Ter Dood Veroordeelde : Yahushua Voorspel die Finale Pous!
Yahushua
Voorspel die Finale Pous!
Nuus Aankondiging!! Nuwe Skriftuurlike bevestiging dat Pous Francis inderdaad die agste en finale pous is, is te vinde in die woorde van Yahushua! Hou aan lees en ontdek die verstommende bewyse te vinde in die Bybel. |
“Stop!”
“Kyk uit!”
“Pasop”
Liefdevolle ouers waarsku hul kinders
wanneer gevaar dreig sodat die kind op sy hoede sal wees. Wanneeer `n
waarskuwing gegee word, is `n persoon versigtiger en neem hy voorsorg. Yahuwah
het ook waarskuwings aan Sy kinders gegee omdat Hy hulle wil red. “Yahuwah . .
. wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet
kom. Maar die dag van Yahuwah sal kom soos `n dief in die nag.” (2 Petrus 3:9-10)
Yahuwah, as almal se goddelike Vader, wil hê dat Sy kinders hulle voorberei vir die slottonele van die aarde se geskiedenis. Hy het die dekmantel oor die toekoms teruggetrek sodat gelowiges gewaarsku kan word oor dit wat gaan gebeur. Profesie is die Vader se liefdesgeskenk om die opregtes vir die laaste dae voor te berei. “Want Yahuwah Eloah doen niks tensy Hy Sy raadsbesluit aan Sy knegte, die profete openbaar het nie.” (Amos 3:7)
`n Paar dae voor Yahushua se dood, het Hy op die Olyfberg gesit toe Petrus en Andreas , Jakobus en Johannes `n private onderhoud met Hom gehad het en wou weet: “Wat is die teken van U koms en van die voleinding van die wêreld.” (Matthéüs 24: 3) Die dissipels was geleer dat die tempel sou bestaan tot die einde van die wêreld. Dus sou die vernietiging van die tempel nie plaasvind voordat Yahushua terugkeer aan die einde van die wêreld nie.
[Yahushua] het nie Sy dissipels geantwoord deur die vernietiging van Jerusalem en die groot dag van Sy koms as aparte gebeurtenisse op te neem nie. Hy het die beskrywing van hierdie twee gebeurtenisse met mekaar verweef. Sou Hy toekomstige gebeure aan Sy dissipels bekendgemaak het soos Hy dit sien, sou hulle nie die toneel kon aanskou nie. In genadevir hulle het Hy hierdiebeskrywing van die twee groot krisisse verenig, sodat Sy dissipels die betekenis daarvan vir hulleself mag ondersoek. Toe Hy verwys na die vernietiging van Jerusalem, het Sy profetiese woorde verby daardie finale verwoestende brand gereik tot in daardie dag wanneer [Yahuwah] uit Sy plek sal opstaan om die wêreld te straf vir hul ongeregtigheid, wanneer die aarde nie meer haar gesneuweldes sal bedek nie, Hierdie hele onderhoud was gegee, nie net vir die dissipels alleen nie, maar vir hulle wie sou lewe in die die slot tonele van die aarde se geskiedenis.1
Hierdie profesie wat bevat is in Matthéüs 24 is van groot belang en uiterste noodsaaklikheid vir diegene wie lewe in die aarde se finale dae. Dit bevat waarskuwings wat nie in die ander profetiese boeke van die Bybel te vinde is nie wat meer van toepassing is spesifieks op die nasie van Israel. Saam met Matthéüs 24 (en die ooreenstemmende geskrifte in Markus 13 en Lukas 21), is die hele boek van Openbaring en sekere Ou Testamentiese profesies om die opregtes vir die einde van tyd voor te berei.
Een profesie van besonderse belang aan die finale generasie is te vinde in Openbaring 17:
En hulle is sewe konings: vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy `n kort tydjie bly.
En die die dier wat was en nie is nie, is self ook die agste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf.
En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur met die dier.
Hulle het een gesindheid en sal hulle mag oorgee aan die dier.
Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin - want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings – en die wat saammet Hom is, geroepe en uitverkore en getrou. (Openbaring 17: 10-14 OV)
WLK het lank reeds al verkondig dat die konings van Openbaring 17 die laaste pouse is wat sal regeer vanaf die pouslike troon. Die eerste pous was Pous Pius XI (1922-1929). Met die Lateraanse Verdrag wat die Vatikaan Stad aan die pousdom gegee het, was hy die eerste koning. Benedickt XVI (2005-2013) was die sewende “koning.” Pous Francis, is dus, die agste en finale pous voor die Tweede Koms van Yahushua.
WLK het hierdie interpretasie vir jare luidkeels verkondig, wat daarop uit is om die wêreld te waarsku van die dreigende wederkoms van Yahushua en die einde van die wêreld. Nou, is nuwe bewyse ter stawing van hierdie Skriftelike leerstelling ontdek.
Versteek te midde van Yahushua se waarskuwing in Matthéüs 24 is een spesifieke vers wat blyk om hierdie insig van Openbaring 17 te bevestig. Voorheen was dit net misgekyk, nie verstaan in sy volle hoedanigheid of sy tydgebondenheid nie. Nou het die Hemel die ware betekenis van hierdie teks aan die laaste generasie bekend gemaak.
As iemand dán vir julle sê: Kyk hier is die Christus! of: Daar! – moet dit nie glo nie.
Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was ook die uitverkorenes te mislei.
Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.
As hulle dan vir julle sê: Kyk Hy is in die woestyn – moenie uitgaan nie; Kyk, Hy is in die binnekamer – moet dit nie glo nie.
Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot die weste skyn, so sal die koms van die Seun van die mens wees.
Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom. (Matthéüs 24: 23-28, OV.)
Die woord “karkas” is ontleen van die woord ptoma.Dit beteken “`n lewelose liggaam” (lyk, aas): -- dooie liggaam”2 Dit beteken letterlik, “`n gevalle. . . dus, dit wat gesneuwel het, `n lyk.’ ”3
Nes enige Christen weet, is daar meer as een betekenis van “val.” Daar is letterlik om neer te slaan soos wanneer `n persoon struikel oor sy eie voete. Maar daar is ook `n morele val, soos toe Adam en Eva gesondig het en hul trou van hul Skepper gedraai het. Dit is interressant dat hierdie betekenis opgesluit sal wees in die woord “lyk” omdat daar vir seker `n morele val betrokke is wat hierdie vers sy uitnemendheid gee.
![]() |
Wanneer `n priester by die Jesuïete orde aansluit, neem hy die Uiterste Eed van Inwyding. Nadat die eed herhaal is, vra die owerste`n reeks vrae, wat die nuwe ingelyfde, moet beantwoord.
Vraag: “Het jy `n eed geneem?”
Antwoord: Ek het, om ketters en hul regerings en regeerders uit te wis, en om nóg ouderdom, geslag óf toestand te verskoon. Om soos `n lyk te wees sonder enige opinie of wil van my eie, maar om die Owerstes onvoorwaardelik in alle dinge te gehoorsaam sonder versuim of murmerering.”
Die uiterste onderwerping van die menslike wil aan iemand se meerdere is wat die Jesuïete orde uitsonderlik maak. Dit word opgesom in die Latynse frase, Perinde ac Cadaver wat beteken: “soos `n lyk aan die wil van die Pous.” Jesuïete, is soos `n lyk, volgens hul eie vry-uitgespreekte eed, beheer deur die wil van `n ander. WLK glo dat dit bevestig dat Francis, die agste en finale pous van profesie, die lyk is waarvan verwys word in Matthéüs 24.
Maart 13, 2013, was `n veelseggende datum. Jorge Mario Bergoglio was as die twee- honderd- en- ses- en- sestigste pous, Francis I, ingesweer. Dit was die eerste keer in die geskiedenis van die Jesuïete orde dat `n Jesuïet as pous aangestel is! Histories was die Rooms Katolieke hierargie altyd maar sku teenoor die Jesuïete orde, die grootste orde in Katolisisme met meer as 19,000 lede. “Die Jesuïete was altyd maar `n magtige priesters orde. Dit het daartoe gelei dat die res van die kerk maar altyd versigtig vir hulle was en op `n stadium tot die uiterste gegaan om hulle te ontbind.”4 Die feit dat die agste pous van profesie uit hierdie orde kom, moet nie oor die hoof gesien word nie deur enige student van profesie nie.
