Print

Die Vas Binding van Satan

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog`n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe self,  en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

`n Sleutel saak vir Christene is om Satan vas te bind. Die algemeenste oortuiging is dat Satan in die toekoms gebind sal wees na die wederkoms van Yahushua. Hierdie oortuiging het veroorsaak dat baie Christene Satan toegelaat het om groter gesag op aarde uit te oefen as wat hy verdien.

Openbaring 20:1-3 beskryf die oorwinning oor Satan deur Yahushua.

En ek het `n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die Afgrond en `n groot ketting in sy hand. En hy het die draak gegryp –en die ou slang wat die duiwel en die Satan is – en hy het hom gebind duisend jaar lank, en hom in die Afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie.

Ketting is die simbool van `n terughoudende mag. Dit staan vir die ware, soewerein, en die terughoudende mag van Yahushua. Tot en met die tyd van die kruis, was Satan by magte om die nasies van die aarde te domineer, maar die dood van Yahushua het hom verslaan. Hy het geen gesag in die hemel nie en kan slegs werk deur misleiding. Hy werk nog steeds maar sy aktiwiteite is beperk. Yahuwah beheer hom en hy kan nie die nasies domineer soos hy voorheen gedoen het nie. In die Ou Testament, het alle nasies behalwe Israel in duisternis gewoon. Satan sal nooit weer by magte wees om daardie soort mag weer te beoefen nie.

In die Ou Testament, het alle nasies behalwe die Israeliete in duisternis gelewe. Satan sal nooit weer by magte wees om daardie soort mag te beoefen nie.

Dit is nie `n beskrywing van een of ander toekomstige gebeurtenis nie. Die Bybel leer baie duidelik dat ons nie hoef te wag dat Satan in die toekoms vasgeketting moet word nie. Hy was verslaan deur Yahushua se oorwinning aan die kruis. Toe Yahushua aan die kruis getriomfeer het, het Hy Satan ontwapen van al sy magte en `n openbare tentoonstelling van hulle gemaak (Kol. 2:15). Hy het alles gedoen wat alreeds gedoen moet word om Satan se val te verseker.

Voordat Satan enigiets van Job kon aanraak, moes hy eers toestemming van die Here ontvang. Hy het geen mag oor `n regverdige man in die Ou Testamentiese wêreld gehad nie, Satan kon uitnemende mag uitgeoefen het. In hierdie eeu, is alle Christene regverdig gemaak deur die bloed van Yahushua. Satan kan hulle nie aanraak nie tensy hy toestemmng van die Here ontvang. Hy is `n instrument wat Yahuwah gebruik om Sy doelwitte te bereik. Satan het slegs mag oor hulle wie die verlossing verwerp deur Yahushua verskaf. As die meerderheid van die mense eers bekeer is, sal Satan se mag weg wees. Yahushua het hom gebind.

Die rede waarom Satan nog steeds blyk so aktief te wees is omdat die kerk misluk het om die volle omvang van wat Chistus bereik het te besef.

Die rede waarom Satan nog steeds so aktief blyk te wees is omdat die kerk gefaal het om die volle mate te besef van wat Christus bereik het. Deur Satan vas te ketting, werk Yahushua deur die kerk. Hy het die ketting wat Satan vasbind in die hande van sy volk gesit. Hulle moet Satan se mag oor die nasies teenwerk. Yahushua het `n geregtelike oorwinning aan die kruis verwerf. Wanneer `n besluit geneem is in `n geregshof, word dit nie `n feit totdat die polisie dit uitvoer nie. Die kerk het die polisiërings mag om Yahushua se geregtelike oorwinning af te dwing. Satan sal nie ten volle vasgebind wees totdat die kerk hom forseer om die uitslag wat uitgespreek is teen hom, aan die kruis, herken is nie.

