Print

Die Lewende Bybel

Wat is die aanspraak wat die Bybel vir homself opeis?

Open Bible being held up to the sky (1) “ Die hele Skrif is deur Yahuwah ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van Yahuwah volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” (2 Timótheüs 3:16-17)

 

(2)  “ . . . dat geen profesie van die Skrif `n saak van eie uitlegging is nie, want geen profesie is ooit deur die wil van `n  mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van Yahuwah gespreek.”  (2 Petrus 1:20-21)

 

(3)  “Want die woord van Yahuwah is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is `n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.”  (Hebreërs 4:12)

 

(4)   “ . . . en die Skrif nie gebreek kan word nie.” (Johannes 10:35)

Wat is die bewyse deur die Bybel verskaf om hierdie buitengewone aansprake te staaf?

Wetenskap

Hier is maar net `n paar voorbeelde van die Bybelse wetenskaplike aansprake wat moderne wetenskap voorafgaan. Daar is vele meer wat aangehaal kan word.

Interne Beginselvastheid

Die 66 boeke van die Bybel was geskryf:

Ongelooflik, hoe al 66 boeke van die Bybel `n wonderlike harmonie met mekaar handhaaf! Die Bybel se interne beginselvastheid is `n merkwaardige getuienis van sy goddelike oorsprong.

Profesie

“Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek El is, en daar is geen ander nie; Ek is Elohim, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die begin af die dinge wat nog nie gebeur het nie. . .”  (Jesaja 46:9-10)

Bible with Hebrew TextYahuwah het, met die oogmerk om die egtheid van die Bybel as Sy geïnspireerde woord te demonstreer, ons (letterlik) honderde goddelike voorspelling gegee. Rofweg is 30% van die Bybel profesie. Dit beteken dat omtrent een uit elke 3 verse in die Bybel profeties van aard is! Tot op hede het omtrent 85% van die Bybelse profesië in vervulling gegaan presies soos dit voorspel was! Waarom sal ons verwag dat die steeds toekomstige voorspellings enigsins ander sou wees?

Hier is maar net `n paar profesië wat, tot op die letter, in hierdie tyd vervul is:

Die boek van Daniël, alleen, het vir meer as 2,500 gelede geprofeteer wat nou in die geskiedenis plaasvind!

Yahushua het meer as 350 messianse profesies in die kleinste besonderhede vervul, insluitende die presiese tye, plekke, en omstandighede van Sy geboorte, Sy bediening, Sy verwerping, Sy verraad, en Sy plaasvervanger dood.

Laat ons nou kyk na Yahushua van Nasaret...

Yahushua het meer as 350 messianiese profesies in die kleinste besonderhede vervul, insluitende die presiese tye, plekke, en omstandighede van Sy geboorte, Sy bediening, Sy verwerping, Sy verraad, en Sy plaasvervanger dood. 61 van hierdie profesies word deur geleerdes as “hoof profesies” beskou, wat beteken dat die spesifiekheid van die gebeurtenis voorspel laat die historici toe om objektiewelik die waardigheid van die profetiese beweerde vervulling te ondersoek. Elke profesie, sonder uitsondering, was onweerlegbaar in Yahushua vervul.

Hier is maar net `n paar profesië wat, tot in die fynste besonderheid, in Yahushua vervul was:

*Voorgestelde Leesstof: Psalm 22 & Jesaja 53.Ongelooflik! Hou in gedagte wanneer u hierdie gedeeltes lees, dat Psalm 22 omtrent 1000 v.C. geskryf was; Die boek van Jesaja was omtrent 700 v.C. die lig laat sien.

Volgens wiskundiges...

Die kanse vir een mens om 8 van die profesies te vervul ...........1 uit 1017
1 uit 10:17 = 1 = 100,000,000,000,000,000

Die kanse vir een mens om 16 van hierdie profesies te vervul .......... 1uit 1045
1 uit 10:45 = 1 uit 1,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000

Die kanse vir een man om 48 van hierdie profesies te vervul .......... 1uit 10157
1 uit 10:157 = 1 uit
10, 000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,
000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,
000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,
000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000

“En nou het Ek dit aan julle gesê voordat dit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit gebeur.”
(Johannes 14:29)

Watter eksterne bewyse is daar om die aansprake van die Bybel te ondersteun?

Ondervindinglike Beginselvastheid

Die unieke inhoud van die Bybel het, vir meer as 2,000 jaar, die lewens van miljoene mense: manne en vroue, jonk en oud, ryk en arm, vry en slawe, uit alle agtergronde, en uit alle etniese groepe van die wêreld, verryk. Verslawings was oorwin. Gebroke harte was genees. Vrees, verwarring, angs, depressie, woede, skuldgevoelens, siektes, en allerhande duisterhede was oorwin deur die ewig-lewende lig van die Bybelse Waarheid.

Bewaring

Isaiah Scroll (Dead Sea Scrolls)Die antieke Bybelse geskrifte was merkwaardig bewaar en akkuraat vertaal vir duisende jare ten spyte van die onnoembare pogings om die inhoud daarvan te verberg en die ontelbare pogings wat regdeur die aangetekende geskiedenis gemaak is om dit heeltemal te vernietig. Vandag bestaan byna 25,000 antieke Bybelse manuskripte van die Nuwe Testament nog steeds. Daar is geen ander bestaande antieke boek wat deur selfs 1,000 gedeeltelike manuskripte, ondersteun kan word nie!

Die ontdekking van die “Dooie See Rolle” in 1947 getuig van die merkwaardige bewaring van die Ou Testament, sowel as die verbassende akkuraatheid van haar moderne vertalings.

Lewende Getuienisse

Tydens die pouslike Romeinse “inkwisisies” het ontelbare miljoene mense gewilliglik hull lewens neergelê. Op brandstappels verbrand, geslaan, gestenig, onthoof, opgehang, uitmekaar geskeur deur wilde diere, en ongenadiglik gemartel deur die ongeewenaardste wreedste metodes te gebruik ooit deur die die mensdom aanskou. Daar word dikwels verwys na hierdie tydperk verwys as die “Donker Eeue” omdat die lig van die Bybel doelbewus verberg en verduister is deur die Rooms Katolieke Kerk-Staat. Dit was as ketery beskou om die Bybel te lees of om selfs met die Bybel in jou besit gevind te wees. Dit was oor die Lliefde van die Waarheid bevat tussen die omslae van die Bybel waaroor hierdie ontelbare manne en vroue uit vrye wil hulle lewens opgeoffer het.

Hulle het die kennis van die WAARHEID gehad. . . dat die Bybel nie `n boek van veroordeling en verbeeldinge was nie; dit is die Boek van Hoop, Beloftes, Verskaffing van Lig, en Vryheid, die Lewende woorde van `n Lewende Skepper, die openbaring van onvoorwaardelike Liefde en Genade wat rus op die pilaar van Waarheid –Yahushua, Seun van die Lewende Eloah!

young woman in great despair contrasted with joyful young woman


Die Bybel – Kits Feite:

“U woord is `n lamp vir my voet,
En `n lig vir my pad.”
(Psalm 119:105)