eloah en Verlosser, Yahushua Messias] hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste. Want dit sal vir hulle beter wees as hulle die weg van geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is. Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie opbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.” (2 Petrus 2: 18, 20-22, OV)
Wanneer jy eers die waarheid gesien het, dat die “Groot
Babilon” wie al die nasies laat drink het van die wraak van haar hoerery.”3
Satan se algehele infrasruktuur van leuens, misleiding en wêreldse
aanloklikhede is, wanneer jy eers sien dat Babilon al die georganiseerde godsdienste en denominasies is wat op `n
verkeerde dag aanbid soos bereken deur `n valse kalender, moet jy nie terugkeer en aansluit by Babilon
vir die blote onthalwe van “kameraadskap” of selfs om te getuig nie.
Dit is `n enorme verandering. Dit neem tyd om daaraan gewoond te raak. Net wanneer, jy deur geloof, die toegewing maak om te gehoorsaam, sal jou gemoed verander en om `n uitverkorene te wees sal begin om meer gemakliker te voel. Selfs, afsplintering sal meer natuurliker voel as die onderwerping aan Babilon en jy sal nie meer terug wil keer nie!
Staan sterk in die mag van die Een wat magtig is om te red. Hy sal jou nooit alleen laat nie. Die waarskuwing om uit Babilon te vlug is gekoppel aan `n uitnodiging: `n uitnodiging om aan te sluit by `n unieke en uitsonderlike kameraadskap. Die kameraadskap van die Uitverkorenes. Dit is `n baie hoë en heilige voorreg. Dit is na hierdie kameraderie waarheen Yahuwah diegene in die laaste generasie uitnooi wie Hom sal vereer en weg sal stap, vry van Babilon om Hom te aanbid op Sy vasgestelde dag.
Skrifte noem hierdie spesiale groep van Uitverkorenes: die Seuns van Zadok.
Met die Israeliete se goue kalf rebellie, het net een stam opreg en sterk gestaan in teenstand van die heersende (en ongebonde) afvalligheid. Weens hul waagmoed en getrouheid, was die stam van Levi deur Yahuwah uitgesonder om die rol van priesters te vertolk. Dit was `n ontsaglike eer. Van al die stamme het hulle die naaste aan Yahuwah gestaan en was hulle die eerstes om Sy wil te weet, wat hulle op hul beurt weer aan die volk voorgestel het.
Maar met die volgende paar generasies het hardheid van harte die hoë priesterlike orde ingesluip. Sake het `n krisis bereik toe die Hoë Priester Eli, weier om sy seuns, Hofni en Phineas, van hul priesters amp te onthef, ten spyte van die gruwelike oneer aan die Hemel.
Eli was `n vader wat aan sy kinders toegegee het. `n Liefhebber van vrede en gemaksug, het hy versuim om sy gesag uit te oefen om die goddelose gewoontes en passies van sy seuns reg te stel. . . . [Gevolglik] alhoewel heeltemal ongeskik vir die amp, was hulle as priesters in die heiligdom aangestel om voor . . . . [Yahuwah] te dien.
. . . . Hierdie ontroue priesters het ook . . . [Yahuwah] se wet oortree en het hul heilige amp onteer deur hul onwelvoeglike verlagende gewoontes; tog het hulle voortgegaan om die teenwoordigheid van die heiligdom van . . .[Yahuwah] te besoedel. Baie van die mense, wat met afsku vervul was teen die korrupte priestersorde van Hofni en Phineas, het nie meer die bepaalde plek van aanbidding besoek nie. Sodoende het die dienste wat . . . . [Yahuwah] ingestel het verag en vernalatig as gevolg van die assosiasie met die sondes van bose manne, wiese harte neig tot boosheid en verstout is met sonde. [Boosheid] . . . . sedeloosheid, en selfs afgodediens het tot `n groot en vreeslike vlak geheers.4
Omdat Eli nalatig was om sy seuns op te voed om Yahuwah lief te hê, te vereer en Hom te gehoorsaam, was die boodskap uit die Hemel:
Daarop spreek Yahuwah, jou Eloah van Israel: Ek het wel duidelik gesê: Jou huis en die huis van jou vader sal voor My aangesig wandel tot in ewigheid [en vir My priesters wees]. Maar nou spreek . . . . [Yahuwah]: Dit is ver van My; want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees. Kyk, die dae kom dat Ek die arm en die arm van jou vader se huis sal afkap, sodat daar geen bejaarde in jou sal wees nie . . . . En dit sal vir jou `n teken wees wat oor jou twee seuns Hofni en Phineas, sal kom: op een dag sal hulle altwee sterwe. En dan sal Ek vir My `n getroue priester verwek wat sal handel soos dit in my hart en my siel is. . . . sodat hy al die dae voor die aangesig van my gesalfde kan wandel.” ( Sien 1 Samuel 2: 27-36.)