Die kerk het die mag om Satan te bind maar is nie besig om die gesag aan haar toevertrou te gebruik nie. Satan sal nie gebind word in een of ander toekomstige gebeurtenis nie. Hy sal gebind word wanneer die kerk bewus sal word van haar alreedse bindende mag en sal begin om haar gesag in die naam van Yahushua te beoefen. Het Hy gesê,

Alles wat julle op die aarde bind, sal in die Hemel gebonde wees, en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.” (Matt 18:18).

Yahushua het hierdie stelling herhaal om die belangrikheid daarvan te wys (Matt 16:9). Satan is reeds gebind. Yahushua wag vir die kerk om hom styf vas te bind. Die gesag wat ons erfdeel is deur die opvaarding gedeel sal werklikheid raak. Yahushua werk nie meer direk op aarde nie, Hy werk deur die Heilige Gees, wie gaan oor die lewens van sy volk. Dit is die kerk wat Satan styf moet vasbind.

Satan is gebind deur die verkondiging van die evangelie. Toe die sewentig dissipels teruggekeer het van hul suksesvolle evangelie veldtog, het Yahushua gesê,

Ek het die Satan soos `n bliksem uit die hemel sien val. Kyk Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.” (Lukas 10: 18-19).

Namate die kerk die evangelie van die kruis met sukses verkondig, sal die Satan en sy engele die mag oor die lewens van mense verloor.

Soos die kerk die evangelie van die kruis suksesvol verkondig het, het Satan en sy engele die mag oor die lewens van die mense verloor. Die uitbreiding van die evangelie beperk hul sfeer van aktiwiteite. Wanneer die hele wêreld gewen is vir Yahushua, sal daar geen plek vir Satan op aarde wees nie.

Die kerk bind Satan ook deur geestelike oorlogvoering (Ef. 6:10-12). Toe Yahushua na die hemel opgevaar het, was alle mag aan hom gegee. Wat baie Christene nie besef nie, is dat hulle deelagtig is aan daardie gesag. Die Bybel leer dat,

en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Yahushua (Ef. 2: 6).

Nie net was Christus opgewek in `n posisie van gesag nie, maar diegene wie in Christus is, is ook opgewek met hom in die Gees. Hulle deel in hierdie gesag. Die kerk kan slegs die geestelike mag gebruik om Satan te bind. Hy kan slegs optree wanneer sondaars hom gesag gee om so te maak. As die kerk werklik haar bevoorregte posisie verstaan, sou Satan alreeds gebonde wees. Dit is waarom die heiliges uitgebeeld word as sittend op trone.

Nie net was Christus opgewek na `n posisie van gesag nie, maar diegene wie in Christus opgewek is is ook met Hom in die Gees opgewek. Hulle deel in sy gesag.

En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee, en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Yahushua en oor die woord van Yahuwah, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hul hand en op hul voorhoof nie ontvang het nie, en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. (Open 20:4)

Diegene getrou aan Yahushua het die gesag ontvang om na sy onthalwe te regeer. Hulle is diegene wat vir Satan vasbind.

Die groot vraag is dít: wanneer was Satan vasgebind? Die Bybel leer dat hy by die kruis vasgebind was. Een laaste voorbeeld is Matthéüs 12:29. Yahushua het geleer dat Satan gebonde is. Hy kon die bose geeste uitdryf, omdat die sterk man alreeds gebind is.

Of hoe kan iemand in die huis van `n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? . . .

Die feit dat die vroeë kerk by magte was om die verlossings bediening voort te sit is bewys van Satan se gebondenheid by die kruis. Ons moet die uitslag van die Bybel aanvaar. Yahushua het nie nodig om Satan te bind nie. Hy het alreeds alles gedoen nodig om hom te verhoed. Ons moet ons deel doen.

paartjie-wat-sukses-vier


Hierdie is `n nie -WLC artikel. Bron: https://www.kingwatch.co.nz/Times_Seasons/False_Teaching/binding_of

Ons het alle paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die Skrifte herstel soos dit deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is. – WLC Span