Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC af kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy gekok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Uittreksel: Die Olyfberg Predikasie deur Yahushua in Matthéüs 24-25 gegee, was die bron van baie spekulasie aangaande die einde van tyd toe Yahushua gesê het hy sou terugkeer. In hierdie dokument, sal ek `n saak maak dat die dinge wat Yahushua in Matthéüs 24-25 geprofeteer het nie profesies is van dinge wat in ons toekoms sal plaasvind nie, maar eerder, daardie dinge wat vervul was vanaf 64 A.D. tot 70 A.D.
Die eerste sleutel vir die interpretasie van hierdie gedeelte is om op te let dat Yahushua reageer op die vraag aan hom gestel deur sy dissipels. In vers 1-3, het Yahushua en die dissipels die tempel verlaat, terwyl die dissipels hulle verwonder het aan die grootsheid van die massiewe tempel geboue. Yahushua het hulle vertel dat die enorme tempel so deur hulle bewonder iewers in die toekoms tot so `n mate verwoes sal word dat geen steen op `n ander gelaat sal word nie. Dit is nie moeilik om ons te verbeel dat die dissipels geskok sou wees deur hierdie skielike voorspelling te hoor dat daardie einste sentrum van aanbidding en nasionale identiteit uitgewis sou word nie, sodat hulle natuurlik die vraag sou vra, “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?”
Die verse wat daarna volg beantwoord die vraag oor wanneer die tempel se verwoesting sal wees en wat die teken van Yahushua se koms en die einde van die era sal wees. Die “teken van u koms” en “die voleinde van die wêreld” was wyd verkeerd verstaan in die eskatologiese kringe. Dit is blykbaar waarom dispensasionaliste hierdie profesies as vér in die toekoms sien. Ek sal later verduidelik wat die koms van Christus en die einde van die wêreld in hierdie gedeelte beteken. Vir nou moet ons oplet dat dit baie bisar is vir Yahushua om die dissipels se vraag te ignoreer en om iets te voorspel wat sou gebeur in die verre toekoms wat niks te doene het met hierdie radikale voorspelling nie.
Die tweede sleutel tot die insig van hierdie profetiese teks is aan wie Yahushua sy woorde gerig het. Het Yahushua `n 21ste, 22 ste, 23 ste, of 24ste-eeuse gehoor in gedagte gehad, of het Hy eerste eeuse Joodse gehoor in gedagte gehad. Met wie het Yahushua gepraat?
“En Yahushua antwoord en sê vir hulle: ‘Pasop dat niemand julle mislei nie.Want baie sal onder my Naam kom en sê: ‘Ek is die Messias!’ en hulle sal baie mense mislei. En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. Maar al hierdie dinge is die begin van smarte. Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word terwille van my Naam. En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat. En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot `n getuienis vir al die nasies, en dan sal die einde kom. Matthéús 24: 4-8.
“Pasop dat niemand JULLE mislei nie.”
|
Let op dat die tweede persoon voornaamwoord “julle” herhaaldelik gebruik is. “Pas op dat niemand “JULLE” mislei nie.” “JULLE” sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie.” “Dan sal “JULLE” oorgelewer word om vervolg te word” ens. Julle, julle, julle, julle.
Wanneer Christene die profesie lees, is hulle geneig om te veronderstel dat Yahushua verwys het na `n verre generasie duisende en duisende jare later, waarom het Yahushua nie die woorde “hulle” instede van “julle” gebruik nie? Die feit dat Yahushua herhaaldelik “julle” gesê het in plaas van “hulle” dui sterk daarop dat Yahushua Sy eerste-eeuse dissipels in gedagte gehad het eerder as een of ander toekomstige generasie Christene. Wanneer ook al iemand met “jou” praat en die woord “jy” gebruik, neem jy natuurlik aan dat die persoon met jou praat en nie jou agter-kleinkinders nie.
Nes Brian Godawa dit in sy boek End Time Prophecy stel: Dis Nie Wat Hulle Julle Vertel Het Nie, “Verbeel jou hoe verward die dissipels moes dink dat Yahushua met hulle praat terwyl hy iemand anders bedoel. Waarlik, ek sê vir jou, liewe leser van hierdie artikel, verbeel jou jy sit in `n preek in die kerk waar `n pastoor met jou praat, maar hy bedoel nie jy nie, maar eerder `n ander toekomstige generasie van Christene. Jy sal sekerlik rondkyk en wonder, waarom hy “jy” sê in plaas van ons? Waarom sê hy nie “hulle” nie’ So die konteks van die hele redenasie spreek met hulle wie na hom luister: julle, nie hulle nie”.