In een dag, het die seuns van Eli met die bejaarde vader, gesterf. Yahuwah het die voorreg om voor Hom te wandel aan `n ander gebied. Die interresantheid, is, dat die priesterlike lyn van Eli steeds voortgegaan het. Daar was twee priesterlike lyne! Die seuns van Eli het die verteenwoordigers geword van `n korrupte godsdienstige sisteem, wat te kort skiet aan die gees en mag van Yahuwah.
Zadok, `n priester wie vir Yahuwah gestaan het tydens die groot nasionale gevaar5, het die simbool geword van `n anderste geestelike erfporsie wat slegs die uitvloeisel is met `n reine, intieme verhouding met Yahuwah.
Die Seuns van Eli en die Seuns van Zadok het twee afsonderlike en uitsonderlike ampte. Die seuns van Eli bedien die mense.
Maar die Leviete wat ver van My afgewyk het by die afdwaling van Israel, wat van My afgedwaal het agter hulle drekgode aan, hulle moet hulle ongeregtigheid dra: hulle moet dienaars wees in my heiligdom, as wagte by die poorte van die huis; hulle moet die brandoffer en die slagoffer vir die volk slag en voor hulle staan om hulle te dien.
Omdat hulle gedien het voor die drekgode en vir die huis van Israel `n struikelblok tot ongeregtigheid was, daarom het Ek my hand teen hulle opgehef . . . sodat hulle hul ongeregtigheid moet dra. En hulle mag nie nader kom na My toe om die priestersamp vir My te bedien nie en om nader te kom na al my heilige gawes nie. . . Dus sal Ek hulle aanstel om die diens van die huis waar te neem , vir die hele bediening daarvan en vir alles wat daarin gedoen word.” (Esegiel 44: 10-14, OV)
Die seuns van Eli was behou om te dien, maar hulle bediening was aan die volk. Nie net is hulle korrupte harte perfek in harmonie met die volk en die verharde harte nie, maar die mense wou hulle hê.
Wie gaan die afgestorwenes begrawe,
die jeug in die huwelik bevestig, babas inseën, die swaarmoediges vertroos, die
haweloses versorg, en kerk etes borg? Wie gaan op Saterdag of Sondag of enige gekose
heilige dag, preek? Wie sal besluite
moet neem van watter geboue opgerig moet word en watter programme gevolg moet word?
Wie sal die kerk bulletin vul met inligting? Wie sal die besluit moet neem van watter ‘by-stands’
predikant die gemeente sal besoek om aan
hulle `n nuwe gesig te bied en `n ander
program te gee? . .
. . Wie sal verantwoordelik wees
vir kameraderie vir mans en vis etes? Laat
die kompromiterende seuns van Eli hierdie aangeleenthede hanteer. .
. .6
Soos die priesters, so is die volk. Mense met harte van klip, word bedien deur priesters met harte van klip. Die seuns van Eli bedien die mense, maar hulle dien nie voor Yahuwah nie. Slegs hulle met reine harte kan in diens staan van `n reine Eloah en die seuns van Eli kwalifiseer nie. Hierdie hoë eer is uitsluitlik vir die Seuns van Zadok.
Die Eli-sisteem is `n program wat ondersteuning nodig het. Dit kan slegs bestaan solank as daar iemand is wat dit kan ondersteun. . . . [Yahuwah] se boodskap is dat die Seuns van Zadok, onder sy gesag, na die voorste linies gebring word, en dan sal die stutte tuimel . . . . [Yahuwah] sal gebeurtenisse in die verloop van die wêreld laat plaasvind wat hulle se opkoms sal bewerkstellig. Die Seuns van Zadok sal elke jammerlike besonderheid van die Eli-sisteem uitdaag.7
Die Seuns van Zadok het `n lewende verbintenis met hul Skepper. Hulle floreer met voortdurende kontak met Yahuwah. Hulle bereik die punt waar dit onmoontlik is om te wys waar Hy begin en hulle eindig. Yahuwah en die Seuns van Zadok is een. “Wat die Seuns in gebed, bemiddeling, of van belang bring is onder Sy aandag. Wat Hy voel, verlang, begeer word hulle grootste konsentrasie.”8 Alleenlik sulke mense kan in die diens van Yahuwah staan.
Maar die Levitiese Priesters, die kinders van Zadok, wat die diens van My heiligdom waargeneem het toe die kinders van Israel van My weggedwaal het, hulle moet na My toe nader kom om My te dien en voor My aangesig staan om My die vet en die bloed te offer. . . . Hulle moet in My heiligdom ingaan, en hulle moet na My tafel toe nader kom om My te dien, en My diens waarneem.
