Print

Die Beginsel van Agentskap in die Nuwe Testament

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite-outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

Die Beginsel van Agentskap in die Nuwe Testament

Soos ons geleer het in Die Beginsels van Agentskap in die Ou Testament, is `n agent iemand wie “bemagtig is om te handel vir of in die plek van `n ander.”1 In Hebreeuse terme, is die agent of die “een gestuur,” die shaliah genoem. Die Nuwe Testamentiese ekwivalent is die term apostel of Apostolos in die Grieks, en dit beteken `n boodskapper, een met `n opdrag uitgestuur. Aangaande agentskap, skryf James McGrath, professor en Nuwe Testamentiese geleerde:

Agentskap was `n essensiële deel van alledaagse lewe in die antieke wêreld. Indiwidue soos profete en engele in die Joodse Skrifte genoem was as ‘agente’ van God beskou.

Agentskap was `n essensiële deel van alledaagse lewe in die antieke wêreld. Indiwidue soos profete en engele in die Joodse Skrifte genoem was as ‘agente’ van God beskou. Die sleutel idee aangaande agentskap in die antieke wêreld lyk of dit opgesom is in die frase van rabbynse literatuur so dikwels aangehaal in hierdie konteks: “Die een gestuur is soos die een wie hom gestuur het.”2

Yahushua het Dissipels Gedoop. Of Het Hy?

Die eerste geval van agentskap wat ons sal ondersoek is te vinde in Johannes se evangelie. Na die viering van die Pasga in Jerusalem. Het Yahushua dissipels gedoop:

Johannes 3:22-26 Hierna het Yahushua en Sy dissipels na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop. 23 En Johannes [die Doper] was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop. 24 Want Johannes was nog nie in die gevangenis gewerp nie. 25 Daar het toe van die kant van die dissipels van Johannes `n redenasie met die Jode ontstaan oor die reiniging. 26 En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: “Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.”

Volgens hierdie verslag, het Yahushua sy volgelinge gedoop. Dit blyk baie duidelik te wees, dit is totdat ons die openings verse in die volgende hoofstuk lees:

Johannes 4:1-3 Toe die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Yahushua meer dissipels maak en doop as 2 - alhoewel Yahushua self nie gedoop het nie, maar sy dissipels – 3 het Hy Judéa verlaat en weer na Galiléa gegaan.

Die hoof punt van die Joodse wet van agentskap word uitgedruk in die spreekwoord, “`n Persoon se agent word beskou as die persoon homself.”

Hoofstukke 3 en 4 sê albei dat Yahushua dissipels gedoop het, maar tussen hakies verklaar Johannes dat Yahushua nie die doop uitgevoer het nie. Wel, sy dissipels. Hoe kan Johannes sê dat Yahushua mense gedoop het, wanneer hy nie? Het hy gelieg? Nee, hy het die beginsel van agentskap toegepas. Die Encyclopedia of Jewish Religion verduidelik dit so:

Die hoof punt van die Joodse wet van agentskap word uitgedruk in die gesegde, “`n Persoon se agent is beskou as die persoon homself.” Daarom, is enige optrede uitgevoer deur `n behoorlik aangestelde agent beskou as deur die prinsipaal uitgevoer3

Omdat die dissipels Yahushua se “behoorlik aangestelde agente was,” was dit heeltemal aanvaarbaar om Yahushua krediet te gee vir die dopery. Dit is `n vreemde konsep vir die Westerlinge om te verstaan; maar, in die Hebreeuse kultuur, is dit normaliteit.

Die Hoofman oor Honderd en Sy Ongestelde Dienskneg

Die volgende voorbeeld van agentskap het te doene met `n Romeinse bevelvoerder en sy hoogs aangeskrewe dienskneg:

Matthéüs 8:5 -10 en 13 En nadat Yahushua in Kapérnaüm ingegaan het, kom daar `n hoofman oor honderd na Hom toe en smeek Hom 6 en sê: “Here, my kneg lê tuis verlam en hy ly hewige pyne. 7 Daarop sê Yahushua vir hom: Ek sal kom en hom gesond maak.” 8 En die hoofman oor honderd antwoord en sê: “Here, ek is nie werd dat u onder my dak inkom nie; maar spreek net die woord, en my kneg sal gesond word. 9 Want ek is ook `n man onder gesag en ek het soldate onder my. En vir hierdie een sê ek: ‘Gaan!’ en hy gaan, en `n ander, ‘Kom!’ en hy kom, en vir my dienskneg, ‘Doen dit!’ en hy doen dit.” 10 Toe Yahushua dit hoor, het Hy Hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: “Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so `n groot geloof nie gevind nie …. 13 Toe sê Yahushua vir die hoofman oor honderd: “Gaan, en laat dit vir jou wees soos jy geglo het. En sy kneg het gesond geword in daardie uur.

In Matthéüs se verslag, onderhandel Yahushua direk met die hoofman oor honderd. Maar wanneer ons Lukas se verslag lees, blyk daar `n skreiende kontras te wees.

