Print

Die Gewig van Bewyse


Hemelse formule om verborge waarhede te vind

WLK glo dat Skrifte die metode van studie bekendstel waarmee elke openhartige Soeker na Waarheid tussen waarheid en dwaling kan onderskei. Dit staan bekend as:  die Gewig van Bewyse. 

Die oorblyfsel, diegene wie die voorstaanders is vir die geregtigheid in die slottonele van die aarde se Geskiedenis, is toevertrou met `n spesiale seën soos nooit voorheen aan enige generasie gegee nie. Die finale generasie besit die gekombineerde bekendgemaakte lig deur al die eeue heen. Daardie waarhede waarin patriarge en profete verlang het om te aanskou en na uitgesien het om te verstaan was blootgelê aan die insig van almal wie, deesdae, wil soek na waarheid.

treasure chest full of light

Die oorblyfsel, diegene wie vir die waarheid in hierdie laaste dae sal staan, is voorsien van `n spesiale seëning wat geen ander vorige generasie ooit ontvang het nie. Die finale generasie besit die gekombineerde openbaarde lig deur alle eeue heen.

Satan is `n knaende waaksame vyand. Met elke bekendgestelde ligstraal, was hy daarop uit om verwarring, dwaalleer, hoogmoed van geloof en selfs vergeetagtigheid in te bring. Baie belangrike waarhede het verlore gegaan en was deur die eeue heen verberg weens aanvaarde dwaalleer, veronderstellings en tradisies. Maar die waarheid self, kan nie vernietig word nie. Daar is vele, vele juwele van waarheid onder die rommel van dwaalleer. Die waarheidsoeker moet beide nederig en ywerig wees in sy soeke na hierdie verstrooide juwele.

Wanneer `n persoon opgevoed is om dwaalleer te glo, kan die soeke na waarheid maar alte verwarrend wees. Waarheid, ongeag van hoe rein, kan emosioneel verkeerd voel, wanneer dit met `n persoon se hartsoortuiging bots. Yahuwah het niemand laat staan om alleen te worstel nie. In Sy Woord het Hy `n maatstaf voorsien waarmee enigeen onderskeid kan tref tussen waarheid en dwaalleer. Hierdie maatreël is om die gekombineerde gewig van bewyse te gebruik.

`n Fout wat baie persone onwetend maak word “teks vers bewys” genoem. Dit gebeur wanneer `n algehele geloofsoortuiging op net een enkele teks gebou word, deur ander tekste te ignoreer wat die betekenis of interpretasie van een proef teks sal verander. Dit is waar dat: Die hele Skrif is ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van Yahuwah volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. (2 Timothéüs 3:16 & 17) Maar, dit beteken nie dat `n enkele vers as die basis vir doktriene gebruik kan word, terwyl ander verse oor die onderwerp geignoreer word nie. Ernstige foute word in teologie gemaak, indien hierdie metode vir die instelling van leerstelling gebruik word.

Een voorbeeld van `n valse leerstelling gebaseer op teksvers bewys is die oortuiging van die onsterflikheid van die siel en `n ewigbrandende hel. Hierdie leerstelling is afgelei uit die gelykenis van die ryk man en Lasarus (sien Lukas 16:19-31) en `n teks in Openbaring wat sê: “En die rook van hul pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie – hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.” (Openbaring 14: 11) Om hierdie gedeeltes te gebruik om `n onsterflike siel en `n ewig-brandende hel teorie te bewys, moet die gewig van bewyse wat die teendeel bewys, geïgnoreer word.

Voorbeelde van foutiewe leerstellinge verewig deur teksvers bewyse:

`n Verkeerde opvatting of verontagsaming vir die Skrifte het baie opregte Christene gelei om paganistiese feesdae te verewig en te herdenk:

Nog `n algemene fout wat deur teks vers bewys gemaak word, is die geloofsoortuiging dat die Sabbat onderhou moet word van sonsondergang tot sonsondergang. Hierdie hele gebruik is gebaseer op `n enkele vers uit die Skrifte: `n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet julle verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul Sabbat hou.” (Levítikus 23:32) Maar, wanneer dit in konteks gelees word, raak dit duidelik dat die heilige onderhouding daarvan verwysend is na die negende dag van die sewende maand: Versoendag alleenlik. Die gekombineerde gewig van bewyse stel bekend dat die dae in die Bybelse kalender eintlik teen dagbreek begin!

