Die
Hemel se Finale Uitnodiging
“Kom in en trek `n baadjie aan of ek
slaan jou kop van jou lyf af!”
Oop mond het ek my vriend se pa aangegaap. Ek was bang. Ek het nooit voorheen`n ouer só hoor praat met `n kind nie. My vriend het opgespring, na binne gehardloop om `n baadjie aan te trek, en het teruggekom asof niks gebeur het nie. Ek kon nie glo hoe kalm hy dit gevat het nie.
Ek het nooit gehoor dat my ma haar stem verhef nie. Sy het haar kinders opgevoed om haar te gehoorsaam, sodat daar nie enige behoefte was om haar stem te laat hoor nie. Tot op een dag . . . .
Om in die platteland te bly was die beste plek in die wêreld om op te groei. Daar was só baie lekker dinge om te doen! So baie interessante plekke om te ontdek! My broer en ek het jammer gevoel vir ons vriende wie in die dorp moes bly.
Terwyl ek lekker met die grondpad huppel wat van die huis af loop na die Groot Skuur, het ek nie gekyk waar ek heen gaan nie toe ek meteens `n geluid hoor wat ek nooit voorheen gehoor het nie. `n Gil – van my ma.
“STOP!!”
Onmiddelike gehoorsaamheid het my tot stilstand laat
gly. Uitgestrek oor die pad reg voor my, presies waar my dansende voete op dit sou
geland het, lê `n meter lange uitgestrekte rattelslang.
My ma het op my geskree, maar sy het my lewe gered. Dit het nie saak gemaak dat ek daardie stemtoon nooit van te vore van haar gehoor het nie. Ek het beide vrees en liefde vir my in haar stem gehoor. Sy het my gered, omdat sy my liefhet, en ek het haar liewer as ooit te vore gehad.
Wanneer Liefde gevaar raaksien, waarsku Liefde. Liefde gil. Liefde skree. Liefde doen alles wat nodig is, om te red.
Vandag, is die wêreld op die randjie van `n enorme krisis. Denkende manne en vroue in elke nasie hou die verwikkelinge tussen lande dop. Hulle weet dat iets onheilspellends op die punt staan om te gebeur. Die klimaks van die eeue sal spoedig met onverbiddelike verwoesting oor die wêreld losbars.
In hierdie uur van uiterste gevaar, stuur die Hemelse Vader `n dringende uitnodiging na Sy kinders hier op aarde. Nes met enige aardse ouer, hoe groter die gevaar, hoe sterker en luider roep die Hemelse Vader. Sy Woord verseker ons: “Want . . . [Adonai Yahuwah] doen niks tensy Hy Sy raadsbesluit aan Sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.” (Amos 3:7, OV)
Die finale uitnodiging van genade wat ooit aan die mensdom gegee sal word is bewaar in die laaste boek van die Bybel. Dit is die aarde se finale waarskuwing, die wêreld se laaste kans. Daar sal nooit weer `n ander gegee word nie só dít is van die aller grootste belang dat elke lewende persoon dit aanhoor en ag slaan op hierdie waarskuwing.
“En ná hierdie dinge het ek `n engel sien neerdaal uit die hemel, . . . En hy het met `n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon . . . Gaan uit, haar uit, My volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê nie, en dat julle nie van haar plae ontvang nie. Want haar sondes het tot aan die hemel gereik, en . . .[Elohim] het haar ongeregtighede onthou. Vergeld haar soos sy ook julle vergeld het, en verdubbel dit vir haar volgens haar werke. Skink vir haar dubbel in die beker waarin sy geskink het.” (Openbaring 18:1, 2, 4-6, OV)
“Babilon” is `n dikwels gebruikte Skriftuurlike simbool. Baie verskillende verduidelikings van die simbool was gegee. Sommige glo dat Babilon die Rooms Katolieke kerk is. Andere glo dat dit die Verenigde Nasies is terwyl `n ander groep glo dat dit die Verenigde State van Amerika is.
Babilon is dít almal en nog meer. In die Bybel stel “Babilon” `n simbool van verwarring voor, want dit was by die Toring van Babel dat Yahuwah die tale van die rebelse bouers verwar het. In die antieke Akkadies, beteken die woord Babilon (BAB. ILI) “Poort van die gode.”