Toe Yahushua sê: ‘Wee julle skrifgeleerdes en Fariseërs’, (23:29) het Hy die skrifgeleerdes en Fariseërs bedoel wie na Sy preek geluister het, nie `n toekomstige generasie skrifgeleerdes en Fariseërs nie. Toe hy sê, ‘Sien julle al hierdie dinge’ geboue en tempels (24:2), het hy met sy dissipels gepraat, nie `n verre generasie dissipels nie. Sy hele bergrede bevat oor die veertig verwysinge aan “julle” — veertig! Veronderstel letterlikes roem hulleself daarin om profesie letterlik op te neem. In daardie geval, sal hulle baie ongemaklik wees wanneer hulle die voor die handliggende verdraai, liberales verwys na Yahushua se woorde as figuurlike toepassings na iemand duisende jare later.
Natuurlik, mag mens uitwys dat daar baie keer was dat Yahushua die woord “julle” gebruik het, maar hy het nie net sy eerste-eeuse luisteraars bedoel nie. Soos byvoorbeeld, Die Berg predikasie was gevul met gevalle van “julle”. “Julle moet julle vyande liefhet en bid vir die wat “julle” vervolg, as voorbeeld. Die futuriste mag beswaar aanteken dat as die tweede persoons meervoud in die Bergpredikasie `n latere generasie uitsluit, dan kan ons deur dieselfde rede, enigiets wat Yahushua in sy lesse gesê het ignoreer, tensy hy derde-persoons terminologie gebruik het. Omdat Yahushua gesê het, “Julle moet julle vyande liefhê en bid vir hulle wie julle vervolg.” Is ek nie verplig om dit te gehoorsaam nie, en dat dit olraait is om my vyande te haat, reg? Hy het net bedoel die mense wat in Sy gehoor sit op daardie tydstip, reg?
Die probleem met die beswaar is dat Die Bergpredikasie en Yahushua se Olyfberg redevoering twee verskillende monoloë is. In die vorige, het Yahushua se preke met morele lewe te doen, hoe die volk van Yahuwah hulleself moet gedra. In die laaste, het Yahushua gereageer op `n spesifieke vraag gevra deur `n spesifieke groep mense aangaande `n spesiale gebeurtenis en die presiese tydsberekening van daardie gebeurtenis. Eintlik is Yahushua se Bergpredikasie van toepassing op die moderne Christen. Maar, terwyl Yahushua se lesse vir al die generasies was, het hy nog steeds gepraat met sy eerste-eeuse gehoor. Netso is die Nuwe Testament sendbriewe vir alle generasies maar is geskryf aan spesifieke kerke.
Aan die einde van Yahushua se bergrede, Sê hy, “Voorwaar, Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.” (vers 34). Die eenvoudige betekenis van hierdie vers is dat die generasie met wie Yahushua gepraat het, die mense wie geleef het in die tyd van die Olyfberg predikasie, nie verbygaan het totdat alles wat hy geprofeteer het, vervul was nie.
Diegene wie vashou aan dispensasionalisme probeer om die betekenis van die frase “hierdie geslag” te herinterpreteer sodat hierdie profesie nie hoef te verwys na die eerste-eeuse generasie nie. Baie dispensasionaliste sal argumenteer dat “geslag” beteken “ras van die Jode.” Die Joodse volk sou nie uitgewis word totdat al die profesies vervul is nie, en omdat die Jode steeds deesdae met ons is, dan kan Yahushua se profesies `n toekomstige vervulling hê. Ander dispensasionaliste sal sê dat met “hierdie geslag” Yahushua nie bedoel Sy tydgenote nie, maar `n toekomstige generasie. Hy het gesê dat die toekomstige generasie wat die tekens sou sien, nie sou sterf nie. Die toekomstige generasie kon ons wees of `n toekomstige generasie van ons.
EK vind nie een van dié twee interpretasies van die “hierdie generasie” houdbaar nie. Aangaande die eerste dispensasionele interpretasie, is my probleem dat die Griekse woord in hierdie teks vertaal as “generasie” genea is. Volgens The Louw-Nida Greek-English Lexicon, “Die uitdrukking ‘die mense van hierdie generasie’ mag ook uitgedruk word as ‘die mense wat nou lewe’ of ‘die mense van hierdie tyd.’ Dit beteken nie, “Die Joodse Ras’ orals in die Nuwe Testament nie.
In sy boek Matthew 24 Fulfilled, teken Brian Godawa 14 plekke aan waarin “hierdie generasie” (genea in Grieks) gebruik is, en nie een keer verwys dit eenvoudig net na Joodse ras nie. Laat ons `n kykie neem na `n paar van hierdie voorbeelde.
Matthéüs 11:16 (cf. Lukas 7:31) “Maar waarmee sal Ek hierdie geslag vergelyk, dit is net soos kindertjies wat op die mark sit en hulle maats roep.”
Matthéüs 12:39 (cf. Markus 8:12; Lukas 11:29): “ `n Slegte en owerspelige geslag soek na `n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van Jona.”