. . . In `n regsaak moet hulle optree om reg te spreek, volgens My verordeninge moet hulle dit uitoefen; en hulle moet My wette en My insettinge hou op al My feeste en My sabbatte heilig. (Esegiël 44: 15, 16, 24, OV)
Die Seuns van Zadok het `n baie hoë roeping.
Slegs die Seuns van Zadok (Geregtigheid) kon voor . . . . [Yahuwah] verskyn en voor Hom dien. Hulle wie in heiligheid wandel, wie met geen aspek van Woord en wandel `n kompromie aangaan nie, en wie die mense leer om heilig te wees, kwalifiseer. Om aan . . . . [Yahuwah] diens te doen begin met reine hande en `n rein hart. Sy beloning is anders, in stede van akkolades [lofprysinge] van die mens, kry die Seuns van Zadok akkolade van . . . . [Yahuwah]. Sy teenwoordigheid verseker dat vrede heers en “en alles wat van Israel onder “die ban is, moet vir hulle wees.” (Esegiël 44:28). Vrede sal rus op die vergaderdes se huise soos hulle aan hulle heiligheid en die weg van . . . . Yahuwah bedien.9
Slegs die Seuns van Zadok kan aan Yahuwah diens doen. En weens hul getrouheid, weens hul lojaliteit en liefde vir Hom, sal `n baie spesiale beloning, `n hemelse beloning aan hulle gegee word:
Dit sal vir hulle `n erfdeel wees: Ek is hulle erfdeel; en julle mag aan hulle geen besitting in Israel gee nie; Ek is hulle besitting. (Esegiël 44:28, OV)
Yahuwah is die erfdeel van die Seuns van Zadok! Wat `n onsaglike geestelike erfdeel is nie hulle s`n nie!
Die Seuns van Zadok het nie uiterlike lokmiddele nodig nie. Hulle het nie die geestelike boordjie, die spoggerige kerk gebou , die duur motor of die gevorderde grade nodig nie. Hulle het in die Hemelse Skool geleer, en elke area van hul lewens word geaffekteer.
Rituele was nie deur die Seuns van
Zadok beoefen nie; hulle het die teenwoordigheid van . .
. . [Yahuwah] betree om hul plig
te doen. (Deur in die teenwoordigheid van die Allerhoogste te staan verander
mens se denkwyse van diens.) Hulle het die mense die verskil geleer tussen die
heilige en die ongewyde. Hulle het nie hul heilige gewaad gedra in die diens
soos hulle in die strate gewandel het nie. Hulle het nie gewildheid [sterstatus
en aandag] nodig gehad as priesters voor die volk nie. Die mense het hul
besonderse gewoontes opgemerk. Hulle was heilige manne wie heilige dinge gedoen
het, en . . . [Yahuwah] het hulle geseën. Hulle het
anders gewandel, het anders gepraat; hulle lewens het die heiligheid van
Yahuwah weerkaats. Hulle het, “Wees julle heilig soos Ek heilig is” 1 Petrus
1:16, ernstig opgeneem. Hulle het die geleentheid aangegryp “moet my volk die
onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is (Esegiel 44: 23).” .
. . . Die mense kon sien dat die Seuns van Zadok
anders was.10
Dit is nie net hulle alleen wie in “die diens verorden was” wie geroepe is om priesters aan Yahuwah te wees nie. Dit is nie net mans alleen, of slegs volwassenes wat uitgeverkore is tot hierdie hoë roeping nie. Die Hemel soek na almal wie Yahuwah eerste en heel voor in hul lewens stel om die Seuns en Dogters van Zadok te wees. Sulke mense is die voortreflikste mense. Ander sal die Seuns en Dogters van Zadok opmerk , en Yahuwah in hulle raaksien, sal “hulle as metgeselle van Yahushua herken.” (Handelinge 4:13, OV)
Waar sal jy iemand vind, `n groep, opregte . . . . [godsvrugtige] manne en vroue wie sal opstaan en die Zadok lewe leef? Slegs . . . [Yahuwah] kan maak dat dit gebeur. . . . [Yahushua] is tans besig om só `n groep op te wek. Hierdie groep verstaan die Sisteem en het dit verwerp vanaf die fondasie tot en met sy uitwaartse skaamteloosheid. Die Seuns van Sadok is op die toneel, en hulle is bewus van die koste om die “Sisteem” te verwerp. Diegene wie hulleself “heiliges” noem sal in oproer kom en die ou orde tot die dood toe verdedig; Israel het en die kerk sal. Die leierskapsfigure sal verkondig dat die Seuns van Sadok nie opreg is nie, dat hulle valse profete, onbetroubare goëlaars is, wat by elke geleentheid verwerp moet word. Sommige sal begin om hulle te vervolg. Andere sal hulle wend na die kranksinnige gestig terwyl die meer gemoedelikes , slegs Christelike raadgewing aanbeveel. Die Sisteem sal nie sterf sonder om te baklei nie, maar dit sal vernietig word saam met elke strooi halmpie stuktuur van die mens op die sand van die geskiedenis.11
Yahuwah roep jou nie uit die slawerny van Babilon sonder om jou iets vér beters aan te bied, baie meer kosbaarder. Die Hemel is besig om `n totale generasie priesters op te kommandeer, Seuns en Dogters van Sadok, wie in geregtigheid voor Hom sal wandel.