Babilon is veel groter as `n enkele entiteit. Babilon is “verwarring” en dit is die “Poort van die gode.” Babilon is die simbool van Satan se hele infrastruktuur van misleiding en bedrog. Dit sluit alle dwalinge en alle godsdienstige liggame in wat verweef is met enige graad van dwaal doktrines.
Die hemelse waarskuwing van om uit Babilon te gaan is gelaai met ewige gevolge. In die Bybelse verslag, kom die waarskuwing dat Babilon val, net voor die vernietiging van die hele wêreld in die sewe laaste plae. Almal wie beskut wil wees in daardie dag van wraak moet onder die spesiale beskerming wees van die Allerhoogste. Slegs hulle wie die uitnodiging om uit Babilon te gaan gehoorsaam sal veilig wees in daardie tyd.
![]() |
Almal wie aan die waarskuwing gehoor gee sal deur Yahuwah beskerm word. |
Satan weet dat almal wie gehoor gee aan die waarskuwing om uit Babilon te kom sal wonderbaarlik beskerm en vir ewig veilig wees van sy misleidings. Dus is sy doel om mense te verhoed om die bevel te gehoorsaam om Babilon te verlaat. Hy het dit gedoen deur `n meesterlike misleiding wat menigtes opregte Christene verstrik.
“Die duiwel se grootste verleiding is dat: Die uitnodiging om Babilon te verlaat nie van toepassing is op my nie want ek is nie in Babilon nie!”
Deur mense te lei om die waarskuwing te verwerp omdat dit nie op hulle van toepassing is nie, het Satan menigtes verblind wie anders gered kon gewees het.
Daar is baie verskillende redes waarom die Hemel se genadige waarskuwing geïgnoreer word. Satan slaan verskoning aanmekaar vir elke indiwiduele lewe en vir verskillende omstandighede. Vir sommige is die oproep om Babilon te verlaat verwerp omdat hulle Protestante is. Hulle is nie Katolieke nie, daarom glo hulle dan dat die boodskap nie op hulle van toepassing is nie.
Vir andere is die boodskap verwerp omdat hulle op Saterdag aanbid. Die feit dat hulle nie op Sondag aanbid nie voorsien genoegsame bewys dat hulle nie in Babilon kan wees nie. Daarom is die boodskap nie vir hulle nie.
Satan se misleiding is so suksesvol omdat dit rus op geestelike hoogmoed. Almal wie die uitnodiging verwerp, dring daarop aan dat die boodskap nie op hulle van toepassing is nie omdat hulle nie in Babilon is nie. Elkeen besit `n bietjie waarheid wat hy dink hom voortrefliker as enigiemand anders maak. Die waarheid waarin hy glo, laat hom geestelik oppermagtiger bo ander voel. Daarom is die boodskap nie op hom van toepassing nie.
![]() |
Baie mense verwerp die luide geroep om uit Babilon te vlug want hulle glo nie dat hulle in Babilon is nie. |
Dit is `n diepe geestelike blindheid en is een van Satan se suksesvolste, eind-tyd misleidings. Die laaste generasie is geseën met `n magdom van geestelike waarhede en insig - vér in voorsprong as dit wat enige vorige generasie gehad het. In desperaatheid het Satan hierdie vreeslike seëning verdraai deur denke te lei om te veronderstel dat met al die waarhede waarin hulle glo, daar nie meer enige verdere waarheid nodig is vir verlossing nie. Deur te verseg, word enige toenemende lig outomaties verwerp as `n leuen.
Yahuwah se groot liefdevolle hart het hierdie gevaar vooruit raakgesien vir die finale generasie. Skrifte waarsku dat geestelike hoogmoed en sy gevolglike blindheid die grootste gevaar is wat die finale generasie in die gesig sal staar.
En skryf aan die engel van die ekklesia van die Laodicense . . . Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal ek jou uit my mond spuug. Want jy sê ek is ryk en het verryk geword, en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat jy ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. (Openbaring 3: 14-17, OV)
Dít is die “Laodicense boodskap” waarna hier verwys word. . . Hoe groter die waarheid is waarin jy glo, hoe groter is die gevaar van geestelike hoogmoed en haar meegaande blindheid.