WLK sien in `n dieper insig van die profesie van Matthéüs 24 `n goddelike leidraad ter bevestiging van die oortuiging dat Pous Francis inderdaad die laaste pous is voor Yahushua se wederkoms: “Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.” (Matthéüs 24: 28)
Simbole word dikwels in die Skrifte gebruik omdat hulle vele lae van betekenisse het. Maar om insig te hê in simbole is dit noodsaaklik om dit eerstens te identifiseer.
![]() |
“Want oral waar die dooie liggaam lê daar sal die aasvoëls saamkom.” (Matthéüs 24:28) (Welwillendheid van die beelde.nationalgeographic.com.) |
Die teks verwys na “aasvoëls/arende.” Arende is aasvreters. Hulle word in die Bybel gelys as onrein. Anders as anders voëls wat lewe van graan en vrugte, verorber arende dooie verrottende vleis. Arende was ook as die simbool van Rome gebruik. In die slothoofstukke van Deuteronómium het Yahuwah die Israeliete deur Moses gewaarsku wat die lot van die volk sal wees as hulle hul rug op Hom sou keer.
“Deur die Gees van Inspirasie, en deur met die eeue heen te kyk, het Moses die verskriklike tonele van Israel se finale omverwerping as `n nasie uitgebeeld, en die vernietiging van Jerusalem deur die magte van Rome: ‘[Yahuwah] sal teen jou `n nasie bring van ver, van die einde van die aarde af, soos `n arend vlieg- `n nasie wie se taal jy nie verstaan nie, `n nasie hard van aangesig, wat `n grysaard nie ontsien nie en vir `n seun geen genade het nie.’ [Deuteronómium 28: 49] Die totale verwoesting van die land en die afskuwelike lyding van die volk tydens die beleg van Jerusalem onder Titus eeue later, was duidelik uitgebeeld.”5
Hier word die magte van Rome uitgebeeld as arende. Dit is `n gepaste simbool omdat arende die embleem van paganistiese Rome was.
Maar nes Yahushua die beskrywing van die val van Jerusalem verweef het met die einde van die wêreld, is daar `n tweede toepassing vir die “arende” in Matthéüs 24: 28. Die nasionale embleem vir die wêreld se enigste oorblywende “super moontheid” (die Verenigde State) is niks anders as `n arend nie.
Die embleem van paganistiese Rome was `n arend. Hierdie besonderse paganistiese embleem was later aangeneem deur die Nazi regime in hul poging om `n derde Romeinse ryk te stig, of Derde Reich. (Welwillendheid van beeld deur galleryhip.com.) |
Jerusalem was in 70 n.C vernietig deur die arende van Rome. Vandag staar die wêreld ongekende gevaar in die gesig namate die arend van die Verenigde State onderdrukkende mag uitoefen oor die ganse wêreld, deur almal te dwing om sy wil te doen of om sy militêre mag oor hulle te sien neerkom. Met `n Jesuïte pous wat die septer swaai, kan dit maar net `n kort tydjie wees voordat die Amerikaanse arend die pouslike sabbat (Sondag) sal afdwing ter vervulling van profesie:
En ek het uit die aarde `n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos `n lam en het gepraat soos `n draak.
En dit is hom gegee om `n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.
En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe `n merk op hul regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;
Sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van die dier het. (Openbaring 13: 11, 15-17 OV)
Wanneer pous Francis, die geskiedenis se laaste pous, die wêreldse toneel betree as die agste koning, sal hy alle wêreldleiers onder sy invloed en beheer bring. In die Skrifte is “horings” `n simbool van van mag en die nommer tien is simbolies van globale totaliteit.
En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag een uur lank saam met die dier
Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.
Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin – want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings. (Openbaring 17: 12-14 OV)
![]() |
Die onderskeidende oog kan die ooreenkomste tussen die paganistiese Romeinse embleem en die nasionale embleem van die Verenigde State van Amerika raaksien en vir `n goeie rede: is albei vervolgende magte. |
Pous Francis, die kadawer van Matthéüs 24: 28, sal alle arende lok na hom onder aandrang van die hoof arend, die Verenigde State. Net soos die arende van nature aangetrek word na `n lyk, so sal die wêreldleiers hul mag en gesag aan die pous oorgee. Namate die globale resessie vererger, tot in `n globale depressie, sal mense oor die wêreld heen vir antwoorde soek, en na die pous draai om hul leier te wees.
Met die agste en laaste pous wat tans sit op die “troon van St. Petrus,” woorde wat meer as `n eeu gelede neergeskryf was, het nou spesiale betekenis: “Die agente van die bose is besig om hul magte te verenig en te versterk. Hulle is besig om mag op te bou vir die laaste groot krisis. Ontsagtlike veranderinge sal spoedig in ons wêreld plaasvind, en die finale bewegings sal vinniges wees.”6 Hedendaagse wêreld gebeure verklaar dat die Wederkoms naby is, selfs voor die deur. Die lang verwagte verpligting van Sondag sal binnekort oor die wêreld uitbreek en vervolging sal neerkom op almal wie weier om daarmee saam te gaan.
Die tyd is nie meer vér toe, nes die vroeë dissipels, ons geforseer sal word om `n heenkome te soek in die verlate en eensame plekke nie. Nes die beleg van Jerusalem deur die Romeinse magte `n teken vir die Joodse Christene was om te vlug, so sal die aanvaarding van mag aan die kant van ons nasie , (Amerika) in die wetgewing om die pouslike sabbat af te dwing, `n waarskuwing aan ons wees. Dit sal dan die tyd wees om die groot stede te verlaat, ter voorbereiding om die kleineres te laat staan vir afgeleë wonings in eensame plekke in die berge.7
Profesie word verstaan slegs in die tyd van sy vervulling. WLK loof die hemele vir die insig in hierdie profesie nou in die einste gespesifiseerde tyd. Hierdie voorheen onverstaanbare vers bevestig die identifikasie van Pous Francis as die geprofeteerde agste pous van Openbaring 17.
Die waarheid sal met heerlikheid triomfeer. Die leërs van die Hemel sal oorwin oor die magte van duisternis. Baie vroeë Christene het hul lewens neergelê in die verkondiging van die Evangelie, maar hul bloed was saad om `n oorvloedige oes in hierdie laaste dae in te bring.

Te vergeefs was Satan se pogings om die kerk van Christus deur geweld te vernietig. Die groot stryd waarin die dissipels van [Yahushua] hul lewens opgeoffer het, het nie opgehou toe die getroue vaandeldraers op hul poste geval het nie. Deur hulle neerlaag het hulle oorwin. [Yahuwah] se werkers is om die lewe gebring, maar Sy werk het steeds voortgegaan. Die evangelie het steeds uitgebrei en die getal gelowiges het vermeerder. Dit het ingang gevind in gebiede wat selfs onbegaanbaar was vir die arende van Rome.8
Nou in die
slottonele van die aardgeskiedenis, sal Yahuwah se volk weereens seëvier. Die
waarheid sal triomfantelik staan, onbuigsaam en lojaal, wat onverskrokke die
godsdienstige arend van Rome en die militêre arend van die Verenigde State sal teenstaan.
1 Ellen G. White, Desire of Ages, bl. 628, klem verskaf.
2 Ptoma, #4430, The New Strong`s Expanded Dictionary of Bible Words, bl. 1348.
3 Ibidem
4 http://papafrancis.net/2013/03/why-there-hasnt-been-a-jesuit-pope-before-francis-l/
5 Ellen G. White, Patriarge en Profete, bl. 467.
6 Ellen G. White, Testimonies for the Church, Vol. 9, bl. 11
7 Ellen G. White, Testimonies for the Church, Vol. 5, bl. 464-465.
8 Ellen G. White, The Great Controversy, bl. 41.