Matthéüs 12:41 (cf. Lukas 11:32): “Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saammet hierdie geslag en dit veroordeel, want hulle het hul met die prediking van Jona bekeer, en – meer as Jona is hier!”
Matthéüs 12:42 (cf. Lukas 11:31): “Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel, want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en – meer as Salomo is hier!”
Lukas 11:50-52 “sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af, van die bloed van Abel af tot by die bloed van Sagaria wat omgekom het tussen die reukofferaltaar en die huis van Yahuwah. Ja, ek sê vir julle, dit sal afgeëis word van hierdie geslag.”
In elke enkele van hierdie gevalle van genea [“hierdie generasie”], bedoel Yahushua die mense wat in daardie tyd geleef het.
|
In elke enkele een van hierdie gevalle van genea, het Yahushua die lewende mense van daardie tyd bedoel. Ek weet nie of enige Bybel geleerde wie enige van hierdie gevalle vat as verwysend na die Joodse ras nie oor die eenvoudige feit dat dít maar net nie van toepassing kan wees op enige generasie buite die eerste eeu nie. Soos byvoorbeeld, in Matthéüs 12:39, sê Yahushua dat `n slegte generasie vir `n teken vra maar dat geen teken gegee sal word nie anders as die teken van Jona. Soos die volgende vers ons vertel, die teken van Jona was die dood en opstanding van Yahushua. “Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.” (Matthéüs 12:40). Yahushua was nie opgewek uit die dode in die een-en-twintigste eeu nie! Hy was opgewek in die eerste eeu! Markus 9 is die verslag van Yahushua se uitdrywing van `n demoon van `n seun na sy dissipels misluk het om dit te doen omdat hulle nie vooraf, genoeg, gevas en gebid het nie. Dit is die konteks waarin ons Yahushua se woorde vind: “o, Ongelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra?” Is Yahushua besig om die Joodse ras te betreur? Hoe maak dit enige sin?
Nes die Bybelse geleerde Gary DeMar dit stel; “Diegene wie ontken ‘hierdie generasie’ verwys na die generasie met wie Yahushua gepraat het in die Matthéüs 24 konteks moet bewys dat ‘hierdie generasie’ iets anders moet beteken as die wyse soos dit gebruik is ander plekke in Matthéüs en die res van die Nuwe Testament!”1
DeMar het ook geskryf, “Daar is `n logiese probleem as genea vertaal word as ‘ras.’ Omdat ‘ras’ `n verwysing is na die Joodse ras, Matthéüs 24:34 sou so lees: ‘Hierdie Joodse ras sal nie verbygaan totdat al hierdie dinge gebeur het nie. Wanneer al hierdie dinge plaasgevind het, dan sal die Joodse ras verbygaan.’ Dit maak nie enige sin nie.”2
Sou Yahushua na die Joodse ras verwys het, sou hy die Griekse woord genes (“ras”) eerder as genea (“generasie”) gebruik het.8
Wel, so om genea te interpreteer om Joodse ras te beteken, is onhoudbaar, maar wat van die tweede moontlike futuristiese interpretasie? Wat daarvan as die generasie wie die tekens sal sien verbygaan wanneer ook al daardie generasie sal leef? Ek dink die eerste twee interpretatiewe sleutels waarna ons in hierdie vraagstuk gekyk het, skeur die moontlikheid van hierdie interpretasie uitmekaar uit. Eerstens, onthou dat die hele diskoerse in respons was van die dissipels se vrae: “Wanneer sal hierdie dinge [bv. die verwoesting van die tempel] wees? En “Wat sal die teken van u koms wees?” Yahushua se respons is gelaai met die tweede persoon voornaamwoord “julle” eerder as “hulle,” wat sterk daarop dui dat Hy bedoel die mense met wie Hy praat! Ter afsluiting, nes ek sou verwag het Yahushua die woord “hulle” instede van “julle” gebruik indien Hy van `n toekomstige generasie Christene verwys het, sou ek net so verwag het om die frase te gebruik “daardie generasie” instede van “hierdie generasie” Die hele taalkundige struktuur van die Olyfberg Diskoerse stel voor dat Yahushua die eerste-eeuse generasie in gedagte gehad het, eerder as `n latere generasie.