Mense sal selfs openlik erken dat hulle “Laodicente” is . . . wel omdat hulle hierdie woorde gesê het, omdat hulle mondeligs erken het dat hulle “Laodicente” is glo hulle nie langer dat die boodskap op hulle van toepassing is nie. Hulle is trots daarop deur te erken dat hulle nederig genoeg was om te erken dat hulle, hul “Laodicente toestand” erken het en gebruik dit as bewys dat die waarskuwing nie langer op hulle van toepassing is nie. Dus, gaan hulle maar net aan in hul geestelike blindheid, met `n behoefte aan alle dinge, maar sê dat hulle niks nodig het nie.
Dit is `n gevaarlike misleiding en een van Satan se suksesvolste wyses om siele te verstrik. Die enigste hoop wat enigeen het om los te breek van hierdie leuen wat só innemend is aan die sondige natuur, is om deur geloof te aanvaar dat iemand Laodiceaan is omdat die woord van Yahuwah so sê. Net as die boodskap deur geloof aanvaar word dat dit eerlikwaar op jou as indiwidu van toepassing is, kan die goddelike genesing voorsien word.
Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur glouter is, sodat jy kan ryk word ; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf sodat jy kan sien. (Openbaring 3:18, OV)
Die goud wat in die vuur gelouter is, is geloof en liefde: geloof werk deur liefde en reinig die siel. Die wit klere is die geregtigheid van Yahushua, wat deur geloof in Sy bemiddelings verdienste aanvaar word. Die oogsalf, deur geloof aanvaar, is geestelike onderskeiding. Slegs hulle wie die boodskap deur geloof aanvaar, sal in die posisie wees om die genesing te ontvang. Hulle sal dan voorbereid wees om deur geloof die luide geroep om uit Babilon te kom aanvaar as ook op hulle van toepassing.
![]() |
Die waarskuwing om Babilon te verlaat is `n boodskap spesifiek vir Yahuwah se volk. Geen denominasie is kwytgestel nie. |
Laodicente is baie vinnig om die boodskap om Babilon te verlaat van toepassing te maak op andere wie nie kleef aan hulle eie, voorafopgestelde geloofsisteem nie. Dit is die blindheid van geestelike hoogmoed in vertoon. Nogtans gaan die luide geroep om Babilon te verlaat aan Yahuwah se hele volk! Die hemelse uitnodiging gaan aan diegene na wie die Vader met liefde verwys as: “My volk.”
Terwyl almal wie gehoor aan die luide geroep gee, genadiglik aanvaar word, is die boodskap spesifiek bedoel vir Yahuwah se volk! Geen geloofsisteem is kwytgestel nie. Nie een spesifieke denominasie is kwytgestel van die aanklag nie. Almal wie hulself beskou as Yahuwah se kinders moet, daarom, spesiale aandag skenk aan hierdie waarskuwing omdat dit op hulle van toepassing is, ongeag hoeveel waarheid hulle dink hulle het . Elkeen wie deur Yahuwah “My volk” genoem word is by die luide geroep ingesluit om Babilon te verlaat.
Is jy deel van Yahuwah se volk? Jy moet aandag hieraan skenk. Hierdie boodskap is vir jou.
Die Ou Testament brei uit op hierdie waarskuwing vir die laaste generasie:
“Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos `n basuin! En verkondig aan My volk hulle oortredinge en aan die huis van Jakob hulle sondes.” (Jesaja 58:1, OV. klem voorsien)
![]() |
Yahuwah nooi Sy getroue volk om te bekeer van `n sonde waaraan hulle nie eens bewus is nie. |
Weereens, is dit diegene wie Yahuwah liefdevol na verwys as “My volk” wat teen sonde gewaarsku word. Maar nogtans, openbaar die volgende vers dat hulle hul sonde nie sien nie!
“Wel soek hulle My dag vir dag en het `n behae in die kennis van My weë! Soos (asof hulle) `n nasie is wat geregtigheid doen en die reg van sy . . . [Elohim] nie verlaat nie.” (Jesaja 58:2, OV.)
