Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
“En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemel sal geskud word.’”- Matthéüs 24:29
Die apokaliptiese taal wat Yahushua gebruik om die verwoesting van die Tempel in Jerusalem te verduidelik word dikwels misverstaan dat dit omtrent die einde van die wêreld en die tweede koms van Christus is.
Aan die begin van wat as die “Berg predikasie” bekend staan, is Yahushua en sy dissipels by die Tempel. Met bewondering wys die dissipels stene en hoe wonderlik dit is. Sê hulle, “Meester, kyk watter klippe en watter geboue!”
En Yahushua antwoord en sê vir hom: “Sien jy hierdie groot geboue? Daar sal sekerlik nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie!
Dit het hulle verbaas, sodat hulle Yahushua vra: “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken dat al hierdie dinge volbring word?”
Ná dit is alles `n antwoord op hierdie twee vrae.
Die “einde van die era” is nie die “einde van die wêreld nie.” Die era wat tot `n einde gekom het is die Joodse eeu omdat die priesterskap, hul daaglikse offers, hul tempel, en hul status as `n nasie op die punt staan om van die aarde se oppervlakte uitgewis te word.
In hierdie konteks is, die “koms van die Here” soortgelyk aan wat gesê word omtrent Yahushua wat op die wolke ry toe Hy oordele teen Egipte gebring het:
“Kyk, Yahuwah ry op `n vinnige wolk en kom na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.” – Jesaja 19:1
Het Yahuwah `n wolk opgesaal en deur die hemel gery toe Hy die Egiptiese nasie veroordeel het? Nee, dis nie wat gebeur het nie.
`n Weermag van `n ander nasie het Egipte aangeval, en hulle het die “koms van die Here,” ondervind wie “ry op `n vinnige wolk” teen hulle.
Dit is wat Yahushua wil vertel wanneer, in die konteks van uitspraak van soortgelyke oordeel teen Jerusalem en hul Tempel, hy sê:
“En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.” – Markus 13:26
Yahushua gaan selfs so ver as om hulle te verwittig van die tydperk wanneer hierdie gebeure sal plaasvind:
“Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. - Markus 13:30
En Yahushua was reg. Die tempel was in AD 70 vernietig, nes Hy voorspel het dit sou wees, met geen steen op die ander gelaat nie in die leeftyd van hulle wie Hom aangehoor die profetiese oordele uitspreek.
WLC NOTA: Onmiddelik na die voorspelling omtrent die toekomstige Profeet/Messias (Deut. 18:18-19), Sê Yahuwah: “Maar die profeet wat so vermetel is om `n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe. ´En as jy in jou hart sê: ´Hoe sal ons die woord weet wat Yahuwah nie gespreek het nie?” – as die profeet in die naam van Yahuwah spreek, en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat Yahuwah nie gespreek het nie; deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie.” (Deut. 18:20-22) |
Wat daarvan waar Yahushua verwys na dinge soos die son en die maan wat hul lig nie gee nie? Wat van die profesie omtrent die sterre wat uit die lig val? Beteken dit nie die wêreld en die heelal is verwoes nie?
Ja en nee.
Baie soos die vorige gebruik van die “vuur is nie uitgeblus en sy wurm sterf nie” taal soos hierbo aangedui, dit is apokaliptiese hiperbool.
Hier is `n paar voorbeelde:
Jesaja se profesie teen Babilon:
“Want die sterre van die hemel en sy Orions sal hulle lig nie laat skyn nie; die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie. En Ek sal aan die wêreld sy boosheid besoek, en aan die goddelose sy ongeregtigheid; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder.” – Jesaja 13:9-11
Eségiël se profesie teen Egipte:
“En as Ek jou [Faroa] sal uitblus sal Ek die hemel oordek en sy sterre verdonker; Ek sal die son met wolke oordek, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie.” – Eségiël 30:18; 32:7-8
Amos het teen Israel geprofeteer omtrent hoe die Assiriërs hulle sou verwoes:
“En in die dag, spreek die Soewereine HERE, laat Ek die son op die middag ondergaan en vir die aarde die lig duister word terwyl dit nog dag is.” – Amos 8:9
Jesaja profeteer teen Edom:
"Kom nader, o volke …; en nasies luister! … En al die leerskare van die hemel vergaan, en die hemel word toegerol soos `n boek … Want my swaard het dronk geword in die hemel; kyk dit kom af op Edom en op die volk van my banvloek, om geoordeel te word".
Enigiets opgemerk?
Het u gesien hoe hierdie profete `n ware-wêreld oordeel teen hulle aankondig en nogtans kosmiese verwoestings taal gebruik?
Neem notisie hoe elkeen van hulle belowe dat die sterre sal duister word of die hemele versmelt en opgerol word soos `n boekrol? Neem notisie hoe voorspel hulle dat hierdie verwoesting gekenmerk word deur die son en die maan wat nie hul lig gee nie?
