Print

Die Bybel en net die Bybel Alleen, die Reëls vir Geloof en Verantwoordelikheid

bibleToe die redakteur van die “Advent Review and Sabbath Herald” hierdie frase geplaas het, as die hoofopskrif van die koerant wat in Augustus 1854 verskyn het, as die eerste beginsel vir die leerstellings van die koerant, het hy nie werklik besef hoe gewild die Bybel 150 jaar later sal wees. Geen ander boek kon nog dit ewenaar, en ook nie deur vandag se verkope van die Bybel. Die Bybel is vertaal in 438 tale en (die Nuwe Testament in ʼn verstommende 1,168 tale) en met die op datering van die Bybel se verkope kan daar nie voorgebly word om dit neer te skryf. Die vertaling en die verspreidings werk van die Bybel, is een van die grootse pogings van die mens vir alle tye.

Professionele spesialisering in die studie van die Bybel en verspreiding daarvan is die grootste, en ook die nodigste, en is dit ook die oudste onderrig professie. In die huidige skeptiese tyd is dit nommer een op die ranglys. Geen ander gebied van vakgeleerdheid  kan kompeteer met Bybel verwante studies en die ekklesia vermeerder steeds in elke stad in die wêreld.     

Die Bybel is die enigste klassieke godsdienstige literatuur wat bestaan, en is vir ʼn lang tydperk reeds beskikbaar vir amper geheel die wêreld se bevolking. Hierdie feit is alleenlik ʼn kragtige argument in sy guns. As daar ʼn Eloah is wat sy wil bekend gemaak het aan die mensdom in die vorm van ʼn boek, staan dit as ʼn rede dat die boek orals beskikbaar is. Geen ander godsdienstige boek kom naby om te om te kompeteer, en dit ook te ewenaar oor nie die Bybel se beskikbaarheid.    

Terwyl ander godsdienstige boeke lank reeds ʼn blywende invloed het, misluk hulle in die verkrygbaarheid daarvan. Die Sjinese klassieke boeke is grootliks net in Sjina bekend. Dieselfde geld vir die Vediese literatuur wat hoofsaaklik net bekend is aan die priesterlike stand van Indië. Verder meer is die Vediese literatuur prakties ontmoontlik om te vertaal, omdat hulle grootliks afhanklik is van woordspelings en woordspelling. Self verloor die Koran ook meeste van sy sjarme en baie van sy betekenisse met vertaling. Alleenlik is die Bybel ontvanklik vir duidelike en tot effektiewe vertaling na ander tale, en  wat dit weer toegangklik maak vir almal.  

Historiese kritiek oor die Bybel tekste het ʼn klomp navorsing voort gebring en besonderhede gegee wat ammunisie verskaf het, aan hulle wat dit wens om die Bybel aan te val en daarop aanspraak maak dat dit korrup is Die feit is egter dat al hierdie klomp navorsing net een ding bewys. Daar is geen boek uit die antieke tyd, soos die Bybel, en wat bestaan het uit duisendende van antieke manuskripte en manuskrip gedeeltes, wat tot nou toe nog so goed bewaar gebly het. Hulle wat die besonderhede kritiseer fouteer, en versuim om te sien, dat die woud vir die bome is, die wonder vir die bewaring van die Bybel. Dit is ongeëwenaard  in die geskiedenis.  

dead sea scrollsʼn Aantal argumente kan geopper word om die geldigheid van die Bybel te staaf. Die argeologie het dit keer op keer dit as eg bewys. Die Ebla, Nuzi en Mari tablette het menige kritici tot stilswye gedwing oor die Bybel ten opsigte die voorvaderlike tydperk. Vooruitgang in die geskiedenis het konstant gewys dat die Bybel eg is. Die Assiriese koning Sargon was onbekend, behalwe in die Bybel, totdat sy paleis in Khorsabad, Irak ontdek is, en wat ook selfs bevestig het sy verowering van Asdod. Jesaja 20. Die vervulling van Bybelse voorspellings dra by tot die gelowige se versekering. Die profesie waarop die meeste ander gegrondves is die voorspelling oor die terugkeer uit die Babiloniese gevangeneskap aan die einde van die sewentig jaar volgens Jeremiah 29 verse 9 tot 12. Die boek van Daniel  is gebaseer volgens daardie profesie en dit is merkwaardig dat in sy voorspellings gaan oor die gebeure met die verloop van tyd tot op die dae waarin ons in lewe.  

Egter is die argeologie die geskiedenis en profesie ook nie uniek tot die Bybel en ook nie aan die kern van die Bybel se boodskap. Die mees belangrikste is dat die Bybel ʼn boek is, wat die openbaring en die wil van Yahuwah bevat vir die mensdom. Dit vertel ons wat ons nodig het om te weet om te lewe volgens die wil van Yahuwah.  