Baie geliefde tradisies is op niks meer as net teks vers bewys gebaseer nie. Om versekerd te wees dat mens by die waarheid uitgekom het, moet die soeker na waarheid al die tekste bymekaar maak oor die onderwerp wat studeer word. Wanneer elke teks vers binne konteks gestudeer word, is die interpretasie wat nie kontrastreer nie, die korrekte uitleg van die Skrifte. Jesaja 28 bevat `n breedvoerige waarskuwing teen valse doktrines waaraan met hardnekkigheid verbete vasgeklou word deur diegene wie nie die gewig van bewyse as hul maatreël van Skriftuurlike interpretasie gebruik nie.

Die hoofstuk begin deur `n weë: “Wee die trotse kroon van die dronkaards van Efraim, en wee die blom wat verwelk , sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal van hulle wat deur die wyn verslaan is.” (Jesaja 28:1) Geestelike hoogmoed is een van die mees verraderlike sondes. Dit is uitermate moeilik om enigeen wie geestelik hoogmoedig is te kry om die Bybel met `n ope gemoed te ondersoek. In die Bybel word bedwelmende wyn herhaaldelik as `n simbool van valse leerstelling gebruik. Dus, is hierdie gedeelte `n waarskuwing aan almal wie vasklou aan dwaalleer, wie trots is op hul verkeerde geloofsoortuiginge.

“En ook die manne hier wankel deur die wyn en waggel deur sterk drank; priester en profeet wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hulle waggel van sterk drank, hulle waggel as hulle gesigte sien, hulle waggel by die regspraak.

Want al die tafels is vol walglike uitbraaksels, sodat daar geen plek is nie.

Vir wie wil hy dan kennis leer, vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is? (Jesaja 28:7-9)

finger pointing to Bible text

Deur Bybel tekse uit verband te neem en `n algehele geloofsisteem daarop te bou sal altyd lei tot veronderstellings, valse leerstellings en dwaalleer -- die wyn van Babilon. Selfs pastore en kerk leiers is nie immuun teen die gevaar van hierdie gewoonte nie.

Deur verse uit verband te neem en om `n algehele geloofs sisteem daarop te bou sal altyd tot veronderstellings, valse leerstellings en dwaalleer lei – die wyn van Babilon. Selfs pastore en kerkleiers is nie immuun teen hierdie gewoonte nie.

Maar daar is hoop vir almal wie bekeer en na Yahushua kom om deur Hom geleer te word. Die metode waardeur waarheid verseker kan word is duidelik uitgespel:

“Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier `n bietjie en daar `n bietjie.” (Jesaja 28:10)

In hierdie gedeelte, dring Yahuwah daarop aan dat sou hierdie metode gebruik word, sal die onversadigde hart waarhede en rus vir die siel vind. Dit is jammer dat dit ook wys dat te veel mense verwerp Yahushua se ingestelde metode vir die insig in waarheid:

“Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie. Daarom sal die woord van Yahuwah vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier `n bietjie daar `n bietjie sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word. (Sien Jesaja 28:12 en 13)

`n Ander Bybelse maatstaaf vir die vasstelling van waarheid word in 2 Korinthiërs 13:1 gevind: “In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.” Dit was die maatstaf deur Yahushua self ingestel in aangeleenthede van burgerlike onenigheid:

“Een getuie mag nie teen iemand optree insake enige misdaad of enige sonde, by enige misstap wat hy begaan nie; op die verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal `n saak van krag wees.” (Deuteronómium 19:15)

Op die verklaring van twee of drie getuies moet die veroordeelde gedood word; hy mag nie gedood word op die verklaring van een getuie nie. (Deuteronómium 17:6)

As iemand `n mens doodslaan moet die moordenaar op verklaring van getuies gedood word; maar een getuie is nie genoegsaam om iemand tot die dood te veroordeel nie. (Númeri 35:30)    

Bybelse beginsels vir die instelling van Waarheid wanneer die Skrifte ondersoek word:

1. Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier `n bietjie, daar `n bietjie. (Jesaja 28:10)

2. Op die verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal `n saak van krag wees. (Sien Deuteronómium 17:6, 19:15; Númeri 35:30; Matthéüs 18:15-16)

Hierdie maatreël was deur die Heiland herhaal met Sy stelling:

En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin; maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat uit DIE MOND VAN TWEE OF DRIE GETUIES DIE WOORD VASSTAAN. (Matthéüs 18: 15 en 16)

Yahushua se gebruik van hierdie beginsel vir meer as net eerste graadse oortredinge openbaar dat dit `n maatreël van die lewe is wat net sowel in ander areas toegepas kan word.

Die herhalings beginsel is baie belangrik in die ondersoek van die waarheid. Toe Josef voor Farao gestaan het om die droom uit te lê, het hy verduidelik: “Wat Yahuwah van plan is om te doen, het Hy Faroa laat sien. En wat dit betref dat die droom twee maal aan Farao herhaal is – dit is omdat die saak deur Yahuwah vas besluit is en Yahuwah sal dit gou laat doen.” (Genesis 41: 28 en 32.) Geen leerstelling moet net op een enkele vers ingestel word nie. Maar Yahuwah sal altyd `n gewig van  bewyse voorsien waardeur die soeker vir waarheid gesonde teologie mag vasstel.

