Hierdie is `n nie -WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite-outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuigings. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18, in gedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Sommige mense maak voorspellings van Yahushua se wederkoms `n voltydse stokperdjie. Bevat Mattheüs 24 die tekens nodig om Christus se wederkoms te voorspel?
Kerk geskiedenis is deurtrek met voorbeelde van sensasionele “profete” wie publieke aandag getrek het deur aanspraak daarop te maak dat hulle weet wanneer die tyd van die Here se wederkoms is.
Kerk geskiedenis is deurtrek met voorbeelde van sensasionele “profete” wie die publieke aandag getrek het deur aan te voer dat hulle die tyd van die Here se wederkoms ken.
|
William Milller, stigter van die Advent beweging, het aangekondig dat Christus in 1843 sou kom; toe daardie voorspelling nie gebeur nie, was `n hersiening gedoen en 1844 was vasgestel as `n datum. Daardie “profesie” het ook bewys dat dit ietwat die kol gemis het.
Joseph Smith, van die Mormoonse faam. Het gedink dat Christus nie later as 1891 sou kom nie, maar hy het ook die merk gemis.
C.T. Russel, die stigter van die Wagtoring organisasie, het verklaar dat die Wederkoms in 1914 sou plaasvind.
Een van die mees onlangse voorspellers is Hal Lindsay, skrywer van die gewilde boek The Late Great Planet Earth, wie van die argument uitgegaan het dat die “tekens” van Matthéüs 24 aandui dat Yahushua teen 1988 na die aarde sal terugkeer.
Lindsay het by die slotsom uitgekom deur voor te stel dat die “generasie” wat die weder-geboorte van Israel sal aanskou ook Christus se wederkoms sal sien. Sedert `n generasie veronderstel om veertig jaar te wees, het Lindsay aangevoer dat Christus terug sal keer om die “wegraping” in effek te laat gaan teen 1988 (`n siening sonder bybelse ondersteuning). Verder het hy tot die slotsom gekom dat die wegraping gevolg sal word deur `n sewe-jaar “verdrukkings” periode. Yahushua sal sigbaar verskyn teen 1995 om die “Slag van Armageddon” te wen en sodoende sy aardse millenniese heerskappy te begin.
Soos ons hierbo vermeld het, was die veronderstelde bewyse van die Here se wederkoms teen 1995 of so, te vinde in Matthéüs, hoofstuk vier-en-twintig.
Met die Here se vertrek uit Jerusalem (Matt 24:1, 2), het sy dissipels sy aandag gevestig op die tempel geboue. Toe het die Here gevra: “Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier nie een klip op die ander gelaat word nie, wat nie afgebreek sal word nie.” Die Heiland het van daardie ongelooflike vernietiging van Jerusalem gepraat, wat so veertig jaar later gesien sou word.
Die Bergpredikasie is verdeel in twee hoof seksies: eerstens het Yahushua gepraat van die afwagtende vernietiging van Jerusalem en die “tekens” wat daardie gebeurtenis sal aankondig; tweedens, het Hy gepraat van sy finale terugkeer en die te kort aan tekens wat daardie aangeleentheid sal karakter gee.
|
Terwyl hulle op die Olyfberg gesit het, het die dissipels die Here gevra wanneer hierdie dinge sal wees en wat sal die teken van die koms en die einde van die wêreld wees. Hulle veronderstel dat die tempel se vernietiging en einde van die wêreld gelyktydig sal wees. Christus, was in die diskoerse wat daarop sou volg, daarop uit om hul misverstand reg te stel.
Die Bergpredikasie is verdeel in twee hoof seksies: eerstens, Yahushua het gepraat van die afwagtende vernietiging van Jerusalem en die “tekens” wat daardie gebeurtenis sal afkondig (4-34); tweedens, het Hy gepraat van sy finale terugkeer en die tekort aan tekens wat daardie aangeleentheid sal karakter gee (35ff).
Dit is ongetwyfeld `n hartseer verhaal dat histeriese spekuleerders oor Bybelse profesie hierdie “tekens” sou neem wat alleenlik te doen het met die vernietiging van Jerusalem en poog om dit `n moderne toepassing te gee in konteks van `n kern Armageddon!
Die tekens waarvan die Here praat is te vinde in Matthéüs 24:4-14. Ons sal nie die tyd vat om dit in hierdie artikel te bespreek nie. Tog, is dit genoegsaam om te sê dat elke enkele een was vervul binne die bestek van die veertig jaar tydstip tussen die tyd van die Here se diskoerse en die vernietiging van Jerusalem in 70 AD. Laat ons drie goeie bronne van materiaal voorstel in verband hiermee:
Dít is uitstekende studie materiaal vir hierdie tema.
