Print

Daniël 12 in Preteris Perspektief

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

Daniël 12 in Preteris Perspektief

Verwys Daniël 12:2,3,12 na die Algemene Opstanding en die Finale Oordeel?

Hoewel die verwysing na Daniël in Matthéüs 24:21,22 sterk neig na die vervulling in AD 70, verwys die volgende twee verse in Daniël 12:2,3 na die Algemene Opstanding, die Laaste Oordeel; en die Ewige Koninkryk. Daniël 12:2,3 is die mees dikwels gebruikte proef teksverse vir hierdie eskatologiese gebeure. Dit is ongetwyfeld die uitdagendste gedeeltes in Daniël om te interpreteer uit `n preteris perspektief.

Praat Daniël 12:1 van gebeure in die eerste eeu om net duisende jare in die toekoms te spring en te praat van gebeure aan die einde van menslike geskiedenis in Daniel 12:2,3? Kom ons kyk hoe Daniël parallelisme regdeur die hoofstuk gebruik. Dit word vanselfsprekend dat die doel nie is om na `n Algemene Opstanding te wys nie maar om te sê dat die profesie vervul sou word lank nadat Daniël gesterf het in “die einde van dae.”

Kortliks wys hierdie gedeeltes dat Daniël en die Jode van daardie era sekerlik geglo het in `n Algemene Opstanding en `n Finale Oordeel, en dat die grammatika na hierdie twee groot gebeure verwys na wat nog in ons toekoms is.

Kortliks wys hierdie gedeeltes dat Daniël en die Jode van daardie era sekerlik geglo het in `n Algemene Opstanding en `n Finale Oordeel, en dat die grammatika na hierdie twee groot gebeure verwys wat nog in ons toekoms is. Maar die verwysing na `n finale Opstanding en Oordeel word gebruik om die “wyse” van die “bose” te onderskei – onder hulle wie die profesie sal “verstaan” en hul erfdeel van ewige lewe ontvang – en diegene wie nie verstaan nie en “ewige verderf” ondervind met die Finale Oordeel. Uit `n preteris oogpunt, is die verwarrende deel om uit te brei op wat sal gebeur “in daardie tyd,” wat dan praat van die dode wat opgewek word.

Maar in dié tyd sal jou volk gered word,
elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.
En baie van die wat in die stof van die aarde slaap,
sal ontwaak, Sommige tot die ewige lewe En sommige tot groot smaadheid,
vir ewig afgryslik.

En die verstandiges sal glinster Soos die glans van die uitspansel,
En die wat baie tot regverdigheid lei,
Soos die sterre vir ewig en altoos. (Daniël 12:1b-3).

In Johannes hoofstuk 5, verskyn daar `n deel waarin Yahushua praat van die opstanding van die dode. Wanneer ons dit vergelyk met Daniël 12:2, vind ons byna dieselfde taalgebruik wat gebruik word om die opstanding te beskryf.

Want daar kom `n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan — die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het tot die opstanding van veroordeling (Johannes 5:18, 29).

Die probleem hier is dat die eerste sin van Daniël 12:1 ook met hierdie woorde begin, “In dié tyd …” Ek het voorheen gewys hoe dít verwys na Yahushua in Matthéüs 24:21,22 en dat dit baie waarskynlik vervul was deur die Joods-Romeinse Oorlog en die Judaïse Christene se Vlug na Pella.

In Johannes 5:28, 29, verwys Yahushua ook duidelik na Daniël 12:2,3 deur te praat van die Algemene Opstanding.

Hier is nou die raaisel vanuit `n preteris perspektief. Dit is maklik om tot die slotsom te kom dat die regverdiges hier opstaan tot die ewige lewe as `n metafoor vir die “Nuwe Geboorte” wat manifesteer in die tyd van Yahushua Christus en die Apostels se bediening in die eerste eeu. Maar, daar is ook die moontlikheid van hulle wie ontwaak tot “groot smaadheid.” In Johannes 5:28,29, verwys Yahushua ook duidelik na Daniël 12:2,3 deur te praat van die Algemene Opstanding. Maar let hier op dat die frase in 12:1b herhaal dieselfde aanduiding. Dit sal ook plaasvind “in dié tyd.” Yahushua gebruik ook die 12:1 verwysing in Matthéüs 24:21,22 om te verwys na die verwoesting van Jerusalem.

Sal ons veronderstel dat die Algemene Opstanding en die Finale Oordeel van alle regverdiges en die bose in die ganse geskiedenis plaasgevind het “in dié tyd” in die eerste eeu? Hoewel baie hyper-preteriste hierdie oplossing aanhang, val hierdie siening buite die grense van ortodokse Christendom. My oplossing vir hierdie “probleem vers” is dat Daniël die oordeel van die bose as `n parallelisme noem — as `n teenstelling teenoor die tydelike en ewige belonings ontvang deur die wyses. Die tydelike beloning vir die regverdiges is wysheid, insig en kennis van Yahuwah, terwyl hul ewige beloning verheerliking is. Dit is soortgelyk aan die vorige gedeelte in Daniël 11:32-35 wat herhaaldelik die wyse met die bose kontrasteer.