Hierdie 3 interpretatiewe sleutels dui sterk aan dat Yahushua verwag het Sy profesies vervul sou word voor die einde van die eerste eeu. Ek stem saam met Thomas Newton wie gesê het, “Dit is vir my `n wonder hoe enige mens deel van die voorafgaande diskoerse van die verwoesting van Jerusalem aanwys, en deel aan die einde van die wêreld, of enige ander verre toekomstige gebeurtenis, wanneer met soveel positiwiteit hier in die slotrede gesê word, Alle dinge sal binne hierdie generasie vervul word.”3
Nou dat ons die tydvak vasgestel het wat Yahushua verwag het Sy profesies sal plaasvind, kom ons ondersoek die spesifieke dinge wat Yahushua voorspel het en of hierdie dinge gebeur het. Ek sal nie so baie kommentaar lewer soos ek tot dusver gedoen het om hierdie artikel nie langer uit te rek as wat dit moet wees nie. Maar, ek sal, vir die grootste gedeelte, eenvoudig net Yahushua se voorspellings aanhaal gevolg deur die sitate van `n historiese bron wat sy vervulling weergee.
Voorspelling: “En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pasop, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.” (vers 6)
Vervulling: Hierdie profesie is kenmerkend in die sinjaal van die teken van die verwoesting van Jerusalem en Yahushua se koms omdat, teen die tyd, het Rome ongekende vrede ervaar bekend as “Pax Romana,” wat beteken “die vrede van Rome.” Die wêreld het altyd oorloë en gerugte van oorloë gehad, sodat díe profesie van Yahushua generies, dubbelsinnig en irrelevant sou wees tydens enige ander historiese periode behalwe vir die eerste eeu, daartydens, “tyd van vrede.”
In Histories 5:9, het Tacitus geskryf, “Onder Tiberius, was dinge stil …” (Tiberius se regering, AD 14-37). In sy Histories 1:2 (Januarie – Maart, A.D. 69), Skryf Tacitus, “Die geskiedenis waarop ek ingaan is dit van `n tydperk ryk aan rampe, vreeslike oorloë, verskeur deur burgerlike onrus, vreeslik selfs in vrede. Vier keisers het deur die swaard geval; daar was drie burger oorloë, meer buitelandse oorloë, en dikwels gelyktydig. Daar was sukses in die Ooste, en rampspoed in die Weste. Illyricum was versteur, die Galliese provinsies het gewankel, en Brittanje het toegegee en onmiddelik laat gaan. Die Sarmatae en Suevi het teen ons opgestaan; die Dasiane het befaamd geraak deur nederlae te ly en lyding; selfs die Partheners was byna tot wapens gedryf deur die bedrog van `n kamtige Nero. Bo dit alles, was Italië benoud deur ongekende rampe of die terugkeer daarvan na verloop van eeue. Stede van Campanië se ryke, vrugbare strande was opgeslurp of oorweldig; Rome was lamgelê deur onluste, waarin haar oudste geboue verwoes was en die einste Kapiteel in ligte laaie was deur die toedoen van stedelinge. Heilige rites was verontheilig; daar was owerspel in hoë kringe. Die see was gevul met verbandes, haar rotse was besoedel met die liggame van die dooies.”
(Tacitus, Annals, pg 271) — “In hierdie jaar, het oorlog uitgebreek tussen die Armeniërs en die Iberiane…”
Jospehus, in sy Wars 4:9:2 2. skryf “Toe Vespasian nou terugkeer na Cesarea, en gereed gemaak het met sy hele weermag om direk na Jerusalem op te marsjeer, was hy meegedeel dat Nero dood was…burger oorlog; – Ek het uitgelaat om `n presiese verslag van hulle te gee, omdat hulle almal goedbekend was deur almal, en hulle almal word beskryf deur `n groot getal Grieks en Romeinse skrywers; maar vir die onthalwe van die verbintenis van sake, en dat my geskiedenis nie onsamehangend moet wees nie, het ek net kortliks aan alles geraak.”
Voorspelling: “En die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander. Daar sal hongersnode wees, en pessiektes en aardbewings in verskillende plekke.” (vers 7)
Vervulling: `n Groot Hongersnood in die dae van Claudius:
Handelinge 11:27-29 — “En in díe dae het daar profete van Jerusalem na Antiochië afgekom. En een van hulle met die naam van Agabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar `n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius. En die dissipels het besluit dat iedereen van hulle na sy vermoë iets sou stuur tot versorging van die broeders wat in Judéa woon.
Josephus, Wars 6.299-300 (6:6:7) — “En, by die fees wat ons Pinkster noem, nes die priester in die nag in die binneste hof van die tempel gegaan het, soos hulle gebruik was, om hul heilige bediening te doen, het hulle gesê, dat hulle in die eersteplek `n skudding gevoel het en `n harde geluid gehoor het, en na dit het hulle die geluid van `n groot menigte gehoor sê, “Laat ons hiervandaan weggaan.”
Josephus, Wars 4.286-287 (4:4:5) (286) “want daar het in die nag `n onheilspellende storm uitgebreek, met die uiterste geweld, en magtige winde, met die grootste druppels reën, met voortdurende weerligte, verskriklike donderslae, en ontsagwekkende skuddigs en gebrul van die aarde, wat in `n aardbewing was. (287) Hierdie dinge was `n gemanifesteerde aanduiding dat een of ander verwoesting op die mens aan`t komme was as die wêreld sisteem in sulke onordelikheid gesit word, en enigeen sou raai dat hierdie wonders een of ander hewige rampe sal voorafgaan wat sou kom.”
