Openbaring 17: Die Profesie van die Sewe Konings – die 8ste Koning Geïdentifiseer!
Ons lewe nou onder die regering van die 8ste “koning” die laaste Pous.
Ons wens is graag
om met julle te deel in alle nederigheid en erns oor die belangrike vervulling
van die opkoms van die 8ste "koning,"
en die laaste
pous, en waarom dit die 8ste
Pous Franciskus is, en dit nie JPII is, soos ons voorheen gedink het, en
hoe ons gewankel oor ons aanvanklike begrip van Openbaring 17. Dit is ons
gebed, hier by WLC, dat die ware waarheid soekers ons sal vergewe vir hierdie
fout, soos ons die belofte hernu aan Yahuwah dat ons nooit ooit deur Sy genade
sal bly kleef aan 'n foutiewe saak wat ook al, en dat ons daarna streef om onberispelik
voor Hom te wees, en met geen bedrog in enige van ons leerstellings. Sy woord
stel nooit teleur, en is dit onfeilbaar, alhoewel ons uitleg verkeerd mag wees,
omdat ons maar menslik is. Alhoewel, diegene wat ywerig Sy woord ondersoek onder die leiding van Sy Gees
gelei sal word in die opregte manier vir die verstaan van Sy profetiese Woord,
op Sy aangewese tyd.
Ons begin hierdie kort studie en deel graag die redes waarom ons glo dat Benedictus XVI was inderdaad die 7de koning van Openbaring 17:
1. Die 7 konings van Openbaring kan daar ook na hulle verwys word as koninkryke of konings. Daar is geen derde moontlikheid vir iets anders. Die konteks van Openbaring 17, gaan alles oor die Kerk van Rome. Om die "konings" van Openbaring 17 van toepassing te maak op hierdie koninkryke sou 'n flagrante skending van die konteks wees, maar selfs as ons dit van toepassing maak op die konings van hierdie koninkryke, is daar geen verbintenisse met die koninkryke wat moontlik in harmonie sal wees met die beskrywing wat gegee word, en van die konings, en veral as dit van toepassing is op die regering van die 7de koning, wat voorspel was, wat van korte duur sal te wees. Daar is geen koninkryk vandag wat sou pas by die korte duur beskrywing, en wat sou val, voor die aanvang van die regering van die 8ste..
2. Die "woestyn" verband (vers 3) vereis dat ons die aandag fokus op die tyd toe die Pousdom inderdaad in sy "woestyn" ervaring was. Dit het plaasgevind toe die Pousdom ʼn dodelike wond gedurende 1798 toegedien is, en Pous Pius VI verban en in gevangeskap weggevoer is na Valence. Frankryk. Gedurende 1929, was die pousdom tevrede om die pousdom te gerelegeer tot net as blote konings oor 'n land massa van net sowat as 30 hektaar in Rome. (Tot en met 1860, het die pouslike state alleenlik oor 1/3 van Italië geheers.) Die tel van die 7 konings begin dus vanaf Pius XI.
3. Die gevolglike orde van die pouse vanaf Pius XI tot met Benedictus XVI, en pas dit perfek in met die profetiese beskrywing van Openbaring 17, en deur twee maniere: die regering van die 6de koning / pous, en die regering van die 7de koning / pous. In die vorige gedeelte, is dit bevestig toe die engel aan Johannes dit bevestig het dat die regering van die 6de Koning (JPII), die langste sal regeer onder die 7 konings en is hy die pous wat die langste onthou sal word deur almal aan die einde van die tyd, die laaste geslag. Die gevolglike orde was ook verstommend, en is dit bevestig is deur die ongekende en skielike bedanking van Benedictus XVI, en wat die wêreld daardeur geskok het, en die Katolieke Kerk geskud. het.
As die 7de Koning inderdaad Benediktus XVI was, dan sal die Pous wat na hom volg, die 8ste wees. Openbaring 17 laat nie toe dat daar ʼn gaping is van die oorgang van die 7de na die 8ste. Waarom het JPII nie te voorskyn gekom net na die einde van Benedictus XVI se regering. Het ons hier by WLC fouteer in die identifisering van die identiteit van die 8ste? Ons het inderdaad fouteer, en vir hierdie onbedoelde blaps, soek ons in alle nederigheid vergiffenis van Yahuwah, ons Hemelse Vader, en van ons Verlosser Yahushua. Ons vra ook vergiffenis van elke student van Bybelse profesieë, wat saamgestem het met ons in die ooreenkoms van die persoon van JPII om die 8ste "koning” te wees.