A. 11:32 – En die wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy met vleiery afvallig maak;

B. maar die volk wat hulle God ken, sal vashou en optree.

11:33 – En die verstandiges onder die volk sal baie tot insig bring;

A. maar hulle sal struikel deur swaard en vlam, deur gevangenis en berowing, dae lank.

11:34 – En terwyl hulle struikel, sal hulle met `n klein hulp ondersteun word; dan sal baie uit listigheid by hulle aansluit.

B. En van die verstandiges sal sommige struikel, om onder hulle loutering en reiniging en suiwering aan te bring tot die tyd van die einde – want dit sal nog duur tot die vasgestelde tyd.

Let op dat daar `n A,B,A,B parallelle stuktuur in Daniél 11:32-35 is wat die lot van beide die wyse en die goddelose kontrasteer. In “A,” word die goddelose beskryf as die Jode wie “korrup” geraak het in die Makkabese era en “geval het deur die swaard,” maar nogtans voortgegaan het in “listigheid,” bedoelend in magsvergrype. In “B,” is die wyses gekenmerk as “sterk” en wie vervolging deurmaak om “hulle te reinig.” Yahuwah sal beproewinge gebruik om die wyses te “reinig,” terwyl die goddelose afvallig sal word en “sal val deur die swaard.”

Regdeur hoofstuk 12 is daar ook `n soortgelyke parallelle struktuur, wat verduidelik dat die vurige beproewinge deur die volk van Yahuwah ondervind word, dien die tweeledige doel om diegene uit te louter wie goddeloosheid doen en reinig wie wys is.

Regdeur hoofstuk 12 is daar ook `n soortgelyke parallelle struktuur, wat verduidelik dat die vurige beproewinge deur die volk van Yahuwah ondervind, dien die tweeledige doel om diegene uit te louter wie goddeloosheid doen en reinig wie wys is. Daniël 12:1-4 gee ons die drie hoof idees van die hoofstuk wat in totaal vier keer daarin beklemtoon is.

  1. Yahuwah se volk sal aan die tyd van die einde verlos word.
  2. Daar sal `n finale tyd van beproewing wees wat beide die regverdige en die onregverdige sal blootlê.
  3. Die tyd van die einde is nie vir baie dae nie, dus is die boek van die profesie verseël tot op daardie tyd.

A. 12:1 – “In dié tyd,” die tyd van die einde, sal die Messias kom.

B. Yahuwah se volk sal getoets word.

C. Diegene wie getrou is, sal verlos word.

CC. 12:2 – Diegene wie ontrou is sal die ewige oordeel ontvang.

BB. 12:3 – Die tyd van beproewing sal die heerlikheid van die Here in Yahuwah se volk openbaar.

AA. 12:4 – Die profesie moet verseël word deur Daniël want dit is nog nie “die tyd van die einde” nie.

Wat volg in Daniël 12 is meer herhalinge van hierdie drie idees. Hierdie herhalings, parallelismes, of chiasmes gee die Boek van Daniël 'n gevoel van volledigheid. Die Vyfde Visioen eindig, en die profetiese belofte van verlossing vir Yahuwah se volk word verseël.

In my boek, In the Days of These Kings, is daar `n lang seksie wat Daniël 12 se parallelismes en chiastiese struktuur uitlê. Hoewel ek nie my hele interpretasie hier herhaal nie, sal ek `n paar beginsels gee om dit te help interpreteer.

Eerstens, “die tyd van die einde” waarna verwys word in Daniël 12:4,8,9,13 is nie die “einde van tyd,” nie maar die tye wanneer die profesie vervul sou word. Die vervulling het in die eerste eeu gebeur “in die dae van daardie konings” (Daniël 2:44) - in die tyd van die Romeinse keisers.

In teenstelling met diegene wie opgewek sal word, “Sommige tot die ewige lewe / Sommige tot groot smaadheid,” is om te wys dat `n regverdige oorblyfsel verlos sal word uit die “tyd van benoudheid.”

Tweedens, in teenstelling met diegene wie opgewek sal word, Sommige tot die ewige lewe / Sommige tot groot smaadheid,” is om te wys dat `n regverdige oorblyfsel verlos sal word uit die “tyd van benoudheid.” Die Groot Verdrukking, nes Yahushua dit noem, vind nie plaas aan die einde van tyd nie maar praat van die drie-en-`n- halwe-jaar vervolging van die Christene onder Nero (herfs van AD 64 tot Junie 68) en tydens die drie-en-`n-half jaar van die Joods-Romeinse Oorlog van (die lente van AD 67 tot mid-September van 70). Alhoewel die belofte van die Opstanding hierin verwys word, vind die Eerste Opstanding plaas tydens die “tyd van benoudheid” (Daniël 12:1). Die geestelike wedergeboorte kom met die herlewing, nie die Tweede Algemene Opstanding wat sal plaasvind met die Wederkoms nie. In my vorige boek, verduidelik ek hoe die Eerste en Tweede Opstandings – en die Eerste en Tweede Dood – dieselfde hier is as in Openbaring 20.

