Die Boek van Openbaring is een van die meeste bespreekte en gedebatteerde boeke deur studente van die Bybel sowel wêreldlike geestelikes. In die inhoud van die Boek is daar opgeteken van die mees goddelike waarskuwings en skerp profesieë denkbaar.
.......“Salig is hy wat die profesieë van hierdie boek bewaar.” (Openbaring 22 vers 7)
Vir eeue, het die mens voortdurend gespekuleer oor die identiteit van “die dier” Alhoewel die Bybel, dit self verduidelik. Die vergelyking van die Skrif met die Skrif, en toelaat dat die Bybel homself verduidelik om die identiteit van die dier te identifiseer, word dit onweerlegbaar duidelik
Let wel: ʼn “Dier” in Bybelse profesie verteenwoordig “ ʼn koninkryk.” (Daniel 7 vers 23)
Die Dier van die See, (Openbaring 13) is onverbiddelik verbind tot die ander simbole wat deur die Skrif gebruik word, en hulle almal verteenwoordig dieselfde mag en dieselfde koninkryk.
- Die Hoer wat op die die Sewe – Koppige Dier sit. (Openbaring 17)
- Die Klein Horinkie (Daniel 7)
15 Identifiserings Karaktereienskappe van “die Dier” van mag:
(1)........ is tweeledig en is beide ʼn Kerk en ʼn Stad.
"En die vrou [hoer] wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.” ( Openbaring 17 vers18)
Let wel: ʼn ” Vrou” in profetiese beskrywing = ʼn kerk (
Jeremiah 6 vers 2)
ʼn Ontroue vrou [hoer], = daarom ʼn
ontroue kerk/afvallige kerk.
(2) .......en sit op Sewe Berge.
“Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit.” (Openbaring 17 vers 19)
(3) ...... die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels.
“En die vrou [kerk] was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, .......”(Openbaring 17 vers 4)
(4)........verkry mag oor Al die inwoners van die aarde.
“......en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.” (Openbaring 13 vers 7)
(5)......verrys uit ʼn digbewoonde gebied met kultuur verskille.
“En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.”( Openbaring 17 vers 15)
(6).......wis drie koninkryke uit met sy herrysenis tot mag.
“Terwyl ek op die horings [koninkryke] ag gee, kom daar ʼn ander horinkie [koninkkryk} tussen hulle op, en drie van die vorige horings [koninkryke] is daarvoor ontwortel;” (Daniel 7 vers 8)
Let wel: ʼn “Horing” in profetiese beskrywing = is ʼn koning / koninkryk (Daniel 8 verse 21 tot 22)
(7) .......Verklaar oorlog teen die Heiliges.
“En ek het die vrou [hoer] gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Yahushua,” (Openbaring 17 vers 6)
(8)...... is ʼn Enkele Mens wat handel en praat namens almal.
“...... in hierdie horing [Koninkryk] was oë soos mens-oë, en ʼn mond wat groot dinge spreek. (Daniel 7 vers 8)
(9) Die heerser van hierdie koninkryk verhef homself so hoog as Yahuwah.
“Laat niemand julle op enige manier mislei nie,....en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat Eloah (God) genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van Eloah as Eloah sal sit en voorgee dat hy Eloah is”. (Lees 2 Tessalonisense 2 vers 3 tot 4 )
(10) Die heerser van hierdie koninkryk word geïdentifiseer met die nommer “666.”
“Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ʼn mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.” (666) (Openbaring 13 vers18)
(11)..... spreek groot woorde en godlasteringe.
“En ʼn mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek......” (Openbaring 13 vers 5)
(12)....probeer om Yahuwah se Wet en Kalender te verander.
“Hy.... en hy sal probeer om tye [kalender] en wet te verander,” Daniel 7 vers 25
(13) ....regeer as hoogste gesag vir 1,260 jaar.
“.... en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.” (Openbaring 13 vers 5)
Let wel: Een dag in profetiese beskrywing = Is letterlik een jaar (Esegiël 4 vers 6)
- Die maanjaar = 354 dae;
Die sonjaar = 365 dae
Die gemiddelde Maan – Son jaar = 360 dae
- 42 Maande = 3½ jaar = 1,260 dae
- 1,260 profetiese dae = 1,260 jaar
(14)..... se mag was ontneem deur ʼn burgerlike mag en in “gevangenis” geneem.
