Print

'Die Koninkryk van Yahuwah is binne-in julle'

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuigings. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks gesëen deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgeluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

die-koninkryk-van-yahuwah-is-binne-in-julle

“En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van Yahuwah sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van Yahuwah kom nie met sigbare tekens nie. En hulle sal nie sê, ‘Kyk hier! of: Kyk daar! nie, want die koninkryk van Yahuwah is binne-in julle.’” (Lukas 17:20-21).

Lukas 17:21b is een van die gevierde probleem interpretasies in die Nuwe Testament studies, veral rakende die bespreking oor die Koninkryk van Yahuwah. Dis die gunsteling proef teksvers aangehaal deur die liberale Protestante ter ondersteuning van hul redetwis dat die Koninkryk van Yahuwah is (en so ook vir Yahushua was) inwonend [binne-in] die menslike geskiedenis en gemeenskap, of, in elk geval, in die harte van die mens. Meer onlangs, was dit saamgeflans om te beteken dat Yahushua gedink het dat die Koninkryk van Yahuwah op een of ander wyse teenwoordig was in sy persoon…

`n Feit oor die algemeen misgekyk in die Lukaanse eskatologie is dat alle verwysinge na die Koninkryk van Yahuwah in unieke Lukaanse tradisie of weergawes bepeins slegs `n toekomstige koms van die Koninkryk van Yahuwah – 10:9,11; 19:11; 21:31; en 22:18. Dit sou daarom, uitsonderlik wees as 17:21b sinspeel op `n teenwoordige aankoms of manifestering van die Koninkryk van Yahuwah.

Baie besprekings het gegaan rondom of die voorsetsel frase entos humon vertaal moes word as “binne julle” of “in julle midde.” Harnack Dodd, en ander liberale en/of Platoniserende interpreteerders het gewoonlik die eerste opsie verkies: “Die Koninkryk van Yahuwah is in julle harte.” Maar waarom sou Yahuwah aan die Fariseërs gesê het dat die Koninkryk van Yahuwah binne in hul harte was (17:20)? …

studeer-bybel

Maar, die meeste interpreteerders, verkies “in jul midde” of “onder julle.” Die beslissende vraag, in daardie geval, word of Yahushua bedoel het dat die Koninkryk alreeds in die midde van sy luisteraars was of dat, teen een of ander toekomstige punt, dit in hul midde sal wees. Die feit dat estin (“is”) in die teenwoordige tyd is, is nie beslissend nie. . . In vele van Yahushua se woorde omtrent die Koninkryk van Yahuwah of die opstanding, word die teenwoordige tyd gebruik as die konteks of betekenis `n toekomstige tyd impliseer. Nie “in jul midde” óf “is” verduidelik die betekenis van die halwe-vers onder bespreking nie. Dit is nodig om die konteks te ondersoek waarin dit verskyn.

Werkwoordstye in die meegaande verse is besonders. Die teenwoordige tyd wys na die toekomstige koms van die Koninkryk van Yahuwah in verse wat die Fariseërs se vraag bevat wat die periskoop bekendstel [vers 20], en verskyn soortgelyk in Yahushua se respons, wat die eerste gedeelte van die vers is wat deur vers 21 gaan. Boonop, word bedoel die toekoms, en die toekomende tyd word gebruik in v. 21a en in die beskrywing van gebeure waarmee die woorde afsluit (17:22-37).

Nog `n prominente konteks kenmerk, vir die frase “nie … met sigbare tekens nie” (RSV) in v. 20b was op verskeie maniere geïnterpreteer…. Die term paratesis (sigbare tekens) en die hele gesegde was gewoonlik geïnterpreteer in `n anti-apokaliptiese sin. Yahushua se intensies was om te ontken dat dit moontlik was om te voorspel wanneer die Koninkryk van Yahuwah sou kom deur die konsultasie van profesies en ontsyfering van die tekens van die tye. Indien die koninkryk alreeds gekom het, sou daar geen behoefte gewees het om in die toekoms te soek vir tekens van sy koms nie. Is dit wat Yahushua (of Lukas) bedoel het? Dit is waarskynlik nie so nie. Vir een ding, het Yahushua en Lukas die koms van die Koninkryk van Yahuwah in die toekoms verwag, of hulle nou ook of nie geglo het dat dit alreeds ook teenwoordig was of voorheen gekom het nie.

