Deur die eenvoudige handeling van die koop van ’n
huis, het Mary en James Hurd vir altyd die Amerikaanse geskiedenis verander. Nadat die Hurds ʼn huis aangekoop het op 9 Mei
1944, het hulle bure Lena en Frederic Hodge ʼn hofsaak teen hulle gemaak in ʼn
poging om hulle te verhoed om eienaars te wees en ook daar te woon. Die argument is geopper as daar ʼn swart
familie in die buurt woon sal die waarde van die Hodge woning verminder. Met die oprigting van die woning gedurende
1905, was daar ʼn ooreenkoms wat “dit verbied het dat ʼn huis aan enige iemand
afkomstig vanuit die Neger ras verkoop mag word.” Hierdie hofsaak is gedryf tot in die
Verenigde State se Hooggeregshof.
![]() |
Die huis wat die VSA se wet verander het; |
Deur ‘n ironiese wending, het twee van die hoofregters hulleself probeer red omdat hulle ook self woonagtig was in die woonbuurt, met sy gevestigde ooreenkomste wat dit verbied vir die verkoop van ʼn woning aan ʼn bepaalde ras of geloof. Amper vier jaar tot op die dag van ʼn stryd in die Hooggeregshof het die hof eenparig ten gunste van die Hurds beslis, wat die weggebaan het vir die herroeping van ander ooreenkomste, wat die verkoop beperk het nie alleenlik aan swartes, maar aan vele ander nasionaliteite en sommige godsdiens groepe.
Sulke hofgedinge kom algemeen voor in die Verenigde State, waar Huiseienaars Verenigings streef om om alles te beheer vanaf buitenste verf en landskap projekte en nog meer. ʼn Wettige ooreenkoms is eenvoudig, “ ʼn Ooreenkoms, kontrak, of geskrewe belofte tussen twee individue wat dikwels ʼn waarborg is om jou te weerhou om iets te doen.”
Die Skrif wys ook op ʼn wettige ooreenkoms. Dit is mees belangrike wettige kontrak wat daar ooit gesluit was. Dit is ʼn ooreenkoms tussen die Allerhoogste en elke individu wat nog ooit geleef het vir die redding van die siel. Daar bestaan ʼn groot mate van verwarring oor wat presies hierdie ooreenkoms is, en wat die vereiste voorwaardes is om voordele te geniet van hierdie ooreenkoms. Die Skrif verwys na beide “die ou verbond” en die “nuwe verbond.” Die einste terminologie stel blykbaar voor dat daar ʼn verskil is tussen die eerste, die “ou” verbond en die ander “nuwe” verbond is.
Hierdie boodskap wat verkeerdverstaan word, deur te glo dat volgens die ooreenkoms van die “nuwe verbond” dat “die wet aan die kruis vasgenael was,” en dat dit nie meer bindend is. Menige opregte Christene argumenteer dat met Yahushua se dood almal “bevry” is van die goddelike wet en dus hoef niemand dit meer te onderhou. Deur dit te glo is dit teenstrydig met die Skrif.
Die wet van Yahuwah is ʼn kopie van Sy karakter van liefde. Johannes skrywe: “Hy wat nie liefhet nie, het Yahuwah nie geken nie, want Yahuwah is liefde.” (1Johannes 4 vers 8) Die Skepper verklaar deur Sy Woord: “Want Ek, Yahuwah, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.” (Maleagi 3 vers 6) Dit is die Vader se persoonlikheid van liefde dat hy lank verdraagsaam met Sy sondige kinders.is. As die mensdom dit nie meer benodig om die goddelike wet te onderhou, is daar geen rede vir Hom om te sê dat Sy onveranderlike persoonlikheid van liefde sondaars bewaar om “verteer “ te word.
Geen aardse koninkryk
kan bestaan sonder wette; so ook nie die goddelike koninkryk. As wette tersyde gestel word, sal die hele
koninkryk in anargie verval. Dit was
deur die verbreking van die goddelike wet wat veroorsaak het dat sonde na die
aarde gekom het. Die goddelike wet is volmaak en sal tot in alle ewigheid
bestaan, en is die enigste wyse tot geluk en heiligheid. Die voorwaarde vir die
vererwing van die beloftes van die Nuwe Verbond is dieselfde voorwaardes vir
die vererwing onder die Ou verbond: wees gehoorsaam en lewe; wees ongehoorsaam
en sterwe.
