Print

Aanbid die Vader

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite-outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog`n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

Moderne ortodoksie dring daarop aan dat Yahushua as God aanbid moet word. Om daarin te misluk diskwalifiseer ons outomaties van Christenskap, soos hoofstroom Christelikheid sê. Een evangelis het uitgebrei op die dikwelse herhaalde mantra:

Maar as mense die realiteit mis dat … [Yahushua] meer as `n profeet was—dat Hy eintlik deel van die Drie-eenheid is, en daarom God—dan is hulle nie werklik Christene nie. U kan nie sê dat jy `n Christen is en nie God aanbid nie. Dit werk nie so nie.1

Ons is nooit vertel dat ons Yahushua as God moet aanbid of dat die mislukking om so te doen ewige verdoemenis sal te weeg bring nie. Maar die leerstelling wat vir die eerste keer in die Athanasiese Geloofsbelydenis gekodifiseer was, het verskeie honderde jare na Yahushua se hemelvaart geneem om te ontwikkel.

Alhoewel baie sal saamstem met die evangelis se uitsluitsel, doen die Bybel dit nie. Meeste Christene is nie bewus dat hierdie sogenaamde nie-ondelhandelbare voorwendsel om `n Christen te word, veral vir redding, nie in die Skrifte verskyn nie. Ons word nooit vertel dat ons Yahushua as God moet aanbid of dat die mislukking om dit te doen ewige verdoemenis bewerkstellig nie. Maar die leerstelling wat eerstens gekodifiseer was in die Athanasiese Belydenis, het verskeie honderde jare na Christus se hemelvaart geneem om te ontwikkel. Instede daarvan om na post-Bybelse bronne te kyk vir instruksies omtrent God-aanbidding, moet ons na die Skrifte kyk. Gelukkig vir ons lewer Yahushua `n leerstelling in die evangelie van Johannes wat presies spesifiseer wie ons as God moet aanbid.

Wie het Yahushua Gesê Moet God-Aanbidding Ontvang?

Toe Yahushua en sy dissipels na Galiléa reis, het hulle deur Samaria gegaan en buite die stad Sigar gerus. Yahushua het gerus by die fontein van Jakob terwyl sy dissipels die stad ingegaan het om voedsel te koop. Toe `n vrou na die fontein kom om water te skep, sê Yahushua vir haar “Gee vir my water om te drink-”

Johannes 4:9-15 En die Samaritaanse vrou sê vir Hom: “Hoe is dit dat u wat `n Jood is, van my vra om te drink terwyl ek `n Samaritaanse vrou is?” (Want die Jode hou geen gemeenskap met die Samaritane nie.) 10 Yahushua antwoord en sê vir haar: “As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê; Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.” 11 Die vrou sê vir Hom: “Here, U het nie eens `n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water? 12 “U is tog nie groter as ons vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy vee?” Yahushua antwoord en sê vir haar: “Elkeen wat van hierdie water drink sal weer dors kry; 14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee sal in eweigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word `n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.” 15 Die vrou sê vir Hom: “Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier te kom skep nie.”

Yahushua het dan uitdruklik die vrou se behoefte aan lewende water bekend gemaak.

Johannes 4:16-18 Yahushua sê vir haar: “Gaan roep jou man en kom hier.” 17 Die vrou antwoord en sê: “Ek het nie `n man nie.” Yahushua sê vir haar: “Jy het reg gesê: Ek het nie `n man nie; want jy het vyf mans gehad en die een wat jy nou het is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid gesê.”

Die vrou het met haar eie openbaring omtrent Yahushua reageer en kommentaar omtrent aanbidding gelewer:

Johannes 4:19-22 Die vrou sê vir Hom: “Here ek sien dat U `n profeet is. 20 Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort om te aanbid, in Jerusalem is.” Yahushua * sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom `n uur dat julle nie op hierdie berg en in Jerusalem die Vader sal aanbid nie. 22 Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode

Nie net was Yahushua `n profeet nie, hy was die profeet wat Moses belowe het Yahuwah sal stuur.

Die vrou was reg. Nie net was Yahushua `n profeet nie, hy was die profeet wat Moses belowe het Yahuwah sal stuur. En sedert die Joodse profeet by magte was om verborge dinge te openbaar, het sy die strydvraag opgebring wat bestaan tussen die Samaritane en die Jode aangaande watter tempel geheilig was deur Yahuwah vir aanbidding. As `n monoteïstiese Samaritaan, het sy geglo dat Yahuwah aanbid moes word in Gerasim gebergte, in teenstelling met die Jode, wie Yahuwah aanbid het te Berg Sion in Jerusalem. As deel van sy respons oor die vrou se kommentaar omtrent waar hulle moes aanbid, het Yahushua gespesifiseer wie aanbid moet word. Dit is hierdie aspek van Yahushua se onderwysing wat dikwels deur Drie-eniges misgekyk word.

Johannes 4:23-24 “Maar daar kom `n uur, en dit is nou wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en in waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom so sal aanbid. 24 Yahuwah is Gees, en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

Neem notisie dat Yahushua die terme Vader en Yahuwah afwisselend gebruik, iets wat bevestig word deur die gebruik van die manlike voornaamwoorde. Volgens Yahushua, is Yahuwah die Vader wat aanbid moet word. Yahushua maak geen aanspraak daarop dat die Seun of die Heilige Gees waardig is om God-aanbidding te ontvang nie. Maar die klem is op die Vader alleen as die God wie aanbid moet word in gees en in waarheid.