Hoe het ons fouteer om te dink dat die 8ste koning/pous verpersoonlik is deur JPII? Hier volg ons verduideliking:
Die “afgrond” is dit deeglik vasgestel in die Bybel as die blyplek van die duiwels. As gevolg dat die 8ste koning/pous uit die “afgrond” sou verrys het, het ons verkeerdelik aangeneem dat hy een van Satan se gevalle engele sal wees, in die verpersoonliking van een van die 7 vorige pouse. Sodoende het ons gekom by hierdie die frase: “En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe.” (vers11.) Van die 7 konings staan JPII uit as die mees belangrike en bekende aan die geslag van die eindtyd. Sodoende, was dit natuurlik om aan te neem as 8ste/pous ʼn duiwel was, sou hy dan verpersoonlik gewees het in JPII. Die begrip van die “afgrond,” en alhoewel dit ook kan voorstel dat die 8ste koning/pous ten volle onder die beheer en die leiding van Satan en sy gevalle engele sal wees, tot so ʼn mate wat nie gesien is in die vorige 7 pouse. Dit blyk nou te wees die regte verklaring van die afgrond volgens Openbaring 17.
Deur die goddelike wenk "en die een is" (vers. 10), lees ons ook daarin meer as wat dit bedoel. Toe aan Johannes die visioen getoon is, was hy geneem na die tydperk van JPII. Dit was dan natuurlik dat Johannes geneem is na die tydperk van die belangrikste van die 7 konings. Deur Johannes te neem na die regering van die 6de, bevestig dit meer en deels dat die 7 konings inderdaad 7 pouse is, en die 6de was gekies omdat sy regering die langste was, die mees onderskeidende een van die 7 pouse, en ook die belangrikste, omdat hy die hoogste geag is, en onthou is as die geliefde pous van ons tyd.
“Die dier wat daar was [tot1798], en wat nie is nie gedurende die tyd van die 6de koning, is steeds die dier van die verre toekoms van tyd] en wat was en nie is nie, is self ook die agste [ maar gedurende die regering van die 8ste, sal die dierlike mag ten volle herstel word aan die Pousdom], en hy behoort by die sewe, [ die 8ste, hoewel dit nou ʼn dier van mag is, en is nog ʼn koning soos die vorige 7 gevalle konings, [en gaan na die verderf, die agste sal nie bly heers, en sal geweldadig vernietig en gestraf word deur die tien konings, wanneer hulle te laat besef die bose natuur van die dier.(vers11 en 12).
Watter gebeurtenis
sal die beste Satan se misleidende plan dien vir die finale krisis: as om JP II
voor te stel as die 8ste koning/pous (soos wat ons vantevore geglo het}, of vir
Franciskus I? Ons is oortuig daarvan sonder enige druppel van twyfel dat die
8ste as Francis I Satan dien, die meester misleier, en beantwoord hy baie beter
daaraan vir die volgende redes:
1.Terwyl studente van die profesieë ywerig gewag het vir die verskyning van JP II, het Satan skelm die 8ste/pous sonder enige ophef, en ten midde van wêreldwye aanvaarding voorgestel. Baie van ons wat ons hoop gevestig het op die verpersoonliking van JP II was grootliks teleurgestel dat ons verwagtinge nie realiseer het, en sommige het [jammerlik] en liewer opgegee het, om Bybelse profesieë te bestudeer. Ons maak ʼn oproep aan diegene wat in die versoeking gebring word om nie hulle geloof in die Bybel profesieë te versaak, en om nie Satan die geleentheid te gee om te oorwin.
2. Die verpersoonliking van JP II sou die waarheid die soort van akkreditasie gegee het wat Satan die meeste vrees. So, was dit dan nodig vir Satan om 'n plan te bedink vir die bekendstelling van die 8ste koning / pous wat sal help as die rede vir Yahuwah se volgelinge, en wat baie daartoe sal lei tot ontmoediging wanneer hul verwagtinge van die verpersoonliking JPII nie raliseer, en waaraan daar nie voldoen is. Hierdie ontmoediging is ʼn oorwinning vir Satan, en is hy verseker dat die verskyning van die 8ste koning/pous ʼn bron van ontmoediging sal wees vir baie van Yahuwah se volgelinge.