Derdens die kontrastering van die regverdige lewendes en dode met die onregverdige lewendes en dode – die wyse met die goddelose – in Daniël 12:2,3 word in parallelle struktuur herhaal met die belofte dat “en geeneen van die goddelose mense sal verstaan ​​nie, maar die wyses sal verstaan” (12:9,10).

Laastens, word Daniël `n derde keer meegedeel om nie verder uit te vis nie maar dat hy sal “weer opstaan tot [sy] bestemming aan die einde van dae” (12:13). Dus is dit konsekwent met die res van die gedeelte, dat waarvan hier gepraat word nie die einde van die menslike geskiedenis nie is, maar die inhuldiging van `n Nuwe Verbond en die verlossing van Yahuwah se volk voor die vernietiging van die Tempel. Die erfdeel waarvan gepraat word is die ewige lewe; die boodskap van die Evangelie – dat Yahushua Christus die vervulling van die ewige lewe is – sal gemanifesteer word wanneer die profesie in vervulling gaan in die “einde van dae.”

Die onregverdige Jode wie sal “opstaan” tot “groot smaadheid, vir ewig afgryslik” was nie uit die dode opgewek en veroordeel in AD 70 nie. Maar, die Algemene Opstanding van die onregverdige dode en hul Finale Oordeel “tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik” (Daniël12:2) word gekontrasteer as `n parallelisme met die “wyse” wie sal “glinster soos die glans van die uitspansel … vir ewig en altoos.” (Daniël 12:3).

`n Sleutel om te verstaan dat dit nog nie die Finale Oordeel is nie is dat Danël verwys na die regverdiges as “die wat baie tot regverdigheid lei (Daniël 12:3). Indien baie mense na regverdigheid gelei word “in dié tyd” deur “die regverdiges,” praat dit dan van die Evangelie getuienis wat in die geskiedenis voortgaan.

`n Sleutel om te verstaan dat dit nog nie die Finale Oordeel is nie is dat Danël verwys na die regverdiges as “die wat baie tot regverdigheid lei (Daniël 12:3). Indien baie mense na regverdigheid gelei word “in dié tyd” deur “die regverdiges,” praat dit dan van die Evangelie getuienis wat in die geskiedenis voortgaan. Met ander woorde, “in die tyd van die einde” wanneer die profesie vervul word, sal diegene onder die uitverkorenes verlos word. Dít is hulle wie die woorde van Daniël 12:1-3, 11-12 en die woorde van Yahushua in Matthéüs 24:21-22 “verstaan.” Hulle sal deur hul wysheid bemagtig word om baie na regverdigheid te lei selfs onder voortslepende vurige vervolging. Hulle verlossing uit die brand wat die Tempel en die stad Jerusalem verteer het, voorspel hul verlossing deur die Finale Oordeel in die ewige Koninkryk. Dit word inteenstelling gebring met die ondergang van die goddeloses in die Finale Oordeel van die ewige hel.

Ons word deur Hegesippus vertel (aangehaal deur Eusebius’ Ecclesiastical History) dat Christene wie in Judea geleef het in die tyd van die Romeinse inval in AD 60`s (hulle wie baie tot regverdigheid gelei het) het die profesie verstaan dat die stad op die punt was om verwoes te word. Hulle het uit die stad Jerusalem gevlug en eintlik in Pella gevestig. Meeste van die Jode wat in die stad van Jerusalem en regdeur Judea en Galilea agtergebly het, het omgekom – soveel as 1.1 miljoen, volgens Josephus. Die paar wat lewend agtergebly het, was deur die Romeine as slawe verkoop. Dus diegene wie geleef en vry was na die tydelike oordeel was Yahuwah se wyse uitverkorenes wie die oordeel vrygespring het. Die onregverdige Jode tydens die Beleg van Jerusalem in AD 70 was hulle wie omgekom het. Dit is hulle wie sal opstaan tot groot smaadheid vir ewig afgryslik in die Finale Oordeel.

Hierdie interpretasie leer nie `n hyper-preteris siening dat die Algemene Opstanding en die Finale Oordeel in die eerste eeu plaasgevind het nie. Daarenteen, weerlê die interpretasie dit deur te wys dat Daniël ongetwyfeld bewus was van `n Algemene Opstanding, `n Finale Oordeel, en die Ewige Koninkryk. Maar, die doel van Daniël 12 is nie om te voorspel wanneer dit sal gebeur nie maar om die morele karakter van die Jode te kontrasteer met diegene wie sal lewe in die “einde van dae” – in die dae wanneer die profesie vervul sou word – “in die dae van daardie konings” – in die dae van die eerste-eeuse Romeinse keisers.


Dit is `n nie-WLC artikel deur Jay Rogers

Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verderaan, het ons uit die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun, vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span