Dit is nie die rebelse wêreldling aan wie die boodskap gegee is nie. Die mense wie gewaarsku word van hulle sonde is die einste groep wie oggendgodsdiens het. Hulle soek Yahuwah daagliks op. Hulle “verbly” hulle om Sy weë te ken. Hoe ongelooflik dit ookal mag voorkom, doen Yahuwah `n oproep tot Sy volk om hulle te bekeer van `n sonde waarvan hulle onbewus is.
Die waarskuwing eindig deur te openbaar watter insetting opgegee was en vra vir `n terugkeer daarna met noukeurige gehoorsaamheid.
“As jy jou voet terughou van die Sabbat – om nie jou sake op My heilige dag te doen nie, en as jy die Sabbat `n verlustiging noem en die heilige dag van (Yahuwah) hooghou; en as jy dit eer om nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek, of ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in . . . (Yahuwah) . . . .( Jesaja 58:13,OV)
Yahuwah belowe dat daar in die laaste dae `n werk van Sabbat hervorming uitgevoer word deur die laaste generasie:
“En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van Gebreekte Mure, Hersteller van Paaie, om Bewoonbaar te Maak. (Jesaja 58:12, OV)
Babilon, as die “Poort van die gode”, behels valse aanbidding: aanbidding van Lucifer, Yahuwah se aards-vyand. Dus, sal die luide geroep om uit Babilon te kom die herstel van ware aanbidding wees.
Die probleem is dat mense wie ten volle versink in Babilon is, onbewus daarvan is en kan dit nie sien nie. Die siekte van geestelike blindheid laat hulle trots voel in die waarheid wat hulle alreeds besit en weier enige bykomende lig as dwaalleer. Sodoende beskou hulle die Hemel se finale waarskuwing as nie op hulle van toepassing nie.
- Babilon is nie net die Verenigde State of die VSA nie.
- Babilon is nie net die paganistiese gelowe van die wêreld nie.
- Babilon is nie net Islam of Judaïsme nie.
- Babilon is nie net die Rooms Katolieke of Ortodokse Kerke nie.
- Babilon is nie net die Sondag-houdende kerke nie.
- Babilon is nie net die Saterdag-houdende kerke nie.
![]() |
Enige mate van dwaalleer hou `n persoon in Babilon. |
Babilon sluit alle georganiseerde godsdienste en denominasies in want alle denominasies van vandag gebruik `n pouslike kalender wat gebasseer is op `npaganistiese kalender vir die vasstelling vir aanbiddingstye: Vrydag, Saterdag, of Sondag. Ongeag van hoeveel waarheid waarop`n denominasie aanspraak maak in sy besit, of die geloofwaardigheid van `n profeet, of die goddelike inspirasie in hul tradisie, sou dít verweef wees met enige mate van leuens, is hulle in Babilon.
Onthou, dat die geroep om uit Babilon te gaan, is aan Yahuwah se volk. As sulks, is hulle nie willens in, maar onbewustelik in die dwaal. Maar die dwalinge wat verweef is in hul geloofs sisteem openbaar dat hulle in Babilon is.
“Of watter ooreenkoms het die tempel van Yahuwah met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende Elohim, soos Yahuwah gespreek het: “Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle Elohim wees, en hulle sal vir my `n volk wees. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af,” spreek Yahuwah; “en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle `n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees,” spreek Yahuwah Elohim. (Sien 2 Korinthiërs 6:16-18.)
Neentig persent waarheid met net 10% leuens, maak nie die leuens minder verkeerd nie. Die waarheid in besit maak die dwaalleer wat daaraan kleef net meer en meer misleidend.
Of jy nou Rooms Katoliek of Orthodoks; maak nie saak of jy Sewende-dag Adventis, Sewende-dag Baptis of Wêreldwye Kerk van God; of jy nou Methodis, Baptis, Presbiteriaan, Lutheraan, Naserener, lid van die Episkopiliaanse kerk of enigiets anders is, as jou denominasie aanbid op Vrydag, Saterdag, of Sondag is, is jy in Babilon en is die waarskuwing vir jou.
Om uit Babilon te gaan is `n lewens-veranderende gebeurtenis. Elke area in jou lewe sal die impak daarvan voel.
