|
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |

Net een boek in die Bybel stel hierdie goeie nuus sistematies voor. Al die ander boeke het deeltjies daarvan, maar net een boek stel dit sistematies voor. Hierdie boek is die eerste van die sendbriewe want dit is die mees belangrikste. Die sendbriewe het briewe aan die sewe kerke: Romeine, Korinthiërs, Galasiërs, Efesiërs, Filippense, Kollosense, en die Thessalonicense, maar Romeine is eerste.
Eerste en Tweede Thessalonicense is omtrent die tweede advent, in elke hoofstuk. Dit is nie goeie nuus tensy jy die betekenis van die eerste koms verstaan nie. Enige groep wat die eerste advent gedeelte leer sonder die lens van die kruis verdraai die Evangelie. Ons is nie gereed vir daardie heerlike epifanie as ons nie skuiling onder die kruis ingeneem het nie – die hoogtepunt van die eerste advent.
Romeine is die eerste van die sendbriewe, wat handel met ons eerste groot probleem. Die sondemag kan nooit gebreek word totdat die skuldlas van sonde verwyder is nie: daardie swak humeur, daardie onreinheid, vraatsug, daardie bekommernis, daardie skinder gees, daardie kwaadwilligheid.
In die boek van Romeine, leer ons dat alle skuldigheid is nes `n korrel sand langs die berg van Yahuwah se vergifnis is, en al ons sondes nes `n vonk wat val in die oseaan van Yahuwah se genade. Dit is in hierdie boek waarin ons leer dat Yahuwah die goddelose regverdig maak, meer gewillig is om jou en my te red as wat `n moeder haar kind van `n vlammende huis sou red. Dís goeie nuus.
Ons almal het `n passievolle verlange, `n drywende motivering om aanvaar te word. Verhoudings maak baie saak in die lewe, nie skynbare besigheidssukses nie, nie akademiese glorie nie.
Maar die lewe is driehoekig. Ek kan myself nie aanvaar totdat ek reg met Yahuwah is en ek weet dat Hy my aanvaar nie.
Weet jy wat die hardste geluid in die wêreld is? Die stille geroep van `n skuldige gewete is die luidste klank in die wêreld. Dit is gewoonlik vir dinge nie gedoen nie want ek en jy durf nie waag om slegte dinge te doen nie, dit is omtrent ongedane dinge – vir ons wederhelf, vir ons seuns en dogters, vir ons ouers, broers en susters, vir ons broeders en susters in die geloof, vir ons bure. Die luidste klank in die ganse wêreld is die stille geroep van `n skuldige gewete vir al die dinge nie gedoen nie.
“Omdat julle dit nie aan die geringste onder hulle gedoen het nie, het julle dit nie aan my gedoen nie.” Dit is `n snydende vreesaanjaende beskuldiging teen ons almal, ons kan nie sê, “Wie van julle oortuig my van sonde?” Nie een van ons kan sê, “Ek doen altyd die dinge wat Hom tevrede stel.”
Dus is hier `n boek wat handel met ons grootste probleem: hoe om deur Yahuwah aanvaar te word sodat ek myself mag aanvaar. As ek myself kan aanvaar, dan kan ek ander aanvaar.
Ek weet ek het foute, en hulle is onnoembaar, so hoekom sal `n sekere getal moeilikhede met my broer of suster my verhoed dat ek hulle aanvaar? Dit is die driehoek: aanvaarding van Yahuwah, jy kan jouself aanvaar, en wanneer jy jouself aanvaar het, kan jy ander aanvaar:
Dus is hier `n boek wat handel met ons grootste probleem: hoe om deur Yahuwah aanvaar te word sodat ek myself mag aanvaar. As ek myself kan aanvaar, dan kan ek ander aanvaar.
|
Jy kan altyd iemand uitken wat nooit aanvaarding met Yahuwah gevind het nie. Hulle is bitter, krities, en is lief vir skinder. Hulle floreer op die foute van hul broers en susters. Dit is die teken dat hulle nooit by magte is om hulself te aanvaar omdat hulleself nie aanvaarding deur Yahuwah ken nie.
Hier is dan `n boek wat met hierdie saak handel aangaande aanvaarding en hoe om ontslae te raak van skuld. Dit antwoord al die merkwaardige probleme van ons lewens: Waarom lyding, tragedie, waarom hartseer?” As Yahuwah goed en al-magtig is, waarom dan? Wat volg na die dood? Hoe moet ons lewe? Hoe moet ons verhouding met regerings wees, met kerklede, met familie, met bure?
Hoe kan ons vermy om deur veral slegte godsdiens mislei te word? Moet nooit vergeet dat die meeste godsdienste sleg is. Tensy die godsdiens wat ons koester ons goedhartig, vrygewig, sagmoedig, en jammerhartig maak, is dit nie die godsdiens van Christus nie. `n Godsdiens einlik net van dogma wat ons beter as ander mense maak wie nie soveel soos ons weet nie – wat `n misleiding!
Die grootste misleiding van die menslike denke is dat daardie gewone koms tot die waarheid regverdigheid bevat. Die Evangelie breek die hart. Dit verander die denke. Ons kom daarheen met die ‘tensys’ van Yahushua wat in ons ore eggo. “Tensy `n man of vrou wedergebore word, kan hy nie die koninkryk van die Hemel sien nie.” “Tensy jy bekeer, sal julle net so omkom.” “Tensy jy die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink, is daar geen lewe in jou nie.”
As mense net die waarde van die boek van Romeine besef het, sal hulle veg om dit te kry. En dan sal hulle hul lewe deurbring om dit te studeer asof hul lewens daarvan afhang -– want hulle weet.
Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Dr. Desmond Ford.
Ons het die Engelse titels en name van die Vader en die Seun vervang met dít gebruik deur die apostels. In die skriftuurlike aanhalings voorsien, het ons hul oorspronklike name herstel soos deur die geïnspireerde skrywers gebruik. Nietemin, erken ons die historiese ontwikkeling waardeur die naam Yahushua bekend geword het as “Jesus.” Boonop erken ons dat die Engelse term “God” algemeen gebruik was as `n ekwivalent vir die Hebreeuse Eloah of Elohim. – WLC Span