Tacitus, The Annals, 12.43, “Hierdie jaar het baie voorwendsels [tekens en voorbodes] …. herhaalde aardbewings … verder rampe was gesien in `n te kort van graan, wat hongersnood ten gevolge het…dit was vasgestel dat daar nie meer as vyftien dae se voedsel voorraad in die stad [Rome], was nie. Net die Hemel se spesiale guns en `n milde winter het `n katastrofe verhoed.
Voorspelling: “Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word terwille van my Naam.” (vers 9).
Vervulling:
“En daar het in daardie tyd `n groot vervolging teen die gemeente in Jerusalem ontstaan, en almal was verstrooi oor die streke van Judéa en Samaria, behalwe die apostels.” – Handelinge 8:1
“En omtrent daardie tyd het Koning Herodes sy hande geslaan aan sommige uit die gemeente om hulle kwaad aan te doen.” - Handelinge 12:1
“En toe Gallio goewerneur van Acháje was, het die Jode eenparig teen Paulus opgestaan en hom voor die regterstoel gebring.” – Handelinge 18:12
Eusebius, ECC. Histories 2:9
“[1] Nou in daardie tyd” (dit is duidelik dat 1 hy bedoel die tyd van Claudius) “het Herodes die Koning [2] sy hande uitgestrek om die Kerk te slaan. En hy het Jakobus die broer van Johannes met die swaard vermoor.” En 2 aangaande hierdie Jakobus, het Clement in die sewende boek van sy Hypotyposes, [3] `n verhaal vertel wat die moeite werd is om te noem; wat dit vertel nes hy dit ontvang het van diegene wie voor hom geleef het. Hy sê dat die een wie Jakobus na die regters-stoel gelei het, toe hy sien dat hy sy getuienis lewer, beweeg was, en bely het dat hy homself ook `n Christen was. Hulle was albei, hierom, saam weggelei, sê hy; en het op die weg vir Jakobus gesmeek om hom te vergewe. En hy, nadat hy `n tydjie na gedink het, gesê: “Vrede vir jou,” en hom gesoen. En so was hulle altwee onthoof op dieselfde tyd. 4 En toe soos die goddelike Skrifte sê, [4] het Herodus, met die dood van Jakobus, gesien dat die dood die Jode tevrede gestel het, ook vir Petrus aangeval en hom gevange geneem.
Voorspelling: “En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.” (vers 10)
Vervulling: Sien 2 Thessalonicense 2:2, Openbaring 3:14, Romeine 16:17-18, Handelinge 15:1, Handelinge 20:29, 2 Korinthiërs 11:3, Filippense 3:2, Galasiërs 1:6, 1 Timóthéüs 1:18, 1 Timóthéüs 3:5, 1 Timóthéüs 4:1, 1 Timóthéüs 6:20, 2 Timóthéüs 1:15, 2 Timóthéüs 2:16.
Voorspelling: “En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.” (vers 11)
Vervulling: Sien Handelnge 8:9, Handelinge 13:6, Handelinge 20:29, 2 Timóthéüs 3:1, Openbaring 2:2, Openbaring 2:14, Openbaring 2:20, 2 Korinthiërs 11:12, 1 Johannes 2:18, 1 Johannes 4:1
Esebius, Geskiedenis van die Kerk, 2:13 1
“Christus wat nou onder al die mense versprei is, [2] het die vyand van die mens se verlossing beplan om die keiser stad vir homself te neem. Hy het die Simon hierbo genoem hierheen geroep, [3] hom gehelp in sy misleidende kunste, baie van die inwoners van Rome afvallig gemaak, en hulle sodoende in sy mag gebring. Dit is 2 bevestig deur Justin, [4] een van ons besonderse skrywers wie nie lank na die apostels gelewe het nie. Aangaande hom, sal ek in die behoorlike plek spreek. [5] Wees gewaarsku en lees die werk van hierdie man, wie in die eerste Apology[6], wat hy aan Antonine geaddresseer vir die onthalwe van ons godsdiens, so geskryf het: [7] “En na die hemelvaart van die Here na die Hemel het demone sekere manne na vore gebring wat gesê het hulle is Yahuwahs, en wie nie toegelaat is deur julle om onvervolgd te wees nie maar was selfs beskou as waardig om vereer te word. Een van hulle was Simon van `n dorpie Gitto, [8] wie tydens die heerskappy van Claudius C’sar [4] sommige magtige dade van towery verrig het deur die kunste van demone wie in hom werk, en beskou was as `n Yahuwah,”
Voorspelling: “En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. Maar wie Volhard tot die einde toe, sal gered word. En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot `n getuienis van baie nasies; en dan sal die einde kom.” (verse 12-14)
Dit is die argumente wat dispensasioneles/futuriste/Agtergeblewendes gee teen preteris lesing van Yahushua se Olyfbergrede. Yahushua sê dat die evangelie eers wêreldwyd verkondig word as `n getuienis aan al die nasies, voor die einde kom. Hulle argumenteer dat dit nie in die eerste eeu gebeur het nie. In werklikheid het dit ook nie vandag gebeur nie. Sommige groepe mense het nooit die evangelie gehoor nie. So, hoe is dit moontlik dat ek kan sê dat die profesies in die eerste eeu vervul was?