![]() |
Wanneer `n mens besluit om Babilon te verlaat, word elke area in sy lewe beïnvloed. |
- Beroeps doelwitte
- Opvoedkundige geleenthede
- Vriendskap en assosiasies
- Kerk verband
- Lewenswyse
- Dieet
- Kleredrag
- Ontspanning
Babilon is Satan se algehele infrastruktuur van leuens, misleidings en wêreldse lokmiddels.
Om uit Babilon te gaan vereis `n algehele losmaking van die wêreld en sy aantreklikhede. Hierdie wêreldse lokmiddels verskil van persoon tot persoon. Vir sommige is dit die lokvalle van wêreldse sukses: respek in hulle verkose beroep; die invloed onder hulle ouderdomsgroep. Vir andere, die omgang met hul kerk familie: die reputasie wat hulle as opregte, openhartige Christene verwerf het, getrou aan die denominasionele geloofsbeleidenis.
Vir andere is dit die liefde vir hul huis, karre, lewensdoelwitte, beroeps geleenthede, lewensstyl, gunsteling tydverdryf, en die strikke van die stadslewe is bande wat nie erken word as stewige ankers aan Babilon nie. Vir almal, kan die opinies van ander die sterkste verbintenis aan Babilon wees. Dit kan die moeilikste band vir almal wees om oor te gee en te sê, “Nie ek nie, maar Yahushua.”
Verhoudings met hulle naastes en geliefdes word onafwendbaar geaffekteer as hulle verkies om in Babilon te bly wanneer jy uitgaan. Maar, om agter te bly sal gevolglik in die verlies van ewige lewe wees. `n Ware verhaal stel hierdie feit grafies voor:
Haar man was `n gasvrye persoon,
daarom het sy gewoond geraak aan die onverwagte gaste vir aandete. Sy het
geleer hoe om vinnig die iets ekstra by te voeg om van `n gewone ete `n gaste
maal te maak. Die twee manne wat hy die vorige nag huis toe gebring het, het
nie ongewoon voorgekom nie. Maar toe het dinge `n eienaardige wending ingeneem.
“Julle moet vannag nog die dorp verlaat.” Het die besoekers bekendgemaak. “Hierdie stad gaan vernietig word.”
Regtig hulle het seker `n grap gemaak! Wie het al ooit gehoor dat `n stad sommer so uit die bloute vernietig sal word? Hulle was nie in oorlog betrokke nie. Boonop was hul dorp nie anders as al die ander omliggende stede nie. Maar die manne was oortuigend. Selfs knaend.
Haar man het oor die straat gehardloop om hul getroude kinders te waarsku van die gevaar. Alleen keer hy terug. Hartseer. Neerslagtig. Niemand het hom geglo nie. Almal het teruggekeer na hul gemaklike beddens, wat lag vir die liggelowigheid van hul goeie ou Pa.
Sy het geweifel. Dinge het te vinnig gebeur. Waarlik, dit alles moet `n fout wees. Waarom moet hulle in die middel van die nag vlug? Hulle kon getrek het, maar dit sal tyd vat om die huis te verkoop; dit sal tyd vat om hervestig te wees, om `n ander plek te vind, op te pak, hul besittings te vervoer. Dit was onmoontlik om net op te staan en te gaan. Dit sal verwag word om alles te laat staan!
Die manne het uitermate dringend geraak. Elkeen het `n hand geneem; hare, haar man s`n, hulle twee dogters s`n. En hulle gesleep tot buite die stad, die manne het geskree, Hardloop vir julle lewens! Maak gou! En moenie omkyk nie.”
Verdwaas, half-ongelooflik,
verward, het hulle begin hardloop. Vinnig! Vinnig! Hou aan hardloop! Moenie
staan nie! Moenie terugkyk nie! Vrees was hul vervolgers.
Toe die dagbreek die ooste begin inkleur, het `n harde donder geklap die vroeë oggend stilte verbreek. Balle van vuur het neergestort uit die hemel op hul huis, haar dorp . . . haar kinders!
Die reaksie was nie beplan nie. Haar kinders, haar kleinkinders was nog steeds daar! Hulle het geweier om te kom toe hul vader hulle gewaarsku het. Hoe kon sy hulle agterlaat?