Hierdie mense koester Hom. Hulle verlang om altyd meer van Sy wil te weet en wanneer hulle eers Sy wil ken, gee hulle onmiddelike gehoorsaamheid aan daardie wil. Daar is geen self-belang wat hul Liefdes diens korrup maak nie. Hulle het die heerlikheid van goddelikheid aanskou en verlang na niks meer as diens aan Hom vir wie hulle lief het nie. Met Dawid, sal hulle liefs `n deurwagter in die huis van Yahuwah wees, as om in weelderige paleise van sonde te woon. (Psalm 84:10)
Die wêreldse Sisteem van die Seuns van Eli is nie `n trekpleister vir die Seuns en Dogters van Sadok nie. Deur aan Yahuwah diens te doen is genoegsame beloning vir die prys om alleen te staan, wat die koste ookal mag wees. Hy is hulle erfporsie, en hulle wil niks anders hê nie.
Watter bediening verkies u? Wil jy bedien wees deur die Sisteem Seuns van Eli? Jy kan in `n mooi kerk aanbid, na besielende musiek luister wat deur goeie kore gesing word, opskep etes en gemeenskaplike aandetes geniet. Jy kan `n gerespekteerde leier in die plaaslike kerk wees, wie dien op die raad en mag sê hoe die offergawes spandeer moet word. Jy mag selfs `n beroep daarvan maak, jy kan die mense bedien en deur ander mense bedien word, deur te fokus op elkeen se “verlangde behoeftes. ” Jy kan die lofprysinge en waardering van die mens kry. . . MAAR jy mag net nie aan Yahuwah jou bediening gee nie.
Of is jy bereid om uit Babilon geroep te word? Is jy gewillig om alle
menslike organisasies en ondersteunings sisteme agter te laat en uit te stap,
onafhanklik en alleen, en om `n dienaar aan Yahuwah
te wees? Jy mag vervolging in die gesig staar. Jy sal seer sekerlik teenstand
ondervind. Daar kan geen kompromie met wêreldsheid wees nie. Jy moet gewillig
wees om alles op te offer wat tussen jou en jou Maker kom. Bediening aan
Yahuwah begin met skoon hande en `n reine hart, want slegs mense wie in
harmonie is met Elohim kan voor Hom dien.
Die belonings is baie anders. Instede van die toestemming en verwondering van die mens, sal jy in die Hemel geliefd wees. Jy sal direkte toegang ten alle tye hê na die troon van almagtigheid soos jou gebede opstyg, wat perfek ingestel is aan die wil van die Hemelse Vader. Engele sal met jou saamwerk soos jy staan as `n verteenwoordiger van die Hemel. Vrede wat deur geen uiterlike omstandighede vernietig kan word nie sal jou hart vul. Jy sal omring word met `n hemelse atmosfeer wat ingeasem sal word deur almal wie met jou in kontak kom, tenspyte van die teenstand en vervolging, jy sal oral waar jy gaan `n seën wees. Jy sal Yahuwah se stem, Sy hande, Sy hart wees om andere te bereik omdat daar geen skeiding is tussen jou wil en Sy wil nie.
Watter bediening sal jy verkies om deel van te wees? Wat is jy bereid om op te gee dat Yahuwah jou erfdeel mag wees?
Maak vandag jou keuse:
Wil jy net voor die mense dien?
Of wil jy voor Yahuwah dien?
Die belonings om uit Babilon te kom is die moeite werd vir
die prys wat daarvoor betaal is!
1 “Kerk,” Webster`s New Universal Unabridged Dictionary, emphasis supplied.
2 Ekklesia , #1577, The New Strong`s Expanded Dictionary of Bible Words.
3 Sien Openbaring14: 8 en 18: 1-3.
4 E. G. White, Patriarge en Profete, pp. 575-577.
5 Sien 2 Samuel 15.
6 C. R. Oliver, The Sons of Zadok, bl. 78.
7 Oliver, The Sons of Zadok, bl. 55.
8 Oliver, the Sons of Zadok, bl. 218.
9 Oliver, The Sons of Zadok, bl. 20-21.
10 Oliver, The Sons of Zadok, bl. 19-20.
11 Oliver, The Sons of Zadok, bl. 99, klem verskaf.