Die vertaalde woord “Verbond” is vertaal vanaf die Hebreeuse woord beriyth (#1285). Die betekenis is:
(die begrip van sny)..... ( dit word gemaak tussen twee gedeeltes van vlees); as ʼn verbond, verbintenis, bondgenootskap ...... Die eerste keer kom hierdie woord voor in Genesis 6 vers 18 .... Die grootste meerderheid van die woord beriyth word gebruik in [Yahuwah] se “verbond” met die mens ... [Yahuwah] se “verbond is ʼn verhouding van liefde en lojaliteit tussen [Hom] en Sy gekose volk ... (Eksodus 19 verse 5 en 6)
Die verbond ooreenkoms tussen Abraham (en sy saad) en Yahuwah en Sy saad (Yahushua) was bekragtig toe Abraham die offerandes verdeel het, en hy en Yahuwah het tussen hulle deur beweeg. Dit was die kern van ʼn outydse wettiglike bekragtiging wat aandui, “Op die manier sal dit gedoen word aan my en nog meer as ek die verbond ooreenkoms sou verbreek.” Die ritueel van besnydenis was gee op daardie tydstip as ʼn teken van die ooreenkoms van hulle verbond
Die ou verbond het vorentoe gewys na die dood van Yahushua aan die kruis. Die belofte van vergiffenis en reiniging vir almal wat dit aanvaar deur geloof, en dat vir hulle onthalwe is, die offer van die beloofde Messias. Die bloed offers wys op ʼn tipe wat vervul sou word in die groot antie- tipe: die Lam van Yah wat die wêreld verlos van sondes. Sodoende, sal almal wat gelewe en gesterf het voor die koms van die Verlosser steeds geregverdig sal kan word, deur die vergieting van Sy bloed vir hulle onthalwe.
ʼn Nuwe wettige ooreenkoms kan bestaan uit baie van die voorwaardes van die vorige wettige ooreenkoms. Dit stel noodwendig nie die tersyde alles in die vorige ooreenkoms of kontrak. Dit is die geval met die nuwe verbond in die Skrif. Die nuwe verbond wys terug na die dood van Yahushua aan die kruis. Net soos die ou verbond, beloof dit vergiffenis en reiniging vir almal wat aanvaar deur geloof die offer wat gebring is vir hulle onthalwe. Of ʼn persoon geleef voor die dood van die Messias of daarna, die voorwaardes van die verbond bly dieselfde. Die voorwaardes bly ook dieselfde: elkeen moet aanvaar deur geloof dat die offerande wat gemaak is vir hom of vir haar se onthalwe is.” Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie” (Efesiërs 2 verse 8 en 9) Die dood van Yahushua is voldoende vir almal, onder een verbond die een of die ander.
‘n Fout vind plaas wanneer mense aanneem dat die dood van die Messias “ die ou verbond aan die kruis genael het.” Hulle vertel, “Ons is nou onder genade.” Die wet is nie meer nodig om te onderhou.” Die Skrif ontbloot hierdie geloof as, ʼn kwaadwillige leuen. “Want Ek, Yahuwah, het nie verander nie;” (Maleagi 3 vers 6) “Yahushua is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.” (Hebreërs 13 vers 8)
Die dood van Yahusua het die goddelike ooreenkoms vervul van die ou verbond. Die Skepper het Sy enigste Seun gegee om te sterwe vir die sondes van die mensdom. Alhoewel dit nie die menslike voorwaardes vervul het volgens die ou verbond. Is daardie voorwaardes van toepassing op elke nuwe geslag wat gebore word. Die voorwaardes is baie eenvoudig: wees gehoorsaam en lewe deur geloof in die offerdood van die Verlosser, of wees ongehoorsaam en sterwe. Die keuse om gehoorsaam te wees of ongehoorsaam te wees bly die menslike deel van die ooreenkoms van die verbond. As jy gehoorsaam is, hou jy by die verbond. As jy ongehoorsaam is verbreek jy die verbond.
Die eerste verbond het “misluk” nie as gevolg van ʼn tekortkoming in die goddelike deel van die ooreenkoms. Eerder is dit verbreek as gevolg omdat die mense nie nougeset die wet van Yah onderhou het nie, as deel van hulleooreenkoms. So pas nadat Yahuwah die kinders van Israel bevry het van hulle Egiptiese knegskap, het Hy gesoek om die Abrahams verbond met hulle te hernu. In een van die mees onthullende hoofstukke van die Skrif in verband met die goddelike/menslike verbond, en die Skrif se vermelding daarvan:
Maar Moses het opgeklim na Yahuwah toe, en die Elohim het hom van die berg af toegeroep en gesê:.....
Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.
As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
En júlle sal vir My ʼn koninkryk van priesters en ʼn heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.
En Moses het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat Yahuwah hom beveel het.
Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat Yahuwah gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan Yahuwah oorgebring. (Eksodus 19 verse 3 tot 8)
“Alles wat Yahuwah
gespreek het, sal ons doen.” Terwyl die voorneme goed was en noodsaaklik om die
goddelike wet te onderhou, was dit nie genoeg. Geeneen kan die goddelike wet
onderhou uit eie krag. Almal wat probeer om dit te doen uit eie is bestem vir
mislukking, net soos die kinders van Israel was. Binne ses weke, het hulle
afvallig geword deur ʼn goue kalf te maak, en die lasterlike woorde gespreek: “Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.”
(Eksodus 32 vers 4) Hierdie handeling was ʼn duidelike verbreking van hulle
verbond ooreenkoms, het Yahuwah aan het
Moses gesê: “Toe sê Yahuwah vir Moses: Gaan heen, klim af, want jou volk wat jy
uit Egipteland laat optrek het, het verderflik gehandel. En hulle het gou van
die weg afgewyk wat Ek hulle beveel het.”
(Eksodus 32 verse 7 en 8)
Toe Israel hulle verbond ooreenkoms met Yahuwah verbreek het, was Hy eweneens bevry van Sy deel van die verbond. “ Verder het Yahuwah vir Moses gesê: Ek het hierdie volk gesien, en kyk, dit is ʼn hardnekkige volk. Laat My dan nou begaan, dat my toorn teen hulle ontvlam en Ek hulle verteer. Dan sal Ek jou tot ʼn groot nasie maak (Eksodus 32 verse 9 en 10) Yahuwah het die Israeliete vergewe, maar hulle was nie in staat om op hulle eie krag, die voorwaardes van die ooreenkoms te onderhou.
Die “nuwe” verbond vereis steeds oorgawe en gehoorsaamheid as die mens se ooreenkoms van die wettige onderneming tussen die Skepper en die skepsel. “Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.” (Romeine 3 vers 31) Dus word die bloedoffer nie meer langer beoefen sedert die tipe (simbool) vervul is met die antie-tipe (die werklikheid) van Golgota. Alhoewel die feeste steeds onderhou moet word. Hulle, is soos die sewende - dag Sabbat “heilige vergaderings” van Yahuwah.
Die onderhouding van hierdie heilige feeste, onder die nuwe verbond, is verskillend as die van die ou verbond. Want die offer is alreeds gemaak, geen meer bloedvergieting, of die een of die ander offers of besnydenis is meer nodig. In plaas daarvan onder die nuwe verbond word hierdie gedenkfeeste onderhou deur die simbole wat Yahushua ingestel het by die laaste avondmaal van brood en wyn.
“En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.
Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit.
Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.” ( Mattheus 26 verse 26 tot 28; lees ook Lukas 22 verse 15 tot 20 en Markus 14 verse 22 tot 14 )
Die woord wat hier vertaal word is “testament” wat vanaf Griekse woord diatheke vertaal is. Die betekenis is ʼn ooreenkoms of verbond. Dit is dieselfde woord wat uit Hebreeus vertaal is as “verbond.” “en by Yahushua, die Middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel.” ( Hebreërs 12 vers 24)
Die apostel Paulus het duidelik gesien dat die Laaste Avondmaal die bevestiging is van ʼn nuwe verbond en op dieselfde voorwaardes van gehoorsaamheid as die ou verbond.
“Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het; en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom. Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Yahushua. Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink. Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ʼn oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.” ( 1 Korinthiërs 11 verse 23 tot 29)
Dit is ʼn belangrike gedeelte van die Skrif. As die wet nie meer werklik bindend was, sou dit nie moontlik gewees het om te deel in hierdie simbool in “onwaardigheid” en met die “verdoemenis” van jouself. Bowendien verwys Hebreërs na die verbond (enkel) as “ewigdurend.” ‘ Mag die Eloah van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Yahushua, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het,” (Hebreërs 13 vers 20)
“Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie—alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is. Want Hy het êrens.......... gespreek: ...... Hulle sal in my rus nie ingaan nie.Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie,..... Daar bly dus ʼn sabbatsrus oor vir die volk van Yahuwah; want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos Yahuwah van syne.Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.” ( Hebreërs 4 verse 2 tot 6, en 9 tot 11)
Die geleentheid om in te tree in ʼn verbond verhouding met die Skepper is steeds moontlik. Raak ontslae van jou menslike pogings. Aanvaar deur geloof die voordele van die Skepper. Nooi Hom vandag in jou hart. Wees gehoorsaam en lewe. Dit is moontlik wanneer Hy sy lewe in jou kan uitleef in geloof.
“Ek is met Yahushua gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Yahushua leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van Yahuwah wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. (Galasiërs 2 vers 20)