Ek dink die eerste ding wat ek moet uitwys is dat die Griekse sinsnede vertaal as “die hele wêreld” Oikoumene is. Hierdie sinsnede word verskeie kere in die Nuwe Testament gebruik. Wanneer dit ookal gebruik word beteken dit nie die algehele menslike populasie nie. Maar, dit beteken die Romeinse Wêreld of die nasies wat hulle destyds geken het. Lukas 2:1 as voorbeeld sê: “En in daardie dae het daar `n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld [oikoumene] ingeskryf moes word.” Niemand het gedink dat keiser Augustus `n sensus vereis van die mense van Japan, China, of die volke van die Noord Amerikaanse kontinent nie. Dit was eenvoudig maar net “Die Romeinse Wêreld” wat verplig was om te registreer vir die sensus.
1. die bewoonde aarde;
a. in Griekse geskrifte, die deel van die aarde bewoon deur die Grieke, in onderskeid van die land van die barbare, cf. Passow, ii., bl. 415a; (Liddell and Scott, onder die woord, I.).
b. in die Griekse skrywers wie geskryf het omtrent die Romeinse sake (soos die Latinorbis terrarum) ekwivalent aan die Romeinse ryk: so πᾶσα ἡ οἰκουμένη kontekstueel ekwivalent aan al die ondergeskiktes van hierdie ryk, Lukas 2:1.”5
As Yahushua aangedui het dat die evangelie wêreldwyd verkondig sou word, sou Hy `n ander Griekse woord gebruik het: Kosmos. Kosmos is die woord wat Grieks sprekendes sou gebruik wanneer hulle ookal verwys na óf die hele wêreld óf die ganse heelal.
|
So, toe Yahushua sê dat die evangelie regdeur die “hele wêreld” verkondig sou word, het hy nie die hele wêreld bedoel nie. Hy het die hele Romeinse keiserryk voorgestel. Sou Yahushua aangedui het dat die evangelie wêreldwyd verkondig word, sou Hy `n ander Griekse woord gebruik het: Kosmos. Kosmos is die woord wat Grieks sprekendes sou gebruik wanneer hulle wil verwys na óf die hele wêreld, Aarde, óf die ganse heelal. Dit is waarvandaan die Engelse woord Cosmos, kom. Hierdie woord word in Johannes 1:10 gebruik: “Hy was in die wêreld en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.” Yahushua het nie net die Romeinse Keiserryk ontwerp nie, Yahushua het die ganse heelaal ontwerp! Kosmos word ook gebruik in gedeeltes soos Johannes 3:16, Johannes 3:17, 1 Johannes 2:2, en Openbaring 17:8.
Nou dat ons weet dat die “hele wêreld” in Matthéüs 24 beteken nie die hele wêreld nie, kom ons kyk of dit in die eerste eeu vervul is. Was die evangelie regdeur die hele Romeinse Ryk verkondig voor 70 AD?
Vervulling: In Romeine 1:8, skryf die Apostel Paulus: dat julle geloof verkondig word in die hele wêreld,” is dieselfde Griekse woord wat Yahushua gebruik het in Matthéüs 24:14 (bv., oikumene). Volgens Paulus, het die evangelie versprei na die oikumene in sy leeftyd! Dit is nie die enigste plek waar Paulus dit noem nie. In 1 Timótheüs 3:16, sê hy, “En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is openbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid.”
Voorspelling: Wanneer julle dan die gruwel van verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom - laat hy wat lees, oplet – dan moet die wat in Judea is, na die berge vlug; wie op die dak is moet nie afkom om iets uit die huis weg te neem nie, en wie op die land is moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie. Maar weë die vrou wat swanger is en die wat soog, in daardie dae!” (verse 15-19)
Brian Godawa het gesê dat “Die Gruwel van Verwoesting wat staan in die heiligdom was een van drie dinge: 1) Die paganistiese Romeinse leier, Titus en sy Leërmag wat Jerusalem beleër, 2) die ongodsdienstige Selote wat die tempel betree het, 3) Die paganistiese Edomiete wat die tempel ontheilig het” 6
Titus beleër Jerusalem
Gebasseer op Lukas se parrallelle verslag oor die Olyfberg rede in hoofstuk 21 van sy evangelie, dink ek dit is waarskynlik die eerste opsie. In Lukas se verslag, sê Yahushua, “En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is. Dan moet die wat in Judéa is na die berge vlug” (Lukas 21:20-21).