Die Katolieke, Ortodokse en Oosterse Christen kerke gebruik die Bybel vir eie voordeel om saam te gaan as bron vir eie leerstellings en toepassings. Hulle maak daarop aanspraak dat die Bybel alleenlik deur die kerk verklaar kan word en benodig mense wat voldoen aan die manier waarop die kerk die Bybel lees en verstaan. Histories is dit so, dat hulle baie vertrou op die  lees volgens sinnebeelde, wat niemand kan begryp, tensy die kerk hulle onderrig. Enige iemand wat die Bybel lees kan dit duidelik sien dat dit maklik leesbaar is, en ook verstaanbaar is, en in die meeste gevalle kan enige iemand met geringe skoolopleiding dit verstaan..        

Die kerngedagte en beginsels van Protestantisme is om tradisie te verwerp en die Bybel te aanvaar as die enigste bron van leerstellings en toepassings. Egter is die min maar duidelike beskuldiging teen die Christendom, dat Protestantisme meer en deels opgehou om te hervorm, Dit bevat steeds nog baie nie Bybelse leerstellings gegrond op menslike tradisies, soos onder andere Sondag aanbidding en die jaarlikse feeste van die kerk, die geloof oor die Drie Eenheid en die geloof dat die boetedoening voltooi is aan die kruis. Al hierdie maniere van geloof het merkwaardige ooreenkomste met ou heidense gelowe, en dit kan bewys word in die Bybel deur die verdraaiing van die teks. Die Protestantse se onvermoë om nie die Bybel te gebruik, om die heidense gebruike in die kerk te verwerp, is die resultaat van die verwarring waarin die kerk vandag verkeer.       

woman with bibleMenige mense verkeer in die vertwyfeling om ooit te iets te verstaan oor hierdie verwarring. Die verwarring kan egter uit die weg geruim word deur stelselmatig, en versigtig die Bybel te lees. Deur die gebruik van beredeneerde gebondenheid aan die letter, en stelselmatige reëls van interpretasie kan die hoofboodskap van die Bybel duidelik word. Alhoewel dit nie iets is wat vermag kan word deur een individu alleen nie. ʼn Eenvoudige logiese en steselmatige metode van Bybelse geloof was bereik deur ʼn groep Bybel studente gedurende 1848, en die opvolgende jare, en deur die toepassing van ʼn spesiale lys van reëls van interpretasie wat gekoppel is, aan ywerige gebed en vas, en wat bevestig is deur getuienis van Ellen White, wie se visioene tot gelowiges gerig is, en het hulle  vertroos het na die Groot Teleurstelling van 1844. Die veertien reëls van interpretasie wat gebruik was deur William Miller en toegepas is deur die Sabbat Konferensies en ook later. Hierdie beginsels vir die lees van die Bybel is net so kosbaar vir vandag en vir altyd. Hulle is redelik en verstaanbaar. Hulle wie saamstem om dit te gebruik sal vind dat al die veelseggende meningsverskille oor die Bybel en wat dit beteken sal verdwyn.

Die unieke eienskap van die Bybel is, dat dit alleen aanspraak kan maak dat Yahuwah met die met die mens gespreek deur die aanhoor, maar ook direk en in die openbaar. Terwyl die Bybel gevul is met die verskynings van engele, drome en visioene, sowel ook deur profete en leiers wat daarop aanspraak maak, dat hulle namens Yahuwah praat, en ons hoef hierdie dinge nie net op vertroue te aanvaar nie. Geen ander klassieke godsdienstige verhaal kan dit op eis, om dit te besit dat die eie woorde van Yahuwah direk gespreek is, in die openbaar en aan miljoene van mense sodat ieder en elk dit kon hoor en verstaan. Yahushua is die verklaarde geliefde Seun, waarin Yahuwah ʼn welbehae in het, en dit by ten minste by drie geleenthede bekragtig . Al  was die getuienisse maar min by daardie gebeurtenisse. Niks kan vergelyk word met die gee van die Tien Gebooie by die berg Sinai, toe miljoene van mense van die hoof stroom van die beskawing van daardie dag, en ook Egipte, dit direk gehoor het, en ook verstaan het dat dit die stem van Yahuwah is.     

Omdat die Bybel die tien gebooie bevat, is dit ʼn unieke boek. Geen ander klassieke boek of geloof kan so iets opeis vir homself, eise van direk, en ook publieke openbaring. Dus is daar geen mededingers.  Op grond van die mees objektiewe kriteria wat te vinde is, is dit net redelik om die Bybel in ag te neem in wat ons glo en doen.