Boonop is dit nie duidelik dat die term “met sigbare tekens” in v. 20b verstaan moet word om hoegenaamd `n voorlopige apokalitiese teken aan te dui, ten minste die tipe teken wat gebruik kan word as die basis vir die berekening van “die dag en uur” nie. Tenspyte van díe feit, word Lukas 17:20 oor die algemeen gelees deur diegene wie dit sien as `n anti apokaliptiese polemiek asof dit [bedoel]: die Koninkryk van Yahuwah kom nie ná (voorafgaande) tekens nie. Maar met 17:20ff, is dit nie `n kwessie van voorlopige tekens nie. Instede daarvan sê Yahushua dat daar geen meegaande tekens sal wees om die aankoms of afwendbaarheid van die Koninkryk aan te dui nie.

bepeinsing-oor-die-oseaan

Die besonderste gedeelte van die inhoud was oor die algemeen misgekyk, naamlik dat Lukas 17:21a “En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie.” Dit is interresant dat die bewoording, wat hier verskyn in verband met die aankoms van die Koninkryk van Yahuwah, word byna net so in v. 23 herhaal, maar met die eksplisiete verwysing na die toekomstige aankoms van die dae van die Seun van die mens. Hierdie parallelisme of herhaling stel wat oor die algemeen iewers voorkom in die sinoptiese tradisie, dat Yahushua die Koninkryk van Yahuwah assosieer met die koms van die Seun van die mens. Die laaste gebeurtenis word beskou as steeds in die toekoms. (v. 23ff). Ofskoon v. 21 lees, …nie sê: ‘Kyk hier of: Kyk daar’ nie. Lees v. 23, En hulle sal vir julle sê: ‘Kyk hier!’ of: ‘Kyk daar!’ Waarom voer die voornemende omstanders in die een geval aan dat hulle die Koninkryk van Yahuwah geïdentifiseer of gevind het, (en, of die Seun van die mens) maar op `n ander geleentheid stil bly? Hoe verduidelik mens die skynbare teenstrydigheid? Wat is die punt hier? Waarom veral sal hulle in een geval sê: ‘Kyk hier! of ‘Kyk daar!?

Die Fariseërs, het Lukas gesê, het Yahushua gevra wanneer die Koninkryk van Yahuwah sal kom. Hy het geantwoord dat die koms nie gepaard sal gaan met tekens nie (17:20b). Hulle het Hom nie uitgevra oor tekens nie. Maar, Sy antwoord, gaan verby die kwessie aangaande “wanneer.” Instede daarvan het Hy geantwoord asof hulle hom gevra het of daar enige teken sal wees waardeur die koms van die finale tydperk geïdentifiseer kan word deur een of ander teken asof hy geantwoord het op die tweede deel van die vraag deur die dissipels geopper in Matt. 24:3=Mark. 13:3=Luk. 21:7.

Interpreteerders het oor die algemeen nie raakgesien dat Lukas 17:21a ook `n respons op die laaste soort vraag is, wat geimpliseer word in die eerste plek: wanneer die tyd kom, hoe sal mense weet dat die Koninkryk van Yahuwah hier is? Wat in 17:23ff gesê word is duidelik `n antwoord op hierdie tweede punt: wanneer die Seun van die mens kom, sal daar geen fout wees nie. Dus diegene wie in die tussentyd, in die interim tyd voordat Hy sal kom, sê “Kyk hier!” of “Kyk daar!” moet geïgnoreer word, “Want soos die weerlig in die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal die koms van die Seun van die mens wees. Daardie gidse wie wys na `n teken of leidraad as bewys dat die Seun van die mens gekom het, sal, daarom, in dwalinge verkeer,en die dissipels moet hulle nie volg nie. Dis die betekenis van Matt. 24:26ff; Lukas 21:8, en dalk, van die “aasvoëls” soos gesê in Matt. 24:28=Lukas 17:37.

Yahushua het, teen die verlange van die Fariseërs en “hierdie generasie” vir `n teken, gesê, dat niks gegee sal word nie (Markus 8:11ff). Die Markiese konteks wys nie dat Yahushua (of die Fariseërs) `n toekomstige teken in gedagte gehad wat sou (of nie) saamgaan met die eskatologiese gebeure of tekens wat vooraf gegee sal word nie. Dalk het die Fariseërs na `n teken gesoek wat Yahushua se profetiese gesag sou demonstreer. Tekens en wonders word genoem in Markus 13:22=Matt. 24:24; maar, dít is om die teenwoordigheid van valse profete en valse Christusse te identifiseer. Diesulkes mag wys na tekens as bewyse van “gerealiseerde eskatologie” Markus 13:21-23=Matt. 24:23-26; maar wanneer die ware Seun van die mens kom, sal daar geen behoefte wees vir die tekens van die tye nie. Die bewyse sal sigbaar en nie-kontrasterend wees nie(Matt. 24:27; Markus 13:21-23 en parallele).