Mens kan maar net Josefus se War Of The Jews lees om hierdie vervulling te sien.
Voorspelling: “Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees en nooit sal wees nie.” (vers 21)
Futuriste argumenteer dat die groot verdrukking nog nie plaasgevind het nie, omdat ons nog nie `n tydperk van vervolging gesien het wat “nie van die begin van die wêreld, tot nou toe, en nooit sal wees nie.” Soos Hal Lindsay argumenteer, skrywer van die Left Behind reeks, dit moet so ongelooflik gruwelik wees sodat niks erger kan wees nie. Maar, as ons Yahushua se woord neem dat dit beteken niks slegter kan wees as die groot verdrukking nie, sou ons tot die slotsom moet kom dat die Bybel met homself teenstrydig is. Waarom? In 587-586 v.C., het Babilon vir Israel ingeval, Israel beleër, en die tempel verwoes, en die meeste van die Jode in ballingskap weggevoer. In Esegiël 5:9, sê Yahuwah: en om al jou gruwels ontwil sal Ek aan jou doen wat Ek nooit gedoen het nie, en wat Ek só nooit weer sal doen nie.” Daniël ego hierdie woorde van die Babiloniese banvloek. Daniël 9:12: “En Hy het sy woorde oor ons in vervulling laat gaan wat Hy oor ons gespreek het en oor ons rigters wat ons bestuur het, deur groot onheil oor ons te bring wat onder die ganse hemel nie gebeur het soos in Jerusalem nie.”
Daar is baie voorspellings in Matthéüs 24 waarna ons kan kyk aangaande wat Yahushua sê en hoe hulle vervul was, maar om lengtes onthalwe, verkies ek om verse 21-29 oor te slaan, na waar Yahushua sê
“En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word,
en die maan sal sy glans nie gee nie,
en die sterre sal van die hemel val,
en die kragte van die hemel sal geskud word.’”
Futuriste en Agtergeblewendes argumenteer dat dit onmoontlik `n verwysing is na iets wat in die verlede plaasgevind het. Na alles was die son nie verduister in die eerste eeu nie, die maan het nie gestop om sy glans te gee nie, en die sterre het nie uit die hemel geval nie. Indien net een ster na die Aarde geval het in die eerste eeu, sou die hele wêreld verbrand het, en sou die lewe in hierdie wêreld tot niet gemaak wees!
Die teoloog John Owen dui aan dat hierdie taal metafories is. Hy skryf “Om jou nie te lank terug te hou op wat so eenvoudig en duidelik is, mag jy dit vir `n reël neem, dat, in die veroordelings van die oordele van Yahuwah, deur al die profete, word die hemel, son, maan, sterre, en sulke skoonhede en glorieryke verskynsels van die aspekteerbare hemele, beskou as heersers, regerings, heerskappye en politiese state, soos Jes. 14:12; Jer. 15:9, 51:25. Jesaja 13:13; Psalm 68:6; Joël 2:10; Op. 8:12; Matt. 24:29; Lukas 21:25; Jes. 60:20; Obad.4; Open.8:13;11:12;20:11, aandui.”7
Neem notisie van die verse waarna Owen verwys. Sommige van hierdie is Ou Testamentiese profesies van oordele gegee deur Yahuwah oor die slegte mense. Laat ons na Jesaja 13 as voorbeeld kyk. “Ek self het My geheiligdes ontbied; ook het Ek my helde tot my toorn geroep, my manne wat jubel in trotsheid. Hoor, `n gedruis op die berge soos van baie mense! Hoor, `n rumoer van die koninkryke, van versamelde nasies! Die Here van die leërskarre hou wapenskouing oor `n oorlogsleër. Hulle kom uit `n ver land, van die einde van die hemel af, die Here en die werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes. Huil julle, want die dag van die Here is naby; hy kom as `n verwoesting van die Almagtige. Daarom word al die hande slap, en elke mensehart versmelt; en hulle is verskrik, kry krampe en weë; hulle krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verras aan; hulle gesigte is vlammende gesigte.
Die een kyk die ander verbaas aan; hulle gesigte is vlammende gesigte. Kyk, die dag van die Here kom verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde `n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.
Want die sterre van die hemel en hul Orions sal hul lig nie laat skyn nie, die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie.”
Nou kom ons by die mees omstrede profesie van almal uit. “En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.”