Scales weighing Key (Bible in background)

Die gewig van bewyse maatreël van ondersoek en studie bemoedig onafhanklike denke. Dit voorsien beskerming van gewilde dwaalleer en misleidings.

Yahuwah het geweet dat na 6,000 jaar van die aarde se geskiedenis, sal `n berg van Satan se leuens en verleidelikhede versamel wees om die waarheid te verwring en te versteek. Maar, nes in enige soort noodgeval, het Hy uit liefdevolheid `n onbeweeglike middel voorsien waardeur enige indiwiduele persoon mag studeer om waarheid vir himself te ondek. Die gewig van bewyse reël van ondersoek en studie bemoedig onafhanklike denke. Dit voorsien beskerming teen populêre dwaalleringe en misleidings.

Niemand sal wetend verkies om te kleef aan dwaalleer nie, maar dikwels word dit gedoen uit onkunde en die liefde vir tradisie. Niemand moet opsien na enige ander mens nie, of daardie persoon `n pastoor, kerk amptenaar, ouer, wederhelf of onderwyser is om die waarheid uit te lê nie. Ouderdom maak nie van dwaalleer waarheid nie. Jy is vir jouself verantwoordelik aan Yahuwah en daarom moet jy vir jouself studeer. As jy gered wil wees en die verwoesting wil vryspring wat die goddelose sal tref, moet jy soek na, aanvaar en die waarheid vir jouself gehoorsaam.

Al was hierdie drie manne, Noag, Daniël en Job, daarin, dan sou hulle deur hul geregtigheid net hulle eie siel red, spreek die Soewereine Yahuwah.

Al was hierdie drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die Soewereine Yahuwah, hulle sou geen seun of dogters red nie, maar net hulle sou gered word. (Sien Esegiël 14:14 en 18.)

Baie mense voel baie onseker, selfs bevrees om vir hulle self te studeer. Hulle wil vertel wees wat om te glo deur `n gesaghebbende figuur. Dit is nie Yahuwah se plan dat elke onsekerheid beantwoord sal word aan hierdie kant van die ewigheid nie. Indien alle twyfel opgelos sou wees en elke vraag beantwoord was, sal daar geen ruimte gelaat word vir geloof nie en dit is in konflik met twyfel dat geloof versterk word.

Daarom verheug julle jul, al word julle nou – as dit nodig is- `n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Yahushua die Gesalfde; vir wie julle al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met `n onuitspreeklike en heerlike blydskap, en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry. (Sien 1 Petrus 1: 6-9.)

ALT TEXT

Moet nooit bevrees wees om vir jouself te studeer nie. Moet nooit bevrees wees om die enigste een te wees wat jy ken wie in `n spesifieke oortuiging glo nie. As jou geloof in die Skrifte uitgestudeer is, deur die gewig van bewyse te gebruik, mag jy dalk alleen staan . . .   maar die hele Hemel staan agter jou.   

Moet nooit bevrees wees om vir jouself te studeer nie. Moet nooit bevrees wees om die enigste een te wees wat jy ken wie `n spesifieke geloofsoortuiging onderhou nie. As jou oortuiginge in die Skrifte uitgestudeer is, deur die gewig van bewyse te gebruik, sal jy dalk alleen moet staan, maar die ganse Hemel staan agter jou. Net voor Yahushua se dood, het Hy die vertroostende versekering herhaal: “Ek sal julle nie as wese agterlaat nie: Ek kom weer na julle toe: maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in My Naam sal stuur, Hy sal julle in alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek aan julle gesê het. (Johannes 4: 18 en 26.)

Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: . . . Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nie nou dra nie. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die Waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. (Johannes 16: 7, 8, 12 en 13. )

Eeue gelede het Yahuwah die verwarring gesien wat sou heers aan die einde van tyd. In die Skrifte het Hy die maatreëls aangeteken waardeur jy moet weet hoe om die waarheid vir jouself te ontdek, en dwaalleer, veronderstelling en tradisie te onderskei. Dit is veilig om in Yahuwah te vertrou. Houvas aan Sy beloftes om jou in alle waarhede te lei. Hy wie belowe het om jou in alle waarheid te lei sal jou verstand veilig bewaar van dwalinge. Hy sal indiwidueel aan jou openbaar wat die gekombineerde gewig van bewyse is.

Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg,
Ek wil raad  my oog sal op jou hou.
(Psalm 32:8 NV)