“As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word......” (Openbaring 13 vers 10)
Let wel : “ Die swaard” verwys na ʼn burgerlike owerheid. ( Lees Romeine 13 vers 1 en 4 )
(15).... was ʼn dodelike wond toegedien maar herstel volkome.
“En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.” (Openbaring 13 vers 3)
Daar is net een mag in die ganse geskiedenis wat aan hierdie profetiese beskrywing beantwoord....
Die Roomse Katolieke Kerk! Kom ons Hersien.
Die Roomse Katolieke Kerk...
(1)….. is beide ʼn Kerk en Stad. (Openbaring 17 vers 18)
Die Roomse katolieke Kerk en die Roomse Vatikaanstad is sinoniem met mekaar. Die Lateraan Verdrag (Mussolini en Pous Pius XI, 1929) gee aan die Vatikaan Stad ʼn “onafhanklike status” en erken die soewereiniteit van die Pous binne die stad.
“Die ooreenkoms voorsien en sluit ook in vir die erkenning as ʼn politieke moondheid wat die skep van die Vatikaan Stad as ʼn staat waarborg vir sy Heilige. Lees die volle onafhanklikheid en soewereiniteit.” (Encarta Reference Library,2004)
(2)…..en sit op Sewe Heuwels. (Openbaring 17 vers 9)
Rome: “Die Stad van Sewe Heuwels”
- Die Palatine
- Die Capitoline
- Die Aventine
- Die Caelian
- Die Esquiline
- Die Viminal
- Die Quirinal
“Die historiese terrein van Rome op die bekende sewe heuwels… was al reeds bewoon gedurende die Brons Tydperk” (Encyclopedia Britannica, 1990, Vol. 10 p. 162)
(3)...... is bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels. ( Openbaring 17 vers 4)
“Die kleur van die kleredrag vir Biskoppe en ander kerkvoogdes is pers en helderrooi vir Kardinale… Die borskruis word gemaak van goud en …. versier met edelstene …” (Our Sunday Visitor`s Catholic Encyclopedia,1091,p.175,178,466)

Let wel: Daar was vier kleure gegee vir die kleredrag deur Yahuwah wat deur Hoë Priester gedra moes word nl.: goud, blou, pers en helderrooi. (Eksodus 28 verse 1 tot 6)
Watter kleur is die ontbrekende kleur van die Katolieke Kerk? Blou.
“En die Yahuwah het met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle, hulle moet vir hulle klossies maak aan die hoeke van hul klere, in hulle geslagte, en aan die hoekklossies ‘n draad van BLOU stof vasbind. En dit sal julle as klossies dien: as julle dit sien, moet julle aan al die gebooie van Yahuwah dink, dat julle dit doen en nie jul hart en jul oë navolg waar julle agter aan hoereer nie, sodat julle aan al my gebooie mag dink en dit doen, en aan julle Eloah heilig mag wees.” ( Lees Numeri 15 verse 37 tot 40 )
(4) …..en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. ( Openbaring 13 vers 7)
“Ons verklaar dat die Heilige Apostoliese Aardsbisdom en die Roomse Pous aardsbiskoplike amp alle mag besit oor die hele wêreld…” ( Laetentur Coeli, Council of Florence, 1493)
Daar is “geen hoër gesag”……” (Pastor Aeternus 1870
Pous Gregory het (regeer vanaf 1073 tot 1085) ”hy het hom voorgehou as die regeerder met `ʼn onbeperkte opdrag oor alle mense.” (Encyclopedia Britannica, 1990,Vol.26, p. 27)
(5)….verrys uit ʼn dig bewoonde gebied en kultuur verskille. (Openbaring 17 vers 15)
Die Roomse Katolieke Kerk-staat verrys tot mag vanuit die oorspronklike tien nasies (monargieë) van die verdeelde Europa:
- Anglo-Saksers (Engeland)
- Alemanne (Duitsland)
- Visigoths (Spanje)
- Franks (Frankryk)
- Lombardye (Italië)
- Boergondiër (Switserland)
- Suevi (Portugal)
- Heruli
- Oos -Gote
- Vandale
(6)…. met sy opkoms tot mag, wis hy drie koninkryke heeltemal uit. (Daniel 7 vers 8)
![]() |
‘n Goue Tremissis van Keiser Zeno (474-491) |
Volgens opgetekende inligting van die geskiedenis het die Roomse Pousdom drie nasies (monargieë) van die verdeelde Europa heeltemal uitgewis.