3.Deur nie een van sy gevalle engele te stuur om JP II te verpersoonlik op daardie stadium, het Satan geslaag om ʼn nodelose stryd te vermy met daardie Christene wat die verskyning van JP II, en die valse opstanding verwerp, en die wêreld is herinner dat die dooies, dood sal bly tot op die opstanding, en die verskyning van ʼn dooie is inderdaad ʼn demoniese handeling. Sulke weerstand van sommige van die ingeligte Christene sal dit ʼn nodelose afleiding veroorsaak het vir Satan en sou dit op die minste, die agenda van Satan ondermyn wat hy opgestel vir die 8ste koning/pous wat hy moet bereik in die relatiewe kort tydperk tot sy beskikking. Dit is nie nodig om in spanning te verkeer, want dit is baie duidelik dat verpersoonlikings sal plaasvind en die moontlikheid is daar dat dit in die persoon van JP II sal wees, asook verskeie Bybel karakters met die klimaks van die verpersoonliking van Yahushua – na die Eerste Wee wanneer die wêreld mislei sal word om te glo dat dit die 8ste koning/pous wat daarin kon slaag om die demoniese vreemdelinge inval te beëindig. Na hierdie mylpaal sal die wêreld breinspoel wees om alles te glo wat gesê word deur die 8ste koning/pous – Franciskus I.
4. Satan het voorsien aan die ekonomiese depressie wat die wêreld sal omhul in die finale stryd net voor die Wederkoms van Yahushua, en wat die sneller sal wees van die vernietigende magte wat losgelaat sal word op ons planeet. Sodoende het hy beplan dat die 8ste koning/pous, iemand sou wees wat 'n benydenswaardige en geloofwaardigheid gevestig het, met die armes in sy moeder land. Bewapen met hierdie geloofwaardigheid, sal die 8ste koning/ pous hierdie voordeel uitbuit om die menigte armes van die wêreld nader te trek vir sy ondersteuning, en om die armes in beweging te bring om druk op die politici uit te oefen, vir die wêreld om die tipes van wetgewings en verordeninge aan te neem wat ernstige godsdiensvryheid sal beperk vandag, en wat in verskeie lande geniet word. Soos die getalle van die armes toeneem in die wêreld, as gevolg van die gedurige verswakking van die wêreldwye omstandighede, sal die armes ʼn magtige, vernietigende en dreigende werktuig wees in die hande van die 8ste koning/pous teen wêreldleiers.
5. Wie kan meer skade
en marteling veroorsaak as ʼn Jesuïete Pous? Pous Franciskus I, is so ʼn pous en
die eerste in die geskiedenis van die Roomse Katolieke
Kerk wat ʼn Jesuïet is. Satan
die het 8ste koning/pous gereedgemaak vir baie dekades, en hy kon geen beter
kandidaat vind vir hierdie rol vir die 8ste koning as ʼn Jesuïete pous. Dit is
nie vir ons ʼn verrassing om ons te verbeel hoeveel, en waarom ontelbare
gelowiges gemartel sal word in die
komende jare op aandrang van die 8ste koning!
6. Die regering van die 8ste koning/pous sluit in ten minste 3½ jaar, en gedurende waarin Yahuwah se getroue volgelinge sal profeteer en met sakke bekleed sal wees. (Openbaring 11 vers 3.) Voeg 3½ jaar tot die tyd wat dit sal duur vir Yahuwah se engele vir die aanhef van die eerste 4 basuine (Openbaring 8), plus die 5de trompet wat 5 maande lank sal duur (Openbaring 9 verse 1 tot 5). Sodoende kan ons tot die gevolgtrekking kom dat die regering van die 8ste koning/pous, sal moontlik self korter wees as die regering van die 7de koning/pous. Dus, is die huidige ouderdom van die 8ste koning/pous geen struikelblok, en gegee dat hy 76 jaar oud is. Die 8ste verlustig hom alreeds daarin dat sy ouderdom ʼn groot plus is, en dat dit verteenwoordig die versameling van kennis en wysheid. Ongeag hoe lank Franciskus I sal regeer, is dit verseker dat hy die laaste pous is, voor die spoedige aanbreek van die Tweede Adventstyd van ons Meester en Verlosser, Yahushua die Geslafde.
![]() |
Pope Francis I © REUTERS/ Max Rossi |