Lukas 7:1-10 En nadat Hy voor die ore van die volk al sy woorde beëindig het, het hy in Kapérnaüm ingegaan. 2 En die dienskneg van `n sekere hoofman oor honderd, wat vir hom baie werd was, was ongesteld en hy het op sterwe gelê. 3 Toe hy dan van Yahushua hoor, het hy [die hoofman oor honderd] ouderlinge van die Jode na Hom gestuur met die versoek aan Hom dat Hy moes kom en sy dienskneg gesond maak. 4 En toe hulle by Yahushua kom, het hulle Hom dringend gesmeek en gesê: “Hy [die hoofman oor honderd] is dit werd dat U dit vir hom doen; want hy het ons volk lief en het selfs die sinagoge vir ons gebou.” 6 En Yahushua het saam met hulle gegaan; maar toe Hy nie meer ver van die huis af was nie, stuur die hoofman oor honderd vriende na Hom om vir Hom te sê: ‘Here moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie. 7 Daarom het ek myself ook nie waardig geag om na U te gaan nie; sê dit maar met `n woord, en my kneg sal gesond word. 8 Want ek is ook `n man wat aan gesag onderworpe is, en ek het soldate onder my; en vir hierdie een sê ek: ‘Gaan!’ en hy gaan; en vir `n ander een ‘Kom!’ en hy kom; en vir my dienskneg: ‘Doen dit!’ en hy doen dit. 9 Toe Yahushua dit hoor, was Hy oor hom verwonderd, en Hy draai Hom om en sê vir die skare wat Hom volg: “Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so `n groot geloof nie gevind nie.” 10 En toe die wat gestuur was, teruggaan na die huis, vind hulle die siek dienskneg gesond.

Matthéüs het geen probleem gehad deur verslag te doen dat die hoofman oor honderd na Yahushua gekom het omdat die ouderlinge en vriende wie hy gestuur het as agente in sy plek opgetree het nie.

Dit lyk of Lukas Matthéüs se verslag kontrasteer wanneer hy aanteken dat die hoofman oor honderd nie persoonlik met Yahushua ontmoet het nie. Ongelukkig, kyk sommige na waarskynlike teenstrydige idees soos hierdie en besluit dat die Bybel nie geloofwaardig is nie, en daarom, nie vertrou kan word nie. Maar, die teenstrydigheid word opgelos wanneer ons die wet van agentskap verstaan. Matthéüs het geen probleem gehad deur verslag te doen dat die hoofman oor honderd na Yahushua gekom het omdat die Joodse ouderlinge en vriende wie hy gestuur het, opgetree het as agente asof die hoofman oor honderd homself teenwoordig was. Pastoor en skrywer, David Burge, verduidelik:

Hier is die hoofman oor honderd die prinsipaal, die Joodse ouderlinge en die hoofman oor honderd se vriende is sy aangestelde, beopdragte agente. Onthou dat in Hebreeuse denke, is die prinsipaal en die agente nie altyd duidelik onderskei nie, Matthéüs noem slegs die prinsipaal (die hoofman oor honderd) sonder die onderskeid van die agent (die Joodse ouderlinge en vriende). Lukas noem beide die prinsipaal en agente. Om dit anders te stel, in Matthéüs se verslag, staan die ouderlinge (agente) vir en word hulle behandel as die hoofman oor honderd (prinsipaal), selfs as dit nie letterlik waar is nie.4

Earle Ellis, professor en teoloog stem saam:

Soos in die genesings op die Sabbat, in die genesing van die hoofman se kneg ... gebruik Matthéüs die shaliah-beginsel om die ouderlinge onder die persoon van die hoofman oor honderd te plaas.5

Jakobus en Johannes Versoek Yahushua

Ons volgende voorbeeld betrek twee van Yahushua se apostels en hul moeder. Toe Yahushua en sy dissipels oppad was na Jerusalem, het Yahushua die twaalf apostels eenkant geneem om hulle te vertel dat die godsdienstige leiers hom sal oorhandig aan die Heidene, wie, op hul beurt, hom sou vermoor. Nogtans het Yahushua gesê dat hy weer drie dae later sou opstaan.

Markus 10: 35-41 En Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedéüs, het na Hom [Yahushua] gekom en gesê: “Meester, ons wil hê dat U vir ons moet doen wat ons U ookal mag vra.” 36 En Hy sê vir hulle: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” 37 Hulle antwoord Hom: “Gee aan ons dat ons mag sit in U heerlikheid, een aan u regter- en een aan u linkerhand.” 38 Maar Yahushua sê vir hulle: “Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word?” 39 En hulle antwoord Hom: “Ons kan” Maar Yahushua sê vir hulle: “Dis waar, die beker wat Ek drink, sal julle drink, en die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word; 4 0 “maar om te sit aan my regter- en aan my linkerhand, berus nie by My om te gee nie, maar dit is vir hulle vir wie dit berei is.” 41 En toe die tien dit hoor, begin hulle verontwaardig te word oor Jakobus en Johannes.

Neem nou notisie van die verskille in Matthéüs se verslag:

Ons sien dat die moeder van Jakobus en Johannes as hul agent opgetree het toe sy Yahushua vra vir guns in sy komende koninkryk.

