Print

Die Beginsel van Agentskap in die Ou Testament

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

Die Beginsel van Agentskap in die Ou Testament

Die beginsel van agentskap, ook bekend as die wet van agentskap, is `n belangrike gebod wat ons help om Skrifte as `n geheel beter te verstaan, meer spesifiek, wie Yahushua is, sy bediening, en sy verhouding met Yahuwah. Diegene wie die gange van akademie bewandel, het lank reeds van hierdie beginsel geweet. Ongelukkig, is diegene wie beopdrag is met die instruksie van die Christene in die kerkbanke, of onbewus daarvan of het nagelaat om dit te deel met diegene in hul sorg.

n Agent word beskryf as een wie “bemagtig is om te handel vir of in die plek van iemand anders.”

Wat, dan is die beginsel van agentskap? `n Agent word beskryf as een wie “bemagtig is om te handel vir of in die plek van iemand anders.” In Hebreeuse terme, is die agent of die “een gestuur” genoem die shaliah (ook shaliach, salaiah, salah). Die woord kom van die werkwoord shelach, wat beteken om te stuur. James McGrath, professor en Nuwe Testament geleerde, skryf:

Agentskap was `n essensiële deel van alledaaglikse lewe in die antieke wêreld. Indiwidue soos profete en engele genoem in die Joodse Geskrifte was as “agente” van God beskou. Die sleutel idee aangaande agentskap in die antieke wêreld blyk of dit opgesom kan wees in die frase uit rabbynse literatuur so dikwels in hierdie konteks aangehaal: “Die een gestuur is soos die een wie hom gestuur het.”1

Ons vind die beginsel van agentskap regdeur die Skrifte geïllustreer. Dit is belangrik om te onthou dat `n teks nie noodwendig moet spesifiseer dat iemand so te sê “gestuur” is nie, vir die beginsel om in werking te wees is nie.

Adam en Eva

Die eerste voorbeeld wat ons in die Skrifte het van iemand wie beopdrag is om in die plek van Yahuwah op te tree is Adam en Eva:

Yahuwah het Adam en Eva aangestel, (en deur uitbreiding, die hele mensdom) met heerskappy oor die Skepping in Sy onthalwe.

Genesis 1:26-28 26 En Elohim het gesê: Laat ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor al die diere wat oor die aarde kruip. 27 En Elohim het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van Elohim het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. 28 En Elohim het hulle geseën, en Elohim het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.”

Die woord “heers” in Hebreeus is radah, en dit beteken om heerskappy daaroor te hê, om te heers of te onderwerp.2 Yahuwah het Adam en Eva aangestel, (en deur uitbreiding, die hele mensdom) met heerskappy oor die Skepping in Sy onthalwe. Baker`s Evangelical Dictionary of Biblical Theology sê:

Die koninkryk van Yahuwah is `n konsep wat die oorspronklike bevel koppel dat die mensdom, as sy agente, die aarde onderwerp en heerskappy daaroor moet op neem.

Bo en behalwe dit, sê The Spirit-Filled Bible, “Yahuwah het die mens geskape om Sy koninkryks agent te wees, om die res van die skepping te beheer en te onderwerp…3. As `n agent was Adam “die seun van Yahuwah” genoem.4

Eliëser, Dienskneg van Abraham

`n Algemene gesegde onder die rabbi`s was “die een wie gestuur is is soos die een wat hom stuur” of “`n mens se agent is gelyk aan homself.

Nog `n voorbeeld van agentskap is te vinde in Genesis 24. Abraham maak sy dienaar, wie baie geleerdes geglo het Eliëser moes wees, belowe dat die patriarg se seun, Isak, nie met iemand moes trou van `n heidense nasie nie. Om dit te verseker, het Abraham Eliëser na die voorvader land gestuur om `n vrou te vind tussen sy familielede. Deur so te doen, het Abraham Eliëser effektief gesag gegee om in sy plek op te tree. Bybel geleerde, Marianne Meye Thompson, skryf oor die beginsel van agentskap en hoe dit gebruik kan word om in verskeie wettige transaksies, insluitend gereëlde huwelike:

