Print

Die Persoon Wie My die Meeste Probleme Ooit Gegee het

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

Die Persoon Wie My die Meeste Probleme Ooit Gegee het

Ek sal versoeking van buite en binne ondervind totdat Yahushua in die wolke van heerlikheid kom of my uit die graf oproep. Dit is met die wederkoms indien ons leef, en tydens die opstanding sou ons gesterf het, dat verheerliking plaasvind.

Verheerliking is die verwydering van die sondige natuur; tot dan is ons daarmee vasgevang. Dit bly in die gelowige, maar dit hoef nie te heers nie. “Sonde sal nie jou oor heerskappy hê nie omdat jy nie onder die Wet is nie, maar onder genade.”

Luther het geleer, inteenstelling met sy opvoeding, dat die weg na verlossing nie deur reëls en regulasies, wette en gebooie was nie. Die goddelike heilige wet was nie aan sondaars gegee nie, dit was met die skepping gegee aan volmaakte wesens; hulle kon dit hou. Ek en jy is nie so nie.

Ons is nie volmaak nie. Ons dink nie helder nie. Ons emosies is heeltemal deurmekaar as gevolg van dinge wat in ons kinderjare met ons gebeur het en oorerwing en ons eie swak keuses. Ons is almal wandelende burger oorloë.

En so, is heiligmaking `n lewenslange proses, maar dit is ons voorreg, deur Yahushua te aanskou, om meer as oorwinnaars te wees in hom wat ons liefhet tenspyte van die feit dat ons berouvol is en ons sondigheid erken.

So, wanneer Luther dan die uitdrukking, “In dieselfde tyd regverdig en tog `n sondaar,” gebruik, kry hy dit uit Romeine. Maar verheerliking is wanneer daardie sondige natuur van my weggeneem word, sodat ek nie langer versoek word van binne nie.

Moody het gesê dat hy meer moeilikheid met homself het as met enige ander persoon wat hy ooit ontmoet het. Dit is my storie. Ek het meer moeilikheid met Desmond Ford as enige iemand anders wat ek ooit ontmoet het. Ek is nie skaam om dit te sê nie omdat dit jou probleem ook is. En die slegste daarvan is dat ons onsself mislei.

Dit is vreeslik om mislei te word deur ander mense, maar veel meer ernstig as jy jouself mislei. Ananias en Saffira het gedink hulle mislei Yahuwah, maar in die eerste plek het hulle hulself mislei. 

Christus het gesê, “Salig is die armes van gees.” Van die siel wat sy nietigheid aanvoel, word niks weerhou nie.

Daar was nooit `n harde lettergreep vanaf ons Heiland aan enigiemand met `n sin vir behoefte nie. Maar hoe het Hy die self-geregverdiges gestroop. (Matthéüs 23). Dit was die enigste manier om hulle wakker te maak.


Dit is `n nie-WLC artikel deur Desmond Ford.

Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verderaan, het ons uit die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun, vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is.