Sy`t gestop. Sy`t omgedraai! Sy`t in`n soutpilaar verander. Haar kinders was steeds in Sodom. Dit was waar haar hart was, so het Lot se vrou gesterf in die vernietiging wat die stede van die plein getref het, alhoewel sy op `n veilige afstand in die platteland was. (Sien Genesis 19.)
Lot se vrou was waarskynlik nie `n goddelose vrou nie. Sy was `n moeder. Sy het haar kinders liefgehad. Sy het teruggekyk, omdat sy nie haar kinders wou agterlaat nie. In antwoord op die aanhoudende gebed van Abraham (sien Genesis 18:17-33), het die Hemel twee engele gestuur om haar lewe te red en die lewens van almal wie hul boodskap glo. Maar liefde vir haar kinders bo die liefde vir haar Verlosser, was die oorsaak van haar dood met die vernietiging van diegene wie agter gebly het. Sy was nie waardig vir die genadige verlossing wat aangebied was nie.
Adam het geval toe sy liefde vir sy vrou groter was as die liefde vir sy Skepper. Hoeveel maak dieselfde besluit in die tyd waarin ons leef?
![]() |
Niemand hou daarvan om die onderwerp te wees van skinderpraatjies en bespotting nie. |
Om af te skei is om anders te wees. Die meeste mense hou nie daarvan om anders te wees nie. Dit kan baie ongemaklik wees, selfs `n verleentheid. Dit is nie aangenaam om misverstaan te wees, beskinder, en uitgelag te word nie. Baie sal die ewige lewe verloor weens die vrees van bespotting. . . of omdat hul mans of hul kinders die luide geroep om uit Babilon te gaan, verwerp . . . of omdat hul pastore daarop aandring dat die luide geroep nie vir hulle is nie want hulle is nie in Babilon nie.
Elke indiwidu het `n anderste kombinasie van emosionele bande en wêreldse lokmiddels wat hulle forseer om in Babilon te vertoef. Hierdie bande kan ontsaglike druk uitoefen. Satan sal almal wat die oproep aanhoor om uit Babilon te vlug wegredeneer as nie op hulle as indiwidue, van toepassing nie.
Kort voor Sy verraad in Getsémane, het Yahushua beloof dat Hy die Heilige Gees sou stuur.
En as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel : . . .wanneer Hy, die Gees van Waarheid, gekom het, sal Hy julle in alle waarheid lei ; . . . (Johannes 16:8, 13, OV)
Die Heilige Gees sal elke indiwidu oortuig van wat “Babilon” in sy lewe beteken. Hy sal jou oortuig wat dit is wat jou aan Babilon verbonde hou. Dit is van die uiterste belang dat die ingewings van die Gees van Yahuwah onmiddelik gehoorsaam word. Slegs hulle wie lief is vir hul Skepper en Verlosser, meer as enigiets anders sal gewillig wees om alles oor te gee, die kruis van gehoorsaamheid op te neem en die Heiland uit Babilon te volg.
Moeders het hul kinders lief “meer as die lewe self.” Maar almal moet hul Skepper en Heiland liefhê, nie net meer as lewe nie, maar meer as kinders, meer as beroep, meer as gekoesterde drome, en persoonlike doelstellings, meer as portuurgroeps invloed, reputasie of selfs jou huweliksmaat.
Yahushua Self het die koste van verlossing duidelik uitgespel:
Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. (Mattheus 10: 37, 38, OV)
Gehoorsaamheid aan die luide geroep om Babilon te verlaat maak aanspraak op erkenning van geestelike blindheid van die verlede. Dit is verootmoedigend. Om Babilon te verlaat vereis `n gewilligheid om die waarheid te volg ongeag die koste daaraan verbonde.
Sal jy gehoor gee aan die waarskuwing? As jy nie `n sterk genoeg geloof het om alleen te staan nie, as jy nie genoeg liefde vir die waarheid het nie, of die waagmoed het om van Babilon te skei nie, vra daarna! Alles wat jy vir verlossing nodig het, is belowe dat dit beskikbaar sal wees op versoek. “Alle dinge is moontlik vir die een wat glo.” (Markus 9:23, OV)
Sal jy jou kruis opneem en jou Heiland volg.
Sal jy uit Babilon kom?