Print

Die Geheim van Verlossing

Woorde en uitdrukkings word somtyds gelees of gehoor tydens eredienste wat nie duidelik verstaan word. Regverdigheid deur geloof is so ʼn uitdrukking, wat dikwels gebruik word, maar weinig verstaan word. Dit is baie belangrik dat almal wat begeer om verewig te lewe saam met Yahuwah verstaan duidelik en presies wat “regverdigheid deur geloof” is, omdat dit die enigste manier is waardeur enigiemand gered sal word.   

nadenkende jong man wat die Bybel bestudeerOm “geregverdig” te wees is om in ooreenstemming met die goddelike wet te wees:

“As dit toegepas word op die mens beteken dit wie heilig van hart is, en onderhouers is van die goddelike bevele in die praktyk, as ʼn regverdige mens.” (Noah Webster, Amerikaanse Woordeboek oor die Engelse Taal, 1828.)

Die Skrif hierdie dringende oproep: Maar jy, man van Yahuwah,.....en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.” (1 Timotheus 6 vers 11.) (Herstelde Name van die Skrif) Alleenlik diegene wat die geregtigheid navolg, en diegene wat met hulle mees innerlike  gedagtes, en gevoel inooreenstemming met Yah is, sal gered word.

Die probleem is:

Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.
Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat Yahuwah soek nie.
12Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard.
Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.
(Lees Romeine 3 verse 10 tot 12.)

Dit is omdat alle sondaars geregverdig word deur geloof, en is dit so ʼn kosbare goddelike geskenk. Met verwysing na die Verlosser, verklaar die Skrif:

“Want ons het nie ’n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.” (Hebreërs 4 verse 15 en 16.)

Yahuwah se geskenk van Sy Seun omsluit baie meer as net die verlossing van sonde. Dit sluit ook in die herskepping van die mees innerlike denke en gevoel tot die beeld van die godheid. Die Verlosser van die mensdom was versoek op elke manier waarmee jy versoek kon word, maar Hy het nooit gesondig.  Daarom, deur Sy dood vir jou, kan Hy Sy eie geregtigheid vir jou gee sodat jy mag staan voor Yahuwah asof jy nooit gesondig het nie,

glimlaggende vrou wat die Bybel vashouDaarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van Yahuwah in Hom. (Lees 2 Korinthiërs 5 verse 17 tot 19 en 21.)

Die gawe van Yahuwah is die volkome terugvordering van die gevolge van sonde van almal wat glo. Dit is Yahuwah se geregtigheid en kan dit alleenlik verkry word as ʼn gawe. Niemand kan Yahushua se geregtigheid verkry deur hulle eie krag  of werke:

“Aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.” (Romeine 3 vers 20.)

Dit is alleenlik wanneer die berouvolle sondaar vaskleef aan die kosbare beloftes van geloof wat geregverdig word.

“Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.” (Habakuk 2 vers 4.)

Paulus verduidelik aan die gelowiges van Galasië:

Terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Yahushua die Gesalfde, selfs ons het in Yahushua die Gesalfde geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Yahushua en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie. (Lees Galasiërs 2 vers 16.)

Yahuwah “so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.”  (John 3:16, KJV)  However, in order to accept this great gift and all the benefits it brings, you must exercise faith.  “Faith” itself is not always clearly understood for what it is.  Faith is belief, but it is also much more.

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. (Johannes 3 vers 16.) Alhoewel, in orde om hierdie groot geskenk te aanvaar, en al die voordele wat dit voorsien, moet jy geloof beoefen. Geloof is om te glo, maar is dit veel meer as dit.

“Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.”(Hebreërs 11 vers 1.)

Eenvoudig gestel, is geloof:

“Die instemming van die verstand om die waarheid van wat verklaar word deur 'n ander, berus op sy gesag en geloofwaardigheid, sonder enige ander bewyse;. Die oordeel wat ander verklaar of getuig  die waarheid is" (Noah Webster, Amerikaanse Woordeboek oor die Engelse Taal, 1828.)

Om die geregtigheid wat voortgebring is deur Yahushua deur Sy volmaakte lewe, moet daar eers geloof beoefen word want: ” En sonder geloof is dit onmoontlik om [Yahuwah] te behaag; want hy wat tot [Yahuwah] gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek.” (Hebreërs 11 vers 6.) Ware geloof is nie emosie.  Dit is eerder, die kalme besluit om op Yahuwah se beloftes te vertrou, omdat vir wie en wat Hy is, en benodig dit geen bewys om te glo.  Baie mense wag op ʼn sterk gevoel voor hulle voel dat hulle geloof besit. Dit is ʼn fout. Op die besonderse tyd wanneer geloof beoefen word, is wanneer jy beroof voel van Yahuwah se liefde en teenwoordigheid.