- Die Vandale (454 n.C.)
- Die Herule (493 n.C.)
- Die Oos-Gote (538 n.C.)
“Die Katolieke keiser Zeno (474 tot 491) onderneem in ʼn verdrag met die Oos-Gote in 487, wat die oorsaak was vir die uitwissing van die koninkryk van die Ariese Herule in 493. Asook die Katolieke keiser Justinian (527 tot 565) wis die Ariese Vandale 534 heeltemal uit, en verbreek merkbaar die mag van Ariese Oos-Gote in 538. Dus is dit die drie horings waarvan Daniel skrywe, die Herule, die Vandale en die Oos-Gote…… “ en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel” (C. Mervyn Maxwell, God Cares, Vol.p.1290
Vandag, bestaan daar nie ʼn enkele bloedlyn wat teruggevoer kan word na enige van hierdie koninkryke. Hulle is letterlik (“ONTWORTEL”)
(7)…. maak oorlog teen die Heiliges. (Openbaring 17 vers 6)
“ Die Kerk van Rome het meer onskuldige bloed vergiet
as enige instansie wat ooit bestaan het uit die mensdom en sal deur geen Protestant bevraagteken word wat ʼn
kennis het van die geskiedenis……. Dit is feitlik ontmoontlik om ʼn volledige
beeld te vorm van die marteling van haar menige slagoffers… en dit is verseker
dat geen mens ook in sy verbeelding genoegsaam sal besef van die martelings wat
hulle moes verduur het” (W.E.H Lecky, History of the Rise and influence of the
Rationalism in Europe,Vol.2; 32)
(8)…… en het ʼn Enkele Persoon wat namens almal praat. (Daniel 7 vers 8)
Die Pous ”is die enigste persoon wat namens die hele Roomse Kerk praat.” (Encyclopedia Britannica,1990, Vol. 26. P. 951)
(9) Hierdie heerser van die koninkryk verhoog homself as Yahuwah.
“Ons
hou op hierdie aarde die plek van God, die Almagtige.” (Pous Leo XIII, se Pouslike Brief, Gedateer- 20 Junie,
1894)
(10) Die heerser van hierdie koninkryk word geïdentifiseer met die nommer”666.” (Openbaring 13 vers 18)
Die Pous se driedubbele kroon dra die opskrif, Vicarius Filii Dei, wat die Latyn is vir “Vicar” [ die (plaasvevanger) vir die Seun van God.” Die numeriese waarde van hierdie lasterlike naam is 666.
- Vicarius = V(5), I(1), C(100), A(0), R(0), I(1), U(5), S(0) = 112
- Filii = F(0), I(1), L(50), I(1), I(1) = 53
- Dei = D(500), E(0), I(1) = 501
- Vicarius Filii Dei = 666

(11)…… wat groot woorde en lasteringe uitspreek. (Openbaring 13 vers 5)
Die Skrif definieer godslastering as:
(1) Deur te sê dat hy is YAH op Aarde (Johannes 10 vers 33)
“Die pous is nie net alleen die verteenwoordiger van Jesus Christus, maar Jesus Christus self versteek onder die sluier van vlees.” (The Catholic National, July 1895)
(2) Dat hy ook die mag besit om sondes te vergewe. (Markus 2 vers 7)
“Hierdie geregtelike mag sluit ook in die mag vir die vergewing van sondes.” (The Catholic Encyclopedia, Vol. 12, Article “Pope”, p.265)
(3) Die vervolging van die mense van die Allerhoogste in die Naam van die Allerhoogste. ( 1 Timotheüs 1 vers 13)
“Ons moet die Inkwisisie aansien.... as die swartste kol van die geskiedenis van die mensdom.” (Will Durant, The Story of Civilization, Vol. 4, p. 78)
Sommige geskiedkundiges bereken dat daar meer as ʼn 100 miljoen mense gedood is deur die Roomse Kerk.