In die oorblywende gedeelte van hierdie artikel wil ek uitsluitlik wys dat die “tekens” van Matthéüs 24:4-14 nie hul vervulling vind in die finale terugkoms van Christus nie.
Die uitdrukking “al hierdie dinge” verwys na die tekens wat die Here gegee het. En “al die dinge” – die tekens – moes in vervulling gaan voor “hierdie generasie” verbygaan.”
|
Want sterk argumente wys dat die tekens van Matthéüs 24:4ff verwys na die vernietiging van Jerusalem in 70 A.D.
Eerstens in daardie belangrike vers wat die “kontinentale verdeling” van die vers maak, het Yahushua duidelik gesê: “Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.” (34). Die uitdrukking “al hierdie dinge” verwys na die tekens wat die Here gegee het. En “al hierdie dinge” – die tekens sou bereik word voor “hierdie generasie” verbygegaan het.
Die vraag is, wat is die betekenis van “hierdie generasie”? Dispensasionaliste is lief om te sê dat “generasie” na “ras” verwys; dus is dit net `n sinspeling tot die Joodse ras; en so, het die Here aangedui dat hierdie tekens vervul sal word terwyl die Joodse ras behoue gebly het (cf. The Scofield Reference Bible).
Maar so `n siening van “generasie” is teenstrydig met die gebruik van daardie woord in die Nuwe Testament. In die Greek Lexicon, sê Arndt & Gingrich dat genea [“generasie”] verwys basies na “die somtotaal van diegene wie in dieselfde tydstip gebore is, uitgebrei insluitende diegene wie lewe in `n sekere tydperk generasie, tydgenote” (bl. 153). `n Ondersoek van verskeie gedeeltes in Matthéüs se evangelie sal dit vining bevestig. (cf 11:16; 12:39,41,42,45; 16:4; 17:17; 23:36).
Alhoewel Lindsey en andere aanvoer dat Matthéüs 24 se beskrywing `n 20 ste eeuse internasionale kernoorlog voorstel, openbaar kontekstuele bepeinsing duidelik dat die Here verwys na `n antieke en lokale situasie.
Oordink die volgende faktore:
In verskeie lewende historiese illustrasies, sê die Here dat geen tydaanduiders gegee sal word om Sy Wederkoms vooruit te gaan nie; instede daarvan sal Oordeelsdag die mens onverhoeds betrap..
|
Die illustrasies voorgestel deur Yahushua om voorbereidheid vir sy Wederkoms te verseker sluit die moontlikheid van tekens wat gegee is om die tyd van daardie gebeurtenis, vooraf uit.
In verskeie lewende historiese illustrasies, verklaar die Here dat geen tydaanduidende illustrasies gegee sal word om sy Terugkoms aan te kondig nie: in plaas daarvan, sal Oordeelsdag die mens onverhoeds betrap.
Neem notisie van die volgende:
Niks in Matthéüs 24 ondersteun die teorie dat Christus sekere tekens gegee het wat die einde van die wêreld sal aankondig nie.
“Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemel nie, maar net my Vader alleen.” (Matt.24:36)
|
Een van die beslissendste feite wat demonstreer dat die Here geen tekens gegee het waardeur die einde van tyd bereken kan word nie is die bevestiging van vers 36. “Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.”
Die argument is rampspoedig alhoewel Yahushua die tekens van Matthéüs 24:4-14 gee, weet nie eens hy wanneer sy Wederkoms sal plaasvind nie. Dit moet daarom voor die handliggend vir enigeen wees (behalwe vir diegene heeltemal mislei) dat die tekens van Matthéús 24 in geen of ander wyse toegepas word om die tyd van die Here se Wederkoms uit te reken nie!
Lyk dit nie snaaks dat moderne “profete” Matthéüs 24 kan lees en die tyd voorspel van die einde van die wêreld; nogtans was hy wie hierdie boodskap uitgespreek het, nie eens by magte om dit te ontsyfer nie?!
Daar is geen tekens aangaande die tyd van die einde van hierdie tyd nie. Laat ons dus strewe om altyd voorbereid te wees vir die Here se Wederkoms, of die dood, wat ook al eerste kom.
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklie artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en die Seun in die Skrifte herstel soos dit oorspronklik geskryf was deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel – WLC Span