Baie begin hulle Christelike wandel deur geloof te beoefen in die Verlosser om hulle te aanvaar en te vergewe. Hulle glo, dat die Gees van Yah eerste aan hulle gegee sal word, en as hulle gedoop is, met vreugde te vertrou in hulle Verlosser. Alhoewel soos die tyd aanstap, baie begin leef asof hulle gered sal deur hulle eie pogings om die wet te onderhou. Dit was die valstrik waarin die Galasiërs gevang was. Paulus vra reguit:

o, ONVERSTANDIGE Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig? Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?3Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees? (Lees Galasiërs 3 vers 1 tot 3.)

Daar is niks wat enigiemand kan doen om op die manier verlossing te verdien. Dit is ʼn geskenk aan die eerste en die laaste, wat deur geloof die beloftes van Yahuwah aanvaar.

Daar is niks wat enigiemand kan doen om op die manier verlossing te verdien. Dit is ʼn geskenk aan die eerste en die laaste, wat deur geloof die beloftes van Yahuwah aanvaar. Die eerste  stap is om die geregtigheid van Yahushua te aanvaar deur geloof en eenvoudig om die keuse te maak om te glo wat Hy gesê het, dat Hy dit sal doen. Hy het aan jou belowe:

“.... Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.” (Johannes 6 vers 37.)

Laat niemand huiwer, en spoor Hy verder aan;

“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.” (Mattheus 11 verse 28 tot 30.)

Die tweede stap is om deur geloof die waarskuwing aan die Laodisense, dit van toepassing is op jou as indivudi.

“EN skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense ..... Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!..... Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.” (Lees Openbaring 3 verse 14 tot 18.)

man wat na homself in die spieël staarJy kan nie die diepte en die verlaging van sonde in jou eie hart sien.  Daarom is dit nodig om deur die geloof te aanvaar dat die omstandighede van Laodisea van toepassing is op jouself. Dan en dan alleenlik sal die Groot Geneesheer die goddelike genesing voorsien. Dit word ontvang deur geloof en

“Wees my genadig, o [Yahuwah], na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid. Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.....Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu..... Skep vir my ’n rein hart, o [Yahuwah] en gee opnuut in die binneste van my ’n vaste gees.” (Psalm 51 verse 3 en 4, 9 en 12.)

Dan kies finaal, om te glo wat Hy gedoen het omdat Hy belowe het dat Hy dit sal doen.

“DAAROM dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,die oog gevestig op [Yahushua], die Leidsman en Voleinder van die geloof....” (Hebreërs 12 vers 1 en 2.)

Yahushua het gekom om te openbaar dat goddelikheid saamgevoeg met menslikheid nie sonde pleeg. Diegene wat deur geloof die geregtigheid van Yahushua aanvaar, sal vind as hulle alles doen volgens Yahuwah se wil, hulle die beloftes uitvoer deur die aansporing van hulle eie begeertes.

“Want hiertoe is julle geroep, omdat [Yahushua ook vir julle gely het en julle ’n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;  Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie;.... wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.” (1 Petrus 2 verse 21 en 22 en 24.)

Regverdigheid deur geloof is meer as ʼn net ʼn ingesteldheid van die verstand. Dit is die resultaat van die ingesteldheid van die verstand. Regverdigheid deur geloof is om te doen wat reg is in geloof, glimlaggende jong meisie wat die Bybel leesen deur die krag van Yahushua. Die gesuiwerde wil is EEN met Yahuwah. Dit is ware regverdigheid deur geloof, en voorsien dit aan die goddelike vrede, en is die rus onbekend aan diegene wat probeer om die Hemel te verkry deur hulle eie pogings. Die Sabbat is die simboolvan daardie rus, en dit wag op almal wat ophou om deur hulle eie pogings om gered te word, en in plaas daarvan om te vertrou in die meriete van die herrese Verlosser.

Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van Yahuwah; want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. (Hebreërs 4 verse 9 en 10.)

Diegene wat die geregtigheid van Yahushua aanvaar deur geloof, sal die goddelike wet wil onderhou. Dit is op hulle harte geskrywe en is daarom nie meer ʼn las, maar ʼn vreugde!  Die oorblyfsel, is diegene wat opgeneem word in die Hemel sonder om die dood te aanskou, en is dit diegene wat die geregtigheid van Yahushua aanvaar deur geloof. Hulle word in Openbaring Beskrywe:

Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van Yahuwah en die geloof in Yahushua bewaar. (Lees Openbaring 14 vers 12.)

Kies vandag om Yahuwah op Sy woord te neem. Aanvaar die verlossing wat vryelik aangebied word. Glo wat Hy gesê het, dat Hy dit sal doen, Dan sal “ons ook so in ’n nuwe lewe kan wandel.” (Romeine 6 vers 4.)

 


Verwante Inhoud: