Print

Die Geduld van die Heiliges

Mej. Wagner was bekommerd.  Die agtermiddag se veld uitstappie na die trein museum met haar klas van graad twee het goed afgeloop.  Die kinders het baie belanggestel en (vir die grootste gedeelte) hulle goed gedra.  Sy was in staat om Chad en Tim se kortstondige stoeiery te keer voor daar enigiets beskadig is by die museum.  Sy was ook in staat om ʼn badkamer net betyds vir klein Lindy te vind, wat regmatig steeds in graad een moes gewees het.  Alle kinders behalwe een was betyds afgehaal deur hulle ouers. 

Dit was Pamela Forsythe wat nie kom haal is.  Drie uur het gekom en gegaan.  Vier en ook vyf uur is alreeds lank verby.  Mej. Wagner het nie die telefoon nommer van Pamela se ouerhuis gehad, en volgens die tyd was daar niemand by die skool by wie sy kon vrae.  Sy het nie geweet waar Pamela woon en nog meer, Pamela het ook nie geweet waar hulle woon nie.

Gedurende die herfs van 1964 was Indianapolis op die grens van konflik as gevolg van rasse spanning. Die vervoer museum was ook nie in die beste gedeelte van die stad en Mej. Wagner het begin om angstig te raak. As sy Pamela saam met haar huis toe neem, is daar geen manier om haar ouers te laat weet waar hulle klein dogtertjie is. Met geen manier om hulle te kontak, is dit al wat sy kon doen is om te sit en wag. Wag En wag.

Die onderwyser en die dogtertjie het  Spioen oog, en wat Sê Simon asook verskeie raai, raai speletjies gespeel om die tyd te verdryf. Herhaaldelik het die onderwyser aan die kind gesê om haar nie te bekommer, waarna klein Pamela altyd gesê het, “Dit is reg my Ma sal kom om my te haal.”   

Om kwart oor 5, het die man wat die museum bestuur uit gekom.  Hy was ook bekommerd.  Hy het nie daarvan gehou om weg te ry en om die vrou en die kind alleen agter te laat in die donkerte en in die parkeer terrein.

Uiteindelik, om 17h30, meer as twee as twee ure nadat die ander kinders afgehaal is, het Mev. Forsythe gearriveer in ʼn warrelwind en met verskonings en verduidelikings. Sy gee haar klein dogtertjie ʼn drukkie wat kalm uit die onderwyseres se motor klim, en met ʼn gewoel in haar moeder se motor klim en toe met ʼn vrolike gewuif sê,” Dankie Juffrou Wagner! Sien jou môre!”   

Terwyl sy huis toe ry verwonder Mej. Wagner haar oor hoe kalm Pamela was.  Sy was nie senuagtig.  Sy was nie bang.  Sy was nie bekommerd.  Sy het geweet dat haar moeder haar sou kom haal.  Die gedagte het duidelik nie in die kleine dogter se verstand bestaan dat haar moeder nie dalk sal kom. Inplaas daarvan was, was sy ontspanne, vrolik en speletjies gespeel en gekuier met haar onderwyseres.  Sy het heeltemal volle vertroue gehad in haar moeder omdat haar moeder gesê het dat sy sal kom. Hierdie volle vertroue in haar moeder het dit toegelaat dat Pamela geduldig gewag het vir twee ure totdat haar moeder opgedaag het.     

Die Nuwe Testament is gevul met vermanings aan gelowiges om geduld te beoefen, en eer aan diegene wat dit doen.  Dit is baie duidelik ʼn belangrike geestelike eienskap om dit te besit. Die probleem is egter, die meeste mense verstaan nie presies wat “geduld” is, soos waarvan daar in die Skrif gepraat word.  Deur om te onthou hoe daar geskel was oor ons as kind, “Wees geduldig!” neem hulle aan dat geduld niks anders is om kalm te wees in verveeld te voel tydens onvoorsiene vertragings.  Dit is sulke verklarings wat deur die hedendaagse woordeboeke ondersteun word wat geduld beskryweas: “ die wil of vermoë om te wag of om te verduur sonder om te klae.”1    

Alhoewel ʼn taal veranderbaar is, en daar ʼn paar tale is en is hulle  ook meer as net Afrikaans, wat  daar gedurig woorde byvoeg word en beskrywings wat verander, in sy ewigdurende uitbreiding van sy woordeskat. Om die volle belangrikheid te begryp van wat na in  die Bybel verwys word, wanneer daar beveel word aan gelowiges om, “geduld” te beoefen, is dit nodig om te verstaan hoe die woorde verklaar is toe die Bybel vertalers dit gekies het om die oorspronklike Griekse woord te verteenwoordig.

Geduld is: Die ontbering van leed, pyn, moeisaamheid, rampspoed, teistering of enige ander boosheid, met ʼn kalm en bedaarde humeur, en die verduring daarvan sonder murmurering of iesegrimmigheid. Geduld kan sy oorsprong vind uit die grondigheid van vasberadenheid.... of deur Christelike oorgawe aan die goddelike wil..... Deur die handeling van die geduldige afwagting vir geregtigheid of vir die verwagte goeie sonder ontevredenheid.2    

patience

Baie meer as die verduring van verveeldheid met kalm gees, is die Christen se geduld wat gevind word in geloof, en is dit ʼn belangrike gedeelte van geestelike ontwikkeling. Die beproewinge wat in ons lewe voorkom word toegelaat deur Yahuwah, om ons te ontwikkel in geestelike krag en standvastigheid. Die gedeelte volgens Romeine 5, verduidelik Paulus die metode waardeur geduld aangeleer kan word, en asook  die geestelike beloning wat daardeur verkry kan word:

 “En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van Yahuwah in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.” ( Romeine 5 verse 3 tot 5)3

Die worstelinge en beproewinge en gevare wat oor die pad kom van almal wat Yahuwah volg word toegelaat deur Sy oneindige Liefde. Hierdie besonderse versoekinge kan oorwin word alleenlik deur geloof en in vertroue in die goddelike mag. Dit verskaf aan elke persoon individuele kennis, en die individuele dat Yahuwah betroubaar is. 

 “Geduld” is beskikbaar aan almal wat daarna verlang. Dit word verkry deur te kies om om Yahuwa te vertrou in daaglikse lewe. Dit is ʼn keuse van die gewete. Dit is nie ʼn gevoel wat gegrond is op gevoel. Inderdaad, moet gevoel van, (vrees of twyfel) dikwels verontagsaam word wanneer geloof beoefen word. Geloof is die “ inwilliging van die verstand tot die waarheid wat deur ʼn ander verklaar word as die waarheid, en berus dit op sy gesag en geloofwaardigheid, sonder enige ander bewyse.4     

“Daar is baie dinge wat Yahuwah verlang om vir Sy kinders te doen, maar as hulle kies om geloof te beoefen, is Hy beperk wat Hy vir hulle kan doen. Soos dit Yahushua verduidelik word: “Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.” (Markus 9 vers 23.)

Wanneer daar geantwoord op die gebed in geloof, word daar deur Yahuwah gewerk in ʼn magtige bevryding, en word dankbaarheid gewek in die hart. Op sy beurt is dankbaarheid vir seëninge ontvang inspireer dit liefde. Dit is ʼn self indringende siklus van liefde wat ontvang is, en wat verkry deur word deur hierdie ondervinding en inspireer dit steeds groter geloof!

Maak die keuse om die beloftes te glo wat in Skrif gegee word. Dit is Yahuwah se woorde aan jou. Grond jou vertroue op jou persoonlike kennis van Hom as ʼn almagtige en in alles liefdevolle Skepper. Dit was vir hierdie besonderserse rede dat Yahuwah ontelbare beloftes in Sy Woord gegee het.

“Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde. Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van  Yahushua die Gesalfde nie.” (2 Petrus 1 verse 3 tot 8.)

Diegene wat in vertroue oorgee aan die goddelike wil sal geduld verkry. Hulle vertrou Yahuwah in alle dinge en wetende dat: “om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van Yahuwa uitgaan.” (Deuteronomium 8 vers 3) Wanneer daar seergemaak of onreg gepleeg word deur ander, is dit diegene met geduld wat nie weerwraak soek. Hulle vertrou op Yahuwah in reg en onreg, en eis Sy beloftes: “Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Yahuwah.” (Romeine 12 vers 19)

Patience during the raceGeduld, soos gedurende die wedloop van ʼn atleet het Paulus dit verbind tot die ondervinding soos die van ʼn langafstand wedloop en bemoedig:” Daarom dan, terwyl ons so ʼn groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van Yahuwah gaan sit het.” (Hebreërs 12 verse 1 en 2) Die Christen se lewe word vergelyk soos die van ʼn langafstand atleet. Dit kan nie gewen deur ʼn vinnige naelloop. Dit verg eerder geduld, en ʼn standvastige wil en die gewilligheid om te wag vir die langverwagte beloning. Die beloftes van Yahuwah se Woord word gegee om gelowiges te versterk in hulle individuele wedloop.

“Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.” (Romeine 15 vers 4.)

Die boek van Openbaring maak bekend dat die laaste geslag geduld as geestelike genade sal besit.

“As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.” (Openbaring 13 vers 10)

“En ʼn derde engel het hulle gevolg en met ʼn groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ʼn merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang. Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van Yahuwah en die geloof in Yahushua bewaar.” (Openbaring 14 verse 14 tot 12.)

Dit is baie interessant om op te let dat vir elke voorbeeld wat gegee word in verband met die laaste stryd tussen Yahushua en Satan. Sal almal wat die duiwel oorwin in die aarde se laaste stryd alleenlik dit kan doen in die krag van Yahuwah. Hierdie krag is vir hulle gegee deur die geloof in hulle Verlosser. Deur die beoefening van geloof wat gegrond is volgens die kennis van Sy persoonlikheid, en dat hulle geduld sal beoefen.

Soos die geloof van Yahushua in die Tuin van Getsemane getoets is sal hulle geloof ook tot die uiterste getoets word.  

Soos Yahushua aan die kruis, sal daar tye wees wanneer, hulle emosioneel sal voel asof die Hemelse Vader hulle verlaat het.

Soos Yahushua sal hulle oorwin deur hulle volle vertroue in Yahuwah te stel. Hulle sal hulle wil oorgee tot die goddelike wil, en sal hulle wag op Hom om hulle uit te red op die manier wat Hy weet vir hulle die beste is. Hulle is tevrede om lank te wag vir geregtigheid, wetende dat bevryding en beloning bo hulle wildste verbeelding aan diegene gegee sal word wat vertrou op die Verlosser.  

Yahushua se woorde is deel van hulle persoonlike ondervindinge: “Maar julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle doodmaak. En julle sal gehaat wees deur almal ter wille van my Naam. En geen haar van julle hoof sal ooit verlore gaan nie. Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry.” (Lukas 21 verse 16 tot 19)

Die Heiliges vertrou Yahuwah. Hulle het vertroue in Sy beloftes. Die vertroue is gebou op individuele ondervinding. Hulle weet dat, “Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.” (1 Tessalonisense 5 vers 24) Hulle kan swaarkry verduur asook vervolging en hoon omdat hulle volle vertroue het dat Yahuwah hulle sal uitred en dat die beloofde beloning verseker is.

“Werp dan julle vrymoedigheid, wat ʼn groot beloning het, nie weg nie. Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van Yahuwah gedoen het, die belofte te verkry. Want nog ʼn klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie. Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie. Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe.” (Hebreërs 10 verse 35 tot 39)

Almal wat geduld ontwikkel deur die geloof in Yahuwah sal erfgename van Yahuwah en aansluit by die erfgename van Yahushua. Hulle wat nie geduld ontwikkel sal verlore wees

“Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ʼn Eloah wees, en hy sal vir My ʼn seun wees.

Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.” (Openbarin 21 verse 7 en 8)

Dit is ʼn besonderse volledige lang lys van wie verlore sal wees! Dit is nie ʼn verassing dat towenaars, afgodsdienaars, leuenaars, hoereerders en moordenaars verlore sal wees.  Maar die bang?  Waarom moet ʼn persoon verlore wees net omdat hy bang is?      

Die antwoord is eenvoudig: die “vreesbevange” is verlore omdat hulle “ongelowig” is.  Geloof is eenvoudig om Yahuwah op Sy woord te neem vir wat Hy is (volkome Liefde en Almagtig), en benodig daar  geen ander bewyse. Daarom vir die gebek aan geloof oor Sy beloftes, is om Hom tot leuenaar te maak. 

“Die geloof dan is ʼn vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ʼn bewys van die dinge wat ons nie sien nie.”

“En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ʼn beloner is van die wat Hom soek.” ( Hebreërs 11 verse 1 en 6.)

Dit baie belangrike maar tog ʼn baie persoonlike ondervinding wat goed opgesom word deur een geestelike liedjie:

Geloof is die wese van dinge ongesien;
Die geloof dan is ʼn vaste vertroue op die dinge wat ons hoop.
Yahuwah se Woord vertel dit en ek glo dit.
Omdat die wonderwerk met my gebeur het.
Yahuwah het dit vertel! En ek glo dit!
En dit is voldoende vir my....
Alhoewel sommige twyfel dat Sy woord die waarheid is,
Het ek gekies om dit te glo, en wat van jou?
Yahuwah het dit vertel! En ek glo dit!
En dit is voldoende vir my.

As jy nie geloof in Yahuwah het dat Hy, Sy beloftes sal hou, sal jy nie oor die geduld beskik om op Hom te wag en om vir jou onthalwe te handel.  Sal jy nie vertrou dat Hy, Mahushu sal stuur om almal uit te red wat in vertroue wag vir Sy wederkoms.  In plaas daarvan, sal jy bang wees.  In die evangelie van Mattheus is die tragiese woorde opgeteken aan almal wat te kort skiet aan geloof, en misluk het om die Bybelse geduld te beoefen.   

“Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Lees Mattheus 7 verse 21 tot 23.)

Dus behoort dit nie die lot van enigiemand te wees!  “Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.” (2 Petrus 3 vers 9.) as jy te kort skiet aan kennis, en te kort skiet aan geloof, en as jy te kort skiet aan geduld – vra dit van Yahuwah.  Hy sal nooit die goeie weerhou van Sy kinders.

Faith Trust Patience

Omdat geloof nie gegrond is op gevoel, maak die eenvoudige keuse vandag om Hom te vertrou ongeag wat jou gevoel is! maak dit ʼn gewoonte om te wag, in vertroue, en geduld op Yahuwah.

“Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van Yahuwah bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.” (Jakobus 1 verse 2 tot 6.)

Maak dit ʼn daaglikse gewoonte om jou rus te vind in Yahuwah.  Vertrou op Sy beloftes, en vertrou Sy woord. Jy mag ook die geduld van die heiliges besit, en die “erfgenaam van alle dinge,”tesame met Yahushua ons Verlosser. 


1. Webster’s New Universal Unabridged Dictionary, Second ed., 1983.

2. Noah Webster, American Dictionary of the English Language, 1828.

3. Alle Skrif verwysings is geneem vanuit die 1933 Afrikaanse Bybel Vertaling tensy anders vermeld.

4. Ibid.