Yahushua het sekerlik in die eerste eeu gekom, reg? Na alles, as Yahushua op die wolke van die Hemel gekom het met al die mense van die Aarde wat rou bedryf, sou dit defnitief die aandag van die eerste-eeuse historici gevang het, nie so nie? Wat dink u beteken “Die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel”? Meeste mense (ek self ingesluit) het geglo dat Yahushua gesê het Hy sal verskyn in die hemel bo-op wolke, soos baie kunssinnige voorstellings van die tweede koms aandui (gewoonlik `n ruiter op `n wit perd).
Nou, soos ek verduidelik naby die einde van die artikel, dink ek Yahushua sal weer kom op díe wyse, maar ek dink nie dit is wat Yahushua in Matthéüs 24 gesê het nie. Ek glo dat die wederkoms en die koms van Matthéüs 24 twee heeltemal afsonderlike gebeurtenisse is, die laaste een wat vervul is in 70 AD. Kom ek verduidelik waarom.
Christus se “koms op die wolke” trek sterk van Ou Testamentiese uitbeeldings van Yahuwah wat uit die hemel neerdaal om oordele uit te voer. Hierdie oordele was handelinge van Yahuwah beskryf in figuurlike taal omdat niemand Yahuwah as `n mensagtige figuur gesien het “wandelend op wolke” in die hemel toe die oordele uitgevoer was nie.
Númeri 11:25 “Daarop het die Here neergedaal in die wolk, en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was afgesonder en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer. Maar daarna nie meer nie.” (OV)
Psalm 18:10-13 “En Hy het die hemele gebuig en neergedaal, en donkerheid was onder sy voete. En Hy het op `n gérub gery en gevlieg; ja, Hy het gesweef op die vleuels van die wind. Duisternis het Hy sy skuilplek gemaak, sy hut rondom Hom; duisternis van waters, diktes van wolke. Deur die glans voor Hom het sy wolke verbygetrek, hael en gloeiende kole.” (OV)
Jesaja 19:1 “Godspraak oor Egipte. Kyk, die HERE ry op `n vinnige wolk, en kom na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste. (OV)
Daniël 7:13 “Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het een gekom soos die Seun van die mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gbring voor Hom.” (OV)
Nahum 1:3 “Die HERE is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit sal die HERE ongestraf bly nie. Sy weg is in die warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete.”
Ek dien in dat Yahushua se “koms op die wolke” in die Olyfbergrede is dieselfde soort “koms” nes Yahuwah gedoen het in hierdie verskillende Ou Testamentiese gedeeltes. Yahushua kon in oordeel “kom” oor Jerusalem sonder om letterlik in die lug te wees bo-op `n wolk waar elkeen hom kon sien met hul eie oë.
Waarom sou Yahushua na Jerusalem kom in oordeel? Want “Hy het na sy eiendom gekom en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.” (Johannes 1:11, OV)
GEVOLGTREKKING
|
Dit is waarom Yahushua geween het in Lukas 19; omdat die Joodse volk Yahushua as hul Messias verwerp het, en nou sal Hy hulle veroordeel deur die Romeinse weermag.
Hoegenaamd nie! Terwyl volle preteriste so sou sê, sal ek nie. Ek is `n gedeeltelike preteris. Terwyl ek dink dat die hele Matthéüs 24 (sowel as die meerderheid van Openbaring) vervul was in die eerste eeu, dink ek dat daar steeds `n paar profesies in die skrifte is wat nog vervul moet word. Ek dink daar sal inderdaad `n fisiese, sigbare tweede koms van Christus wees wat sal saamval met Christen wegraping en liggaamlike opstanding. Ek dink net nie Matthéüs 24 gaan daaroor nie.
Yahushua is `n ware profeet. Daardie generasie het in elk geval nie verbygegaan voordat alles wat Hy voorspel het, gebeur het nie.
NOTAS:
1: Gary DeMar, “Last Days Madness”, Wolgemuth & Hyatt Pub; page 33
2: Gary DeMar, from the online article “Norman Geisler and ‘This Generation'”, 2007
3: See “Norman Geisler and ‘This Generation'” By Gary DeMar, 2007
4: Thomas Newton, “Dissertations on the Prophecies Which Have Remarkably Been Fulfilled” (1754).
5: Thayer’s Greek Lexicon, “STRONGS NT 3625: οἰκουμένη” as cited on https://biblehub.com/greek/3625.htm
6: Godawa, Brian. Matthew 24 Fulfilled: Biblical and Historical Sources (Kindle Locations 1241-1242). Embedded Pictures Publishing. Kindle Edition.
7: John Owen, (vol. 8, p. 255, in a sermon entitled Shaking and Translating of Heaven and Earth, preached on April 19, 1649)
Hierdie is `n nie-WLC artikel geskryf deur Evan Minton. (Verkorte weergawe.)
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel geneem, en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die skrifte herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is. – WLC Span