Dit alles? Dis apokaliptiese hiperbool – profeties en poëtiese oordrewe stellings omtrent die kosmiese-vlak oordele wat oor hulle almal sal kom.
Poëties, nie letterlik nie.
Geen sterre was beskadig in die verwoesting van Edom nie, geen mane of sonne was uitgewis toe daar met Babilon en Egipte mee afgereken was nie, en geen hemel was opgerol soos `n roti nie.
Hiperbool.
Gaan nou terug, en lees wat Yahushua te sê het omtrent die verwoesting van die Tempel en die “einde van die era” wat na Jerusalem sal kom binne `n enkele geslag. As jy so maak, sal u oplet dat hy die presiese frases gebruik, en wanneer hy so maak, verstaan die dissipels dat die maan, die son, die sterre en die hemelruim nie in bloed verander nie, uitgeblus word, val, of opgerol word in `n rubberband nie.
“Tempel Verwoesting 70 AD” deur Francesco Hayez
Hulle het geweet– wat ons waarskynlik nie weet nie – dat dit alombekende Ou Testament-styl apokaliptiese taal was, gebruik om `n uitsonderlike dag van verwoesting en oordeel wat sou plaasvind, aan te kondig.
Die taal is figuurlik, maar die verwoesting is baie, baie werklik.
Sien nog `n paar voorbeelde van hierdie soort apokaliptese hiperbool:
“Saamskraap, wegraap sal Ek alles van die aardbodem af weg, spreek die Here … Ek sal die mense uitroei van die aardbodem af weg” - Sefánja 1:2-3
Nota: Sefánja profeteer teen Juda voor die Babiloniese verwoesting van Jerusalem in 587 v.C. In hierdie gebeurtenis, het Yahuwah nie die hele wêreld verwoes of alles van die aardbodem uitgewis nie.
Toe die profeet Joël teen Juda profeteer, sê hy die volgende aangaande die leermagte wat gebruik sal word om Yahuwah se oordele te vervul.
“Voor hulle bewe die aarde; sidder die hemel; die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in…” Joël 2: 4-11
Nogmaals is dit nie `n belofte om die son en die maan uit te doof, of die sterre uit te blus in die hemel nie. Dit belowe om `n plotselinge verdoemenis oor Juda te bring weens hul sondes.
Het dit?
[Ek hoop so]
Hier is `n bonus voorbeeld vir jou
Wanneer Yahushua sê:
“Want dan sal daar groot verdrukking wees, soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.” [in Matthéüs 24: 21] …
...jy weet alreeds wat hy hier probeer sê, reg?
Natuurlik, weet jy. In die Ou Testament, was hierdie tipe taal oor en oor gebruik om die felheid en gruwel van die oordele wat sou kom te bekragtig.
“En om al jou gruwels ontwil sal Ek aan jou doen wat Ek nooit gedoen het nie, en wat Ek só nooit weer sal doen nie.” – Eségiël 5:9
Dit was weens die afwagtende verwoesting van Jerusalem in 586 v.C. Yahushua pas dieselfde taal toe op die afwagtende verwoesting van Jerusalem in A.D. 70 (Matthéüs 24:21). In die gewone hiperbool van die dag, was van beide gebeure gepraat asof hulle elkeen uniek gruwelik was, maar dit is maar net vir beklemtoning.
Die sprinkaan plaag in Eksodus 10:14 genoem, word beskryf deur dieselfde taal te gebruik, maar Joël 2:2 kom voor asof hulle `n ander sprinkaan plaag beskryf, net so uniek grusaam en “wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie,”
Die punt – en ek dink ek het dit gemaak – is dat hiperbool nooit letterlik is nie, maar verwoesting, altyd.
|
Maar kan hierdie drie gebeure die ergste wees van alle tye en nooit weer geëwenaar word nie? Natuurlik nie, maar dit is nie die punt hier nie. Die hiperbool is nie letterlik nie, maar die verwoesting wel.
Net so was Salomo beskryf as uitermate wys en majestieus, met dieselfde hiperbool in gebruik. (1 Konings 3:12-13). Maar ons weet van een [Yahushua] wie “groter is as Salomo” (Matthéüs 12:42).
Die “nooit te vore en nooit daarna” taal is tipiese hiperbool en moet nie gepers word tot `n letterlikheid verby dit wat bedoel was in enige van sy gebruike nie.
In Daniël 9:12 sê hy van die verwoesting van Jerusalem onder Nebukadnéssar:
“En Hy het sy woorde in vervulling laat gaan wat Hy oor ons gespreek het en oor ons rigters wat ons bestuur het, deur groot onheil oor ons te bring wat onder die ganse hemel nie gebeur het soos in Jerusalem nie.”
Regtig? Wel, miskien tot op die punt, maar sekerlik net vir `n tydjie.
Die punt – en ek dink ek het dit gemaak – is dat hiperbool nooit letterlik is nie, maar die verwoesting, altyd.
Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Keith Giles.
Ons het al die heidense name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die Skrif herstel soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span.