seun-wat-in-die-lig-op-kyk

Die negatiewe stelling “Kyk hier!” of “Kyk daar!” nie, en die positiewe verklaring “en hulle sal vir julle sê: “Kyk hier! of: “Kyk daar!” in v. 23a kontrasteer nie mekaar nie. In beide gevalle, sê Yahushua dieselfde ding omtrent die Koninkryk van Yahuwah of die Seun van die mens. In die vroeëre gesegde, is dat die Koninkryk nie sal kom met `n meegaande teken nie, bv., in so `n mate dat dit nodig sal wees om vir `n sekere manier uit te kyk vir bevestiging in geval van twyfel. Die laaste woorde waarsku dat in die komende dae, voor die Koninkryk van Yahuwah gekom het en terwyl die dissipels met passie verlang na die toekomstige dae van die Seun van die mens, sal sommige daarop aanspaak maak dat hulle hom (die Seun van die mens) gevind het, of dit (die Koninkryk van Yahuwah), maar die dissipels moet nie mislei word nie, want die aankoms van die Koninkryk van Yahuwah en Seun van die mens sal só duidelik wees soveel so as self-verklarend. Daar is geen twyfel daaromtrent nie.

Die parallelisme strek verby die geantisipeerde stilte en uitroepe van die toekomstige omstanders; in elke geval, is hul response verduidelik deur die verwysings aan die karakter van die komende gebeure, en die verduideliking in voorgestel deur die byvoeglike naamwoord “want. Vers 24 verduidelik dat die dissipels moet nie diegene volg wat foutiewelik sê “Kyk hier!” of Kyk daar!” nie want wanneer die Seun van die mens of die dag van die Seun van die mens kom, sal dit net so sigbaar wees soos wanneer die weerlig uitslaan van een kant van die hemel tot aan die ander. (cf Makus 13:24-26). Nes ons crux interpretasies, v. 21b, wat volg op 21a om te verduidelik waarom, wanneer die Koninkryk van Yahuwah werklik kom (of terwyl dit kom), sal die omstaanders nie sê: “Kyk hier!” of “Kyk daar! nie, die rede hiervoor is dat dan sal die Koninkryk van Yahuwah sigbaar en dramaties in hul midde wees. Wanneer die Koninkryk van Yahuwah kom, sal mens nie hoef te soek vir `n unieke teken om dit te identifiseer of `n gids te vind om dit iewers te vind nie.

Die rede waarom dit nodeloos is om vir `n teken te kyk is nie dat die Koninkryk van Yahuwah en die Seun van die mens onsigbaar sal wees nie, maar dat, in kontras daarmee, dit universeel en onmiskenbaar sigbaar sal wees, “soos die weerlig uitslaan in die hemel verlig van een kant na die ander.” Dit is waarom die omstanders nie sal sê: “Kyk hier! of “Kyk daar!” nie. En dit is waarom diegene wie sê: “Kyk hier!” of “Kyk daar!” geïgnoreer moet word….

In 17:21b het Lukas verstaan dat Yahushua bedoel het dat die koms van die Koninkryk van Yahuwah `n die toekomstige, opsigtelike, en allesomvattende gebeurtenis sal wees…. Al die woorde in Lukas 17:20-18:8 het te doen met die koms van die Koninkryk van Yahuwah en die Seun van die mens en met die response wat mense wil of sal maak in die interim tyd en die tyd wanneer die Koninkryk en die Seun openbaar word. Hierdie seksie wys duidelik dat hierdie beslissende gebeure in die toekoms sal plaasvind…. Elders ook, soos genoem, praat die uitsonderlike Lukaanse materiaal net van `n toekomstige Koninkryk van Yahuwah…Daar is…geen rede om te veronderstel dat Lukas gedink het die Koninkryk van Yahuwah gekom het of verskyn het in of met Yahushua en sy bediening nie. Lukaanse eskatologie is onomwonde futuristies, sovér dit die Koninkryk van Yahuwah aangaan.

Wat Yahushua bedoel het deur die woorde in Lukas 17:20ff… kan nie vasgestel word as `n saak van sekerheid nie … Maar, dit ondersteun nie die siening dat Yahushua die Koninkryk van Yahuwah as teenwoordig in sy persoon beskou het nie, of, vir die geval, teenwoordig was nie. In teenstelling hiermee, wys hierdie verse onmiskenbaar en dramaties na sy verskyning in die toekoms. Wanneer Lukas 17:21 in konteks geneem word, kom die betekenis duidelik genoeg op: wanneer die Koninkryk van Yahuwah kom, sal elkeen dit weet; daar sal geen nodigheid wees vir stawing van leidrade of tekens nie. So was die OT verwagtinge ook. ----- “en die heerlikheid van die Here sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien.” (Jesaja 40:5)

twee-seuns-wat-in-die-lig-op-kyk


Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Dr.Richard Hiers.

Ons het alle heidense name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun vervang, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span