In die rabbynse geskrifte is daar verwysings na die uitbeelding van die saliah [shaliah], wat letterlik beteken “een wie gesuur is” … `n Saliah was `n plaasvervanger uitgestuur op `n taak of `n opdrag met spesifieke instruksies en gesag om besigheidstransaksies uit te voer. Volgens die Talmoed, kon `n saliah, onder ander dinge, besigheidstransaksies uitvoer, bindende verdrae sluit en huwelike beplan. `n Algemene gesegde onder die rabbi`s was “die een wie gestuur is is soos die een wat hom stuur” of “`n mens se agent is gelyk aan homself.” Omdat die saliah mag optree in die plek van die een wie hom gestuur het, wanneer mens met die saliah onderhandel is dit asof mens onderhandel met die een wat daardie persoon gestuur het.5

Josef, Seun van Jakob

Nog `n voorbeeld van agentskap is te vinde in Josef, seun van Jakob. Josef was as slaaf verkoop deur sy misleidende, moordenaar broers. Maar deur goddelike voorsienigheid, het Josef uitgestyg tot `n prominente pos as tweede in bevel in die hof van Farao van Egipte. Toe hongersnood sy broers geforseer het om vir graan te pleit voor die hof, het hulle onbewustelik van aangesig tot aangesig gekom met hul broer wat hulle verraai het. Een van die broers, Juda, het voor Josef gestaan en gesê: “En laat u toorn nie teen u dienaar ontvlam nie, want u staan gelyk met Farao.” (Genesis 44:18, klem voorsien). Die Hebreeuse broers het verstaan dat selfs as Josef nie Farao was nie, was hy die koning se agent en, as sulks, beskou as sy gelyke. Met ander woorde, indien jy met Josef onderhandel het, was dit asof jy met Farao van aangesig tot aangesig onderhandel het. Wonder bo wonder het Josef sy broers vergewe omdat hy verstaan het dat deur hul verraad het hy `n agent geword, nie net van Farao nie, maar van Yahuwah:

Die Hebreeuse broers het verstaan dat selfs as Josef nie Farao was nie, was hy die koning se agent en, as sulks, as sy gelyke beskou.

Genesis 45:4-8 4Verder sê Josef aan sy broers, Kom tog nader na my. En toe hulle nader kom, sê hy: “Ek is julle broer Josef, vir wie julle na Egipte verkoop het.5 “Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het Yahuwah my voor julle uitgestuur. 6 “Want daar was nou twee jaar hongersnood in die land, en daar is nog vyf jaar waarin nie geploeg of geoes sal word nie. 7 “Maar Elohim het my voor julle uitgestuur om vir julle `n oorblyfsel op die aarde te verseker en om julle in die lewe te hou tot`n groot verlossing. 8Júlle het my nou dan nie hierheen gestuur nie, maar Elohim; en Hy het my `n raadsman van Farao gemaak en `n gebieder oor sy hele huis en `n regeerder in die hele Egipteland.

Die woord “uitgestuur” in elke geval is die Hebreeuse woord shalach. Josef was eintlik deur Yahuwah na Egipte gestuur as Sy agent om die Hebreeuse volk te bewaar.

Die Engel van Yahuwah

Nes McGrath vroeër gesê het, bykomend aan indiwidue, “…was engele in die Joodse Skrifte beskryf as ‘agente’ van Yahuwah.”6 The Complete Word Study Dictionary of the Old Testament stem hiermee saam:

“Die woord [salah] is gebruik om God se uitstuur of wegstuur in `n voorsienige wyse of doel te beskryf; selfs `n engel of `n goddelike boodskapper kan deur God gestuur word…”7

Ons sien `n voorbeeld van `n engel wie optree as Yahuwah se agent in een van die mees bekende gedeeltes van die Ou Testament:

Exodus 3:1-6 En Moses het die kleinvee opgepas van sy skoonvader Jetro, die priester van Midian. En toe hy die kleinvee agter die woestyn gedryf het, kom hy by die berg van Elohim, by Horeb. 2 Daarop verskyn die engel van Yahuwah aan hom in die doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur; maar die doringbos word nie verteer nie! 3 En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie verskynsel bekyk, waarom die bos nie verbrand nie. Toe Yahuwah sien dat hy nuuskierig nader kom, roep Elohim na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek” 5 En Hy sê: Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die grond waarop jy staan is heilige grond.” 6 En Yahuwah sê: “Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob.” Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om Elohim aan te sien.