Wat meer is, wys Yahushua uit dat die Vader opsoek is na opregte aanbidders. Weereens maak Yahushua geen bewering dat hy of die Heilige Gees op soek is na ware aanbidders nie. Aan die ander kant is die Vader die enigste persoon in die “God” kategorie. Hy is die enigste een wie aanbid moet word en die enigste een wie aanbidders soek.

Yahushua is die Messias

Instede om Yahuwah te wees, identifiseer Yahushua homself as die beloofde Messias, dit is, die Christus:

Johannes 4:25-26 Die vrou sê vir Hom: Ek weet dat die Messias kom, (Hy wat Christus genoem word.) Wanneer Hy kom sal Hy ons alles verkondig.” 26 Yahushua *sê vir haar: Dit is Ek wat met jou spreek!”

En toe die vrou terugkeer om te vertel wie sy by die waterfontein ontmoet het, het hulle ook verstaan dat Yahushua Christus is.

En toe die vrou na die stad terugkeer om te vertel wie sy by die fontein ontmoet het, het hulle ook verstaan dat Yahushua die Christus is.

Johannes 4:28-30 39-42 Die vrou het toe haar waterkan laat staan en na die stad gegaan en vir die mense gesê: 29Kom kyk `n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie? 30Hulle het toe uit die stad gegaan en na Hom gekom. 39 En baie van die Samaritane uit daardie stad het in Hom geglo oor die woord van die vrou wat getuig het: Hy het my alles vertel wat ek gedoen het. 40 Toe die Samaritane dan by Hom kom, het hulle by Hom aangedring om by hulle te bly; en Hy het daar twee dae gebly.41 En baie meer het op grond van Sy woord geglo 42en aan die vrou gesê: Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, want ons self het gehoor en ons weet dat Hy waarlik die Christus, die Saligmaker van die wêreld, is.

Wat was dit wat so baie inwoners van Sigar van Yahushua geglo het? Dat hulle Hom as God moet aanbid as hulle Christene wil wees? Nee! Hulle het geglo wat Yahushua oor homself gesê het, dat hy die Christus was. Hulle het verstaan dat hy die een was gestuur as die Saligmaker van die wêreld.2

Die Vader is die Een Ware God

Later in dieselfde evangelie, het Yahushua die waarheid bevestig wat hy met die vrou by die waterfontein gedeel het.

Johannes 17:1-3 Dit het Yahushua gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik – 2 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee. 3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Yahushua Christus wat U gestuur het.

Yahushua het gesê dat die Vader die enigste ware God is, terwyl hy die Christus is, wie deur die een ware God gestuur is. Hierdie enigste ware God is die God wat Yahushua gesê het in gees en in waarheid aanbid moet word. Yahushua se getuienis dra regtig meer gesag as geloofsbelydenisse wat eeue geneem het om te ontwikkel!

Die Water van die Ewige Lewe

Ons lees ook in die gedeelte van Johannes 17 dat Yahuwah aan Yahushua die gesag om die ewige lewe uit te brei aan almal wat die Vader aan Hom gegee het. Hierdie gesag het nie inherent aan Yahushua behoort nie; maar, dit was aan Hom gedelegeer deur Yahuwah. Dit is geen wonder dat Yahushua die vrou by die waterfontein vertel het dat hy haar water uit die fontein van die ewige lewe sou gegee het as sy net daarna gevra het. Volgens Yahushua, kom die gawe van die ewige lewe van Yahuwah, wie die Vader is, deur Sy middelaar, die Messias, aan almal wie glo.

Volgens Yahushua, kom die gawe van die ewige lewe van Yahuwah, wie die Vader is, deur sy middelaar, die Messias, aan almal wie glo.

As Yahushua God is, is sy mislukking om homself en die Gees in sy respons omtrent ware aanbidding, misleidend, of `n blatante leuen. Maar Yahushua was sonder sonde, dus weet ons dat hy nie vals-ingelig, mislei, verlei, of aan die vrou gelieg het nie. Yahushua het hom nie self ingesluit as een wie God-aanbidding moet ontvang nie, omdat hy nie God is nie, maar die menslike Messias deur God gestuur.

Yahushua se leerstelling in Johannes hoofstuk 4 en sy gebed in Johannes 17 ondermyn moderne ortodoksie wat aandring daarop dat Yahushua as Yahuwah aanbid moet word en dat jy moet glo in die Drie-eenheid om as Christen beskou te word en dus die ewige lewe verkry. Waarlik, nes Yahushua gesê het, die uur het gekom om die Vader te aanbid:

Johannes 4:23-24 “Maar daar kom `n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en in waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. 24Yahuwah is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.”


1 Kendra Semmen quoting evangelist Chris Mikkelson, Evangelist: You Can’t Say You’re Christian if You Don’t Worship Yahushua, Charisma News, 12-13-19, accessed 5-13-21, https://www.charismanews.com/culture/79193-evangelist-you-can-t-say-you-re-christian-if-you-don-t-worship-Yahushua

2Jesaja 49:6; Mattheüs 1:21; Lukas 2:11; Johannes 1:29; Handelinge 5:31; 13:23, ens.


Hierdie is `n nie-WLC artikel. Bron: https://oneGodworship.com/worship-the-father/

Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die naam van die Vader en Seun in die Skrif herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireeerde skrywers van die Bybel geskryf is. WLC Span