Matthéüs 20:20-24 Toe kom die moeder van die seuns van Sebedéüs met haar seuns na Hom [Yahushua] en buig voor Hom neer om iets van Hom te vra. 21 En Hy sê vir haar: “Wat wil jy hê?” Sy antwoord Hom: “Sê dat hierdie twee seuns van my in u koninkryk mag sit, een aan u regter-en een aan u linkerhand. 22 Maar Yahushua antwoord en sê: “Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek aanstons gaan drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word?” Hulle *sê vir Hom: “Ons kan.” 23 En Hy *sê vir hulle: “Dis waar, my beker sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word; maar om te sit aan my regter - en aan my linkerhand berus nie by My om te gee nie, maar is vir hulle vir wie dit deur my Vader berei is.” 24 En toe die tien dit hoor, was hulle verontwaardig oor die twee broers.

Ons sien dat die moeder van Jakobus en Johannes as hul agent gedien het toe sy Yahushua versoek vir guns in die komende koninkryk. Was Markus verkeerd om verslag te gee van die gebeurtenis asof Jakobus en Johannes direk vir Yahushua vir posisie in sy regering gevra het? Nee, Markus het die beginsel van agentskap gebruik in sy vertelling.

Saul van Tarsus

Die laaste voorbeeld waarna ons sal kyk kom uit die Boek van Handelinge. Toe Saul van Tarsus (later bekend as die apostel Paulus) “wat nog deur dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here,” het hy die hoë priester vir gesag gevra sodat hy kan reis na Damaskus om enige volgeling van Yahushua te arresteer wat hy daar mag vind. Lukas het die volgende verslag gegee:

Handelinge 9:3-6 3 En toe hy [Saul] op reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik `n lig van die hemel af; 4 en hy val op die grond en hoor `n stem vir hom sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” 4 En hy sê: “Wie is U Here? En Hy : “Ek is Yahushua wat jy vervolg, 6 Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen.”

Hoe kon Saul Yahushua vervolg het terwyl die Here aan die regterhand van Yahuwah in die hemele gesit het? Weereens, verskaf agentskap die antwoord…

Hoe kon Saul Yahushua vervolg het terwyl die Here aan die regterhand van Yahuwah in die hemel was? Weereens, voorsien die agentskap die antwoord omdat wanneer jy onderhandel met die agent, is jy, in werklikheid, onderhandelend met die sender (prinsipaal). Professor en teoloog Marianne Thompson brei hieroor uit:

`n Algemene gesegde onder die rabbi`s was “die een wie gestuur is is nes die een wie hom gestuur het” of “`n mens se agent is gelyk aan homself”. Omdat die saliah [shaliah] mag optree in die plek van die een wie hom gestuur het, wanneer mens onderhandel met die saliah [shaliah] is dit asof mens onderhandel met die een wat daardie persoon gestuur het.6

In essens is dit wat Yahushua sy dissipels geleer het:

Lukas 10:16 “Wie na julle luister, luister na My, en wie julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.”

En ook:

“Die Koning sal antwoord en vir hulle sê: ‘Voorwaar, Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.’

Toe Saulus die volgelinge van Christus vervolg het, diegene wie hy beopdrag en in sy naam uitgestuur het, het hy eintlik die een wie hulle gestuur het, vervolg, dit is, Yahushua. Nie in `n fisiese wyse nie, voor die handliggend, maar in `n verteenwoordigende wyse. Sodoende, laat die wet van agentskap Yahushua toe om te sê dat Saul hom vervolg het.

Ter opsomming het ons geleer dat `n agent bemagtig is om op te tree namens of in die plek van `n ander. Die beginsel of wet van agentskap staaf dat die een wie gestuur is word beskou as die een wie hom gestuur het. Agentskap was `n alledaagse gebeurtenis in die antieke wêreld, regdeur die Skrifte gedemonstreer. Wanneer ons die Bybel uit `n Joodse perspektief lees, sal moeilike of verwarrende gedeeltes sinvol raak, teenstrydige gedeeltes harmonieer, en bekende gedeeltes word lewend.


1 “agent,” Merriam Webster Dictionary, accessed 06-16-19, https://www.merriam-webster.com/dictionary/agent

2 James F. McGrath, The Only True God: Early Christian Monotheism in its Jewish Context, (University of Illinois Press, 2009) p. 14.

3 “Agent” (Heb. Shaliah), The Encyclopedia of Jewish Religion, R.J.Z. Werblowsky, G. Wigoder, (New York: Adama Books, 1986), p. 15.

4 David Burge, Divine Agency in the Scriptures, 8-10-15, https://sandrahopper.blogspot.com/2015/ accessed 7-5-19

5 E. Earle Ellis, The Making of the New Testament Documents, (Society of Biblical Literature, 2009), p. 342

6 Marianne Meye Thompson, “Gospel of John,” in Dictionary of Jesus and the Gospels, Joel B. Green, ed. 1992 (Downers Grove, IL: Intervarsity Press, 1992), p. 377


Hierdie is `n nie-WLC artikel. Bron: https://oneGodworship.com/the-principle-of-agency-in-the-new-testament/

Ons het al die paganistiese name van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span