(12)….. het probeer om Yahuwah se Kalender en Wet te verander. (Daniel 7 vers 25)
“Die mag en outoriteit van die pous is so groot dat hy kan verander aan die verduideliking en die toepassing van goddelike wette.” (Lucius Ferraris,Prompta Bibliotheca, Article “Papa” II Vol. 6,p.29)
“Sondag is deur die Katolieke ingestel en die eis vir die onderhouding kan alleenlik verdedig word deur die beginsels van Katolosisme…..Vanaf die begin tot die einde van die Skrif is aar nie ʼn enkele vers wat die verplasing van die openbare werksweek van laaste dag na die eerste dag van die week regverdig.” (Catholic Press, Sydney, Australia, August 1900.)
“Nou maar ja die Katolieke Kerk eis dat die verandering van die [Sabbat na Sondag] was haar handeling….Hierdie handeling is ʼn TEKEN van haar kerklike mag.” (Letter by H.F. Thomas, chancellor of Cardinal Gibbons)
(Let Wel: Hierdie verandering was nie net maar ʼn eenvoudige verandering van aanbiddingdae; dit was ʼn verandering van die kalender. Rome het in die vierde eeu die namaaksel van die hedendaagse heidense kalender aanvaar en die Bybelse son – maan kalender ter syde gestel)
Die Pousdom het ook die 2de Gebod verwyder wat beelde aanbidding verbied. In die proses om die 10 Gebooie te behou het hulle die 10de gebod in twee verdeel.(13)…. regeer as opperheerser vir 1,260 jaar. (Openbaring 13 vers 5)
538 n.C.- Die Pousdom en deur die bemiddeling van die burgerlike regering verbreek hy die mag van Oos-Gote, wat toelaat dat die Pous se kerklike oppergesag ongehinderd kan voortgaan. Die Roomse Kerk kan (en sal) nou haar volle gesag kan uitoefen.
“In 1798het Generaal Berthier [ van Frankryk] met sy intog in Rome ontbind hy die pouslike regering en vestig hy `n wêreldlike regering” (Encyclopedia Britannica,1941 edition)
Die Pousdom het as opperheerser vir presies 1,260 jaar regeer! (vanaf 538 tot 1798)(14)……. was ontneem van sy gesag deur ʼn burgerlike mag en “gevangene” geneem.” (Openbaring 13 vers 10)
“Die uiteindelike vernedering van die Kerk gebeur wanneer Pius VI verdryf word uit Rome deur die Franse leer in 1798 en die daaropvolgende jaar as ʼn gevangene geneem is terug na Frankryk waar hy ook sterf.” (Encyclopedia Britannica, 1990, Vol.26, p.938)
(15)…. was dodelik verwond maar herstel volkome. (Openbaring 13 vers 3)
Die Pousdom is dodelik verwond..
1798 Generaal Berthier ontbind die pouslike regering.
Die wond begin om genees….en die pousdom herlewe.
“Gedurende 1929 met die ondertekening van die Lateraanse Verdrag en in die ooreenkoms het Rome bykomende regeer status verkry.” (Encyclopedia Britannica, 1990 Edition)
“Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.” (Openbaring 22 vers 7)
Geliefdes hierdie is nie ʼn nuwe uitleg van die Bybel. Dit is die historiese Protestantse sieninge oor die Roomse kerk. Ons lewe in ʼn baie bevoorregte tyd en die voorreg om die duidelike bewyse te aanskou, as wat ons gelowige voorgangers beleef het. Yahuwah het aan ons hierdie kosbare skatte gegee van die profesieë sodat ons mag weet en verstaan. Spoedig sal die wond volkome genees en sal sy openlik daarna streef om die volgelinge van Yahuwah te vernietig. Mag niemand mislei word deur hierdie dier, die moeder van alle hoere, die Roomse Katolieke Kerk.Kliek hier om na die video te kyk!