Eerstens verduidelik of identifiseer die Bybel nooit Yahushua as die engel van Yahuwah nie. Tweedens, in sy preek voor die Sanhedrin, het Stefanus die wese in die brandende bos as `n engel geïdentifiseer, nie as `n vooraf-bestaande Christus nie. Derdens, die skrywer van Hebreërs skryf dat Yahushua nie `n engel is nie.

Vers 2 vertel ons dat die engel van Yahuwah aan Moses verskyn het uit die brandende bos. Die fokus verander in vers 4 van die engel in die middel van die brandende bos na Yahuwah. Sommige mag wonder wie presies teenwoordig was in die bos. Was dit die engel van Yahuwah of beide? Sommige glo selfs dat dit `n vooraf-bestaande Christus is omdat die engel praat in die eerste persoon- “Ek is die God van jou vader …” Om hierdie dilemma op te los, moet ons na die Skrifte gaan.

In die eerste plek verduidelik of identifiseer die Bybel nooit Yahushua as die engel van Yahuwah nie. Nie in hierdie geval, of enige ander van daardie gevalle nie. Tweedens, in sy preek voor die Sanhedrin, het Stefanus die wese in die brandende bos as `n engel geïdentifiseer, nie as `n vooraf-bestaande Christus nie.8 Derdens, die skrywer van Hebreërs skryf dat Yahushua nie `n engel is nie:

Hebreërs 1:13 En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand TOTDAT EK AL U VYANDE GEMAAK HET `N VOETBANK VAN U VOETE”?

Die skrywer se punt is dat Yahushua beter as `n engel is, as bewys, deels, omdat Yahuwah nooit `n engel verhef het om aan Sy regterhand te sit nie soos Hy met Yahushua gedoen het nie. Dus, is `n vooraf-bestaande Yahushua nie `n engel van Yahuwah nie.

Die antwoord aangaande wie in die brandende bos was, is te vinde in wanneer ons die beginsel van agentskap toepas. Dit help ons verstaan hoe `n engel kan praat “as Yahuwah.” Die Encyclopedia of Jewish Religion verduidelik agentskap op hierdie wyse:

Die hoofpunt van die Joodse wet van agentskap is uitgedruk in die gesegde, “`n persoon se agent is beskou as die persoon homself.” Dus, enige handeling uitgevoer deur `n behoorlik aangestelde agent word beskou as deur die prinsipaal self uitgevoer9

Daarom, as Yahuwah se agent, was die engel van Yahuwah beskou as Yahuwah homself. Sommige geleerdes glo die “engel van Yahuwah se teenwoordigheid,” later bespreek in Exodus en die boek van Jesaja, is die engel wat met Moses ontmoet het.

Moses, as `n Agent van Yahuwah

In `n voortsetting van die gesprek uit die brandende bos, vertel Yahuwah Moses dat Hy het die jammerklagte van Sy volk gehoor en dat Hy hulle gaan verlos uit Egiptiese slawerny:

Exodus 3:10 “Gaan dan nou heen, dat Ek jou na Farao kan stuur, en lei my volk, die kinders van Israel, uit Egipte uit.”

Moses voer aan dat hy nie kan gaan nie, “want ek is swaar van mond en swaar van tong.” Die Here se toorn het gebrand teen Sy onwillige agent:

Exodus 4:13-16 Maar hy sê: Ag Here, stuur tog deur wie U wil stuur.14 Toe ontvlam die toorn van Yahuwah teen Moses, en Hy sê: “Is jou broer Aäron, die Leviet, nie daar nie? Ek weet dat hy goed kan praat. En hy gaan ook al uit om jou te ontmoet, en as hy jou sien, sal hy bly wees in sy hart. 15 “Jy moet dan met hom spreek en die woorde in sy mond lê. En Ék sal met jou mond wees en julle leer wat julle moet doen. 16 “En hy moet vir jou met die volk spreek, en dan sal hy vir jou `n mond wees en jy vir hom soos Elohim wees.

Vir `n tweede keer het Yahuwah met Moses gespreek en sy opdrag herhaal:

In Semitiese denke was hierdie boodskapper-verteenwoordiger verwek as om persoonlik-en in sy einste woorde-die teenwoordigheid van die sender te wees.

Exodus 7:1 En Yahuwah het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as `n God [Elohim] vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees.

Hoe kon Moses Yahuwah wees? Dit klink soos godslastering totdat ons besef dat Yahuwah die een is wat spreek. Weereens die antwoord is agentskap. Die woord “God” in hierdie wisseling is elohim en dit beteken god of God. Dit kan gebruik word vir engele, gode, Yahuwah en selfs mense, veral vorste, konings en rigters wie dien in Yahuwah se onthalwe. Daarom, het Yahuwah Moses as Sy agent gestuur en hom elohim of Yahuwah genoem. Moses was nie letterlik Yahuwah nie maar hy kon vir Yahuwah spreek en sodoende oorweeg word as Yahuwah se verteenwoordiger. A.R. Johnson, Bybel geleerde en skrywer, skryf:

In Semitiese denke was hierdie boodskapper-verteenwoordiger verwek as om persoonlik-en in sy einste woorde-die teenwoordigheid van die sender te wees.10

As God se shaliah, as Moses gespreek het, was dit nes asof om in die einste teenwoordigheid van die God te wees, wie hom gestuur het. Een geleerde het dit op hierdie wyse gestel: “Die Joodse beginsel van shaliah” stem ooreen met die maksim, “die een gestuur verteenwoordig die volle teenwoordigheid van die een wie stuur.”11

Ter opsomming, is diegene deur Yahuwah gestuur om `n taak uit te voer of om `n rol namens Yahuwah op te neem shaliah genoem, agente en selfs god (elohim). Derhalwe, wanneer hulle kommunikeer met diegene waarheen hulle gestuur is, is dit soos om “persoonlik …in die teenwoordigheid van die sender te wees.” Dit mag `n vreemde konsep wees vir die Westerse gedagtegang, maar aan die Hebreeuse denke, was dit normaliteit. Deur hierdie beginsel te verstaan help ons om die betekenis van spesifieke gedeeltes soos die engel van Yahuwah in die brandende bos en Moses wat Yahuwah genoem word, te begryp.


1 James F. McGrath, The Only True God: Early Christian Monotheism in its Jewish Context, (University of Illinois Press, 2009) p. 14.

2 radah, #7287a, New American Standard Greek-Hebrew Dictionary

3 The Spirit-Filled Bible, (Nashville, TN: Thomas Nelson Publishers, 1991), p. 5.

4 Lukas 3:38

5 Marianne Meye Thompson, “Gospel of John,” in Dictionary of Jesus and the Gospels, Joel B. Green, ed. 1992 (Downers Grove, IL: Intervarsity Press, 1992), p. 377.

6 McGrath, Ibid.

7 “salah,” #7971, The Complete Word Study Dictionary Old Testament, Warren Baker, (Chattanooga, TN: AMG Publishers, 2003), p. 1146

8 Handelinge 7:30-32

9 “Agent” (Heb. Shaliah), The Encyclopedia of Jewish Religion, R.J.Z. Werblowsky, G. WiYahuwaher, (New York: Adama Books, 1986), p. 15.

10 engele van Yahuwah se teenwoordigheid: Exodus 23:20-23; 33:14-15; Jesaja 63:9.

11 “`n God” in Exodus 4:16 en 7:1. The word “`n” is nie in die oorspronklike nie maar was bygevoeg deur vertalers. Dit lees letterlik, “jy sal god vir hom wees” en “maak jou god vir Farao.”


Hierdie is `n nie-WLC artikel. Bron: https://onegodworship.com/the-principle-of-agency-in-the-old-testament/

Ons het al die paganistiese name van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span